7 Augustus 2019

Page 1

8

NUUS • NEWS

7 Augustus 2019

SPORT 7 Augustus 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

Tulie Welkom en Salmon de Bruin

DUIWE

RIEBEEK WES - Kenhardt 1 Daniels Hokke 14.02.45; 2 Alex Fam 14.11.02; 3 Abrahams Hokke 14.13.03; 4 Alex Fam 14.14.56; 5 Alex Fam 14.14.56; 6 Kuiler Hokke 14.15.36; 7 Persens Hokke 14.18.15; 8 Persens Hokke 14.18.27; 9 Alex Fam 14.24.51; 10 T & C Hokke 14.25.09 Darling - Kenhardt (3 Augustus)

Bo: Sarie Erasmus, John Ross McGregor, Eldeen Green, Colleen Gomas, Wahseema Saret en Mariaan McKenzie van die Swartland-atletiekklub voor die wegspring van die marathon.

Langasems wys staal in marathon Laura Schruder, Ursula Teuchert, Anita Spreeth, Marietjie Viljoen, Christa Marais, Loutjie Swartz en Lynette Africa.

Hierdie atlete van die Swartland-atletiekklub het Saterdag aan die PPC Riebeek Bergmarathon deelgeneem. Langasems van klubs vanoor die hele land het hier hul slag en staal kom toon.

Darling dra Boland Groot Uitdaag-kroon •Abri Adonis Die span van Darling-rugbyklub is Saterdag gekroon as die Swartland Groot Uitdaag-kampioen, danksy 'n oorwinning deur Abbotsdale oor Wesbank. Darling, wat steeds onoorwonne is hierdie seisoen, stap met die louere weg na 'n uitmuntende seisoen, waar hulle voortreflike rugby week na week opgedis het. Die storie is reeds 'n paar jaar gelede geskryf toe Darling begin bou het aan 'n groep spelers wat hul dorp met trots verteenwoordig het in die swart gekleurde Darling-trui. 'n Mens kan geen uitsonderings maak nie, aangesien dit 'n spanpoging was wat boekdele spreek. Wat 'n ironie is dit nie dat die voormalige kampioen Wesbank, Saterdag die nuwe kampioen moet onthaal. Wesbank het verlede Saterdag na Abbotsdale gereis en kon met 'n oorwinning sy plek in die uitspele verseker. Dit was egter nie vir Wesbank beskore nie en die span van Malmesbury moet nou die nuwe kampioen klop in hul laaste wedstryd om hul plek te verseker. Met 'n lekker sonnige dag en met twee spanne honger vir punte, het die wedstryd sommer van die staanspoor af spanning veroorsaak. Twee vinnige drieë het Abbotsdale die voortou

gegee. Die losskakel, Wiam Syster, het Wesbank se agterlyn aan flarde gehad met sy goeie oog vir 'n gaping. Ayden Lawrence het weer gewys dat daar nie 'n vleuel is wat kan kers opsteek by hom nie. Twee pragdrieë het die voorsprong gerek, maar met swak verdediging het Abbotsdale vir Wesbank kans gegee om die verskil kleiner te maak. Vroeg in die tweede helfte het Wesbank die voortou geneem. Die laaste 20 minute het Abbotsdale verwoed aangeval en probeer om te punte aanteken om weer die voortou te neem. Wesbank se verdediging is redelik op die proef gestel. Met 'n uitstekende drie deur Sergio Prins in die hoekie, het Lillies die voortou geneem. Die skepskop van Wiam Syster op die einde van die wedstryd het Wesbank gesink. Abbotsdale reis Saterdag na 'n gekweste Koringberg met die oog op nog 5 punte en die hoop dat Darling op Wesbank sal koning kraai. Abbotsdale weet dat hulle nie kan fouteer nie en sal sommer die week wil seker maak hulle plaas Wesbank onder geweldige druk met 'n bonuspunt-oorwinning van meer as tien punte. Wesbank ontvang Saterdag die kampioen in 'n maak-of-breek-wedstryd. Indien Wesbank die wedstryd verloor en Abbotsdale wen hul laaste twee wedstryde teen Koringberg en Porterville,

sal dit die einde van Wesbank se seisoen wees. 'n Oorwinning sal egter vir Wesbank 'n plek in die uitspele verseker. Darling is egter oorgehaal om sy buurman se kaartjies na die uitspele te kanselleer en plek te maak vir Lillies van Abbotsdale. Darling sal dus met 'n groot aanslag kom om Wesbank te klop op sy tuisveld. Wesbank is egter gemaak vir wedstryde soos dié en al het die span van Malmesbury die seisoen 'n paar flou vertonings gelewer, beskik hulle oor die nodige ammunisie om enige span te stuit. 'n Plek in die uitspele sal ook as ekstra motivering dien, wanneer Wesbank Saterdag Lillies se harte sal breek met 'n oorwinning oor die nuwe kampioen met minder as sewe punte. Moorreesburg het Saterdag die span van Koringberg aangedurf in 'n wedstryd wat gedien het as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Heartkids Foundation. Die dag is baie goed beplan en was 'n reuse-sukses met albei spanne wat oorgehaal was om die wedstryd te wen. Die wedstryd was uit die staanspoor baie fisies en die spelers het behoorlik onder mekaar ingeklim met stormlopies en plettervatte. Koringberg het die telbord geopen met twee strafskoppe deur Winston Lee Van Wyk. Moorreesburg het die wedstryd 21-16 gewen. Moorreesburg reis Saterdag na Porterville.

1 Beziek Lofts - 14:25:16; 2 Isaacs Family Lofts - 14:40:09; 3 Isaacs Family Lofts - 14:41:46; 4 Isaacs Family Lofts - 14:58:31; 5 Isaacs Family Lofts - 15:00:18; 6 Willemburg Lofts - 15:04:00; 7 Willemburg Lofts - 15:04:17; 8 Beziek Lofts 15:09:07; 9 Baron & Sons - 15:10:54; 10 Beziek lofts - 15:11:54 Malmesbury - Leeu Gamka 3 JO 1 Cross Border Lofts 1472.2000; 2 J Steenkamp 1469.2801; 3 Bordeaux A 1458.9755; 4 Kotze Familie Hokke 1431.7218; 5 Klein Diamant 1429.7735; 6 Cross Border Lofts 1428.7414; 7 Cross Border Lofts 1425.1541; 8 J Steenkamp 1425.1358; 9 Kotze Familie Hokke 1424.5430; 10 Kotze Familie Hokke 1423.6778 Leeu Gamka 3 Ope 1 Kotze Familie Hokke 1489.8506; 2 Cross Border Lofts 1465.6338; 3 Marais Hokke (Ksd) 1455.8478; 4 Marais Hokke (Ksd) 1448.4258; 5 Marais Hokke (Ksd) 1448.2020; 6 Bordeaux A 1447.0799; 7 J Steenkamp 1441.4725; 8 Cross Border Lofts 1441.0525; 9 Bordeaux A 1440.9878; 10 J Steenkamp 1440.8074 Moorreesburg - Leeu Gamka 1 Singleton Hokke 13:12:33; 2 Singleton Hokke 13:19:23; 3 Singleton Hokke 13:19:33; 4 Frikkie Bester 13:20:15; 5 Frikkie Bester 13:21:18; 6 Boetie & Baron Hokke 13:47:07; 7 Singleton Hokke 13:26:23; 8 Boetie & Baron Hokke 13:48:09; 9 Henna & Melt Smit 13:26:22; 10 Boetie & Baron Hokke 13:51:29 Leeu Gamka Ope 1 Henna & Melt Smit 13:43:01; 2 Henna & Melt Smit 13:45:40; 3 Frikkie Bester 13:45:52; 4 CJ Lofts 13:45:44; 5 Frikkie Bester 13:48:41; 6 Henna & Melt Smit 13:49:09; 7 Frikkie Bester 13:50:05; 8 CJ Lofts 13:50:59; 9 Yt & Tuis 13:50:37; 10 KB en Seun 13:50:05

MUURBAL 7 de liga: Malmesbury vs UCT Malmesbury wen UCT 9-7 Angelo Marman wen Nicholas Redelinghuys 0-3; Bernard van Biljon verloor teen Bonga 1-3; Frikkie Bester wen Dean Wasserman 3-1 15 de liga: Malmesbury vs Oakdale Malmesbury wen Oakdale 14-2 Gerhard Havenga wen Eben Danids 3-0; Jacques van Zyl wen Trevino Joseph 3-0 Marius Botha wen Daryl Jacobs 3-2; Jimmy Loock wen Merlinn Titus 3-0 Stuur jou sportklub se uitslae na izelle@hetzwartland.co.za voor Maandag 13:00.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.