
2 minute read
WYNLAND-TAK

Gert Visser - Voorsitter
Advertisement
Chasa intertakskiet Saterdag 17 September
Op Saterdag 17 September 2022 het Wynland-tak die geleentheid gehad om Kaapjag Chasa intertak Ghongeskiet aan te bied. Die skiet het plaasgevind net buite Robertson op die Wynland skietbaan. Daar is die week voor die skiet baie bespiegel of ons die skiet sou kon aanbied aangesien die weerberigte reën, wind en storms belowe het. Ons het egter bly hoop en vertrou dinge sal uitwerk en het toe ook die formaat na ‘n ghong skiet verander. ‘n Totaal van 77 skuts het die dag aangedurf - ‘n ligte lente briesie met ‘n paar fyn druppels het die oggend van die skiet geval en toe word dit ‘n pragtige skietdag. Die verskeidenheid skietposisies het dit vir die skuts interessant gehou en skuts moes mooi mik om die ghongs te kon raakskiet. Daar word 4 bane met 5 gongs elk en skuts kon kleiner of groter ghongs kies op bane. Hoe kleiner die ghong hoe meer punte was hy werd. Dankie aan ons borg Gun&Bows vir hul ondersteuning. Na afloop van die skiet het die skuts lekker gesels en geëet. Ek wil vir Chantel en Hendrik bedank vir die kos wat deur hulle voorberei was, asook die puntetellings. Dankie ook aan die manne wat die baan vroeg kom bou en weer kom afbreek het. Sonder julle sal so ‘n skietdag maar moeilik gaan. Ek wil ook spesiaal dankie sè aan my bestuur vir hulle ondersteuning die jaar. Dis voorwaar ‘n spanpoging om ‘n tak te bestuur. Geseënde Kersfees aan al ons Kaapjaglede en skuts. Sien julle weer volgende jaar. Skietgroete Gert Visser Intertak 2022 Wenspan - Boesmanland J.Strauss, I. Hanekom, L. Hanekom, R. van Wyk en A. Swift


Man Ope Klas - 2de I. Hanekom, 1ste W. White en 3de L. Hanekom

Wynland-Tak

Intertak geborg deur Guns & Bows

Ghong baan waar jy moes lê Daar is ook uit die vuis op ghongs geskiet




Jnr Ope Klas - 3 B. BEUKES, 2 L. JvRensburg en 1 I. Matthyser Jnr Std Klas - 2 C. JvRensburg, 3 H. Smit en 1 Handre Smit
Snr Std Klas - 3. A. Basson, 1. A. Duvenhage en 2. T. Theron

