
1 minute read
Aktiwiteit 230: Tydsvorme
Aktiwiteit 230: Tydsvorme
20 minute
Vra of die leerders die drie tydsvorme kan opnoem (verlede tyd, teenwoordige tyd, toekomende tyd) en die hulpwerkwoorde wat die tye aandui. Indien die leerders die drie tydsvorme nog nie verstaan nie, gaan terug na vorige lesse en doen hersiening.
Leerders beantwoord die vrae in hul werkboek.
1. In watter tydsvorm is die sinne? Hoe weet jy dit?
1.1 ’n Gorilla sit voor hom.
Teenwoordige tyd; daar is geen hulpwerkwoorde of werkwoorde in die verlede tyd nie.
1.2 Hy het stadig afgesak tot op die grond.
Verlede tyd; “het afgesak”
1.3 Jeff sal ’n brief vir sy oupa skryf as hulle terug is in Suid-Afrika.
Toekomende tyd; “sal skryf”
1.4 Jeff kan hoor hoe sy hart klop.
Teenwoordige tyd; die hulpwerkwoord “kan”
1.5 Jeff se pa sou hom dalk nie gekry het nie.
Verlede tyd; “sou nie gekry het nie”
2. Skryf die sinne oor en begin soos tussen hakies aangedui. Waar staan die werkwoord in die verskillende 2.1 Jeff sien die ma-gorilla en haar kleintjie. (Gister ...) tydsvorme nou weer?
Gister het Jeff die ma-gorilla en haar kleintjie gesien.
2.2 Jeff gaan weer saam met sy pa op ’n reis. (Volgende jaar ...)
Volgende jaar gaan Jeff weer saam met sy pa op ’n reis. OF Volgende jaar sal Jeff weer saam met sy pa op ’n reis gaan.
2.3 Jeff kon nie glo wat hy sien nie. (Môre ...)
Môre sal Jeff nie kan glo wat hy sien nie.
2.4 Jeff dink nie hy sal ooit so iets sien nie. (Verlede week ...)
Verlede week het Jeff nie gedink hy sal ooit so iets sien nie.
3. Skryf die sinne oor in die tydsvorm tussen hakies aangedui.
3.1 ’n Gorilla sit voor hom. (Verlede tyd)
’n Gorilla het voor hom gesit.
3.2 Sy grom en slaan haar vuiste teen die grond. (Toekomende tyd)
Sy sal vir hom grom en haar vuiste teen die grond slaan.
3.3 Jeff kyk weg en maak nie oogkontak nie. (Verlede tyd) Jeff het weggekyk en nie oogkontak gemaak nie. Die leerders weet dalk nie dat “wegkyk” ’n skeibare 3.4 Jeff se pa het hom gelukkig gekry. (Teenwoordige tyd) werkwoord is nie en sal dit Jeff se pa kry hom gelukkig. as “*weg gekyk” skryf.