3 minute read

Aktiwiteit 229: Lees ’n brief

1.6 “Weet Pappa watter soort voël dit is?” wonder Jeff.

Jeff wonder of sy pa weet watter soort voël dit is. (Dit moet “sy pa” wees, nie “Pappa” nie.)

2. Skryf die woorde in die direkte rede. Die spreker (wie die woorde sê) se naam moet laaste staan.

2.1 Jeff sê dat hy beslis in die moeilikheid is.

“Ek is beslis in die moeilikheid,” sê Jeff.

2.2 Jeff het gesê dat die gorilla so groot soos ’n klein kar is.

“Die gorilla is so groot soos ’n klein kar,” het Jeff gesê.

2.3 Jeff se pa skree en vra waar Jeff is.

“Waar is jy, Jeff?” skree Jeff se pa. OF “Jeff, waar is jy?” skree Jeff se pa.

2.4 Jeff het geantwoord dat hy daar was.

“Hier is ek!” het Jeff geantwoord.

Kyk mooi in watter tydsvorm die sin is en watter woorde moet verander.

Vir die nuuskieriges: Kan jy vraag 2 se direkte rede skryf waar die spreker se naam voor die woorde staan?

2.1 Jeff sê: “Ek is beslis in die moeilikheid.” 2.2 Jeff het gesê: “Die gorilla is so groot soos ’n klein kar.” 2.3 Jeff se pa skree: “Waar is jy, Jeff?” OF Jeff se pa skree: “Jeff, waar is jy?” 2.4 Jeff het geantwoord: “Hier is ek!”

Aktiwiteit 229: Lees ’n brief

20 minute

Die leerders lees Jeff se brief aan sy oupa. Hulle probeer om dit self te lees, maar help waar nodig.

Liewe Oupa Cottonstraat 2 Greenside 2034 9 Augustus 2020

Oupa gaan dit nie glo nie! Ek was saam met my pa Virunga- Nasionale Park toe om gorillas te soek en bestudeer. Toe gebeur die coolste ding!

Inleiding

Ons het in die woud geloop en dit was net groen waar jy kyk! Dis so mooi in die woud met al die diere. Ek het ’n okapi baie vinnig gesien en die mooiste voëltjie, al die kleure van die reënboog! Ek wou die voëltjie graag afneem, maar hy het te vinnig weggevlieg. En toe ek weer kyk, was my pa net weg!

Ek het maar verder geloop en toe kom ek op ’n berggorilla en haar kleintjie af! Ek was baie bang, maar ek het gedoen wat my pa my geleer het. Ek het net stilgestaan. Die gorilla het eers met haar vuiste teen die grond geslaan, toe loop sy verby my en stamp my met haar skouer! Dit was ’n baie ligte stamp, want ek het nie eers omgeval nie. Dit was een van die wonderlikste ervarings, Oupa! En gelukkig het my pa my net daarna gekry!

Ek kan nie wag om alles vir Oupa te vertel nie!

Liefde Jeff

Slotsin

Afsluiting

Woordeskat – vertalings

afneem – (in context) take a picture of omgeval – fell over wonderlikste – most wonderful ervarings – experiences gelukkig – (in context) luckily Wat kan “gelukkig” nog beteken?

Happy, lucky, fortunate

Bespreek die brief met die leerders. Hulle kan die antwoorde later in hul werkboek skryf.

1. Waaroor gaan die brief? (Wat is die hoofgedagte?)

Leerders se eie antwoord. Jeff vertel vir sy oupa van sy ontmoeting met die berggorilla en haar kleintjie.

2. Watter datum kom onder jou adres?

Die datum waarop jy die brief skryf.

3. Die aanhef van die brief is “Liewe Oupa”. Wat sê die woord “liewe” oor die soort brief wat dit is?

Dit is ’n vriendskaplike/persoonlike/informele brief. “Liewe” is die verboë vorm van “lief”, wat vir ons wys die brief is gerig aan iemand wat Jeff goed ken.

4. Identifiseer die inleiding, slotsin en afsluiting van die brief. Vul dit op die brief in.

Sien aangedui op die brief.

5. Hoe beskryf Jeff die ontmoeting met die berggorilla?

Hy sê dit was een van die wonderlikste ervarings.

Die leerders skryf ’n brief in afdeling 3 – hierdie aktiwiteit kan nou gedoen word.

This article is from: