Eenheid
3
Fasiliteerdersgids 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
6.
Waarom dink Jeff gaan hy baie energie vir die dag nodig hê? Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Dit is die eerste keer wat hy in die woud ingaan en hy dink dit gaan uitputtend wees.
7.
Wat spring by Jeff en sy pa verby as hulle loop? ’n Okapi
8.
Wat gebeur dat Jeff van sy pa geskei raak? Jeff probeer ’n kleurvolle voëltjie afneem en sy pa loop verder sonder hom.
9.
Dink jy Jeff se pa het aspris (on purpose) vir hom weggeloop? Leerders se eie antwoord. Nee, sy pa het nie aspris vir hom weggeloop nie; hy raas dan dat Jeff moet bybly.
10.
Wat besluit Jeff om te doen toe hy besef hy is alleen? Hy het besluit om saggies en versigtig verder te loop.
11.
Waarom dink jy voel dit vir Jeff of hy weke lank geloop het? Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Hy was baie bang en dit het gemaak dat dit voel of die tyd baie stadig verbygegaan het. / Dit het gevoel of hy nooit iewers gaan uitkom nie.
12.
Wat dink jy sien Jeff in die pad? (Wat is sy “grootste vrees”?) Leerders se eie antwoord. Hulle kan dalk aflei dat dit ’n gorilla is.
14.
Wat dink jy gaan in die storie gebeur? Leerders se eie antwoord. Hulle kan daaroor gesels.
13.
As jy Jeff was en besef het jy is alleen in ’n reënwoud, wat sou jy gedoen het? Leerders se eie antwoord.
Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor gorillas uitvind? Lees ook meer op die WWF se webwerf oor waarom gorillas belangrik is en wat die WWF doen om hulle te help red: bit.ly/2uTYc1l.
Kan jy onthou waarvoor WWF staan? Is dit ’n afkorting of ’n akroniem? Wêreld-Natuurfonds / World Wildlife Fund
Aktiwiteit 219: Som die storie op 10 minute
Indien nodig, kan jy weer die storie in die vorige aktiwiteit vir die leerders lees. 1.
Wat het alles in deel 1 van die storie gebeur? Sit die gebeure in die blokkie mondelings in die regte volgorde. Teken dan die tydlyn van gebeure in jou werkboek. Jeff is bang. | Kom aan by Virunga- Nasionale Park. | Jeff is alleen. | Trek aan en eet ontbyt. | Okapi spring verby. | Slaap in die tent. | Jeff sien die kleurvolle voëltjie.
© Optimi 8