23 Oktober 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

23 Oktober 2019

Tel: 022 487 2288 • www.hetzwartland.co.za

23 Oktober 2019

Voorgestel

Die NG Moeder-gemeente op Malmesbury se nuwe lidmate is Sondag voorgestel en aangeneem in dié denominasie.

Stand van die damme

Die totale damvlak van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 79.7% gestaan, in vergelyking met verlede week se 80.6% en verlede jaar se 75.8%. Die Bergrivierdam se vlak staan op 97.8%, in vergelyking met verlede week se 99.1% en verlede jaar se 99.3%. Die Laer-Steenbrasdam se vlak is nou 92.6%, in vergelyking met verlede week se 94.6% en verlede jaar se 89.2%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se damvlak is op 87.3% in vergelyking met verlede week se 88.2% en verlede jaar se 96.7%.

Beeldhouwerk haar passie

bl 2

Balle rol in sakemanne-toernooi

bl 8


2

23 Oktober 2019

NUUS • NEWS

Darling Sweet smaak soete sukses in kompetisie

SALE
NOW!
ON! Open: Monday to Friday 9am to 5pm Saturdays 9am to 1pm Public Holidays Closed

Basic
Standard
Wheelchair 400!

Save
R

R1900

Basic
Standard Commode 400!

Save
R

R900

SALES
&
RENTALS Shower
Bench
U­Shape

400!

Save
R

R1900

Rollator
Loop
Brakes
8"
 Wheels 400!

Save
R

R1950

GERIMED
MOBILITY
022
772
1273 www.gerimedmobility.co.za

3
MADRIKO
BUILDING,
OOSTEWAL
STREET,
LANGEBAAN Crutches,
Walkers,
Incontinent Products
and
much
more....!! *OFFER VALID UNTIL THURSDAY 31 OCTOBER 2019 OR WHILE STOCK LAST CASH & CARRY ONLY *E & OE

Die span van Darling Sweet het onlangs van 'n internasionale kompetisie teruggekeer na Suid-Afrika.

Volg ons op sosiale media onder @ HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

Die eienaars van Darling Sweet, ‘n unieke fabriek en winkel op Darling, verantwoordelik vir die produsering van besondere en hoë-kwaliteit toffieprodukte, het pas saam met 18 ander besigheidseienaars en entrepreneurs landwyd van Amsterdam teruggekeer. Frits van Ryneveld en Hentie van der Merwe van Darling, het onlangs besluit om vir ‘n kompetisie in te skryf vir ‘n geleentheid om globale blootstelling te ontvang, maar ook blootstelling tot ander suksesvolle maatskappye wat op internasionale vlak floreer, te verkry. Volgens Van Ryneveld, wat saam met Van der Merwe dié toffiefabriek en later kunsgalery in Septemebr 2013 op Darling oopgemaak het, het hy deur ‘n vriendin van dié kompetisie gehoor, wat deur Investec aangebied word, in samewerking met die maatskappy, Ennovate, wat dit hul missie maak om plaaslike besighede globale blootstelling te gee. Investec en Ennovate bied ‘n globale entrepreneurskap blootstellingsprogram aan, waarvoor Darling Sweet in die Voedsel en Drankafdeling gekwalifiseer het. Dié toffiemagnate se onderneming is ook slegs een van twee ondernemings vanuit die Wes-Kaap wat vir die program gekwalifiseer het. “Ons is nogal trots daarop,” sê Van Ryneveld beskeie. Die kriteria het onder meer vereis dat belangstellendes ‘n entrepreneur moet wees en ‘n besigheid moet besit, asook meer as 10 personeellede in diens hê, waarvan Darling Sweet reeds 22 personeellede het. Die eienaars van Darling Sweet is op 11 Oktober na Nederland gevlieg, waartydens hulle plaaslike maatskappye in die voedselbedryf van Amsterdam besoek het. Die toer het van die 11de tot die 18de Oktober geduur. Dit was Donderdag hulle laaste dag. Hy beskryf dit as ‘n ongelooflike geleentheid. “Dit was ‘n baie besige week. "Ons het baie rondgehardloop en rondgery.

"Daar was nie baie geleentheid vir verkenning van die stad en om sosiaal te verkeer nie,” brei Van Ryneveld verder uit oor die hele ervaring. "Jy gaan kyk eerlikwaar wat in die res van die wêreld aangaan en hoe dit werk.” Die toer het hulle agter die skerms van maatskappye en hoë-profiel eienaars geneem. Hulle het saam met ‘n groep mense getoer en gewerk, wat hoofsaaklik bestaan het uit ander entrepreneurs van reg oor Suid-Afrika, nes hulle. Volgens hom het dit hulle die geleentheid gegee om oor die uitdagings van ‘n entrepreneur te gesels en het ook wenke onder mekaar gedeel van hoe om sekere uitdagings aan te pak. Hy vertel verder dat hulle na die “mees wonderlikste restaurante” geneem en is onder meer ook aan die konsep, “Farm to Table” bekend gestel is, waar die kos gepluk word en net daar en dan gaar gemaak en voorberei word. Verskeie besighede is besoek, terwyl hulle aan ‘n verskeidenheid konsepte blootgestel is wat nie bekend in Suid-Afrika is nie, maar wat wel suksesvol is. Sean Malana van Investec en Barry Maurice van Ennovate het die toer en besoeke begelei. Gedurende hulle besoek, was die groep na die African Diaspora Entrepreneurship Round Tablegeleentheid genooi, wat hulle bygewoon het en bestaan basies uit voormalige Afrikane vanuit Suid-Afrika en Afrika, wat nou in Nederland woon. Darling Sweet kyk daarna om na Nederland te begin uitbrei, hoewel hy sê dit ‘n groot stap is. Hulle voer tans na Nigerië, Namibië, die Maagd Eilande en Reunion Eiland. “Ons voer nog nie op ‘n groot skaal uit nie en is nog in die oefenstadium,” beskryf hy Darling Sweet se uitvoermark. Hy sal die program vir alle entrepreneurs aanbeveel. Hulle het baie geleer en terug huistoe gebring, wat uiteindelik vir Darling Sweet verder sal vestig, nie net op internasionale vlak nie, maar ook plaaslik.


NUUS • NEWS

3

23 Oktober 2019

•SES JAAR LAAS UITGESTAL

Beeldhouwerk is haar passie

van voor af kreatief maak. Smit sien uit na wat die toekoms vir haar kunswerk inhou en nooi alle belangstellendes uit om die galery vanaf 1 November om 18:00 te kom besoek. Die galery is daagliks oop vir besoeke tot die 10de November. Vir navrae, skakel 0828538187.

E AIRTIM E BL AVAILA RES! O T S N I

GOLDEN YOLK EGGS 6'S MEDUIM + STREAKY BACON 200G

25.00

p/combo

EISBEIN FRESH

36.99 p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from 23rd - 29th 9th October 2019 2019. W While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

165.99 each

---

------------------------

BACON AND EGG COMBO

each

-------- --------------

---- ----------------

CHICKEN FREEZER BAG -5KG

---

FRIES FRIGHTFULLY GOOD DEALS FROZEN -1KG 16.99

----------------- ----

steeds haar passie, maar het stelselmatig begin tweede viool speel. Smit het uiteindelik as hoof daar klaargemaak toe die skool gesluit het. Daarna is sy na Klein Karingmelkvlei Primêr waar sy sowat drie jaar gelede besluit het om permanent uit die onderwys te tree en die kunswêreld met groot ywer wéér te betree. Haar eerste uitsalling was destyds in ‘n vriendin se huis, terwyl haar eerste groot uitstalling in die Drostdy-Hof op Tulbagh was. Talle uitstallings het daarná gevolg, soos onder meer by die Mandela Square en die Bay Hotel, waar een van haar kunswerke vandag nog pronk. Smit spog ook met talle beelde in privaat kolleksie van reg oor die wêreld. Sy het stelselmatig haarself deur uitstallings begin bemark, asook op kommissiebasis beelde vir kliënte gemaak. “Ek moes maar leer om met my goed te gaan smous,” lag sy. Soos die skoolwerk meer geraak het, so het haar kunswerk begin agter raak, hoewel dit nie meer die geval is nie. Smit werk in verskeie mediums, soos siment fondu, klei, draad, klip, brons en geelkoper. Sy bring graag verskillende soort klippe van oral af huistoe waar

---

Baie mense ken vir Maré Louise Smit van Moorreesburg as ‘n boorling, ‘n boer se vrou, ‘n ma en as onderwyseres en skoolhoof van onder meer Klein Karingmelkvlei Primêr. Min weet egter dat sy daarby ‘n talentvolle en dinamiese beeldhoukunstenaar is wat eersdaags, ná jare weer haar werk in ‘n galery gaan uitstal. Smit het in die laaste ses jaar van haar onderwysloopbaan geen kunswerke aangepak nie. Nou, ná 26 jaar as ‘n onderwyseres, streef Smit haar passie voluit ná. Haar talent as kunstenaar het van ‘n jong ouderdom af deur begin skemer. Volgens Smit, het sy eerder die onderwysers se hande geteken, as om regtig na die les te luister, skerts sy. Haar kunstalent kom van haar ouma’s af, terwyl haar ma se ma, ouma Louise Joubert, van Malmesbury, die geleentheid gehad het om na skool by die Dresden School of Fine Arts in Duitsland te gaan studeer. Haar ouers het op hul beurt haar passie vir kuns ten volle ondersteun en haar kreatiwiteit help ontwikkel, hoewel sy destyds steeds versoek is om iets “agter haar naam te kry”, vertel sy. Sy het onderwys by Dennepoort Onderwys Kollege, nou Boland Kollege, studeer. Haar pa het egter ‘n belofte aan haar gemaak dat hy dit wel moontlik vir haar sou maak om haar passie vir kuns steeds ten volle te kan uitleef. Sy het direk na haar onderwysopleiding, plek by die gesogte Ruth Prowsekunsskool in Woodstock gekry en haarself, as ‘n plattelandse meisie, in die wêreld van die kunste bevind. Sy is daar aan alle vorme van kunste blootgestel. Haar liefde vir beeldhouwerk het egter voorkeur geniet. Sy het aanvanklik eers beeldhouwerk- en pottebakkeryklasse vanuit hul huis op die plaas begin aanbied, kort nadat sy met haar man, Jannie Smit, getrou het. Kort voor lank, aanvaar sy ‘n pos by ‘n skool reg langs hul plaas, Volstuisdrift. Kunswerk was

haar ateljee in hul huis op Moorreesburg is. Haar beelde varieer ook van ‘n paar sentimeter groot tot oor die twee meter hoog. Sy erken dat beeldhouwerk baie fisies van aard is en soms kan ‘n gewrig of spier in die slag bly, maar dit het haar nie gekeer om voort te gaan nie. Haar inspirasie is mense en hul lyftaal. Sy het ook al ‘n solo-uitstalling, genaamd Lyftaal aangebied. Smit het ook onlangs weer begin kunsklasse gee vir oud en jonk. Sy het reeds baie talent in haar klasse raakgesien en is opgewonde oor hul toekoms. Tyd speel tans ‘n groot rol in haar lewe. “Tyd is op die oomblik vir my kosbaar en die verandering in tyd rondom my, is ‘n faktor.” Sy het daarom besluit om haar solo-uitstalling, Tyd te noem. Dit is ook haar eerste uitstalling in sewe jaar. Die uitstalling bestaan uit 40 stukke wat eersdaags vanaf 1 tot 10 November by die Die ARTSQUARE GALLERY (Pampoenhuis) in Langebaan te sien sal wees. Sy het as deel van haar uitstalling begin deur vintage speelgoed en poppe, onder meer een van haar eie ou babapoppe, te maak. Die beeldhouwerk was vir haar betekenisvol, omdat ons, volgens haar in ‘n wêreld van verskille lewe. “Eintlik maak ons almal ‘n spoor op hierdie Aarde en dit bind ons universeel,” verduidelik sy. Een van haar gunsteling beelde, wat in brons gegiet is, is sekerlik twee ballerinas, omdat haar kleindogter nou ballet doen en sy eens op ‘n tyd ook dit gedoen het. En wanneer sy nie aan ‘n beeld werk nie, bevind sy haarself in die natuur, besig om die buitelewe te benut, wat haar behoorlik herlaai en


4

23 Oktober 2019

Malmesbury reg vir skou

Die hekke tot Malmesbury-skou, een van die grootste geleenthede op die plaaslike agenda, maak oor minder as agt dae oop. Die landbouskou wat vanjaar vanaf 24 tot 26 Oktober by die plaaslike landbougronde plaasvind, is reg om besoekers te ontvang. Die skou skop op 23 Oktober af met ‘n geleentheid eksklusief vir die skoner geslag, wat oor die jare heen as ‘n gunsteling geleentheid onder die vroue bestempel word. Hoewel die geleentheid nog al die jare in die vorm van ‘n damesoggend plaasgevind het, het hulle verlede jaar ‘n kinkel in die kabel gegooi deur ‘n damesaand aan te bied. Vanjaar se geleentheid beloof hope pret en plesier te wees met Mike McCully en The Harmonix as gaskunstenaars wat ‘n huldeblyk aan

die musiekgroep, ABBA, gaan doen. Die jaarlikse jeugskou, aangebied deur die Wes-Kaapse Jeugskoustigting, raak elke jaar net groter en groter. Kom kyk hoe die jeug hulle beste voet voor sit, wanneer hulle plaasdiere op 24 Oktober om 13:00 gaan hanteer. Die geleentheid sluit die hantering van diere, asook diereversorging in. Kinders wat deelneem, word verder getoets oor dieresiektes, terwyl hul verhouding met die dier beoordeel sal word. Die kategorieë bestaan uit skape, beeste, hoenders en bokke. Die ouers wat ook die landbouskou gaan bywoon, hoef nie hulself te bekommer oor hoe om hul kinders te vermaak nie, want daar is meer as genoeg aktiwiteite vir die jongspan. Kinders kan uitsien na die kindertent. Sien ook daarna uit om prentjies in te kleur, op ‘n ponie te gaan ry, jou gesig te laat werf en klomp ander plaasdiere te gaan besoek en aan te vat. Daar sal natuurlik ook ‘n springkasteel wees wat hul ure gaan besig hou. Die beste van alles, daar sal betroubare toesig wees vir die kleinspan. ’n Nuwe toevoeging wat deur klein, maar so ook groot geniet sal word, is die poppekas, aangebied deur Ymke van der Heijden. Die vertoning van Jan en die Boontjierank, vind op 26 Oktober om 11:00 plaas, terwyl Rooikappie en die wolf om 14:00 wag om almal te vermaak. Die Wes-Kaapse Boerboelklub bied op 26 Oktober ‘n boerboelskou aan wat jy nie wil mis nie. Die bielie van ‘n hond, sal daardie dag sy beste poot voor sit vir die beoordeelaars, asook besoekers. Besoek die Malmesburyskou se Facebook-blad vir meer inligting en die perdeprogram.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

5

23 Oktober 2019

R249

R449 SAVE R100

6 DRAWER TOWER STORAGE CLEAR & BLACK

KILLER DEALS

SAVE R140

60L BLACK STORAGE BOX WITH HINGED LID SET OF 3

R299

3 BKUILY LER DEAL

SAVE R90

R299 SAVE R150

3 DRAWER TOWER STORAGE CLEAR & BLACK

Braai: Die span van RSA Makelaars op Malmesbury, onder leiding van Philip Faure, het oudergewoonte weer verlede week die braaivleisvure hoog laat brand by die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury, toe hulle vir die inwoners gebraai het.

Nuwe gesig vir Malmesbury se bekende Standard Bank

word hieraan gekoppel,” brei Du Plessis uit. •Charlotte Lesch “Met Standard Bank se Snapscan op jou foon, “Standard Bank Malmesbury kry ‘n vars, nuwe kan betalings in sekondes gedoen word.” gesig.” Volgens hom, is Malmesbury se bestuur en Só beskryf Willie du Plessis, hoof van handel en besigheid by Standard Bank dié plaaslike tak personeel baie opgewonde oor die skuif en nooi die Malmesbury-gemeenskap uit om by hul nuwe se verskuiwing na ‘n nuwe perseel. Die plaaslike tak groet hul huidige perseel tak in te loer. Du Plessis kon nie bevestig hoeveel jaar waar daar al vir glo byna ‘n eeu lank sake gedoen Standard Bank in hul huidige perseel in Kerkstraat word. "Die nuwe tak sal oor twee weke, op 4 werksaam was nie. Capitec Bank het onlangs ook hul eie nuus November, in Voortrekkerstraat 62 sy deure bekend gemaak nádat die plaaslike tak besluit open", het hy verlede week bevestig. Dít was die voormalige perseel van Edgards, het om van perseel te verander. Capitec Bank Malmesbury, sal eersdaags wat vroeër vanjaar sy deure gesluit het. Volgens hom het die bank op ‘n alternatiewe vanaf Desember, indien alles volgens plan perseel besluit wat meer geskik is om hul kliënte verloop, dienste vanuit hul nuwe perseel in Voortrekkerstraat, ook waar die voormalige te diens. Standard Bank Malmesbury huisves Edgars-tak geleë was, doen. Intussen het Studio 88, 'n landswye persoonlike en besigheidsbankiers, wat landbou ook insluit, asook finansiële beplanning en sportklere-kettingwinkel, ook op die perseel sy deure oopgemaak. versekering. Die voormalige perseel, soos wat deur kliënte Hy kon ook bevestig dat daar geen onderbreking in dienste tydens die verskuiwing van Edgards onthou sal word, is heeltemal omskep en verdeel om dié nuwe intrekkers te na die nuwe perseel sal wees nie. Die perseel word tans ingerig, terwyl die akkommodeer. huidige perseel operasioneel sal bly tot 2 November. Kennisgewings word reeds in die bestaande tak aangebring, sodat kliënte ingelig is rondom die groot verandering en dus die nuwe perseel. "Die nuwe tak is op een vlak, wat toegang en beheer vergemaklik", vertel Du Plessis. Daar sal steeds tellerkontantdienste aangebied word, hoewel daar nou alternatiewe dienste op hul kliënte wag wat die selfdiensopsie verkies waartydens kontant elektronies gedeponeer kan word. “Dit is gerieflik, veilig en die kostes is laer,” het Du Plessis verduidelik. Daar is twee nuwe OTM-masjiene wat aangebring is, asook ‘n Autoplus by die nuwe tak. "Kliënte kan verder uitsien na nuwe byvoegings saam met die nuwe tak, soos onder meer ‘n digitale rekening. “Ons stel ook Mymo, ‘n nuwe digitale rekening teen R4.95pm bekend, met gratis data of lugtyd en ‘n OFFERS ONLY VALID AT OUR NEW PAARL STORE: goue kaart vir aankope en EMBRANDT MALL SHOPPING CENTRE. TEL: 021 872 7320 ontrekkings. "Die Standard Bank Ucount-lojaliteitsprogram

100L BLACK STORAGE BOX WITH HINGED LID - SET OF 3

PACK IT STACK IT & SAVE

R99

WITH THESE KILLER DEALS

SAVE R80

SET OF 3 MENS SHOE BOXES

R299

SAVE R50

SAVE R40

4 X 3.1L CLEARLY NEAT STORAGE SET

50L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

• WEATHER PROOF • DUST & WATER RESISTANT • BPA FREE • UV RESISTANT • FOOD SAFE • STRONG LATCHES • AIR PROOF SEAL

R139 SAVE R30

R109

R249

NEW RANGE

SAVE R40 32L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

18L EZY WEATHER PROOF STORAGE BOX

R149

• HEAVY DUTY STORAGE • LARGE HANDLES • REINFORCED BASE • ROLLER WHEELS (EXCLUDING 130L) • DUAL SIDE HINGED LID • CASTOR WHEELS - EXTRA (EXCLUDING 130L) • UV PROTECTED • BPA FREE • DRAIN AWAY LID

35L STORAGE BOX

JUST ARRIVED

R119

R269

4PC CASTOR WHEELS (35L, 50L & 80L ONLY) OPTIONAL EXTRA

80L STORAGE BOX

R399 SAVE R80

130L STORAGE BOX

(NO WHEEL OPTION AVAILABLE)

50L STORAGE BOX

R199

VALID UNTIL 24 NOVEMBER '19 OR WHILE STOCKS LAST

ambo s

STORAGE

&

HOME

Errors & omissions excluded. We reserve the right to limit quantities.

WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805, GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029 , KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 NOT AVAILABLE AT OUR EASTERN CAPE: EAST LONDON: 043 726 3679 MTHATHA STORE VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA


6

23 Oktober 2019

Nomineer nou beste diens op Malmesbury Nominasies vir die Malmesburysakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie word ingewag. Die aantal nominasies het oor die afgelope aantal jare teen rasse skrede gegroei en vanjaar word daar

NUUS • NEWS

weer rekord-nominasies verwag. Besoek www.sakekamer.co.za en nomineer 'n onderneming wat aan jou uitstaande diens gelewer het.

Bestuur:

Agri Malmesbury se Skaap- en Koringstudiegroepe se Algemene Jaarvergadering het die afgelope week by die Malmesbury Landbousaal plaasgevind. Na afloop van dievvergadering, het Ampie Kruger van Wild Clover Brouery vir besoekers en lede 'n "Beer and Food pairing" aangebied, wat baie suksesvol was. Die lede wat nuut verkies is tot die bestuur van die Koringstudiegroep bo, is (agter van links) Truter de Kock, Dolfie Walters, Paul Truter, Michiel Smuts, Hentie Smit, Peter Steyn, Eben Schellink, Gielie Bester en Derick Bekker met Johan Smuts, Dirk Lesch, Dicky Hewett, Basie Louw (spreker) en Jan Bester. (Hennie Eksteen en Gert Claassen was afwesig). Op die Skaapstudiegroep (onder), is Toit Dürr, Peter Steyn, Franscois de Villiers, Hentie Smit, Eben Schellink en Oubasie Lesch verkies, met John Dürr, Ewan Louw en Basie Louw heel voor. Toitjie Hamma, Cjristo Smit en Erkka Hanekom was ook verkies, maar afwesig.


NUUS • NEWS GELUKWENSING CONGRATULATION

LORETTA WARRIES (Stukkiemyt). 23 Oktober. Baie geluk ons hartebreker vriendin. God seën jou met liefde, geloof, vrede, geluk en vreugde. Liefde – Fon en Miriam --Gesaai is jou paaie vorentoe met rooI rose. Geniet jou dag terdeë. Liefde – huisgesin, vriende, Daddas en familie ----------------------------------

ROMANO CLAASSEN. 23 Oktober. Dankie vir die beste man en pa wat jy vir ons is. Lekker verjaar en baie liefde - vroulief Deidre en kinders ----------------------------------

23 Oktober HAILLEYJANE, dis jou sesde verjaarsdag. Baie geluk Ma is lief vir jou. Van: Ma, Ouma, broers, susters, Jowaan, Jayden, Chloe en Cline ----------------------------------

Dank aan ons Hemelse Vader vir nog n jaar by my dogter en seun se lewe. Alle eer kom aan Hom toe. Baie geluk my kinders mag goedheid julle dra en verdra, Staan met alle tye mekaar by. Mamma is baie lief vir julle - MARILY GOMAS 23 Oktober, en CELESTON GOMAS 24 Oktober. Liefde - Rieta Gomas ----------------------------------

MARY-ANN. 22 Oktober.

Veels geluk met die goue 50 jare. Geseënde dag. Liefde – Mariana en familie ----------------------------------

Geluk POP met jou verjaarsdag op 29 Oktober. Ons is baie lief vir jou. Van: jou pa Jaco, Ouma ousus Carmen, Boeta en Lensie ----------------------------------

26 Oktober. EVELYN GOLIATH. My vrou baie geluk met jou 40ste verjaarsdag. Here, dankie vir die mooiste vrou wat U my gegee het. Baie liefde – Manlief en kinders ----------------------------------

SOPHIA SAMSON. 25 Okober. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Dankie aan ons Hemelse Vader wat u vir 66 jaar gespaar het. Van: Kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en familie ----------------------------------

30 op 27 Oktober LUZELLE CHANTELL HENDRICKS. Baie geluk my Ma, mag die Here u nog vele jare spaar om ‘n ma vir ons te wees. Baie lief vir Ma. Van: Linique, Jeandre en jou baba seuntjie Marno ---------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

18 Oktober. KATRINA LAMEYER. Baie geluk Mamma met die 85ste verjaarsdag in die hemel. Praat baie van Mamma,

7

23 Oktober 2019 maar u is op ‘n beter plek. Liefde – Steko en Maureen ----------------------------------

25 Oktober. Drie jaar van ons weggeneem. RACHEL CHRISTINA FARAO. Ons mis jou verskriklik baie. Die drie jaar voel soos ‘n ewigheid. Die verlange en gemis is swaar en so hartseer. Vir altyd in ons harte. Liefde - jou eggenote Lucas, Magda, Cecile, Lizma, Claudia, Chris en die kleinkinders #4757 RUS IN VREDE. ----------------------------------

CHRISJAN SWARTS. 18 Oktober, agt maande weg van ons. Ons dink aan jou met jou verjaarsdag. Van: Hanna, kinders, kleinkinders en Swarts familie ----------------------------------

kleinkinders Die verlange is groot maar ons gun Mamma die rus – Rachel, Dianne, Nick, Haal en Melly ---------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

FREDERICK JANTJIES. Fredy, na 32 jaar en 4 maande is ons lewenspad kort geknip. Die hartseer is groot, maar ek berus my daarin. Van: Helena (Myre) ---Pa, die hartseer sal nooit weggaan. Pa sal altyd in ons harte bly. Van: dogters en seun ----Oupa, ons mis jou alreeds. Oupa was altyd met ons. Sal u mis. Van: kleinkinders ----------------------------------

SHEREEN LIDIA HENDRICKS. 19 Oktober. Gelukkige verjaardag Sussie. U tweede verjaarsdag weg van ons. Die verlange na u sal nooit vergaan nie. Mis u baie, maar laat u gaan. Liefde - Luzelle Hendricks en drie kinders ----------------------------------

ANTHEA GYSENBERG. 23 Oktober is Ma een jaar weg van ons. Mis u verskriklik. Altyd lief wees vir Mammie. Van: kinders en kleinkinders ----------------------------------

GERTRUIDA DIEDERIKS. Atta se eerste verjaarsdag weg van ons. Mis Atta baie - kinders en

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH ID HOSPITAL (WEST COAST TB COMPLEX)

ADMINISTRATION CLERK: SUPPORT Remuneration: R173 703 per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/health-jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 15 November 2019

138078 HET ZWARTLAND ayandambanga.co.za


8

NUUS • NEWS

23 Oktober 2019

SPORT 23 Oktober 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 2288 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Leerders laat die wiele rol met nuwe fietse

Fietse: Die Malmesbury Superspar en Spar The Bank op Malmesbury, in samewerking met Spar WesKaap, het onlangs talle harte verbly, toe hulle 100 fietse, in samewerking met Qhubkea, aan die leerders van Illingelethu Sekondêr geskenk het. Die Spar-groep van Suid-Afrika het 615 van hierdie fietse aan leerders in Khayelitsha, Malmesbury, Grabouw, Swellendam en Plettenbergbaai geskenk. Die hele proses om jou gemeenskap so bevoorreg te kry om een van die ontvangers van hierdie fietse te wees, bestaan uit vier fases.

Rol: Sake word steeds uitgespook in die uitspeel-rondes van die Malmesbury-rolbalklub se jaarlikse sakemanne-toernooi. Die finaal word op 1 November beslis.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.