4 September 2019 Wellington

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

NUUS • NEWS

4 September 2019

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

4 September 2019

Reënboogpretloop kom na Wellington

Stand van die damme

Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.1% gestyg vanaf 81.8% tot 81.9%. Die Bergrivierdam se vlak het van 99.7% verlede week tot 99.3% hierdie week gedaal. Die Laer-Steenbrasdam se vlak het geklim vanaf 101.4% verlede week tot 102.1% hierdie week, in vergelyking met verlede jaar se 86.5%. Die Bo-Steenbrasdam se vlak staan nou op 92.5% in vergelyking met verlede week se 95.4% en verlede jaar se 100.7%. Theewaterskloof se damvlak het slegs met 0.1% gestyg vanaf 72.1% na 72.2%. Die dam was verlede jaar dieselfde tyd slegs 48.6% vol. Die Voëlvleidam se vlak staan nou op 87.9% in vergelyking met verlede week se 87% en verlede jaar se 73.3%.

Nuwe junior eersteburger

bl 3

Kapp praat by boekklub

pg 2

bl 5


2

4 September 2019

NUUS • NEWS

Nuwe Junior Burgemeester wil stem aan jeug gee ‘n Graad 11-leerder aan Wellington Hoërskool, Orrin de Vries, is onlangs as die nuwe burgemeester van Drakenstein se juniorstadsraad ingehuldig. Hierdie dinamiese jong man is optimisties oor sy span en die projekte wat hulle vir die volgende termyn beplan. Orrin is sy hele lewe al ‘n Wellingtonner en sy familie, dorp en gemeenskap lê hom baie na aan die hart. Hy is die jongste van Audrey en Roger de Vries se twee kinders en het sy laerskoolloopbaan aan Wellington Primêr voltooi. Volgens Orrin is sy verkiesing as Junior Burgemeester van Wellington ‘n groot eer. “Ek is opgewonde oor dit wat voorlê. Ek is so dankbaar vir hierdie geleentheid en ek is dankbaar teenoor my mede Junior Stadsraadslede wat die vertroue in my gestel het om ons span te lei in ons poging om ons visie van verandering in die gemeenskap ‘n realiteit te maak,” sê hy. Orrin verduidelik dat die Junior Stadsraad (JSR) uit ses lede van elk van die vier hoërskole in Wellington bestaan. Hierdie skole is Wellington Hoërskool, Weltevrede Sekondêr, Bergrivier Hoërskool en Hugenote Hoërskool. Daar is twee lede per graad van graad 9 tot graad 11 wat hul skool op die JSR verteenwoordig. “Graad 9-leerders wat daarin belangstel om op die JSR te dien, is gevra om ‘n kort opstel te skryf waarin hulle moet verduidelik waarom hulle op die JSR moet wees en wat hulle doelwitte is vir hierdie raad. Hulle moes dan die opstel aan die bestaande lede van die JSR voorlees, wat dan die top twee kandidate uit elke skool gekies het om op die raad te dien,” verduidelik Orrin die verkiesingsproses. Volgens hom was dit nog altyd sy passie om ‘n bydrae in die gemeenskap te lewer. “Ek weet net dat ek nog altyd ‘n verskil in die gemeenskap wou help maak en ‘n positiewe impak om mense se lewens wou maak. Ek wil mense help wat nie altyd die bronne het om hulself te help of te bemagtig nie en hulle laat verstaan dat, al is vandag miskien nie rooskleurig nie, môre altyd nuwe moontlikhede inhou,” sê Orrin.

Al is hy iemand wat sterk opinies het, voel hy dat hy oopkop genoeg is om al die lede van die nuwe JSR se menings tydens besluitneming in ag te neem. “Ek het sterk opinies oor dinge, maar ek is ook ‘n goeie luisteraar wat oopkop is en alternatiewe sienings kan waardeer. Ek glo dat elkeen ‘n stem het en dat elkeen se opinies belangrik is,” sê Orrin. Hy het baie planne en groot drome vir sy en sy span se termyn op die JSR. “My droom vir die JSR is om die jeug te laat groei en te bemagtig. Ons as JSR moet weet wie ons is en wat ons kan doen sodat die jeug in ons gemeenskap weet dat ons hier is om hulle te dien, op te lig en ‘n stem te gee. Ons moet wys dat ons meer is as wat ons soms dink, brawer as wat ons glo, sterker as wat ons lyk en slimmer as wat ons dink. My droom vir die JSR is dat ons die jeug bemagtig en aan hulle ‘n stem sal gee,” is Orrin se doelwit. Hy is realisties oor die moontlike struikelblokke en uitdagings wat moontlik op hul wag. “Natuurlik sal daar struikelblokke oor ons pad kom, maar ek glo dat ons dit saam, as ‘n span, sal kan takel, oorkom en uiteindelik sterker anderkant sal uitkom,” sê Orrin. Sy raad aan ander jongmense wat graag ‘n verskil in hul gemeenskap wil maak, is dat hulle nie vir geleenthede moet wat om iets te doen of te bereik nie, maar sélf geleenthede moet skep. “Dit maak nie saak hoe klein jou bydrae is nie, omdat selfs die kleinste verandering ‘n groot impak kan hê,” sê hy. Vir Orrin is dit belangrik dat jongmense hulself toelaat om hulself te wees. “My leuse is: ‘I give myself permission to bloom unapologetically’. Ek gee myself toestemming om myself te wees en ek voel dat alle jongmense dieselfde moet doen. Wees wie jy is of wie jy wil wees. Jy het nie iemand anders se goedkeuring nodig om te groei en te ontwikkel tot die mens wat jy bedoel is om te wees nie,” is sy mening. Orrin voel dat vandag se jeug miskien te passief is en te bang is om hul stemme te laat

hoor en hulself te laat geld. “Die jongmense soek altyd iemand anders om hulle te lei, maar ek voel dat ons ons eie leiers moet wees. Dit is een van die redes waarom ek

op die JSR is - om die jeug te laat besef dat ons die toekoms is. Ons stemme moet gehoor word,” sê Wellington se nuwe Junior Burgemeester.


NUUS • NEWS

Reënboogpretloop binnekort op Wellington Wellingtonners kan binnekort uitsien na ‘n prettige, kleurvolle geleentheid wanneer daar op 14 September ‘n “Colour Splash” pretloop in ons vallei aangebied word. Hierdie kleurryke geleentheid sal op die Linton Park Landgoed se terrein plaasvind en beloof, buiten die bont skouspel, ook talle ander heerlike aktiwiteite en interessanthede om vir ‘n dag vol vermaak, onspanning en pret te sorg. Die geleentheid word deur Hugenote Laerskool georganiseer. Reënboogpretlope het die afgelope tyd wêreldwyd gewild geword omdat dit nie net ‘n gesonde leefstyl en pret kombineer nie, maar veral omdat dit gemeenskappe bymekaar bring. Mense trek gewoonlik wit klere vir hierdie geleentheid aan. Langs die roete van die pretloop word deelnemers met gekleurde poeier gegooi. Die doel van hierdie prettige aktiwiteit is om in wit weg te spring en so kleurvol as moontlik oor die wenstreep te gaan. Deelnemers aan die geleentheid kan die verskillende afstande stap, draf of selfs dans. Kinderstootwaentjies word ook toegelaat op die roetes. Daar is 2,5km, 5km en 10km roetes waartussen deelnemers kan kies. Verskillende registrasie- en wegspringtye vir die verskillende afstande sal sorg dat daar die hele dag lank ‘n kleure-skouspel sal wees. Daar is ook verskillende inskrywingsfooie en spesiale familie-pakkette vir die geleentheid. Omdat die klem op pret val, is daar nie tydsbeperkings op die voltooiing van die roetes nie en daar word ook nie pryse aan die eerste persone oor die wenstreep toegeken nie. Tydens die prysuitdeling wat na afloop van die pretloop sal plaasvind, sal deelnemers wel die kans staan om talle wonderlike pryse tydens gelukkig

3

4 September 2019

trekkings te wen. Nadat deelnemers die kleurvolle pretlope voltooi het, sal die feestelikheid op Linton Park se terrein voortgesit word. ‘n Verskeidenheid kosstalletjies, plaaslike “craft” bier, Linton Park se wyne, gesigverf, klerestalletjies, ponieritte en ‘n “photo booth” is maar ‘n paar van die heerlikhede waarna deelnemers kan uitsien. Die nuwe Mnr. Suid-Afrika, Heinrich Gabler, sal boonop ook by die geleentheid te siene wees. Vir meer inligting aangaande die geleentheid en navrae in verband met inskrywings kan belangstellendes 021-873 1362 of fun@ coloursplashcn.co.za kontak.

Só wil Drakenstein Munisipaliteit koperdiefstal hokslaan In ‘n poging om die groeiende probleem van koperdiefstal in die Drakenstein area hok te slaan, gaan die Drakenstein Munisipaliteit in September met ‘n proses begin waar die koper elektriese kabels met alluminiumkabels vervang sal word. Koperdiefstal het die Munisipaliteit in die laaste drie jaar ongeveer R4 miljoen uit die sak gejaag en toenemend ‘n al hoe groter probleem begin word. Ondersoeke dui daarop dat gesofistikeerde sindikate vir die meerderheid van die kabeldiefstal in Drakenstein verantwoordelik is. Hierdie onwettige aktiwiteite styg veral skerp gedurende die feesseisoen en vakansietydperke, sowel as gedurende die wintermaande. Daar is net in 2019 reeds 39 voorvalle van kabeldiefstal in Drakenstein gerapporteer. Omdat kabeldiefstal ernstige skade aan munisipale infrastruktuur meebring en onnodige, onbeplande kragonderbrekings veroorsaak, lei dit tot groot ongerief van Drakenstein se verbruikers. Om hierdie rede het die Munisipaliteit ‘n hele reeks maatreëls, wat die voorkoms van kabeldiefstal sal verminder, in werking gestel. Die Munisipaliteit sal eerstens alluminiumkabels installeer waar dit moontlik is. Hierdie kabels het ‘n baie laer herverkoopwaarde as koper. Spesiale kabelverklikkers, wat die SAPD en die Munisipliteit se Wetstoepassingsafdeling in die geval van enige peutering aan die kabels sal verwittig, word ook geïnstalleer. Sekuriteit by Drakenstein se elektrisiteitssubstasies sal verhoog word en pepersproeisisteme, beter beligting en geëlektrifiseerde omheinings sal geïnstalleer word om ongewenste toegang te verhoed. As deel van die Drakenstein Munisipaliteit se nuwe “Smart Safety Network” sal die area ook dag en nag deur geslote kringtelevisiekameras gemonitor word. Hierbenewens sal die Wetstoepassingsafdeling

saam met die SAPD, plaaswagte en buurtwagte werk om seker te maak dat oortreders gearresteer word. Die Munisipaliteit doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om kabeldiefstal op sy tolvrye nommer, 0800 555 337, of by drakenstein@ whistleblowing.co.za aan te meld. Fluitjieblasers wat inligting verskaf wat tot die suksesvolle kriminele vervolging van enigeen wat ‘n kriminele daad teen die Munisipaliteit pleeg, kan lei, kan hiervoor vergoed word.

Auction Date: Tuesday, 17 September 2019 @ 12pm Venue: The Houghton Golf Club, Osborn Rd, Houghton, JHB

MALMESBURY WEBREF: #P3325

WAREHOUSE CO

RP

OR

AT E

DI

SP

OS

AL

CNR NYWERHEID CRESCENT & TEGNO STREET Erf Size: 5 324m² | GLA: ±1 537m² | Well located industrial warehouse | Undercover loading area of 359m² | Power capacity of 1155 Amps | Vacant occupation Dino Smit 082 577 4646 | 011 033 6600 | dinos@aucor.com TERMS: R50 000 refundable deposit (strictly bank guaranteed cheque or cash transfer only). Bidders must provide original proof of identity and residence on registration. No cash will be accepted at the auction. No exceptions. All bids are exclusive of VAT. Aucor Property may bid up to reserve on behalf of the sellers. Subject to change without notification. For rules of auction please visit: www.aucorproperty.co.za Auctioneer: Pieter Geldenhuys FOR MORE PROPERTIES ON THIS AUCTION VISIT WWW.AUCORPROPERTY.CO.ZA


4

4 September 2019

NUUS • NEWS

Nuwe Junior Stadsraad vir Wellington ingehuldig Die nuwe Junior Stadsraad (JSR) vir Wellington is op Dinsdagaand, 27 Augustus, by die Wellington Hoërskool tydens ‘n spoggeleentheid ingehuldig. Die verkose lede sal vir die res van 2019 en in 2020 op die raad dien. Hulle verteenwoordig al die hoërskole in ons dorp. Almal is deur die speaker van die JSR, Zintle Mgedesi, by die verrigtinge verwelkom, waarna die gasspreker, Bright Ndluvo, ‘n motiverende boodskap aan die JSR-lede, hul onderwysers en ouers gebring het. Volgens Brights neem dit soms baie moed om jou mond oop te maak en ‘n leier te wees deur jou vir die regte dinge te beywer. “Om ‘n leier te wees, beteken ook om diensbaar te wees. Dit begin met die neem van verantwoordelikheid en sekere eienskappe is nodig om hierdie taak te verrig. Jy moet kan luister, jy moet empatie hê, jy moet mense kan oorreed om saam met jou te werk, jy moet vooruit kan beplan en jy moet ‘n visie hê vir wat jy wil doen en hoe jy dit moet aanpak. Ek hoop julle neem hierdie geleentheid, sien dit as ‘n voorreg en gebruik hierdie kans om iets positiefs te vermag,” het hy gesê. Raadslid Christephine Kearns het ook met die nuwe lede van die JSR gepraat. Sy het Bright Ndluvo se boodskap beaam. “Hierdie amp is nie om ‘n groot indruk te maak nie, maar om diensbaar in julle gemeenskap te wees. Al die dinge waarna Bright verwys het, die eienskappe wat van jou ‘n goeie, verantwoordelike, diensbare leier maak, word in ons burgemeester, Conrad Poole, vergestalt. In hom sal julle ‘n uitstekende voorbeeld van hierdie dinge sien. Dit is iets waarna julle kan strewe en navolg,” was haar raad. Burgemeester Conrad Poole het ook die geleentheid bygewoon. Tydens sy toespraak het hy die nuwe JSR geluk gewens met hul verkiesing en die Drakenstein Munisipaliteit en Stadsraad se ondersteuning in hul doen en late beloof. “Glo in wat jy moet doen en wees gewillig om die ekstra myl te loop. Aan hierdie leerders se ouers wil ek sê: ondersteun hulle, hulle het julle nodig. Die Munisipaliteit het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor hierdie jong leiers om hul hand te vat, hulle te lei en om die pad vir hulle te help oopmaak. Every success comes with sacrifice. As jy dit doen en weet wat opoffering is, sal jy ver kom,” was sy raad. “Julle gaan ons help om dinge te doen op ons pad na uitnemendheid. Ek wens julle ‘n wonderlike jaar toe waar julle ook by die senior bestuur sal leer wat dit behels om op ‘n stadsraad te dien,” het hy afgesluit. Kendall le Cordeur, die junior burgemeester tydens die afgelope termyn van die JSR, het ‘n afskeidsboodskap gelewer. Sy het die nuwe JSR sterkte vir hul werk toegewens. “Gebruik die JSR as ‘n platform om terug te gee en uit te reik in die gemeenskap. Dit was vir my ‘n eer om junior burgemeester en die lede van my span se vriend te wees,” het sy gesê. Conrad Poole het, nadat die nuwe JSR voorgestel is en hul balkies ontvang het, die ketting aan die nuwe junior burgemeester, Orrin de Vries van Wellington Hoërskool, oorhandig.

Die ou en nuwe Junior Stadsraad saam met die burgemeesterspaar en raadslede van die plaaslike munisipaliteit. Regs: Die burgemeester, Conrad Poole, oorhandig die burgemeestersketting aan Orrin de Vries, die nuwe Junior Stadsraad se burgemeester.

Orrin het tydens sy inhuldigingstoespraak sy voorneme en drome vir die JSR uitgestip. “Ek is dankbaar teenoor die mense wat die vertroue in my gehad het om my tot junior burgemeester te verkies. My visie is om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak, ‘n stem aan die jeug te gee en die jeug te ondersteun en te help. Hierdie amp en die werk van die JSR is ‘n platform vir verandering en hoop. Ons is ‘n diverse span, maar juis daarom gaan ons ons merk op die toekoms maak,” het hy gesê. Die verrigtinge is met ‘n saamkuiergeleentheid, waar die ou en nuwe lede van die JSR, verteenwoordigers van hul skole, hul ouers en raadslede van die Munisipaliteit gesellig kon verkeer.


NUUS • NEWS

4 September 2019

Sophia Kapp praat by Breytenbach Boekklub

Wellington Superstars binnekort saam met Laurika op verhoog

5

Die nuwe organiseerder van die Breytenbach Boekklub, Liezel Steenkamp, saam met Sophia Kapp en die Wellingtonner Nelia Potgieter. Die bekende skrywer Sophia Kapp het op Donderdag 29 Augustus oor twee van haar nuwe boeke, Kantelpunt en Tweede kans op geluk, by die Breytenbach Boekklub gesels. Dié skrywer, wat veral bekend en gewild is vir haar liefdesverhale en hygromans, het met Kantelpunt heeltemal afgewyk van die genre waaraan haar lesers gewoond is. Sy het tydens die bekendstelling van die boeke meer lig op hierdie besluit gewerp. Die nuwe organiseerder van die Boekklub, Liezel Steenkamp, ‘n oud-Afrikaanse onderwyser van Wellington, het Sophia aan die gehoor bekendgestel. “Buiten die feit dat Sophia ‘n uitstekende skrywer is, is sy eintlik ‘n ‘taaltannie’ wat voltyds by die Virtuele Instituut vir Afrikaans, of Viva!, as taalpraktisyn werk,” het Liezel gesê. Sophia het ‘n interessante gesprek oor haar boek Kantelpunt gevoer. Volgens haar is die boek “’n boekstawing van die konflik uit ‘n Afrikaanse vrou se wederopstanding”. Sy het ook erken dat, alhoewel die boek glad nie outobiografies is nie, daar groot dele van haarself in die boek verskyn. Die idee vir die boek het ontstaan toe sy besef het dat die nuwe generasie nie ‘n benul of begrip het vir hoe Suid-Afrika 30 jaar gelede gelyk het nie. “Die nuwe generasie kinders maak aannames van hoe ons besluite geneem het en hoe ons

gehandel het. Ek het self grootgeword in die heyday van Apartheid en ons kan nie ontkom aan die verlede van ons land nie. "My betrekking by hierdie gemors is anders. Die aanklag wat na my toe kom omdat ek wit en Afrikaans is, is onregverdig. Uit hierdie besef het my hoofkarakter, Nellie, ontstaan. "Nellie se manier van oorleef is om stil te bly. Dit het baie van ons se verstek-respons geword ons wil tog net nie aanstoot gee nie,” het Sophia gesê. Volgens haar is haar hoofkarakter, Nellie, se manier van dinge hanteer miskien juis die probleem wat ons vandag in ons land moet aanspreek. “Soos Nellie wil ons tog niet nie konflik ontlok of affronteer nie. Ek dink ons moet júís praat, oor issues, maar sonder om mekaar swart te smeer. Die boek wil sê: maak oop jou mond en praat. As almal net ‘n stem kan kry en na mekaar kan luister,” is Sophia se mening. Sy het ook die rol wat die patriargale stelsel in ons gemeenskap gespeel het, en wat in Kantelpunt na vore kom, belig. “Ek het in die patriargale stelsel grootgeword en vroue wat hierdie stelsel beskerm het, het status verwerf. Met Kantelpunt wou ek hierdie dinge oopskryf,” het sy gesê. Sophia het ook na haar nuwe hygroman, Tweede kans op geluk, verwys. “Dit is ‘n Vrystaatse plaasstorie en daar word lekker gevry,” het sy laggend verklap. Sy het ook genoem dat sy reeds besig is met ‘n nuwe boek wat ook op ‘n Vrystaatse plaas afspeel. Die gehoor kon ook vrae aan Sophia stel en het haar onder andere uitgevra oor haar skryfproses. “Die proses is nie noodwendig altyd gestruktureerd nie. Omdat ek voltyds vir Viva werk, kan ek basies net snags en naweke skryf. ‘n Mens skryf ook nie altyd ewe veel op ‘n dag of op ‘n slag nie. Dit hang maar af waartoe jou brein party dae in staat is. Daar is definitief niks romanties aan die skryfproses nie,” het sy tong-in-die-kies laat hoor. Na afloop van die bekendstelling en die gesprek kon gaste heerlik saamkuier en hul kopieë van Sophia se boeke laat teken.

Nadat die Wellingtonse Klopse groep, die Wellington Superstars, tydens die jaarlikse Klopse kompetisie op die dorp ‘n verwerking van Laurika Rauch se “Stille waters” in die afdeling vir “Senior Combine” gedoen het, het dié bekende sangeres in ‘n persoonlike boodskap gesê dat sy en haar man, Chris, “gobsmacked” is met ‘n plaaslike Klopse groep se vertolking van een van haar liedjies. Sy het ook in ‘n inskrywing op facebook na hul uitstekende vertolking van haar liedjie verwys. ‘n Youtube-video waarin die Superstars, wat ook as die algehele wenners van die kompetisie aangewys is, hierdie lied sing, is na vanjaar se kompetisie deur die Wellingtonner Shafiek Mouton aan Laurika gestuur. Haar reaksie was een van verwondering. Laurika het gesê dat dit ‘n “eer” is dat die Superstars haar liedjie vir hul vertoning gekies het. “Baie geluk met hierdie verwerking. Dit is uiters mooi en opwindend wat julle doen,” het Laurika laat weet. Sedertdien het Laurika met die Superstars in verbinding gebly. Sy het ‘n paar keer met Shafiek, wat die video vir haar gestuur het, oor die telefoon gepraat en oor die moontlikheid dat sy en die Superstars saam kan optree, gepraat. ‘n Paar maande gelede het Laurika hierdie moontlikheid ‘n werklikheid gemaak toe sy die Superstars gevra het om eersdaags saam met haar op die verhoog te verskyn. Op 6 September sal die Wellington Superstars saam met Laurika op die verhoog van Durbanville Hoërskool se ouditorium verskyn wanneer sy een van haar “Optog!”-optredes daar doen. Volgens Shafiek Mouton is dit vir die Superstars ‘n ongelooflike eer dat Laurika hulle gevra het om saam met haar op te tree. “Ons het ‘Stille waters’ eintlik al in 2012 vir die eerste keer vir die Klopse kompetisie gedoen en ek het daardie tyd al vir Laurika ‘n video van ons optrede gestuur. Sy het baie positief gereageer. Toe ons dit nou in 2019 weer doen en ek weer ‘n video vir haar stuur, was sy in ekstase. Dit is asof die reaksie hierdie jaar net groter was. Laurika het dit op sosiale media gedeel en dit het oor die algemeen meer mediadekking gekry,” vertel hy. Dit is juis na aanleiding van die positiewe reaksie en die kommunikasie tussen Shafiek en Laurika dat sy voorstelle ten opsigte van ‘n optrede saam met die Superstars begin maak het. “Haar eerste voorstel vir ‘n gesamentlike optrede was net voor ons groep vroeër van jaar in Brasilië gaan deelneem het. Ons kon, as gevolg van ons trip Brasilië toe, ongelukkig nie toe saam met haar optree nie. Laurika se volgende voorstel was die een as deel van die ‘Optog!’-optredes, waar ons nou op 6 September saam met haar in Durbanville gaan optree,” sê Shafiek. Volgens hom sal die Superstars onder andere vir “Stille waters”, wat hulle hierdie jaar as

kampioene by die Klopse kompetisie uit die stryd laat tree het, saam met Laurika by die vertoning sing. “Dan gaan ons nog een van haar liedjies saam met haar sing, maar dis ‘n geheim watter een,” lag Shafiek geheimsinnig. Die Superstars, onder leiding van Carl Louw, hul koorleier en begeleier, oefen reeds die afgelope paar weke hard om gereed te maak vir hul optrede saam met Laurika. “Vir die Superstars is dit ‘n dream come true. Hierdie jaar is vir ons ‘n jaar van ‘n klomp hoogtepunte. Ons was die algehele wenners by die Klopse kompetisie. Daarby is ons groep hierdie jaar 15 jaar oud. Ons het ook vroeër vanjaar geskiedenis gemaak toe ons die eerste Suid-Afrikaanse groep was wat in Brasilië aan die Rio Karnaval gaan deelneem het. En nou het Laurika Rauch vir ons gevra om saam met haar op te tree. Dit voel amper onwerklik,” sê Shafiek. Hy is vol lof vir Laurika se bemoeienis met die Superstars. “Sy is Laurika Rauch, een van ons land se grootste Afrikaanse sangeresse. Vir haar om te besluit om saam met ‘n Klopse groep, wat uit ‘n bruin, meesal agtergeblewe, plattelandse gemeenskap kom, op te tree, is ongelooflik. Sy is so nederig en het was great in die hele proses. Sy was oop vir idees en het vir óns gevra hoe ons dit wil doen,” sê Shafiek dankbaar. Volgens hom word daar baie grense met hierdie gesamentlike optrede verskuif. “Mense ken mos net die Klopse se malligheid in die strate. Die persepsie van Klopse by baie mense is dat dit net ‘n jolige bymekaarkom, dansery en partytjie is. "Min mense daar buite weet dat die Klopse eintlik ‘n baie gestruktureerde kultuurinstelling is. Daar is baie dissipline, werk en oefening wat daarmee gepaard gaan en daar is baie meer daaraan as die joligheid in die strate. Laurika bring met hierdie gesamentlike optrede die ware kleure van Klopse na ‘n groter gehoor. Dit steek kulturele en kleurgrense oor en sal definitief persepsies verander. Hats off vir haar!” sê Shafiek. Hierdie plaaslike Klopsegroep wat al 15 jaar gelede deur Ulrico en Jermaine Davids en hul vriende, Shafiek Mouton, Marco Hera, Brendon April, Eugene Minnaar en die legendariese Christy (Midal) Abrahams gestig is, het sedertdien van krag tot krag gegaan. Buiten oorwinnings by talle kompetisies en deelname in die buiteland kan hulle binnekort ook ‘n vertoning saam met Laurika Rauch agter hul naam skryf. “Ons is baie opgewonde en baie trots,” sê Shafiek. Die video van die Superstars se weergawe van “Stille waters” tydens die Klopse kompetisie kan by https://www.youtube.com/watch?v=4D_ DTMpw9OY&feature=share op youtube gesien word.


6

4 September 2019

NUUS • NEWS

Wellingtonners kuier heerlik Winnie Rust-toekenning by Plaasmark vereer plaaslike vroue

Wellingtonners kon op Saterdag 31 Augustus hulself weer in die rustige atmosfeer en wonderlike plaaslike produkte van die Wellington Plaasmark verlustig. Hierdie mark, wat nou al ‘n maandelikse instelling geword het wat Wellingtonners nie wil misloop nie, het die afgelope Saterdag oudergewoonte by Oude Wellington plaasgevind. Soos gewoonlik, was dit ‘n heerlike kuiergeleentheid waar mense die beste, varsste plaaslike produkte kon bekom. Talle Wellingtonners het opgedaag om op die vooraand van die lente by die mark te kom rondsnuffel en ontspan. Die ontspanne atmosfeer teen ‘n plaasagtergrond, gekombineer met die geure van heerlike kos en die klank van lekker musiek het gemaak dat besoekers hul selfone ‘n bietjie afgeskakel het, die vars plaaslug kon inasem en tussen die interessante stalletjies kon ronddrentel. Die fokus op ‘n plaasatmosfeer, organiese produkte, nisprodukte, handgemaakte items en heerlike kos, tesame met die ponieritte, buitelugspeletjies, gesigverf en klimrame vir die kinders,

het die Plaasmark weereens die plek vir ‘n heerlike gesinsuitstappie gemaak. Met ‘n kosskuur, pannekoeke, pampoenpoffertjies, tuisgemaakte pasteie en wafels, potjiekos en jaffles, ‘n plaasontbyt, Kaapse koesisters en ‘n koffie- en sopkroeg was daar oorgenoeg opsies om die vleeslike te versterk. Die heerlike koeke, brode en kase, sowel as die talle stalletjies met vars groente en vrugte, snuisterye, handgemaakte produkte, geskenke, leerprodukte, plaaslike wyn, bier en gin was die regte bestanddele in ‘n perfekte resep vir ‘n heerlike dag in die Boland. Sedert die Plaasmark op 4 Mei vir die eerste keer buite ons dorp afgeskop het, hoef Wellingtonners nie meer ver te ry om interessante handgemaakte items, vars produkte, tuisgebakte brode, plante, geskenke en ander outentieke produkte uit te snuffel of te koop nie. Die honderde mense wat Saterdag weer daar opgedaag het en die mate waarin die mark elke maand groei, is ‘n getuienis dat hierdie inisiatief ons eie produkte na ons eie mense bring en met hul harte praat.

Minister Sharna Fernandez, Winnie Nel en raadslid Ewie Gouws saam met die wenners van die Winnie Rust Wellington Vrou van die jaar Toekenning. Gaynore Pietersen en Claudia Makwena is die twee naaswenners en die wenners van die toekenning is Connie Abrahams en Danalene Ruiters. Die wenner van die derde Winnie Rust van Wellingtonners wat in die laat 60’s en 70’s Toekenning is op Saterdag 31 Augustus tydens ‘n geraak was deur die gedwonge verskuiwings uit spesiale funksie by Monte Video buite Wellington die middedorp. ‘n Besondere boek het hieruit aangekondig. Die toekenningsgeleentheid is gevloei, naamlik ’n Lewe Suid van Markstraat. met ‘n doel in Augustusmaand gehou omdat Winnie was Wellington en Winnie was ook die dit Vrouemaand is. Die genomineerders vir die siel van Wellington Museum,” het dit gelui. Christine Siebrits het al die gaste by die toekenning, hul familielede en ondersteuners, talle hooggeplaaste eregaste, raadslede van die geleentheid verwelkom. Sy het die betekenis van plaaslike Munisipaliteit, verteenwoordigers van die toekenning, juis in Augustusmaand, sowel plaaslike skole, sowel as verteenwoordigers van as die feit dat slegs dames vir die toekenning genomineer is, verduidelik. die Rust-familie het die geleentheid bygewoon. “Augustus is die maand wat ons die brawe Daar is hierdie jaar besluit om die toekenning in twee kategorieë, naamlik een vir skooldogters vroue van Suid-Afrika vereer en vier. Vandag en een vir ‘n volwasse Wellingtonse vrou, te eer ons ook sommige van die brawe vroue en jong meisies in ons eie gemeenskap. Die feit dat maak. Die kriteria vir die toekenning vereis dat dit ‘n slegs vroue vir hierdie toekenning genomineer viering van die stories en boeke van Winnie Rust is, is as gevolg van die feit dat dit die vrou in moet wees en dié mense wat ‘n dapper stryd voer die samelewing was wat na Winnie uitgeroep om moeilike omstandighede te oorkom, moet het. Die vroue van die Seminarie, vroue soos bemagtig. Dit moet vervolgens ook aan iemand Martha Solomons en Charlotte Cupido het ‘n wat ‘n held of heldin in sy of haar gemeenskap is spesiale plek in Winnie se hart gehad. Deur en wat bo hul omstandighede uitstyg, toegeken hierdie toekenningsgeleentheid wil ons hulde word. Ander kriteria sluit in dat die ontvanger bring aan vroue wat opgestaan het uit moeilike ‘n persoon wat swaarkry en uitdagings tot iets omstandighede, wat nie gaan lê het nie, maar goeds kan transformeer, moet wees. So ‘n met volharding die lewe vierkantig in die oë kyk persoon moet geleenthede raaksien, dit benut en om ‘n sukses van hul lewens te maak,” het sy gesê. boonop teruggee in die gemeenskap. Tharina Schweidler het die gasspreker, In die kategorie vir leerders uit plaaslike hoërskole het daar sewe leerders vir die Minister Sharna Fernandez van die Westoekenning in aanmerking gekom. Hulle is Kaapse Departement van Sosiale Ontwikkeling, Machonett Pietersen, Aschke Cloete, Kaylin voorgestel. Die Minister het in haar toespraak Leppan en Sihle Mpini van Wellington Sekondêr, na Winnie Rust se lewe as ‘n voorbeeld van wat sowel as Mariana Cedras van die Wellington vroue in ‘n gemeenskap kan doen, verwys. “Die verering van vroue in Vrouemaand, moet Vaardigheidskool en Britney Jasper en Nicolene Pietersen van Bergrivier Sekondêr. Die komitee eintlik verder as net hierdie maand strek. Winnie wat die toekennings bestuur wou aanvanklik ‘n Rust se lewe herinner ons aan die rol wat vroue wenner en twee naaswenners aanwys, maar na in ‘n gemeenskap moet speel. Dit wat sy gedoen ‘n besoek aan die skole en ‘n ontmoeting met het, het mense se geloof in menslikheid help die genomineerde leerders, is daar besluit dat herstel. In ‘n wêreld waar moraliteit elke dag almal wenners is - elkeen in haar eie gebied. Al sneuwel, is dit iets om na te volg,” het sy gesê. Minisiter Fernandez het ook na die euwels wat sewe hierdie leerders het dus die Winnie Rust deesdae tot vele probleme in gemeenskappe lei, Toekenning vir skoolmeisies ontvang. In die kategorie vir volwasse dames was daar verwys. “Ons moet onsself vra wat die olie op die vier dames op die kortlys vir die toekenning. Hulle is Connie Abrahams, wat deur die Wamakersvallei vuur van geweld en die onmenslike misdade wat Opleidingsentrum genomineer is, Gaynore deesdae plaasvind, is. Dwelmmisbruik is besig Pietersen van Badisa, Claudia Makwena Isaacs van om pandemiese proporsies aan te neem. Ons het Norsa en Danalene Ruiters wat deur die Kaapse almal ‘n verantwoordelikheid om die gemeenskap se verlore morele kompas te help herstel,” het Wynlande Distriksmunisipaliteit genomineer is. Gaynore Pietersen en Claudia Makwena is sy gesê. Sy het ook haar eie ervaring met haar as die twee naaswenners van die toekenning enigste seun se dwelmverslawing gepraat. Die oorhandiging van die Winnie Rust aangewys. Die Winnie Rust Vrou van die Jaar Toekenning word hierdie jaar deur Connie Toekennings en die bekendmaking van die wenners is deur Burgemeester Elna von Schlicht, Abrahams en Danalene Ruiters gedeel. “Altwee hierdie vroue staan uit - elkeen in Winnie Nel, dogter van die ontslape skrywer haar eie sfeer waarin sy beweeg,” het Christine Winnie Rust, en raadslid Ewie Gouws behartig. Siebrits, ‘n lid van die komitee wat die toekennings Elke skooldogter het ‘n trofee, ‘n sertifikaat en ‘n geskenkbewys van R1 000 ontvang. Die bestuur, gesê. Met hul aankoms by die geleentheid kon gaste wenners van die Winnie Rust Toekenning het elk na die lewendige klanke van die multikulturele R5 000, ‘n trofee en ‘n sertifikaat ontvang en die musiekgroep wat spesiaal by die geleentheid naaswenners elk R2 000. Daar is ook ‘n spesiale opgetree het, luister. ‘n Fotovertoning van Winnie Rust Toekenning aan burgemeester Winnie Rust se lewe het die verhaal van haar Elna von Schlicht vir haar bydrae in haar merkwaardige, invloedryke lewe in ons dorp grootworddorp en gemeenskap oorhandig. Winnie Nel het na die toekenning van die verbeeld. Die voorwoord in die program van die pryse namens die Rust-familie gepraat. “Vandag moet ek verby die knop in my keel geleentheid het die doel en waarde van hierdie probeer praat. My ma het twee uitstaande toekenning vervat. “Hierdie viering is ‘n huldeblyk aan een van eienskappe gehad, naamlik tydsbestuur en ons mees geliefde Wellingtonners. Winnie Rust hardwerkendheid. Sy het nie vasgeklou aan is op 11 Mei 2016 ontydig van ons weggeruk haar bevoorregte bestaan op die bult nie. Elke deur ‘n talentvolle jong atleet wat sy geborg mense se lyding, was haar lyding. Die aakligheid het sodat hy so drome kon uitleef. Winnie van haar dood sal ons plant en ons sal kyk na die het ‘n hart vir Wellington en sy mense gehad vrugte wat daaruit opkom, kyk. Ek kies om van wat oor alle grense gestrek het. Sy het mense haar dood iets positiefs te maak. Dit maak nie gehelp met geld en aardse middele waar dit saak wat die oorsaak van jou pyn is nie, maar die nodigste was. Daar is soveel projekte waar wat jy daarmee doen. Mag seën voortvloei uit sy betrokke was, te veel om op te noem. Maar julle goeie dade,” het sy aan die wenners van die een van die projekte wat baie na aan Winnie se toekennings gesê. hart gelê het, was die optekening van die verhale


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.