3 minute read

KAAPJAG VOORSITTER

FRANCOIS ROSSOUW

Hulle sê wanneer jy hard werk vlieg die tyd. Ek weet nie waarheen dit vlieg nie, maar hierdie jaar het beslis verby gevlieg. Hier staan ons op die drumpel van 2023. ‘n Nuwe jaar met nuwe geleenthede. Dit is inderdaad interessante en uitdagende tye waarin ons leef. Mens wens soms jy het ‘n kristalbal gehad om te weet wat vir jou voorlê in die nuwe jaar. As dit nie ‘n pandemie is nie, dan sit jy in die donker met kragtekorte, of Rusland besluit dat die Oekraïne darem nou te grootmeneer is en gaan op die oorlogspad. Ek dink nie President Putin het in sy kristalbal gesien dat hy 10 maande later nog steeds gaan oorlog maak met dié klein landjie nie. Dalk Putin se fout, maar kyk net waar sit ons vêr weg in SuidAfrika met hemelhoë branstofpryse wat ‘n invloed het op al ons ander verbruikersprodukte. Die impak word nog verder gevoel omdat amper alles per padvervoer moet beweeg aangesien ons treine nie juis meer ry nie. Al hierdie faktore raak sonder twyfel ons Kaapjag-lede ook. Wapens en ammunisie is duurder. Om te ry na ‘n jag word nou ‘n groot uitgawe. Persoonlike inkomstes en uitgawes moet nou elke maand haarfyn beplan word. Begrotings word opgestel, geskrap en weer opgestel. Ek kom uit ‘n familie van boekhouers en my pa het my al vroeg geleer dat jy planne kan maak soos jy wil, maar as jou somme nie klop nie, dan moet jy maar ander planne gaan maak. My ma se wysheid was dat ”Charity begins at home”. By Kaapjag moet ons ook planne maak vir ons vereniging se voorbestaan en om moontlike aanslae teen ons reg om vuurwapens te bekom, te besit en dan ook te behou. Dit voel of daar gereeld nuwe hindernisse in ons pad geplaas word om ons as vuurwapeneienaars aan bande te lê. Ek wil ons Kaapjag-lede verseker dat ons as Kaapjag-bestuur gefokus is daarop om ons lede se belange te beskerm en die organisasie op die mees koste-effektiewe wyse te bestuur waar moontlik. Die bestuur is ‘n kundige groep manne wat Kaapjaglede se belange op die hart dra. Matt Relihan se ondervinding en kennis is van onskatbare waarde, soos die lede weet wat al met hom te doen gekry het. Sy deur is altyd oop en hy help waar hy kan. Dit is egter ook ons lede se eie verantwoordelikheid om hulle kant te bring om aan al die vereistes soos deur die SAPS gestel te voldoen. Sorg dus dat julle jul toegeweide status op datum hou. Sorg ook dat jou vuurwapen(s) altyd in veilige bewaring, of onder jou toesig is.Ken jou vuurwapenwette en reëls. Moenie ‘n statistiek word nie. Wees veilig en bewus van jou omgewing, waar jy jouself ookal bevind. Geseënde Kerfees en ’n voorspoedige Nuwejaar aan al ons Kaapjag-lede. Groete Francois Rossouw

Advertisement

DIE BONTEBOK: EDITORIAL TEAM

EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Design art studio • Smidt Design

ADVERTISING & SALES: • Francois francois@salocums.com

CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Schalk van der Merwe • Awie Pelser PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication.

COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner.

INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death.