31 Julie 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

31 Julie 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

31 Julie 2019

Goudgeel: Met die aanbreek van Augustus is die Swartland jaarliks in 'n goudgeel kleed gehul as die kanolalande vol in blom staan. Blokke groen is ook sigbaar soos die koring groei en gereed maak om in die aar te kom vir die komende oes in die somer. Foto: Cor Cronje

O'Kennedy nuut op SM-raad

Nuwe tuiste vir Binnelandse Sake

Stand van die damme

bl 4

Die gemiddelde vlakke van die damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met meer as 8% gestyg. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se vlak staan op 74.1% in vergelyking met verlede Maandag se 68.4%. Die Bergrivier se vlak staan op 100.5%, in vergelyking met verlede week se 92.9% en verlede jaar se 86.3%. Die Bo-Steenbrasdam is ook tot kapasiteit gevul met 'n vlak van 101.4%. Die totale waterverskaffingsnetwerk is 72.1% vol, in vergelyking met verlede week se 64.1% en verlede jaar se 56.8%.

Viljoen nuwe bestuurder by AWK

bl 3

bl 6

r10

BRITO’S

CHOICE

WARM UP TO OUR HOT DEALS

HOT DEAL COMBO SMOKED VIENNAS 500G + CHICKEN POLONY 750G + HAM & TONGUE 750G

45

.00

p/combo

CHICKEN FREEZER BAG 3KG

99

.99 each

r14

BUDGET BURGERS 20’S GRE

BACK BACON 200G

19

49.99 p/box

r24

AT

DE A

saving

saving

L

.99 each

saving

GOLDEN YOLK EGGS 60’S LARGE

PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 31ST JULY - 7TH AUGUST 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

75.00 each


2

31 Julie 2019

Price lei landbougesprekke

Agri Wes-Kaap se algemene jaarkongres is verlede week, op 25 Julie buite Worcester gehou en twee paneelbesprekings het vanjaar deel uitgemaak van die kongres met die tema “Landbou Hierna”. Ivor Price, bekroonde joernalis en mediapersoonlikheid, het die gesprekke gelei. Die eerste paneelbespreking het gefokus op Landbou Hierna. Dave Mohr, ekonoom, het gesê landbou werk in ‘n inherente onstabiele omgewing met omgewings-, ekonomiese- en samelewingsfaktore wat deurentyd verander. Hy het gesê hoewel Suid-Afrika ‘n nuwe landsbestuur het, moet die landbou nie ooroptimisties wees oor wat dit beteken nie. Volgens hom het die Ramaphosa-regering ‘n groot besef van die belang van die landbou, maar dat staatsinstellings voor in die ry gaan staan as daar uitgedeel gaan word. “Boere moet dit weet,” het hy gesê. Roland Henwood, politieke wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het gesê hy is “versigtig optimisties” oor die politiek. “Baie mense wou hê die President moes na sy verkiesing instap en sê hier trek ons die streep, maar hy baklei met een-en-‘n-halwe hand agter sy rug vasgebind om politieke oorlewing. President Ramaphosa gaan nie uitkom en sê: "Landbou, kom ons stap die pad saam", nie. Hy gaan dit ook nie vir enige ander sektor in die land sê nie.” Henwood het gesê wat die gronddebat aanbetref het die President die bal vir die oomblik kantlyn toe geskop, maar “die bal sal weer ingegooi word wanneer dit die opportuniste pas”. Doris Viljoen, senior toekomskundige by die Instituut vir Toekomsnavorsing, het gesê aanduidings is dat daar teen 2030 een-en-‘n-half biljoen mense in Sub-Sahara Afrika gaan wees wat van voedsel voorsien moet word. Viljoen het verder gesê verstedeliking gaan geweldige verandering bring, soos stedelike produsente wat tot die landbou-waardeketting gaan toetree. Shelly Fuller, bewaringslandboukundige verbonde aan die WWF SA, het gesê hoewel landbou op die omgewingsfront vele uitdagings het, is daar uitstekende voorbeelde van hoe dit in die verlede oorkom is. Die tweede paneelbespreking het gefokus op die rol van die landbousektor in die landelike gebiede van die Wes-Kaap. Johann Kotze, uitvoerende hoof van die SA Varkvleisprodusente Organisasie, het gesê buiten dat die Wes-Kaap se landbousektor waardevolle buitelandse valuta vir

die land verdien, ontwikkel dit ook die landelike gebiede. “Die Wes-Kaap is goed geposisioneer en bly ‘n fantastiese deel van die wêreld vir internasionale handel. Dit is vir die landbousektor ‘n voorreg om ‘n bydrae tot die landelike gebiede te lewer,” het hy gesê. Johann Boonzaaier, produsent en landbou-ekonoom wat vroeër aan die Buro vir Voedsel en Landboubeleid verbonde was, het gesê die Wes-Kaap landbousektor en sy vennote neem gereeld die voortou, soos met die landbousensus wat die Wes-Kaap se Departement van Landbou in 2017 onderneem het. Philip Jonker, produsent van Bonnievale, sê die Wes-Kaap se landbousektor het ‘n sterk fokus op sosiaal-maatskaplike waardetoevoeging en om klein entrepreneurskappe van die grond af te kry. Devin Osborne, hoof van agronomie by Aerobotics, het gesê landbou gaan in die toekoms slimmer moet dink en slimmer moet boer. Hy sê die Wes-Kaap loop voor in terme van tegnologie op plase en in die opleiding van plaaswerkers om tegnologie te gebruik. “Om plaaswerkers te vertrou en tegnologies op te lei, is ‘n wen-wen-situasie. Dit bemagtig hulle en gee vir hulle vaardighede wat hulle kan ontwikkel en aan hulle kinders kan oordra,” het hy gesê. Sarie Nell, oud-maatskaplike werker wat navorsing gedoen het oor die uitwerking van die droogte op landbouers se vroue, het van haar bevindinge met die kongres gedeel. “Ek het geleer dapper mense met karakter is moeg. Mans en vroue sukkel om die uitwerking van die droogte te oorkom. Hulle is in hulle koppe besig met ‘n proses en moet leer om aan te pas, maar niks gaan ooit weer sorgvry wees nie. Daar is min sielkundige dienste op die platteland. Ons moet ons opskerp oor wat die tekens is van mense wat depressief is. Luister sonder oordeel. Die fisiese en emosionele uitwerking van die droogte op landbouers en hulle vroue kan nie misgekyk word nie,” het sy gesê. In sy groeteboodskap aan die kongres het Dan Kriek, president van Agri SA, na die grondverslag verwys. “Wanneer die verslag bekend gemaak gaan word, gaan mense moet pa staan vir wat hulle gesê het. "Mense sal moet verduidelik hoekom hulle lynreg teen regsadvies steeds die wysiging van die grondwet aanbeveel,” het Kriek gesê.

NUUS • NEWS

•NUWE PERMANENTE BEAMPTE

SM-brandweervloot aan raad gewys Bo: Joy Willemse is tans die enigste gekwalifiseerde brandweervrou in diens.

Swartland Munisipaliteit het verlede week, kort voor ‘n gewone raadsvergadering, met hul brandweervloot by die stadsaal op Malmesbury kom spog en aan die raadslede gewys. Dit sluit onder meer die munisipaliteit se splinternuwe brandweerwa in, wat 6000 liter water kan dra. Die brandweerwa kan 3800 liter per minuut spuit. Die wa bevat ook nóg ‘n addisionele kleiner pomp wat doeltreffend genoeg is vir veldbrande. Volgens Roysten Harris, die Swartland Munisipaliteit se nuwe brandweerhoof, is die nuwe brandweerwa se funksies geskik vir alle brand-situasies, wat tot groot voordeel van inwoners sal wees. Die pype is ook lank genoeg, wat dit moontlik maak om brande binne byvoorbeeld ‘n informele nedersetting, waar die spasie min is, te blus deur naby genoeg te stop. “In so geval wil ons nie tot by die brand ry nie. Ons wil voorkom dat die brandweerwa vasgekeer word en self brand,” voeg hy by. “Daar is genoeg druk en daar kan ook vir ‘n lang tyd gespuit word.” Die paar Land Cruiser-noodvoertuie wat ook teenwoordig was, word grootliks gebruik vir die

blus van veldbrande, en dus een van die munisipaliteit se funksies is. Daar is ook twee watertenke wat deel van die vloot vorm. Die mobiele watertenke verrig tans dubbele funksies. Die voertuie vervoer rioolwater, maar het ook brandweerpompe aan die agterkant van die voertuig wat in ‘n geval van ‘n groot brand gebruik kan word en water kan voorsien. Volgens Harris, het die huidige brandkrane nie voldoende waterdruk nie, wat die watertenke noodsaaklik maak in die geval van ‘n brand. Die waterpype is ook oud en nie meer so doeltreffend soos in die verlede nie. Die reserviste, wat ook gedurende die geleentheid teenwoordig was, werk vir verskillende departemente binne die munisipaliteit, terwyl hulle hul lyf ná ure brandweermanne hou. ’n Permanente en gekwalifiseerde brandweerman sal vanaf die 1ste Augustus sy plek op die nooddienspersoneellys inneem, terwyl Joy Willemse, tans die enigste gekwalifiseerde vroulike brandweerbeampte in diens is. Harris voeg by dat die hele Swartland-area bedien moet word en een brandweerwa nie die ideaal is nie.


NUUS • NEWS

3

31 Julie 2019

•NEEM EERSDAAGS INTREK IN ST THOMASSTRAAT 4, MALMESBURY

Nuwe perseel vir Binnelandse Sake •Charlotte Lesch Inwoners van die Swartland sal binnekort verlig wees om te weet dat hulle nie meer besoek aan ander dorpe vir onder meer hul paspoorte of identiteitsdokumente hoef af te lê nie. Die Departement van Binnelandse Sake het die afgelope week die nuus bekend gemaak dat hul dienste binnekort in volle swang terug op Malmesbury sal wees. Die plaaslike tak het sy deure amptelik op 10 November 2017 gesluit, ná hul huurkontrak nie deur die departement by die voormalige perseel in Piet Retiefstraat hernu is nie. Die gebeure het geen personeelverlies tot gevolg gehad nie en is vir die sluitingstydperk na ander takke verplaas. ‘n Tydelike mobiele diens, wat slegs die registrasie van geboortes, huwelike en sterftes, asook die aansoek vir sertifikate ingesluit het, was sedertdien beskikbaar aan inwoners. ‘n Tender vir kantoorspasie is verlede jaar gedurende Maart in die staatskoerant gepubliseer. Gerhard Kotze, bestuurder van die plaaslike tak het bevestig dat Binnelandse Sake na St. Thomasstraat trek. Die gebou was in die verlede die tuiste van Weskus Kollege. Die gebou word tans nog deur die eienaar daarvan opgeknap en herstel vóór die staatsdiens hul plek permanent kan inneem. “Die eienaar het onderneem dat die gebou teen die einde van September vanjaar reg sal

Die kantoor van Binnelandse Sake sal eersdaags weer in volle werking wees. wees,” sê Kotze. Volgens hom, is daar nog nie ‘n vaste datum bekend oor wanneer presies hulle sal intrek en weer op hul pos sal wees nie. “Ek glo nie dit sal voor Oktober kan wees nie.” Die voormalige personeel wat in die vorige Bin-

nelandse Sake-kantoor op Malmesbury gewerk het, sal weer hul plek inneem soos voorheen. “Ons departement het ‘n moratorium geplaas op die aanstelling van nuwe mense,” voeg hy by. Hy sê verder dat die kantoor alle dienste sal

hervat sodra hulle weer die deure vir die publiek oopmaak, soos onder meer vir burgersdienste, immigrasiedienste, Slim ID’s en meer. Besoek die departement se webblad by www. dha.goc.za vir meer inligting rakende hul dienste.

Die 39ste Kudde-Evalueringsdag is om die draai. Vanjaar se geleentheid, aangebied deur Agri Malmesbury se Skaapstudie-groep, vind dié Vrydag weer soos oudergewoonte by die skougronde op Malmesbury plaas. ‘n Propvol program is vir die dag op die spyskaart, asook ‘n heerlike middagete. Kom besoek die geleentheid vir ‘n nadere blik in die bedrywighede van skaapboere. Die program sluit onder meer die prestasietoetsing van merino’s in, die kudde-evaluering van jong ooie,

‘n slaglam-kompetisie aan die haak, vagbeoordeling en ‘n kursus vir die skoliere wat die dag gaan bywoon. Die woldra-kompetisie, wat deur spanne van vier elk deelgeneem kan word, is ook sedert verlede jaar ‘n hoogtepunt van die dag. Maak ook seker om nie die slaglamveiling mis te loop nie. Die registrasiefooi sluit ‘n bedrag van R150 per volwassenes in en R70 vir student, asook middagete in. Deure open om 08:00 die oggend.

Highlands-stortingsterrein Kudde-evaluering om die draai geprys vir uitstekende diens

Kim Poulton en Brad Theron saam met van die werknemers. Hierdie erkenning volg ná AfriForum in FeDie burgerregte-organisasie AfriForum het op 18 Julie 2019 welverdiende erkenning aan werkne- bruarie 2019 'n nasionale vullisterreinoudit van mers van die Highlands-vullisterrein buite Mal- stapel gestuur het en waaraan al 140 takke van mesbury gegee vir hulle uitstekende bestuur van dié burgerregtewaghond deelgeneem het. Drie vullisterreine in die Wes-Kaap het uitsonderlike dié terrein. Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördi- prestasies behaal, waarvan die Highlands-vullisneerder vir die Boland, het alle werknemers van terrein een is. "Ons is bevoorreg om in 'n provinsie te woon die terrein bedank vir hul bydrae tot die terrein waar meeste dienslewering geprys kan word, se sukses. Brad Theron, voorsitter van die omgewingsa- eerder as om bloot oor swak diens te kla. Ons verkeportefeulje by AfriForum se Malmesbury-tak, trou dat die vullisterreine in die Wes-Kaap wat nie het ook 'n sertifikaat aan Gerhard Havenga, tydens die oudit aan die wetlike vereistes voldoen bestuurder van die terrein, oorhandig. Die Mal- het nie, daarna sal streef om in terreine soos die mesbury-tak het al die werknemers met 'n ge- Highlands-vullisterrein se voetspore te volg," sê De Jager. skenkpakkie van eet- en drinkgoed beloon.

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


4

31 Julie 2019

Cape Wine Master launches Gerda's Table @ Yzerfontein

NUUS • NEWS

Goue Aar:

Die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury hou op 16 Augustus 'n fondsinsamelingskonsert met Manuel Escorcio in die NG Swartland Noord-gemeente se kerksaal om 10:30. Kaartjies beloop R80 per persoon. Die tehuis is afhanklik van die fondinsamelingsprojek om hul begroting aan te vul. Die tehuis is geregistreer om 70 senior inwoners te huisves. Hulle beskik ook oor 'n intermediêre eenheid, waar pasiënte wat uit die hospitaal ontslaan is, vir ses weke kan aansterk, voor hulle huis toe kan gaan. Kontak Leon Venter, bestuurder, by 022 486 6240 om jou kaartjie te bespreek.

Gerda Mouton, Cape Wine Master, launched Gerda's Table in Yzerfontein recently. Above left: Una Nieuwoudt and Marieta Roux. Left: Niel and Angelique Basson. Above: Ben en Gerda Mouton. On Thursday evening, 25 July 2019, Gerda Mouton - Cape Wine Master, launched Gerda's Table in Yzerfontein. This unique Food and Wine Taste Experience was attended by 16 local business people who was treated to a four course dinner by Executive Chef, Szabi. Each dish on the menu and 8 wines, were carefully selected by Gerda to make for a harmonious pairing of flavours and textures of the food and wine. And each wine presented is explained by Gerda and your nose will do the pairing, before it

even lands on your plate. It is a warm and interactive experience and hosted around a long table set right in the middle of Gerda’s private cellar. This unique experience is available every Saturday evening in Gerda's cozy wine cellar in Yzerfontein on the Cape West Coast or alternatively a special location can be chosen to suit the theme of the event or the season of the year. This is a welcome addition to our local food and wine must do offering on the West Coast. Credit: I Love Yzer - info@iloveyzer.co.za 022 451 2202

Streeksbestuurder:

Die jaarlikse Agri Wes-Kaap Jaarkongres het die afgelope week by Goudini Spa buite Worcester plaasgevind. Cornie Swart en Hugo de Waal is gedurende die geleentheid herverkies as President en Vise-president van die provinsiale landbou-organisasie. Die drie nuutverkose streeksbestuurder sluit onder meer Liam Viljoen van Malmesbury in. Viljoen sal voortaan die verteenwoordigende bestuurder oor die Streek 4, naamlik die Swartland wees.

Solo Studios: Event brings community together Solo Studios – Intimate Art Encounters, an annual art event now in its fourth year, and The Olive Branch Project, a community outreach initiative that involves all residents of the Riebeek Valley in collaborative performing and visual arts, will be working together to provide opportunities for emerging talent to share a platform with many of the Valley’s acclaimed artists, crafters and artisans. Co-founder and custodian of The Olive Branch Project, Mark Graham Wilson, himself a respected theatre and TV director and writer and performing-arts educator, believes passionately in the transformative and healing powers of the performing arts. “Created in December 2018, The Olive Branch Project kicked off its skills-transfer and development programmes in 2019 and quickly became recognised as a vibrant, relevant and sustainable arts project for all residents of the Valley,” he says. Street performances by poets, actors, singers and dancers soon became synonymous with First Fridays in Riebeek Kasteel, where businesses stay open until 8pm on the first Friday of every month. And over the long weekend of 8-11 August, these aspiring artists will share a platform with host of big names in the creative world during Solo Studios – Intimate Art Encounters. At the core of the event are 18 acclaimed resident artists who will

open their studios to visitors. To complement the art on offer, says Klaus Piprek, founder and driving force behind the event, “We’ve attracted participation from the biggest names in related fields. "For example, investigative journalist Jacques Pauw, author of the runaway bestseller The President’s Keepers, will give two talks, while international award-winning winemakers Chris and Andrea Mullineux will present two wine seminars.” In addition there’s a panel of speakers that includes Kefiloe Siwisa and Khanyisile Mbongwa, the chief curators of RMB Turbine Art Fair in Johannesburg and the upcoming Stellenbosch Triennale, respectively, while radio personality Michelle Constant, until recently CEO of Business and Arts South Africa (BASA), is patron of Solo Studios for the second year. Piprek acknowledges the importance of the event being inclusive of communities with historically disadvantaged backgrounds. “We’re delighted to be partnering with The Olive Branch Project,” he says. “It’s an initiative that offers sustainable opportunities, with skills transference, mentorship and support programmes, to the vulnerable in the Valley.” Solo Studios – Intimate Art Encounters takes place from Thursday 8 to Sunday 11 August 2019. Tickets are limited and pre-booking is essential.

Dans: Die Lionsklub van Malmesbury het Vrydagaand 'n dans in die Malmesbury Stadsaal

aangebied om fondse in te samel. Die gaste het verskeie interessante maskers en kostuums gedra.


NUUS • NEWS

31 Julie 2019

5

Groot Uitdaag: Dinge raak nou warm op die rugbyveld

Skenking: Jo Dolphin, die sorgsentrum vir gestremde persone op Malmesbury, spog

nou met ‘n splinternuwe vloerwasmasjien. Estrellita Geldenhuys, sentrumbestuurder en mede-personeel, kan van nou af ‘n sug van verligting slaak, wanneer die sorgsentrum se teëlvloere skoongemaak moet word. Die wasmasjien kom danksy ‘n skenking deur Kaap Agri se Agrimark. Jacques Schade, uitvoerende hoof van Agrimark, Corné Fouché van Agrimark én Cobus du Plessis, landboukundige by Kaap Agri, het verlede Woensdag Jo Dolphin besoek om die wasmasjien te oorhandig. Altesaam tien leerders van Hoërskool Swartland is ook genooi om die geleentheid by te woon, wat voorafgegaan is deur ‘n begeleide toer deur die sentrum. Volgens Schade, is dit Kaap Agri se hoofdoel om die boodskap van die maatskappy as mense-mense na buite wil stuur. Hulle is tans betrokke by verskeie sosiale verantwoordelikheidsprojekte, want volgens hom, “kan ons ‘n verskil maak.” Hy het Geldenhuys en die personeel by Jo Dolphin bedank vir die goeie werk wat hulle daagliks doen.

Nuut: Cornelle O’Kennedy, mede-eienaar van ‘n plaaslike haarsalon, Bonnin’s op Malmesbury, is verlede week as die DA se nuutste proporsionele lid van die Swartland Munisipaliteit se raad ingesweer. O’Kennedy neem die rol van die voormalige raadslid, Cormac Fortuin oor, nádat hy uit die raad bedank het. Sy het verlede Donderdag ‘n eed gedurende ‘n gewone raadsvergadering afgelê waartydens sy beloof het om haar pligte as lid na die beste van haar vermoë uit te voer. O’Kennedy sal voortaan Fortuin se plek op die komitee van die munisipale bestuurder se administratiewe finansies oorneem, asook op die komitee van ontwikkelingsdienste. Sy sal ook die MPAC (Munisipale Openbare Rekeninge -komitee) as ‘n gewone lid verteenwoordig, ‘n plek as ‘n sekunde hê op die begrotingsbeheerkomitee. Sy dien ook op die begrafnisondernemersforum. Die uitvoerende burgemeester het O’Kennedy tydens die raadsvergadering as lid verwelkom en haar rol aan die gehoor verduidelik.

RPO kondig opheffing van verbod op invoere aan Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het die aankondiging van China dat die verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte van Suid-Afrika opgehef is met die uitsondering van Limpopo, Ehlanzeni in Mpumalanga en Umkhanyakude in KwaZulu-Natal, verwelkom. Volgens die aankondiging is die besluit geneem op grond van 'n risiko-assessering van Suid-Afrika se huidige bek-en-klouseer situasie. China was een van Suid-Afrika se voorkeurbestemmings vir die uitvoer van beesvleis en -huide voor 'n verbod in Januarie 2019 op invoere van Suid-Afrika geplaas is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik, Limpopo-provinsie. Die RPO het sy dank en waardering teenoor die Minister van Landbou en Grondhervorming, die direkteur-generaal en al die personeel wat betrokke was, uitgespreek vir hul harde werk in dié verband en die vertroue wat geskep is met die manier waarop hulle die situasie hanteer het. Hulle het ook die Chinese afvaardiging na Suid-Afrika ontvang.

Die werk van die Nasionale Dieregesondheidsforum word ook hoog op prys gestel. Volgens dr Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum is dit 'n uitstekende voorbeeld van samewerking tussen die regering en die rooivleisbedryf met 'n gemeenskaplike doelwit om by te dra tot die groei van die ekonomie. Volgens Gerhard Schutte, Hoofuitvoerende Beampte van die RPO het die Chinese aankondiging die feit opnuut onderstreep dat die veebedrywe in die toekoms die beginsel van kompartemente sal moet vestig en dat 'n naspeurbaarheidstelsel van kardinale belang is. Die aankondiging baan nou die weg om op 'n bilaterale wyse uitvoerpermitte te finaliseer waarop afgeteken sal word. Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf wag tans vir 'n aankondiging van die internasionale organisasie vir dieregesondheid, die OIE, om moontlik die bek-en-klouseer vrye sone status weer aan Suid Afrika toe te staan. Hierdie aankondiging deur China kan 'n bydrae lewer om ons aansoek aan die OIE, te versterk.

•Abri Adonis Wesbank-rugbyklub van Malmesbury het Saterdag gewys dat hy met mening terug is in die wedloop om die uitspele in die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-beker toe hy Moorreesburg geklop het. Wesbank het reeds vroeg in die wedstryd sy stempel afgedruk met sy pak voorspelers wat behoorlik onder Moorreesburg se verdedigers ingeklim het. Moorreesburg, wat opgedaag het met 'n paar omstrede spankeuses, het nie antwoorde gehad op Wesbank se aanvallende rugby nie. Dit was veral Dylan Beukes wat 'n doring in Moorreesburg se vlees was. Wesbank se goeie spel voorlangs het gesorg dat hul agterspelers goeie bal op die voorvoet kry en goeie hanteerwerk agterlangs het gesorg dat Devon van Niekierk Wesbank se eerste drie gaan druk. Dit is deur Gurdwill Le Fleur verdoel. Le Fleur het geslaag met nog twee strafskoppe om die telbord aan die rol te hou vir Wesbank. Jorn Mitchell en Carlon Carollison het toe mekaar beter leer ken en die skeidsregter het albei 'n geel kaart gegee. Wesbank se linkervleuel, Lionel Abdol, het goeie vernuf getoon en met 'n briljante lopie om Moorreesburg se vleuel gehardloop, 'n lugskoppie bo-oor die heelagter gegee en weer die bal opgeraap om agter die pale te gaan kuier vir die eerste van sy twee drieë, om die telling op 18 – 0 te bring. Die spanne het gaan water drink met die telling op 23 – 0 en dit het gelyk of Moorreesburg reeds die wit handdoek ingegooi het. Moorreesburg het in die tweede helfte 'n paar bekende name opgestuur, met veral Flippie Jacobs, Randall Atkins en Janiel Carolus wat onmiddellik 'n impak gemaak het en weer nuwe vuur in Moorreesburg se span geblaas. Jorn Mitchells het gaan druk vir Moorreesburg, maar Wesbank het dadelik teruggeslaan met sy bonuspunt-drie. Moorreesburg het verwoed aangeval en is beloon met 'n strafdrie ná swak dissipline aan die kant van Wesbank, maar die tuisspan het toe weer gaan druk en het nooit toegelaat dat Moorreesburg terugkom in die wedstryd nie. Never Despair het Saterdag na Koringberg gereis om die span wat saam met Darling steeds onoorwonne is in die tweede rondte, aan te durf. Spairs het reeds in die eerste tien minute vinnig twee onverdoelde drieë gaan druk en Korries onder druk geplaas. Korries het geantwoord met 'n strafskop en met die telling 3-10 in die guns van Spairs, het Korries se voorspelers weer die grondslag gelê en verbete aangeval. Goeie agterlynspel deur Winston Lee van Wyk, wat 'n steekskoppie deurgeegee het en Edwayne van Wyk wat opvolg om oor te duik vir Korries se eerste verdoelde drie en die telling gelyk te bring op 10 – 10. Die twee spanne het toe mekaar aangevat op die aanval, maar hanteringsfoute het telkemale ingesluip en so het albei spanne punte verbeur. Met ongeveer 15 minute se spel oor in die eerste helfte, het Korries se vleuel, Shane Maarman, in die hoekie oorgeduik vir Korries se tweede verdoelde drie. Die heelagter van Spairs het geantwoord met twee strafskoppe en die spanne het gaan water drink met die telling op 17 - 16 in die guns van Korries. Met die tweede helfte het die spanne mekaar voor en agter aangevat en soos in die eerste, het hanteringsfoute weer albei spanne punte gekos. Korries en Spairs het weer die telbord aan die rol gekry met 'n strafskop elk. Korries het weer goed aangeval en die vleuel,

Edwayne van Wyk, het oorgeduik vir sy tweede drie. Spairs het gaan druk om die telling op 27 – 24 te bring en die wedstryd was enigeen sin om te wen. Die heelagter het egter 'n skepdoel oorgeklits om aan Korries die oorwinning te gee. Moorreesburg en Koringberg speel die naweek in 'n derby-wedstryd op Moorreesburg. Moorreesburg het dit goed gedink om die wedstryd te gebruik om hul gewig in te gooi om 'n bydrae te maak ten bate van Heart Kids South Africa. Die fondsinsamelingsprojek tussen die twee buurspanne sal groot aansien geniet. Albei klubs is oorgehaal om goeie rugby op te dis met Koringberg wat sal wil vasklou aan hul vierde posisie op die punteleer en Moorreesburg wat kort op hul hakke is in die vyfde plek. Die vorige wedstryd tussen die twee spanne het 'n groot skare gelok en die wedstryd behoort weer 'n groot een te wees, met Moorreesburg wat koning gekraai het in die eerste rondte. Moorreesburg sal sy tuisveld-voordeel goed aanwend wanneer hulle Saterdag Koringberg sal klop met meer as sewe punte. Wesbank reis Saterdag na Abbotsdale om die Lillie-span aan te durf. Die wedstryd word beskou as die wedstryd van die naweek om verskeie redes. Wesbank is tans nege punte voor Abbotsdale met Wesbank wat 'n wedstryd minder gespeel het. Met albei spanne steeds in die wedloop om die uitspele, sal 'n oorwinning vir Wesbank sy tweede plek verseker. 'n Oorwinning vir Abbotsdale sal egter aan Darling die Swartland Grootuitdaag-beker besorg en Wesbank sal dan die 10de Augustus Darling ontvang as kampioene op Malmesbury. 'n Oorwinning vir Abbotsdale sal ook die wedloop om die tweede plek lewendig hou. Om hierdie redes behoort die wedstryd groot opwinding te bring, veral met die eerste rondte oorwinning van Abbotsdale wat as addisionele aansporing sal dien vir Wesbank. Wesbank is tans goed op dreef en het die afgelope paar weke weer die rooi en wit stoomtrein behoorlik aan die gang gekry en sal Saterdag dit verder bewys wanneer hulle Lillies van Abbotsdale sal klop met meer as tien punte. Piketberg reis Saterdag na Riebeek-Wes om Good Hopes aan te durf. Good Hopes het Saterdag vir 'n verrassing gesorg toe hy Porterville op sy tuisveld geklop het. Piketberg, wat sy enigste oorwinning die seisoen teenoor Good Hopes behaal het, sal dus lugtig moet wees vir die tuisspan. Good Hopes het by tye goeie rugby opgedis die seisoen en veral spelers soos Regan Metala en Fernando Poedel kan vir groot opwinding sorg. Piketberg is tans heel onder aan die punteleer met slegs 10 punte en indien Piketberg vasval teen Good Hopes en Never Despairs koning kraai teen Porterville, sal dit die einde beteken vir Rhinos in die Groot Uitdaag-beker. Piketberg sal dus hard veg om oorlewing, maar Good Hopes behoort Saterdag genoeg te doen om die Rhinos te stuit met 'n oorwinning van meer as sewe punte. Never Despair speel Saterdag teen Porterville. Spairs is tans tweede laaste op die punteleer en sal met 'n oorwinning wil seker maak hy is nie in 'n relegasie-stryd gewikkel met Piketberg nie. Porterville behoort met 'n groot aanslag te kom, maar Spairs sal die nodige doen om Porterville te klop met minder as tien punte. Darling geniet hierdie naweek 'n blaaskans, maar die span se vure kan dalk net die hoogste brand, wanneer hulle sal reis om met alle mag vir Abbotsdale te gaan skree.


6

31 Julie 2019

NUUS • NEWS

Skiet:

Die SA Jaggeweerskietvereniging het die naweek weer 'n suksesvolle skietdag by Swartbergsvlei buite Yzerfontein aangebied. Skuts het in die ope-, standaard en semi-outomatiese klasse deelgeneem. Foto's: Tiffany & Ko Photography

Nuwe sportdrag

St. Michaels Primêr op Abbotsdale spog met splinternuwe sportdrag. Die spoggerige nuwe sportuitrustings is onlangs deur Frans Busdienste op Moorreesburg aan die leerders geborg. Die leerders het kort daarná die koue temperature met ‘n glimlag trotseer vir ‘n geleentheid om die pragtige sportklere aan te kan trek. Nicklin van der Westhuizen, opvoeder en sportsameroeper van St. Michaels Primêr, het Frans Busdienste namens die skool bedank vir die ruim skenking. “Ons kinders is baie opgewonde en ons personeel is ewe dankbaar vir jou bereidwilligheid om vir ons skool tot hulp te wees.”

Swartland Skou 2019: 11 tot 14 September Swartlandskou is een van die grootste landbouskoue in Wes- en Suid-Kaap met ‘n besoekers getal van 10 000 en meer mense. Vanaf 11 tot 14 September 2019 sal daar weer ‘n uitmuntende skou aangebied word op die Moorreesburg Skougronde. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word as iets om by te woon! In hierdie 85ste bestaansjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou,

net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van distrikte buite die gebied en neem ywerig deel aan die bedrywighede. Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag misloop nie.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4722

----------------------------DIENSTE SERVICES GRATIS/FREE - Personalised room make over IDEAS / IDEES and scrapbooking. Contact: Sarina 074 960 1382

4 Augustus. Geluk Mammie met u 50 ste verjaarsdag, dis n mylpaal. Mag daar nog vele jare wees. Ons is lief vir Mammie. Van: kinders, kleinkinders en Leighton -----------------------------

31 Julie 2019

31 July. Happy sixth birthday LE-NICK HENDRICKS. May you be blessed. Love - Mammie, Pa and family -----------------------------

#4734

-------Herstel van rekenaars. Kontak: Michael 076 642 7669 #4746

----------------------------GESOEK WANTED Soek motors en bakkies te koop. Doen dadelik kontant, asook bank-aflosse. Skakel: 079 379 2898 #4736

-------Koop meubels vir kontant. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460

GINO JULIES. 2 Augustus. Geluk met jou verjaardag. Baie liefde – Mammie, Dean, Vissie en Herrings familie -----Baie gelukkige verjaardag en alles wat mooi is – Kallie, Haynen, Dillan, Fransco, Kevin, Eugene en vriende -----------------------------

#4727

----------------------------TE HUUR TO LET TITUS EIENDOMME - Malmesbury Wesbank: * R9500 - Ruim huis met baie ekstras * R8500 - 3 slp, oopplan siteetkamer, kombuis met kassies. 1½ badkamer. Binnebraai, Enkel motorhuis. Alarmstelsel. Omhein met vibracrete. Nuwe huis. Beste area. * R4000 - Nuwe, moderne 1slp woonstel met kassies. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 0827801380 #4745

----------------------------TE KOOP FOR SALE Stokvis filette R50 'n pak asook snoeke. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460

31 Julie. "Happy birthday" DECLAN. Mag God vir jou nog vele jare spaar en mag jy 'n goeie kind wees. Ons is baie lief vir jou - Pa se alles. Van: Ma, Pa, susters en familie -----------------------------

NITA JULIUS. 30 Julie. Gelukkige verjaarsdag. Met baie liefde – Manlief en kinders -----------------------------

#4727

----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

CHRIS. 31 Julie. Geluk met jou geboortedag vieringe. Alles wat mooi is vir jou en jy moet die daggie geniet. Van : Die Gang -----------------------------

31.07.19. Geluk met jou verjaarsdag CHRIZANO. Gods seëninge oor jou lewe. Geniet die dag. Van: mammie Chris -----------------------------

LEIGHTON. 2 Augustus. “Happy birthday” skat. Alles wat mooi is vorentoe. Lief vir jou. Van - ZayLeigh, JoAnn en Hayla -----------------------------

WILMA MENTOOR. Baie geluk met jou verjaardag op 26 Julie my suster. Ons is mos die “big five – sisters for life” – Liefde – jou vier susters -----------------------------

31 July. Mubarak to our little princess, ATIYYA. May Allah grant many more. Love - Ma, Pa, Boeta and Ouma -----------------------------

2 August. FRANSIENA. Happy birthday to a "leka" aunty and sister. Hope you have a wonderful day. From Kasu Family and sister -----------------------------

JOHAIN BASSON. 4 Augustus. Geluk met jou 18de verjaardag. God se rykste seën op jou lewenspad. Ons is lief vir jou - Ma en Chan -----------------------------

went with you when God took you home. In life we love you dearly, in death we love you still in our hearts you hold a place no one could ever fill. Love - Tessa, Deidre, Theona en Wayde #4744

-----------------------------

ELIZABETH ERASMUS. 31 Julie. Eerste verjaardag weg van ons. Ons mis u verskriklik. Baie liefde - Kinders en kleinkinders -----------------------------

WILTON EDAS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag - antie Lienkie en gesin ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

MARTHINUS SAMEULS “Tarra”. 2 Augustus. Reeds twee jaar van ons weggeneem. Jou stem is stil, maar in ons harte leef die herinneringe voort. Baie liefde – jou Vrou, kinders en kleinkind -----------------------------

THEODORE WAGENSTROOM. 4 August. It broke our hearts to lose you, but you did not go alone. A part of us

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

7


8

NUUS • NEWS

31 Julie 2019

SPORT 31 Julie 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

•SENIOR INWONERS NEEM DEEL AAN SPORTDAG

Swartland se goue oues skitter by Goue Spele

Bo: Golden Oldies van Samoa het uitgestaan in hul pragtige geel uitrustings. Regs bo: Lede van Riverlands-bejaardeklub in aksie tydens die “Ball Pass” item. Onder: Alle rolspelers betrokke by die organisering van die Golden Games het die burgemeesters van Weskus Distriksmunisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, en Bergrivier Munisipaliteit, raadsheer Ray van Rooy, gehelp om die fakkel aan te steek met die amptelike opening van die spele.

Uitslae • Results DUIWE RIEBEEK WES - Britstown 1 Kuiler Hokke 13.30.29; 2 Alex Fam 13.32.23; 3 MJ Hokke 13.37.03; 4 Abrahams Hokke 13.42.26; 5 MJ Hokke 13.51.48; 6 Alex Fam 14.03.32; 7 Persens Hokke 14.03.50; 8 Abrahams Hokke 14.01.15; 9 Persens Hokke 14.05.27; 10 Persens Hokke 14.05.57; 11 Persens Hokke 14.06.37; 12 Alex Fam 14.09.10; 13 MJ Hokke 14.09.22; 14 Pigeon Nest 42 14.10.36; 15 Adams Hokke 14.12.55; 16 Pigeon Nest 42 14.14.20; 17 Adams Hokke 14.15.03; 18 Pigeon Nest 42 14.16.19; 19 Kuiler Hokke 14.22.54; 20 Daniels Hokke 14.23.15

Omega Klub - Britstown

Die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM) se jaarlikse Goue Spele het weereens vir groot opwinding gesorg. Ongeveer 750 deelnemers, almal ouer as 60 jaar oud, het aan die geleentheid deelgeneem. Hierdie jaar se spele, wat by die Voorberg Korrektiewe Fasiliteite op Porterville plaasgevind het, was ‘n geskiedkundige gebeurtenis, omdat gevangenes van die Voorberg Bestuursgebied ook aan die spele kon deelneem. Die Goue Spele word jaarliks in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Regering, asook die plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distrik aangebied. Senior burgers van reg oor die Weskus-distrik, neem gedurende die geleentheid deel aan verskeie rekreasie- en sportaktiwiteite. Van die deelnemers het ook al deurgedring om die Wes-Kaap

by die Nasionale Goue Spele te verteenwoordig. Die uitvoerende burgemeester van WKDM, rdh. Harold Cleophas, is passievol oor die projek en het weereens die munisipaliteit se toewyding tot die projek beklemtoon. Die Goue Spele gee effek aan die burgemeester se tema van “Restoring the Social Fabric in Communities” deurdat dit bejaardes bymekaar bring. “Dit is vir my ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons seniors, van reg oor die weskusstreek, met passie aan die items deelneem en ook hoe hulle nuwe maats maak. Dit is belangrik dat ons rekreasie-projekte alle ouderdomsgroepe bereik en daarom is die Golden Games so spesiaal vir my,” het Cleophas gedurende die geleentheid gesê. Die burgemeester het alle amptenare en borge bedank en ook vir Bergrivier Munisipaliteit

en Voorberg Korrektiewe Dienste uitgesonder, wat die jaar as gasheer opgetree het, vir hul ondersteuning en betrokkenheid. Die Riverlands-bejaardeklub neem al reeds vir ‘n vierde agtereenvolgende jaar aan die Goue Spele deel. Die klub spog dié jaar met sewe medalje-wenners. Ragel Adonis (brisk walk), Lorna Augustus (brisk walk), Jaarkie Franse (doelskiet), Johanna Lewis (100m naelloop), Siena Franse (balgooi), Cupido Jacobs (balgooi) en Christine Bruintjies (dress up en doelskiet) het die afgelope Donderdag medaljes vir die klub van Riverlands ingepalm. “Die Golden Games is een van die hoogtepunte op ons klub se kalender en ons sien elke jaar uit om deel te neem. Ons verwagting is nie om medaljes te wen nie, maar liefs om aktief te wees” het Bruintjies , ‘n lid van die klub, gesê.

Runners take on PPC Berg marathon

With over 2000 participants in 2018, the PPC Riebeek Bergmarathon is back for its 34th year. This race calls for families and community members to join in on the fun. Participants have chosen from the 42.2km race, the half marathon for 21km as well as the 10km and 5km fun walk/ run. “PPC is empowering the community to experience a better quality of life. The benefits of exer-

cise go far beyond the physical and the Riebeek marathon allows for the novice to take advantage of this spirit. Taking you though a picturesque and iconic course around Riebeek, the event challenges all participants to beat previous records and have their names registered amongst best performers in the annual race’s history books, “says JP Duminy South African Cricket player and

founder of JP21 Project ‘’I have always thoroughly enjoyed the previous races. This helps me maintain my fitness for the cricket season. I always take advantage of the extra training I get by partaking in the race. I enjoy taking in the scenery of it all. Each year brings a new experience for me and I am able to challenge myself and set new goals’’ continues Duminy

1 Sheldon Bros 13.29.42; 2 Manuel Lofts 13.45.00; 3 Leukes Lofts 13.44.56; 4 Kasu & Sons 13.46.38; 5 Kasu & Sons 13.48.31; 6 Sheldon Bros 13.51.54; 7 S Zimri 13.52.47; 8 Shane Arendse 13.53.53; 9 Sheldon Bros 13.54.59; 10 Manuel Lofts 13.54.05; 11 Shane Arendse 13.57.38; 12 S Zimri 13.57.36; 13 S Zimri 13.59.26; 14 S Zimri 13.59.38; 15 Hok Edas & Pienaar 14.00.09; 16 Leukes Lofts 14.01.16; 17 Kasu & Sons 14.02.43; 18 Manuel Lofts 14.02.45

MUURBAL 15 de liga: Malmesbury vs Kelvin Grove Malmesbury wen Kelvin Grove 14-2 Gerhard Havenga wen Brenden Shiel 3-2 Jacques van Zyl wen Jon Petersen 3-0 Marius Botha wen Richard Filer 3-1 Jimmy Loock wen Konrad van Essen 3-1

Stuur jou spotklub se uitslae na izelle@hetzwartland.co.za voor Maandag 13:00.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.