1 minute read

WESKUSJAG-TAK

Adri Basson - Voorsitter

Advertisement

Daar is van die sleepwa geskiet na die gongs later die aand

Op 20 Augustus 2022 het die Weskus tak ‘n nagskiet gehou. Die manne het al vroeg die middag opgedaag vir die nagskiet om alles reg te kry vir hierdie iewat anderste skiet waaraan meestal manne nie gewoond aan was nie.

Die Chasa Senterslag van 10 September 2022 is net deur ‘n paar skuts bygewoon. Dit was ‘n bewolkte dag met so nou en dan ‘n paar druppels wat geval het, maar die skuts kon darem die kompetisie voltooi en daarna die tyd lekker om die braai gekuier.

Weskus groete Marlene Basson

Nagskiet is nie vir sussies nie, dis beslis ‘n ander ervaring Gideon Engelbrecht: wenner junior skut

Weskusjag-Tak

Gawie Loubser (links) was die wenner en skut van die dag

Daar moes gemik word na die jakkals se kop wat uitloer agter elke kafbaal Die weer het uitstekend saamgespeel en hoewel dit koud was het almal dit geniet en heerlik om die vuur gekuier na die skiet

Twee skuts moes gelyktydig na die bewegende jakkalse skiet, maklikers gesê as gedoen