
2 minute read
REDAKTEUR
DIE BONTEBOK DIE REDAKTEUR
FRANCOIS ROSSOUW
Advertisement
Welkom by ons Desember 2022 uitgawe van Die Bontebok. Kom noem hierdie sommer die Kersfees-/Nuwejaarsuitgawe van Die Bontebok. Ons het heelwat interessante artikels en jagstories. Op bladsy 18 word vertel van ‘n lekker jagstorie in die Kalahari deur Jan Hanekom, en op bladsy 12 is Schalk van der Merwe se eerste bok storie. Die bekende Jokl Le Roux se atikel oor etiket vir jagters is op bladsy 26. Dit is beslis ‘n artikel om te lees en ter harte te neem. Ons as Kaapjaglede het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons mede-lede om altyd die beeld van ons vereniging uit te dra en deur ons gedrag op die skietbaan of jagveld Kaapjag se naam hoog te hou. Goeie maniere bly maar belangrik. Op bladsy 15 is daar’n artikel oor die SAJSV of Suid Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging deur Hein De Swart, hulle voorsitter. Kaapjag beplan om volgende jaar sy bande met SAJSV te versterk en om saam skietkompetisies vir ons lede aan te bied. Alliansievennote soos SAJSV is uiters belangrik vir ‘n vereniging om te groei. Deur ons assosiasie met SAJSV hoop ons om ons lede die geleentheid te gee om Protea-kleure in skiet kan laat verwerf. Daar word nog heelwat sulke vennootskappe beplan vir volgende jaar. Baie geluk aan Faizel Salie met sy wenfoto vir ons fotogallery. Hy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by ons borg, Ivan Volskenck van Ells & Co.
Ons wil julle ‘n geseënde Kerfees en voorspoedige Nuwejaar toewens. Vir die wat op die pad gaan wees in die feestyd, ry versigtig en trek maar af as jy moeg raak.
Skietgroete en lekker lees.
Cool Refrigeration BoxBox


Runs off vehicle battery power RuRunsns o offff s statandandar rd d 2 22020V V OpOptitio on n o of f s solola ar r powpowerer 1 10 0 t to o miminunus s 2 20 0 d degreesegrees 1 150500(0(L)L) * * 1 10 00000(B(B) ) * * 111100(00(H)H) 750L750L c capapa ac ci it ty y W Weigeigh h's's i in n a at t 1 12 20kg's0kg's MaMat tereriaial l PEPE s skikin n & & P PU U f foamoam 1 10 00m0mm m i insnsu ul la at tioion n L Lo ockckababl le e OfOfferfers s f flexilexib bi il li ityty PluPlug g 'n'n G Go o Contact Gavin on e-mail: salescpt@coolparts.co.za


