16 Oktober 2019 WELLINGTON

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

Heinrich ploeg terug

Nuwe boek oor museums bekend

bl 2

NUUS • NEWS

16 Oktober 2019

Baie te sien en doen by sentrum

bl 2

16 Oktober 2019

Wellingtonner se kuns op wenpad

Top 20-atletiek aangebied

bl 4

bl 5


2

16 Oktober 2019

NUUS • NEWS

Leerlingraad: Hugenote

Hoërskool het op Donderdag 10 Oktober hul leerlingraad en hoofleiers vir 2020 tydens hul prysuitdeling aangewys. Hulle is: Hoofseun: Janu Gous Hoofdogter: Talitha Janse van Vuuren Koshuis: Hoofseun: Rohan Perold Koshuis: Hoofdogter: Robyn Anderson Onderhoofseun: Akademie: Ruben Loedolff Onderhoofdogter: Akademie: Nelise Schoeman Onderhoofseun: Kultuur: Simon Thomlinson Onderhoofdogter: Kultuur: Jana Malan Onderhoofseun: Sport: Paul Coetzee Onderhoofdogter: Sport: Hanlie Visser Leerlingraadslede: Mia Adendorff Nicole Bësse Tegan Kuhn Zoë Hendricks Ammaar de Jager Cilliers Marais Ettienne Gertse Wilhelm Broodryk

Nog baie te sien en te Nuwe boek oor museums doen Breytenbach Sentrum by galery bekendgestel gedurende Oktober Wellingtonners kan in Oktober, terwyl die jaar op die afdraendepad is, nog na baie vermaak by die Breytenbach Sentrum uitsien. Die digtersanger Gert Vlok Nel, die oorsprong van die trefferlied Beautiful in Beaufort West en ’n bekende naam in die plaaslike musiekbedryf sowel as in Europa, gaan op Vrydagaand 18 Oktober in Die Bôrdienghuis by die Breytenbachsentrum optree. Die vertoning begin 20:00 en pizza’s en drinkgoed kan al van 18:00 gekoop word. Kaartjies kan bespreek word by teater@ breytenbachsentrum.co.za of by Jessica by 021 873 2786. Op Woensdag 30 Oktober kan Wellingtonners weer vir die maandelikse Wine Wednesdays in die binnehof van die Sentrum bymekaarkom. Tydens hierdie geleentheid word Wellington se beste wyne geproe terwyl daar rondom tafels gekuier word, pizza’s geëet word en na plaaslike vermaak geluister word. Dit is ‘n gesellige geleentheid wat deur die Breytenbach-sentrum en die wynkelders van die Wellington-wynroete aangebied word. Die laatmiddag/vroegaand-byeenkoms duur van 16:00 tot 20:00. Die groepuitstalling, (aan)dadig, is ook nog tot 31 Oktober in die Breytenbach Galery te sien. Hierdie groepuitstalling poog om deur kuns (aan)dadig te wees deur aktief deel te neem aan die opbou van ’n beter en mooier plek vir almal, waar selfs die bewusmaking/ weerspieëling van die werklikheid die kyker sal dwing om deel te neem. Breyten Breytenbach, Hardy Botha, Jacques Dhont, Ruhan Jansen

van Vuuren, Bastiaan van Stenis, Liekie Fouche, Nhlanla Nhlapo, Ruan Huisamen, Michele Nigrini, Henk Serfontein, Christiaan Diedericks, Sharlé Matthews, Jan Blohm, Estelle Marais, Joubert Stander, Susan Bloemhof, Selwin Pekeur, Jo Roets en ander se kunswerke is by die uitstalling te sien. Kontak vir Anne-Ghrett by galery@ breytenbachsentrum.co.za of 021 864 2988 vir besonderhede.

Graan SA het onlangs ‘n nuwe Nasionale Opbrengskompetisie vir grane bekendgestel wat in 2020 afskop. Die kompetisie, nou in beplanningsfase, behels konsultasie met al die saadmaatskappye vir die daarstelling van ‘n standaard protokol, sodoende te verseker dat alle deelnemende saadmaatskappye en graanprodusente op dieselfde vlak en volgens dieselfde kriteria geassesseer word. Om die suksesvolle aanbieding van ‘n Nasionale Opbrengskompetisie te realiseer, is die ondersteuning van landbouvennote uiters belangrik en Graan SA is trots om aan te kondig dat Pioneer, ondersteun deur Corteva, die hoofborg sal wees vir die gesogte geleentheid. Die formaat van Graan SA se Nasionale Opbrengskompetisie is so geformuleer om sinergie tussen individuele saadmaatskappye se streekkompetisie met ‘n oorhoofse nasionale kompetisie te skep. Elke saadmaatskappy sal steeds hul eie opbrengskompetisie aanbied, vanwaar inskrywings kan deurdring na die nasionale kompetisie onder die Graan SA vaandel. “Opbrengs maak ‘n belangrike komponent van ‘n graanprodusent se winsgewendheid uit en deels saam met dit, so ook effektiwiteit en is dit dus vir produsente belangrik om te leer wat moontlik gedoen kan word, en onder watter omstandighede”, het dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en bemarking van Graan SA by die bekendstelling gesê.

Die belangrikheid van kompetisies soos dié, kan nie onderskat word nie aangesien dit produsente juis die geleentheid bied om meer te wete te kom en by mede-produsente te leer. Verder bied die kompetisie ‘n platform aan graanprodusente om nuwe tegnologie, produksiepraktyke en idees uit te toets met die oog om opbrengste te maksimaliseer. Soortgelyke kompetisies vind reeds plaaslik en internasionaal plaas, maar Graan SA kan met die vennootskappe van alle saadmaatskappye, produsente die geleentheid bied om alle kultivars, wat tegnies oor dieselfde kam geskeer word, te vergelyk binne unieke en individuele produksiepraktyke. Graanprodusente sal in verskeie kategorieë kan meeding en sal onder meer droëland- en besproeiingsgrond insluit. Produsente sal verder in streke en nasionaal geklassifiseer word en innoverende produksiepraktyke en slim boereplanne sal aangemoedig word om die hoogste opbrengste per hektaar moontlik te behaal, ongeag die kultivar wat geplant is. “Graan SA is daartoe verbind om die effektiwiteit en volhoubaarheid van graanprodusente te bevorder. In ‘n omgewing met wisselvallige produksietoestande en markte, kan innoverende praktyke om hoë opbrengste te bewerkstellig vir produsente van onskatbare waarde wees. En watter beter geleentheid is daar vir produsente as om van hul eweknieë te leer”, het Jannie de Villiers, hoof uitvoerende bestuurder van Graan SA mee afgesluit.

Nuwe kompetisie vir boere

Die gesaghebbende kunskenner en voormalige direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery in Kaapstad, Marilyn Martin, het op Saterdag 12 Oktober haar nuwe boek, Between dreams and realities, by die Breytenbach Galery bekendgestel. Haar boek, wat oor die geskeidenis van kunsmuseums in Suid-Afrika handel, se bekendstelling is met ‘n gesprek oor die tema, “Waarom openbare kunsmuseums?”, toegelig. Talle Wellingtonners, kunskenners en -liefhebbers het die geleentheid bygewoon. Volgens Marilyn het sy die boek aanvanklik as ‘n optekening van die geskiedenis van kunsmuseums in ons land gesien. “As ek sien wat nou in die openbare kunsmuseums gebeur, is die boek miskien ook ‘n herinnering aan wat kan, moet en nie moet wees nie,” het sy gesê. Sy het na die toevallige Joodse invloed in die keuse van haar voor- en agterblad, sowel as die voorwoord en sekere aanhalings in die boek verwys. Die idee vir die titel van die boek, Between dreams and realities, het sy uit ‘n gedig van T.S. Elliot, Hollow men, gekry. Haar 18 en ‘n half jaar lange verbintenis aan die Nasionale Kunsmuseum het die onderbou en nodige ondervinding vir die boek verskaf. Alhoewel die boek volgens Marilyn die resultaat van eweknie-beoordeling is en komplekse kwessies aanspreek, is dit baie toeganklik en in maklik-verstaanbare Engels geskryf. Sy voel dat daar ‘n verwagting is dat Nasionale Kunsmuseums ‘n spieëlbeeld van ‘n land se politiek en gemeenskap moet wees. Die boek se hoofstukke is ook met ‘n spesifieke patroon en volgens ‘n volgehoue konsep saamgestel. “Elke hoofstuk het ‘n afdruk van ‘n foto of kunswerk, ‘n gepaste aanhaling en ‘n opsomming van die inhoud as wegspringplek,” het sy gesê. Marilyn het tydens haar gesprek die

geskiedenis van die Nasionale Kunsmuseum, die interessante en soms omstrede rolspelers wat ‘n invloed op hierdie instelling gehad het, sowel as die regering se onvermoë om oor die jare erns daarmee te maak onder die soeklig geneem. Sy het ook interessante brokkies oor die skandale en hoe sommige skenkings aan die museum oor die jare verkoop is, laat val. Sy het ook oor die lang pad voordat Afrika-kuns in die galery en museum uitgestal is, gepraat. Die uitdagings ten opsigte van tranformasie by die museum het ook onder die loep gekom. Marilyn het verder oor die moeilikheid wat sy haarself jare gelede met haar voorbladkeuse vir die Cape Town Triennial op die hals gehaal het, vertel. “Dr. Rupert en andere het ‘n aksie teen my geloods oor my voorstelle. Gelukkig het ek die ondersteuning en hulp van ‘n paar oopkom lede van die trusteeraad geniet en kon die saak besleg word,” het sy gesê. Haar vertelling van ‘n insident waar die AWB die museum op ‘n Maandag binnegestorm en ‘n kunswerk van Eugene Terreblanche stukkend geslaan het, was verstommend. “Uiteindelik het ons na jare meer inklusiewe uitstallings gehad. Dit is egter jammer dat die Departement van die nuwe regering na 1994 teen ons, eerder as vír ons, gewerk het. Die sentralisering van alles en die uiteindelike afskeep daarvan, het ‘n slegte tyd ingelui,” het Marilyn vertel. Volgens haar het sy drie “stemme” in die boek. “Die een is my stem as navorser, die een is my stem as jarelange direkteur en kurator van die museum en die ander is my stem as terugskouer en joernalis wat verslag lewer en moeilikheid maak net waar ek kan,” het sy tong-in-die-kies gesê. Marilyn Martin se boek, Between dreams and realities, is by die Breytenbach Galery te koop.


NUUS • NEWS

16 Oktober 2019

Wellington se Mnr. SA maak verskil met nuwe UpcycleSA-projek

‘n Wellingtonner, ‘n passievolle onderwyser, ‘n kranige sportman, ‘n oud-inwoner van Huis Andrew Murray, ‘n oud-leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool, ‘n man met ‘n hart van goud, Mnr. Suid-Afrika en nou ook iemand wat met sy titel ‘n verskil in die lewe van kinders maak: dít is Heinrich Gabler. Sedert Heinrich in Junie die nuwe Mnr. SuidAfrikakroon voor die neuse van 19 ander finaliste weggeraap het, het hy nie gras onder sy voete laat groei om hierdie platform te gebruik om ‘n wesenlike verskil in kinders se lewens te maak nie. Hy het die UpcycleSA nie-winsgewende organisasie (NGO) op die been gebring, waardeur hy gebruikte sporttoerusting na minderbevoorregte kinders en skole kanaliseer. Reeds voor sy kroning as Mnr. SA het Heinrich gesê dat dit sy passie is om ‘n positiewe invloed op ander mense te hê. Dít, sowel as die publiek se ondersteuning, was sy grootste dryfvere tydens sy deelname aan die Mnr. SA-kompetisie. “My doel is om ‘n positiewe verskil in die daaglikse lewe van ander te maak. Die publiek se ondersteuning gee my moed en dryfkrag om elke dag my beste te gee in die proses,” het hy kort voor die kompetisie gesê. Heinrich het nie na sy kroning op hom laat wag om sy doel en die publiek se ondersteuning te kombineer om sy titel tot die voordeel van veral kinders te gebruik nie. Hierdie faktore, saam met die groot, positiewe rol wat sport in sy eie ontwikkeling en lewe gespeel het, het van die stigting van sy UpcycleSA NGO ‘n natuurlike uitvloeisel gemaak. “UpCycleSA is ‘n organisasie waar ons as ‘n NGO gebruikte sporttoerusting, items of materiaal op so ‘n manier wil hersikuleer dat dit ‘n produk van hoër kwaliteit en waarde bring aan instansies of individue wat dit nog nie het nie. Ons fokus is om sport as ‘n positiewe, konstruktiewe voertuig te gebruik om verandering in ons land te bewerkstellig, om te inspireer, hoop te bring en om geleenthede aan die minderbevoorregtes te gee,” verduidelik hy. “Ons visie is om ‘n storie van hoop uit te leef en om die lewens van mense wat nie al die geleenthede en voorregte het nie deur middel van sport te verbeter,” gaan hy voort. Volgens Heinrich is die naam van die organisasie betekenisvol en met ‘n doel gekies.

“Upcycle gaan nie net oor herwinning nie. Dit gaan nie net oor iets wat vir iemand nie meer bruikbaar is, maar vir iemand anders van groot waarde kan wees nie. Die ‘up’ dui daarop dat ons mense wil bemagtig en opheffingswerk wil doen. Die ‘cycle’ het nie net met herwinning of sport te doen nie, maar gaan veral oor die siklus van aangee, hulp, ondersteuning en opheffing waarby elkeen van ons betrokke kan wees. Daar is soveel negaitewe spirale in ons samelewing. Met hierdie inisiatief wil ons strukture vir ‘n positiewe spiraal in plek kry,” sê Heinrich. Hierdie voormalige inwoner van Huis Andrew Murray en leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool was ook tot onlangs ‘n onderwyser by sy alma mater, Hugenote Laerskool. Dit is juis tydens sy eie skoolloopbaan, sowel as sy loopbaan as onderwyser, dat hy met die positiewe impak wat sport op kinders se lewens kan hê, te doen gekry het. Heinrich het al self getuig watter opbouende rol sport in sy lewe gespeel het, en dat hy hierdie positiewe invloed ook vir ander kinders wat dalk nie in wenslike omstandighede grootword nie, wil moontlik maak. Die ‘Random acts of kindness’ wat deel van die Mnr. SA-finaliste se uitdagings was, die manier waarop hul bemarkingsvermoë op die proef gestel is, sowel as Heinrich se ondervinding met sport het hom deeglik toegerus vir dít wat hy nou met UpcycleSA wil aanpak. Hy het reeds talle skenkings van skole, individue en instansies vir hierdie doel ontvang en hy kon reeds sporttoerusting aan talle skole skenk. Verskeie groot besighede het ook hul gewig agter Heinrich se projek ingegooi en skenk ‘n gedeelte van die wins uit die verkoop van hul produkte aan UpcycleSA. Heinrich, saam met sy vennote, Lizel Visser en die voormalige Mnr. SA, Dieter Voight, het talle skole reeds met broodnodige rugby-, krieket-, netbal-, hokkie- en tennistoerusting gehelp. Hulle het op Donderdag 10 Oktober ‘n hele vrag sporttoerusting by Alfons Primêr buite

Wellington gaan aflewer. Die leerders, personeel en skoolhoof van die skool was oorstelp oor hierdie skenking. “Hierdie toerusting sal ons help om beter sportafrigting by ons skool moontlik te maak en ons leerders gelyke kanse te bied wanneer hulle op die sportveld deelneem en kompeteer,” het een van die onderwysers dankbaar laat hoor. Een van Heinrich se naweek-ma’s in die tyd dat hy ‘n inwoner van Huis Andrew Murray was, Dawn Bradnick, is baie trots op wat hy besig is om te doen. Sy het UpcycleSA op ‘n facebookinskrywing ondersteun en mense aangemoedig om dieselfde te doen. “As jy besig is om jou huis skoon te maak, kinders universiteit of kollege toe stuur, besig is om af te skaal of dalk met ‘n geliefde sport ophou en liewer met die hond wil gaan stap of joga doen, soos ek, moet jy miskien gaan kyk na wat UpcycleSA besig is om te doen. Ons weet almal dat sport ‘n universele taal is en dat dit die beste

3

manier is om mense te verenig. Heinrich se doel is om sport as ‘n positiewe voertuig vir positiewe verandering te gebruik. Ek is so trots op hom!” het sy geskryf. Heinrich het voor die Mnr. SA-kompetisie in ‘n onderhoud met Het lieve Wellington gesê dat dit sy doelwit is om toekomstige uitdagings voluit en tot die beste van sy vermoë te voltooi en om ‘n goeie rolmodel te wees. Met UpcycleSA is dit presies wat hy besig is om te doen. Noudat hy die titel van Mnr. Suid-Afrika dra, kan hy hierdie platform gebruik om dít wat in sy hart brand, naamlik om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak, ‘n bydrae tot kinders in nood se lewens te maak en mense te motiveer, ten volle uitleef. Met die ondersteuning van al sy aanhangers en die hele Wellington wat baie trots is op hom, sal hy definitief in sy doel slaag. Mense wat belangstel om ou sporttoerusting aan UpcycleSA te skenk of meer inligting wil bekom, kan Lizel Visser by 083 666 3910 kontak.


4

16 Oktober 2019

Wellingtonner se motorkuns op die wenpad

Die Wellingtonner Garth Cupido se kreatiewe vaardighede, kunsvermoë en liefde vir motors is besig om oraloor aandag te trek. Hierdie nederige man se kunswerke van motors het die laaste tyd al hoe meer kuns- en motorliefhebbers laat regop sit en van sy uitsonderlike talent laat kennis neem. Garth, wat dit gewaag het om ‘n paar van sy kunswerke op sosiale media te deel, is oorval met positiewe terugvoer. Sy kunswerke is wyd en syd gedeel, duisende mense het daarvan gehou en talle joernaliste, veral van motorpublikasies, het hom intussen al hieroor gekontak. Sy motorkuns het sedertdien soos ‘n veldbrand versprei en die positiewe reaksie daarop is oorweldigend. Garth is in Wellington gebore en het sy laerskoolloopbaan aan Portia Primêr in Landsdowne en sy hoërskoolloopbaan by Noorder-Paarl Hoërskool voltooi. Volgens hom is

daar iets spesiaal aan motors. “Ek dink almal het maar ‘n liefde vir motors, sommige maar net meer as ander,” sê hy. Hy het sy liefde vir motors, wat waarskynlik in die “meer as ander” kategorie val, met sy liefde vir kuns begin kombineer. Dit het tot die uitsonderlike, lewensgetroue motorkuns waaroor mense nou so gaande is, gelei. Volgens hom is sy liefde vir kuns al van jongs af deel van wie hy is. “Ek was van kleins af het maar altyd met ‘n potlood in my hand doenig en al wat ek wou doen, is teken,” onthou hy. Dit was terwyl Garth op hoërskool was dat sy liefde vir motors en sy liefde vir kuns mekaar gevind en begin aanvul het. “Dit was iewers op hoërskool waar die twee bymekaar gekom het. Ek is eintlik nie seker wanneer dit presies gebeur het nie,” vertel hy oor die natuurlike simbiose van sy twee groot liefdes.

Kunstenaars se kreatiewe prosesse verskil. Inspirasie vir kunswerke word op verskillende maniere en plekke gebore. Vir Garth is dit veral die lyne van ouer motors wat hom inspireer. “Dis die lyne en kurwes van die ouer voertuie wat dit vir my doen. Voertuie wat deesdae so maklik bekombaar is, is net nie dieselfde nie,” sê hy. Hy is baie spesifiek oor die mediums waarin hy werk om die geloofwaardige, realistiese motorkuns te skep. “Ek gebruik Chameleon, Copic en Touch markers, potlood en Faber Castell polychromos,” verklap hy. Die uiterste konsentrasie, fokus en aandag wat sulke realistiese kunswerke verg, maak dat dit nie sommer binne ‘n paar uur voltooi kan word nie. “Dit vat so twee tot drie dae om ‘n kunswerk te voltooi, afhangende van die grootte en detail

Huweliksverryking binnekort aangebied

Plaaslike paartjies kan binnekort uitsien na ‘n spesiale naweek wat beloof om nuwe woema in enige verhouding te blaas. Hierdie huweliksverrykingsnaweek vind van Vrydag 8 November tot Sondag 10 November plaas en word deur die kenner, ds. Deon van der Berg, aangebied. Volgens een van die organiseerders, Carmen Engelbrecht, heet die huwelikseminaar “Beginet”. “Ons leuse en doel is: begin vandag, begin today,” verduidelik sy. Die seminaar is volgens Carmen spesifiek vir paartjies ontwerp om die doel, passie en

vervulling wat God vir hul verhouding of huwelik beplan het, te ontdek en te leef. “Paartjies sal kraakvars inspirasie ontvang vir hul lewe en huwelik saam en ook kontak maak met ander paartjies wat die pad saam met hulle sal stap,” sê sy. Die aanbieder van die seminaar, Deon van der Berg, gaan van die standpunt uit dat die huweliksverhouding deel van God se ontwerp vir die lewe is. “Daarom deel ons Bybelse riglyne wat mense sal help om ‘n huwelik van liefde, eenheid en geluk te leef. Selfs al gaan paartjies uit met die oog op ‘n huwelik, of al is hulle verloof,

pasgetroud of alreeds jare in die huwelik, al is dit ‘n eerste of ‘n hersaamgestelde huwelik, sal hierdie ‘n spesiale geleentheid vir paartjies wees om saam te ontdek en te groei,” sê Carmen. Sy gebruik die voorbeeld van ‘n motor om die onderhoudswerk wat ‘n verhouding verg, te illustreer. “Om die optimale plesier uit ‘n motor te kry, moet jy die motor gereeld versien. Baie motoreienaars is baie presies as dit kom by die versiening van hul motor, maar is nie so nougeset op die versiening van hul huweliksverhouding nie. Hierdie naweek is so ‘n versieningsgeleentheid,”

Tee ten bate van kankerlyers beplan ‘n Deftige oggendtee word op Saterdag 2 November ten bate van kankerlyers gehou. Die nie-winsgewende organisasie, Arms of Mercy, reël hierdie geleentheid wat in Simondium gaan plaasvind. Die fondse wat met die tee ingesamel sal word, sal vir die werk van Arms of Mercy gebruik word. Volgens Anéll van Romburgh van hierdie organisasie, is Arms of Mercy in 2017 deur ‘n paar individue, met die oog op die ondersteuning van kankerlyers, gestig. “Daar is ‘n kinderstjies met verskeie siektes waarna ons omsien, hierdie funksie is spesifiek om ons kindertjies met kanker te help met fondse,” verduidelik Anéll. Volgens haar het Arms of Mercy ook ‘n unieke konsep, waar hulle vir elke kind ‘n handgemaakte armbandjie van hoë gehalte maak en volgens elkeen se kleurvoorkeur ontwerp. “Dit word dan ook verkoop om fondse in te samel. Die konsep word ‘Charm a Child’ genoem,”

sê Anéll. Die spoggerige oggendtee wat Arms of Mercy op 2 November aanbied, is spesifiek om lyers aan leukemia en neuroblastoma kanker by te staan. “Dit is nie altyd moontlik om die lewe van ‘n kind in nood te verander nie. Daarom is ‘n geleentheid soos hierdie so belangrik. Dit is ‘n samekoms waar mense hul talent en samewerking kan gebruik om ons voortgesette werk met kinders wat pyn en lyding as gevolg van kanker verduur, te ondersteun,” sê Anéll. “Ons seremoniemeester vir die dag is die pragtige Michelle Gildenhuys Adams, wat ons gaste op hulle voete sal hou terwyl hulle luister na ons inspirerende motiveringsprekers. Een van hierdie sprekers is ons eie Neuroblastoma kanker-vegtertjie, Keanu, se mamma Colette, en ‘n ander is die baie gesogte Lizelle Knott, wat self ‘n Limfkanker leier was en deesdae mense toespreek en inspireer deur haar storie te vertel. Die immer gewilde sangeres met ‘n hart van goud,

Cordelia, sal mense vermaak en gesondheids- en fiksheidsghoeroe, Simone Simon, sal vir gaste meer vertel oor ‘n gesonde leefstyl en selfs paar oefeninge wys hoe om elke dag fiks te bly,” gaan sy voort. Arms of Mercy samel fondse in om in veral kinderkankerlyers se behoeftes te help voorsien. Die armbande wat hulle as deel van hul fondsinsamelingsprojekte maak en verkoop, se fondse word vir die behoeftes van kinders met spesiale behoeftes, kanker, lewensbedreigende mediese toestande, verswakkende gestremdhede en verskeie ander mediese toestande gebruik. Winste word vir mediese onkostes en gespesialiseerde behandeling, wat ‘n beter kans op lewenskwaliteit aan die kinders kan bied, aangewend. “Hierdie kinders is in nood en afhanklik van gespesialiseerde behandeling wat soms nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Dit jaag die behandeling maklik tot miljoene rande op. In

NUUS • NEWS

op die prent,” sê Garth. Hy is steeds verras oor die oorweldigende reaksie wat sy kunswerke op sosiale media en elders ontlok het. Sy kuns is oral in die nuus en duisende mense het daarvan begin notisie neem. “Ek het so ‘n paar prente op social media gesit en weens likes, shares en retweets van vriende en familie het ‘n paar joernaliste my gekontak,” vertel hy oor die kitsroem van sy kuns. Intussen gaan daar nie ‘n dag verby dat die klassieke ontwerp, lyne en kurwes van ouer voertuie hom nie inspireer om nog kuns te skep nie. Sy kunswerke is só in aanvraag dat mense hom selfs met spesiale versoeke van kunswerke van hul voertuie kan kontak. Enigeen wat ‘n ou voertuig het waarvan hul graag ‘n kunswerk wil hê, kan hul Garth op Instagram by @panna7nine of op Twitter by @ garthcupido1 met hul versoek kontak.

verduidelik Carmen. Onderwerpe wat aangeraak gaan word om ‘n wen-huwelik of -verhouding te verseker, is sake soos die regte fondasie om ‘n huwelik te laat werk, kommunikasie, konflikhantering, belydenis en vergifnis, die skoonfamilie, die regte wedstrydplan vir die huwelik en ook wat dit beteken om in ‘n Verbodshuwelik te staan. Paartjies wat belangstel om die naweek by te woon, kan Carmen by 012-111 0691, 071 142 3038, admin@beginet.org of carmen. engelbrecht2@gmail.com vir meer inligting of besprekings kontak.

vandag se ekonomie kan bitter min ouers en families dit bekostig om hierdie tipe behandeling op hul eie te befonds. Daarom maak selfs die kleinste bydrae wat ons kan lewer om hulle te help soms ‘n groot verskil,” verduidelik Anéll. Volgens haar kan die gemeenskap, besighede en individue hulle help deur onder andere tafels by die geleentheid te borg, pryse te skenk vir hul geskenksakkies of vir pryse, borgskappe vir dinge soos die kos, drinkgoed, drukwerk, verpakking, dekor of blomme by die funksie aan te bied of hul diens vir iets soos byvoorbeeld fotografie, klank of beligting aan te bied. Belangstellendes kan Anéll by 076 9811 041, 076 463 0821, aom.eventswc@gmail.com of admin@armsofmercy.org.za kontak. Mense kan ook meer oor die spesiale kinders wat Arms of Mercy met hul fondsinsamelingsinisiatiewe ondersteun uitvind deur hul webtuiste, www. armsofmercy.org.za, te besoek.


NUUS • NEWS

16 Oktober 2019

Pedal Power bring honderde fietsryers na Wellington

Wellington was op Sondag 6 Oktober ‘n miernes van fietsrybedrywighede toe honderde fietsryers van regoor die land aan ‘n groot fietswedren-geleentheid hier kom deelneem het. Waentjies vol fietse, voertuie met fietsrakke, speke, pedale, fietsry-uitrustings en -valhelms het Generaal Hertzoglaan, voor Hugenote Laerskool, in ‘n aksiebelaaide hutspot omtower. Hugenote Laerskool het ook as wegspringen eindpunt vir die drie wedrenne wat op die dag plaasgevind het, gedien. Fietsryers het aan ‘n 50km-, ‘n 110km- en ‘n 160km-wedren

deelgeneem en reeds vroegoggend weggespring. Die roetes van die wedrenne was almal langs die pragtige paai in en rondom Wellington. Van die wedrenne het tot agter Groenberg en oor Bainskloof gestrek. Ander het met ‘n wye draai via die R302 tot by die N7 plaasgevind. Om 13:30 het ‘n gelukkige prystrekking plaasgevind en fietsryers, hul families en ondersteuners was tot na vieruur die middag in die dorp aktief. Alhoewel talle roetes en paaie in en rondom Wellington deur die wedrenne geaffekteer is, het Wellingtonners hul gebruiklike gasvryheid

betoon. Met hierdie groot geleentheid hetdie Pedal Power Organisasie getrou gebly aan hul grootste doelwit, naamlik om fietsry en die belange van fietsryers te bevorder. Die fondse wat met hierdie geleentheid gegenereer is, sal gebruik word om verskeie ander projekte en fietsry-inisiatiewe te befonds. Die Pedal Power Organisasie is die grootste ontspanningsfietsry-organisasie in Suid-Afrika. Hulle het ongeveer 16 000 lede en is ook verantwoordelik vir die Kaapstad Fietstoer

5

(voorheen bekend as die Cape Argus Fietstoer). Dit was dus ‘n ongelooflike voorreg om ‘n fietswedren van so ‘n groot formaat, georganiseer deur so ‘n gerekende organisasie in ons dorp gade te slaan. Talle Wellingtonners het die geleentheid gade geslaan en die fietsryers langs die roetes en by die begin- en eindpunt ondersteun. Plaaslike fietsryers het ook aan die geleentheid deelgeneem.

Hugenote Hoërskool het op Dinsdag 8 Oktober hul jaarlikse Top 20 Atletiekbyeenkoms aangebied. Honderde laer- en hoërskoolatlete van talle skole het aan byeenkoms deelgeneem en uitstekende prestasies aan die begin van die atletiekseisoen behaal.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.