2 Oktober 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

2 Oktober 2019

Tel: 022 487 2288 • www.hetzwartland.co.za

2 Oktober 2019

Basaar-heerlikheid: Die NG Noord-gemeente van Malmesbury het die afgelope naweek weer die gemeente se jaarlikse basaar met allerhande lekkernye en snuisterye aangebied. Al die bekende basaar-staatsmakers was weer te sien.

Stand van die damme

Die damvlakke van die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk het die afgelope week van 82.3% na 81.9% gedaal. Die Bergrivierdam se vlak staan op 99.4% in vergelyking met verlede week se 99.5% en verlede jaar se 100.3%. Die Laer-Steenbrasdam se watervlak het die afgelope week gesak vanaf 99.2% tot 97.8%. Verlede jaar dieselfde tyd was die dam se vlak op 92.7%. Theewaterskloof se damvlak staan op 72.1% in vergelyking met verlede week se 72.5% en verlede jaar se 57.8%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water, se vlak staan op 88.7% in vergelyking met verlede week se 88.8% en verlede jaar se 94.5%.

SM-werknemers bemagtig

bl 2

Stephen trap vir bewusmaking

bl 5


2

2 Oktober 2019

NUUS • NEWS

Tyd om beste koringkamp Werknemers bemagtig te kies in kompetisie Dit is weer tyd vir vanjaar se koringkampkompetisie. Die kompetisie wat jaarliks deur die Agri Malmesbury se koringstudiegroep aangebied word, beloof ‘n insiggewende dag te wees en gaan gepaard met proewebesigtigings van deelnemers wat vir die kompetisie ingeskryf het, asook lede van die koringstudiegroep.

Belangstellendes wat graag deel van die dag wil wees, kan boonop ook uitsien na verversings deur die dag, asook middagete ná die benoeming van onder meer die beste kamp koring. Die geleentheid vind more plaas en begin om 08:00 vir 08:30 by die landbousaal op Malmesbury teen R150 per persoon. Vir meer inligting, kan Neels Welman by 082 924 8162 gekontak word.

Nomineer beste diens

Nominasies vir die Malmesbury-sakekamer se Diensverskaffer van die Jaarkompetisie word ingewag. Die aantal nominasies het oor die afgelope aantal jare teen rasse skrede gegroei en vanjaar word daar weer rekord-nominasies verwag. Besoek www.sakekamer. co.za en nomineer 'n onderneming wat aan jou uitstaande diens gelewer het.

Sinethemba hou vergadering Sinethemba hou hul Algemene Jaarvergadering op Maandag, 14 Oktober, om 18:00 te Roosstraat 4, Malmesbury. Vir enige navrae kontak Heinelize Knoetzen by 022 486 6323

Van links staan Aneeka Jacobs, Streeksbestuurder van die plaaslike regering se SETA-afdeling by die top-student, Frikkie Adams, Philip Humphreys, waarnemende munisipale bestuurder teenwoordig én direkteur van beskermingsdienste by die Swartland Munisipaliteit, Gaynor April, koördineerder van die OOV-program en Menslike Hulpbronbeampte van die Swartland Munisipaliteit. Dit was ‘n spesiale oomblik vir sowat 48 wat aan die program deelgeneem het, het danksy werknemers van die Swartland Munisipaliteit toe harde werk en toewyding, daarin geslaag om hulle verlede Woensdag hul gradeplegtigheid in verskeie vlakke met meriete deur te kom. Baie studente het ook besluit om met die program die stadsaal op Malmesbury kon bywoon. Die munisipaliteit het verlede jaar Oktober voort te gaan en verder te studeer. Stigter en uitvoerende hoof van Siyaphambili, met ‘n opvoeding- en opleidingsprogram vir werknemers afgeskop wat die verwagtinge Alliston Saville, het die studente as uitsonderlike oortref het. Waar daar aanvanklik net sewe presteerders beskryf en hul aangemoedig werknemers vir die eerste inligtingsessie om nooit op te hou droom en te werk aan hul opgedaag het, het belangstelling kort daarna toekoms nie. Die student van die jaar, was Frikkie Adams vinnig gegroei nadat die program-koördineerder en menslike hulpbronbeampte van die wat Woensdag met ‘n trofee kon terugkeer munisipaliteit, Gaynor April, elke dorp in die huis toe om vir sy gesin te gaan wys. Ander streek deur middel van ‘n inligtingsessie besoek top-presteerders was Willem Baron, Mabandla het om die opleidingsprogram aan werknemers Liwani, John Baadjies, Selvin Welkom, Siyabonga Maqoko, Denzil Adams, Johan September en voor te stel en te bemark. Die program vir volwassenes word aangebied Granville Rhodes. Die Swartland Munisipaliteit is deur die instansie, Siyaphambili, in samewerking op hul beurt ook met ‘n groot trofee vereer as met Eagle (rekenaaropleiding). Die werknemers Siyaphambili se beste kliënt van die jaar.


NUUS • NEWS

2 Oktober 2019

•'ONS MOET DIT BESKERM'

Minister en landbou beraadslaag Let wel!

Ons telefoonnommer het verander.

Van links staan Boffie Strydom, onder-burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Uys van der Westhuijzen, Floris Huysamen, rdh Tijmen van Essen, Minister Ivan Meyer, rdd Maude Goliath, Truter de Kock en Louis Wessels van Agri Wes-Kaap. “Landbou is ons kosmandjie en ons moet dit beskerm.” Dít was maar net een ván die kritiese boodskappe wat Ivan Meyer, die Wes-Kaapse Minister van Landbou met sy afgelope besoek aan die Swartland aan amptenare en produsente teenwoordig by die vergadering op Malmesbury, gedeel het. Meyer het op uitnodiging van die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, die plaaslike regering se toekomsplanne rakende landbou met die Swartland se landbousektor en belanghebbendes kom deel. Volgens Van Essen is die landbousektor vir Swartland Munisipaliteit van besondere belang. “Nie slegs omdat die sektor - ná Malmesbury en Yzerfontein - die derde grootste bydraer tot die eiendomsbelasting inkomstes is nie, maar ook as ‘n groot werkverskaffer aan vele inwoners van Swartland.” Daarby skep die landbouprodukte ook werkgeleenthede by baie sakeondernemings in die Swartland, wat nie net die produkte verwerk en bemark nie, maar ook besighede wat masjinerie en voertuie aan die landbou verskaf wat ook plaaslik gediens word. Hy het landbouers bedank vir die verskaf van werk wat vir baie van die streek se inwoners kos op die tafel beteken. Meyer het ook begin deur te sê die Weskusstreek het die hoogste groei in die landbousektor gedurende 2018 in die WesKaap getoon. Volgens hom, toon statistiek dat daar, ongeag die droogtetoestande wat tans ervaar word, steeds 10 000 werksgeleenthede binne die landbousektor geskep is. “Landbou in die Wes-Kaap genereer ‘n inkomste van oor die R 21 miljard per jaar. Tussen 2009 en 2018, het 87750 landbouwerkers boonop hulp en ondersteuning van die plaaslike departement van landbou gekry.” Hy het verder gespog en gesê dat die Wes-Kaap 45% bydra tot die uitvoer van landbouprodukte. “Daarom moet ons landbou vertroetel, beskerm en ondersteun.” Meyer het verder inligting rakende werkskepping gedeel en gesê dat landbou in die Wes-Kaap alleen 17% van die totale werkersmag in die provinsie verteenwoordig én 27% van landbouwerkers in Suid-Afrika in geheel. “Daar is 594 wynkelders in die Wes-Kaap wat 98% van alle wynkelders van reg oor die land uitmaak. Dit bevorder dus 50% van alle wynproduksie uitvoere.” Dit is ook vir hom prioriteit dat dié uitvoer van wyn moet toeneem. Hy het genoem dat daar sowat R134 miljoen aan landbouprojekte in die Swartland alleen oor die afgelope vyf jaar spandeer is. Hy kon egter nie help om die risiko’s wat die bedryf vandag in die gesig staar, te opper nie. Klimaatsverandering en ‘n tekort aan water en energie bring bekommernisse en plaas voedselsekuriteit in gedrang. En meer onlangs word daar ook meer druk op die landbousektor geplaas rakende beleidsonsekerheid, veral wanneer dit kom by kwessies, soos grondeise sonder vergoeding en die besetting van plase. “Die Wes-Kaapse regering glo dat grondhervorming binne die huidige wetgewing, voldoende geakkommodeer kan word. Dit is daarom nie nodig om die Grondwet te wysig nie.” Hy verklap dat die staat 43 000 plase besit. “Dit moet deel vorm van grondhervorming. Daarmee saam moet ons die reg tot eienaarskap van eiendom bevorder. Ekonomiese bemagtiging vind plaas wanneer eienaars titelaktes ontvang, wat op sy beurt finansiële ondersteuning van finansiële instellings sal bevorder. “ Meyer is dit eens dat plaasaanvalle in die Wes-

Kaap wel toeneem. “My hart bloei vir boere en landbouwerkers wanneer ek hoor van ‘n plaasaanval of ‘n moord. Mense het regte en die reg tot lewe ís boonop binne die Grondwet vervat,” herinner hy. Volgens hom bedreig misdaad die ekonomie én voedelsekuriteit. “Die Wes-Kaap het die grootste sagtevrugebedryf in die suidelike halfrond. Die afgelope aanvalle op plase in die Wynland-distrik plaas nie net die sektor in gedrang nie, maar ook die landelike ekonomie en natuurlik mense se lewens.” Met die agtergrond, het Meyer en die Minister van Gemeenskapsveiligheid, adv. Albert Fritz, die Wes-Kaapse kabinet met ‘n versoek genader om ‘n Ministeriële Landelike Veiligheidskomitee daar te stel om landelike veiligheid te verseker en dat die bedryf ook die aandag geniet wat dit toekom. Hy beplan om sekuriteit op te skerp deur vennootskappe, tegnologie, innovering en radiobeheerde kommunikasie. Meyer was opgewonde om te sê dat alle rolspelers in die landbou onderneem het om saam te staan teen misdaad om landelike veiligheid te bevorder. “ Saam kan ons ‘n verskil maak, omdat ons saam beter is.” Volgens van Essen, moedig hy boere aan om maar bedag te wees dat dit ook enige tyd op hul eiendomme kan gebeur en snelle optrede is dan van uiterste belang. “SAPS het net eenvoudig nie genoeg mense nie en daarby word hulle hande al meer en meer vasgemaak. Beskerm julle self en al julle mense, insluitende julle werknemers op julle plase. Moet nie mense toelaat op julle plase wat julle nie ken nie.” Hy noem een van hulle verskonings is dat hulle wil skaap koop, maar dit is net ‘n manier om te kyk wat op julle eiendomme aangaan en of julle paraat is. “Bring ook maar borde aan op julle grond wat sê dat enige betreding verbied word en dat vervolging sal kan plaasvind. Dit sal goed wees om mekaar te ondersteun met WhatsApp groepe, want ons sal onsself moet beskerm. Moet ook nie julle werknemers vergeet om hulle in te lig en te beskerm nie, hulle verkeer ook onder enorme druk. Meyer het vyf prioriteite vir landbou in die Wes-Kaap uitgelig. Volgens hom, moet strukturele opleiding voortgaan. “Ons moet meer opleidingsgeleenthede vir die jeug binne landbou skep.” Hy wil ook sien dat die bedryf meer toeganklik is vir die jeug van vandag. “Daar moet eerstens meer landbouskole in die Wes-Kaap gestig word.” Hy sê leiding binne die bedryf moet versterk word, sodat daar meer ondersteuning aan kommersiële, opkomende en klein boere verleen kan word. “Baie boere kry geen ondersteuning nie, veral dié wat internasionaal meeding.” Sekuriteit, is volgens Meyer prioriteit. Aangesien die landboubedryf so ‘n belangrike rol binne die plaaslike ekonomie speel, is dit belangrik om marktoegang en die uitvoer van landbouprodukte te fasiliteer en te bewerkstellig. Sy vyfde item op sy prioriteitslys, is die van klimaatsverandering en die impak daarvan op landbou. Hy glo dat tegnologie en vennootskappe ‘n sleutelrol sal speel waneer die uitdagings rondom klimaatsverandering gekonfronteer word. “Landbou is krities tot die Wes-Kaapse ekonomie. Ons moet daarom alles in ons vermoë doen om die bedryf se groei en volhoubaarheid te ondersteun.

Om ons te kontak, skakel

022 487 2288 of stuur 'n epos na admin@ hetzwartland.co.za.

Raak deel van ons sosiale media en volg ons op Facebook by @HetZwartland.

3


4

2 Oktober 2019

Nuwe park:

Hibiskus Gimnasium Park in Hibuskusstraat op Malmesbury, is verlede week amptelik deur amptenare van die Swartland Munisipaliteit geopen. Die buite-gImnasium vorm deel van die munisipaliteit se sosio-ekonomiese streeksprogramme (RSEP) wat nou deur ywerige inwoners gebruik kan word.

NUUS • NEWS

Veiling:

Die duurste geregistreerde Hereford bul van Locheim Herefords, is gedurende die 34ste Swartland Veeboere Veiling op Bossiesvlei, teen ‘n bedrag van R85 000 deur CS Puttergril & sons van Thornhill gekoop. Die afslaer was Theuns Visser, terwyl Renier Zietsman van GWK namens die koper opgetree het.

Echo Sat sien om na al jou satelliet-behoeftes

Echo Sat op Malmesbury het pas hul 5de verjaarsdag gevier en die onderneming gaan steeds van krag tot krag. Hier is die bekwame span wat jou van hulp en diens sal wees as jy enige bystand met satelliet-skottels benodig.


NUUS • NEWS

2 Oktober 2019

Bewusmaking van rare sindroom Stephen se passie Stephen Malherbe (62), van die noordelike voorstede van Kaapstad, is 40 jaar gelede met die sindroom, die Klinefelter se Sindroom gediagnoseer. Op die ouderdom van 17 jaar, het Stephen nog nie deur die normale puberteitsfases van elke tienerseun gegaan nie. Dit is tóé dat ‘n dokter ‘n diagnose maak en aan sy ouers moes verduidelik dat hul seun met ‘n ekstra vroulike x-chromosoom gebore is. Niks in sy lewe het intussen verander vandat hy gediagnoseer is nie. Hy is vandag net nie meer skaam om daaroor te praat nie en wil nou die wêreld oor die sindroom en die simptome daarvan inlig. Daarom het hy besluit om sy fiets op te saal en bewustheid rakende die sindroom te begin skep. Stephen vertrek die komende Saterdag per fiets vanuit Kaapstad en besoek die Swartland as sy eerste stop om inligting oor Klinefelter se Sindroom te versprei. Die toestand is een van die mees algemene abnormaliteite wat by die manlike geslag voorkom. ‘n Mediese joernaal wat sowat ses jaar gelede gepubliseer is, het bevind dat een uit elke 450 tot 500 seuns met die ekstra x-chromosoom gebore word. “Indien die sindroom nie vroeër in ‘n seun se lewe geïdentifiseer word nie, vind mans dit gewoonlik uit wanneer hulle by ‘n dokter vir fertaliteitstoetse opeindig,” vertel Stephen. Mans met Klinefelter se Sindroom se liggaam produseer min of geen testosteroon nie en is daarom steriel. Stephen het ‘n paar jaar gelede besluit om bewustheid rondom die sindroom te begin skep. “Mense praat nie hieroor nie, want hul kry skaam om te erken dat hul kind met ‘n ekstra vroulike chromosoom gebore is.” Hy het ook op die ouderom van 56 ‘n boek oor sy lewe met die sindroom, naamlik, Living with my X, geskryf. Hy het ook deur die jare gevind dat die simptome gewoonlik verkeerd gediagnoseer word. Behalwe vir ‘n tekort aan testosteroon,

Afskeid:

5

Die matrikulante van Wesbank Sekondêr op Malmesbury het onlangs hul skoolloopbaan gegroet met die skool se matriekafskeid. Foto's: David Howburg

sukkel seuns met die kondisie gewoonlik om te konsentreer en ondervind spraakprobleme. Daar is ook ‘n agterstand in die fisiese ontwikkeling van ‘n man se liggaam, as gevolg van die tekort aan testorsteroon én dit kan kognitiewe ontwikkeling kniehalter. “Baie van die simptome is ook soortgelyk aan sekere tipes outisme,” voeg hy by. Daar is ongelukkig geen geneesmiddel hiervoor nie, maar wel behandeling in die vorm van toediening van testosteroon wat dit moontlik maak vir seuns om hul fisiese ontwikkeling in te haal. Stephen besoek Malmesbury op 5 Oktober en vertrek daarná na Darling. Hy sal ook later op sy fietstoer op Moorreesburg en Riebeek-Kasteel draai as deel van sy bewusmakingsveldtog. Besoek die webblad, www.xxy47.co.za vir meer inligting of kontak hom by 021 559 8710 om betrokke te raak.


6

2 Oktober 2019

NUUS • NEWS

Matriek: Talle skole in die Swartland het verlede week hul matriekafskeid gehou. Hier is Desiré Kriel epos: des@hetzwartland.co.za

Marietjie Nel epos: marietjie@hetzwartland.co.za

Groet: Karin Neethling groet Het

Zwartland ná byna twee dekades van bemarking in gedrukte media in die Swartland. Neethling het onlangs besluit om nuwe avonture in haar loopbaan aan te pak. Sy sal onthou word as ‘n ywerige bemarker in die koerantwese. Die personeel by Het Zwartland wens vir Karin voorspoed toe vir die toekoms. Mag jy van krag tot krag gaan. Intussen staan Marietjie Nel en Desiré Kriel reg om alle adverteerders van hulp en diens te wees. Kontak hulle by marietjie@hetzwartland of des@hetzwartland of skakel 022 487 2288. Vir kennisgewings, betrekkings, tenders en geklassifiseerde advertensies, kontak Chrizaan Witbooi by reception@hetzwartland.co.za.

Chrizaan Witbooi epos: reception@hetzwartland.co.za

'n groep van die Hoërskool Swartland wat hul skoolloopbaan gegroet het. Daar was weer talle interessante voertuie wat die matrikulante afgelaai het - selfs 'n trekker!


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my AVON team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4722

-----------------------------TE HUUR TO LET TITUS EIENDOMME: Malmesbury – WESBANK : 2 x 1 slaapkamer woonstelle vanaf R3000 tot R4000 p/m. 2 x Nuwe 3 slaapkamer huise met 1½ badkamer en motorhuis. Vir navrae skakel 082 780 1380 #4756

-----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

30 September - Veels geluk SHERNEILL met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Mammie, Mamma Yolene, Pa, Nannie, Amy en Demi Leigh. ------------------------------

2 Oktober. JEMILO MCKRIELING. Geluk my skat met jou verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Baie lief vir jou – jou vrou en twee kinders ------------------------------

3 Oktober. Baie geluk met Ma se verjaarsdag. Mag God Ma nog vele jare spaar. Dankie vir alles wat u vir my en my kinders doen. Baie liefde – Sampie, Zuan, Charlton en Liam ----Baie geluk met ma MIENA se verjaarsdag. Alles wat mooi is op Ma se lewenspad. Baie lief vir Ma. Van: Landie ----Baie geluk met Ma se verjaarsdag. Mag daar vele jare wees en alles wat mooi vir Ma op hierdie spesiale dag en die pad vorentoe! Liefde. Van: Samantha (peetkind) ------------------------------

3 Oktober – SAMANTHA, baie geluk met jou verjaarsdag. Jy moet jou spesiale dag geniet. Baie liefde. Van: Landie ------------------------------

Aan my man, JANUS, baie geluk met jou geboortedag vieringe op 4 Oktober. Baie lief vir jou. Van: jou vrou en kinders ------------------------------

2 Oktober 2019 Jade

GABRIEL DUDLEY, geluk met jou verjaardag op 3 Oktober. Mag God jou nog baie jare spaar. Liefde – November en Papier gesin ------------------------------

SARITA OWIES. 4 Oktober, is jou verjaardag. Baie geluk en mag die Here jou vele jare spaar. Jy het altyd ‘n grap en ‘n mooi glimlag. Van: man Kwak, Carlo, Fenando, Gino en Shelton ------------------------------

2 Oktober. Baie geluk JOSHWHYN met jou 10de verjaardag. Ons is baie lief vir jou en lekker verjaar. Van: jou ma Sherilene en pa John ------------------------------

Baie geluk mnr T J DAVIDS met jou verjaarsdag op 4 Oktober. Mag jou dag besaai wees met liefde – jou kollega ------------------------------

4 Oktober. Gelukkige vierde verjaarsdag XYLAH, ek dank God elke dag vir jou. Mag God jou onderskraag en vashou in die holte van Sy hand. Liefde - Mammie en Davids gesin ------------------------------

WILMA (Noel) NANI. Happy 50th birthday Mom. Enjoy your day. Love - your children, grandchildren and two daughters in law Op 06 Oktober is jy ‘n groot 50!! - Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Van: die hele familie -----------------------------KITTY, baie geluk met jou verjaarsdag op 6 Oktober. Lief vir jou – Liescel, Janus en kinders -----------------------------SHANE ENGELBRECHT. 5 Oktober. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jare nog mooi wees vorentoe. Lekker verjaar en geniet jou dag – Mommy and Daddy ----Baie geluk my ou broer met jou verjaardag. Ek is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van: jou suster Chaney en

----Jy moet lekker verjaar en jou dag geniet. Ek is baie lief vir jou. Van: Vroulief en kinders – Lushane, Amorey, Kellsea, Aidrian en Shayden -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

MARLENE VAN ROOYEN. 4 Oktober is Ma se eerste verjaardag weg van ons en saam met die engele. Mis jou. Liefde – Man, kinders, kleinkinders en skoondogter ------------------------------

Trotse skoonma en Ouma. Van: Baby November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesin -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY

LLEWELLYN VAN WYK. Rus in vrede “Spook”. Ons gaan jou baie mis – Van Wyk familie ------------------------------

DESMOND ANDREW SOLOMONS. 1 Oktober vier jy jou 34ste verjaarsdag in die hemel. Die trane lê nog vlak. Ons mis jou elke minuut, elke sekonde. Van: Pa, Ma, Sebastiaan, Jandré en Devandré ------------------------------

JOHN NOVEMBER. Een jaar van ons weggeneem. Verlange is daar. Koester die mooi herinneringe. Liefde – Vrou, kinders, kleinkinders, Papieren Cleophas gesin ------------------------------

CHRISTINA (Pollie) NOVEMBER. Drie jaar van ons weggeneem. Mis jou elke dag. ‘n

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

2 Oktober 2019

SPORT 2 Oktober 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 2288 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Balle rol in Engines revving for rally saketoernooi Die gewilde Sakemanne-rolbaltoernooi wat jaarliks deur die Malmesbury Rolbalklub aangebied word, is hier. Die rolbalklub nooi alle besighede en kollegas na dié gesellige geleentheid uit wat oor sewe dae sal plaasvind. Skryf jou besigheid vir enige van die sewe dae in of selfs vir meer as een aand waartydens daar teen ander plaaslike besighede gespeel sal word. Drie wedstryde van ses skofte elk sal gespeel word. Enige sportdrag is welkom met ‘n plathak tekkie wat gedra moet word. Nie net besighede nie, maar ook skole, kerke of selfs plaaslike sportklubs is welkom om deel te kom neem. Die eerste toernooi skop Maandag, die 14de Oktober om 18:00 af en duur tot sowat 21:00 die aand. Die volgende datums sluit in die 21ste Oktober, 22 Oktober, 16 en 23 Oktober, asook 17 en 24 Oktober. Die finaal vind Woensdag, 30 Oktober plaas waartydens die twee topspanne van elke aand teen mekaar te staan sal kom. Inskrywingsfooie is slegs R350 per span van vier persone. Kontantkroeg en verversings is ook deurlopend beskikbaar. Vir meer inligting en om in te skryf, kan ‘n e-pos aan drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com gestuur word.

Stryd om die kroon van muurbal

Die Malmesbury-muurbalklub het die afgelope seisoen geskitter in die WP-liga. Drie spanne van dié klub het vanjaar in hierdie groep meegeding. Die eerste span het in die vierde liga gespeel en het 'n derde plek behaal. Die tweede span het in die sewende liga kragte gemeet en 'n vierde plek behaal. Die sterre van die klub was egter die derde span wat in die 15de liga gespeel het en ook hierdie liga gewen het. Die klub is nou besig met hul klubkampioenskappe en die semi-finale in die klub- en plaat-kompetisie vind op 1 Oktober om 18:00 plaas. Die finale wedstryde word op 8 Oktober om 18:00 gespeel, wanneer sake uitgespook sal word om die kroon as kampioen.

Uitslae • Results

DUIWE

DARLING – Hopetown (28 September) 1. Warnick Family; 2. Isaacs Family; 3. Warnick Family; 4. Baron & Sons; 5. Wllemburg Family; 6. Willemburg Family; 7. Willemburg Family; 8. Isaacs Family; 9. Isaacs Family; 10. Baron & Sons; 11. Willemburg Family; 12. Baron & Sons; 13. Willemburg Family; 14. Willemburg Family; 15. Willemburg Family RIEBEEK WES – Hopetown 1 (28 September) 1 Adams Hokke 16.13.10; 2 MJ Hokke 16.15.20; 3 Mentoor Hokke 16.35.10; 4 MJ Hokke 16.36.10; 5 Alex Fam 16.58.24; 6 Mentoor Hokke 17.13.29; 7 Adams Hokke 17.19.48; 8 Adams Hokke 17.52.34; 9 Mentoor Hokke 18.02.56; 10 Alex Fam 18.19.44

Just one week until the 2019 Western Cape Rally Champions will be crowned. Rozario “Sonny” Bonafede and Ralph Behm won the inaugural championship in 1964 with an ex-works French Simca 1000 and both would become legends of the sport in their own right. Few would argue that Sonny Bonafede was the standard by which rallies were organised as he knew routes that maps did not know about whilst Ralph Behm would lead the sport from the top seat for almost 27 years before retiring in the year 2000. Vito Bonafede need no introduction as the navigator for Serge Damseaux and now Gennaro Bonafede is carving an international career with BMW. Richard Behm added a Western Cape drivers title to the five navigator titles of Ralph and certainly impressed on the national scene. There have been many individual champions, but these two individuals, Sonny Bonafede and Ralph Behm, cast the foundation on which the oldest provincial sporting championship in the Republic of South Africa had been built. When the first car leaves the start line from Hyundai Malmesbury at 09h00 on Saturday 5 October 2019 most of the truly hard work behind the scenes will have been completed for the CCMCC Riebeek Valley Rally. The Time and Distance Schedule forms the backbone of the day, but the Clerk of the Course and his dedicated team of officials stand to be tested throughout the event as so many unexpected surprises could result in decisions having to be made in the best interest of competitors, spectators and the sport in general. The route is set and 31 teams running at two minute intervals have to complete eight special stages linked by liaison sections to the best of their abilities before reaching the finale Parc Fermé at Pulpit Rock Winery in Riebeek Wes. The only real opportunity to catch their breath would be during the mid event Service Park at the Meiring Primary School Riebeek Kasteel.

Rule number one in rallying states that drivers do not make mistakes, which puts quite a load on the shoulders of the navigators. Rule number two simply refers to rule number one. In short, winning the class or rally simply reflects a brilliant performance from the driver whilst anything else represents poor performance from the navigator. If you believe that, you have to be a driver! It has been some time since anyone from the Hottentots Holland district have claimed the Western Cape Rally Drivers title and Llewellyn Jones could now bring that distinction home to Somerset West. Serge Damseaux (10 times SA and 16 times WP Rally Drivers Champion) dominated the local scene but the last Somerset West based driver to win the championship (12 years ago) was in fact Jean-Pierre Damseaux in the awesome Team Total A7 Toyota Corolla 2.0 (2006 – 2007). Class S3 as always represent the bulk of the entry list and it will undoubtedly prove be very entertaining as Mustapha Mia (Kensington) and Ameen Snell (Ottery) will be determined to win the class in their Mia’s Motorsport 456 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6i. Riyaan Amlay (Grassy Park) and Clerk of the Course Daan Terblanche (Edgemead) will have the Assistance of Pierre van der Westhuizen (Piketberg) and the CCMCC Riebeek Valley Rally enjoys the valued support of Hyundai Malmesbury, Jarat Tours, PPC Cement, R Waan Media, Ramlay Builders, Pulpit Rock Winery and Kenilworth Karting. Thank you to the various landowners making their roads available for the eights special stages. Good spectator points will be announced in the Spectator Guide, please support the event in leaving these areas litter free. Vote for your favourite teams on the various polls on the Facebook events page. Patrick Vermaak 083 701 8116

MALMESBURY - Hopetown OPE 3 1 J Steenkamp 1141.5891; 2 Bordeaux A 1094.1046; 3 Bordeaux A 1087.7269; 4 Cross Border Lofts 1071.9113; 5 Kotze Familie Hokke 1066.2556; 6 G Horn 1045.8613; 7 G Williams 1040.4178; 8 Bordeaux A 1039.2358; 9 J Steenkamp 1038.5966; 10 G Horn 1020.2675; Hopetown Ope 4 1 Cross Border Lofts 1130.1372; 2 G Horn 1112.1150; 3 G Horn 1110.9048; 4 Bordeaux A 1080.3796; 5 Bordeaux A 1076.3979; 6 G Williams 1074.6095; 7 G Horn 1073.8427; 8 Kotze Familie Hokke 1054.1702; 9 G Horn 1047.1266; 10 J Steenkamp 1040.2531 OMEGA – Hopetown (28 September) 1 Kasu & Sons 16.38.49; 2 Manuel Lofts 16.58.41; 3 Manuel Lofts 17.03.41; 4 Manuel Lofts 17.29.33; 5 Jannie Morris 17.34.27; 6 Sheldon Bros 17.44.38; 7 Shane Arendse 17.47.01; 8 Kasu & Sons 17.47.53; 9 Sheldon Bros 18.07.30; 10 S Zimri 18.08.58

GHOLF Woensdag Sundowner, 25 September – Enkel Stableford – John Smith 23, Shafiek Pietersen 20, Brian de Beer 20, Gert Agenbag 19 Saterdag, 28 September – Maandelikse Houespel Adriaan Louw 65, Billy Howburg 66, Jan Rossouw 66, John Smith 68, Jaco Mostert 68, Evan Liedeman 69, Franklin Beukes 69, Wesley van der Merwe 69, Josef de Beer 70, Dick Ross 71


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.