Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2

Page 28

Eenheid

3

Fasiliteerdersgids 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Vir die nuuskieriges: Soek ’n paar selfstandige naamwoorde in ’n koerant of tydskrif. Kan jy die meervoud en verkleining daarvan maak?

Aktiwiteit 228: Direkte en indirekte rede 20 minute

Direkte en indirekte rede is in les 6 hersien. Leerders behoort die begrip al te verstaan, veral omdat dit redelik dieselfde as in Engels is. Vra hulle om al die direkte rede in deel 2 van “Jeff se geheim” te onderstreep. Hoe weet ons dit is direkte rede? (Aanhalingstekens) Direkte en indirekte rede •

Onthou, as ons van die direkte rede na die indirekte rede omskakel of andersom, is daar leestekens wat verander.

Daar is ook voornaamwoorde, bywoorde en hulpwerkwoorde wat verander.

Die tydsvorm bly dieselfde, byvoorbeeld: Jeff roep en vra waar sy pa is. “Waar is Pappa?” roep Jeff. “Waar is Pappa?” het Jeff geroep. Jeff het geroep en gevra waar sy pa is.

Leerders beantwoord die vrae in hul werkboek.

1.

Skryf die woorde in die indirekte rede.

Gebruik altyd die werkwoord wat gegee word ook, soos “roep en vra” hier.

Onthou van die woord “dat” of “of ” by die indirekte rede.

1.1

“Die son is lankal op!” sê Jeff se pa. Jeff se pa sê dat die son lankal op is.

1.2

“Die son is lankal op!” sê Jeff se pa terwyl hy die tent skud. Jeff se pa sê dat die son lankal op is, terwyl hy die tent skud. OF Terwyl hy die tent skud, sê Jeff se pa dat die son lankal op is. OF Terwyl Jeff se pa die tent skud, sê hy dat die son lankal op is.

1.3

Jeff se pa sê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” Jeff se pa sê dat hulle aan die gang moet kom voor dit te warm raak.

1.5

“Jy moet bybly,” waarsku Jeff se pa. Jeff se pa waarsku dat hy moet bybly.

1.4

Jeff se pa het gesê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” Jeff se pa het gesê dat hulle aan die gang moet kom voor dit te warm raak.

© Optimi 20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.