2 minute read

NAMAKWA-TAK

Evan Lategan - Voorsitter

Vanjaar het Namakwa-tak besluit om iets nuuts voor te sit aan sy lede in die vorm van ‘n nuwe baanskiet. Hierdie skiet is genoem die Baan Safari en het die lig gesien op 6 Augustus. Sewe verskillende diere-teikens uit sewe verskillende posisies op sewe verskillende afstande. Drie skote op elke teiken is dan geskiet.

Advertisement

Die skiet is baie geniet deur al die deelnemers, want die gewere is nie so warm geskiet nie en dit was beslis ‘n ander tipe uitdaging.

Wenners was uit ‘n telling van 105:

1. Stiaan Van Wyk 93 2. Evan Lategan 79 3. Marius Coetzee 74 4. Hannes De Villiers 70 5. Jaco Gagiano 70 Op 3 September het ons ‘n Chasa baanskiet aangebied wat baie goed deur die lede bygewoon was. Die diriepoot skietstokke word ingespan vir fyn skietwerk

Skuts en hul families wat die Baan Safari by gewoon het

Die tellings was as volg uit moontlike 600: Ope Klas

1. DJ Van Zyl 585,6 2. Evan Lategan 570,6 3. Stiaan Van Wyk 530,8 4. Marius Coetzee 525,3 5. Sybrand Laubscher 510,3

Penkoppe

1. Louis Coetzee 485,7

Namakwa-tak

2. Megan Maritz 430,6 3. Phillip Van Zyl 425,8

Op 10 Oktober het Namakwatak die span ghong skiet aangebied. Hierdie is beslis een van die tak se hoogtepunte van die jaar. Vanjaar was dit die tweede keer wat dit aangebied was en dit was weer ‘n reuse sukses.

Besoek gerus ons Facebook-blad op Namakwajag, Vredendal vir al die foto’s en volle berig.

Die tellings uit ‘n mootlike 60 was as volg:

1. Team Kudu Carel Maritz en Johan Kuhn 53 2. Team Vuil Coke H Oosthuizen en R Lombard 53 3. Team 250-6 L Koch en C Breytenbach 49 4. Team Bullseye Stiaan van Wyk en Evan Lategan 43 5. Team Boetie Bladskoot J Dippenaar en P van Wyk 43

Laastens wil ek graag my dank oordra aan almal wat vanjaar ‘n bydrae gemaak het tot ons tak en om ons skiette so suksesvol te maak.

Dankie aan my bestuurslede wat altyd regstaan en ‘n plan maak om dinge gedoen te kry. families. Vir die wat met vakansie gaan, geniet dit en ry assblief veilig. Ons sien julle weer vroeg in 2023 om die reuk van kruit te kom geniet.

Skiet Groete Evan Lategan

Skuts en hul families wat Chasa Baanskiet by gewoon het

Team Kudu Valplaat kompetisie wenners Carel Maritz en Johan Kuhn saam met die voorsitter Evan Lategan