Het Zwartland 3 Julie 2019

Page 1

• Bergrivier • Free • Gratis 1Swartland

NUUS • NEWS

3 Julie 2019

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

3 Julie 2019

SPLINTERNUUT!

Die jaarlikse Swartbergsvlei-funduro is die naweek buite Yzerfontein aangebied. Die petrol-voete het hulself behoorlik geniet tussen die draaie en hellings wat die terrein hulle gebied en op getoets het. Foto: Cor Cronje

•Lees binne...

Ansuné in top-span opgeneem bl 3

OG: Distrik is #1 bl 3

Mhlungulwana wil 'n verskil maak bl 2


2

3 Julie 2019

NUUS • NEWS

•WESKUS KOLLEGE SE MEJ. TIENER SA GLO IN SELFVERTROUE

Mhlungulwana (19) wil 'n verskil maak Weskus Kollege spog met hul eie Mej. Tiener Suid-Afrika: Persoonlikheid. Abulele Mhlungulwana (19), het op 1 Junie haar kollege, dié streek én die Wes-Kaap by vanjaar se Mej. Tiener Suid-Afrika se skoonheidskompetisie in Johannesburg verteenwoordig. Dáár is sy gekroon as die finalis met die beste persoonlikheid. Mhlungulwana wat aanvanklik van Ashton kom, het verlede jaar as ‘n student in kantooradministrasie (vlak 3) by die Weskus Kollege op Malmesbury aangesluit. Haar skoolhoof by Hoërskool Mc Gregor Waldorf, het haar ouers aangemoedig om haar by ‘n kuns- of media-instelling te laat studeer. Sy kon ongelukkig geen beurse by die verskeie instellings waar sy aansoek gedoen het, gekry nie en het by Weskus Kollege geëindig. Sy is egter nie vir een oomblik spyt oor dié besluit nie. Sy pronk boonop vandag as dié akademiese instelling se ambassadeur. Sy het reeds van ‘n jong ouderdom begin modelwerk doen, wat haar onder meer geleer het om haarself lief te hê, in haarself te glo en dit het haar selfvertroue ‘n hupstoot gegee. Sy beskryf Mej. Tiener SA as ‘n skoonheidskompetisie wat die platvorm aan jong vroue bied om hulself te

bemagtig en hul selfvertroue te ontwikkel om hul persoonlike beste te bereik. Dáárom het Mhlungulwana besluit om vir dié nasionale kompetisie in te skryf. “n Meisie met selfvertroue het die mag om ‘n ware verskil te maak. Die verskil begin by jou plaaslike gemeenskap wat uiteindelik ‘n wêreld-gehoor kan bereik,” verduidelik sy. Mhlungulwana is ook die titelhouer van Mej. Ashton 2018. Haar grootste droom vir ander is om hul drome uit te leef, om hulself te bemagtig en te inspireer. “Ek wil hê dat hulle hulself in my skoene moet plaas, want enigiets is moontlik,” moedig sy ander aan. Volgens Mhlungulwana, wil sy ‘n voorbeeld vir jong, magtige, slim, Afrika-vroue wees. “Ek het die sertifikaat as Mej. Persoonlikheid 2019 ontvang wat slegs deur my besit word.” Dié prestasie is vir haar reeds ‘n oorwinning. Vir Mhlungulwana, was die hele ervaring ongelooflik. “Ek het baie geleer. Die titel beteken vir my baie, omdat dit juis my persoonlik verteenwoordig.”

Sy wil graag dié titel gebruik vir toekomstige beurse sodat sy in die rigting van kuns en media kan gaan studeer. Wanneer sy klaar is, wil sy haar studies en haar titels gebruik om juis ander kinders, hul ouers en plaaslike gemeenskapsprojekte te help.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het nou aanlyn-indiening en indiening by alle SAID-takke vir vanjaar se belastingseisoen verbeter. Verskeie en opwindende innoverings vir die belastingseisoen vir 2019 is daargestel wat dit makliker en meer gerieflik sal maak vir belastingpligtiges om inkomstebelastingopgawes in te dien. Dié innoverings sluit ook die uitreiking van aangepaste kennisgewings, waar spesifieke dokumente aangedui word wat in die geval van ‘n oudit of verifiëring vereis word én ‘n gesimuleerde uitslag wat uitgereik word voor ‘n belas-

tingpligtige sy of haar opgawe indien, in. Die oogmerke wat hierdie veranderinge dryf, is verbeterde dienslewering, toenemende omskakeling na aanlyn-kanale soos eFiling en die SARS Mobi App vir eenvoudige inkomstebelastingopgawes (wat voorlopige belastingopgawes uitsluit), asook die verbetering van hul vermoë om nie-nakoming na te speur. Die vernuwing van die SARS Mobi App sal dit selfs makliker as ooit tevore maar om van ‘n slimfoon gebruik te maak om ‘n eenvoudige inkomstebelastingopgawe in te dien as gevolg van die nuwe gerieflike eienskappe. Die aanlyn-

platform, eFiling, is vernuwe om die navigasie makliker te maak en die nodige funksies uit te voer om ‘n opgawe in te dien, stawende dokumente in te dien en ‘n betaling te maak. Dit sluit ook verbeterde blaai-aanpasbaarheid in. Hierdie jaar, hoef belastingpligtiges wat aan sekere kriteria voldoen, nie ‘n belastingopgawe in te dien nie. Indien jou besoldigingsinkomste vir die jaar, voor belasting, nie

“Met my lewenservaring, weet ek, ek kan ander help , inspireer en ‘n verskil maak in kinders en jong vroue se lewens. Ek wil geskiedenis maak. Ek wil die verskil wees.” Sy het ook bevestig dat sy eendag vir Mej. Suid-Afrika gaan inskryf. Mhlungulwana beskryf haarself as aantreklik, intelligent en kort. Sy wil die persepsie van hoe lank ‘n model moet wees en hoeveel modelle moet weeg, verander. Sy herhaal, “ek wil geskiedenis maak.” Mhlungulwana wil die titel gebruik om jong vroue aan te moedig om juis van negatiwiteit af weg te breek. “Ek dra die gees van Imbokodo en God is my krag en my rots in die lewe.” Volgens haar, is niemand op die aarde geplaas om ander te oordeel nie, maar eerder te fokus op die positiewe sy van die lewe. “Almal is spesiaal en verdien ‘n goeie lewe, om hul drome uit te leef en te weet dat jou toekoms in jou eie hande lê. As jy nie opstaan en die resies saam met ander hardloop nie, kan jy nie verwag om bo-aan die suksesleer te kom nie,” sluit sy af.

Nuttige wenke as jy jou opgawe by SARS indien

meer as R500 000 is nie, besoldigingsinkomste van slegs een werkgewer ontvang vir die volle belastingjaar, jy geen ander vorm van inkomste (bv. motortoelaag, besigheidsinkomste, huurinkomste, belasbare rente of inkomste van ‘n ander betrekking) het nie en geen bykomende toelaatbare belasting-verwante aftrekkings (byvoorbeeld mediese uitgawes, uittree-annuïteitbydraes en reisonkoste) het om te eis nie. Om verder onnodige besoeke aan SARS-takke te verminder, sal belastingpligtiges wat nie nodig het om ‘n opgawe in te dien nie, ‘n gesimuleerde uitslag van die SAID ontvang as of hulle ‘n opgawe ingedien het. Die belastingpligtige kan hierdie uitslag aanvaar of die opgawe opdateer en indien. Belastingseisoen 2019 begin op 1 Augustus vir belastingpligtiges wat hulle inkomstebelastingopgawes by SAID-takke indien. Belastingpligtiges wat takke besoek, sal egter aangeraai word om as gebruikers van eFiling en die Mobi App te registreer. Sodra hulle vir hierdie twee aanlyn-kanale geregistreer is, sal personeel demonstreer hoe om hierdie twee kanale te gebruik om ‘n eenvoudige inkomstebelastingopgawe in te dien, belowe die SAID. Takke sal wi-fi verskaf vir belastingpligtiges om eFiling of die Mobi App te gebruik. Belastingpligtiges wat vir eFiling geregistreer is of toegang het tot die Mobi App, kan reeds vanaf 1 Julie deur hierdie kanale hulle inkomstebelastingopgawes indien. Die sluitingsdatums vir die belastingseisoen is 31 Oktober 2019 vir indiening by takke, 4 Desember 2019 vir nie-voorlopige belastingpligtiges wat eFiling en die Mobi App gebruik en 31 Januarie 2020 vir voorlopige belastingpligtiges wat eFiling gebruik. Die SAID wil verder belastingpligtiges bemagtig met belangrike inligting, soos om die betaal van hulle belastingverpligtinge te verstaan en om dit makliker te maak om na te kom. Wanneer nodig, sal die inkomstediens optree en nakoming afdwing.


NUUS • NEWS

3 Julie 2019

•BERGRIVIER ONTVANG 3DE SKOON OUDIT VAN OG

Weskus Distrik is Wes-Kaap se #1

Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, het die afgelope week die ouditverslag vir die 2017/2018 finansiële jaar vrygestel. In die verslag, word daar onthul dat die Weskus Distriksmunisipaliteit én die Bergrivier Munisipaliteit ‘n skoon ouditmening van die OG ontvang het. "Nie net is dit die WKDM se agtste agtereenvolgende skoon oudit nie, maar word ook as die voorste distriksmunisipaliteit in die provinsie beskryf," sê die hoof finansiële beampte, Dr. Johan Tesselaar. Volgens Tesselaar is die WKDM die munisipaliteit in die Wes-Kaap met die meeste én agtereenvolgende skoon oudits in die Wes-Kaap. Die prestasie word onder meer toegeskryf aan bestuursversekering, ‘n stabiele werksomgewing, effektiewe beleide, prosesse en pro-

sedures wat gevolg word, goeie en effektiewe oorsig, effektiewe verdeling van pligte en die voldoening en nakoming daarvan, asook professionele en toegewyde werknemers." Die WKDM het boonop hul 100ste bestaansjaar op die 27ste Mei vroeër vanjaar gevier kort nadat hulle die goeie nuus van nóg ‘n skoon oudit ontvang het. Dié munisipaliteite vorm deel van 12 munisipaliteite in die Wes-Kaap wat daarin geslaag het om ‘n skoon oudit te kry. Die ouditmenings van 257 munisipaliteite en 21 munisipale entiteite vir die boekjaar wat op Junie 2018 geëindig het, is verlede Woensdag amptelik bekend gemaak. Dit is die WKDM se agtste agtereenvolgende skoon oudit, terwyl die Bergrivier Munisipaliteit vir die derde agtereenvolgende jaar daarin

geslaag het om ‘n skoon oudit te kry. Die WKDM deel die prestasie saam met nóg ‘n ander distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal. Die Swartland Munisipaliteit was vanjaar vir die eerste keer in sewe jaar nie op die lys van munisipaliteite wat ‘n skoon oudit ontvang het, te sien nie. Volgens navraag aan die kantoor van die OG, dui die verslag daarop dat finansiële state laat ingedien is. Die Swartland Munisipaliteit het saam met die WKDM in 2012 voorblaaie gehaal toe beide munisipaliteite ‘n skoon oudit vir die finansiële boekjaar van 2010/2011 gekry het. Volgens die Swartland Munisipaliteit, was dit hoofsaaklik tegniese gronde wat aanleiding gegee het tot die laat indiening van die finansiële state. ‘n Volledige verklaring sal eersdaags uitgereik word.

Die Judo-span van die Middelpos-plaas buite Malmesbury, het die afgelope naweek veilig in Van der Bijlpark aangekom vir die nasionale judo-kampioenskappe. Ingrid Lestrade, 'n Suid-Afrikaanse judo-kampioen, se inisiatief om geld vir dié kampioenskappe deur middel van ‘n groentetuin in te samel, was suksesvol. Lestrade het ‘n paar jaar gelede haar opleiding in dié sport tot voordeel van plaaskinders begin gebruik. Sy het besef die beoefening van dié sport deur kinders wat aandagafleibaar is, kalmeer en help hulle om te konsentreer wat op sy beurt weer tot voordeel van hul skoolwerk is. ‘n Suksesvolle organiese tuin is op die plaas tot stand gebring wat 68 landelike kinders, jeug en vrouens, 65 landelike huishoudings op tien plase weekliks van voedsel kan voorsien. Die groente word ook nou al vir ‘n geruime tyd verkoop om fondse vir die 22 landelike plaaskinders en tieners se deelname aan die opkomende Suid-Afrikaanse judo-kampioenskappe in te samel. “In judo is dit belangrik om jou gewig in die kategorie waarvoor jy geregistreer is, te behou, om penalisering te voorkom. In ons geval, is dit moeilik, omdat die kinders nie 'n gesonde en gebalanseerde dieet volg nie . Daarom het ons die voedingsprogram begin.” Volgens Lestrade, het die kinders wat gewig opgetel het, darem weer daardie ekstra gewig afgeskud ná baie oefensessies en maaltye wat bestaan het uit tamaties en komkommers. “Ons is bly vir hulle en hou hulle gewig dop tot die amptelike inweeg van die deelnemers verby is.”

Dominee nou ook tweekamp-yster Ds. Frederich Claassen van Darling en predikant van die NG Kerk Moedergemeente op Malmesbury, is nie net goud werd vir sy gemeentelede nie. Hy het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en 'n goue medalje in sy ouderdomsgroep ingepalm. Die geleentheid het Saterdag by die Killarney-renbaan plaasgevind, waartydens Claassen in die ouderdomsgroep 45-49 uitgeblink het. Hy het onder meer aan die langafstand tweekamp-item deelgeneem, wat bestaan het uit 10km hardloop, 60km fietsry en ‘n laaste 5km hardloop. Claassen gaan nou moontlik eerskomende September sy land in Switserland by die wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

3


4

3 Julie 2019

Promosie

NUUS • NEWS

Volg ons op die onderstaande platvorms onder @HetZwartland of WhatsApp ons by 084 8333 813. Het Zwartland bring hierdie week sy eerste vars, skoon en nuwe voorkoms na die lesers en adverteerders. Dit is met groot trots dat die span kan aankondig dat hulle steeds op dieselfde basis geskoei sal wees as voorheen, maar net met 'n jonger, nuwe ingesteldheid en voorkoms. By Het Zwartland glo die span in goeie, opbouende nuus wat informatief vir die gemeenskap is. Het Zwartland is hier om die gemeenskap te dien en op te bou met die positiewe nuusaanbieding van die redaksiespan. In die bemarkingsafdeling is dieselfde gesigte steeds tot adverteerders se diens en is hulle daar om jou besigheid die nodige publisiteit te gee, sodat jy en jou onderneming die vrugte daarvan kan pluk. Die publikasie, wat uitgegee word deur Blazon Multi Media Pty Ltd, onder direksie van Jane Gouws, sal steeds voortgaan om weekliks op 'n Woensdag van huis tot huis in die Swartland versprei te word. Die redaksiespan bestaan steeds uit Izélle Fouché (redakteur), Charlotte Lesch (joernalis), Cor Cronjé (fotograaf), David Howburgh (vryskut fotograaf) en Abri Adonis (rugbyjoernalis). In die advertensieafdeling is die drie bemarkers van Het Zwartland vol ywer om adverteerders van hulp te wees. Hulle is Desiré Kriel, Karin Neethling en Marietjie Nel. Op ontvangs en ook geklassifiseerd asook betrekkings, is die vriendelike gesig van Chrizaan Witbooi te vind. Schalk Eygelaar sorg dat alle advertensies kreatief ontwerp word in die grafiese afdeling. Nie net gee die span weekliks 'n koerant uit nie, maar werk hulle ook aan spesiale fokusse, boekies, bylae en talle ander projekte.

Uitgewer: Jane Gouws Epos: accounts@hetzwartland.co.za

Redakteur: Izélle Fouché Epos: izelle@hetzwartland.co.za


NUUS • NEWS

5

3 Julie 2019

Promosie

Nuwe baadjie vir ou gunsteling

?

Vanwaar die naam? Met die koms van Jan van Riebeeck het hy na die gebied verwys as "Het Zwarte Land" weens die donker kleur van die land as gevolg van die renosterbos. So, met die kies van 'n nuwe naam, het die span besluit om terug te gaan van waar alles begin het!

Bemarking: Desiré Kriel Epos: des@hetzwartland.co.za

Redaksie: Charlotte Lesch Epos: charlotte@hetzwartland. co.za

Bemarking: Karin Neethling Bemarking: Marietjie Nel Epos: karin@hetzwartland.co.za Epos: marietjie@hetzwartland.co.za

Redaksie: Cor Cronjé Epos: cor@hetzwartland. co.za

DTP: Schalk Eygelaar Epos: schalk@hetzwartland. co.za

Ontvangs: Chrizaan Witbooi Epos: reception@hetzwartland. co.za


6

NUUS • NEWS

3 Julie 2019

Stormloop:

Abbotsdale se Lillie-span het die naweek in die Groot Uitdaag-kragmeting teen die span van Riebeek-Wes te staan gekom. Abbotsdale het geseëvier met 33-26. Foto: David Howburgh

Lions: Marina van der Merwe (middel) is Vrydagaand by die Meerhof-kelder ingelyf as Malmesbury Lionsklub se president. Hier is sy saam met Rocky Wright (DG) en voormalige president Marius du Plessis.

Landbou, sakekamers moet nouer saamwerk in die toekoms

Die Swartland is in groen gehul met die jong, groen koring wat nou op die lande te sien is.

Agri Wes-Kaap moedig landbouers aan om by hul plaaslike of naaste sakekamer aan te sluit, want “wat met landbou gebeur het direk te doen met die voorspoed van elke dorp.” Só verduidelik Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap luidens ‘n verklaring, nadat hy by ‘n onlangse werksessie van die AHi Tuinroete, Hesseqwa en Karoo in die Wes-Kaap opgetree het. Wes-Kaapse landbouleiers en boere word gevra om as besigheidsleiers in hul eie reg, hul gewig by die sakekamers in te gooi. Volgens Swart, moedig hy lede van plaaslike landbouverenigings aan om as lede van hul naaste dorp se sakekamer aan te sluit en nie slegs boereverenigings nie. Hy meen dat landbou die ruggraat van Suid-Afrika is. “Die landbou is die grootste werkgewer. Die betrokkenheid van elke boer en besigheidseienaar is die sleutel. Daarom moet ons nou hande vat.

"Ons moet kyk hoe ons kan saamwerk met elke munisipaliteit, met elke provinsie, besigheidsleier en gemeenskap. Volgens Willie Cilliers, die voorsitter van AHi Wes-Kaap is noue verhoudings tussen die landboubedryf en die landbouverenigings baie belangrik. Volgens Cilliers is sakelui en landbouers se uitdagings dieselfde. “Ons almal beweeg in silos, maar ons vraagstukke is eintlik dieselfde“, sê Cilliers. “Dit gaan oor ekonomiese groei. Hoe skep ons werk.” Hy voeg by dat wanneer dinge nie goed gaan op die plaas nie, die landbouwerkers dorp toe trek. “Hulle kan heel moontlik deel word van die werklose plakkersgemeenskap. Hy doen ‘n beroep op besighede om ‘n veiligheidsnet te skep deur saam te span met die landboubedryf en dié werkers besigheidsvaardighede aan te leer. Swart sê verder dat elke boerdery in der waarheid ‘n besigheid buite die dorp

is. “Ons almal maak staat op dieselfde munisipaliteit wat landbou én nie-landbou besighede betref. Sonder die inkomste van ‘n plaas, sal geen dorp se munisipaliteit of besigheid dit oorleef nie. Die landbou het ‘n direkte invloed op die plaaslike dorp se ekonomie. Ons moet daarom saam staan.” Swart sê die samewerking speel ook ‘n groot rol rakende misdaad. “Buurtwagte in dorpe en plaaswagte kan nie net vir die polisie die skuld gee vir die hantering van toenemende aanslae op plaasveiligheid nie. Hulle moet weet dat die boere en sakeondernemings saamstaan en met goeie inligting en ondersteuning kan en wil help.“ Volgens dr. John Purchase is samewerking op hierdie vlak noodsaaklik. Hy noem dat ‘n behoorlike waardeproposisie tussen die organisasies moet bestaan. “Dit kos sakekamers geld om te funksioneer en hul waardeproposisies suksesvol uit te voer. Gesamentlike lidmaatskap van landbouers by hul boereverenigings en naaste sakekamers sal net werk as die waarde wat hul bied duidelik is en gelewer word.“ Die ekonoom, Mike Schüssler sê Suid-Afrika het die landbou en besigheid nou meer as ooit nodig. “Ons is tans in so 'n lae groeiklimaat dat ons alle moontlikhede in die stryd teen rompslomp en swak regering moet ondersoek indien ons dit enigsins as ‘n demokrasie wil maak. Besigheid kan net versterk word deur landbou, en boere kan verseker ook baat by samewerking met sakekamers.” Schüssler sê boere en sakelui kan saam beter netwerke skep. “Ons besighede moet hul volle potensiaal bereik. Dit is belangrik dat hulle saam meer aandag van munisipaliteite sal kry.”


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES Haus of Décor. Get your home improvements done on credit. Blinds, shutters, carpets, artificial grass and isoboard ceiling. Call: 081 232 2295. Email: sales1@hausofdecor.co.za

#4730

-----Boland Bouers. N.H.B.R.C geregistreer. Deskundige in bou van woonhuise. 30 jaar ondervinding. Kontak: Owa Solomons 063 144 #4733 8050 -----------------------------------TE HUUR TO LET 1slpk woonstel te huur @ R3900 – eie koopkrag meter. Water ingesluit. Beskikbaar vanaf 1 Julie 2019 – Kontak: 082 366 7309 #4732 -----------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

JODY-LEE BARENDSE. Jy is 10 jaar oud op 3 Julie. Geluk met jou verjaarsdag my blompot, my roosblare. Geniet jou dag. Van: Mammie en jou twee sussies ------------------------------------

Raai wie is 10 jaar oud. GIAN, baie geluk met jou verjaarsdag. Liefde altyd – Tannie en Boeta jou Ma, Mamma en Pappa ------------------------------------

3 Julie 26 Junie2019 2019 Baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou nog baie jare spaar. Geniet die daggie. Liefde – Mammie, Daddy en Boeta ------------------------------------

2 Julie. 25 wonderlike jare saam! UNITA en FREDRICK HANEKOM. ‘n Grote dank aan ons Hemelse Vader vir ‘n asemrowende silwer huweliksherdenking. Van: kinders en kleinkinders ------------------------------------

ELIZABETH JACOBS. 6 July. Happy birthday Mom. You are the best mom any child could have. We are so lucky to have you in our lives. We love and thank you mom - children and grandchildren ------------------------------------

6 July. Happy 21st birthday NIKITA. May God bless and keep you. May your day be filled with joy. Love you lots. From: the Williams family ------------------------------------

HERMAN en SARAH SEPTEMBER. 7 Julie. Geluk op julle 12de huweliksherdenking. Ons lief julle klomp - Kinders en kleinkinders ------------------------------------

RICHARD. 21 Junie. My skat, geluk met jou verjaarsdag. Ek is ongelooflik baie lief vir jou. Lekker verjaar. Jy is die beste. Van: jou meisie – Rozelle ------------------------------------

5 Julie. BERNELEE KRUGER. Veels geluk met jou verjaardag my prinses. Alle seën en liefde. Geniet! Van: Mammie, Daddy, Rodney, Nikita, Zean-Tyler ------------------------------------

Kyk wie is ses op 4 Julie. ANTHONY LE FLEUR. 7 July. Be happy on this special day. Thank you for everything and enjoy your day. From: Marne, Bladen Al Kirsten and Kirsty ------------------------------------

02 Julie. CHESMICO ARENDSE. Baie geluk met jou verjaardag, baie seëninge en hope drukkies. Van Kruger familie in Abbotsdale en Tannie Ewanca ------------------------------------

6 Julie. ELZAINNE. Baie geluk met jou eerste verjaardag. Wens jou vele meer jare toe ons besige bytjie. Baie liefde – Mammie, Daddy, sussie Tammy, Oumie Me, Oumie Elsie, Aray, Elly, Oupa Maners en gesin ------------------------------------

THERESA HERRINGS. 5 Julie. Geluk met verjaarsdag. Mag daar vele wees. Lekker verjaar. Van: Carlo, Fuzlyn, Machalé,

Gershwin, Karlin, Devan, Duray, Doreen, John, Pieter en Frederick ------------------------------------

5 Julie --Veels geluk YOLENE met jou verjaarsdag. Mag God jou baie jare seën. Van: jou man, Janice, Erin, Amy en Sherneill ------------------------------------

5 Julie - Geluk Mammie en Daddy met jul 22ste huweliksherdenking. Mag God julle behoed en bewaar. Ons is baie lief vir julle. Van: kinders – Janice, Erin, Amy en Sherneill. ------------------------------------

Gelukkige verjaardag my liefste KAT. Mag God jou ryklik seën - Manlief en kinders asook Zetna en kinders ------------------------------------

MEMORIUM IN MEMORIAM

9 Julie Gelukkige 49ste verjaardag PETRONELLA. Mag die Here jou nog vir baie jare spaar. Van: Benoline en die kinders ------------------------------------

GEDULD COMBRINK. 7 Julie. 13 jaar gelede het die Here jou na jou ewige tuiste geneem. Jy sal altyd in my hart voortleef. Tot ons weer ontmoet. Van: jou vrou Veronica ------------------------------------

NICHOLAAS DAMON. 6 Julie. Baie geluk my liefste man met jou 73ste verjaaardag met die engele. Psalm 23. Liefde – jou vrou Sarie Damon, Joan, kleinkinders, agterkleinkinders en Jowaan ------------------------------------


8

NUUS • NEWS

3 Julie 2019

SPORT 3 Julie 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

•DEEL VAN 40 SPELERS IN OEFENSPAN

Ansuné in SA-netbalgroep

Ansunè Smit, ‘n matriekleerder aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is die afgelope vakansie aangenaam verras toe sy die nuus ontvang dat sy saam met 39 ander netbalspelers in die o.18 SA-netbaloefengroep opgeneem is. Ansuné is in Mei vanjaar in die o.18 Wes-Kaap-netbalspan opgeneem ná sy suksesvol aan dié proewe deelgeneem het. Sy is hierna genooi om aan die nasionale netbalkampioenskappe in Boksburg vir die tweede agtereenvolgende jaar deel te neem. Volgens Wanda Lesch, haar spanbestuurder, was vanjaar "haar jaar". Ansuné, wat gereeld op sportsvlak uitblink en in veral spiesgooi presteer, het in Graad 1 as doel van die D-span haar netballoopbaan afgeskop. Sy het reeds op 'n jong ouderdom haar liefde vir die sport ontdek en het haarself opgewerk tot die o.13B-span in graad 7. Dit was egter eers in graad 8 dat haar talent tot sy reg gekom het. In haar laerskoolloopbaan het sy ondervinding in al die verskillende posisies opgedoen - iets wat haar in die hoërskool baie gebaat het. In Graad 6 het sy egter haar voete in die posisie van hulpverdediging (HV) gevind. “Ek het die verdediging baie geniet en speel tot vandag toe HV,” vertel sy. Ansuné is nie in haar laerskooljare na enige proewe genooi nie, maar in haar eerste jaar op hoërskool, het hierdie geleentheid homself voorgedoen. Sy het as 'n graad 8-leerder aan die Boland-netbalproewe deelgeneem. In graad 10 is sy in die Hoërskool Swartland se eerste netbalspan as HV opgeneem en het ook haar Wes-Kaap-kleure verwerf. “Dit was baie lekker. Ek het opgekyk na die matriekmeisies en hul voorbeeld gevolg," vertel sy. Sy het ook baie by haar vriendin, wat hoofverdediger gespeel het, geleer. Sy het die volgende jaar, in 2018, in die eerste rondte van die Wes-Kaap-netbalproewe uitgeval. Weens 'n besering en haar deelname aan

spiesgooi, het Ansuné nie gedink dat sy die netbalspan sou haal nie. Tog het sy 'n brandende begeerte gehad om die span te haal, aangesien dit die laaste jaar van haar skoolloopbaan is. Ansuné is vol lof vir haar afrigter, Sanet Joubert, asook die bestuurder, Wanda Lesch, wat die spelers help om hul vaardighede op die netbalbaan te verbeter. Sy onthou die sterk teenstanders waarteen sy gespeel het en was daarom verbaas toe sy vir die span gekies is. Dít het haar ‘n plek na Boksburg verseker. “Ek was bietjie op my senuwees, omdat ek nog nooit saam met die res van die span gespeel het nie.” Ansuné en die span het tydens die afgelope eksamen ‘n netbalkamp op Moorreesburg bygewoon. “Dit was die enigste keer wat ons saam geoefen het,” verduidelik sy. Volgens Ansuné het die spelers mekaar se ritme en spelstyl vinnig gesnap en hierop voort-

gebou. Die spanbestuurslede het die spelers ook aangemoedig en opgebou. Na afloop van die kamp was die spelers reg vir die uitdaging op Boksburg. Om verder tot die span se senuweevlakke by te dra, het die span in 'n sterker groep gespeel as waaraan hulle gewoond is. "Die span se veggees was genoeg om ons te dra," vertel Ansuné. Hulle het tien wedstryde van 40 minute elk oor die vier dae gespeel. Vyf wedstryde is verloor, vier is gewen en een is gelykop gespeel. Die paar punte waarmee die onderspit gedelf het, was egter nie genoeg om ‘n demper op hul gees te plaas nie. Haar span het tot ‘n kompetisie vir hul gees gewen wat R10 000 vir hul provinsie ingepalm het. Ná die medaljes uitgedeel is, is die name uitgelees van dié wat die SA-netbaloefengroep gehaal het. Haar doel was nie aanvanklik om na die SA’s deur te dring nie, maar om die toernooi te geniet. Sy en ‘n vriendin het boonop gesels toe die name uitgelees word. Toe sy haar naam hoor, was sy baie verbaas. “Ek was heeltemal verward, omdat ek nie regtig geluister het nie en hulle die verkeerde provinsie se naam genoem het.” Sy het na vore gestap met ‘n hart wat woes klop. “Dit was ‘n groot oomblik om die waarheid te sê, letterlik ‘n belewenis.” voeg sy by. Sy is een van vier uit haar WP-span wat vir die o.18 SA-oefengroep gekies is. Ansuné beoog om volgende jaar ‘n kursus in sportwetenskap te volg en sien uit om by die universiteit waar sy toegelaat word, aan atletiek deel te neem of netbal te speel. Indien sy die geleentheid kry om eendag vir die Proteas te speel, sal sy dit beslis met ope arms verwelkom.

Uitslae • Results

DUIWE

Omega Klub PA Road 1 Mentoor Hokke 13.49.24; 2 Adams Hokke 13.52.56; 3 Adams Hokke 13.58.11; 4 Alex Fam 14.01.45; 5 Mentoor Hokke 14.00.51; 6 T & C Hokke 14.10.23; 7 Mentoor Hokke 14.09.04; 8 Persens Hokke 14.10.07; 9 Adams Hokke 14.10.58; 10 Daniels Hokke 14.12.02 Malmesbury Victoria Wes 1 JO 1 Bordeaux A 1‪ 309.2943; 2 Cross Border Lofts 1‪ 280.0351; 3 Cross Border Lofts 1‪ 279.9199; 4 Bordeaux A 1‪ 279.5968; 5 Bordeaux A 1‪ 271.0545; 6 Kotze Familie Hokke 1‪ 267.8992; 7 Cross Border Lofts 1‪ 267.2604; 8 Cross Border Lofts 1‪ 267.1475; 9 G Horn 1‪ 264.3954; 10 LF van Dalen 1‪ 259.6786; Victoria Wes 1 Ope 1 Bordeaux A 1‪ 307.4015; 2 G Horn 1‪ 285.3516; 3 Marais Hokke (Ksd) 1‪ 252.0739; 4 Bordeaux B 1‪ 251.0656; 5 Bordeaux A 1‪ 228.9019; 6 Kotze Familie Hokke 1‪ 226.3878; 7 G Horn 1‪ 216.0973; 8 G Horn 1‪ 207.8912; 9 Bordeaux A 1‪ 205.0566; 10 G Horn 1‪ 192.1064 Moorreesburg - RACE 1 – JO 1. Frikkie Bester 1319.6035; 2. Frikkie Bester 1318.0480; 3. Singleton Hokke 1302.6078; 4. Frikkie Bester 1225.3750; 5. Frikkie Bester 1220.2934; 6. Frans Jooste 1212.3419 7. CJ Lofts 1212.2460; 8. Van Der Vyfer Hokke 1170.1877; 9. Yt & Tuis 1168.6640; 10. Henna & Melt Smit 1159.1287 RACE 2 – OPE 1. Franco 1238.9254; 2. Frans Jooste 1201.9532; 3. Franco 1199.3552; 4. Franco 1167.9755; 5. Henna & Melt Smit 1153.2910; 6. CJ Lofts 1145.6784; 7. CJ Lofts1133.3523; 8. Singleton Hokke 1132.5486; 9. Singleton Hokke

Regs: Spiere is gebult by die onlangse plaaslike gewigoptel-kompetisie. Die Malmesbury Physical and Culture-

-klub het die afgelope naweek ‘n gewigoptel-kompetisie in die Swartland Gemeenskapsportsentrum aangebied. Plaaslike deelnemers wat aan die kompetisie deelgeneem het, was onder meer van links Alfonso Adonis, Emanuel Jacobs, Andy Phillips en Monry Cloete.

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.