
2 minute read
KAAPJAG BESOEK WILDMAN
Gerhard van Rensburg en Francois Rossouw voor die Cape Gate winkel KAAPJAG LÈ BESOEK AF BY WILDMAN CAPE GATE
Kaapjag het besoek gaan aflè by Gerhard Van Rensburg, van WILDMAN Hunting and Outdoor Cape Gate Lifestyle Center in Backenfell. Wildman is een van Kaapjag se grootste borge en ondersteuners en kan gereeld gesien word by ons takke se skietkompetisies. Die afgelope jaar was die 9de jaar wat die Valplaatskiet in Calvinia saam met die Kaapjag Boesmanland- tak aangebied is.
Advertisement
Hulle vier volgende jaar hulle 10de bestaansjaar in die Wes Kaap. Hulle is natuurlik deel van die Wildman Groep van buitelugwinkels wat bestaan uit 19 takke regoor die land. Daar is ook nou ‘n tak in Robertson. Wildman Hunting and Outdoor spesialiseer in toebehore vir die buitelug entoesias asook in vuurwapens en vuurwapen toerusting. Dit sluit in jagwapens, handwapens en sportskiet vuurwapens. Die twee Wes-Kaap takke het ook onlangs begin om hengeltoerusting te verkoop. Dit sluit ook vars aas in vir die see hengelaars.
Daar word ook vuurwapen opleiding gedoen op die perseel en dienste sluit in ‘n tenvolled toegeruste geweersmidwerkswinkel waar pasmaak wapens gebou kan word. Daar word ook herstelwerk gedoen aan enige vuurwapen.
Daar is ‘n volle reeks buitelugklere en bykomstighede soos. stapsakke, LED flits ligte, messe en alles wat die natuurmens se hart begeer. Die nuwe reeks WildSpices, wat spesifiek vir die Wildman groep ontwikkel is, is beskibaar by die Gape Gate en Robertson takke.
Besoek gerus vir Gerhard en sy span vir n gratis koppie koffie en vriendelike diens.
Kontak info Unit LL01A, Cape Gate Lifestyle Centre, Cnr Okavango Road and Belami Ave, Brackenfell, Western Cape Epos: info@wildman-wc.co.za Tel : 27 (0)21 9818180



‘n Deel van die Wildman span: Geoffery Barreball, Thys Brits, Kyle Coetzee, Olivia Joubert, Gerhard Van Rensburg, Francois Rossouw (Kaapjag Voorsitter) en Jacques Odendal

Vuurwapen bevoegdheidsopleining word op die perseel gedoen

Jacques en Thys demonstreerin Sako S20 geweer aan Aldo Cilliers ‘n Kaapjag lid en kliënt wat ‘n jaggeweer soek

