9 Oktober 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

Tel: 022 487 2288 • www.hetzwartland.co.za

Koringtyd in die Swartland

Hierdie koringland van Peet Walters, eienaar van Welgemoed in die Goudaomgewing, word platgesny voor die wind enige skade kan maak en te voorkom dat koringkorrels uitgewaai word. Foto: Lourens Louw

9 Oktober 2019

Stand van die damme

Die damme in die voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.6% gedaal vanaf 81.9% tot 81.3%. Die Bergrivierdam se vlak het vanaf 99.4% tot 99.1% gedaal. Die Laer-Steenbrasdam se vlak het weer gestyg van 97.8% tot 99.7% in vergelyking met verlede jaar se 92.1%. Die Theewaterskloofdam se vlak staan hierdie week op 71.2% in vergelyking met verlede week se 72.1% en verlede jaar se 58.7%. Die Voëlvleidam se vlak het min of meer stabiel gebly, met 'n 0.2% daling vanaf 88.7% na 88.5% hierdie week in vergelyking met verlede jaar se 96.2%.

Die Leanderliefdesverhaal

bl 2

Produsente skitter in kampkompetisie

bl 5


2

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

VRL:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se nuwe VRL vir 2020 is Donderdagaand by die skool se prestigeaand aangewys. Kelsey Ziegers is aangewys as onderhoofmeisie, Marnic Ligthart as hoofmeisie, Louis de Jager is hoofseun en Julian Fortuin is die onderhoofseun.

•LEANDER-LIEFDESVERHAAL BEGIN OP KAAPSE STASIE

Die verhaal van die fyn vrou in die rooi rok •Charlotte Lesch ‘n Jong, fyn vrou in ‘n rooi rok, het in 1945 vir Adam Leander van Malmesbury op Kaapstad se stasie ingewag. Hy, geklee in sy weermagsuniform, het pas van die Tweede Wêreldoorlog as ‘n soldaat van Noord-Afrika na sy tuisland teruggekeer. Die enigste korrespondensie wat hy en Katy Cloete vóór daardie eerste ontmoeting gehad het, was per brief wat vanuit Kensington na Egipte, Angola, Mosambiek of Palestina en terug gestuur is. Dié ontmoeting en latere huwelik, sou nooit gebeur het as dit nie vir haar neef, Dicky Cloete was, wat met Adam tydens die oorlog bevriend geraak het nie. Daar was darem ook ‘n foto van elk in een van die posstukke, sodat hulle kon sien aan wie hulle skrywe gestuur is. Dit is onseker of dit liefde met die eerste oogopslag was, maar hy was mooi vir haar, vertel Katy vanuit Freziastraat, kort ná haar 99ste

verjaarsdag. Katy Leander, wat later met Adam getrou en tien kinders in die wêreld gebring het, is vandag die oudste inwoner van Wesbank. Voor hul troue, het sy gedurende die week in ‘n huis in die Kaap gewerk. Naweke was sy nie aan diens nie en het sy die trein na Malmesbury gehaal om by haar aanstaande skoonouers in die “Ou Bank” in Hoogstraat te gaan kuier, vóór die Groepsgebiedewet van 1950. Sy kon eers permanent na Malmesbury trek sodra sy getrou het. “Destyds kon jy net op Malmesbury kom bly, as die man van hier afkomstig was,” dink sy terug. Sy was 24 en Adam reeds 45 toe hulle die dag die knoop deurhaak. Sy het sommer in haar wit voorstellingsrok getrou. “My ma het gesê dit is ‘n onnodige mors van geld om wéér ‘n rok te laat maak as ek reeds ‘n wit rok het,” lag sy. Sy bly vandag 75 jaar in dieselfde huis wat nou oor Wesbank Sekondêr uitkyk.

Hul oudste seun Norman, is ook in daardie jaar gebore. Sy spog vandag met 14 kleinkinders en 15 agterkleinkinders. Myrtle, haar enigste dogter wat nog leef, bly saam het haar, asook haar derde oudste seun Samuel en sy twee seuns. Vier van haar kinders moes sy reeds deur die jare aan die dood afstaan. Sy onthou nog die baie spasie, oop velde en die duiwelse duwweltjies in die gras. Die enigste supermark was dié van ‘n ene John Wells wat nie meer vandag daar is. Die eerste huis wat op Wesbank gebou is, was glo dié van John Skippers. By Katy Leander, staan haar dogter, Myrtle, Samuel, haar kleindogter Katy onthou tot Chantal en agterkleindogter, Kaitlyn (1). die tweede, die Benewens die slegte tye, was daar ook goeie derde en die vierde tye. begunstigdes se name aan wie die eerste huise Katy het nog altyd ‘n soettand gehad. toegeken is. Sy het ook gereeld gebak en gebrou, onthou En dit is ook nie aldag dat jy ‘n inwoner kry wat eerder na die Generaal Jan Smuts as “Jannie Myrtle en was lief daarvoor om kolwyntjies en gemmerbier te maak. Smuts” verwys nie. Sy sit nou nog nie die soetgoed weg nie. Katy Volgens haar vertelling het Smuts het haar man persoonlik bedank vir sy diens tydens die sien ook nie die nut in middagslapies nie en kyk oorlog. Smuts het volgens haar aangedring op ‘n tot laat in die aand televisie. “Sy is veral lief vir haar wrestlers,” voeg Samuel beloning vir Adam, vertel sy verder. Dié beloning was in die vorm van grond in by. “Sy ken elkeen se naam,” lag hulle. “Ouma”, Wesbank wat aan hom toegeken is, as erkenning vir sy diens teenoor die land. Daar is vandag soos haar kinders haar noem, is gesond, kan nog ongelukkig geen bewyse daarvan op swart en wit self stap en drink slegs Panado en Lewensessens indien nodig. Wat is haar geheim tot ‘n lang en nie. Hy het ná die oorlog by die destydse Bokomo gesonde lewe: “Eer jou vader en jou moeder,” gee sy raad. gewerk. Katy het wel ook in haar jonger dae gerook en Adam was self ‘n knap skoenmaker wat in die swaar tye kon sorg dat sy kinders se voete ten alle “gepartý”, maar glo nie noodwendig dat dit sleg vir jou is nie, want jy lewe net een keer. tye warm was. Adam is in 1984 oorlede.


NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

•GROTER EN BETER TAK WAG OP KLIËNTE

Nuwe tuiste vir Malmesbury se Capitec

•Izélle Fouché Capitec Bank op Malmesbury verskuif eersdaags met die doel om 'n beter omgewing vir hul kliënte te skep. Die bank, wat die afgelope paar jaar op die boonste vlak van die De Bron-sentrum gehuisves is, trek binne die volgende twee maande na die gebou waarin Edgars in Voortrekkerweg was. Volgens Dirk Kotze van Capitec, is hulle genoodsaak om die skuif aan te pak, want die bestaande tak het te klein geword en daarom het hulle na alternatiewe ruimtes gekyk om hul kliënte te kan akkommodeer. Volgens Kotze is die huidige vloeroppvlak van die bestaande tak 190 vierkante meter en sal die

nuwe tak 272 vierkante meter beslaan. "Dis 'n aansienlike vergroting in vloerspasie," aldus Kotze. Kliënte kan ook uitsien na 'n nuwe gesig vir die bank, met 'n nuwe voorkoms, meer spasie en meer OTM's. Volgens Kotze sal daar geen opskorting in die bankdienste wees met die skuif na die nuwe perseel nie en sal die bestaande tak steeds voortgaan met dienslewering tot die nuwe tak betrek kan word. "Daar sal dus voortgegaan kan word en geen opskorting van dienste sal plaasvind nie," verduidelik hy. As alles volgens plan verloop, behoort Capitec

Nominasies vir die Malmesbury-sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie word ingewag. Die aantal nominasies het oor die afgelope aantal jare teen rasse skrede gegroei en vanjaar

word daar weer rekord-nominasies verwag. Besoek www.sakekamer.co.za en nomineer 'n onderneming wat aan jou uitstaande diens gelewer het.

Graan SA het onlangs ‘n nuwe Nasionale Opbrengskompetisie vir grane bekendgestel wat in 2020 afskop. Die kompetisie, nou in beplanningsfase, behels konsultasie met al die saadmaatskappye vir die daarstelling van ‘n standaard protokol, om sodoende te verseker dat alle deelnemende saadmaatskappye en graanprodusente op dieselfde vlak en volgens dieselfde kriteria geassesseer word. Om die suksesvolle aanbieding van ‘n Nasionale Opbrengskompetisie te realiseer, is die ondersteuning van landbouvennote uiters belangrik en Graan SA is trots om aan te kondig dat Pioneer, ondersteun deur Corteva, die hoofborg sal wees vir die gesogte geleentheid. Die formaat van Graan SA se Nasionale Opbrengskompetisie is so geformuleer om sinergie tussen individuele saadmaatskappye se streekkompetisie met ‘n oorhoofse nasionale kompetisie te skep. Elke saadmaatskappy sal steeds hul eie opbrengskompetisie aanbied, vanwaar inskrywings kan deurdring na die nasionale kompetisie onder die Graan SA vaandel. “Opbrengs maak ‘n belangrike komponent van ‘n graanprodusent se winsgewendheid uit en deels saam met dit, so ook effektiwiteit en is dit dus vir produsente belangrik om te leer wat moontlik gedoen kan word, en onder watter omstandighede”, het dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en bemarking van Graan SA by die bekendstelling gesê. Die belangrikheid van kompetisies soos dié, kan nie onderskat word nie, aangesien dit produsente juis die geleentheid bied om meer te wete te kom en by mede-produsente te leer. Verder bied die kompetisie ‘n platform aan graanprodusente om nuwe tegnologie, produksiepraktyke en idees uit te toets met die oog om opbrengste te maksimaliseer. Soortgelyke kompetisies vind reeds plaaslik

en internasionaal plaas, maar Graan SA kan met die vennootskappe van alle saadmaatskappye, produsente die geleentheid bied om alle kultivars, wat tegnies oor dieselfde kam geskeer word, te vergelyk binne unieke en individuele produksiepraktyke. Graanprodusente sal in verskeie kategorieë kan meeding en sal onder meer droëland- en besproeiingsgrond insluit. Produsente sal verder in streke en nasionaal geklassifiseer word en innoverende produksiepraktyke en slim boereplanne sal aangemoedig word om die hoogste opbrengste per hektaar moontlik te behaal, ongeag die kultivar wat geplant is.

Nomineer beste diens Nuwe kompetisie vir opbrengste gehou

Bank op Malmesbury vanaf die begin van Desember vanuit die nuwe perseel sake te kan doen. Dieselfde dienste sal hier aangebied word, maar "in 'n beter omgewing", aldus Kotze. Die tak sal ook twee nuwe personeellede in diens neem en die twee ekstra OTM's sal by die tak aangebring word, wat die totaal dan op drie sal bring. Die OTM op die grondvloer van die De Bron-sentrum, sal ook behoue bly. Intussen is daar ook sprake van 'n ander bank wat etlike dekades op dieselfde perseel besigheid doen, ook kan skuif. Volgens ingeligte bronne is niks nog bevestig nie en kan hulle nie op hierdie stadium die aap uit die mou laat nie.

3


4

9 Oktober 2019

NUUS • NEWS

Moorreesburg: Kosmandjie van die Swartland

Die Tiger Brand-fabriek op Moorreesburg is reeds vir etlike jare in onbruik.

Die stofpaaie van die Swartlandse dorpie het talle verhale om te vertel van die inwoners wat hier nesgeskrop het.

Moorreesburg, slegs ‘n 100km vanuit Kaapstad, geleë op die land se hoofroete na Namibië, word beskou as ‘n juweel van ‘n dorp en huisves boonop een van slegs twee Koringbedryfmuseums ter wêreld. Die dorp is in 1879 as ‘n kerkgemeente op die plaas, Hooikraal gestig en is vernoem na die predikant, ds. J.C. le Febre Moorrees (1807 – 1885) van die NG Kerk wat leraar vanaf 1833 tot 1881 was. Hooikraal, was staatsgrond wat in 1939 deur die destydse goewerneur aan die Kaap, Sir George Napier, as ewigdurende erfpag gegee is aan Tobias Lochner. In 1898, het Moorreesburg dorpstatus verkry en is uiteindelik in 1909 as ‘n munisipaliteit verklaar. Met die nuwe munisipale indeling van 2000, vorm die dorp sedertdien deel van die Swartland-streek. ‘n Besoek aan die Koringbedryfmuseum, is ‘n besienswaardigheid wat beslis op die lys van plekke wat nog moet besoek moet word, geplaas kan word. Die museum herinner besoekers aan die belangrike en geskiedkundige rol wat koring in die ontwikkeling van die wêreld gespeel het en nog steeds vir voedselsekuriteit beteken. Dáár kan koringkorrels van oor die 3000 jaar oud besigtig word. Die museum huisves ook implimente wat sedert 1818 vir die verbouing van koring in die land gebruik is. Die oudste trekker, is sekerlik die Titran van 1914. Moorreesburg speel sedert die vroeë 1920’s

gasheer vir die Swartlandskou wat vandag steeds van krag tot krag gaan. Die uiteindelike groei van Swartlandskou het plaasgevind in 1972, toe die nuwe skougronde, waar vandag nog geskou word, in gebruik geneem is. Die landbouskou word ook as een van die grootste landbouskoue in die Suidelike Halfrond beskou. Die dorp, omring deur landskappe wat deur die jaar verkleur en vir prentjiemooi natuurtonele sorg, bied verder talle staproetes in die omgewing aan. Daar kan ook bergfiets gery word en watersport uitoefen by Misverstanddam wat om die draai geleë is. Indien jy daarvan hou om te kamp, is talle opsies beskikbaar met die Bergrivier en Misverstanddam in die omgewing. Daar is ‘n verskeidenheid eetplekke om te besoek, met een van die nuutste, Le Must Eatery wat nie teleur sal stel nie. Vir ‘n besonderse besoek, bied die plaaslike 11-baan Chartres Labirint in Langstraat Park agt minute van ‘n genotvolle uitstappie. Die labirint is ongeveer 20m in deursnee en die paadjie beslaan 728 meter in geheel. Dit neem ongeveer agt minute om stadig na die middel te stap, waar jy kan vertoef, om dan weer uit te stap wat natuurlik ook ongeveer 8 minute neem. Dít en nog vele meer, kan gevind word in die hartjie van die Swartland. Bronne: Swartland Skou, Koringbedryfmuseum, Moorreesburg Toerisme, Argiewe.


NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

5

Produsente skitter wéér by koringstudiedag

Vanjaar se graanprodusente wat gedurende Agri Malmesbury se koringstudiedag presteer het, is Richard Hewett, vanjaar se wenner van die Wes-Kaap Graanprodusente Beperk (WKG)-wisseltrofee, Paul Truter, wenner van die Nitrophoska-wisseltrofee, Gert Claassen, agtereenvolgende wenner van die kanola, Johan Smuts, wenner van die gars en Hennie Eksteen, wenner van die Yara-wisseltrofee.

•Charlotte Lesch Plaaslike produsente van onder meer koring, kanola en gars in die omgewing van Malmesbury, het onlangs die jaarlikse proewedag van Agri Malmesbury se koringstudiegroep bygewoon, te midde van ietwat ongewenste weersomstandighede met oestyd wat wink. Hoewel dit nog glad nie neusie verby vir bogemiddelde koringoeste is nie, hoop plaaslike produsente vir nóg reënval om die koring ‘n laaste hupstoot te gee vóór stropers die lande in vaar. Koring wat verlede week Dinsdag nog beoordeel is, het gewissel van goudgeel en afgedroog tot grasgroen. Ná afloop van die proewebesigtigings wat Donderdag plaasgevind het, is die wenners van die produsente wat vir die verskeie afdelings ingeskryf het, by die landbousaal op Malmesbury aangewys. Ivan Fourie van Yara was een van die beoordelaars wat vanjaar die sowat 15 koringkampe beoordeel het. Volgens hom was dit hartseer om te sien dat die potensiaal wat in die omgewing bestaan het, dag vir dag afneem. Die beoordeling is vanjaar in twee kategorieë gedeel, waar daar onder meer gekyk is na biomassa, die aargetal, die aarmassa en die massa van die verskillende are wat uiteindelik verwerk is na ‘n potensiële opbrengs wat as ‘n sekere persentasie van die totale punt getel het. Die ander sy van die kriteria was visueel van aard, waartydens daar na onder meer die algehele bestuurspraktyke gekyk is, kunsmisbestuur, die wisselboustelsel, asook hoe die land uiteindelik vertoon. Volgens hom, was die eerste vyf kampe se punte, ‘n haarbreedte uit mekaar. Vanuit die top-drie kampe wat uitgestaan het, was Richard Hewett se kamp die beste kamp koring met Michiel Smuts en Derick Becker kort op sy hakke. Hewitt neem egter vanjaar die Wes-Kaap Graanprodunte Beperk (WKG)-wisseltrofee huis toe. Daar word jaarliks ook twee trofeë aan produsente toegeken, naamlik die Yarawisseltrofee vir die beste bruto marge per ton vir

2018. Die gewas van verlede jaar wat beoordeel was, was koring gewees en die gemiddelde bruto marge per ton van dié wenkamp, was R2353, wat aan Hennie Eksteen van Harmonie behoort. Die volgende trofee, naamlik die Nitrophoskawisseltrofee vir die beste wisselbou bruto marge oor vier jaar, is aan Paul Truter toegeken wie se bruto marge oor die vier jaar sowat R8000 per hektaar opgelewer het. Izaan Crous, plaaslike teenwoordiger van Soill, het weer vanjaar die wenner van die beste kamp kanola aangewys. Crous het gebieg en erken dat sy die wisseltrofee wat aan verlede jaar se wenner toegeken is, nooit moes terugvat nie, want Gert Claassen van Claassen Boerdery het wéér die beste na vore gebring. “Die beoordeling van die kanola was wel nie ‘n maklike taak nie,” vertel sy aan besoekers, omdat dit juis ‘n goeie jaar vir die kanola is. “Die kompetisie was stram. Die wenner het met ‘n halwe punt gewen.” Die beoordelingspan het uit drie erkende kanolaspesialiste bestaan wat die kanolakampe volgens die egaligheid van stand onkruidbestuur, swambestuur, pesbestuur en potensiële opbrengs (totale gemiddelde peultelling) beoordeel het. Vier kampe is uitgesonder, waarvan die naaswenner se kanola, ‘n totale gemiddelde peultelling van 911 peule per plant opgelewer het. “Ons het lank getel. Ek het nog nooit so baie peule teëgekom nie,” vertel Crous van Paul Truter se kanola. Claassen se kanola het ‘n gemiddelde peultelling van 820 peule opgelewer, maar steeds Truter se kamp met ‘n halwe punt geklop. Frikkie Muller het op sy beurt die produsent van die beste kamp gars aangewys. Drie uit nege garsprodusente is uitgesonder wat ook volgens soortgelyke kriteria as die kanola beoordeel is, asook opbrengsbestuur daarby. Die produsente was Johan Smuts, Eben Schellink en Gert Claassen. Dié keer is Johan Smuts van Modderfontein se kamp gars, met die eerste plek beloon.


6

9 Oktober 2019

Ormonde palm toekenning in by Michelangelo

Ormonde Vineyards van Darling se Ormonde Theodore Eksteen 2007, het vanjaar met die louere weggestap toe dié wynkelder die Michelangelo Museumklas-trofee in die wynafdeling van vanjaar se Michelangelo International Wine & Spirits Awards, die grootste drankkompetisie op die Afrika-kontinent, opgeraap het. Dit is ook die enigste wynkelder vanuit die Swartland-streek wat die afgelope Vrydagaand tydens die gesogte toekenningsgeleentheid ‘n trofee huistoe geneem het. Dít was Suid-Afrika se oudste wynlandgoed, Groot Constantia, en die bekende Boplaas Estate in die Klein Karoo wat vanjaar die grootste wenners was. Onder die top plaaslike wynprodusente aangrensend aan die Swartland, was Perdeberg-wynkelder in Noorder-Paarl wat een platinum- en drie dubbelgoudmedaljes gewen het. Platinum het gegaan aan The Dry Land Collection Longevity Natural Sweet Chenin Blanc 2017, met goud wat toegeken is aan The Dry Land Collection Joseph’s Legacy 2015 (rooi versnit), The Dry Land Collection Resolve Pinotage 2017 en die Rex Equus Chenin Blanc 2014. Lorraine Immelman, stigter en uitvoerende hoof van die Michelangelo-toekennings sê dat die beoordelaars eenparig was in hulle mening dat Suid-Afrika tans die beste wyne in sy geskiedenis maak, wat aangevul word deur ‘n diverse en opwindende spiritualieëkomponent van topgehalte.

“Vanjaar het die beoordelaars sommeliers, wyn- en spiritualieëprodusente, opvoeders, spiritualieëkenners en invloedryke joernaliste ingesluit vanuit Europa, die Verre Ooste, en die Amerikas, waarvan sommige al op verskeie Michelangelo-proepanele in die verlede beoordeel het,” sê Immelman. “Die kwaliteit van wyne is merkbaar op die hoogste standaard nog, met die brandewyne en ander spiritualieë wat as wêreldklas beskou word in terme van distillasietegniek en geurdiversiteit.” Die beoordelaars het vanjaar 25 trofeë uitgedeel, 13 platinummedaljes en 146 dubbelgoudmedaljes. “Die hoë aantal dubbelgoudmedaljes weerspieël beslis die beoordelaars se kommentare en die puntetellings wat ingedien is vanjaar,” sê Immelman. “Ten spyte van ‘n ekstra werklading weens die aantal inskrywings wat die 2 000-kerf oorskry het vir die tweede opeenvolgende jaar, was die beoordelaars dit eens dat die standaard die hoogste ooit was vir beide die wyn-en spiritualieëkategorie se inskrywings.” Tydens die Michelangeloprysuitdelingseremonie het Immelman die belangrikheid benadruk om bykomende maniere te vind om wyn- en spiritualieëprodusente wat vir die kompetisie inskryf, te bevoordeel. Vir haar span gaan dit daaroor om waarde toe te voeg deur Michelangelo.

NUUS • NEWS

Inwyding van die nuwe Graad R-fasiliteite:

Sigbare opwinding en breë glimlagte was aan die orde van die dag toe vanjaar se Graad R-groep van Laerskool Swartland verlede week na hul splinternuwe klaskamers in Moorreestraat op Malmesbury getrek het. Die inwyding van die nuwe Graad R-fasiliteite het amptelik verlede week Woensdag met ‘n spesiale lintknip-seremonie plaasgevind, nádat konstruksie verlede jaar November afgeskop het. Die nuwe fasiliteite is spesifiek ontwerp én spesiaal ingerig vir Graad R-leerders en hul behoeftes. Die klasse is aansienlik groter en bied ideale ruimte vir optimale ontwikkeling vir die leerders. Die fasiliteite kan maklik 90 kinders akkommodeer en huisves tans drie klasse. Die laerskool se drie Sonskynklasse het intussen hulle plek by die bestaande en voormalige Graad R-klaskamers ingeneem.

BUYING or

SELLING

Skou: Die Malmesbury-skou se presidentsaand is verlede week gehou as 'n voorloper tot

FURNITURE

die gewilde skou wat vanaf 24 tot 26 Oktober op Malmesbury aangebied word. Bo is Carien Rossouw, Janneman Loubser, Jr Loubser, Markus Koen en Zuna Koen

YOU CALL, WE COLLECT

Malmesbury 022 482 3788

CCFMAL10AUG18

WE OFFER THE BEST PRICES

Bokkoors: Bokkoors loop hoog, veral ook by die Swartland Vissery op Malmesbury waar die personeellede spog met hul boktruie, reg om die nasionale rugbyspan te ondersteun in hul Wêreldbeker-uitdaag.


NUUS • NEWS GELUKWENSING CONGRATULATION

Baie geluk my man, JAN HENDRICKS, met jou 79ste verjaarsdag op 3 Oktober. God se rykste seën op jou pad vorentoe. Van: jou vrou, kinders en die breë familie ----------------------------------

8 Oktober. “Sweet Sixteen” DARREN APRIL. Baie geluk met jou verjaardag. Alle lof en eer kom ons Liewe Vader toe wat jou gespaar het. Baie liefde - Ouma ----------------------------------

HAYGEN FORTUIN. 9 Oktober. Gelukkige sesde verjaardag ma se groot seun. Alles wat mooi is vir die jare vorentoe. Baie lief vir jou. Van: ma Delysia, Devante en Howard -------Geluk Haygen. Dankie Hemelse Vader vir nog ‘n jaar by sy lewe gevoeg. Lekker verjaar. Baie lief vir jou - Mammie Poppe ----------------------------------

IRIS MYBURGH. “The queen turns 60 on 10 October!”. Baie geluk aan 'n wonderlike ma en ouma met haar verjaarsdag. Liefde dogters, kleinkinders en skoonseuns -------Baie geluk my Antie Iris met die groot 60! - Lekker verjaar. Baie lief vir Antie Iris. Van: Veronica (Nanna) ----------------------------------

PAULIN FIKSTER. 8 Oktober. Geluk my seun met jou 21ste verjaardag. Ma is baie lief vir jou. Mag jy ‘n mooi dag hê. Van: Ma, Pa, Ouma, Boeta en broers ------------------------------

LEONARD DIRKS. 2 Oktober. Hoop jy ‘n lekker verjaardag gehad. Baie seën op jou lewenspad vorentoe. Liefde – Mammie Fredoline ----------------------------------

HAYDRIAN FRANCO DIRKS. 7 Oktober. Baie geluk met jou verjaardag my kind. Mooiste seënwense vir jou. Liefde – Mammie Fredoline ----------------------------------

GIA COETZEE. Baie geluk onse babbelbekkie met jou vyde verjaarsdag op 9 Oktober. God se rykste seëninge op jou lewe. Liefde – Mammie, Pappie, Zeenith, Duran en Coetzee familie ----------------------------------

JULIANA NANI (Nanna). Baie geluk met u verjaardag op 11 Oktober. Mag daar nog baie mooi en goeie jare wees. Dankie vir alles ----------------------------------

12 Oktober. Baie geluk LIAM en MILLA met julle huweliksherdenking. Mag daar nog vele mooi en geseënde jare vir julle wees. Met baie Liefde - jou Ma, Logan, Emile, Tasha, Shaulin, Adilene en kinders ----------------------------------

11 Oktober. SHAYLA ISAACS. Baie geluk Ma se yster. God se rykste seëninge op jou pad my dogtertjie. Liefde – Dezi, Shyane, Lena, Estie, Wellin, Dillen en Cona ----------------------------------

CARLOS HUISAMEN. 10 Oktober. Geluk met jou kroonverjaarsdag. Mag jou dag met blydskap gevul wees en alles wat mooi is. Geniet jou dag – Ouma Johanna, Ma en ander Huisamen fami ----------------------------------

Guess who’s 21 on 12 October. Happy 21st birthday JAYDIN. We wish you a birthday that is incredible and unique as you are. Enjoy your day. From: Mommy, Lu-Hein and Haig ----------------------------------

Happy first birthday MAZHÉ. May you have a blessed day on 11 October. We love you lots. From: Grandma Susan, Petersen-, van Rooyen families and all your uncles and aunt Dolly ----------------------------------

12 Oktober. SARIE DAMON, baie geluk Ma,

9 Oktober 2019 Ouma en Oumagrootjie met u verjaarsdag. Ons is lief vir Ma. Van: kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------LOGAN HENDRICKS. 8 Oktober. Geluk met jou verjaardag. Van: Paulin ---------------------------------ROZAAN PIETERSEN. 10 Oktober. Geluk met jou verjaardag. Jy moet jou dag geniet. Van: Jolene, Pauline en G& H kollegas ---------------------------------ZUNAID DIRKS. 8 Oktober. Gelukkige verjaardag. Alles van die beste en mag jy ‘n soet seun wees vir almal van ons. Geniet jou dag. Liefde – Mammie Fredoline ---------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

30 September. KATRINA HENDRIENA MARTINS. My liefste Moeder, ‘n jaar verby. Ons hoor Ma se voetstappe, maar kan u nie sien nie. Ons mis Ouma baie. Van Ma se dogter Lydia en Trevor ----------------------------------

7 October 2016 – three years in heaven. DINA LATEGAN. As we see your sweet face glowing your memories can't die. We remember your kindness, goodness and worth. Love - Lategan family ----------------------------------

BETJIE FARAO. 8 Oktober. Sou u 91ste verjaardag wees. Dank aan die

engele in die hemel wat jou verjaardag saam met jou vier. Mis jou elke dag. Van: Johanna en gesin ----------------------------------

DINA ALBERTYN (aunt Duifie). 8 Oktober sou Mamma 96 jaar oud gewees het. U eerste verjaarsdag weg van ons, maar God het dit anders beskik. Baie lief vir Mamma. Van: kinders en kleinkinders ----------------------------------

JOHANNES MAARMAN. 10 Oktober. Pa se tweede verjaardag weg van ons. Mis en verlang elke dag na Pa. Sal u nooit vergeet. Van: u vrou, kinders, kleinkinders, skoondogter en skoonseuns ----------------------------------


8

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

SPORT 9 Oktober 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 2288 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Balle rol in saketoernooi

Die gewilde Sakemanne Rolbaltoernooi wat jaarliks deur die Malmesbury Rolbalklub aangebied word, is hier. Die rolbalklub nooi alle besighede en kollegas na dié gesellige geleentheid uit wat oor sewe dae sal plaasvind. Skryf jou besigheid vir enige van die sewe dae in of selfs vir meer as een aand waartydens daar teen ander plaaslike besighede gespeel sal word. Drie wedstryde van ses skofte elk sal gespeel word. Enige sportdrag is welkom met ‘n plathak tekkie wat gedra moet word. Nie net besighede nie, maar ook skole, kerke of slefs plaaslike sportklubs is welkom om deel te kom neem. Die eerste toernooi skop Maandag, die 14de Oktober om 18:00 af en duur tot sowat 21:00 die aand. Die volgende datums sluit in die 21ste Oktober, 22 Oktober, 16 en 23 Oktober, asook 17 en 24 Oktober. Die finaal vind Woensdag, 30 Oktober plaas waartydens die twee topspanne van elke aand teen mekaar te staan sal kom. Inskrywingsfooie is slegs R350 per span van vier persone elk. Kontantkroeg en verversings is ook deurlopend beskikbaar. Vir meer inligting en om in te skryf, kan ‘n e-pos aan drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com gestuur word.

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se kleure-atletiekbyeenkoms is die afgelope week op die velde van die Hoërskool Swartland gehou. Die leerders het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem.

Uitslae • Results DUIWE DARLING – Fraserberg – 5 Oktober 2019 1. Willemburg Family; 2. Isaacs Family; 3. Willemburg Family; 4. Willemburg Family; 5. Beziek Loft; 6. Isaacs Family; 7. Warren Family; 8. Isaacs Family; 9. Beziek Loft; 10. Willemburg Family; 11. Willemburg Family; 12. Baron & Sons; 13. Isaacs Family; 14. Isaacs Family; 15. Beziek Loft

A champions podium Llewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) are the 2019 Western Cape Rally Champions! When the CEJ plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru WRX STi 2.0 Turbo AWD entered Parce Fermé at the Pulpit Rock Winery in Riebeek Wes on Saturday 5 October 2019 the crew secured their fifth consecutive victory in hot, dry and dusty conditions. A left front puncture on SS2 their only minor handicap whilst completing the 55th Western Cape Rally Championship. John Peiser (Panorama) and Weston Peiser (Panorama) celebrated their return to the series with a brilliant second position overall in their Speed Pro Cycling Components 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo AWD. As a four times drivers champion and tow times navigator champion they truly kept the new champions honest throughout the event, finishing a mere 28 seconds down. They would complete SS2 with a flat left rear tyre. Somewhat outgunned on the fast, sweeping, roads of the Riebeek Valley Rally fourth place still represented a fantastic effort by Paul-Hendrik Franken (Gansbaai) and Matt-Jason Köhler (Heathfield) in the giant killing front wheel drive 1000cc – 3 cylinder – turbocharged Franken Motorsport 125 WPMC S5 VW Polo Vivo GT. Nobody could have predicted the phenomenal performance achieved by this new car, totally dominating the two wheel driven field. Not even completing SS2 without brakes could spoil their day. Though the championship results still have to be ratified by Motorsport South Africa Mustapha Mia (Kensington) and Ameen Snell (Ottery) finished the final event a superb fifth overall in the Mia’s Motorsport 456 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6i to claim their first Western Cape class title with a dominant class victory. Sakkie van Zyl (Wellington) and Henry Köhne (Johannesburg) proved that their debut class win on the recent Swartland Rally was no fluke by placing the Shatterfix 404 WPMC S2 Volkswagen Golf MkI 1.6i sixth overall, taking their second consecutive class win. Maybe Henry should consider moving back to the Western Cape for 2020?

Ismail Amlay (Grassy Park) and Ibraheem Amlay (Retreat) should have been seventh overall but a costly error in calculation saw the debutant team incur a seven minute early penalty and then the ex-Ebrahim Mia Amlay Autoworx 458 CCMCC S4 Toyota Tazz 1.8i developed a fuel pump pressure problem for the last three stages. Twelfth overall not a fair reflection of their rally, but fortunately a new season beckons. Marius and Angelique Swart (Stellenbosch) were looking forward to a strong finish but their (orange) EPR 4x4 438 CPMCC S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v cried enough on SS6 with a suspected broken oil pump. Shaheen Amlay (Kensington) and Taahir Amlay blew the engine in their Amlay Motorsport 402 CCMCC S4 Toyota Run X RSi 1.8i the night before the rally and only completed the rebuilt at 03h00 of the morning of the event. Sadly the engine then overheated on SS4, forcing their retirement. Class S4 championship leaders Keenan Sassman (Monte Vista) and Kesevan Naidoo (Kuilsrivier) started the event with a new engine in the Barno 413 CCMCC S4 Toyota Corolla RXi 1.8i , having to simply finish to secure the S4 drivers title. Randall Marais (Kensington) had already secured the navigators title and was enjoying an early holiday. Sadly a broken gearbox sidelined them in SS1. An unexpected delay with roadworks saw the event finishing a little behind schedule but Clerk of the Course, Daan Terblanche (Langebaan), and Assistant Clerk of the Course, Pierre van der Westhuizen (Piketberg), was ably assisted by officials, radio, marshals and even spectators. The roads were challenging and the landowners must be complimented for their assistance in repairing some doubtful surfaces. Though there certainly are many deserving of gratitude the valued support of Hyundai Malmesbury, Jarat Tours, PPC Cement, R Waan Media, Ramlay Builders, Pulpit Rock Winery and Kenilworth Karting is acknowledged. Patrick Vermaak 083 701 8116

RIEBEEK WES – Fraserberg – 5 Oktober 2019 1 Alex Fam 09.53.08; 2 Alex Fam 09.53.11; 3 Alex Fam 09.54.34; 4 Kuiler Hokke 09.54.55; 5 Mentoor Hokke 09.55.29; 6 Kuiler Hokke 09.57.58; 7 Daniels Hokke 09.59.13; 8 Kuiler Hokke 09.58.57; 9 Daniels Hokke 10.00.00; 10 Mentoor Hokke 10.00.18 OMEGA – Fraserberg – 5 Oktober 1 Manuel Lofts 10.04.03; 2 Shane Arendse 10.05.44; 3 Kasu & Sons 10.06.38; 4 S Zimri 10.08.21; 5 S Zimri 10.08.23; 6 Manuel Lofts 10.09.21; 7 Manuel Lofts 10.09.24; 8 Hok Edas & Pienaar 10.11.45; 9 S Zimri 10.13.16; 10 Manuel Lofts 10.14.05

GHOLF Malmesbury Gholfklub – 5 Oktober. Shiraz Country Classic – Vierbal Stableford Samespel, twee tellings: J Koegelenberg, M Roux, P February, J Grove 94; C Bosman, B van der Berg, J Kemp, J Esterhuizen 92; M Carr, J Nieuwoudt, C Nieuwoudt, S Fourie 92; R van Wyk, E Joubert, J Kotze, R Meisenheimer 92; G Bester, A van der Merwe, N Smith, U Greffrath 91; G Agenbag, S Klasen, J Smith, B Howburg 90; D van Zyl, I van Zyl, M Neethling, M Erasmus 90


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.