3 minute read

WES BOLANDJAG-TAK

Wes Boland-tak

Kobus Van Niekerk - Voorsitter

Advertisement

So kom ons dan weereens aan die einde van nog ‘n baie besige jaar vol aktiwiteite en daar is ‘n paar dinge wat vir my uitstaan. Die Tak van die Jaar toekenning bly vir ons die hoogtepunt, maar die gereelde goeie getalle skuts wat ons skietaktiwiteite bywoon maak dit vir ons moontlik om hierdie tak te laat uitstaan en voortleef. Veiligheid bly verseker die belangrikste aspek van enige skietbaan en ek kan met reg sê dat ons baanbeamptes hierdie aspek van skietaktiwiteite baie streng, maar taktvol toepas, en by meer as een geleentheid juis hiervoor gekomplimenteer is deur van die skuts. Die Pretskiet met ghong bane van 100 tot 1200 meter afstande en die 2 x 4 “Challenge” wat onlangs gehou is was ‘n groot sukses en sal verseker op die nuwe jaarprogram bygevoeg word. Met die 2 x4 “Challenge” word daar oor 300 m 5 skote op ‘n 50 x 100 mm blokkie geskiet vanaf enige rus en die rangorde word bepaal volgens die kleinste groepering binne die 2 x 4 blokkie. Skuts kan by enige amptelike skietaktiwiteit die vasgestelde fooi betaal en die “Challenge” doen en hul posisie op die ranglys probeer verbeter. Die ranglys sal in die klubhuis 3 Skoot Groepering skiet skuts op die skietpunt met Pa wat lesse gee

opgehang word en aangepas word soos nuwe teikens inkom en skuts wat kwalifiseer sal ‘n materiaal skietbalkie ontvang. Skuts kan ook voortaan ‘n ekstra geldjie in die sak steek om die koffie waentjie wat by die ingang na die skietbaan sake doen te ondersteun om die innerlike te versterk. Ongelukkig is daar altyd die lastige kwessie van inbraak, diefstal en vandalisme wat aangespreek moet word aangesien die skietbaan langs die N7 is en so is daar dan onlangs besluit om die sekuriteit in en om die klubhuis weereens op te gradeer in ‘n poging om die terrein beter te bekerm en skade aan eiendom tot die minimum te beperk. Die volgende skietaktiwiteite is intussen aangebied en was oor die algemeen goed verteenwoordig....... 3 Skoot Groeperingskiet, Chasa Standaard baanskiet, Chasa .22 randslag baanskiet en dan natuurlik die Pretskiet met 2x4 Challenge. Die jaar se aktiwiteite word afgesluit met die Chasa Big Bore en .303 skiet op 19 November met hierdie skiet word almal wat “Vintage” motors het uitgenooi om met hul motors die dag by te woon... die .303 is immers ‘n “Vintage” geweer en dan kan die skuts sommer ook die kans kry om hul motors te vertoon. Die immer gewilde Chasa vlakteskiet op die plaas Remhoogte buite Koringberg word op 10 Desember gehou. Om al hierdie aktiwitete vir lede moontlik te maak word daar hard

Wes Boland-tak

3 Skoot Groepering skiet wenners met ‘n baie opgewonde klein skut met haar eerste medalje!

CHASA .22 randslag baanskiet wenners

gewerk en baie beplanning gedoen agter die skerms, dus wil ek my bestuur wat hul vrye tyd onvoorwaardelik opoffer om elke aktiwiteit ‘n sukses te maak hartlik bedank vir hul bydrae tot ons tak se sukses.

Dankie ook aan Matt en sy span by die Kaapjag kantoor wat altyd bereid is om te help waar hul kan as ons lede navrae het....jul bydrae tot die takke se sukses word nie betwyfel nie. Besoek gerus ons webtuiste by www.wesbolandjag.co.za vir uitslae van skietaktiwiteite en die nuwe jaar se program, wat weereens baie opwindende skiete inhou. Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2023 aan almal van die bestuur van Wes Bolandjag en vir die wat op reis gaan oor die feestyd, wees veilig en kom veilig tuis.

Vriendelike groete uit Moorreesburg Kobus van Niekerk en Bestuur