Wellington 23 Oktober 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

23 Oktober 2019

Tel: 022 487 2288

• www.hetzwartland.co.za

23 Oktober 2019

Dot se koekkuns ken geen perke Stand van die damme

Die totale damvlak van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 79.7% gestaan, in vergelyking met verlede week se 80.6% en verlede jaar se 75.8%. Die Bergrivierdam se vlak staan op 97.8%, in vergelyking met verlede week se 99.1% en verlede jaar se 99.3%. Die Laer-Steenbrasdam se vlak is nou 92.6%, in vergelyking met verlede week se 94.6% en verlede jaar se 89.2%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se damvlak is op 87.3% in vergelyking met verlede week se 88.2% en verlede jaar se 96.7%.

Wellingtonner 'n naaswenner

bl 5

Namib-woestyn deurkruis

bl 4


2

Bakster: Dot se koekkuns-talent ken geen perke Die Wellingtonner Dorothy (Dot) Klerck het geen bekenstelling nodig nie. Sy is ons eie koek-ghoeroe wat al talle internasionale toekennings gewen het, rekordgrootte lewensgetroue koeke geskep het en internasionale koekkursusse aanbied. Hierdie ongelooflik talentvolle koekkunstenaar het in 2019 weer met haar vernuf gewoeker en talle onvergeetlike koekskeppings die lig laat sien, as mentor vir honderde aspirant-koekkunstenaars gedien en haar gewig agter verdienstelike natuurbewaringinisiatiewe gegooi. Sy is boonop vanjaar weer as een van die finaliste in die gesogte “Oscars van die bakkers”, oftewel die Cake Masters Magazine Awards (CMMA) aangewys. Sy tree boonop hierdie week as beoordelaar by die World Cake Decorating Chanmpionships in Milaan op. In 2017 is Dot as die wenner in die kategorie vir die beste vertoonstuk-koek ter wêreld aangewys. Haar lewensgroot koek-weergawes van bedreigde dierespesies het al jaar na jaar internasionaal aandag getrek. Sy het verlede jaar ook haar koek-vernuf vir nog ‘n verdienstelike saak aangewend toe sy ‘n 3m-hoë standbeeld-koek van Nelson Mandela by die Sandton City inkopiesentrum gebou het. Hierdie koek is nie net geskep om Mandela se 100ste verjaardag te vier nie, maar is ook ten bate van Cupcakes of Hope, wat kinders met kanker ondersteun, opgerig. Dot se jaar was propvol koekaktiwiteite sover. Buiten die talle spesialis-kursusse wat sy regoor die wêreld aangebied het, het sy ook ‘n lewensgetroue, lewensgrootte luiperdkoek, bestaande uit ‘n luiperd en twee welpies, vir die Cape Leopard Trust gebak. Dot gebruik elke jaar haar koekvernuf om bewusmaking vir natuurbewaring te kweek en haar luiperdkoek het vanjaar weer vir ongelooflike plaaslike en internasionale reaksie gesorg. Daar is net sowat 1000 Kaapse luiperds in Suid-

23 Oktober 2019

-Afrika oor en die Cape Leopard Trust vier vanjaar ook hul 15de bestaansjaar. Dit was dus heel gepas dat Dot ‘n luiperdkoek as een van haar groot projekte vir 2019 gekies het. Haar luiperdkoek is op 13 September by die gesogte One&Only Hotel in Kaapstad ten toongestel en het met ‘n spesiale luiperd-geïnspireerde middagtee, kompleet met ‘n fynbos-en-luiperd-mengeldrankie, gepaardgegaan. Dit koek was tot 13 Oktober by die hotel te sien. Dot was ook aan die begin van Oktober in Australië waar sy die nuwe internasionale span tydens ‘n twee-dae-lange internasionale “Cake Off Challenge” by die International Cake Show Australia (ICSA) in Brisbane gelei het. Buiten al hierdie projekte is Dot tans in Milaan, Italië, vir die World Cake Decorating Championships. Sy tree nie net as een van die spesialis-beoordelaars by hierdie geleentheid op nie, maar is ook deel van ‘n spesiale paneel wat meester-demonstrasies by die kampioenskappe sal doen. Agtien lande neem aan die kampioenskappe deel - en ons eie Dot is een van die gerekende internasionale beoordelaars wat uiteindelik ‘n wenner moet aanwys. Na afloop van die koekversieringskampioenskap in Milaan sal Dot nie juis veel tyd hê om te rus nie, omdat sy op 2 November alweer in Birmingham moet wees vir vanjaar se Cake Masters Magazine Awards - die “Oscars” van die bakkers. Dot en haar Australiese medewerker, Margaret Carter, is een van die finaliste by hierdie gesogte jaarlikse kompetisie. Hul “Great Barrier Reef Show Featute”, wat hul vroeër vanjaar by die International Cake Show Australia geskep het, het Dot vir die soveelste keer as finalis vir hierdie kompetisie laat kwalifiseer. Op 2 November sal hierdie Wellingtonner ‘n bekende gesig tussen die wêreld se koek-elite wees as sy op die rooi tapyt verskyn.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

23 Oktober 2019

Wellington se eie motiveringsghoeroe gee raad aan matrieks

Die plaaslike skrywer en motiveringspreker, Demore Pretorius, het homself al as ‘n internasionale ghoeroe op die gebied van inspirasie en positiewe denke gevestig. Onder die projekte waarby hierdie bedrywige man al betrokke was, is die konsultasie van verskeie besighede en sport-entiteite. Hy was ook betrokke by die emosionele voorbereiding van die Kenia Internasionale Rugbyspan, sowel as die plaaslike spanne van die Bergrivier Sekondêre Skool en ander sportklubs. Demore het nou ook ‘n spesiale boodskap vir die matrieks wat tans met hul finale eksamen besig is. Volgens hom besef matrikulante nie altyd watter potensiaal in hulle opgesluit lê of hoe om dit te ontgin nie. Met sy spesiale boodskap aan matrieks wil hy hulle denke oopmaak vir hierdie moontlikhede. Demore se hooffokus met sy benadering ten opsigte van die motivering van sportspanne, om hul vaardighede en leervermoë te verskerp. Hy wil dieselfde beginsels aan matrieks oordra. “Ek konsentreer veral daarop om sportmanne en –vroue te help om vinniger te leer, hul vaardighede te skaaf en verfyn en om konstant onder druk te kan presteer,” sê hy. Sy onderrig as ‘n sielkundige afrigter help mense om geestelik gereed te kom, om te fokus, om te kan ontspan en om emosionele kontrole uit te oefen. “Geestelike uithouvermoë en taaiheid sal uiteindelik hul voorbereiding, oefening en prestasievlakke help verbeter,” verduidelik Demore. Hy is van mening dat die vaardighede waarmee hy sportmanne toerus, ook in die alledaagse lewe voordele kan inhou. “Motivering en sielkundige krag is veelsydig en veerkragtige instrumente wat elke dag in elke aspek van mense se lewens toegepas en positief gebruik kan word. Enigeen het die potensiaal om meer te word, meer te doen en meer te bereik op elke terrein van hul lewe. Geen mens kan funksioneer sonder ‘n raamwerk van sekere basiese beginsels nie. Daarom het ek só ‘n raamwerk ontwikkel waarby enigeen kan baatvind,” deel Demore sy geheime. Sy boodskap aan matrieks het “Vuur jou passie aan om sukses te behaal” as tema. “Eerstens wil ek al die graad 12’s gelukwens met hul deursettingsvermoë en harde werk. Waar julle nou is, is die somtotaal van al jul pogings en dit wat julle tydens jul hoërskoolloopbaan in jul lewe belê het. Hierdie reis was sekerlik gevul met opwindende oomblikke, maar moontlik ook met onstuimige tye,” is Demore se boodskap aan die matrieks. “Dit is egter ‘n hartseer feit dat nie almal weet wat die toekoms vir hulle inhou nie. In my ondervinding as ‘n professionele motiveringspreker het

ek al baie met hierdie verskynsel te doen gekry, veral in ons publieke opvoedingstelsel,” gaan hy voort. Volgens Demore het hy al baie oor hierdie onderwerp gedink en tot sekere gevolgtrekkings gekom. “Ek wil leerders iets gee om oor te reflekteer om uiteindelik sukses te behaal en hul passie te ontdek. Die meeste van die kinders weet nie eers wat hul passies is nie en is maar tevrede met beroeps- en lewenskeuses wat deel van hul verwysingsraamwerk is. Ek het bevind dat die sleutelbestanddeel, naamlik passie, bepalend is in hoe enigeen hul pad na ‘n bevredigende uitkoms vind,” sê hy. Demore glo dat jy, sonder passie, jouself spoedig in ‘n groef kan laat beland. “Sonder passie sal jy soos ‘n passasier op bus wees wat die rit geniet, maar nie seker is waar jy wil uitkom nie. As jy egter weet wat jou passie is, sal jy weet wat jy doen en waarom jy dit doen. Jou passie sal jou help om jou interne potensiaal te ontgin en om sukses te behaal in dit waarop jy jou toespits,” glo hy. Volgens Demore moet jongmense egter ook die beperkings van hul passie verstaan. “’n Sleutelkomponent behels om te kyk na die omgewingsbeperkings op jou passie. Alhoewel jy moet glo dat jy uniek is en oor baie potensiaal beskik, moet jy dít wat jou kan beperk, erken. Om van jou beperkings vry te kom en te word wat jy bestem is om te wees, moet jy eintlik vreesloos wees,” is sy raad aan matrieks. Demore is van mening dat jou grootste kompetisie jyself moet wees. “Roer jouself om van goed na uitstekend te beweeg, van uitstekend na uitnemend en van uitnemend na invloedryk. As jy jou generasie wil inspireer, moet jy volhou om op jou unieke talente, vaardighede en passie te fokus. Demore, wat al verskeie diplomas in Kommunikasie, Sprekersvaardighede, Bestuursleierskap, Lewensafrigting, televisie- en radio-aanbieding, sowel as besigheidsafrigting voltooi het, het ook al ‘n boek gepubliseer en lewer gereeld motiveringspraatjies. Hy het ook al ‘n ere-doktorsgraad van die Trinity International Bible University ontvang. Alles wat Demore bereik en doen, is met een doelwit voor oë, naamlik om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. “Let nothing hold you back. You are meant for greatness, so don’t settle for just being good. A proper attitude towards your passion, will give you wings to outfly eagles. All the best for the challenge that awaits you, I am confident you will be successful,” sluit hy sy boodskap aan matrieks af.

Die Croucamp-gesin van Wellington is sowaar ‘n gedugte span. Pa Basil, ma Helena, en die twee kinders, Tian en Leoné het onlangs almal uitstekend gevaar by die SARMAF Karate Kampioenskappe in Sasolburg. Hierdie viermanskap het nie net almal WP-kleure in karate verwerf nie, maar ook individuele medaljes by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe losgeslaan. Met die prysuitdeling was Croucamp sekerlik die van wat die meeste uitgeroep is, want tussen die vier van hulle het hulle altesaam nege medaljes ingeoes. Die 12-jarige Tian het ‘n brons medalje verower, terwyl Leoné, wat 9 jaar oud is, twee goue medaljes gewen het. Basil spog met een silwer en twee goue medaljes en Helena het twee silwer en een goue medalje by die nasionale

kampioenskappe gewen. Hulle het boonop die beste Unison Kata familie-trofee by die nasionale kompetisie losgeslaan. Met ‘n trofee op die kaggelrak wat die Croucamps as die beste karate-familie in Suid-Afrika bevestig, sou ‘n mens dink dat hierdie gesin dalk ‘n veglustige lotjie kan wees. Dit is egter ver van die waarheid af. Buiten die Croucamps se karate-vernuf, beskik hulle boonop oor ongelooflike drama- en sangvaardighede ook. Basil en Helena het al in verskeie groot produksies en selfs internasionale flieks verskyn en hul kinders is net so talentvol. Tian en Leoné het altwee ook al talle toekennings by eisteddfods ingeoes en hoofrolle in groot produksies vertolk.

Wellington se Croucamps kraai karate-koning

3

Skenking: Welllington se Lionsklub het op 10 Oktober ‘n R5000 skenking aan Huge-

note Laerskool oorhandig. Hierdie skenking is ten bate van die skool se klerebank vir minder bevoorregte leerders. Vier boekpryse ter waarde van R250 elk is ook oorhandig vir die skool se prysuitdeling oorhandig. Lion President Tim Steenberg het die oorhandiging aan die skoolhoof, mnr. Henry Schemper, en adjunk-hoof, Stephan Hertz, gedoen. Bennie Smith, die Lions se Distrik Goewerneur, en Alec Geldenhuys van Wellington Lions kyk toe.

Besigheidsontwikkelings laat Drakenstein met positiewe groeivooruitsigte spog Die nuutste inligting wat onlangs in die Wes-Kaapse Provinsiale Tesourie se Munisipale Ekonomiese Hersiening en Vooruitsigte (MERO, 2019) gepubliseer is, dui daarop dat alle munisipale ekonomieë binne die Kaapse Wynlande Distrik laer ekonomiese groei in 2018, in vergeleke met 2017, getoon het. Dit is ‘n refleksie van die afwaartse neiging in die globale, nasionale en provinsiale ekonomieë. Die Drakenstein Munisipaliteit, die grootste munisipaliteit in die Wes-Kaap buite die Stad Kaapstad, se ekonomie het in 2018 met ‘n geraamde 0,7% gegroei. Dit is ‘n daling van 2017 se 1,7% groei in 2017. Stellenbosch het van ‘n 1,4% groeikoers in 2017 na 0,8% in 2018 gedaal, terwyl die Breede Vallei van 3,3% in 2017 tot 1,1% in 2018 gekrimp het. Ten spyte van hierdie afwaartse groeineigings is die Wes-Kaapse provinsiale ekonomiese groeivooruitsigte vir die volgende paar jaar positief en behoort dit tot verbeterde groei in individuele munisipale ekonomieë te lei. Daar word voorspel dat die Wes-Kaapse ekonomiese groei van 0,9% in 2018 tot 1,4% in 2019, en tot ‘n verdere 2,2% in 2020 sal styg. Oor die algemeen dui die neiging daarop dat die Kaapse Wynlande Distrik ‘n groeikoers van 1,5% in 2019 sal behaal. Advokaat Johan Miller, raadslid en lid van die Burgemeesterskomitee vir Beplanning en Ontwikkeling by die Drakenstein Munisipaliteit, wys daarop dat, wanneer ‘n mens al die ontwikkelings wat in die Drakenstein Munisipale area plaasvind in ag neem, hierdie positiewe ekonomiese vooruitskouing beslis haalbaar is. Die Rembrandt Mall, wat sy deure in 2016 geopen het, word tans uitgebrei, terwyl Builders Warehouse besig is om ‘n nuwe besigheidsperseel in Drakenstein te bou. Boxer Stores en Pick ‘n Pay het beide nuwe winkels in Mbekweni geopen iets wat meer as 100 permanente werksgeleenthede in hierdie area geskep het. ‘n Geloofwaardige, winsgewende maatskappy is besig om die meeste van sy bedrywighede in die Kaapse Wynlande te konsolideer en teen 2022 na Drakenstein te skuif. Die Ben Bernardt ekonomiese sone suid van die N1 in die Paarl het onlangs ook beduidende uitbreidings gehad en het onder andere ten minste twee kommersiële en ligte kommersiële besigheidsparke onder konstruksie. Hierdie is maar ‘n paar van die verskeie ontwikkelings wat na verwagting ‘n bydrae tot positiewe ekonomiese prestasie binne die Drakenstein munisipale area in die volgende paar jaar kan maak.

“Tot op hede het die Drakenstein Munisipaliteit 70 kommersiële bouplanne in 2017/18 goedgekeur, wat in 2018/19 tot 79 goedkeurings verhoog is. Sover is 20 kommersiële bouplanne binne die eerste kwart van 2019/20 goedgekeur. Hierdie tipe beplande groei in infrastruktuur dui op die besigheidsvertoue in ons area,” sê adv. Miller. Drakenstein het boonop ook ‘n Ontwikkelingsen Beleggingsforum vir voornemende beleggers tot stand gebring. Die hoofdoel van hierdie kantoor is om die besluitnemingsproses gladder te laat verloop en om administratiewe rompslomp te verminder. Data oor werksgeleenthede skets ‘n positiewe prentjie van Drakenstein se ekonoie wat ‘n geraamde 1 435 werksgeleenthede in 2018 tot die arbeidsmark toegevoeg het. Alhoewel Drakenstein se werkloosheidsyfer, in 2018 op 12,7% geraam, hoër as dié van ander munisipale areas in die Kaapse Wynlande Distrik is, is dit steeds baie laer as die 17,7% koers vir die Wes-Kaap en nasionale koers van 27,2%. “Die Drakenstein Munisipaliteit is gereed om stadige ekonomiese prestaise deur middel van verskeie strategieë, insluitend die Geïntegreerde Ekonomiese Groei Strategie wat onlangs deur die Raad goedgekeur is, te takel,” sê adv. Miller. Die Munisipaliteit werk ook tans aan ‘n “Township Economic Strategy” om die moontlikheid van ondersteuning aan onder andere spaza-winkels, haarkappers, tshisanyamas, eiendomsverhurings, klerehandelaars, skoenmakers, tuiniers, motorwerktuigkundiges, vervoerdienste, vrugte- en groentstalletjies, karwasserye en boudienste te ondersoek. Die Drakenstein Munisipaliteit ondersteun ook reeds SMME’se deur middel van vyf besigheidskomplekse, wat elk vyf klein besighede in Mbekweni, Gouda, Groenheuwel en Wellington het. Die Munisipaliteit het boonop bykans 150 permitte aan informele straathandelaars wat op verskeie plekke in Drakenstein handel dryf, toegeken. ‘n Bywet vir informele handelaars word tans opgestel en sal voor die einde van die finansiële jaar geïmplimenteer word. “Die Munispaliteit is vol vertroue dat dit die komplekse en diverse behoeftes van al Drakenstein se inwoners aanspreek om ‘n globaal-kompeterende en innoverende stad van uitnemendheid, wat inklusiewe en onderhoubare ekonomiese groei sal verseker, te bou,” het adv. Miller afgesluit.


4

NUUS • NEWS

23 Oktober 2019

Wellingtonner se nuwe Namib 100-staptoer beloof ‘n belewenis te wees

Die Wellingtonner Jurgens Schoeman het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie avontuurlustige man bedryf sedert 2003 die bekende “Live the Journey” onderneming wat talle onvergeetlike toere regoor die wêreld organiseer. Jurgens spesialiseer in outentieke toere deur interessante wêrelddele waar die plekke se stories, geskiedenis, kultuur en natuur byna die besienswaardighede kan oorskadu. Hy en sy vrou, Karien, het onlangs ‘n uitgesoekte groep mense op hul nuwe beplande staproete deur die Namibwoestyn op ‘n “toetstog” geneem. Hierdie nuwe staproete, die Namib 100 Hiking the forbidden land, is ‘n 100km-lange staproete waar stappers die oudste woestyn ter wêreld van naby kan verken. Die Forbidden Land-benaming is geïnspireer deur die feit dat die strook waardeur gestap

word, die sogenaamde “Sperrgebiet”, aan die begin van die 20ste eeu diamantstatus gekry het. Tot en met die ontdekking van dié blink klippies in 1908 was die kus en woestyn oop terrein vir almal wat die woestyn se ongenaakbaarheid kon weerstaan. Die staptog, wat oor vyf dae strek, neem stappers deur een van die wildste, mees ongerepte plekke op aarde. Dit strek deur die Namib se massiewe duine en al langs die Skedelkus, ryk aan see- en voëllewe. Hierdie gedeelte van Namibië het ‘n antieke geskiedenis en is ‘n plek van voormalige diamantdelwery, witgebleikte walvisbeendere en skeepswrakke wat uit die mistigheid verrys. D it is ‘n plek waar daar geen spore is om te volg nie en waar jy net jou eie agterlaat. Al hierdie dinge maak dié nuwe roete een van die mees ikoniese staproetes ter wêreld.

Die groep stappers wat die toetslopie vir hierdie nuwe staproete meegemaak het, was uiteenlopend. Buiten Jurgens en Karien van Live the Journey, was daar onder andere ook skrywers, joernaliste, toerentoesiaste, medici en bemarkers wat saamgestap het. Almal wat die toetslopie vir dié nuwe stapervaring meegemaak het, was dit eens dat dit ‘n uitsonderlike ervaring was. “Dit was die mees diverse roete wat ek nog gestap het. "See, duine, pienk soutpanne met patrone en kristalle, flaminke by die duisende, pelikane, sterretjies, robkolonies, jakkalse, woestyngeitjies, strandjutwolf-spore, duisende spore van lewe, die sterrehemel in die nag, die Lange-wand - daar waar die duine in die see inloop - skeepswrakke, om in die mistigheid te stap met die oseaan aan jou regterkant, die ‘graspanne’ hier in die middel, om op die kruin van ‘n duin te staan met duin op

duin agter jou en die uitgestrekte oseaan voor jou. Ag ek weet nie waar om te stop nie. Dit het my siel so goed gedoen. Ek het soos ‘n pionier gevoel. Ag, dit was net wonderlik en my mede-stappers het elke liewe dag opgehelder. My hart is so vol,” het Karien na afloop van die staptog uit die Namib laat hoor. Gerrit Rautenbach, wat ook saamgestap het, het agterna geskryf dat hy respek vir die omgewing, maar ook vir die mense wat in die verlede daar oorleef het, gekry het. “Ons voormense het baie myle daar uitgetrap. Ter wille van oorlewing. Op soek na kos en water. Op soek na werk. Ek het respek gekry vir die mense wat dit met feitlik net ’n velkaros kon doen,” het hy geskryf. Belangstellendes kan Jurgens by info@livethejourney.co.za of 021-863 6400 vir meer inligting of toerdatums kontak.

Trap:

Die NGK Wellington-Oos onderneem elke jaar ‘n fietstoer ten bate van ‘n verdienstelike instansie of saak. Hierdie jaar het die jeug hul tradisionele fietsry-uitreik ten bate van Ma's-vir-Wellington gedoen. Elke gewillige hart en spiere wat elke bult op die roete trotseer het en elke kilometer wat die jongklomp op hul fietse afgelê het, was om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. Ma’s vir Wellington was baie dankbaar vir hierdie gebaar.


NUUS • NEWS

5

23 Oktober 2019

Wellingtonner naaswenner in TV-reeks se Kokkedoor

Wellingtonners het die afgelope paar maande in Engeland gewerk en aan die einde van 2016 elke Donderdagaand saam met die res van Suid- teruggekom Suid-Afrika toe,” vertel sy. Haar besluit om vir Kokkedoor in te skryf, was -Afrika voor die televisie vasgenael gesit om na vanjaar se reeks van Kokkedoor te kyk. ‘n Plaas- iets waarmee sy al lankal in haar agterkop rondlike deelnemer, Anmar Wilding, was een van die geloop het. “Ek hou van die uitdaging van kompetisie en kokke wat dit tydens hierdie reeks in die kombuis uitgespook het om as Suid-Afrika se nuwe Kok- het altyd gesê as die reeks terugkom, gaan ek kedoor gekroon te word. Anmar het uitstekend inskryf,” sê Anmar. Volgens haar het die aanmoediging van haar gevaar deur saam met haar spanmaat, Pasch, as die algehele naaswenners in die reeks aangewys kollegas en familie haar ook aangespoor om in te skryf. te word. “Ek is ‘n hele paar keer deur vriende op sosiAnmar se lewendige persoonlikheid, kleurvolle hare en ongelooflike kreaitwiteit het haar ale media ge-tag toe die inskrywings oopgemaak sedert die begin van die reeks een van die kykers het. Dit het my ‘n rukkie gevat om in te skryf. Dit se gunstelinge gemaak. Sy het met elke episode was amper ‘n boek vol vrae om aanlyn te beantbewys dat daar geen einde aan haar aanvoeling woord! Ek het my inskrywing so ‘n paar dae voor vir gepaste kombinasies, skeppende vermoë en die sluitingsdatum voltooi,” vertel sy. Die 30 deelnemers wat vir die eerste episode kookvernuf is nie. Al hierdie eienskappe, saam met haar fokus, goeie tydsbestuur en kreatiewe van Kokkedoor aangetree het, het uit 20 onthoukosskeppings het haar en haar spanmaat uitein- -kokke en 10 kinkelkokke bestaan. Anmar was delik ‘n plek in die naelbyt-finaal van Kokkedoor een van die kinkelkokke. “Die onthou-kokke is mense sonder professiobesorg. Anmar, wat oorspronklik van Nelspruit kom nele kwalifikasies in kosmaak, maar wat ‘n uiteren haar kook- en bakvernuf al regoor die wê- ste talent, liefde en persoonlike arsenaal kennis reld geslyp het, is al vir amper twee jaar lank ‘n oor Suid-Afrikaanse kos het. Die kinkelkokke is Wellingtonner. Sy bedryf haar eie fyngebak- en professionele sjefs wat ‘n kwalifikasie het en in troukoekonderneming en werk ook vir twee die industrie werk,” sê Anmar. Die 20 onthou-kokke is sommer al in die eerste voormalige Kokkedoor-deelnemers. “Buiten my besigheid, Crumb Cakes, werk episode na 10 gesnoei. Die 10 onthou- en kinkelek as hoofsjef van Slippery Spoon Kitchen hier kokke is daarna in spanne ingedeel. “Ek dink ‘n mens kon jouself nie voorberei vir in Wellington, wat deur die vorige seisoen van Kokkedoor se wenner en naaswenner, Johnny wat voorlê nie. Ek het verskriklik baie kookboeke oor Suid-Afrikaanse kos en kosgeskiedenis gelees. Hamman en Marius Uys besit, word. "Ek en my man, wat van Engeland af kom, Ek het ook albei vorige seisoene van Kokkedoor woon in hierdie pragtige dorp,” het Anmar voor gekyk om weer te sien wat hulle aangevang het!” haar deelname aan Kokkedoor aan Het lieve Wel- het Anmar voor die aanvang van die kompetisie gesê. lington gesê. Vir haar was haar deelname aan Kokkedoor ‘n Volgens haar het sy al van kleins af ‘n liefde hoogtepunt. vir kosmaak. “Ek het die mees fantastiese mense by die “Ek het grootgeword met kos om my. My ma en stiefpa het in hotel- en restaurantbestuur kompetisie ontmoet en het al klaar ‘n ‘beste gewerk, wat beteken het dat ons op ‘n hotel se vriendin’ uit die reeks gekry! Ek hoop dat die perseel gebly het. Daarna het my ouers hul eie blootstelling my besigheid sal laat groei sodat ek boetiekhotel en restaurant oopgemaak - so dit dit onafhanklik kan maak en in my eie perseel kan is nog altyd deel van my verwysingsraamwerk. intrek,” sê sy. Met ‘n onblusbare kreatiewe geaardheid en My ouma is ook ‘n fenominale kok en enige geleentheid het om dae in die plaaskombuis gedraai ‘n positiewe ingesteldheid is daar min dinge wat waar sy besig was om daarvoor voor te berei,” sê Anmar kan stuit. Haar ongelooflike vordering tot in die finaal van hierdie nasionale kompetisie, Anmar. Dit was vir haar ‘n logiese keuse om haar toe- getuig daarvan. “Ek word gemotiveer deur ander mense se koms in die kosbedryf te bou. “Dit was nooit iets om oor te wonder nie. Ek kreatiwiteit en ek probeer altyd om dinge beter wou nog altyd met kos werk en het dadelik na te doen en dinge altyd op ‘n ‘ander’ manier aan te skool by die ICA, Institute of culinary arts, in Stel- pak. Hoe meer kreatief, hoe beter. Ek dink enige gebak kan altyd langer, groter en hoër wees!” sê lenbosch gaan studeer. OFFERS VALID AT OURasNEW PAARL sy. STORE: "EkONLY het in 2003 daar my diploma professiois beslis wat kykers tydens die Kokkenele sjef ontvang en het toe eers vir ‘n paar jaar 021 872iets 7320 EMBRANDT MALL SHOPPING CENTRE. TEL:Dít in Suid-Afrika gewerk. Daarna het ek oorse gaan door-reeks kon sien. Dit is definitief ook iets wat Anmar se loopwerk, onder andere in Italië, Frankryk, Switserland, Nieu-Zeeland en Engeland. Ek het vir 8 jaar baan verder op die wenpad sal plaas.

R249

R449 SAVE R100

6 DRAWER TOWER STORAGE CLEAR & BLACK

KILLER DEALS

SAVE R140

60L BLACK STORAGE BOX WITH HINGED LID SET OF 3

R299

3 BKUILY LER DEAL

SAVE R90

R299 SAVE R150

3 DRAWER TOWER STORAGE CLEAR & BLACK

100L BLACK STORAGE BOX WITH HINGED LID - SET OF 3

PACK IT STACK IT & SAVE

R99

WITH THESE KILLER DEALS

SAVE R80

SET OF 3 MENS SHOE BOXES

R299

SAVE R50

SAVE R40

4 X 3.1L CLEARLY NEAT STORAGE SET

50L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

• WEATHER PROOF • DUST & WATER RESISTANT • BPA FREE • UV RESISTANT • FOOD SAFE • STRONG LATCHES • AIR PROOF SEAL

R139 SAVE R30

R109

R249

NEW RANGE

SAVE R40 32L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

18L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

R149

• HEAVY DUTY STORAGE • LARGE HANDLES • REINFORCED BASE • ROLLER WHEELS (EXCLUDING 130L) • DUAL SIDE HINGED LID • CASTOR WHEELS - EXTRA (EXCLUDING 130L) • UV PROTECTED • BPA FREE • DRAIN AWAY LID

35L STORAGE BOX

JUST ARRIVED

R119

R269

4PC CASTOR WHEELS (35L, 50L & 80L ONLY) OPTIONAL EXTRA

80L STORAGE BOX

R399 SAVE R80

130L STORAGE BOX

(NO WHEEL OPTION AVAILABLE)

50L STORAGE BOX

R199

VALID UNTIL 24 NOVEMBER '19 OR WHILE STOCKS LAST

ambo s

STORAGE

&

HOME

Errors & omissions excluded. We reserve the right to limit quantities.

WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805, GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029 , KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 NOT AVAILABLE AT OUR EASTERN CAPE: EAST LONDON: 043 726 3679 MTHATHA STORE VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.