9 Oktober 2019 Wellington

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

Senior-koorfees bekoor

Kunswerk opgeveil

bl 2

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

Corlea bekoor by vrouetee

bl 3

9 Oktober 2019

bl 3

Wellingtonner in Wes-Kaap-ronde

Swembaddens weer oopgestel

bl 4

bl 2


2

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

Kunswerk opgeveil Breyten Breytenbach het ‘n skildery in akriel op doek (1.3m x 1m) aan die Breytenbach Sentrum in Wellington geskenk om op te veil as deel van sy bydrea om geld in te samel vir broodnodige herstelwerk en bedryfskoste by die sentrum. Die werk, tipies Breytenbach, is in die surrealistiese styl geskilder. Dit beeld die feesvieringe van die Tuin van Digters 2019 uit, waar Breyten as feesdigter gehuldig is en sy 80ste verjaardag, op 16 September 2019, ook gevier is. Die sjefbeeld verteenwooordig die vooraf-ete wat gereël is op 12 September vir weldoeners en ondersteuners as deel van die geldinsamelingspoging. Die vrugte van die Wellington-vallei, druiwe, vye, appelkose, rissies en appels verteenwoordig die vrugbaarheid van die streek se mense sowel as hulle kreatiwiteit. Die eier in die hand van die sjef kan óf ’n eier óf die gongshi (heilige klip van wysheid) verteenwoordig. Belangstellendes wat graag die spesiale kunswerk wil koop, kan ’n aanbod na AnneGhrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, stuur by galery@breytenbachsentrum. co.za of haar kontak by 021 864 2988. Die geraamde werk agter glas, kan ook besigtig word in die galery by die Breytenbach Sentrum in Burgerstaat 14 in Wellington.

Munisipale swembaddens nou oop vir publiek Wellingtonners kan uitsien na ‘n lekker lafenis tydens die warm somerdae. Met die warmer somermaande om die draai het die Drakenstein Munsipaliteit se vyf swembaddens op 1 Oktober vir die publiek oopgemaak. Die swembaddens in Mbekweni, Paarl-Oos, Faurestraat, Weltevrede en Pentzstraat is daagliks vanaf tienoor soggens tot sewe-uur saans, ook oor naweke, oop. ‘n Hele paar swembaddens is opgegradeer, vernuwe en geverf en nuwe pompstelsels, sowel as veiligheidsheinings vir kinders, is geïnstalleer. Dit toegansgeld vir volwassenes is R15,40, vir kinders onder 15 R5,50 en pensionarisse kan gratis toegang verkry. ‘n Seisoenkaartjie vir die swembaddens kos R223,30 vir volwassenes en R111,10 vir kinders.

Week vir Ouer Persone by Silwerkruin gevier

Die Silwerkruin Huis vir Bejaardes het verlede week baie pret gehad met hul viering van die Nasionale Week vir Ouer Persone. Hierdie jaarlikse feestelikheid was vanjaar ‘n sosiale hoogtepunt met talle interessante en prettige aktiwiteite. Hierdie jaar se aktiwiteite is fyn beplan om die week vir die inwoners ekstra spesiaal te maak. Daar is ‘n spesiale program saamgestel met ‘n verskeidenheid van daaglikse aktiwiteite. Die week het op Maandag 30 September met Boeresport afgeskop. Die res van die week was propvol heerlike aktiwiteite en daar is selfs vir die pret ‘n Mnr. en Mev. Silwerkruin kompetisie gehou. Vrydag se pretstap deur die dorp was ‘n absolute hoogtepunt. Wellington se strate was ‘n miernes van joligheid terwyl die inwoners en personeel in rolstoele of op eie stoom op die maat van ritmietse musiek deur die dorp gestap het. Waterpunte is deur plaaslike instansies soos die ATKV en die plaaslike Museum langs die roete beman. Die week is Sondag op gepaste wyse met ‘n kerkdiens afgesluit.


NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

Corlea Botha bekoor Wellingtonners by Lentetee

3

Corlea Botha en Emsie du Toit, organiseerder van die geleentheid. Hugenote Hoërskool se Lentetee is sekerlik een van ons dorp se jarelange tradisies waarna plaaslike dames elke jaar uitsien. Hierdie geleentheid het weer op Saterdag 5 Oktober in die skoolsaal plaasgevind. Soos in die verlede, is die saal in ‘n oase omskep deur die talle gasvroue wat elk hul tafels feestelik getooi het. Pragtige en kreatiewe rangskikkings, heerlike eet- en drinkgoed, ongelooflike aandag aan detail en fyn porselein het die agtergrond vir ‘n heerlik kuieroggend geskep. Die tafels het onder die lekkernye gekreun en daar is in eg vroulike tradisie gesellig saamgekuier. Lorraine Kuun het in haar verwelkomingstoespraak melding gemaak van die goeie werk wat met die fondse wat tydens die Lentetee ingesamel word, gedoen word om die nood van behoeftige leerders by die skool te verlig. Sy het ook na die ryke tradisie van die Lentetee verwys en die oorspronklike organiseerder van die geleentheid, Edith Hofmeyer, wat dit dekades gelede reeds begin het en ook Saterdag se geleentheid as eregas bygewoon het, vereer. Die spreker by die geleentheid was die

bekende sangeres, Corlea Botha. Sy is al 18 jaar lank in die musiekindustrie, het talle pryse gewen en saam met tientalle internasionale en nasionale sterre, onder wie Mimi Coertse, Quinsy Jones en Miriam Makeba opgetree. “Breek ‘n bietjie die reëls” was die tema van die inspirerende praatjie wat sy met die gaste gedeel het. Volgens Corlea het sy van kleins af nie eintlik by die norm van wat die samelewing verwag, ingepas nie. “Ek het op drie al begin sanglesse neem en op vyf moes ek leer lees om my woorde vir konserte te leer. Op skool was ek die enigste een wat Engels kon lees en ek moes die ouer kinders daarmee help. Die onderwysers het baie van my gehou, maar nie eintlik die kinders nie. Ek het nie gepas by wat hulle as ‘normaal’ gesien het nie. Ek het vroeg in my lewe reeds geleer dat mense se kritiek en lelike kommentaar baie keer maar uit hul eie onkunde kom,” het sy gesê. Corlea het van haar ouers se positiewe ondersteuning getuig en ook vertel van hoe elke kompetisie en eisteddfod geleenthede was waaruit sy baie geleer het.

“Met kompetisies en eisteddfods het ek geleer dat kritiek deel van hierdie lewe is. Daar sal altyd iemand wees wat nie van iets hou wat jy doen nie. Dis iets waarmee jy moet vrede maak. Jy kan nie almal gelukkig maak nie,” het sy vertel. Omdat haar sangloopbaan en optredes op ‘n jong ouderdom baie van haar tyd vereis het, het sy van 12-jarige ouderdom tuisonderrig ontvang. Die feit dat sy teen haar eie pas kon werk, het uiteindelik daartoe gelei dat sy reeds op 15-jarige ouderdom gematrikuleer het. “Almal het hul eie weergawe van normaal. Wat vir jou werk, werk vir jou en jy hoef niks aan enigeen daaroor te verduidelik nie,” glo sy. Corlea het ook meer oor haar stormagtige jare as deel van “Lieflinge” saam met Rudi Claassen vertel. “Dit was twee en ‘n half jaar van goeie tye, maar die slegte tye het dit heeltemal oorskadu. Uiteindelik moes ek daarvan wegstap - vir myself, vir my loopbaan en vir my menswees,” het sy oor hierdie tydperk in haar loopbaan gesê. Volgens Corlea het sy geleer dat ‘n mens nie iets vir ander mense kan beteken as jy nie in die

eerste plek seker maak dat jy na jouself kyk nie. “Wanneer iemand jou nie meer kan beheer nie, probeer hulle gewoonlik om ander mense se persepsies van jou te beheer. Ek moes leer om te vergewe, vry te spreek en om te laat gaan,” het sy vertel. Sy glo dat as jy nie ‘n probleem kan oplos nie, dit heel waarskynlik is omdat jy te veel by die reëls probeer hou. “Breek die reëls, vind jou vryheid en leef jou beste lewe. Die samelewing stel die reëls op en ons laat onsself in daardie gietvorm verval. Onthou altyd: as dit goed genoeg is vir jou, is dit goed genoeg,” het sy afgesluit. Corlea het haar praatjie met liedjies uit haar repertoire afgewissel en die vertoning op ‘n hoogtepunt met “How great thou art” afgesluit. Die dames kon heerlike rondom die lekker eet- en drinkgoed kuier en hulle is ook met ‘n modevertoning van die matrieks se matriekafskeidrokke vermaak.

Die 38ste jaarlikse Koorfees vir Seniorburgers is op Donderdag 3 Oktober in Wellington-Oos se Kerkgebou gehou. Die plaaslike seniorkoor, die Herfsvreugde Koor o.l.v. mev. Hetta Cloete, het as gasheer vir hierdie geleentheid opgetree. Die verrigtinge het met heerlike verversings in die kerksaal afgeskop, waarna die koorfees deur Johann von Wielligh geopen is. Volgens mev. Cloete, wat ook die geleentheid oorhoofs georganiseer het, is hierdie Koorfees ‘n hoogtepunt op die kalender van talle senior persone. “Dit is vir ons ‘n voorreg om elke jaar hierdie geleentheid aan te bied. Die mense sien elke jaar

vreeslik hierna uit en Seniorkore vanoor die hele streek neem jaarliks aan hierdie fees deel,” sê sy. Daar het hierdie jaar altesaam 5 kore opgetree. Onder hulle was kore van die Kaap, Newton, die Paarl en Yzerfontein. Looprame, kieries, grys hare, gehoorapparate en rolstoele ten spyt, het talle seniorburgers Donderdag die trappies na die liturgiese area in die Wellington-Oos kerk met blink oë bestyg om dít waarvoor hulle lief is, te gaan doen. Daar is uit volle bors gesing, grappies gemaak en gesellig gekuier - want hulle kán nog. Die reëlings rondom die Koorfees is elke jaar ‘n spanpoging. Soos gewoonlik het ‘n hele klomp staatmakers weer ingespring om van hierdie fees

‘n sukses te maak. Daar is mense wat met die versierings en blomme gehelp het, mense wat die klank en tegniese aspekte van die fees behartig het, ‘n seremoniemeester en ‘n hele klomp wat met die verversings en tee behulpsaam was. Al hierdie rolspelers het gehelp om van hierdie jaarlikse gebeurtenis weereens ‘n groot sukses te maak. Die kore se repetoires het met ‘n verskeidenheid liedere en genres verras. Gewyde liedere, Afrikaanse gunstelinge, tradisionele Afrika-liedere en klassieke werke het in die kerk opgeklink. ‘n Paar paddas het selfs hul verskyning tydens

die plaaslike Herfsvreugde Koor se vertolking van “We all stand together” hul verskyning gemaak. Die gehoor het veral “Daar is niks met my verkeerd nie!”, ‘n verwerking van “Dapper muis” wat op die skete en kwale van die ouderdom sinspeel, terdeë geniet. Die kore se vertonings is met saamsing-items deur die gehoor afgewissel. Dit was voorwaar ‘n fees waar ouderdom geen rol gespeel het in die sukses of vreugde van die okkasie nie, maar eerder tot die kleurrykheid, betekenis en genot daarvan bygedra het. Elke koor het met ‘n lied in hul hart bewys dat musiek die grense van ouderdom laat wegval en mense saambind.

Koorfees vir Seniorburgers sorg vir groot vermaak


4

NUUS • NEWS

9 Oktober 2019

Wellingtonse skoonheid pryk by Mev. WP-kompetisie Die Wellingtonner Christelle Erasmus is onlangs as een van die Wes-Kaapse mooistes by die Mev. Westelike Provinsie Kompetisie aangewys. Buiten die feit dat sy as die tweede prinses in die Mev. WP-Kompetisie gekroon is, het sy ook die titel van Western Province Charity Queen losgeslaan. Hierdie pragtige Wellingtonner is nie net beeldskoon van buite nie, maar is ook ‘n dinamiese jong vrou met ‘n omgee-hart. Alhoewel sy in die Vrystaat gebore is en op Moorreesburg gematrikuleer het, is sy nou al vir twee en ‘n half jaar lank ‘n Wellingtonner. “Ek het na matriek dadelik begin werk, is later getroud en het nou ‘n seuntjie van twee. Ek het so vyf en ’n half jaar terug by die maatskappy waar ek nou werk, African Unity Life Ltd., begin werk,” vertel sy. Dit is juis by African Unity Life dat sy haar passie vir sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte ontdek het. “Ek het eers in admin en finansies gewerk. Soos die maatskappy gegroei het, het ‘n bemarkingsdepartement begin en ek het vir hulle gesê dat dit is waar ek moet wees. Na ‘n kursus in algemene bemarking by UCT, het ek by die Bemarkingspan as hul Navorsing- en Ontwikkelingspesialis aangesluit. Na twee jaar, is ek pas as bemarkingsbestuurder aangestel. Hier het ek my liefde vir sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte ontwikkel,” vertel Christelle. Volgens haar het haar betrokkenheid by hul “Free Financial Education” projek, waar hul op graad 11’s in geen-fooi-skole fokus, hul projek waar hul netbal in landelike gebiede in KZN borg en ‘n projek waar hul sanitêre doekies aan skooldogters voorsien, haar oë vir die waarde van gemeenskapsbetrokkenheid oopgemaak. Dit is ook iets waarvoor sy die Mev. WP-Kompetisie as ‘n platform kon gebruik. “Ek het te hore gekom van Dignity Dreams, waar herbruikbare sanitêre doekies aan dogters voorsien word, toe ek ingeskryf het vir Mev. Westelike Provinsie. Ons moes vir hul geld insamel. Dit was net só ‘n fantastiese inisiatief dat ek dit moes deel maak van ons netbal projek, aangesien ek weet hoe die meisies in daardie areas sukkel met veral sulke persoonlike sake,” sê sy.

Volgens Christelle het sy nooit kon droom dat sy aan ‘n kompetisie soos Mev. WP sou deelneem nie. “Ek het nóóit in my lewe gedink ek sou aan so iets deelneem nie – tot iemand dit eendag vir my genoem het, en ek nuuskierig geraak het,” sê sy. Christelle vertel dat daar hoofsaaklik drie dinge is wat tot haar besluit om aan die kompetisie deel te neem, bygedra het. Liefdadigheidswerk, die bemagtiging van vroue en haar mawees was van die hoofredes wat haar laat besluit het om vir die kompetisie in te skryf. “Toe ek sien watter goeie werk hul vir liefdadigheid doen en waarby hul betrokke is het dit dadelik my aandag getrek. Ek het ook besluit om dit vir myself te doen. In ons huidige situasie waar daar sterk gefokus word op vrouens en die geveg teen geweld teen vroue en kinders, is dit vir my ‘n sterk dryfveer om ander vrouens te bemagtig om beter lewens vir hulself te skep. Ek voel jy kan nie iemand bemagtig as jy nie eers jouself bemagtig het nie. Om ‘n ma te wees is sekerlik een van die mees uitdagende en wonderlike ervarings van my lewe! Dit is so ‘n groot verantwoordelikheid en probeer om die beste voorbeeld vir my seun te wees. Dit was my grootste dryfveer – ek wil my seun wys

hy kan eendag enigiets doen wat hy graag wil, en dat hy nooit moet fokus op die probleme om daar uit te kom nie, maar eerder hard moet werk en planne maak hoe om daar te kom,” verduidelik Christelle. Die Mnr./Mej./Mev. WP word deur OMT Pageants aangebied en enigeen wat permanent in die Westelike Provinsie woon, kon in die onderskeie afdelings vir die kompetisie inskryf.

Christelle moes vir haar afdeling vooraf liefdadigheidswerk doen en ‘n portefeulje met haar werk opstel. Die finaliste moes boonop vir die kompetisie se geaffilieerde liefddadigheidorganisasie, Dignity Dreams, geld insamel. Dit is veral Christelle se titel as “Charity Queen” waarop sy trots is en wat sy in haar toekomstige projekte wil gebruik. “Hierdie titel wil ek graag gebruik by die projekte wat ek vir die toekoms beplan om ander mense en besighede aan te moedig om meer terug te ploeg in ons gemeenskappe wat swaarkry. Dis vir my vreemd, maar dis nogal snaaks hoe mense ewe skielik beter luister en aandag gee sodra hul ‘n sash en ‘n kroon sien,” lag sy. Christelle glo dat, as ‘n mens se drome jou nie bang maak nie, dit nie groot genoeg is nie. Sy glo ook dat goeie werke die manier het om te vermenigvuldig. “Ek het dit nou al soveel keer beleef – sodra jy begin met goeie werk, dan het dit ‘n domino-effek. Dit wat jy goed doen vir mense, verdubbel vanself, en dit kom uit genade van bo. Die Here seën goeie werke, so ek bekommer my nooit as ons iets moet doen en daar is nie genoeg resources nie. Ek vertrou daar sal wees en elke keer word daar voorsien, en ook meer as waarvoor ons vra. Vra altyd in dankbaarheid, en jy sal ontvang,” glo sy. Haar raad aan vroue wat ook daaraan dink om aan soorgelyke kompetisies deel te neem is om dit net te doen. “Veral as jy ‘n mamma is, moet jy sulke geleenthede aangryp aangesien ons geneig is om onsself af te skeep met al ons verantwoordelikhede as vrouens. "Hier word jy gepamperlang vir ‘n dag, word jy mooigemaak soos ‘n model en kan jy ‘n pragtige aandrok dra. Doen dit vir die regte redes en jy sal nóóit spyt wees nie,” sê Christelle.

Ruimtelike Ontwikkelingsplan wil veerkragtige, geïntegreerde omgewing in streek skep Die Drakenstein Munisipaliteit se nuwe Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) wil ‘n geïntegreerde, veerkragtige omgewing skep wat daarna streef om uitnemendheid, innovering en die vryheid van alle mense van Drakenstein ‘n werklikheid te maak. Die Munisipaliteit nooi alle inwoners, besighede en rolspelers in die ontwikkelingsfeer uit om ‘n sê in die samestelling van die nuwe ROR te hê. Advokaat Johan Miller, Lid van die Burgemeesterskomitee vir Beplanning en Ontwikkeling by die Drakenstein Munisipaliteit, wys daarop dat die ROR ‘n raamwerk is wat na die oorkoepelende ruimtelike verspreiding van huidige en toekomstige gebruik van grond in die Drakenstein kyk. “Die ROR bring die visie en doelwitte van die Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan in effek en dit voorsien riglyne vir die Munisipaliteit se groei- en ontwikkelingsbesluite. Dit is baie belangrik dat die ROR die prioriteite, soos by die IDP-vergaderings bepaal, aanspreek en ook die begrotingstoekenning hiervoor in die medium termyn reflekteer,” het hy gesê. Die Munisipaliteit stel nou ‘n nuwe ROR op vir die Groter Drakenstein Munisipale Area, wat die Paarl,

Wellington, Mbekweni, Saron, Hermon, Gouda, Simondium en omliggende areas insluit. Hierdie nuwe ROR sal in 2020 die bestaan een, wat in 2018 deur die Munisipale Raad aanvaar is, vervang. Die visie vir die nuwe ROR is “’n Diverse gemeenskap, onderhou binne die vallei van vryheid, strewend na uitnemendheid”. Dit is gemik op ‘n poging om ‘n verdraagsame, samehangende gemeenskap, waar informaliteit aanvaar word, onreg van die verlede geprioritiseer word en waar almal se vryheid erken word, te skep. Om dit te bereik, sal die ROR: ‘n Langer-termyn ruimtelike ontwikkelingsvisie, wat verlangde ruimtelike groei, ontwikkelingsneigings en patrone vir ‘n 5-jaar (2020-2025), 10-jaar (20202030) en 20-jaar (2020-2040) beplanningshorison daarstel; Bepaal waar publieke en private belegging geprioritiseer en gefassiliteer moet word; Die visie en doelwitte van die Drakenstein Munisipaliteit se IDP en begroting reflekteer; Belangrike ruimtelike elemente en areas wat gedetaileerde beplanning, herstrukturering en integrasie benodig, identifiseer; Ruimtelike transformasie op ‘n gekoördineerde

wyse bestuur; Geleenthede vir ontwikkeling skep en meer sekerheid aan rolspelers en aandeelhouers (soos ontwikkelaars, gemeenskappe, eienaars van eiendom, organisasies, besighede, munisipale departemente en meer) skep; en Riglyne en inligting rakende besluite vir die grondgebruik-bestuurstelsel van die Munisipaliteit voorsien. Dit is belangrik om te onthou dat die ROR enige regte ten opsigte van grondgebruik wegneem of gee nie, maar eerder as riglyn en inligtingsbron vir besluite deur die Munisipaliteit dien. Daarom is dit ‘n begeleidende dokument. Enigeen is welkom om aan die ROR publieke deelna me proses, wat van nou tot 5 Desember sal plaasvind, deel te neem. Die volgende sessies is oop vir die publiek: Gouda Gemeenskapsaal 4 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Saron Gemeenskapsaal 4 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Mbekweni Gemeenskapsaal 5 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00)

Simondium Gemeenskapsaal 5 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Paarl Stadsaal 7 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Wellington Stadsaal 12 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Hermon Biblioteek 12 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Paarl-Oos Biblioteek 14 November 2019 15:00 – 19:00 (Voorlegging om 18:00) Enigeen wat ‘n kopie van die dokument of enige verdere hulp rakende die publieke deelname proses benodig, kan die volgende persone kontak: • Wayne Hendricks by 021 8074835 of wayne.hendricks@drakenstein.gov.za; • Alexander Rehder by 021 8074813 of alexander.rehder@drakenstein.gov.za; • Bisschoff Bosman by 021 8074834 of bisschoffb@drakenstein.gov.za; of • Louis Schlechter by 021 8076236 of louis. schlechter@drakenstein.gov.za. Die nuwe ROR behoort teen Maart 2020 voltooi te wees en teen die einde van Mei 2020 deur die Raad aanvaar te wees.

Raad verhoog behoeftige eiendomswaardasiedrempel

Die Drakenstein Munisipale Raad het op 30 September 2019 ‘n wysiging tot sy behoeftige ondersteuningsbeleid goedgekeur. Hiervolgens is die munisipale eiendomsbelanstingwaardasied rempel van R500 000 vir behoeftige verbruikers tot R950 000 verhoog. Dit behoort die las van behoeftige huishoudings wat eiedom besit en in munisipale huureenhede woon, te verlig. “Ons het na ons gemeenskap geluister. Ons erken hul bekommernisse en besware. Die Munisipaliteit besef dat baie mense regtig sukkel om hul begrotings in vandag se strawwe ekonomiese omstandighede te laat klop. Ons wil doen wat ons kan om dit ‘n bietjie makliker vir ons mense te maak, veral vir ons arm en weerlose inwoners,” het burgemeester Conrad Poole gesê. Hierdie hersiening sal die Munsipaliteit ‘n

ekstra R5,7 miljoen per jaar uit die sak jaag, wat deur besparings in ander areas of deur addisionele inkomste gefinansier sal moet word. As gevolg van hierdie besluit sal die Raad se Kliëntediens, Kredietkontrole, Skuldinvordering en Behoeftige Ondersteuningsbeleid aangepas moet word. Die Drakenstein Munisipaliteit pas reeds sedert 1 Julie 2019 ‘n nuwe Behoeftigheidsbeleid toe. Veranderings is gemaak nadat die Munisipaliteit ontdek het dat daar mense was wat uit behoeftige ondersteuning voordeel getrek het, terwyl hul in der waarheid nie behoeftig was nie. Dit Munisipaliteit het toe sy beleid in hierdie verband aangepas om te verseker dat slegs waarlik behoeftige mense behoorlik hierdeur gehelp word.

Sedert Julie 2019 het die hoeveelheid behoeftige huishoudings wat ‘n subsidie in Drakenstein ontvang van 12 239 tot 14 729 in Augustus 2019 toegeneem. In vergelyking met die Nasionale Regering se riglyne en ander munisipaliteite, was Drakenstein Munisipaliteit tot dusver baie meer toegeeflik in hierdie verband en het hulle meer geldelike en welwillende ondersteuning aan behoeftiges verskaf. Die Nasionale Riglyne vir die waardasiedrempel van behoeftige grondeienaars is byvoorbeeld R15 000. In die Breede Vallei Munisipaliteit is die R85 000, in Swartland Munisipaliteit is dit R95 000, by Witzenberg Munisipaliteit is die R120 000, by George R150 000 en by Stellenbosch R200 000. By die Drakenstein Munisipaliteit is hierdie drempel nou R950 000.

Bykomend tot hierdie aanpassing, sluit die Munisipaliteit se behoeftige subsidievoordele ook 6kl gratis water per maand, vier vullisverwyderings per maand en ‘n munisipale vullisdrom, rioolheffing vir een toilet en basiese kostes vir ‘n erfgrootte van tot 550m² per maand en die basiese heffing vir ‘n 30Amp elektrisiteitsaansluiting met sekere gratis hoeveelhede elektrisiteit per maand in. Hierdie gratis elektrisiteit word met ‘n glyskaal volgens die huishouding se inkomste bepaal. Korting op munisipale huureenhede word op dieselfde basis toegepas. Vir meer inligting rakende die Drakenstein Munisipaliteit se behoeftige subsidievoordele kan inwoners die Munisipaliteit by hul tolvrynommer, 080 131 3553, of customercare@drakenstein.gov.za kontak.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.