1 minute read

Aktiwiteit 226: Voorvoegsels en agtervoegsels

9. Waarom is daar ’n afkappingsteken in “hier’s”?

Die afkappingsteken dui aan dat letters weggelaat is; dit staan vir “hier is”.

10. Maak die meervoud en verkleining van “gorilla”.

Gorillas; gorillatjie (daar is geen afkappingsteken soos in “ma’s” nie omdat die hoofklem nie op die laaste lettergreep val nie).

Bonus: Jeff dink die gorilla is so groot soos ’n klein kar. Wat is ’n sinoniem vir “kar”?

Motor

Aktiwiteit 226: Voorvoegsels en agtervoegsels

20 minute

Voorvoegsels, agtervoegsels en woordvorming behoort al vasgelê te wees. Die leerders moes in die vorige aktiwiteit sê waaruit die woord “bedreiging” bestaan. Wat is hierdie woord – ’n afleiding of samestelling? Dit is ’n afleiding omdat dit net een stam (dreig) en voegsels is (be-, -ing).

Vra of die leerders aan nog woorde kan dink met “dreig” as die stam. Indien hulle sukkel, kan hulle teruggaan na les 3 en 5 vir voorbeelde van voegsels en kyk of hulle aan woorde kan dink wat saam met “dreig” ’n ander woord vorm. Byvoorbeeld dreiger (iemand wat dreig), dreiging, gedreig, dreigend, dreigement.

Kan die leerders aan samestellings met “dreig” dink? Byvoorbeeld dreigmiddel, dreigbrief, dreigstem.

Die leerders kan individueel, in pare of groepe werk. Elke leerder/paar/groep kry ’n woord waarmee hulle afleidings en samestellings moet maak. Dit moet makliker woorde wees, soos “berg”, “storie”, “boek” en “grond”.

Leerders beantwoord die vrae in hul werkboek. Die woorde kom uit deel 2 van “Jeff se geheim”.

1. Waaruit bestaan die woorde?

1.1 kleintjie = klein + -tjie 1.2 vreeslik = vrees + -lik 1.3 ongenooid = on- + ge- + nooi + -d 1.4 terugtree = terug + tree 1.5 berggorilla = berg + gorilla 1.6 gevaarlik = ge- + vaar + -lik

2. Dink aan minstens nog twee woorde met die voegsels wat in die woorde onderstreep is.

Enige twee ander woorde met die onderstreepte voegsel; die onderstaande is voorbeelde.

2.1 vuiste – lyste, beste 2.2 verlig – verdoof, verhoog 2.3 gevaarlik – vriendelik, wenslik

This article is from: