Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2

Page 29

Fasiliteerdersgids 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

1.6

2.

Eenheid

“Weet Pappa watter soort voël dit is?” wonder Jeff. Jeff wonder of sy pa weet watter soort voël dit is. (Dit moet “sy pa” wees, nie “Pappa” nie.)

3

Skryf die woorde in die direkte rede. Die spreker (wie die woorde sê) se naam moet laaste staan. 2.1

Jeff sê dat hy beslis in die moeilikheid is. “Ek is beslis in die moeilikheid,” sê Jeff.

2.2

Jeff het gesê dat die gorilla so groot soos ’n klein kar is. “Die gorilla is so groot soos ’n klein kar,” het Jeff gesê.

2.3

Jeff se pa skree en vra waar Jeff is. “Waar is jy, Jeff?” skree Jeff se pa. OF “Jeff, waar is jy?” skree Jeff se pa.

2.4

Jeff het geantwoord dat hy daar was. “Hier is ek!” het Jeff geantwoord.

Kyk mooi in watter tydsvorm die sin is en watter woorde moet verander.

Vir die nuuskieriges: Kan jy vraag 2 se direkte rede skryf waar die spreker se naam voor die woorde staan? 2.1 Jeff sê: “Ek is beslis in die moeilikheid.” 2.2 Jeff het gesê: “Die gorilla is so groot soos ’n klein kar.” 2.3 Jeff se pa skree: “Waar is jy, Jeff?” OF Jeff se pa skree: “Jeff, waar is jy?” 2.4 Jeff het geantwoord: “Hier is ek!”

Aktiwiteit 229: Lees ’n brief 20 minute

Die leerders lees Jeff se brief aan sy oupa. Hulle probeer om dit self te lees, maar help waar nodig.

Liewe Oupa

Cottonstraat 2 Greenside 2034 9 Augustus 2020

Oupa gaan dit nie glo nie! Ek was saam met my pa Virunga- Nasionale Park toe om gorillas te soek en bestudeer. Toe gebeur die coolste ding!

Inleiding

21 © Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2 by Impaq - Issuu