6 minute read

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere

Antwoord

1

Kom aan by Virunga- Nasionale Park.

2

3

4

Slaap in die tent.

Trek aan en eet ontbyt.

Okapi spring verby.

5 Jeff sien die kleurvolle voëltjie.

6 Jeff is alleen.

7 Jeff is bang.

2. Die leerders werk individueel of in pare en som die storie mondelings op. Onthou, ’n opsomming is ’n kort vertelling van wat in die storie gebeur, sonder veel detail. Hulle moet die verlede tyd en verbindingswoorde gebruik.

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere

30 minute

Soos vroeër genoem, is daar baie verskillende biome (biomes) in Virunga- Nasionale Park. ’n Bioom is ’n groot natuurlike streek waar spesifieke diere en plante voorkom. ’n Savanna is ’n voorbeeld – ’n grasvlakte (veld) met verspreide bome en bosse, veral doringbome. (Die leerders behoort al in ander vakke en in vorige grade oor biome geleer het.) Kan die leerders aan verskillende biome dink?

Daar woon ook baie verskillende spesies diere en plante in Virunga- Nasionale Park.

(Die foto’s in hierdie aktiwiteit is in kleur beskikbaar in die bylae. Leerders kan die werkkaarte in die bylae in hul werkboek plak.)

1. Lees die beskrywings van sekere biome in Virunga op die volgende bladsy, en die leerders pas die name by die foto’s. (Dit is nie nodig om die luisterproses te volg nie, maar moet die beskrywings nie meer as drie keer lees nie.) Die leerders behoort nie te sukkel om die biome by die foto’s te pas nie – die biome is redelik verskillend.

Beboste vulkaniese berge

Daar is ’n reeks van agt vulkane (volcanoes) wat oor die DRK, Rwanda en Uganda loop. Hierdie vulkane is bergagtige gebiede met baie bome.

Savanna

Afrika is bekend vir sy savannas, grasvlaktes met verspreide bome, wat beteken daar is hier en daar ’n boom, veral doringbome. In die savannas van Virunga woon diere soos okapi’s en duikertjies.

Reënwoud

Reënwoude het reusebome en baie verskillende soorte plante en diere wat daar woon. In Virunga se woude woon daar diere soos berggorillas en Afrika-olifante.

Moeras

’n Moeras is ’n groot stuk grond wat oor die algemeen nat is, naby ’n rivier of ander watermassa. Diere soos paddas, skilpaaie en krokodille woon in moerasse.

2. Soos genoem, is die gorilla die grootste primaat. Primate is ’n groep soogdiere wat die hoogste ontwikkel is. Ken die leerders die verskil tussen die groot primate? Hulle kan vinnig hieroor gesels. Die mens val ook in hierdie groep primate, maar word nie by die beskrywings ingesluit nie.

Lees die beskrywings, wat die leerders dan by die foto’s pas. (Dit is nie nodig om die luisterproses te volg nie, maar moet die beskrywings nie meer as drie keer lees nie.) Die leerders moet wel deeglike notas maak om die vraag wat volg te beantwoord.

Indien daar tyd is en jy die geluide van die verskillende primate opspoor, kan jy dit ook vir die leerders speel dat hulle die verskillende geluide kan hoor.

Die gorilla

Die grootste primaat is die gorilla. Daar is vier (of vyf) subspesies van gorillas, waarvan almal in Sentraal-Afrika woon. Hulle woon gewoonlik in reënwoude, maar soms ook in moerasse. Die mannetjies weeg tot en met 200 kg en is omtrent so lank soos ’n volwasse man. Hulle hetswart hare. Die bors en skouers van ’n gorilla is breed en hulle het groot hande en voete. Hulle het ’n swart gesig sonder hare engroot neusgate. Hulle eet meestal plante, soos die wortels van plante, bamboes, vrugte en boombas, en soms insekte.

Die orangoetang

Die orangoetang het langerige rooibruin hare en vreeslike lang arms – tot 2 meter lank! Dit is sodat hulle in die bome kan rondswaai en leef. Hulle hande en pote kan dus baie goed klou. Die mannetjies groei tot omtrent 1,5 meter (as hulle regop staan) en kan tot 130 kg weeg. Orangoetangs kom natuurlik in die reënwoude van Indonesië en Maleisië voor.Hulle eet meestal vrugte soos doerian en mango’s, maar eet ook blare, takke en insekte.

Die sjimpansee

Sjimpansees het bruin of swart hare oor hul lyf en is bekend daarvoor dat hul arms verby hulle knieë hang as hulle regop staan. Hulle monde is ook baie prominent(staan baie uit). Sjimpansees loop meestal op al vier pote. Die grootste bevolkings op aarde woon in die reënwoude van SentraalAfrika, hoofsaaklik in Gaboen, die DRK en Kameroen. Maar hulle kom ook in woud-savanna-gebiede voor. Sjimpansees eet meestal vrugte, blare en ander dele van plante, insekte (veral termiete) en soms eiers en vleis. Hulle jag soms ander diere vir vleis.

Die bonobo

Die bonobo kom net in die reënwoude van die DRK voor. Hulle lyk baie soos sjimpansees, maar hulle arms is korter en hulle bene is langer. Hulle hare is ook swart, maar hulle gesig is ronder en hulle mond is kleiner as sjimpansees s’n. Bonobo’s eet hoofsaaklik vrugte, maar eet ook blare, blomme en diere soos slakke en spinnekoppe. Hulle eet ook die vleis van ander diere.

Vir die nuuskieriges: Die bonobo en sjimpansee lyk baie dieselfde, maar hulle verskil tog. Kan jy byvoorbeeld sien hoe hulle gesig, mond en ore verskil? Doen navorsing oor wat die verskil tussen hierdie twee primate is.

3. Wat is die ooreenkomste en verskille tussen die soorte primate? Die leerders teken die tabel oor en voltooi dit. Maak seker hulle weet waarna die opskrifte verwys.

Woordeskat

voorkoms (appearance / physical characteristics): hoe die dier fisies lyk habitat (habitat): waar die dier woon dieet (diet): wat die dier eet

Primaat Voorkoms

Gorilla

Orangoetang

Grootste primaat, swart hare, so lank soos ’n volwasse man, breë skouers en bors, swart gesig met groot neusgate Reënwoude, moerasse, Sentraal-Afrika Plante soos wortels van plante, vrugte, boombas, soms insekte

Langerige rooibruin hare, lang arms Reënwoude, Indonesië en Maleisië Meestal vrugte, ook blare, takke, insekte

Sjimpansee

Bruin of swart hare, lang arms, groot mond Reënwoude, woudsavanna-gebiede, Sentraal-Afrika Meestal vrugte, blare en dele van plante, insekte, soms eiers en vleis van ander diere

Bonobo

Swart hare, lyk baie soos ’n sjimpansee, maar arms is korter en bene is langer, ronder gesig en kleiner mond as ’n sjimpansee Reënwoude, DRK Meestal vrugte, ook blare, blomme en diere soos slakke en spinnekoppe, vleis van ander diere

As die leerders na die ingevulde tabel kyk, hoe verskil die primate van mekaar en hoe stem hulle ooreen? Hulle moet die primate se voorkoms, habitat en dieet vergelyk (compare). Hulle kan hieroor gesels en dan ’n paragraaf in hul werkboek skryf.

Die ooreenkomste en verskille (die leerders kan dalk ander ook noem):

Voorkoms

• Al die primate het swart of bruin hare, behalwe die orangoetang, wat rooibruin hare het. • Beide die orangoetang en sjimpansee het lang arms, met die bonobo se arms wat effens korter is. • Die bonobo se mond is kleiner as die sjimpansee s’n. • Dit word nie in die beskrywings genoem nie, maar die orangoetang is die enigste primaat wat hoofsaaklik in bome woon en baie selde op die grond loop.

Habitat

• Al die primate woon in reënwoude, met die gorilla wat soms in moerasse woon en die sjimpansee wat ook in woud-savanna-gebiede voorkom. • Al die primate kom in Afrika voor, behalwe die orangoetang wat in Asië (Indonesië en Maleisië) voorkom.

Habitat Dieet

This article is from: