28 Augustus 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

28 Augustus 2019

Riebeek spog met SA Bl 3 se beste rooiwyn

Stand van die damme

Die totale damvlakke van die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.1% gestyg vanaf 81.7% tot 81.8%. Die Bergrivierdam se vlakke staan nou op 99.7% in vergelyking met verlede week se 100.2%. Verlede jaar het die dam se vlak op 92.5% gestaan. Die Laer-Steenbrasdam se watervlak draai nou op 101.4%, in vergelyking met verlede week se 100.9% en verlede jaar se 76.1%. Theewaterskloof se vlak het met 0.1% gestyg, vanaf 72% tot 72.1%. Hierdie dam was verlede jaar dieselfde tyd 45.6% vol. Die Voëlvleidam se vlak het met 1.1% geklim vanaf 85.9% tot 87%. Die Wemmershoekdam staan nou op die 88.1% merk, in vergelyking met verlede week se 87.3%. Die totale gemiddelde vlak van die voorsieningsnetwerk staan op 81.8% in vergelyking met verlede week se 81.7% en verlede jaar se 61.6%.

Lentefees-lekkertes

bl 8

Skildery verkoop

bl 2


2

28 Augustus 2019

NUUS • NEWS

•MAURICE VAN ESSCHE-KUNSWERK

Biblioteek-skildery sowat R350k werd

Braai:

Die NG Moedergemeente het Vrydag hul jaarlikse steak-braai by die landbougronde op Malmesbury gehou. Die mans van die gemeente het gesorg vir die watertand-biefstukke wat voorgesit is.

Wie sou nou ooit kon raai dat ‘n skildery, wat in 1961 aan die plaaslike biblioteek op Malmesbury geskenk is, baie meer werd is as net nóg ‘n prent teen ‘n muur. Dié olie-skildery, (op bord, grootte 88 x 117.5cm), met sy Afrika-tema, is die handewerk van die beroemde kunstenaar, Maurice van Essche (1906 – 1977). Die Swartland Munisipaliteit het onlangs van die werklike waarde van dié skildery bewus geraak ná ‘n inwoner hulle ingelig het dat dit ‘n oorspronklike Van Essche-skildery is wat in die biblioteek hang. Intussen kon boekwurms vir al die jare die skildery geniet. Van Essche het in 1939, op aandrang van die Belgiese regering, ‘n verf-ekspedisie in die Kongo onderneem. Weens Duitsland se besetting van België in 1940, het Van Essche Suid-Afrika toe gekom en in Kaapstad kom bly. Hy het onder meer later in 1946 die Kontinentale Kunsskool in Kaapstad gestig. Van Essche is bekend daarvoor dat hy ‘n monumentale invloed op die plaaslike kunswêreld gehad het en was ‘n groot rolspeler in die bekendstelling van Suid-Afrikaanse kunswerke aan die res van die wêreld. Hy het ‘n groot belangstelling in Afrika-temas gehad, weens sy ervaring in die Kongo, wat duidelik in baie van sy

kunswerke te sien is. Die bekende kunsagentskap, Strauss&Kie, is kort daarna deur die munisipaliteit versoek om ‘n waardasie te doen. Strauss&Kie het oor die jare heen al verskeie Van Essche-skilderye opgeveil, waarvan een van Van Essche se skilderye, die Harlequin, ter waarde van R650 000 vir R735 000 in 2014 verkoop is. Die waarde van dié skildery was op sowat R350 000 beraam. Daar was wel geringe skade aan die skildery, wat intussen gerestoureer is deur die kunsbewaarder, Angela Zehnder, en die waarde het nou heel waarskynlik verhoog. Goedkeuring vir die verkoop van die skildery, is reeds deur die munisipale raad verleen. Die munisipaliteit se voorneme om te verkoop, is ook reeds geadverteer vir publieke kommentaar. Geen besware of kommentaar is daarteen ontvang nie. Die proses om tenders van kunshandelaars in te win, wat die verkoop van die kunswerk sal behartig, is tans onderweg. Die opbrengs sal ook gedeeltelik aangewend word vir ‘n replika van die skildery op seil (‘canvas’) wat op sy beurt weer in die Malmesbury-biblioteek gehang sal word. Daar is ook besluit om ‘n ondersoek te loods en moontlik soortgelyke bates in die onderskeie munisipale kantore te identifiseer.


NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

Riebeek palm gesogte toekenning in: Die Riebeek Valley

Wine Co. maak wéér vanjaar geskiedenis met een van hul top-jongwyne vanuit die Swartland. Dié keer by die oudste jongwynskou in die suidelike halfrond, naamlik die Nasionale Jongwynskou wat die afgelope Saterdagaand met ‘n gala-geleentheid by die Angora Stoetplaas in Bonnievale plaasgevind het. Nie net het hulle die ABSA Groot Kampioen trofee by die afgelope Swartland Jongwynskou ingepalm nie, maar is die naweek as een van die wenners van die 17 SA Kampioen trofeë gekroon. RVWC is vanjaar met die Vine Products-trofee, as die SA Kampioen Rooi Versnit vir hul Shiraz/Mouverdré beloon. Hulle het die gesogte Generaal Smuts-trofee in 2011 gewen. Vanuit die 1455 inskrywings wat vanjaar ontvang is, het 19 inskrywings SA Kampioen trofeë gewen, 49 wat klaswennerstatus gekry het en ‘n verdere 99 wat goue medaljes huis toe neem. Darling Cellars was op hul beurt ook onder die finaliste vir die SA Kampioen Rooi Versnit vir hul Cabernet Sauvignon/ Merlot/Malbec (gehout).

Local olives shine in ceremony

From the back (left to right): Mike-Alec Kearney (Lapithos Olive Growers), Lizelle Joubert (Oakhurst Olives), Danie Goosen (Wildekrans), Quintus le Roux (Anysbos Olywe), Klaas Stoffberg (Babylonstoren), Louis Karsten (Babylonstoren), Gerhard du Toit (PG Fruit), Waldo Kellerman (Vigne d’Or), Gert van Dyk (Tokara), Stephan Steenkamp (Avenue Park (Pty) Ltd) Front: Nicole Koen (Darling Olives), Chris van Niekerk (Mardouw), Andre Verder (Mardouw), Daniel Munzvenga (Zoetigheyd Farms), Willie Duminy (Porterville Olives), Joop Steenkamp (De Rustica Estate), Federica Bertrand (Morgenster). The total of 93 oils, the same count as the varying temperatures during the fruit Olives. Gold in the medium EVOO category in 2018, entered into the 2019 SA Olive set period did not dampen the industry’s awards is proof of South African olive oil spirit, or lower the overall quality of the goes to 13 producers, with Porterville Olives being one of the winners. producers’ tenacity to make things work 2019 awards’ entries. Olive Boutique from the Riebeek The chairman of SA Olive, Nick Wilkinno matter the circumstances. And Olive Oil producers from the Swartland and son, confirmed the challenges the indus- Valley are one of the gold winners in Bergriver region can this year say, the try faced this year and added that ‘even the intense EVOO category along with De against the backdrop of these challenges, Rustica Estate and Mardouw Investments. proof is in the pudding. Porterville Olives are also one of the A knack for innovating and a modern we still made world-class oils deserving of multiple gold winners at this years award approach to making olive oil have once the international accolades they receive’. This year Darling Olives are one of the ceremony. again pulled the SA olive oil industry The crown jewel of the SA Olive through a season of challenging climatic gold medallists in the delicate Extra Virgin Olive Oil (EVOO) category, along with awards’ season, the ABSA Top 10 Awards, conditions. The knock-on effect of the drought and Lapithos Olive Growers, and Oakhurst takes place on 27 September.

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

3


4

NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

Wesbank Sekondêr pak Proteus in interskole-stryd o.19A-rugby

Vrouerugby

o.19A-netbal

Sokker

Skaak Rugby-program

o.15A A-veld 10:10 o.17A A-veld 11:00 Vrouespan A-veld 12:00 o.19A A-veld 12:30

Netbal-program o.14A Baan B 09:00 o.15A Baan A 09:00 o.16A Baan A 09:30 o.17A Baan B 09:30 o.19A Baan A 10:10

Sokker

A-veld 09:00

Skaak 09:00


NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

5


6

NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

Vroueaand: Die Malmesbury

Sakekamer het Donderdag hul jaarlikse Vroue-vergadering gehou in die Malmesbury-stadsaal. Leah en Lee Scott het mekaar uitgedaag op die verhoog en die nuut-gekroonde Mnr Suid-Afrika, Heinrich Gabler, het sy verhaal van hoop vertel. Bo is Liezl Muller (borg Cure Day Hospitals), Leah, Lee Scott, Ericka Visser (hoofborg RSA Makelaars), Izélle Fouche (voorsitter Malmesbury Sakekamer), Philip Faure (hoofborg RSA Makelaars), Heinrich Gabler en Stephan Niemann (hoofborg RSA Makelaars).

Avonturier 'n "superheld" in skenker-veldtog

Die eiendomsagent én avonturier wat sedert 33 dae gelede, die grootste deel van sy dag in ‘n soortgelyke uitrusting van die superheld, Spiderman geklee is, het verlede week Dinsdag op Darling by Darling Brew aangekom, as deel van sy bewusmakingsveldtog vir orgaan- en weefselskenking. Dié Spiderman is beter bekend as Spin-

nekop, alias Eric Nefdt en het sowat vier jaar gelede begin hardloop om geld in te samel vir kinders met hartsiektes ná sy ontmoeting met Elisa Ingoglia wat haar eerste hartoperasie reeds op twee jaar moes ondergaan. Hy het sy eerste Comrades Marathon in 2017 in ‘n Spiderman-uitrusting voltooi, waar hy Heart Kids South Africa verteenwoordig het. Hy het ook Promosie

Nuwe toevoeging tot Smiley Security Solutions

in die einste uitrusting tussen Pretoria se besige strate vir die uitdaging geoefen ter bewusmaking van kinders wat met hartsiektes gebore is. Dít nádat sy eie seun, Leo-Kevin met ‘n nie-ernstige hartafwyking gebore is. Hy beskryf homself as ‘n passievolle familieman, wat lief is vir sy vrou Elanza, hul seun en dogtertjie Lienke Nova. Nou beywer hy homself ook met die bewusmaking van orgaan- en weefselskenking, want volgens Nefdt, is dit elkeen se verantwoordelike plig om as ‘n orgaanskenker geregistreer te wees. “Die Spiderman-uitrusting is basies simbolies tot die held binne in elkeen van ons wat gevind moet word en dit kán gedoen word deur jou verantwoordelikheid te besef. Elkeen kan ‘n verskil maak,” verduidelik hy. Verlede Dinsdag was dag 33 van die veldtog waartydens hy, saam met Normie Eckard en AJ van der Walt (ondersteuning per voertuig en logistiek) vanaf Lüderitz in Namibië tot in Agulhas draf ter bewusmaking van orgaanskenking. Hy het Vrydag reeds oor die 1100km gehardloop. Hoewel Chapmans Peak toegemaak was, het die span alternatiewe roetes beplan om uiteindelik by Kaap Agulhas uit te kom.

Elke dag word ook opgedra aan ‘n jong pasiënt wat wag op ‘n orgaan, wat reeds een ontvang het, asook aan die helde wat ‘n lewe gered het, omdat hulle orgaanskenkers was. Verlede Dinsdag is opgedra aan die Truterfamilie en al die helde wat ene Chris sy grootste geskenk kon gee en dit was om te lewe. Augustusmaand word boonop ook verbind tot die bewusmaking van orgaanskenking waar mense aangemoedig word om as ‘n skenker te registreer en ‘n lewe te red. Volgens die Orgaanskenker Stigting van SuidAfrika, is daar minder as 1% van die land se bevolking orgaanskenkers, terwyl daar landwyd 4300 Suid-Afrikaners is wat wag vir ‘n orgaan- en ‘n kornea-oorplanting. “Minder as 600 oorplantings vind per jaar plaas en baie volwassenes én kinders wag vir ‘n oorplanting wat hulle lewe kan red. Ons kan dit verander deur almal aan te moedig om hulself by www. odf.org.za te gaan registreer,” pleit die stigting. Nefdt het in Augustus verlede jaar ook ‘n uitdaging op sy beurt vanaf Pretoria na Lüderitz aangepak om mense aan te moedig om as ‘n orgaan- en weefselskenker te registreer.

Hoe gemaak met... ...Boomplantmaand!

Smiley Security Solutions op Malmesbury is hier en gereed om jou met alle tegniese behoeftes rakende sekuriteit te help en by te staan. Steven Swart, beter bekend as Smiley, het onlangs sy sekuriteitsmaatskappy, wat fokus op die tegniese sy van die industrie, begin, hoewel hy homself al vir etlike jare in die bedryf bevind. Sy dienste behels grootliks die installering van sekuriteitskameras, alarmstelsels, hekmotors, slotte, diefwering, veiligheidshekke, spreiligte en

interkomstelsels. Hy bou ook self hekke, asook palisades. Smiley, wat soos sy bynaam kan getuig, altyd uitnemende diens met ‘n vriendelike glimlag lewer, streef daarna om aandag te gee aan ‘n kliënt se tegniese behoeftes wat sekuriteit betref. Danksy ondervinding van meer as 13 jaar in die industrie, gee hy graag raad aan kliënte. Vir Smiley Security Solutions, is eerlikheid, netheid, deeglikheid en betroubaarheid, maar net ván die faktore wat bydra tot uitstekende diens en ‘n gelukkige kliënt. “Dit is ook vir my uiters belangrik om die kliënt se behoeftes eerste te stel en te luister wat hy of sy wil hê,” voeg hy by. Hy sal ook nie ‘n diens voltooi indien hy nie trots daarop is nie. Kontak Smiley Security Solutions vandag nog by 082 4281319 vir uitstekende diens waarop jy kan vertrou.

Vrydag 6 September is Boomplantdag; Boomplanweek is van 1 tot 7 September; Boomplantmaand is die hele September - maar eintlik is dit heeljaar boomplanttyd! Die idee agter die boomplant-inisiatief is om almal aan te spoor om meer bome te plant, dit maak die aarde groener, suiwer die lug van koolsuurgas en in ruil daarvoor kry ons allernoodsaaklike suurstof! Daar word jaarliks ‘n paar bome aangewys as die boom van die jaar. Vir 2019 is dit: 1: Sclerocarya birrea supspesie caffra (maroela) 2: Philenoptera violacea (appelblaar) 1: Die maroela is ‘n boom wat hoofsaaklik in die tropiese dele, vanaf Etiopië, tot in die noorde van KwaZulu-Natal natuurlik voorkom. Dit is ‘n bladwisselende boom wat tot 18m hoog kan word, met ‘n ronde tot spreidende kroon. Dit groei in verskeie soorte bosveld, op sand tot sanderige leem. Blomtyd is van September tot November en vrugvorming is van Januarie tot Maart. Beeste en wild vreet die vrugte, blare en selfs die bas, die bosveldpapegaai vreet die pitte van die groen vrugte. Die hout word vir meubels en in ‘n mindere mate vir paneelwerk gebruik. ‘n Gewilde hout vir houtsneewerk en huishoudelike artikels. Die vrugte is ryk aan vitamiene C. Jellie en konfyt kan ook van die vrugte gekook word. Dit lewer ook goeie halfsoet- en soetwyn, port, bier, sap en nektar. Elke saad bevat twee of drie eetbare neute, olie kan van die neute gepars word, die neute kan ook rou of gerooster geëet word en is ryk aan proteïen (28%). Die maroela is ‘n baie goeie skaduboom in ‘n tuin of park en kan ook as straatboom geplant word. Dit is bestand teen droogte, maar jong bome is gevoelig vir ryp. Hier in Malmesbury staan ‘n paar maroelabome, maar dit is nie ‘n boom wat algemeen beskikbaar is nie.

2: Die appelblaar is ‘n halfbladwisselende boom tot 12m hoog, met ‘n oop, ronde kroon. Die blomtrosse kom aan die takpunte voor, is geurig, rooipers tot violetkleurig, lyk nogal baie soos die keurboom se blomme, blom van September tot Desember. Vrugte vorm van Januarie tot Augustus. Dit kom voor van die Demokratiese Republiek van Kongo en Tanzanië in die noorde tot in KwaZulu-Natal in die suide. Dit verkies ‘n

habitat van laagliggende oop bosveld en oewers van tydelike strome, meestal op sanderige of spoelgrond. Beeste en wild vreet graag die blare, veral wanneer dit in die begin van die lente begin afval. Die boom kan droogtes oorleef, daarom kan boere staatmaak daarop vir weiding. Uitstekende bron van stuifmeel en nektar vir bye. Hout word gebruik vir houtsneewerk en handvatsels vir gereedskap. Langs die Zambezi- en Choberivier word boomkano’s daarvan gemaak. Daar is ook nog ander medisinale gebruike vir dele van die boom. Dit groei aanvanklik stadig, maar kan as straatboom gebruik word, die wortels is nie aggressief nie. Hierdie is ook ‘n boom wat nie algemeen hier by ons beskikbaar is nie.

Eintlik al wat ons moet doen, is om ‘n boom of drie elke jaar te plant, sodat ons ‘n groen voetspoor kan nalaat. Maak egter van ‘n paar dinge seker voordat jy besluit watter boom om te plant. • Hoe aggressief is die wortelstelsel? • Hoe groot word die boom? • Is dit immergroen of bladwisselend? • Waar presies wil jy die boom plant, noord, suid, oos, wes? • Groot of klein spasie? • Langs geboue of as straatboom ? • Hoeveel wind gaan die boom moet trotseer? Die voorbereiding van die plantgat is ook altyd baie belangrik: Die ideaal is om ‘n 1m x 1m x 1m gat voor te berei met baie kompos + fosfaat + beenmeel, alles deeglik gemeng met die grond wat uit die gat kom, plaas alles terug in die plantgat, los net die bogrond eenkant sodat jy die nuwe boom kan insit, presies net so diep soos dit in die plantsak gegroei het,druk of trap deeglik vas, gooi deeglik nat direk nadat dit geplant is en versorg dit met liefde en omgee en dan sal jy die vrug op jou arbeid kan geniet. Plant ook ‘n deeglike stutpaal om die boom mooi regop te hou teen sterk winde. Kom maak ‘n draai by jou kwekery en kry die inligting, planttoerusting en benodigdhede, plus die boom van jou keuse en geniet boomplantmaand. Ons gesels weer op 25 September, lekker tuinmaak. Tuingroete. George Retief Verwysing: BENUT ONS INHEEMSE BOME deur Fanie & Julye-Ann Venter


NUUS NUUS •• NEWS NEWS GESOEK WANTED I am looking for a job. Please contact Cynthia Nkwaease 073 192 4858 #4758 ------

Koop meubels vir kontant. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460 #4727

-----------------------------TE HUUR TO LET BATCHELOR Apartment, Malmesbury. Central location. R3000 per month, plus deposit. Prepaid power. Call: 022 482 1072 #4747

Mamma waardeer jou en lekker verjaar Mamma, Oupa, Nicky en Leona ----Ons kleine rabbadoe. Klomp seëninge oor jou lewe. Baie liefde - Diedie, Mammie, Ethan, Chrissade en Cee-Jay ---Tannie se besige bytjie moet lekker verjaar. Ons is klomp lief vir jou - Tannie, Noby, Tristan en Keagan ------------------------------

geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar en Psalm 23 is my wens vir jou ------------------------------

Happy birthday ANWELL. 31 Augustus. Alles wat mooi is vir jou op hierdie dag. Mag al jou drome waar word. Baie lief en trots op jou. Liefde - Brown en Arendse familie ------------------------------

Veels geluk BERNELEE met jou 21ste verjaarsdag. Van – Daniels, Syster en Williams gesin. Ons is baie lief vir jou. ------------------------------

Kyk wie is vier op 1 September. Baie geluk EVANO. Ouma is baie lief vir jou ------------------------------

Ons is baie lief vir jou. Van: Dadda, Mammie en Kendrick

JOLENE FAROA. 29 Augustus. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar. Baie liefde – Man en kinders ------------------------------

-----

Titus Eiendomme. Malmesbury WESBANK *1 x 3 slp kamer teen R7 500 per maand *1 x 2 slp kamer woonstel teen R5500 per maand *1 x 1 slp kamer teen R4000 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 #4752

-----------------------------TE KOOP FOR SALE Hake pakke R50 elk asook snoek en ander. Kontak: 022 487 3265 / 084 250 2460 #4727 -----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

CHRISLEIGH FARAO. 27 Augustus. Baie geluk my liefste kleinkind.

29 Augustus. Kyk wie word drie jaar oud. Gelukkige verjaardag, Baie liefde ARIANA APRIL. Baie soentjies en drukkies. Van: April en Damon familie ------------------------------

31 Augustus. ARNO,

7

28 28 Augustus Augustus 2019 2019

30 Augustus. Raai wie word 60? Mammie, hartlik geluk met u verjaardag. Mag u ‘n ongelooflike dag hê en ons is oneindig lief vir Mammie. Van: 5 dogters, kleinkinders en agterkleinkind ------------------------------

JADE SMITH. 27 August. Happy first birthday my baby girl. May God continue to shower you with blessings. Love you lots – Ma, Pa, Jayla and ouma Lizzie ------------------------------

26 Augustus. Baie geluk met jou verjaarsdag JOSHRAY.

28 Augustus. TAYLOR. Baie geluk ons prinses met jou verjaardag. Lekker verjaar. Van: Oupa Neil, Ouma Levona, Tylin, Dinaline, Taneil en die Titus gesin --Emmers vol seëninge en kruiwaens vol liefde. Baie geluk. Liefde - Matt, Skyler en Alton ------------------------------

Guess who's 40 on 30th August? Happy birthday. May God richly bless you. Love mom, sisters, daughter, nieces, nephews & brothers in law ------------------------------

MARLENE, op 27 Augustus is u nog 'n jaar ouer. Baie geluk met u verjaardag. Hoop u geniet die dag. Van: Kekkel en Kraai werkspan ---Baie geluk Mammie met Ma se verjaardag. Alle seëninge en lekker verjaar. Van: u dogters,

Pravin, Emile and grandchildren -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY

skoonseuns en al die kleinkinders. Lief vir jou ------------------------------

Raai wie word nege op 1 September?. Veels geluk met jou verjaarsdag AMOREY. Lekker verjaar Mammie, Pappie en boeties ----Ons lente blommetjie, baie geluk met jou negende verjaarsdag. God se rykste seën. Liefde - ouma Pearly, Tannie en Hillario ----Veels geluk met jou verjaarsdag. Van: Ritza en Brunic ------------------------------

LENRO BASSON. Baie geluk met jou verjaardag op 2 September. Met tonne liefde - Mammie, Pa, Lee-Zelle en familie ------------------------------

Geluk met jou 20ste verjaarsdag. Wens jou alles wat mooi is. Liefde - Mammie en gesin -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM ARENDSE ROSINA (Raynie) 1926.08.26.

Tyd loop vining. Drie verjaardae is verby, maar die “legacy” leef voort. Lekker verjaar. Van: Edwin, Suzanne, Brittany, Edwin (jnr) en Lizzy ------------------------------

CHRISTINA CLEOPHAS (Siena). 27 Augustus. Vandag vier mammie u derde verjaarsdag met die engele in die hemel. Verlange is daar, maar ons koester die mooi herinneringe. Liefde – Rensa, James, Kayla en Lorenzo ----Hierdie dag sal altyd omkring wees, elke jaar op ons kalender . U sal altyd bly voortleef in ons harte. Lief jou altyd my Moeder – Tessa, Karel, Carlton, Misha en Lynique ------------------------------

ANNA HENDRICKS. 1 September, een jaar weg, maar gun Mamma die rus. Mooi herinneringe en wyse woorde sal ons altyd by bly. Kinders & klein kinders ------------------------------

First birthday in heaven. Happy 60th birthday on 29 August, our mother ANTHEA GYSENBERG. We miss you. From your sons,

GERALD MYBURGH. Kan nie glo my oom en peetpa het my so gou verlaat. Ek sal jou nooit vergeet nie. Liefde - peetdogter Veronica ----Skielik weggeneem van ons af. My hart is seer. Mis jou baie. Rus in vrede . Liefde jou jongste suster, Iris ------------------------------

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

28 Augustus 2019

SPORT 28 Augustus 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

DUIWE

OMEGA - Strydenburg (17 Aug) 1 Hill Lofts 15.10.11; 2 Kasu & Sons 15.11.44; 3 Sheldon Bros 15.13.13; 4 S Zimri 15.15.48; 5 Shane Arendse 15.20.14; 6 S Zimri 15.20.32; 7 D Daniels & Son 15.24.36; 8 Manuel Lofts 15.26.03; 9 Manuel Lofts 15.28.35; 10 D Daniels & Son 15.28.14 Prieska - 24 Augustus 1 Jannie Morris 15.31.55; 2 Hok Edas & Pienaar 15.57.44; 3 Manuel Lofts 16.02.01; 4 S Zimri 16.36.57; 5 Hok Edas & Pienaar 16.39.49; 6 Manuel Lofts 16.44.58; 7 Jannie Morris 16.48.07; 8 Manuel Lofts 17.01.25; 9 S Zimri 17.08.18 RIEBEEK WES - Strydenburg (17 Aug) 1 Mentoor Hokke 15.09.25; 2 Kuiler Hokke 15.10.04; 3 Pigeon Nest 42 15.15.51; 4 Adams Hokke 15.23.42; 5 Mentoor Hokke 15.24.02; 6 Alex Fam 15.34.14; 7 Pigeon Nest 42 15.32.23; 8 Daniels Hokke 15.33.54; 9 Adams Hokke 15.36.02; 10 Mentoor Hokke 15.36.24 Prieska - 24 Augustus 1 MJ Hokke 15.03.35; 2 Adams Hokke 15.08.32; 3 Mentoor Hokke 15.31.50; 4 Pigeon Nest 42 15.35.44; 5 Abrahams Hokke 15.45.21; 6 Persens Hokke 15.51.46; 7 Pigeon Nest 42 15.57.31; 8 Mentoor Hokke 16.06.23; 9 Persens Hokke 16.14.30; 10 Mentoor Hokke 16.23.25 DARLING - Prieska (24 Augustus) 1. Beziek Loft - 16:38:13; 2. Baron & Sons - 16:55:32; 3. Willemburg Loft - 17:41:48; 4. Baron & Sons - 18:22:25; 5. Willemburg Loft - 08:40:00; 6.Isaacs Family Loft - 09:02:05; 7. Willemburg Loft - 09:11:34; 8. Beziek loft - 09:15:49; 9.Baron & Sons - 09:23:13; 10.Isaacs Family Loft - 09:27:21; 11.Isaacs Family Loft - 09:30:04; 12.Baron & Sons - 09:31:00; 13. Willemburg Loft - 09:38:31; 14. Beziek loft - 09:39:56; 15.Isaacs Family Loft - 09:50:19

Lentefees:

Die NG-gemeente op Riebeek-Kasteel het die afgelope naweek hul feesvieringe in aanloop tot die jaarlikse Lentefees afgeskop met 'n halfmarathon en ook 'n bergfiets-uitdaag. Die gemeente nooi alle belangstellendes na die plattelandse basaar wat op 7 September op Riebeek-Kasteel aangebied sal word. Daar sal basaarpoeding, pannekoek, braaivleisetes, kindervermaak en vele meer wees. Stalletjies is vanaf 07:00 tot 14:00 oop. As deel van die Lentefees is daar ook 'n Porseleinberg 4x4- en funduro-familiedag hierdie naweek. Kontak Boet le Roux by 082 807 1224 (4x4), Frederick le Roux by 083 416 1644 (funduro) met navrae of stuur 'n epos na ngkerkkasteel@telkomsa.net vir meer besonderhede.

Malmesbury-tennisklub wen boerpot

MALMESBURY - Britstown JO 3 1 J Steenkamp 1304.6449; 2 Marais Hokke (Ksd) 1304.4839; 3 Kotze Familie Hokke 1290.7220; 4 Cross Border Lofts 1290.3629; 5 Marais Hokke (Ksd) 1271.4095; 6 Cross Border Lofts 1242.5035; 7 Kotze Familie Hokke 1239.2420; 8 Cross Border Lofts 1237.8518; 9 G Horn 1213.8875; 10 Bordeaux A 1192.1443; Britstown Ope 3 1 Marais Hokke (Ksd) 1287.1834;; 2 G Horn 1226.3934; 3 Bordeaux A 1223.2377; 4 Kotze Familie Hokke 1203.2815; 5 Kotze Familie Hokke 1200.0958; 6 Kotze Familie Hokke 1199.5737; 7 J Steenkamp 1198.6712; 8 Cross Border Lofts 1197.1997; 9 Marais Hokke (Ksd) 1190.0349; 10 G Horn 1189.6682; MOORREESBURG - Britstown JO 3 1 Henna & Melt Smit 14.49.52; 2 Boetie & Baron Hokke 15.21.51; 3 CJ Lofts 15.03.18; 4 Frikkie Bester 15.08.41; 5 Saunders Familie 15.33.22; 6 Saunders Familie 15.46.28; 7 Henna & Melt Smit 15.58.17; 8 CJ Lofts 15.59.52; 9 Singleton Hokke 16.17.28; 10 Van der Vyfer Hokke 16.28.25 Britstown Ope 1 Frikkie Bester 14.55.35; 2 Henna & Melt Smit 15.19.47; 3 CJ Lofts 15.30.51; 4 Saunders Familie 15.38.48; 5 Franco 15.48.20; 6 Henna & Melt Smit 15.56.46; 7 Frikkie Bester 15.57.17; 8 Henna & Melt Smit 16.08.39; 9 Henna & Melt Smit 16.10.04; 10 Frikkie Bester 16.18.03

MUURBAL

4 de liga: Malmesbury vs Stellenbosch - Malmesbury wen Stellenbosch 12 - 7 Heinrich du Preez wen Botha van Greunen 3-2; Brynmor vd Merwe wen Bruce Venter 3-1; Albe Liebenberg verloor teen Steve Brown 1-3; Hiran Leng wen Matthew Kane 3-1 7 de liga: Malmesbury vs Durbanvile - Malmesbury wen Durbanville 13 – 6 Angelo Marman wen Marius Esterhuizen 3-1 ; Bernard van biljon wen Theo Engelbrecht 3-0; Johan Coetzee verloor teen Alistar Ingles 2-3; Frikkie Botes wen Ruan van Niekerk 3-2 15 de liga: Malmesbury vs Villagers H Malmesbury wen Villagers 11 - 5 Leon Coetzee verloor teen Stephen Cavaney 0-3; Gerhard Havenga wen Jacques du Toit 3-0 ; Jimmy Loock wen Dylan Bruce 3-1; Marius Botha wen Hendrik Bence 3-1

Die Malmesbury-tennisklub se eerste span het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Weskus Winterliga gewen. Die formaat van die kompetisie is soortgelyk as die krieket T20-formaat en word oor vier Saterdae beslis. Malmesbury Tennisklub het drie spanne vir hierdie kompetisie ingeskryf. Die klub se seisoen

begin Saterdag 7 September 2019. Die finale uitslae is as volg: DIVISIE A 1. Malmesbury A - 132 2. Vredenburg A - 120 3. Moorreesburg A - 90 4. Malmesbury B - 75

5.

SAAF (Lugmag) - 36

DIVISIE B 1. SAPS - 104 2. Militêre Akademie - 81 3. Vredenburg B - 74 4. Bottelary - 60 5. Malmesbury C - 47

Malmesbury-duiwe vlieg vir klub en skool Die Malmesbury Posduifklub, in samewerking met die Christelike Privaatskool Malmesbury, se jaarlikse duiweveiling word vanjaar op 4 September 2019 gehou. Hierdie jaarlikse veiling en wedvlug is oorspronklik ingestel as 'n fondsinsamelingsprojek vir Christelike Privaatskool en vir die Posduifvereni-

ging van die dorp. Die wedvlug staan tans bekend as die Fritz & Berno Meintjies-gedenkwedvlug, nadat die twee seuns van Fritz en Mollie Meintjies, wat ook lede van die klub was, tragies verongeluk het. Die veiling word op 4 September om 19:00 in die Freek Stander-sportkompleks van die Hoër-

skool Swartland op Malmesbury gehou. Die duiwe vlieg vanaf Hopetown op 7 September 2019 terug huis toe met 'n gewaarborgde prysgeld van R15 000. Belangstellendes wat graag die duiweklub en skool wil ondersteun, kan Johan Steenkamp kontak by 082 823 7541 of Willie Taylor by 083 526 8959.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.