
1 minute read
HULPBRONNE
INLEIDING
Wat behels Landbouwetenskappe? Landbouwetenskappe is die studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en verwerking van voedsel, vesel, brandstof en enige ander landboukommoditeite wat ’n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.
Dit is ’n geïntegreerde wetenskap wat die kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Geografie, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie kombineer. Hierdie vak moet binne die holistiese wetenskapraamwerk gesien word, en nie as ’n geïsoleerde wetenskap nie. Met die vak Landbouwetenskappe moet ’n volhoubare landbou-omgewing ingeskerp word deur teorie en vaardighede in die studie van die voedselproduksieketting en -verwerking te integreer. Dit konsentreer op die bestuursvaardighede wat nodig is om produksie op ’n lewensvatbare wyse vol te hou.
Die hoofonderwerpe in Landbouwetenskappe se kurrikulum is:
1. Grondkunde 2. Plantestudies 3. Dierestudies 4. Landbou-ekonomie 5. Basiese landbouchemie 6. Basiese genetika en biologiese konsepte 7. Volhoubare natuurlike hulpbronbenutting 8. Landbou-ekologie
AANVULLENDE BRONNE
Agricultural Science for All – Gr 11 deur W Burger; M Burger, N Phewa Focus on Agricultural Sciences deur J de Fontaine; B Letty; K Morrison; A Smuts Landboutydskrifte: Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en Agri Farmer. Die nuwe Landbouwetenskap deur: Burger en Moolman. Die internet
HULPBRONNE
Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi: • Impaq-handleiding • Impaq-fasiliteerdersgids • Impaq-portefeuljeboek • Junie-eksamen • Novembereksamen • Klere, skoene en toerusting vir praktiese aktiwiteite. • ’n Plaas waar praktiese werk gedoen kan word.