2 Oktober 2019 Wellington

Page 1

Swartland • Bergrivier 18

NUUS NUUS •• NEWS NEWS

2 2 Oktober oktober 2019 2019

SPORT 2 Oktober 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 2288 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

2 Oktober 2019

Balle rol in Engines revving for rally saketoernooi Die gewilde Sakemanne-rolbaltoernooi wat jaarliks deur die Malmesbury Rolbalklub aangebied word, is hier. Die rolbalklub nooi alle besighede en kollegas na dié gesellige geleentheid uit wat oor sewe dae sal plaasvind. Skryf jou besigheid vir enige van die sewe dae in of selfs vir meer as een aand waartydens daar teen ander plaaslike besighede gespeel sal word. Drie wedstryde van ses skofte elk sal gespeel word. Enige sportdrag is welkom met ‘n plathak tekkie wat gedra moet word. Nie net besighede nie, maar ook skole, kerke of selfs plaaslike sportklubs is welkom om deel te kom neem. Die eerste toernooi skop Maandag, die 14de Oktober om 18:00 af en duur tot sowat 21:00 die aand. Die volgende datums sluit in die 21ste Oktober, 22 Oktober, 16 en 23 Oktober, asook 17 en 24 Oktober. Die finaal vind Woensdag, 30 Oktober plaas waartydens die twee topspanne van elke aand teen mekaar te staan sal kom. Inskrywingsfooie is slegs R350 per span van vier persone. Kontantkroeg en verversings is ook deurlopend beskikbaar. Vir meer inligting en om in te skryf, kan ‘n e-pos aan drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com gestuur word.

bl 3• Results Uitslae

DUIWE

DARLING – Hopetown (28 September) 1. Warnick Family; 2. Isaacs Family; 3. Warnick Family; 4. Baron & Sons; 5. Wllemburg Family; 6. Willemburg Family; 7. Willemburg Family; 8. Isaacs Family; 9. Isaacs Family; 10. Baron & Sons; 11. Willemburg Family; 12. Baron & Sons; 13. Willemburg Family; 14. Willemburg Family; 15. Willemburg Family RIEBEEK WES – Hopetown 1 (28 September) 1 Adams Hokke 16.13.10; 2 MJ Hokke 16.15.20; 3 Mentoor Hokke 16.35.10; 4 MJ Hokke 16.36.10; 5 Alex Fam 16.58.24; 6 Mentoor Hokke 17.13.29; 7 Adams Hokke 17.19.48; 8 Adams Hokke 17.52.34; 9 Mentoor Hokke 18.02.56; 10 Alex Fam 18.19.44

Drawwers lê kilometers af vir Stryd om die geestesgesondheid kroon van muurbal

Marlene skuur skouers met adellikes

Die Malmesbury-muurbalklub het die afgelope seisoen geski�er in die WP-liga. Drie spanne van dié klub het vanjaar in hierdie groep meegeding. Die eerste span het in die vierde liga gespeel en het 'n derde plek behaal. Die tweede span het in die sewende liga kragte gemeet en 'n vierde plek behaal. Die sterre van die klub was egter die derde span wat in die 15de liga gespeel het en ook hierdie liga gewen het. Die klub is nou besig met hul klubkampioenskappe en die semi-finale in die klub- en plaat-kompe�sie vind op 1 Oktober om 18:00 plaas. Die finale wedstryde word op 8 Oktober om 18:00 gespeel, wanneer sake uitgespook sal word om die kroon as kampioen.

bl 2

Just one week until the 2019 Western Cape Rally Champions will be crowned. Rozario “Sonny” Bonafede and Ralph Behm won the inaugural championship in 1964 with an ex-works French Simca 1000 and both would become legends of the sport in their own right. Few would argue that Sonny Bonafede was the standard by which rallies were organised as he knew routes that maps did not know about whilst Ralph Behm would lead the sport from the top seat for almost 27 years before retiring in the year 2000. Vito Bonafede need no introduction as the navigator for Serge Damseaux and now Gennaro Bonafede is carving an international career with BMW. Richard Behm added a Western Cape drivers title to the five navigator titles of Ralph and certainly impressed on the national scene. There have been many individual champions, but these two individuals, Sonny Bonafede and Ralph Behm, cast the foundation on which the oldest provincial sporting championship in the Republic of South Africa had been built. When the first car leaves the start line from Hyundai Malmesbury at 09h00 on Saturday 5 October 2019 most of the truly hard work behind the scenes will have been completed for the CCMCC Riebeek Valley Rally. The Time and Distance Schedule forms the backbone of the day, but the Clerk of the Course and his dedicated team of officials stand to be tested throughout the event as so many unexpected surprises could result in decisions having to be made in the best interest of competitors, spectators and the sport in general. The route is set and 31 teams running at two minute intervals have to complete eight special stages linked by liaison sections to the best of their abilities before reaching the finale Parc Fermé at Pulpit Rock Winery in Riebeek Wes. The only real opportunity to catch their breath would be during the mid event Service Park at the Meiring Primary School Riebeek Kasteel.

Wen met museum se fotokompetisie

bl 3

Rule number one in rallying states that drivers do not make mistakes, which puts quite a load on the shoulders of the navigators. Rule number two simply refers to rule number one. In short, winning the class or rally simply reflects a brilliant performance from the driver whilst anything else represents poor performance from the navigator. If you believe that, you have to be a driver! It has been some time since anyone from the Hottentots Holland district have claimed the Western Cape Rally Drivers title and Llewellyn Jones could now bring that distinction home to Somerset West. Serge Damseaux (10 times SA and 16 times WP Rally Drivers Champion) dominated the local scene but the last Somerset West based driver to win the championship (12 years ago) was in fact Jean-Pierre Damseaux in the awesome Team Total A7 Toyota Corolla 2.0 (2006 – 2007). Class S3 as always represent the bulk of the entry list and it will undoubtedly prove be very entertaining as Mustapha Mia (Kensington) and Ameen Snell (Ottery) will be determined to win the class in their Mia’s Motorsport 456 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6i. Riyaan Amlay (Grassy Park) and Clerk of the Course Daan Terblanche (Edgemead) will have the Assistance of Pierre van der Westhuizen (Piketberg) and the CCMCC Riebeek Valley Rally enjoys the valued support of Hyundai Malmesbury, Jarat Tours, PPC Cement, R Waan Media, Ramlay Builders, Pulpit Rock Winery and Kenilworth Karting. Thank you to the various landowners making their roads available for the eights special stages. Good spectator points will be announced in the Spectator Guide, please support the event in leaving these areas litter free. Vote for your favourite teams on the various polls on the Facebook events page.

Groot fietsren vir Wellington

Patrick Vermaak 083 701 8116

bl 5

MALMESBURY - Hopetown OPE 3 1 J Steenkamp 1141.5891; 2 Bordeaux A 1094.1046; 3 Bordeaux A 1087.7269; 4 Cross Border Lofts 1071.9113; 5 Kotze Familie Hokke 1066.2556; 6 G Horn 1045.8613; 7 G Williams 1040.4178; 8 Bordeaux A 1039.2358; 9 J Steenkamp 1038.5966; 10 G Horn 1020.2675; Hopetown Ope 4 1 Cross Border Lofts 1130.1372; 2 G Horn 1112.1150; 3 G Horn 1110.9048; 4 Bordeaux A 1080.3796; 5 Bordeaux A 1076.3979; 6 G Williams 1074.6095; 7 G Horn 1073.8427; 8 Kotze Familie Hokke 1054.1702; 9 G Horn 1047.1266; 10 J Steenkamp 1040.2531

Oggendtee teen borskanker gehou

OMEGA – Hopetown (28 September) 1 Kasu & Sons 16.38.49; 2 Manuel Lofts 16.58.41; 3 Manuel Lofts 17.03.41; 4 Manuel Lofts 17.29.33; 5 Jannie Morris 17.34.27; 6 Sheldon Bros 17.44.38; 7 Shane Arendse 17.47.01; 8 Kasu & Sons 17.47.53; 9 Sheldon Bros 18.07.30; 10 S Zimri 18.08.58

GHOLF Woensdag Sundowner, 25 September – Enkel Stableford – John Smith 23, Shafiek Pietersen 20, Brian de Beer 20, Gert Agenbag 19 Saterdag, 28 September – Maandelikse Houespel Adriaan Louw 65, Billy Howburg 66, Jan Rossouw 66, John Smith 68, Jaco Mostert 68, Evan Liedeman 69, Franklin Beukes 69, Wesley van der Merwe 69, Josef de Beer 70, Dick Ross 71

bl 6


2

2 oktober 2019

NUUS • NEWS

Marlene skuur skouers met adellikes Marlene le Roux is sekerlik een van Wellington se blinkste abassadeurs. Hierdie Hoof Uitvoerende Beampte van Artscape, die ontvanger van ‘n ere-doktorsgraad vir haar bydraes in opvoeding, onderwys, die uitvoerende kunste, sowel as sosiale transformasie in Suid-Afrika, die ontvanger van die Vredesprys vir Afrika en die ontvanger van die “Point of Light” toekenning het onlangs met lede van die Britse Koningshuis skouers geskuur. Tydens Prins Harry en Meghan, die Hertog en Hertogin van Sussex, se onlangse besoek in Kaapstad, het Marlene hulle tydens ‘n deftige funksie by die woning van die Britse Hoë Kommissaris ontmoet. Die koninklike paartjie het met Marlene gesels en hulle is met haar kenmerkende uitbundige lag begroet. By die funksie, waar jeugleierskap en aktivisme in die kollig geplaas is, het Harry en Meghan met ongeveer 200 uitgesoekte gaste gesels. Hierdie gaste het onder andere vroulike leiers uit agtergeblewe gebiede, plaaslike entrepreneurs, verteenwoordigers uit die modebedryf en bewaringsaktiviste uit die omgewing ingesluit. Prins Harry het ‘n toespraak, waarin hy meer oor sy besoek aan Nyanga vertel het, by die geleentheid gelewer. Marlene, wat verlede jaar die “Point of Light” toekenning van Koningin Elizabeth vir haar inspirerende vrywillige werk tot die bevordering van gestremde mense ontvang het, het ook ‘n persoonlik getekende toekenning van Koningin Elizabeth II hiervoor van Harrry en Meghan by die geleentheid ontvang. Die “Point of Light” toekenning poog om uitstaande vrywilligers wat ‘n merkbare impak op die lewe van ander het, innoverende benaderings tot sosiale uitdagings bied en mense inspireer om ‘n positiewe verandering binne en buite hul gemeenskappe te bring, te vereer. Dit is ‘n spesiale reeks toekennings wat inspirerende vrywilligers deur die hele Statebond identifiseer. Die koningin, as hoof van die Statebond, kies hierdie mense en maak die aankondiging. Marlene is die vyfde verteenwoordiger wat uit Suid-Afrika gekies is vir haar vrywillige werk om gestremde persone te bemagtig. Marlene, wat in haar lewe al op vele maniere met verskillende vorms van gebrek gekonfronteer is, het nooit daarvan weggeskram nie, maar juis die lig daarop gewerp, dit genormaliseer en probeer om dit in iets positiefs te verander. Sy lewe self met ‘n gestremdheid wat deur die polio wat sy as kind gehad het, veroorsaak is. Sy is ook die ma van ‘n gestremde kind, Adam, wat sy

verlede jaar aan die dood moes afstaan. “Ek is ‘n gestremde vrou wat polio gehad het as kind. En ek is die ma van ‘n gestremde kind. Ek is ‘n vrou van kleur wat die slegte dinge van apartheid beleef het. "Ek moes ook leer hoe om ‘n enkelma te wees. So daar was baie uitdagings. Maar my motto in die lewe is: Die lewe skuld jou niks,” het sy tydens ‘n vorige onderhoud met Het lieve Wellington te kenne gegee. Haar positiewe ingesteldheid, werksetiek en deursettingsvermoë het haar egter, ten spyte van baie struikelblokke, sukses laat behaal. Sy het ook ‘n spreekbuis en aktivis vir ander gestremdes geword en beywer haar vir die bemagtiging van hierdie mense. “Ek doen dit glad nie doelbewus nie. Ek is self gestrem, en ek weet wat dit is om te baklei vir n plekkie in die son. Ek het ook ‘n seun gehad wat erg gestrem was, wat nie kon sien of enigiets vir homself doen nie. Hy was blind, ons moet hom voer deur ‘n pypie deur sy maag. Maar ek het hom verstaan. Ons het ‘n geweldige band gehad. Hy het my baie lewenslesse geleer - dat die lewe in verskillende vorme kom. En jy kan ‘n nalatenskap van liefde, omgee en ‘net jy te wees’ vir die wêreld gee. En dit was Adam. Soveel mense het hom omarm, omdat ek besluit het hy gaan nie weggesteek word nie. Maar dit is ook belangrik om te doen, ek kon hom onvoorwaardelikke liefde gee omdat ek ‘n goeie werk het en verpleegsters kon bekostig,” sê sy. Volgens Marlene is die dinge wat sy as kind in Wellington geleer het die hoekstene waarop sy vandag voortbou. “In Wellington se gemeenskap het ek geleer om hard te werk. Die geloof wat my familie, kerkleiers, vriende en onderwysers in my gehad het, het my in myself laat glo. Ek is vandag hier omdat al hierdie mense in Wellington in my geglo het,” het sy tydens ‘n vorige onderhoud gesê. Vir Marlene is haar ontmoeting met die Hertog en Hertogin van Sussex, sowel as die “Point of Light” toekenning ‘n groot eer. “Representing, Her Majesty Queen Elizabeth II, the Duke and Duchess of Sussex presented me with the personalized signed award from Queen Elizabeth II on their recent visit to Cape Town, South Africa. The Commonwealth Point of light Award bestowed upon me by Her Majesty the Queen is an honour I receive with gratitude and humility. The responsibility of being the 5th recipient for South Africa will be a privilege to represent,” het sy na haar ontmoeting met die koninklike paartjie op facebook geskryf.

Nika Lerm, ‘n leerder aan Hugenote Laerskool, het onlangs uitstekend presteer by die South African Gymnastics Federation (SAGF) se Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe. Hierdie jong plaaslik gimnas het uitnemende punte in al haar dissiplines behaal en drie podiumplekke in die kompetisie losgeslaan. Die SAGF is die Suid-Afrikaanse beheerliggaam vir gimnastiek binne die geografiese grense van ons land en oefen beheer uit oor 9 gimnastiese dissiplines. Hulle is ook by die International Gymnastics Federation (FIG), die Africa Gymnastic Union (UAG) en die South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC) geaffilieer en word deur die Sport and Recreation South Africa (SRSA) organisasie erken. Tydens die onlangs Nasionale Kampioenskappe het gimnaste

van regoor die land in verskillende kategorieë aan die onderskeie dissiplines deelgeneem. Nika het uitstekende presteer deur ‘n 8.3 vir brug en 8.7 vir die bokkie as puntetellings te verwerf. Sy het ‘n algehele tweede plek in SuidAfrika met haar puntetelling van 9.4 vir haar vloervertoning losgeslaan. Met ‘n uitsonderlike 9.45 puntetelling vir haar vertoning op die balk is sy as Suid-Afrikaanse kampioen in hierdie dissipline gekroon. Haar puik vertonings het haar boonop ‘n algehele derde plek in die land besorg. Gimnastiek verg uiterste toewyding, ongelooflike fokus en baie ure se oefening. Met hierdie ongelooflike prestasie het Nika haar staal gewys in die nasionale arena gewys - iets waarop sy, haar gesin, haar skool en ons dorp baie trots kan wees.

Nika op SA se Gimnastiekpodium


NUUS • NEWS

3

2 oktober 2019

Fotokompetisie

Koorts Nuwe foto/s Tydens die onlangse Winnie Rust Toekennings geleentheid, is twee vroue gesamentlik as die Winnie Rust Wellington Vrou van die jaar aangewys. Wie is hulle? Besoek Wellington Museum of jy kan jou antwoord epos of per telefoon instuur na Shandré of Olivia by 0218734710 of welmus@telkomsa.net of shandre@wellingtonmuseum.co.za

‘n Afvaardiging van die Drakenstein Munisipaliteit, gelei deur raadslid Gert Combrink, onderburgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, is tans in Duitsland om meer kennis en kundigheid rakende afvalbestuur, afvalvermindering, rommelvoorkoming en omgewingsbeskerming by Bavariese eksperts te bekom. “Die langtermyn doel van hierdie besoek is om ‘n bydrae tot klimaatsverligting in Drakenstein te maak. Volhoubare afvalbestuurspraktyke soos afvalvermindering, die hergebruik van afval, herwinning en die gebruik van bio-gastegnologie sal die uitstraling van kweekhuisgasse en die totale koolstofvoetspoor van Drakenstein verminder,” sê Combrink. Die afvaardiging wat op 23 September in Duitsland aangekom het, sluit Koos le Roux, burgemeesterskomiteelid vir Ingenieursdienste, Thys Serfontein, senior bestuurder van afvalbestuur in Drakenstein en senior verteenwoordigers van die WesKaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning en die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit in. Die onkostes van die Drakenstein se afgevaardigdes word deur Engagement Gobal, ‘n organisasie wat deur die Duitse Federale Regering gemagtig is en wat verskillende befondsingsmoontlikhede voorsien, befonds. Hierdie ondersteuning vorm deel van ‘n vyfjaar-oue klimaatsvennootskap tussen die Munisipaliteit en die Stad van Neumarkt in Bavaria. Gedurende die weeklange kundigheidsbesoek sal die afgevaardigdes afvalbestuursfassiliteite in Neumarkt en Bavaria besoek. Dit sluit onder andere fassiliteite soos afval-tot-energie-werke, bio-gas-werke, herwinningsfassiliteite en ander fassiliteite wat met die diversivisering van stortingsterreine te doen het in. Die hoofdoelwit is om eerstehandse praktiese ondervinding in geïntegreerde soliede afvalbestuursprogramme op te doen en hierdie kundigheid terug na Drakenstein te bring. Die afvaardiging sal ook met Duitse kundiges vergader om afvalinisiatiewe wat goed in Neumarkt of oor die algemeen in Bavaria werk en die potensiaal het om suksesvol in Drakenstein geïmplementeer te word, te bespreek “Ons is altyd bly om ons gaste van Drakenstein te verwelkom, veral in die lig van ons vennootskap wat reeds oor vyf jaar strek,” het Thomas Thumann, die Burgemeester van die Stad van Neumarkt, gesê. “Hierdie keer is dit ‘n kundige afvaardiging wat die onderwerp van afvalbestuur wil bestudeer en die insigte van hierdie samewerking sal help om die globale probleem wat met hierdie onderwerp te doen het, aan te spreek,” het hy voortgegaan. Soos in ander wêrelddele, het Drakenstein verskeie uitdagings ten opsigte van afvalbestuur. Een van hierdie probleme is die feit dat die Munisipaliteit se bestaande gelisensieerde stortingsterrein net genoeg spasie tot Augustus 2020 bied. Verskillende oplossings hiervoor is óf in ‘n beplanningsfase, óf besig om te vorder. Dit sluit ‘n aansoek om die hoogtebeperking van 12m vir ‘n stortingsterrein na 18m te verhoog. Hierdie aanpassing sal genoeg spasie vir ‘n verdere vyf tot sewe jaar skep. Moontlike langertermyn oplossings is om die moontlikheid van

‘n vergroting van die stortingsterrein se huidige voetspoor, wat ‘n ekstra 20 tot 25 jaar se spasie sal beteken, te ondersoek, of om die vereiste infrastruktuur te ondersoek om alle organiese algemene afval van die terrein te herlei om sodoende minder spasie te gebruik. Intussen sluit die Drakenstein Munisipaliteit se afvalverminderingspraktyke die volgende in: herwinning by die bron by sekere formele hoëinkomste huishoudings; die opkap van groen organiese afval; en die gebruik van bourommel as bedekkingsmateriaal op die stortingsterrein. Afvalingenieurs by die stortingsterrein en by die Paarl Materiaalherwinningsfassiliteit herlei herwinbare afval en verkoop dit aan plaaslike herwinningsmaatskappye. Die Drakenstein Munisipaliteit implementeer ook ‘n betaal-soos-jy-gooi-sisteem om afvalvermindering te vergoed. Die Munisipaliteit is ook besig om ‘n ruilwinkel-program in informele areas te ontwikkel. Hiermee kan sakke met herwinbare materiaal wat deur die gemeenskap by ‘n sentrale punt ingehandig word, vir noodsaaklike gebruiksitems soos seep, tandepasta, skryfbehoeftes en sanitêre doekies geruil word. Die kundige afvaardiging na Neumarkt, Bavaria, sal ‘n basis skep waarvolgens die huidige beplande oplossings geëvalueer kan word. Dit sal ook moontlikhede bied om die implementering van prosesse te verbeter, terwyl daar met rolspelers soos die publiek, nie-regeringsorganisasies, die privaat sektor en regeringsorganisasies saamgewerk word. Hierby sal dit ook ‘n groter bewustheid rondom die globale probleem van verbruik en afval kweek. Met die afvaardiging se terugkeer op 29 September, sal ‘n volhoubare afvalbestuursverslag deur die Munisipaliteit saamgestel word. Dit sal ‘n sinopsis van alle fassiliteite en programme wat hul tydens hul tyd in Duitsland besoek het, kundiges waarmee hul gekonsulteer het en ‘n plan vir die pad vorentoe vir die Munisipaliteit insluit. ‘n Publieke werkswinkel sal ook in November gehou word waar daar terugvoer aan die Drakenstein gemeenskap gegee sal word. In die medium-termyn sal hierdie inligting in ‘n opgedateerde Drakenstein Afvalbestuursplan opgeneem word. Dit sal meer gedetaileerde maatreëls en tydsraamwerke lys en sal aan die Drakenstein Munisipale Raad vir goedkeuring voorgelê word. Die opgedateerde plan se fokusareas sal die volgende insluit: diversivisering van stortingsterreine, afvalvermindering, herwining, opvoeding in afvalbestuur, werkskepping en die indentifisering van nuwe tegnologie in afvalbestuur soos byvoorbeeld afval-tot-energie en bio-gas-fassiliteite wat as veilig vir die gemeenskap bewys is. Hierdie plan sal poog om ‘n bekostigbare vasteafvaldiens aan die publiek en besighede te lewer en ‘n volhoubare oplossing vir vaste-afvalbestuur binne Drakenstein te voorsien. Hiermee wil die Munisipaliteit ook nuwe werksgeleenthede in die informele en formele industrieë skep, die impak op die omgewing en mense verminder terwyl hulle heeltemal aan alle wetgewing en omgewingsvoorwaardes voldoen. Hulle wil ook ‘n veilige werksomgewing vir entrepreneurs en werknemers van die Munisipaliteit skep en effektiewe, veilige metodes om van afval ontslae te raak, die norm maak.

Munisipaliteit skerp afvalbestuursin Duitsland op

Die drawwer wat die skof deur Wellington gehardloop het, word deur Kerkstraat begelei.

Drawwers vir geestesgesondheid kuier op Wellington ‘n Groep drawwers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het besluit om 1 075km in vyf dae af te lê om bewustheid rondom geestesgesondheid te kweek. Hierdie groep, wat op 20 September in Bloemfontein weggespring het, het op Woensdag 25 September tydens hul laaste skof deur Wellington gedraf. Lede van die groep het vroegoggend by Perfect Place vir ‘n oggendkoffie en ‘n praatjie oor geestesgesondheid aangedoen. Daar het groot opgewondenheid geheers toe die drawwer wat die skof deur Wellington gedoen het, onder begeleiding deur Kerkstraat beweeg het. Die groep het reeds drie-uur die oggend van Ceres af begin hardloop en oor Bainskloof na Wellington gekom. Volgens dr. Lynette van der Merwe, een van die organiseerders van die inisiatief, bestaan die groep drawwers uit 22 atlete wat mekaar tydens 3km-skofte oor die roete afgelos het. “Ons het ook nie ‘n roete langs die hoofweë gevolg nie, maar juis deur kleiner dorpies en die platteland gehardloop om bewustheid oor geestesgesondheid in die meer afgeleë dele van ons land te kweek,” het sy verduidelik. Die idee vir die inisiatief het onder die personeel van die UV posgevat toe hulle aan ‘n onderlinge uitdaging, waar hulle hul daaglikse treë moes tel, deelgeneem het. “Een van die personeellede het gesê dat ons nie net die treë op ons elektroniese toestelle moes dophou nie, maar fisies ons voete die praatwerk op die langpad moes laat doen. Ons glo dat oefening medisyne is en wou met die inisiatief om van Bloemfontein tot in Stellenbosch te hardloop hierdie boodskap oordra. Oefening dra ook tot ons geestelike welstand by en ons wou hiermee ook die kollig op geestesgesondheid laat val,” het dr. Van der Merwe verder verduidelik. Die boodskap wat hulle oral langs die pad verkondig het, is dat gereelde oefening, wat 150 minute per week (30 minute vir 5 dae), ‘n beduidende verbetering in mense se fisiese en geestelike gesondheid teweeg kan bring. “Hierdie beginsel verminder die risiko van hartkwale met 40%, verminder die risiko van ‘n beroerte met 27%, dié van hoë bloeddruk met bykans 50% en die voorkoms van diabetes met tot 50%. Dit kan ook die risiko van terugkerende borskanker met 50% verminder, die risiko van kolonkanker met 60% verminder, die risiko op Alzheimers met ‘n derde verminder en depressie

Wellington Museum plaas gereeld 'n foto in die vertoonkassie voor die deur. As jy die foto kan identifiseer, staan jy 'n kans om 'n geldprys te wen. Besoek gerus Wellington Museum, identifiseer die foto en handig die antwoord met jou naam en kontakbesonderhede by die museum in. 'n Trekking om die wenner te bepaal vind maandeliks plaas. Die antwoord van die vorige foto is: Willie

help behandel,” het dr. Van der Merwe gesê. Volgens ‘n pamflet wat die groep oral langs hul roete uitgedeel het, word daar verduidelik dat depressie ‘n algemene geestestoestand is - iets waaraan 300 miljoen mense van alle ouederdomme ly. Meer vroue as mans word hierdeur geaffekteer. Daar is gelukkig effektiewe psigologiese en farmakologiese behandelings vir depressie. Tydens die praatjie by Perfect Place het dr. Van der Merwe oor die verband tussen oefening en geesteswelstand gepraat. Sy het ook die simboliek van hul hardloopaksie verduidelik. “Ons moet hande vat in die bewusmaking van geestesgesondheid. Mense moet as ‘n geheel gesond wees. Daar kleef ongelukkig nog ‘n slegte stigma aan geestesversteurings of dinge soos middelafhanklikheid. Ons wil met hierdie inisiatief ‘n boodskap van hoop bring. Ons het al die pad deur die dag en nag gehardloop. As jy deur die nag hardloop, sien jy die son opkom na die donker. Dit wys dat daar altyd hoop is. Dit is egter belangrik om met iemand te kan praat en uit te reik vir hulp,” het sy gesê. Die groep drawwers het ook al die pad met een aflosstokkie gehardloop. Die simboliek hieraan verbonde is dat, as mense mekaar bystaan, help en mekaar se laste help dra, die las minder gemaak word. “Met die ondersteuning van mense, die ‘aangee van die stokkie’ en die afwisseling van ‘skofte’ deur moeilike tye, kan mense meer vermag as wat hulle dink moontlik is,” het dr. Van der Merwe gesê. Volgens haar moet mense begin deur klein dingetjies vir hul eie gesondheid te doen. “Dit hoef nie duur te wees nie en jy hoef nie duisende rande aan ledegeld by ‘n gimnasium te bestee nie. Jy kan begin deur te stap, elke dag vir vyf dae van die week vir 30 minute aktief te wees en gesonde leefstylkeuses te maak. Oefening is medisyne,” glo sy en haar span. Met hierdie inisiatief wou die 22 personeellede van die UV poog om vir Suid-Afrikaners langs hul roete van Bloemfontein tot in Stellenbosch op die voordele van oefening, ook vir geestesgesondheid, te wys. “Ons daag mense uit om te begin oefen en aksie te neem. Dit is ‘n belegging in jou fisiese én geestelike gesondheid,” het dr. Van der Merwe afgesluit.


4

2 oktober 2019

NUUS • NEWS

Reik na Herstel hou oggendtee ten bate van borskanker

Bo: 'n Hele saal vol dames, meesal in pienk geklee, ten bate van Borskanker. Onder: Die strykensemble van die Frank Petersen Musieksentrum het vir vermaak gesorg. Links: Nalene Truter van Reik na Herstel vertel meer oor hierdie organisasie se doen en late.

Die Reik na Herstel organisasie het op 26 September hul jaarlikse Borskanker Bewusmaking/Fondsinsamelingsfunksie in die Wellington-Noord Kerksaal gehou. Soos gewoonlik was dit ‘n oggend van inspirasie en hoop. Talle borskanker-oorwinnaars, lyers wat steeds die stryd stry, sowel as vriende, familie en ondersteuners het die geleentheid bygewoon. ‘n Heerlike ete, talle gelukkige trekkings, interessante stalletjies deur ‘n verskeidenheid uitstallers, vermaak, lekker gesels en interessante sprekers het vir ‘n heerlike kuieroggend gesorg. Die Reik na Herstel inisiatief is amper 50 jaar gelede na Suid-Afrika gebring. Die Internasinale groep, Reach for Recovery, het sy ontstaan in Amerika gehad nadat ‘n borskanker pasiënt, Me Lasire, besluit het om inligting bymekaar te maak en dit met ander te deel. Die Reik na Herstelgroep se doel is om vroue wat met borskanker

gediagnoseer is te ondersteun en inligting te verskaf. Vrywilligers word deur die hospitaal of dokter gekontak indien daar iemand is wat deur die organisasie besoek kan word. Al die vrywilligers by Reik na Herstel is dames wat voorheen met borskanker gediagnoseer is en vir opleiding gegaan het. Tydens ‘n besoek aan ‘n nuwe kankerpasiënt verskaf hulle ‘n sakkie met inligtingsstukke en hulpmiddels wat die diagnose, behandeling en pad na herstel vir die pasiënt makliker maak. Hulle probeer ook enige vrae beantwoord wat die pasiënt mag hê. “Dis waar die inspirasie-deel van ons funksie inkom. Ons wil aan ander kankerpasiënte wys dat ‘n mens met borskanker ‘n vol en gelukkige lewe kan hê,” glo hulle. Tydens die geleentheid het Nalene Truter meer oor die doen en late van Reik na Herstel vertel. Volgens haar kos die spesiale sakkies wat

die organisasie aan pasiënte gee ongeveer R200 elk. “Verlede jaar het ons altesaam 56 van hierdie sakkies aan vroue in die omgewing uitgedeel. Ons laat ook pamflette druk, hou uitstallings vir bewusmaking, hou opedae by klinieke en hou bewusmakingsveldtogte om die belangrikheid van borsondersoeke te beklemtoon,” het sy gesê. Nalene het ook vertel van die kamer wat Reik na Herstel goedgunstiglik by Kansa gekry het wat hulle nou permanent vir die pas van prosteses vir pasiënte kan gebruik. Die organisasie het borge van verskeie instansies en organisasies ontvang, maar hoop om nog ‘n paar te kry. Die fondse wat hulle met die funksie ingesamel het, gaan aan hulle Ditto Projek, hul groepbyeenkomste wat vier keer ‘n jaar plaasvind en vir die saamstel van die sakkies wat hulle aan kankerpasiënte gee. Met hul Ditto

Projek streef hul daarna om elke vrou wat ‘n bors verloor het, van ‘n prostese te voorsien. Die projek fokus op staatspasiënte en pasiënte wat nie ‘n mediese fonds het nie. “’n Prostese kos ongeveer R4 000 elk en ons kon die afgelope twee jaar agt vroue van prosteses voorsien,” het Nalene vertel. ‘n Stryk-ensemble van die Frank Petersen Musieksentrum het deur die loop van die oggend vir vermaak gesorg. Daar is ook ‘n kersseremonie, waar talle kerse aangesteek is, ter ere van alle vroue wat borskanker oorwin het, steeds die stryd stry of die stryd verloor het gehou. Die hoogtepunt van die oggend was ‘n groepfoto van al die kankeroorwinnaars wat die geleentheid bygewoon het. Belangstellendes kan Annalien Vollgraaff by 083 263 3678 vir meer inligting oor Reik na Herstel kontak.


NUUS • NEWS

5

2 oktober 2019

Groot fietswedren binnekort op Wellington

‘n Baie groot fietswedren, die Pedal Power, word op Sondag 6 Oktober op Wellington gehou. Honderde fietsryers van regoor die land sal op ons dorp toesak om aan drie verskillende fietswedrenne deel te neem. Hugenote Laerskool se sportvelde sal as wegspring- en eindpunt vir die wedrenne dien. Tydens die Pedal Power geleentheid sal daar ‘n 50km-, ‘n 110km- en ‘n 160 fietswedren plaasvind. Fietsryers sal reeds om 06:00 die

oggend begin aanmeld en die eerste wedren spring vroegoggend weg. Die roetes van die wedrenne is almal langs die pragtige paai in en rondom Wellington. Van die wedrenne sal tot agter Groenberg, en ander met ‘n wye draai via die R302 tot by die N7 plaasvind. Om 13:30 sal ‘n gelukkige prystrekking plaasvind en fietsryers, hul families en ondersteuners sal tot na vieruur die middag in die dorp aktief wees. Volgens die organiseerders sal talle roetes

en paaie in en rondom Wellington deur die wedrenne geaffekteer word. Met hierdie groot geleentheid wil die Pedal Power Organisasie getrou bly aan hul grootste doelwit, naamlik om fietsry en die belange van fietsryers te bevorder. Die fondse wat met hierdie geleentheid gegenereer word, sal gebruik word om verskeie ander projekte en fietsry-inisiatiewe te befonds. Die Pedal Power Organisasie is die grootste

ontspanningsfietsry-organisasie in Suid-Afrika. Hulle het ongeveer 16 000 lede en is ook verantwoordelik vir die Kaapstad Fietstoer (voorheen bekend as die Cape Argus Fietstoer). Dit is dus ‘n ongelooflike voorreg om ‘n fietswedren van so ‘n groot formaat, georganiseer deur so ‘n gerekende organisasie in ons dorp gade te slaan. Lede van die publiek is welkom om die hutspot van fietsrybedrywighede op Sondag 6 September by te woon en te ondersteun.

Polocrosse-spelers kom wys hul staal op Wellington ‘n Stormloop van perdehoewe, stofwolke, ongelooflike ruitersvaardighede, groot vermaak en strawwe kompetisie was alles deel van die onlangse Polocrosse-toernooi wat deur die Cape Unicorn Polocrosse klub op Eikenbosch buite Wellington aangebied is. Hierdie toernooi het van 27 tot 29 September plaasgevind en agt polocrosse-spanne, bestaande uit van die land se beste spelers, het aan die geleentheid deelgeneem. Die Cape Unicorn Polocrosse klub is die amptelike Polocrosse-klub van Wellington. Die klub het vanjaar ook aan die Polocrosse Wêreldbeker Toernooi in Australië deelgeneem. Twee van hul spelers, Jannie en Retief Steenkamp, het die Wes-Kaap verteenwoordig en is ook vir die SA-span, waarvan Jannie die kaptein was, gekies. Jannie was boonop die PASA se speler van die jaar, sowel as die Kaapse Wynlande se Sportman van die jaar. Tydens die toernooi het die spanne vriendskaplike wedstryde, wat oor twee dae gestrek het, gespeel. Talle deelnemers het sommer vir die duur van die naweek op Eikenbosch gekamp. Die naweek het op Vrydag 27 September met ‘n informele bekendstelling van die deelnemende spanne afgeskop. Die wedstryde het Saterdagoggend reeds vroeg afgeskop toe die spanne van Onesure en Wellington Printers, Ugly Ducklings en WAHG teen mekaar te staan gekom het. Hierdie wedstryde is deur ‘n kragmeting tussen Soetendal Estate en Polana en Simpson Consulting teen Godfrey Family Farms opgevolg. Na ‘n middagete-ruskans is die wedstryde hervat en die spanne het vir die res van die dag, sowel as op Sondagoggend op ‘n rotasiebasis met mekaar meegeding. Vir die leek het die gedrukte programme wat by die geleentheid uitgedeel is, ‘n eenvoudige verduideliking van

die spel gegee. Die veld waarop die wedstryde gespeel word, kan uit grond of gras bestaan en is ongeveer 146m lank en 55m breed. Spanne kan punte aanteken deur ‘n bal deur hul opponente se doelpale te gooi. Hulle moet ter selfder tyd hul eie doelpale probeer beskerm. Ruiters het elk ‘n stok met “mandjie” aan die een punt waarmee hul die bal optel, vang en gooi terwyl hul op hul perde oor die veld beweeg. Alle spelers kan die bal vang, dra en gooi. Slegs die nommer 1-speler kan egter ‘n doel aanteken. Die reëls is met een doel voor oë opgestel, naamlik om die veiligheid van die speler en die perd te verseker. Enigiets wat ‘n gevaarlike situasie mag veroorsaak, word as onwettig beskou en word gepenaliseer. Spanne word saamgestel uit twee seksies met drie spelers elk en die speler wat die nommer 1 dra, is die hoof-aanvalspeler en teken die doele aan. Die nommer 2-speler is die “swing”-speler, wat beide aanvallend en verdedigend speel en die nommer 3-speler is die verdediger. Na die aksievolle wedstryde Saterdag, is die dag met ‘n heerlike kuiergeleentheid, waar lewendige musiek deur die groep Tequila en die sangeres Nadia Herbst, sowel as lekker kos vir ‘n gesellige byeenkoms gesorg het, afgesluit. ‘n Grootskerm-televisie het gesorg dat rugbygeesdriftiges die Springbokke se wedstryd tussen die wedstryde kon dophou. Sondag is daar tussen die wedstryde deur piekniek gehou en die talle stalletjies, gesigverf en ponieritte vir die jongspan het die hele naweek lank vir hope vermaak en pret gesorg. Die toernooi is Sondagmiddag met ‘n prysuitdeling afgesluit. Die span van die Godfrey Family Farm het uiteindelik die eerste plek in die A-afdeling gewen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.