4 September 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

4 September 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

4 September 2019

Blomseisoen skop af Die blomseisoen is op ons en die omgewing is in kleurvolle skakerings getooi. Die afgelope naweek het blomkykers na Hopefield gestroom met die jaarlikse Hopefield Fynbosskou en die Darling-veldblomskou is om die draai van 20 tot 22 September.

Stand van die damme

Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.1% gestyg vanaf 81.8% tot 81.9%. Die Bergrivierdam se vlak het van 99.7% verlede week tot 99.3% hierdie week gedaal. Die Laer-Steenbrasdam se vlak het geklim vanaf 101.4% verlede week tot 102.1% hierdie week, in vergelyking met verlede jaar se 86.5%. Die Bo-Steenbrasdam se vlak staan nou op 92.5% in vergelyking met verlede week se 95.4% en verlede jaar se 100.7%. Theewaterskloof se damvlak het slegs met 0.1% gestyg vanaf 72.1% na 72.2%. Die dam was verlede jaar dieselfde tyd slegs 48.6% vol. Die Voëlvleidam se vlak staan nou op 87.9% in vergelyking met verlede week se 87% en verlede jaar se 73.3%.

Smyth SA champion

pg 2

Fotograaf soek na SA se nasionale voël

bl 3


2

4 September 2019

Dr Wouter Basson praat by landbouvergadering

Die suiwel- en wingerdstudiegroepe van Agri Malmesbury, se algemene jaarvergaderings vind vanaand om 19:30 by die landbousaal op die dorp plaas. Gedurende die vergadering word inwoners uitgenooi om saam te kom luister na hul gasspreker vir die aand, Dr Wouter Basson. Basson gaan vanaand kom gesels oor sy lewenservaringe. Daar kan ook uitgesien word na ‘n heerlike potjiekos ná afloop van die geleentheid. Toegangsfooie is R150 per persoon. Besprekings moet gedoen word deur Zelna O'Kennedy, by 082 496 1870 of zelna@ okennedybrokers.co.za.

NUUS • NEWS

•PLASYF FOR BOLAND BADMINTON

Smyth SA's #1 Ladies Double champion

Sandy Smyth from Malmesbury, is a South African badminton player champion at the age of 62. Smyth, who represents and plays badminton for the Boland Badminton Team, recently won the Ladies Doubles Title in the SA Nationals Badminton Tournament which was held in Alberton in April this year. She also plays for the local Badminton Club in Malmesbury, she adds. At the of 13, she started playing for the Methodist Church friendly league. Her talent for this sport quickly surfaced. She joined the WP Major Badminton League only three years later at the age of 16. It was only three years ago at the age of 60, she decided to go to Boland Badminton trials for the first time where she was chosen to play in the SA National Badminton Championships. “Badminton is played with a feather shuttle made of goose feathers and is the fastest racket sport in the world,” she explains. In the last three years she has played Veterans (over 40), Grand Masters (over 55) and Silver Eagles (over 60). Smyth has thus played in various age categories and has clinched titles of Ladies Singles Plate Winner as well as also having won a few silver medals together with her Boland

Badminton Team. Today she has SA National Badminton colours for NWP as well as WP. As player and manageress, she will be taking her two Boland Badminton teams to participate in another SA National Badminton competition to be held in East London next month.


NUUS • NEWS

3

4 September 2019

•CIMING MEI VANG BLOUKRAAN VAS

Bekroonde VS-fotograaf soek na SA se nasionale voël

Ciming Mei, wêreldbekende én bekroonde fotograaf van Houston, Texas, kuier dié week op Riebeek-Kasteel om die land se nasionale voël, die Bloukraanvoël op kamera vas te vang. Dit sal ook die 13de kraanvoël ter wêreld wees wat sy in die Swartland kom soek. Ciming het gedurende Augustus in Suid-Afrika geland, op soek na die Lelkraanvoëls in KwaZulu-Natal. Sy het het daarná in die Overberg gekuier, waar sy ook die Bloukraanvoël afgeneem het. Vandag kuier sy in die Riebeekvallei ná al drie kraanvoëlspesies wat in die land voorkom, deur haar lens vasgevang is. Ciming beskryf haar ervaring in Suid-Afrika as oorweldigend. Ciming het onlangs weer haar kamera nadergehark, ná haar kinders die nes verlaat het. Wat eers as ‘n stokperdjie begin het, het intussen gegroei in ‘n passie en ‘n missie om die kraanvoëlspesies van reg oor die wêreld te help bewaar. Daar is 15 kraanvoëlspesies wêreldwyd beskikbaar, waarvan die wit Siberiese kraanvoël in Jiangxi, China, die mees bedreigde kraanvoël vandag is. Ciming, oorspronklik van China, het in 1992 fotografieklasse by ‘n universiteit in Boston geneem waar sy gewerk het. Sy het daar en dan verlief geraak op die kuns van foto’s neem, hoewel die aanvanklike doel van haar studies was om beter foto’s van haar dogtertjie te kon neem. Haar reis met kraanvoëls het in November 2014 met die “Sandhill”-kraanvoël in Nieu Meksiko, naby aan haar tuisdorp, afgeskop. “Aan die einde van Oktober daardie jaar, het ek my werk verloor nadat die rekenaar tegnologie maatskappy waarvoor ek gewerk het, verkoop is. Kort voor dit het my seun kollege toe gegaan. Die nes was leeg nadat albei van ons kinders die huis verlaat het. Skielik het ek baie tyd op my hande gehad,” verduidelik sy. Ciming het besluit om weer met haar fotografie voort te gaan nádat dié stokperdjie vir baie jare afgeskeep is. Sy het onder meer natuurtonele begin afneem, wat kraanvoëls in Texas ingesluit het. Dit was eers in Februarie 2015 dat dié stokperdjie om die voëlspesie af te neem, ‘n ware passie geraak het. Sy het op ‘n kraanvoël-ekspidisie na Hokkaido gegaan, waartydens sy baie Chinese fotograwe wat voëls afneem, ontmoet het, vertel sy. Dié fotograwe het haar talle wenke van die agt kraanvoëlspesies van regoor China gegee. Hokkaido was die keerpunt in haar soeke na kraanvoëls, toe sy die wêreldbekende foto van ‘n kraanvoël geneem het wat besig was om met ‘n arend te baklei. Die kraanvoël is later die “Samurai-kraanvoël” gedoop. Sy was kort daarná die hoofonderwerp in talle Britse mediahuise wat een onderhoud na die ander met haar gevoer het, insluitend die Times, The Gaurdian en die Daily Mail. Haar foto is onder meer deur National Geographic se webblad as die redakteurskeuse van die week gekies. Sy is ook later met ‘n toekenning deur National Geographic vir haar aksiefoto vereer. Ciming het toe al besef sy het ‘n goeie oog vir die fotografie van kraanvoëls. Haar reis op soek na die ander kraanvoëls wat in China aangetref word, het voortgegaan. Haar man het ter selfder tyd ‘n werk by die Beijing Universiteit gekry, wat haar pogings om die voëls te soek, moontlik gemaak het. Teen 2018 het Ciming tien kraanvoëlspesies

Ciming Mei, wêreldbekende fotograaf, kuier nou in die Riebeekvallei opsoek na Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël

Auction Date: Tuesday, 17 September 2019 @ 12pm Venue: The Houghton Golf Club, Osborn Rd, Houghton, JHB

MALMESBURY WEBREF: #P3325

altesaam afgeneem. Hier het sy van ‘n kraanvoël fotograaf tot ‘n kraanvoëlbewaarder oorgeskakel. Haar foto’s is al in talle publikasies oor die wêreld gepubliseer. Dit het ook gelei na lesings wat sy in Houston aangebied het, waar haar uitstalling, My Journey with Cranes in die Pleasanton-biblioteek van Kalifornië verskyn het. Sy het intussen ook al baie geld ingesamel vir die bedreigde Siberiese Kraanvoëlspesie. Net soos die titel van die Suid-Afrikaanse skrywer se boek, Sentinels, sê, word die kraanvoëls beskou as beskermingsengele oor die mens. “Die bewaring van kraanvoëls en vleilande het krities geraak soos die mensdom ontwikkel en verwoes.“ Volgens haar Chinese kultuur, simboliseer die kraanvoël ook grasie, liefde en langlewendheid. “Daar is baie digkuns en skilderye in China oor die kraanvoëls. Die liefde wat ek vir hulle koester, is seker danksy my kultuur,” bieg sy. Die mees afgeleë plek wat sy op ‘n motorfiets moes besoek om ‘n kraanvoël af te neem, was in Lumbini, Nepal. Nes daardie besoek, het sy ook danksy kontakte deur die internasionale stigting vir kraanvoëls, na Suid-Afrika gekom. Ciming oorweeg dit om eendag ‘n boek te publiseer nadat sy al 15 kraanvoëlspesies afgeneem het. “Dit sal nie net oor die kraanvoëls gaan nie, maar oor die hele reis opsoek na hulle, die mense wat ek ontmoet en die hele ervaring wat die gewone toeris nie sommer sal beleef nie.” Volgens haar is die inwoners van Suid-Afrika ongelooflik. "Die mense hier, gee soveel van hul tyd, kennis en ervaring vir my, ‘n vreemdeling. Dis oorweldigend. Die verskillende landskappe is ook oorweldigend en natuurlik die voëls. Hulle is ongelooflik,” vertel sy van haar ervaring sover. Ciming gebruik ‘n Nikon 600mm/F4 lens om die kraanvoëls af te neem. Indien ‘n Chinese vrou langs die pad met ‘n groot kameralens gewaar, is die Ciming Mei.

WAREHOUSE CO

RP

OR

AT E

DI

SP

OS

AL

CNR NYWERHEID CRESCENT & TEGNO STREET Erf Size: 5 324m² | GLA: ±1 537m² | Well located industrial warehouse | Undercover loading area of 359m² | Power capacity of 1155 Amps | Vacant occupation Dino Smit 082 577 4646 | 011 033 6600 | dinos@aucor.com TERMS: R50 000 refundable deposit (strictly bank guaranteed cheque or cash transfer only). Bidders must provide original proof of identity and residence on registration. No cash will be accepted at the auction. No exceptions. All bids are exclusive of VAT. Aucor Property may bid up to reserve on behalf of the sellers. Subject to change without notification. For rules of auction please visit: www.aucorproperty.co.za Auctioneer: Pieter Geldenhuys FOR MORE PROPERTIES ON THIS AUCTION VISIT WWW.AUCORPROPERTY.CO.ZA


4 Die grootste landbouskou in die Wes-Kaap is om die draai, met slegs 34 dae oor tot hul hekke op Moorreesburg na die skougronde oopgemaak word. Vanjaar se skoubestuur beloof ‘n bielie van ‘n skou wat as besonders en uniek beskryf word. Talle hoogtepunte wag op skougangers. Dit is nie net die 85ste Swartlandskou wat van 11 tot 14 September plaasvind nie, maar daar kan onder meer uitgesien word na nuwe items op die program. Volgens die skoupresident, Jacques Bester, is hulle bevoorreg om vanjaar die Nasionale Angus-kampioenskappe aan te bied met beeste en telers van reg oor die land wat tentoongestel gaan word. “Met nog uitbreidings by die beesafdeling, beloof die beesskou om iets van wêreldgehalte

4 September 2019 te wees. "Buitelandse beoordelaars besoek ons om die verskillende rasse onder hande te neem,” vertel Bester in sy voorwoord vir 2019. Nóg ‘n eerste, is die blindeproe-kompetisie van agt vleisbeesrasse by die Cattle Inn-tent. Die wenners van die Angus Nasionalekampioenskappe, asook die ABSA Interrastrofee word op Saterdag, 14 September bekend gemaak. Dis ook vanjaar die Nasionale SA Vlaamperdkampioenskappe vir alle perdeliefhebbers. ‘n Spesiale perdeklas vind vanjaar plaas. In die agt-waspan, is daar vanjaar sewe deelnemers, ‘n moet sien vir enige perdeliefhebber. Die perde-, skaap- en hoender tentoonstelling sal weereens die arena tot stampens toe vol hou.

NUUS • NEWS

Swartland Skou 2019:

Diere van die hoogstaande gehalte gaan die skou weer mooi inkleur en jonk en oud kan uitsien na ‘n pragtige skouspel. Die skou skop met ‘n slag af in die vorm van die bekroonde sanger, Steve Hofmeyr, saam met die land se nuutste sangsensasie, Demi-Lee Moore gedurende vanjaar se Damesoggend, ‘n groot hoogtepunt tot die jaarlikse geleentheid. Ander bekende kunstenaars en sangers waarna uitgesien kan word, is onder meer Fatman, Theuns Jordaan en Deon Groot om net ‘n paar te noem. Daar is vermaak vir oud en jonk. Pluimvee en sierduiwe sal tentoongestel word, wat ‘n gunsteling onder alle skougangers is, ‘n hondevertoning, Kizzo Kindervermaak en vele meer. Die masjinerie-afdeling groei jaar op jaar in getalle en waarde en sal daagliks vertoon word. “Swartlandskou is bevoorreg om uitstallers

van reg oor Suid-Afrika te hê wat ons ondersteun. Die ingang van die skou sal ‘n kleurvolle baadjie hê met die pragtige ysters op die voorgrond. Met ‘n vergrote masjinerie-nywerheidstent, sal daar iets vir almal wees om te besoek,” belowe Bester opgewonde. Die landbouseminaar is ook jaarliks ‘n hoogtepunt en groot trekpleister. Op Vrydag, 13 September, sal daar weer landbou gesels word en in samewerking met die media , met insiggewende gesprekke wat sal volg. Toegangsfooie sluit in: Woensdag - R40,00; Donderdag - R60.00, Vrydag - R90.00, Saterdag - R120.00. Kinders - R30, Pensioenarisse - R20, Ledegeld- R150, Familiepakket R420 (2volw + 2 kinders), Kuierpakket - R320.00(duur van skou + wyntuin). Besoek hul webblad vir meer inligting by www.swartlanskou.co.za


NUUS • NEWS

Groot dinge wag

4 September 2019

Amerikaanse egpaar beoordeel skou-Angusse

5

Die Amerikaanse Angus-stoettelers én ook bekende beoordeelaars wat al by verskeie geregistreerde beesras-kampioenskappe oor die wêreld opgetree het, kom vanjaar Swartland Skou toe. Nou is Lee en Dawn Wilson van Miller Wilson Angus in Kanada, vir die eerste keer op pad na Suid-Afrika. Die Wilson-egpaar gaan vanaf 11 tot 14 September as die amptelike beoordeelaars vir die Nasionale Angus-kampioenskappe optree en sien baie uit na hul besoek aan dié streek. Lee en Dawn Wilson het hul Angusstoet, beter bekend as Miller Wilson Angus, begin kort na hul troudag in 1989. “Ons het elkeen ons eie Angusbeeste vóór dit gehad,” vertel Dawn. Dawn het grootgeword op ‘n suiwer Angusplaas, terwyl Lee op sy beurt as kind op ‘n Shorthorn- en Hereford-beesplaas gebly het. Hy was die eerste Wilson wat ‘n Angus-bees op sy familieplaas ingebring het. Lee en Dawn is nou 45 jaar in die Angus-industrie, met ‘n stoet wat uit 150 beeste bestaan. Lee en Dawn is vandag die trotste eienaars van Miller Wilson Angus. Dit word deur hulle, asook hul drie kinders, Ty, Dakota en Jaelayne bestuur. “Ons het ook sewe pragtige kleinkinders,” vertel die trotse ouma. Volgens hulle het elkeen in die familie ‘n passie vir alle rasse vleisbeeste, maar koester veral ‘n liefde vir die Angus-beesras. “Ons het ‘n bestaan uit Angus-beeste gemaak.” Hulle het nog altyd van die Angus-beeste gehou, omdat hulle aanpasbaar tot verskeie omgewings is. “Hulle het ook besonderse moederlike eienskappe en verg nie baie arbeid en moeite nie,”

voeg sy by. Dawn verduidelik verder dat Angus-beeste ‘n baie goeie kruisras is, wat dit aanloklik maak vir die kommersiële industrie. Die ras is verder bekend vir hul lekker vleis danksy die vet binne die maer vleis wat ‘n marmer-effek gee en gelykstaande is aan kwaliteit. Sedert hul bestaan, het hulle reeds genetika na meer as dertig lande uitgevoer. “Ons probeer verstaan wat ons kliënte se behoeftes is en streef dan daarna om daaraan te voldoen. Ons kliënte se sukses is van ons grootste, belagrikste en trotste hoogtepunte,” vertel sy ook met trots. Hulle het deur die jare al ‘n paar verskillende rasse gehad, maar erken dat hul hart by die Angus lê. Hulle fokus gedeeltelik op beeste met spiere, maar is baie gesteld op struktuur binne hul eie trop. Dit is ook waarna hulle kyk wanneer daar beoordeel word, vertel hulle. Hulle het voorheen kampioenskappe op vyf verskillende kontinente beoordeel. Behalwe vir Amerika, sluit dit lande soos Meksiko, Japan, Australië en Ierland in. Suid-Afrika sal die sesde kontinent wees. “Ons geniet dit ongelooflik baie om beeste te beoordeel. Dit gee ons die geleentheid om besonderse beeste te sien en mense met dieselfde passie te ontmoet.” Daarmee saam, koester hulle ‘n passie daarvoor om met hul diere te skou, wat baie nasionale kampioene in Kanada en reg oor die wêreld opgelewer het. Maak vanjaar ‘n draai by die Swartland Skou, maar dié bekroonde stoettelers en beoordeelaars in aksie binne die skouring te sien sal wees.

Die Malmesbury Posduifklub, in samewerking met die Christelike Privaatskool Malmesbury, se jaarlikse duiweveiling word vanjaar op 4 September 2019 gehou. Hierdie jaarlikse veiling en wedvlug is oorspronklik ingestel as 'n fondsinsamelingsprojek vir Christelike Privaatskool en vir die Posduifvereniging van die dorp. Die wedvlug staan tans bekend as die Fritz & Berno Meintjies-gedenkwedvlug, nadat die twee seuns van Fritz en Mollie Meintjies, wat ook lede

van die klub was, tragies verongeluk het. Die veiling word op 4 September om 19:00 in die Freek Stander-sportkompleks van die Hoërskool Swartland op Malmesbury gehou. Die duiwe vlieg vanaf Hopetown op 7 September 2019 terug huis toe met 'n gewaarborgde prysgeld van R15 000. Belangstellendes wat graag die duiweklub en skool wil ondersteun, kan Johan Steenkamp kontak by 082 823 7541 of Willie Taylor by 083 526 8959.

Duiwe vlieg vir klub en skool


6

NUUS • NEWS

4 September 2019

Darling reg vir blomskou Die kleurryke prentjie van massas veldblomme bring van 20 tot 22 September weer vreugde aan Darlinginwoners en besoekers tydens die 2019 Darling Veldblommeskou. Die skou vind plaas wanneer die streek se veldblomme vol in die blom staan, en die tema, “ ʼn Karnaval van Veldblomme”, leen juis Die inwoners van Darling is in reg vir vanjaar se Darling-veldblomskou. by die optimistiese, Foto: Daniela Photography karnavalagtige atmosfeer ‘n Heen-en-weer diens vanaf die skougronde wat die dorp en streek dan vul. na plaaslike interessanthede in Darling Plaaslike kunstenaar Nicolaas Maritz is die Veilige parkering skou se ontwerper, en mik om die reënboogkleure Die meer as 100 kos- en kunsvlytstalletjies van die seisoen in al sy aspekte uit te beeld. Maritz is gekonfyt in die skep van interessante gaan beslis jou smaakkliere en lus vir inkopies landskapontwerpe, en het voorheen al met groot trakteer! Vir die jongspan wag ʼn naweek vol pret sukses as ontwerper en bestuurder van vele in die speelparkarea, met alles van gesigverf tot pretritte op die agenda. Volwassenes kan ontspan plaaslike veldblommeskoue opgetree. “Ek het besluit om vanjaar die kleurryke in die Mini Wynroete tent. Die skou vier ʼn belangrike deel van die Kaapse blommerangskikkings te beklemtoon, maar met ʼn kontemporêre kinkel,” sê Maritz. “Ek is Fynboskoninkryk, wat bestaan uit Renosterveld, passievol oor die bewaring van die plaaslike Rietveld, Sandveld en Strandveld, waar altesaam Renosterveldhabitat, en glo dat dié saak ten beste meer as 1200 verskillende blomspesies gevind bevorder word deur die publiek se positiewe kan word. Jou toegangsgeld tot die Darling reaksie op aantrelike én insiggewende uitstallings Veldblommeskou maak dit vir ons moontlik om ons bedreigde blommekoninkryk vir die toekoms by die veldblommeskou.” Besoekers aan die skou moet uitkyk vir te bewaar, so kom kuier saam met ons by die verskeie interessante verrassings, soos die mitiese Darling Veldblommeskou en maak ʼn belangrike Florasaurus: ʼn dinosaurus met ʼn voorliefde vir bydrae! Skoudatums: 20-22 September 2019 plante wat wegkruipertjie speel in een van die Tye: Vrydag tot Sondag van 09:00 tot 17:00 veldblommeskou se landskappe. Plek: Darling Sportklub, Jacarandastraat, Die Darling Veldblommeskou bied ʼn verskeidenheid van aktiwiteite vir jonk en oud Darling Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za aan. Kaartjies sluit in: Toegang tot die Landskapsaal waar Groepafslag op aansoek. Koste: Volwassenes: R70; Pensioenarisse: veldblomme uit die streek in hulle natuurlike R50; Leerders 7 tot 18 jaar: R50; Kinders 0 tot 6 habitat uitgebeeld word jaar: gratis. ʼn Kunsvlyt & Gourmet kosmark Vir meer inligting, kontak 084 916 1111 of ʼn Uitstalling van veteraantrekkers en -motors stuur 'n epos aan info@darlingwildflowers.co.za ʼn Vermaaktent met musiek deur plaaslike of besoek www.darlingwildflowers.co.za. kunstenaars

Verrassing:

'n Inwoner van die Groeneweide Tehuis op Darling het op 30 Augustus haar 90ste verjaarsdag in styl gevier. Mev Mona Brand se seun, Nico Loubser, het haar verras toe hy by die tehuis opgedaag het met sy 1968 Mercedes-Benz 280S en as haar chauffeur opgetree het. Hy het haar na die Red-Box Café in Darling vergesel waar daar vir haar 'n verrassingspartytjie gewag het. Foto: Tiffany Smit

Skogdag om die draai

Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (SKOG) se jaarlikse boeredag is om die draai. Belangstellendes kan die geleentheid, ‘n hoogtepunt op die jaarlikse kalender, op Donderdag, 19 September by die departement van landbou se navorsingsplaas, Langgewens bywoon. Registrasie vind vanaf 07:30 die oggend teen slegs R100 per persoon plaas. Langgewens is geleë tussen Malmesbury en Moorreesburg, wat

vanaf die N7-snelweg te sien sal wees. Vanjaar se hoofspreker is André Uys van Acorn Agri & Food. Uys gaan met gaste gesels oor volhoubare landbou in die Swartland, ‘n gesprek wat nie gemis wil word nie. Die opening vind om 08:30 plaas, gevolg deur die besigtiging van proewe en ‘n heerlike middagete. Vir meer inligting, kontak Gert Conradie by 022 433 8930, 074 603 7240 of stuur ‘n e-pos na gertc@elsenburg.com.

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

VOLTYDSE STUDIEBEURSE VIR 2020

DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL

TRADESMAN AID REMUNERATION: R102 534 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate experience to carry out maintenance tasks • Appropriate experience in the handling of workshop tools. Inherent requirements of the job: Valid (Code B/EB) driver’s licence • Physically able to do hard manual labour • Ability to do overtime and standby duties. Competencies (knowledge/skills): Ability to read and write written instructions • Good communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key results areas/outputs): Provide assistance to the maintenance of buildings and equipment • Provide assistance with installation of equipment and other items • Collection, movement and delivery of equipment and furniture • Provide assistance with other support functions of a workshop as well as control of tools • Maintain professional growth/ethical standards and self-development. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Mr CA Vermaak, tel. 022 487 9226 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MR E SASS, TO THE DIRECTOR: WEST COAST, PRIVATE BAG X15, MALMESBURY 7299.

INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov. za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please

Swartland Munisipaliteit bied beurse vir voltydse studies by goedgekeurde tersiêre instellings aan jongmense wat in die groter Swartland munisipale gebied woon. Kandidate wat in 2020 vir ’n voorgraadse graad/diploma in een van die goedgekeurde studierigtings gaan geregistreer, word aangemoedig om aansoek te doen.

Goedgekeurde studierigtings: • Finansies • Ekonomie • Rekeningkunde • Voorsieningskanaalbestuur • Interne Oudit • Risikobestuur. Beurse sal vir registrasie-, eksamen- en klasgelde voorsiening maak. Minimum vereistes vir beurs: • Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees, tussen 17 en 35 jaar oud • ’n Minimum slaagsyfer van 60% vir Wiskunde en Rekeningkunde in die finale Graad 12-eksamen (leerders wat tans in Graad 12 is, moet asseblief hul uitslae vir Desember 2018 en Junie 2019 voorlê) • Mag oor geen ander beurse beskik nie • Kandidate uit histories-benadeelde gemeenskapsgroepe en/of persone met gestremdhede sal voorkeur geniet. Slegs aansoeke wat per hand afgelewer of per pos gestuur word, sal oorweeg word, Indien u binne drie maande na die sluitingsdatum vir aansoeke nog geen kommunikasie ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Telefoniese navrae kan aan Gaynor April by 022 487 9400 gerig word. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Ontvangs van aansoeke sal nie skriftelik bevestig word nie en afskrifte van ondersteunende dokumente sal nie teruggestuur word nie. Slegs suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word.

consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date,

Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie beurse toe te ken nie.

time and place as determined by the Department.

Sluitingsdatum: 4 Oktober 2019

As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be

Voltooide aansoekvorms, insluitend gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, kan aan die Afdeling Menslike Hulpbronne, Privaat Sak X52, Malmesbury 7299, gerig word. Aansoeke wat per faks, e-pos of laat ontvang word, sal nie aanvaar word nie.

conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard will be

Closing Date: 27 September 2019

137518 HET ZWARTLAND www.thecandocompany.co.za

Swartland Munisipaliteit is verbind to Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word daarom aangemoedig om aansoek te doen. www.thecandocompany.co.za 137628


NUUS • NEWS GESOEK WANTED Reliable Domestic lady looking for work, she worked for me, I can highly recommend her. Pls call Ester on 0847932995 #4

------

Koop meubels vir kontant. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460 #4727

------

Soek motors en bakkies te koop. Doen dadelik kontant asook bankaflosse. Skakel 079 379 2898. -----------------------------TE KOOP FOR SALE Hake pakke R50 elk asook snoek en ander. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460 #4727 -----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

Baie Geluk met jou tweede verjaarsdag CHE LEIGH van Mammie Farren, Ouma, Mandy en Kirsty. Lief vir jou ----Baie geluk met jou tweede verjaarsdag Che Leigh. God se rykste seën. Van: Tannie, Boere en Anzlin - Ons is baie lief vir jou ------------------------------

Guess who's turning 21 on 9 September. Happiest birthday wishes on this special day - uncle Richard, Nanna, Richen and Maurice ----Happy 21st birthday to our son KEANU. May God bless you in abundance - Pa, Ma, Keshia and Keban ----Happy 21st birthday Keanu. God's richest blessing on your life - Cathy, Caithlin and Caylem ----Congrats on your 21st birthday KEANU JURIES. May God grant you all your hearts desires. Love - The Taylor's ------------------------------

JADE ENGELBRECHT. 9 September. Nege jaar oud. Baie geluk met jou kroonverjaardag ons liefling kind. Van: Mammie, Daddy, Ouma, Oupa en LuShane ------------------------------

LETHICIA FAROA. Nege jaar oud op 1 September. Baie geluk en ons is baie lief vir jou - Mamma, Pappa, boetie, sussie en Ouma ------------------------------

Op 3 September is dit jou derde verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Van: Mammie, Pappie, Devoline en Timrique ----BENEATHE NOEL, jy moet jou kroon verjaarsdag geniet van jou families ----Atta se blompot moet lekker verjaar - Anine ------------------------------

Raai wie is 21? SHAURNELL ABRAHAMS. Baie geluk met jou verjaardag op 6 September. God se rykste seën rus op jou. Lekker verjaar. Van: Mammie en Sune ----Baie geluk Shaurnell met jou 21ste verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou lewenspad vorentoe. Van: Abegail en Portia --Gelukkige verjaardag Nanseboy. Net mooi dinge vorentoe. Mag God jou hart se begeertes bewaar. Liefde - Lakian en Carlyle ------------------------------

LEA WILLEMS (antie Baby). 6 September. Baie geluk en mag die Here nog u paaie gelykmaak. Ons is baie lief vir Mamma. Geniet die dag - kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ------------------------------

JERALDO MIKIEK. Geluk met jou 14de verjaardag op 2 September. Lekker verjaar - Ma Ellen, Malcolm en boetie, Jamie ------------------------------

4 September 2019 Raai wie word ses? JOLAYGON DAMONS. 6 September. Veels geluk en God's rykste seën. Geniet jou dag. Met liefde - oom Pat, jou Ma, Ouma en Ria ----Boeta, lekker verjaar en 'n geseënde dag vir jou. Van: Chrissie, Arnie, Chrisly en Anesia ------------------------------

Pa, Warren en boetie Tyron ------------------------------

21 op 3 September. Baie geluk DERAN MICHEALS met jou mondigwording. Hoop jou lewenspad is gevul met liefde, geloof en vertroue. Baie liefde – Mammie, Pa, Annoeska en Devandie ------------------------------

2 September. “Happy birthday” ASHANTE - Mag daar nog vele jare vorentoe wees en geniet jou dag. Van: Mammie, Ouma, broer en susters ------------------------------

WILLNICE (Mienkie). 9 September. Gelukkige verjaardag Ma se blom. Hoop jy geniet jou dag – Ma en Pa, baie lief vir jou altyd. ----Mag God jou spaar. Jy is die lig in ons lewe – Mienie Kluzener, Charlene, Wilber en almal wat jou ken ------------------------------

GERMICHA SCHOLTZ. 4 September. Veels geluk met jou agste verjaarsdag. God se rykste seeninge wens ek jou toe. Met liefde – Ouma, Ma,

RODNEY TIMOTHEUS. Op 8 September is jy 22 jaar oud. Mag jy ‘n lieflike da gen ‘n geseende dag he. Geluk my kind. Van: jou Ma en die September familie ------------------------------

MARIA. 1 September. Geluk met Sosie se

verjaarsdag . Ek hoop u het lekker verjaar en mag God u nog baie jare spaar. Van: Theresa, Ben, kinders, Van Reens en Daniels familie en al die kinders in ses straat. -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

WILLEM CORNELIUS LEWIS. 2 September. Pa se eerste verjaarsdag weg van ons. Ons mis Oupa baie. Van: Ouma, Legreycia Faroa, manlief en kleinkinders ------------------------------

MARIA WELKOM. 4 September. Die tyd loop vinnig, al vier jaar dat jy gemis word. Jou herinnering leef voort. Lekker verjaar met jou hemelse Vader. Van: jou suster, Rachel Welkom -----------------------------NETTIE CLEOPHAS, 2 September. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou nog baie.

Van: niggie Kettie ------------------------------

SABINA GELANT. Geluk met ma se eerste verjaardag weg van ons. Ons mis u baie. 6 September sou Ma 67 jaar oud wees. Baie lief vir jou – kinders, Man, kleinkinders, skoondogters en familie ------------------------------

JOHN PERVIS KAPTEIN. 4 September. Baie geluk my liefste man met jou 76ste verjaardag in die hemel met die engele. Die gemis is daar, maar ek gun jou die rus. Liefde jou vrou Louisa, 2 dogters, skoonseuns en kleinkinders ------------------------------

JOHANNA DANIELS – 4 September vier jy jou verjaardag in die hemel. Ons praat nog elke dag van ons ma. Mis jou baie, maar gun u die rus. Van: al die kinders en kleinkinders Jy sou jou 71ste verjaardag vier. Mis jou baie – Van: Sosie en gesin

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

4 September 2019

SPORT 4 September 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Drivers in gear for Swartland Rally

With the 2019 Western Cape Rally Championship drawing to a close, the penultimate round of the series will undoubtedly prove testing to all wanting to stake a claim on either a class championship or the coveted overall championship. The six round 2019 Western Cape Rally Championship is truly building into being a season to remember with much at stake for many crews going into the penultimate round on Saturday 7 September when the CPMCC Swartland Rally takes teams back to the traditional home of rallying. Weather is expected to be sunny and hot, but recent rains will almost certainly leave a few nasty surprises lurking in the wheat. At more than knee height, it is impossible to see around the sweeping corners and finding a perfect balance could prove more critical than having outright pace. Almost the entire Western Cape is represented in the strong 21 car entry and spectators should be in for a treat. For as long as most involved in the sport or rallying may remember Malmesbury has been the heart of the sport and the Swartland district has some of the most exciting special stages in the country. Add the September wheat at more than knee height, a bright sunny day with snow on the Witzenberg Mountains as backdrop and the famously unpopular gnats and the scene is set for a brilliant day of rallying. As spectators, please remember the sunscreen and gnat deterrent (when you discover a successful method please share with the rest of us) and please refrain from walking in the wheat. Spectator areas are determined in cooperation with the landowners, if you do not have their permission do not enter any area other than those indicated in the spectator guide. Good spectator conduct is as valuable as sponsorship. The first team will leave Imperial Toyota Cape Cape 09:00 and the first team at the Nuweplaas R46 Parc Fermé should arrive 15:38. Eight testing stages with the shortest being 9.68km and the longest 17.11km and 95.96km of competitive driving with 166.28km of liaison sections make up a total event distance of 262.24km. Llewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) may start the event as favourites, but this time winning is critical as they missed the opening round and maximum points will allow them to challenge for the championship going into the final event. The CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza STi WRX 2.0 Turbo AWD have proven invincible since returning with three consecutive overall victories.

Uitslae • Results DUIWE Riebeek – Theunissen 1 Mentoor Hokke 08.54.39; 2 Adams Hokke 09.20.34; 3 Adams Hokke 09.33.30; 4 Kuiler Hokke 09.34.46; 5 Alex Fam 09.37.46; 6 Mentoor Hokke 09.44.46; 7 Adams Hokke 10.05.23; 8 Adams Hokke 10.08.17; 9 Mentoor Hokke 10.09.27; 10 Abrahams Hokke 10.27.19 Darling – Theunissen 1. Willemburg Loft - 10:36:13; 2. Isaacs Family Loft - 10:48:02; 3. Willemburg Loft - 11:00:29; 4. Warnick Family - 11:17:52; 5. Baron & Sons - 12:01:07; 6. Beziek Loft - 12:22:16; 7. Warnick Family - 12:48:51; 8. Willemburg Loft - 13:01:07; 9. Warnick Family - 13:34:29; 10. Baron & Sons - 14:03:49; 11. Willemburg Loft 14:46:27; 12. Warnick Family - 16:24:40 Moorreesburg – Bloemhof Ope 1 Frikkie Bester 11:03:15; 2 Frans Jooste WBU 11:26:51; 3 Frikkie Bester WBU 11:32:21 ; 4 Yt & Tuis 11:43:33; 5 Frans Jooste 11:55:12; 6 Henna & Melt Smit 11:56:32; 7 Frikkie Bester 12:25:05; 8 Frans Jooste 12:27:19; 9 Frans Jooste 12:49:38; 10 Frans Jooste 13:06:34

The popular duo determined to take the fight to the final event. Owen Jones (Durbanville) and Michelle Taylor (Plattekloof) steps into the Shaun Jones owned Advanced Asphalt 454 CPMCC S4 BMW E36 328i and the John Deere coloured rear wheel drive Beemer should prove right at home in the Swartland farming community. Another combination that could well prove a factor is Charl Strydom (Durbanville) and Sakkie Bosman in their awesome Sabre Paints 406 CPMCC S4 VW Polo Vivo 2.0 20v. Trevor Hodges (Ottery) and Ian Thebus (Edgemead) return in their orange Xtreme Racing 421 CCMCC S4 VW Golf MkIII GTi 2.0 16v with Paul Emmanuel (Constantia) and Robin Benjamin (Steenberg) in hot pursuit with their 449 CCMCC S4 VW Polo 2.0 16v. Derick Clift (Paarl) and Marius Rudolph (Bothasig) have also shown good pace in the ACW 418 CPMCC S4 Toyota Hilux 2.0 and they would be keen to add another solid result. A late entry was received from Shaheen Amlay (Kensington) and Clint Lingeveldt (Lansdowne) in their super lightweight and potent Amlay Motorsport 402 CCMCC S4 Toyota Tazz 1.8i. Riyaan Amlay (Grassy Park) and Yaseen Amlay (Retreat) have been driving the wheels off their

Ramlay Builders 433 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6i but they would somehow have to find a more reasonable approach in the Swartland to ensure they reach the final Parc Fermé. Mustapha Mia (Kensington) and Ameen Snell (Ottery) have every intention of spoiling their fun in the neat Mia Motorsport 456 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6i. They would however be advised to keep a sharp eye on Paul van Wyk (Bloubergstrand) and Kesevan Naidoo (Kuilsrivier) in the extremely rapid acciDent Guru 469 WBMK / CCMCC VW Golf MkI 2.0 8v. Team acciDent Guru sporting a new combination in a familiar car with Sakkie van Zyl (Wellington) and Henry Köhne (Pretoria) making their debut in the ex-Tiaan Rabe Shatterfix 404 WPMC S2 VW Golf MkI 1.6. Andy Haigh-Smith (Philadelphia) and Tania Vermaak (Strand) have not enjoyed a great season defending their S3 class championship in the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600 and a morale boosting result would be welcomed. Marius Swart (Stellenbosch) and Angelique Swart (Stellenbosch), another team who have been getting better with each event in the bright orange EPR 4x4 438 CPMCC S3 VW Golf MkI GTi 2.0 8v, will be seen.

Moorreesburg - Modderrivier Ope 1 Frans Jooste 08:20:39; 2 Boetie & Baron Hokke 08:46:08; 3 Henna & Melt Smit 08:42:59; 4 CJ Lofts 08:45:02; 5 CJ Lofts 08:50:58; 6 Van der Vyfer Hokke 08:55:40; 7 Frans Jooste 09:01:23; 8 Frans Jooste 09:04:49; 9 Frans Jooste 09:05:53; 10 Frans Jooste 09:26:39

MUURBAL

15 de liga: Malmesbury vs Parlement Malmesbury wen Parlement 11 - 5 Gerhard Havenga wen Wayne Wood 3-2 ; Jacques van Zyl verloor teen Garon Phillips 0-3; Jimmy Loock wen Kholekile Gorata 3-0; Marius Botha wen Nicky Everson 3-0

GHOLF Woensdag Sundowner – 28 Augustus – Enkel Stableford Sakkie Klasen 19; Ian Adams 18; Lothar Buhr 18; Gert Agenbag 17 Saterdag, 31 Augustus – Enkel Stableford-Liga Appie van der Merwe 38; Marchell van Lill 37; Jaco Kriek 37; Sakkie Klasen 37; Billy Howburg 37; Peter Willemse 36; Martell van Lill 36; Evan Liedeman 36; Ewald Liedeman 36 Dames Erika van Niekerk 33; Annelise Smit 32; Annerie Coetzee 29


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.