1 minute read

Aktiwiteit 221: Lees hardop

Next Article
LESELEMENTE

LESELEMENTE

Dieet

• Al die primate eet vrugte, blare en dele van plante. Hulle almal eet soms insekte. • Die sjimpansee en bonobo eet vleis van ander diere, maar nie die gorilla en orangoetang nie. (Daar is gevalle waar gorillas en orangoetangs wel vleis eet, maar dit is nie normaalweg deel van hulle dieet nie.)

Bonus: Wat beteken dit as diere omnivore, karnivore of herbivore is? Tot watter groep behoort die vier groot primate?

Dit verwys na die soort voedsel wat die dier hoofsaaklik eet. Omnivore (omnivores) eet vleis en plante, karnivore (carnivores) eet net vleis en herbivore (herbivores) eet net plante. Die vier groot primate is omnivore.

Vir die nuuskieriges

• Wat sal die gevolge wees as die vier primate in hierdie aktiwiteit sou uitsterf? Doen navorsing oor waarom hierdie diere belangrik in ’n ekosisteem is. Die leerders kan ook hieroor in die klas gesels. • Waarom is hierdie vier primate die “groot primate” – hoe verskil hulle van ander ape? Kyk watter inligting jy hieroor kan kry.

Die groot primate verskil van ander ape omdat hulle groter is, regop loop vir langer tydperke, hulle het nie sterte nie en hul brein is meer ontwikkel as ander ape s’n.

Aktiwiteit 221: Lees hardop

40 minute

Leerders lees die gedeelte uit die storie op die volgende bladsy hardop sonder om te oefen. Die ander leerders se boeke moet toe wees terwyl daar gelees word.

“Bleg” is soos die geluid wat jy maak as daar ’n gogga in jou mond invlieg – het daar al muggies (gnats) in jou mond ingevlieg? •

“Jellie” klink soos wat dit in Engels klink. • Die akuutteken (strepies) in “nóú” beteken jy moet die woord met klem lees.

Assesseer die leerders informeel.

Kriteria

Is die woorde reg uitgespreek? Lees jy vlot en met gevoel? Is die leestekens gehoorsaam?

Punt (omkring)

1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5

This article is from: