Blommeprag 2019

Page 1

Hopefield Fynbosskou vier 30 jaar

Photo credit: Hopefield Fynbos Show

Kaart en program binne

Van bos tot blom bekyk

Blommeprag

2019 Blommeprag

1


Blomme wys gesig

D

ie blommeseisoen, wat gewoonlik gedurende Augustus en September pronk, is vanjaar reeds in volle swang. Hoewel die serpe en jasse nog nie weggebêre kan word nie en nog baie reën nodig is vir die damme om vol te raak, kan daar uitgesien word na die sonnige dae, ideaal daarvoor om blomme te kyk en die natuur te kan geniet. Daar was einde Julie reeds blomme op die roete te sien. Die eerste teken van dié seisoen wat wink, is wanneer die armsrokkie begin blom wat vroeg verlede maand aan die Weskus aangetref is. Die plate veldblomme en die verskeidenheid blomen plantspesies wat gedurende die tyd van die jaar op sy mooiste is, bied reeds hope opwinding opsigself. Dié seisoen is ekstra spesiaal met vanjaar se Hopefield Fynbosskou wat 30 jaar oud is. Die Hopefield Fynbosskou nooi besoekers uit om die prag van wat die fynbos in die omgewing alles bied, vanaf 29 Augustus tot 1 September te kom besigtig, soos daar sedert 1989 met dié tradisie voortgegaan word. Die Darling Veldblommeskou, het twee jaar gelede

2

Blommeprag

hul 100ste bestaansjaar gevier. Die Darling Veldblomvereniging het vanjaar weer nie teleurgestel nie en vind vanaf 20 September tot 22 September op Darling plaas. Net om die draai van Darling, is die Morawiese gemeenskap van Mamre te vind. Die hoogtepunt van dié skou, behalwe nou vir die natuur, is die Mamre Opera, wat die Darling Veldblommeskou voorafgaan. Vanjaar se operakonsert, is die volledige La Traviata van Verdi, met soliste en ‘n koor wat op Sondag 15 September om 14h00 plaasvind. Die opera word begelei deur Jose Dias en aangebied deur Thys Greeff. Vir besprekings, kontak Greeff by 0827494457 of stuur ‘n e-pos na thysgreeff@isat.co.za. Die Clanwilliam Veldblommeskou vind vanjaar vanaf Vrydag, 23 Augustus tot Sondag, 1 September in die Blomkerk in Hoofstraat plaas. Die geleentheid is ‘n moet vir alle veldblom-entoesiaste. Vanjaar se tema is Harmonie en die balans wat gehandhaaf word tussen die uitbreiding van landbougrond en bewaring van die natuur.

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

3


Wat om te onthou

Die veldblomseisoen het amptelik op 1 Augustus afgeskop en duur tot aan die einde van September. Verseker ‘n optimale blommekyk-ervaring deur die volgende wenke te volg: Kontak die streek wat jy wil besoek se toerismekantoor. Hulle sal jou inlig waar die beste besoekpunte geleë is. Voor jy wel die roete volg, maak seker of dit nou die regte tyd is om te gaan blomme kyk. Blomme is gewoonlik op die warmste tyd van dag, tussen 10:30 en 15:00, op hul mooiste. Die son moet skyn vir die blomme om oop te wees. As dit reën of bewolk is, is dit nie die moeite werd nie. Die dag se temperatuur moet ook ten minste 18°C wees. Reisigers word aangeraai om in ‘n noordelike rigting te reis en dan hulle roete suidwaarts terug te werk om die volle blomprag te aanskou. Sou blommekykers ‘n sirkel-roete wil volg, probeer om in ‘n westelike rigting te reis gedurende die oggend, gevolg deur ‘n suidelike rigting en dan terug te keer in ‘n oostelike rigting. Sorg dat jou kamera se battery altyd gelaai is en dat jy ‘n ekstra battery ingepak het vóór jy die pad aandurf om te gaan blomme kyk. ‘n Geheuekaart is ook nie ‘n slegte idee om te onthou nie. Selfoonopvangs mag dalk beperk wees van plek tot plek, so wees net bedag daarop. 4

Blommeprag

Pak altyd ekstra drinkwater vir die pad in. Tref voorsorg en maak seker jy het kontant in jou beursie. Sommige bestemmings, soos Sanparke (Weskus Nasionale Park, Namakwa Nasionale Park) vra toegangsfooie. Vir besigtiging op sy beste, asook mooi foto’s om saam terug te neem, moet jou rug na die son wees, want blomme draai na die son. Daar sal op plekke ‘n magdom Namakwalandse daisies, reёn daisies of vygies wees, maar klim gerus uit die motor en gaan stap tussen die blomme om daardie ander versteekte spesies te gaan ontdek. Onthou net om nie op die blomme te trap nie. Moet ook nooit blomme of blombolle pluk nie. Dra verkieslik langbroeke en gemaklike skoene. Onthou om ‘n afweermiddel vir insekte in te pak. Dorpe al langs die blomroete is ver uit mekaar geleë. Maak seker jou tenk is vol brandstof. Hou die Weskus, Swartland en Namakwaland skoon – moenie rommel strooi nie en verwyder asseblief enige plastiek-verpakkings wat die natuurskoon kan bederf. Bron: Karin Belo van Azul Coastal Tours, Namakwa Toere en West Coast Way.

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

5


6

Blommeprag

2019 Blommeprag


Lui-lui Met vanjaar se gemiddelde reënvalseisoen, is dit dalk ‘n goeie idee om die area, voor jou besoek, ‘n luitjie te gee. Die volgende nommers kan handig te pas kom gedurende die blommeseisoen.

Weskus Blomlyn: 063 724 6203 Sanparke: 022 772 2144 Weskus Toerisme: 022 433 8505 Clanwilliam Toerisme: 027 482 2024 Van Rhynsdorp Toerisme: 027 219 1552 Nieuwoudtville Toerisme: 027 218 1336 Matzikama Munisipaliteit: 0800 123 4567 Namakwa Weskus Toerisme: 082 608 7554 Garies Toerisme: 027 652 1220 Springbok Toerisme: 027 712 8035

Blommeprag

2019 Blommeprag

7


Darling vol in

blom

‘n Karnaval van Veldblomme wag op jou tydens vanjaar se Darling Veldblommeskou. Die skou, aangebied deur die Darling Veldblommevereniging, se tema skree vanjaar ‘n Karnaval van Veldblomme, en dit is presies wat dit is. Die Ikoniese Veldblommeskou vier sy 102de bestaansjaar in September. Die kleurryke prentjie van massas veldblomme bring van 20 tot 22 September weer vreugde aan Darling-inwoners en besoekers tydens die 2019 Darling Veldblommeskou. Die skou vind plaas wanneer die streek

8

Blommeprag

se veldblomme vol in die blom staan, en die tema, “ ʼn Karnaval van Veldblomme”, leen juis by die optimistiese, karnavalagtige atmosfeer wat die dorp en streek dan vul. Plaaslike kunstenaar Nicolaas Maritz is die skou se ontwerper, en mik om die reënboogkleure van die seisoen in al sy aspekte uit te beeld. Maritz is gekonfyt in die skep van interessante landskapontwerpe, en het voorheen al met groot sukses as ontwerper en bestuurder van vele plaaslike veldblommeskoue opgetree. “Ek het besluit

2019 Blommeprag


om vanjaar die kleurryke blommerangskikkings te beklemtoon, maar met ʼn kontemporêre kinkel,” sê Maritz. “Ek is passievol oor die bewaring van die plaaslike renosterveldhabitat, en glo dat dié saak ten beste bevorder word deur die publiek se positiewe reaksie op aantreklike én insiggewende uitstallings by die veldblommeskou.” Besoekers aan die skou moet uitkyk vir verskeie interessante verrassings, soos die mitiese Florasaurus: ʼn dinosaurus met ʼn voorliefde vir plante wat wegkruipertjie speel in een van die veldblommeskou se landskappe. Die Darling Veldblommeskou bied ʼn verskeidenheid van aktiwiteite vir jonk en oud aan. Kaartjies sluit in: • Toegang tot die Landskapsaal waar veldblomme uit die streek in hulle natuurlike habitat uitgebeeld word • ʼn Kunsvlyt & Gourmet kosmark • ʼn Uitstalling van veteraantrekkers en -motors • ʼn Vermaaklikheidstent met musiek deur plaaslike kunstenaars • ‘n Heen-en-weer diens vanaf die skougronde na plaaslike interessanthede in Darling • Veilige parkering Die meer as 100 kos- en kunsvlytstalletjies

Blommeprag

gaan beslis jou smaakkliere en lus vir inkopies prikkel! Vir die jongspan wag ʼn naweek vol pret in die speelparkarea, met alles van gesigverf tot pret-ritte op die agenda. Volwassenes kan ontspan in die mini-wynroete tent. Die skou vier ʼn belangrike deel van die Kaapse Fynboskoninkryk, wat bestaan uit renosterveld, rietveld, sandveld en strandveld, waar altesaam meer as 1200 verskillende blomspesies gevind kan word. Jou toegangsgeld tot die Darling Veldblommeskou maak dit vir ons moontlik om ons bedreigde blommekoninkryk vir die toekoms te bewaar, so kom kuier saam met ons by die Darling Veldblommeskou en maak ʼn belangrike bydrae. Tye: Vrydag tot Sondag van 09:00 tot 17:00 by Darling Sportklub, Jacarandastraat op Darling. Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za Groepafslag op aansoek. Koste vir volwassenes: R70, pensioenarisse: R50, leerders 7 tot 18 jaar: R50 en kinders 0 tot 6 jaar: gratis. Vir meer inligting, bel 084 916 1111 of stuur ‘n e-pos aan info@darlingwildflowers.co.za. Jy kan ook hul webblad by www.darlingwildflowers.co.za besoek. Volg die geleentheid vanjaar op Facebook @DarlingWildflowerSociety, Twitter @DWildflowers en Instagram @darlingwildflowers.

2019 Blommeprag

9


10

Blommeprag

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

11


Blomkoninkryk roep liefhebbers reeds 30 jaar

E

lke jaar, net so voor die jaar na sy einde hardloop, kom die klomp Hopefielders bymekaar vir ‘n makiete van astronomiese, of sal ons eerder sê, blomme-nomiese, proporsies! Jip, dis tyd vir die jaarlikse Hopefield Fynbosskou. Hierdie is egter nie soos enige ander plattelandse skou nie. Dit fokus op die asemrowende blomme-paradys wat deel uitmaak van net ‘n paar soortgelyke blomme-koninkryke in die wêreld. Dis fynbos…daar is niks soos dit nie. Die vars soet en aards houtagtige -reuk daarvan ontmoet jou sodra jy dit uit jou voertuig of huis waag en oral sien jy vrolike pienk, geel, pers, oranje en rooi kleure. Fynbos is egter nie net die koninklike proteas nie, nee! Van die pragtige wilde watsonia, tot die fraai speldekussings en nederige veldblommetjies wat ons daisies noem – hulle maak almal deel uit van die fynbos planteryk. Vir die afgelope 30 jaar al werk Hopefield se inwoners vanaf die end van Augustus tot die eerste dae in September om hierdie ongelooflike blomme en plante-prag ten toon te stel deur hierdie unieke fynbosskou. Hulle bou tydelike uitstallings met plante en bome binne

12

Blommeprag

die Fiona Kotze-saal om al die unieke flora-omgewings te verteenwoordig, naamlik renosterveld, rietveld, sandveld en vleiland. Besoekers vlok van heinde en verre om blomme te kom kyk en te leer oor die fynbos en heuning boerdery wat die dorpie se attraksie is. Ongeveer 20 000 mense besoek Hopefield oor die naweek van 29 Augustus tot 1 September elke jaar. Die nederige ontstaan van die skou is te danke aan Fiona Kotze wat in 1989 die eerste Fynbosskou ge-organiseer het. Sy het sommer haar bure gevra om haar te help om die blomme by die skou-gronde uit te stal. Almal het egter ingeval en gehelp en so is die tradisie begin en voortgedra. Vandag is die fokus op omgewingsbewaring en tentoonstelling van die plantspesies. ‘n Lekker braai en kuier maak dit ‘n 4-dag geleentheid met aktiwiteite soos Mej Fynbos, ‘n bergfiets-uitrit, kos en tuisgemaakte produkte stalletjies en ‘n vertoning deur die plaaslike veteraan motors asook die Silwer Valke van die lugmag. Die skou is ‘n groot bron van inkomste vir Hopefield en word uitstekend deur die plaaslike besighede ondersteun.

2019 Blommeprag


29 Aug - 1 Sept 2019

Blommeprag

2019 Blommeprag

13


14

Blommeprag

2019 Blommeprag


Fun Facts about the Hopefield Fynbos Show The renosterveld region’s vegetation is dominated by a species of grey-coloured plant called renosterbos, most likely the reason behind its name. The sandveld area’s vegetation consists of species of succulents and fynbos that thrive in sandy and dry climates. The rietveld region is home to reed-like vegetation. The wetlands are base to unique aquatic species that thrive in waterlogged soil and very distinct ecosystems. The show is very well supported by local sponsors and businesses. • Lynn Dreyer

Blommeprag

2019 Blommeprag

15


Pla asm ol -

7. Commercial Hotel 8. Hello Eatery 9. Vanilla Paws 9. Amber Stone 9. Joy’s Biltong 10. Cheese Lady Diner 11. The Mill Market 12. Oppi Hoek Cafe

Ga rde

Old

12

ut S

t.

Indu

strie

oikran

Hartbeeshuisie

St.

Akasia

Lelie S

Sonneblo

m St.

St Zoute Riv er

Anglican Church

Oak

St.

Primro

Denne

St.

se St.

t.

Biesies’ Spring Skool St.

Park St

.

16

River

kant St.

St.

Dwar s St.

s St.

Blommeprag

2019 Blommeprag

St

nho

Populie r

l St.

Olie

Garden

nde

Vred enb urg 5 Rd.

St.

Ama

nS t.

Oa

1 Businesses

Places of Interest

5km

kS t.

1. Passion For Wood 1. Gretha Helberg Art 2. Chef & Farmer 2. SA Mini Land 3. Simply Bee Shop & Observation 4. Madonna 5. Bou Smous 6. Monte Christo


Zo ute Riv er

St. rde n

Ch ur ch

St .

Ga

Go

usb

lom

St.

Sand

St.

Hope S t.

Sand S t.

Hoek St.

6

10

Kort St.

Hof St.

Victoria St.

Graveyard

East St.

Fort St.

Market Station St.

ker Rd.

Ko Fynbos Park pe rfo nt ein Rd .

St.

St.

Voortre k

Resevoir

St.

Churc h

11

m St.

Church & Organ

3 4

R45

Aandblo

8 9 2 1

Victoria St.

Museum Voortre kker Rd . 7

t.

t.

Graveyard

Fynbos Show

Hopefield Sports Grounds

Baard S t.

Blommeprag

2019 Blommeprag

17


18

Blommeprag

2019 Blommeprag


pe

Shuttle Bus Stop

P

rfo

Information

nt

ATM

ei . Rd

B

Emergency Servises

Fynbos Park

n

$

Parking

Ko

P B i

Fynbos & Flowers

Entrance & Tickets

i

$

Potjiekos Competition

Stalls Toilets

Bar & Dinng Room

Farm Animals

m diu

P

Sta

Fynbos Exhibition

Arts & Craft Stalls

Cafeteria

Kids Entertainment

Kids Play Area

Toilets

Agri Expo

P

Beer Tent

Toilets

MTB Race Start

Blommeprag

2019 Blommeprag

19


Camembertkaas en heuning As jy lus is vir iets sag, maar kraakvol, is hierdie beslis 'n resep wat jy moet probeer. Vinnig, maklik en in 'n japtrap kan jy iets stylvol en smaakvol voorsit aan jou kuiergaste en vriende. Henela van Simply Bee deel haar staatmakerresep met ons.

• Verhit jou oond tot 180°C • Plaas die Camembert in die oond op 'n oondpan en laat dit vir 20 minute in die oond.

20

• Plaas die warm Camembertkaas op 'n houtbord en skep die heuning en neute oor die kaas. • Bedien met brood of brosbeskuitjies.

Blommeprag

2019 Blommeprag

• Die heuning en neute werk ook goed in 'n slaai, of saam met joghurt soggens met ontbyt.


Article by Lynn Dreyer

Hopefield Where it all began Every year at the end of August to the beginning of September Hopefield is a-buzz with activity. It’s time for the annual Hopefield Fynbos Flower show. This year they celebrate 30 glorious years! The first Hopefield Fynbos Show was organized by Fiona Kotzé way back in 1989. At that time it was the very first Fynbos flower show organised in South Africa. The Fynbos displays are painstakingly laid out in the Fiona Kotze hall at the Hopefield Sports club. Plant species representing Renosterveld, Wetland, Sandveld and Rietveld are sourced from the veld and displayed showing the diverse and beautiful flora decorating the west coast throughout the year. Another valuable product of Hopefield is their world renowned fynbos honey. This fragrant and flavourful liquid gold is not only a

Blommeprag

sought after sweet treat but also a provides job opportunities to many of the locals. We work hand in hand with Cape Nature to ensure compliance with nature guidelines. So what is the show all about…? You will find over 500 species of Fynbos in four botanical zones around Hopefield all year round. The Fynbos Show exhibits displays the diverse flora of the Sandveld and Swartland regions and is equal to Chelsea flower show standards. The show focuses on the importance of the conservation of the Fynbos biodiversity zones directly adjacent to Hopefield while giving visitors the opportunity to see some of the hundreds of fynbos species in the flower displays and herbarium.

2019 Blommeprag

21


22

Blommeprag

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

23


24

Blommeprag

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

25


Kweek jou eie lushof George Retief, eienaar van Malmesbury Kwekery, gee ons raad oor wat jy met jou tuin in een van die koudste maande gedurende die jaar moet maak vir optimale tuinversorging. Sekere plante is baie gevoelig vir die koue en word baie keer deur die uiterste toestande geaffekteer, soos in die geval van die hibiskus, die bougainvillea, crotons en ook sekere huisplante, om net ‘n paar te noem. Probeer dalk om jou plante wat binne die huis is of onderdak is, nie te nat te hou nie en plaas dit in ‘n warm en sonnige plek in die huis. Die plante wat deur die koue geaffekteer word, kan so teen die einde van Augustus ‘n bietjie teruggesnoei word nadat die ergste koue en rypgevaar verby is. Dit sal dan gedurende die lente weer mooi en nuwe groei lewer. Ek vertrou dat jy al die nodige snoeitake met jou rose en vrugtebome aangepak het. Probeer om snoeiwerk aan die bladwisselnde tuinvriende teen middel Augustus af te handel. Onthou ook om met kalkswael of cumulus te spuit direk na snoei vir sluimerende swamsiektes en ander plae. Ons grasperke kry ook swaar, veral die gedeeltes wat in baie skadu van die groot bome en geboue is. Dit bly nat en soms word die gedeeltes

26

Blommeprag

selfs vrotterig. Probeer om nie oor daardie gedeeltes te loop nie. En indien moontlik, saag ‘n tak of meer van die boom af sodat daar meer son op die gras kan skyn. Los daardie gedeeltes net so met rus. Dit kom weer reg sodra dit warmer word. Indien daardie areas baie nat is, probeer dalk die dreinering verbeter. Indien jy nog nie blomplantjies of blomstruike vir jou lentetuin geplant het nie, sal jy nou dringend daarmee moet begin. Anders gaan jy nie ‘n mooi, blommende lentetuin kan geniet nie. Berei jou grond voor met baie kompos, sodat jou plantjies welig kan groei. En gee die regte voeding wat baie kalium (potas) bevat (vir baie blomme), bv 3-1-6, 3-5, 2-3-4 en 8-1-5. Party van die produkte is wateroplosbaar, ander is weer korrelkunsmis. Gebruik almal met matigheid, maar gereeld. Nou is die tyd om op die uitkyk te wees vir slakke en naakslakke wat groot skade in jou tuin kan aanrig. Gebruik slakpille (nie oordadig nie). Daar is ook ‘n organiese produk op die mark wat ysterkompleks bevat, maar is baie duur. Jy kan ook ‘n vloeistof soos Snailflo spuit, wat uitstekende werk op naakslakke of dopslakke.

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

27


28

Blommeprag

2019 Blommeprag


Blommeprag

2019 Blommeprag

29


Tranerige en rooi oë? Nieserig? Sneesdoekies wat die wêreld vol lê? As hierdie vir jou bekend klink, dan is jy een van miljoene Suid-Afrikaners wat gebuk gaan onder hooikoors. Met blomseisoen is dit 'n kruis wat baie dra, maar die wonderlike nuus, is dat daar wel kitsverligting beskikbaar is. Jy hoef nie deur skrefiesoë die blommeprag te aanskou nie en jy hoef ook nie in die bakkie te wag en deur die venster na die blomme te kyk, terwyl jou familie heerlik buite in die sonskyn rondloop nie! Hier is 'n paar wenke wat jou sal help om die blomseisoen met minder snesies te oorleef: Drink twee eetlepels appelasyn met een derde glas water drie keer per dag. Dit verlig drukking op die sinusse en maak die neus gou oop. Meng twee teelepels sout, twee teelepels koeksoda en een teelepel suiker in 500 ml louwarm water. Gooi dit in ’n leë neussproei-spuitbottel, spuit dit dan drie keer per dag in die neusholtes. Sout sal on-

30

Hooikoors? Pak weg die snesies

tsmet terwyl die koeksoda die slym sal losmaak. Die suiker help dan weer om die slymvliese te herstel. Gooi twee teelepels heuning by ’n halwe glas melk en roer dit totdat die heuning opgelos is. Dit sal help vir ’n hoofpyn. Vir ’n toe of geblokte neus kan jy brouergispille gebruik. Sny ’n ui baie fyn en sit dit in ’n plastiekbak wat goed kan seël, gooi drie eetlepels suiker oor en laat dit dan staan teen kamertemperatuur. Dit sal help vir ’n loopneus. En dan laaste kan jy hierdie wonderlike kuur toepas, maar let

Blommeprag

2019 Blommeprag

wel, dit moet gereeld gebruik word. Dit werk onder meer vir hooikoors, sinus asook allergie. Meng twee eetlepels borrie, twee eetlepels gemmer en twee eetlepels kaneel in ’n houer. Meng dan ’n kwart teelepel van die mengsel en ’n kwart teelepel heuning in ’n kwart koppie louwarm water. Meng goed en drink. Jy kan hierdie vier maal per dag drink vir die eerste week en dan afskaal na twee maal per dag, afhangende hoe erg die toestand is. Bron: http://mycederberg.com/ boererate-vir-hooikoors-en-sinus/


Blommeprag

2019 Blommeprag

31


32

Blommeprag

2019 Blommeprag


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.