Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2

Page 25

Fasiliteerdersgids 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid

3

5.

Dink jy dit was slim van Jeff om af te sak toe hy die gorilla sien? Waarom? Leerders se eie antwoorde, byvoorbeeld: Ja, die gorilla het hom nie seergemaak nie. / Ja, sy pa is ’n dierkundige en het hom seker vertel wat om te doen indien hy ’n gorilla sien.

6.

Wat het nou weer gebeur dat Jeff alleen in die woud was? (Wat was die oorsaak?) Hy het ’n voël probeer afneem en het van sy pa geskei geraak (die gevolg).

7.

Hoe dink jy sou jy gevoel het as jy alleen in die woud was en ’n gorilla gesien het? Leerders se eie antwoord.

8.

Het jy al ’n wildedier (wild animal) teëgekom? Het ’n dier jou al seergemaak/aangeval? Leerders se eie antwoord. Hulle hoef wel nie van hul ervarings te vertel as hulle nie wil nie.

Aktiwiteit 225: Beantwoord vrae 20 minute

Leerders kan deel 2 van die storie weer lees. Hulle beantwoord die vrae in hul werkboek. 1.

Wat is die “moeilikheid” waarin Jeff is? ’n Gorilla het oor sy pad gekom / daar staan ’n gorilla voor hom.

2.

Waarmee vergelyk Jeff die gorilla? Wat is die vergelyking? Met ’n klein kar; “Hy is so groot soos ’n klein kar ...”

3.

Wat beteken dit dat die ma-gorilla “dit nie vreeslik snaaks vind dat hy besluit het om ongenooid op te daag nie”? Leerders se eie antwoord. Dit beteken die gorilla hou nie daarvan dat hy daar is nie.

4.

Toe die gorilla haar vuiste teen die grond slaan, het Jeff begin terugtree en haar nie in die oë gekyk nie. Waarom dink jy het Jeff haar nie in die oë gekyk nie? Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Hy was bang die gorilla val hom aan as hy oogkontak maak. / Jeff se pa het hom geleer wat om te doen as hy ooit ’n gorilla sou teëkom.

5.

Nadat die gorilla weg is, hoor Jeff takke wat breek. Wat dink hy is dit? Hy dink dit is ’n ander dier wat hom dalk wil aanval en opvreet, soos ’n leeu of luiperd.

6.

Wat was die geluid toe? Dit was Jeff se pa.

7.

Waarom dink jy besluit Jeff om vir niemand te vertel van die berggorilla wat hom gestamp het nie? Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Hy het gedink niemand gaan hom glo nie. / Hy was bang sy pa raas verder met hom.

8.

Waaruit bestaan die woord “bedreiging”? be- + dreig + -ing

Leerders moet pasop om nie lettergrepe/klankgrepe te verwar met die dele van ’n woord nie. 17 © Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2 by Impaq - Issuu