Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Fasiliteerdersgids 2/2

Page 17

Fasiliteerdersgids 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid

Antwoord

2.

1

Kom aan by Virunga- Nasionale Park.

2

Slaap in die tent.

3

Trek aan en eet ontbyt.

4

Okapi spring verby.

5

Jeff sien die kleurvolle voëltjie.

6

Jeff is alleen.

7

Jeff is bang.

3

Die leerders werk individueel of in pare en som die storie mondelings op. Onthou, ’n opsomming is ’n kort vertelling van wat in die storie gebeur, sonder veel detail. Hulle moet die verlede tyd en verbindingswoorde gebruik.

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere 30 minute

Soos vroeër genoem, is daar baie verskillende biome (biomes) in Virunga- Nasionale Park. ’n Bioom is ’n groot natuurlike streek waar spesifieke diere en plante voorkom. ’n Savanna is ’n voorbeeld – ’n grasvlakte (veld) met verspreide bome en bosse, veral doringbome. (Die leerders behoort al in ander vakke en in vorige grade oor biome geleer het.) Kan die leerders aan verskillende biome dink? Daar woon ook baie verskillende spesies diere en plante in Virunga- Nasionale Park.

(Die foto’s in hierdie aktiwiteit is in kleur beskikbaar in die bylae. Leerders kan die werkkaarte in die bylae in hul werkboek plak.)

1.

Lees die beskrywings van sekere biome in Virunga op die volgende bladsy, en die leerders pas die name by die foto’s. (Dit is nie nodig om die luisterproses te volg nie, maar moet die beskrywings nie meer as drie keer lees nie.) Die leerders behoort nie te sukkel om die biome by die foto’s te pas nie – die biome is redelik verskillend.

9

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.