25 September 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

25 September 2019

Tel: 022 487 2288 • www.hetzwartland.co.za

25 September 2019

CPM maak kennis met stadsraad

Leerders en onderwysers van die Christelike Privaatskool op Malmesbury, CPM, het vroeg Donderdagoggend vir werknemers, direkteure, bestuur en raadslede van die Swartland Munisipaliteit in die parkeerarea van die munisipale kantore ingewag en verwelkom om dankie te sê vir alles wat hulle daagliks vir die inwoners van die streek doen. Sien meer op bladsy 4.

Stand van die damme

Die watervoorsieningsnetwerk van die WesKaap se vlakke het die afgelope week van 81.7% gestyg tot 82.3%. Die Bergrivier-dam se vlak het onveranderd op 99.5% gebly, terwyl die Laer Steenbrasdam vanaf 99.8% tot 99.2% gedaal het. Die dam was verlede jaar dieselfde tyd 91.7% vol. Die Theewaterskloofdam se vlak staan tans op 72.5% in vergelyking met verlede week se 72.1% en verlede jaar se 55.8%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water, se vlak staan op 88.8% in vergelyking met verlede week se 88.3% en verlede jaar se 90.7%. Die damvlak van die totale netwerk staan tans op 82.3% in vergelyking met verlede week se 81.7% en verlede jaar se 73.8%.

Swartlander raap hoofrol op

bl 2

Landbouwerkers vereer

bl 4 & 5


2

25 September 2019

•SWARTLANDER SLAAN HOOFROL IN MUSIEKBLYSPEL LOS

NUUS • NEWS

CJ deel verhoog met bekende name

•Conette le Roux ʼn Laerskoolleerder van Malmesbury het een aand oudergewoonte vir hulle gaste op die plaas gesing. ʼn Paar maande later bevind hy homself in Lumina – “die fantasiestad van lig”, waarin hy die rol van ’n moderne Josef vertolk. ʼn Ruk gelede het die 12-jarige CJ van Aarde oudergewoonte vir kuiergaste op hulle plaas buite Malmesbury in die Swartland gesing. Min het hy geweet hy het so ʼn hoofrol in ʼn

musiekblyspel los gesing. Nou is sy boodskap aan ander: “Hou moed. Hou vas aan hoop. Enigiemand kan ʼn sukses maak as jy hard werk.” Onder die gaste wat hom dié aand hoor sing het, was ds Zander van der Westhuizen, leraar by die NGgemeente Tygerpoort in die ooste van Pretoria. Hy was nog op soek na ʼn geskikte persoon om die rol van “Joe Judge de Jong” in die gemeente se musiekblyspel te vertolk. Zander, ook die uitvoerende vervaardiger en teksskrywer van Helder, het by die Van Aardes aan huis beland omdat een van die kerk se lidmate familie van die gesin is. “Zander het dadelik gesê CJ is die regte een vir die rol. Ons het dit maar gelos en was nie seker of hy ernstig is nie. Maar toe Zander vertrek, het hy weer genoem dat hy baie ernstig is daaroor dat CJ die rol moet vertolk,” vertel CJ se ma Elizma. Die NG-gemeente Tygerpoort

Bo: CJ op die verhoog saam met Anna Davel.

het CJ se vliegkaartjie na Pretoria gedek. “Dit was ʼn groot uitdaging vir beide die gemeente en vir CJ,” sê Elizma. Juis omdat CJ nie saam met die res van die produksiespan kon oefen nie. Maar alles het uiteindelik glad verloop. Dit is ’n Dinsdagmiddag na skool in CJ se tannie se huis in Malmesbury waar hy in die middae vertoef. Die gesin woon op ʼn plaas waar CJ se pa Gielie ʼn varkboerdery bedryf en dit is te ver om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Dit is reeds ʼn paar weke sedert CJ sowat 1 500 km na Tygerpoort gereis het vir Helder se vyf optredes. Hy vertel blinkoog hoe hy middae en saans sy dialoog en liedjies sélf geoefen het. “Ek het later ook die woorde uit my kop geken,” lag Elizma. Uiteindelik het hy net ʼn week voor die optredes by die span in Pretoria aangesluit. “Dit was ʼn groot belewenis. Die optredes het eintlik nie werklik gevoel nie. Want die oomblik gaan so vinnig verby,” sê die blonde seun wanneer hy terugdink. “Dit was so lekker om te sien hoe mense hulle inleef en dit geniet,” sê CJ. CJ vertel dit was veral wonderlik om met sangeres Anna Davel, wat die rol van regter Marelize Strydom vertolk het, die verhoog te deel. “Helder het my blootstelling aan toneelspel ook gegee. Nou sal ek eendag nie net sing nie, maar dalk ook gaan drama swot,” sê dié leerder van

Laerskool Swartland. CJ is mal oor Afrikaanse musiek en rits sy twee groot rolmodelle in die musiekbedryf met sterre in die oë af: Sangeres Liezel Pieters en Ruhan du Toit van die sangroep Touch of Class. Sy groot droom is om eendag deel te wees van die Afrikaans is Groot-konsertreeks en om ʼn positiewe boodskap met sy musiek oor te dra. Hy sê: “Ek dink beslis God gee vir ʼn mens ʼn talent met ʼn rede.” Intussen tree hy by die jaarlikse Blommeskou in Darling op. Vroeër vanjaar het hy ook by die Kaapse Klopse-karnaval in Athlone gaan sing. En later vanjaar is hy die seremoniemeester by ʼn talentkompetisie by Malmesbury se skou. Maar dié plaasseun sê hy gaan nie sommer gou terug Pretoria toe nie. “Ek is te lief vir die plaas. Ek het die ooptes gemis. En om op die trekker en stroper te ry.” Zander skryf sedert sy studentejare musiek- en verhoogstukke. As lid van die groep Vertikaal het hy ʼn SAMA-toekenning ontvang sowel as ʼn ATKV Liertoekenning vir ʼn nuutgeskrewe komposisie. Leon Gropp, wat saam met Zander vir die musiek en lirieke verantwoordelik was, is bekend as medeaanbieder van die program Ontbytsake. Leon het al ʼn SAMA- en Ghoematoekennings in die musiekbedryf ontvang en het ook in 2018 die Woordtrofee by die US Woordfees vir “Beste musiekgedrewe produksie” vir Rooidag ontvang. Die ander hoofrol is deur akteur Pierre Breytenbach vertolk. Pierre was glo ook die aand op die plaas toe CJ ʼn rol los gesing het en het geld in ʼn koevert agtergelaat vir sy “eerste klavierles”. “Oom Pierre sê dis belangrik om ʼn musiekinstrument te kan bespeel,” sê CJ. Alhoewel CJ reeds sanglesse vanaf 8-jarige ouderdom neem, het hy ná Pierre se aanmoediging begin klavierlesse neem. Dít is harde werk en nie juis CJ se gunsteling-tydverdryf nie, sê Elizma en knipoog. -www.kerkbode.co.za


NUUS • NEWS

25 September 2019

•25STE SKOGDAG BUITE MOORREESBURG GEHOU

Mylpaal by Langgewens Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep het die afgelope Donderdag hul 25ste Skog-dag op Langgewens Proefplaas buite Moorreesburg aangebied, wat soos oudergewoonte met proefbesigtigings plaasgevind het. Wisselbou, bemesting, bewerkings, graankultivars en dekgewasproewe is onder meer in die land bespreek. Vóór die proefbesigtigings, het André Uys, uitvoerende hoof van Acorn Landbou en Voedsel, besoekers toegespreek en ‘n hoopvolle boodskap aan produsente gebring dat landbou nog uiters volhoubaar in die Swartland is. “Dit is nodig om volhoubaar te boer sodat die stokkie aan die volgende generasie aangegee kan word vir ‘n volhoubare toekoms vir almal in geheel.” Hy het ook die navorsing wat onder meer op Langgewens gedoen word, as uiters belangrik vir die volhoubaarheid van landbou in die streek, maar ook vir die toekoms beskryf. “Waardeer die werk wat hulle híér doen. As dit weg is, sien jy wat jy gaan mis.” Volhoubaarheid is volgens Uys, die verantwoordelikheid vir die tydjie wat ons hier op Aarde is om produktief te werk om sódoende dit te kan aangee vir die volgende ou. “Die suksesvolheid daarvan bepaal hoe vrugbaar ons gaan wees.” Volgens hom, kan volhoubaarheid meer as ‘n “kop-ding” as ‘n finansiële aspek beskryf word. “Dis ‘n besluit wat ‘n mens neem.” Ten spyte van al die harde klippe wat gekou is deur die jare, kan die stokkie aan die volgende generasie aangegee word.” Hy sê ook dat dit krities belnagrik is om te besluit of jy hier wil wees of nie. “Dit bepaal jou strategie vorentoe.” Hy het gesê politiek moet in ag geneem word. Uys voeg egter by dat ‘n politikus se

hoofdoel is om weer verkies te word vir die volgende termyn, terwyl daar ander is wat regtig daar vir die saak is. “Politici praat met gehore en dit is hoe hulle herverkies word,” sê hy. “Dit is daarom belangrik om persfektief te hou oor watter boodskap oorgedra word en wat die ware feite is. Hoor wat gesê word, maar ook wat nie gesê word nie en praat met mense wat weet waarvan hulle praat in die politici, voor jy jou ontstel.” Hy voeg by dat dit daarom belangrik is om betrokke te raak op belanghebbende vlakke, plaaslik en op nasionale vlak om presies te weet wat aangaan. Aspekte wat dopgehou behoort te word, is onder meer die adviespaneel se verslag rakende die kwessie rondom grondhervorming en die grondwet met verwysing na grondhervorming -en onteiening. “Let wel, die adviespaneel is nie wetgewing nie, maar bygesê daar is kenners wat ongelooflike goeie werk doen en insette lewer.” Hy herinner produsente dat wetgewing gaan bepaal hoe dit geskied, dat dit in opendbare belang moet wees en baie belangrik, dat as daar nie ‘n ooreenkoms kan bereik word rakende vergoeding nie, daar prosesse in die hof sal wees. “Produktiewe landbougrond is uitgeskryf en nie deel van die kategorieë onder die onteiening van grond nie. "Die regering het van die begin af gesê dat produktiewe grond nie afgeneem sal word nie, vir die volhoubaarheid van voedselsekuriteit.” Deel daarvan om volhoubaar te wees, is die vermoeë om ‘n omgewing te bly skep waarin ‘n produsent homself of haar wil bevind, sê hy. Ander aspekte wat volhoubaar sal verseker, is volgens hom goeie kontantvloei.

“Dit is die beste bate wat jy het vir volhoubare sekuriteit .” Hy sê verder dat jy bereid moet wees om aan te pas en die vermoeë hê om die beste aan te pas. “Jy moet ook betrokke wees by strukture, nie net op politieke vlak nie, maar by dienste soos paaie. “Gaan kyk hoe lyk dit in dien Vrystraat en vra jouself af of jy daar sal kan boer onder daardie omstandighede.” Die advies wat herhaal word, is dat goeie besluite in slegte tye geneem moet word, terwyl daar grasie vir slegte besluute in goeie tye is. “Moet nie in die moeilike tye sit en niks doen nie. Hou aan boer dat jy die stokkie kan oorgee. En dit is baie belangrik om nie jouself te bekommer oor môre se probleem nie. “Jy kan wel beplan vir more.” Uys het gesê hy is opgewonde oor die jong mense wat eendag die stokkie gaan oorneem. “Al dink ons dit is hoe moelik, hulle gáán ‘n plan maak.” Hy het afgesluit deur met besoekers te deel dat daar ongelooflike kwaliteit plaas toe kom. “Die gesindheid van die jong mense wat môre gaan boer, verstom my en maak my opgewonde vir die toekoms.”

Volg ons op sosiale media onder @ HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.

3


4

25 September 2019

Christelike Privaatskool ontmoet stadsraad

Leerders en onderwysers van die Christelike Privaatskool op Malmesbury, CPM, het vroeg Donderdagoggend vir werknemers, direkteure, bestuur en raadslede van die Swartland Munisipaliteit in die parkeerarea van die munisipale kantore ingewag en verwelkom om dankie te sê vir alles wat hulle daagliks vir die inwoners van die streek doen. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, is dit die eerste keer in 20 jaar wat ‘n groep mense kom dankie sê. “Dit is die eerste keer wat daar dankie gesê word vir ‘n munisipale rekening,” het hy skertsend aan leerders en omstanders gesê. “Dit is ook die eerste keer wat daar dankie gesê is aan die verkeersdepartement vir die werk wat hulle doen en om die dorp veilig te hou. Skoolhoof, Willie Taylor, het onder meer dienste uitgewys wat ongesiens uitgevoer word, soos water, riool, elektrisiteit, paaie en stormwater. Volgens Scholtz is dit dienste wat ons veronderstel is om deur die munisipaliteit gedoen te word. “Dit is die goed wat elke munisipaliteit veronderstel is om te doen. "As jy aan die verkeerde kant van die pad parkeer of jy ry te vinnig, moet jy ‘n boete kry. As jy nie jou rekeninge betaal nie, moet jou krag afgesny word. "As daar nie orde by ‘n munisipaliteit is en só ook by die skool is nie, dan gaan dit ‘n flop wees.” Scholtz het ook die werknemers uitgesonder wat die strate so skoon hou en waarvoor die leerders die munisipaliteit onder meer kom bedank het. “Dankie dat julle kom dankie sê het. Ek salueer julle (leerders) almal en alle kollegas vir jul werk.” Leerders het unieke plakkate gemaak wat aan elke amptenare en werknemers teenwoordig, uitgedeel is. Saam met die kleurvolle plakkate, wat sommige sommer teen hul onderskeie kantore se mure gaan op plak het, is daar ook koekies en lekkernye uitgedeel as deel van hul dankbaarheid.

NUUS • NEWS

Swartland se

Die groep wenners wat elk ‘n eerste plek behaal het in die onderskeie kategorieë waarvoor hul ingeskryf het, gaan die 9de Oktober teen hul eweknieë in die ander streke meeding. Agter van links staan Jerieve Lambrecht (Franki’s Vineyards), wenner in die groep, tregniese operateur, Logie Soobramoney (Goedgedacht), wenner van middel bestuur, Gerhard September, Landbouwerker van die Jaar 2019 en wenner van die kategorie, junior bestuur, Elsabé van Scalkwyk (Wynkeldershoek), wenner van die kategorie, Algemene werker, Valda Maurdrin Adams (Care for the Planet: Goedgedacht), wenner van sosiale ontwikkeling en Frederick Kulumpie (Riebeek Valley Wine Co), wenner van die kategorie, administratiewe personeel. Voor pronk Ayanda Tulwana (Porseleinberg), wat ‘n derde plek in die kategorie, besproeiingspesialis ontvang het, Johannes van der Ross, wenner in die kategorie, besproeiingspesialis, Frederico Leaton Galawe (Franki’s Vineyards), wenner van die trekker drywer-kategorie en Sinethemba Msito (Riebeek Valley Wine Co) wat as die beste voorman uitgewys is. Swartland-landbouwerkers het erkenning ontvang deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou, by die 2019 Prestige Landboutoekennings wat in vennootskap met Shoprite aangebied en poog die afgelope week gehou is. Gerhard Johannes om op ‘n opbouende wyse erkenning te gee aan September, ‘n werkenemer van Org de Rac, die waardevolle bydrae wat landbouwerkers lewer het, kort nádat hy gehoor het hy die streek se tot die volhoubare groei van die Suid-Afrikaanse Landbouwerker van die Jaar is, die Hemelse Vader landbousektor. Wat in 2002 begin het as ‘n plaaslike kompetisie bedank vir die geleentheid. Hy het onder meer ook sy dank uitgespreek aan elkeen wat vanjaar met 36 inskrywings in die Hexvallei, het intussen aan die Prestige Landboutoekkingskompetisie gegroei tot ‘n nasionale aangeleentheid met 1200+ deelgeneem, “want sonder julle, sou daar nie ‘n inskrywings uit 15 afsonderlike streke. Altesaam 57 kompetisie gewees het nie.” Volgens September, werknemers het vanjaar vir dié plaaslike been van was dié reuse-aankondiging ‘n groot, maar die kompetisie ingeskryf, wat aansienklik sedert verlede jaar se getalle gegroei het. welkome verrassing. Landbouwerkers is benoem in een van elf “Ek is sprakeloos.” Hy was duidelik baie trots op die beker wat hy ná die toekenningsgeleentheid kategorieë deur ‘n werkgewer, bestuurspan, plaaskomitee of mede-werknemers, waarna kon toe-eien. September het dié goue geleentheid saam die inskrywings dan volgens meriete deur ‘n met mede-kollegas en landbouwerkers van die paneel van landboukenners geëvalueer word en streek by die Allesverloren-funksielokaal buite onderhoude gevoer word met die deelnemers om Riebeek-Wes gevier waar die wenners vir vanjaar hul kennis in hul spesialisgebied te toets. Die Swartland-streek se kategoriewenners en aangekondig is. Die wenners van die plaaslike been van die Wes- beste potensiaal-wenner ding dan verder mee Kaapse Prestige Landboutoekennings vir 2019 het teen ander Wes-Kaapse streekswenners, waarna die afgelope Donderdag erkenning ontvang tydens die Prestige Landboutoekennings se oorhoofse provinsiale wenners later in die jaar by ‘n gala‘n gesogte prysuitdelingseremonie. Die Prestige Landboutoekennings word jaarliks geleentheid aangekondig word.


NUUS • NEWS

25 September 2019

landbouwerkers vereer

Links bo: Senior wynmaker by Riebeek Valley Wine Co, Jacques Theron staan by sy span wat vanjaar vir die Prestige Landboutoekennings ingeskryf het. Heel bo: Carmen Elion van Shoprite en Jerry Arendse van die Wes-Kaapse departement van landbou, het die toekenning aan vanjaar se Landbouwerker van die Jaar vir die Swartlandstreek, Gerhard September, oorhandig. Bo: Frederick Kulumpie (Riebeek Valley Wine Co) ontvang sy toekenning as die landbouwerker met die beste potensiaal by Jerry Arendse van die Wes-Kaapse departement van landbou. Links middel: Carem Elion van Shoprite (heel links) en Gertrude Jacobs van die Wes-Kaapse departement van landbou (heel regs,) staan by die uitblinkers van die kategorie, Voorman, naamlik Johnathan Philander (Chalala), Sinethemba Msito (Riebeek Valley Wine Co) as die wenner en Joseph Jerome Jacobs (Slimsun). Heel onder: Elion en Jacobs wens die top-drie wenners van die kategorie, administratiewe personeel, Natasha Nadia du Toit (Franki's Vineyards), Frederick Kulumpie (Riebeek Valley Wine Co) en Werner Leroy Apollis (Goedgedacht) geluk met hul prestasie.

Die Swartlandstreekswenners wat hierdie jaar erkenning ontvang het: ALGEMENE WERKER Wenner: Elsabé van Scalkwyk (Wynkeldershoek) Naaswenner: Rezaack Braaff (Slimsun) 2de Naaswenner: Natasha Heyns (Remhoogte) TREKKERDRYWER Wenner: Frederico Leaton Galawe (Franki’s Vineyards) Naaswenner: Nolan Norman Arendse (Wynkeldershoek) 2de Naaswenner: Johannes Lewies (Org de Rac) BESPROEIINGSPESIALIS Wenner: Johannes van der Ross (Lammershoek) Naaswenner: Willem Johnson (Kloovenburg) 2de Naaswenner: Ayanda Tulwana (Porseleinberg) TEGNIESE OPERATEUR Wenner: Jerieve Lambrecht (Franki’s Vineyards) Naaswenner: Willem Oersont (Kloovenburg) 2de Naaswenner: Stewatt Alkaster (Lammershoek) SOSIALE ONTWIKKELING Wenner: Valda Maurdrin Adams (Care for the Planet: Goedgedacht) Naaswenner: Nicole Justine Persens (Weltevrede) 2de Naaswenner: Lezett Estelle Warries (Voorskool: Goedgedacht)

ADMINISTRATIEWE PERSONEEL Wenner: Frederick Kulumpie (Riebeek Valley Wine Co) Naaswenner: Natasha Nadia du Toit (Franki’s Vineyards) 2de Naaswenner: Werner Leroy Apollis (Goedgedacht) VOORMAN Wenner: Sinethemba Msito (Riebeek Valley Wine Co) Naaswenner: Joseph Jerome Jacobs (Slimsun) 2de Naaswenner: Jonathan Philander (Chalala Farms) JUNIOR BESTUUR Wenner: Gerhard Johannes September (Org de Rac) Naaswenner: Christine Valerie Fortuin (Darling Cellars) 2de Naaswenner: Marlon Coert (Wynkeldershoek) MIDDEL BESTUUR Wenner: Logie Soobramoney (Goedgedacht) Naaswenner: Cathleen van Wyk (Darling Cellars) 2de Naaswenner: Shaun Budley Joey Peters (Wynkeldershoek) BESTE PRESTERENDE PLAAS Wynkeldershoek BESTE POTENSIAAL Frederick Kalumpie (Riebeek Valley Wine Co) Die wenner van elke kategorie (1ste plekke) gaan die 9de Oktober teen hul eweknieë in die ander streke meeding. Die provinsiale prysuitdelingsfunksie waar die algehele wenners aangekondig sal word, vind plaas op die 2de November later vanjaar plaas.

5


6

NUUS • NEWS

25 September 2019

Hoe gemaak met... jou tuin in Oktober Oktobermaand bly maar di mooiste maand van die jaar in ons tuine. Alle plante is vol nuwe groei en daar is weinig wat nie nou blom nie. Mooi bly maar mooi – alle eer aan ons Skepper Onthou dat alles in ons tuin groei teen ‘n verstommende tempo. Só, jy sal af en toe die snoeiskêr moet inlê om hulle mooi vorm te behou en te keer dat jou tuin nie ‘n oerwoud word nie. Dan is dit ook nou tyd vir jou somer blombolle om in die grond te kom. Die volgende soorte is nog beskikbaar. • Gladiolus – swaardlelies, soos ons dit ken. Hul pragtige kleure, met lang ritse wat uiters geskik is vir snyblomme, kan in sarsies geplant word, want dit blom ongeveer honderd dae nadat jy dit geplant het. • Zantedeschia – dit is nou die gekleurde variëteite is somerblommend en wil nie so baie nat hê soos ons plaaslike wit aronskelke nie. • Eersdaags sal ook die dahlia- en amaryllisbolle beskikbaar wees. Hier is ook ‘n mooi verskeidenheid van soorte en kleure beskikbaar. NB : Indien jy nuwe en bestaande beddings in jou tuin voorberei, doen dit deeglik, want dit is soos om vir ‘n nuwe gebou ‘n deeglike fondasie te

lê. Verwyder alle ou plante en plantreste. Dan moet daar rúím kompos, beenmeel en superfosfaat deeglik ingewerk word. Onthou net vir jou inheemse fynbos, proteas, speldekussings en tolbosse moet jy net kompos of ons spesiale fynbos-mengsel inwerk; hulle hou nie van die fosfate in die ander produkte nie. Nou kan jy plant: druk plante stewig vas en gooi dééglik nat. Monitor die grond se voginhoud vir die daaropvolgende paar maande om plante deeglik te vestig. ONTHOU: ‘n Plant kan sogenaamd waterwys wees, maar eers drie tot ses maande nadat dit geplant is. Geen plant kan sonder water klaarkom nie. Terwyl ons oor water praat: Asseblief mense, ons watervoorraad is hopeloos te min. Spaar water waar jy kan, gebruik jou gryswater (dit is nou alle badwater, stortwater en wasmasjienwater) in jou tuin. Geniet die lente en die tuinmaak Groetnis tot 30 Oktober George Retief

Echo Sat op Malmesbury vier hul 5de bestaansjaar Echo Sat op Malmesbury vier vandeesmaand hul vyfde bestaansjaar en staan vandag bekend as een van die voorste besighede op hul gebied in die mark. Echo Sat spog met ‘n goeie reputasie, is betroubaar en huisves opgeleide en gekwalifiseerde tegnici wat die hele Swartland bedien. Die onderneming is op Malmesbury, maar ook in die Paarl geleë en bied onder meer die volgende dienste aan, naamlik Dstv, Star sat, Ovhd- en fta-installering in, asook die opstel en installasie van televisies, skottels, die installering van tuis-teaters en analogiese en digitale dienste, asook die instandhouding daarvan. Echo Sat verkoop ook produkte soos skottelpakkette, dekodeerders, televisiebykomstighede ens. Hul dienste sluit selfs die instandhouding van brandblussers in (subkontrakteur.) Wees gewaarborg dat alle werk ten alle tye deur professionele personeellede uitgevoer word, wat boonop flink en op tyd is. Oorweeg Echo Sat wanneer dit kom by jou vermaak op die kassie. Sit terug en ontspan terwyl al jou sateliet- en digitale behoeftes na omgesien word.

Die span: Monique Vermaak (admin), Zubair September (senior tegnikus), Francious Brutus (tegnikus), Lincoln Meyer (operasionele bestuurder), Lindon Feres (besturende direkteur), Charlton Owies (tegnikus) en Hanzel Seas (senior tegnikus).

Oorweeg Echo Sat wanneer dit kom by jou vermaak op die kassie.


NUUS • NEWS TE HUUR TO LET TITUS EIENDOMME. Malmesbury. WESBANK – 2 x 1 Slaapkamer woonstel @ R3200 en R4000 p/m onderskeidelik. Onmiddellik beskikbaar 2 Slaapkamer skakelhuis teen R5300 per maand. Beskikbaar 1 November 2019. Kontak: Elvina by 082 780 1380 -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

LEON FARAO. 25 September. Jy word nog elke dag gemis. Ons stuur vandag ‘n ekstra drukkie ons lief. Liefde – Mammie, Sandra, Chrizaan, Christopher en Johnnic ------------------------------

LUKAS NEL. 24 September. Liefste Pa – vier jaar verby. Dit voel nog soos gister. Mis jou elke dag. Hope liefde - kinders en kleinkinders ------------------------------

KATRIENA MARTINS. 30 September. Een jaar in die hemel. Ons praat nog elke dag van Mamma, ons sal u nooit vergeet. Lief vir Mamma - Mary-Anne, Colin, Rozanne & LeeYakim ------------------------------

23 September. Gelukkige eerste verjaarsdag in die hemel my man. Jy is weg maar jou herrineringe & glimlag sal altyd in ons harte bly. Van: jou vrou, kinders en Marshall --------23 September. LEON DREYER. Die Here het ‘n roosknop uit ons tuin gepluk en ons is hartseer. U eerste verjaarsdag weg van ons. Van: Milda, Carlin en Mekylin ------------------------------

23 September. DINA FORTUIN. Tyd loop

vinnig en reeds ‘n jaar weg van ons. Jy word gemis. Liefde – jou man, dogters, kleinkinders en skoonseuns ------------------------------

25 September. RANDALL JACQUES KRYNAUW. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou sêgoed en grappies. Jou plekkie is leeg. Liefde – Mammie, Daddy, Meredith, Reveaner, Willion, Chris-Lynn en Yolanda ------------------------------

FEEDY ARENDSE. 24 September. Twee jaar reeds van ons geskei. Die verlange is groot, maar ons koester die mooi herinneringe. Lief vir jou – Mammie, Daddy, Byron, Shandré en Tashcany --------Ons sal Mammie nooit vergeet nie. Trane is daar. Verlange is daar, maar rus sag in Jesus se arms – Tashric en Tahir --------Not a day goes by without a tear. Our hearts still ache. Never forget you – Wilbur, Melissa and children -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY

Met trane in ons oë, neem ons afskeid van BEANCA MARTHINUS. Gebore: 11 November 1994. Oorlede: 13 September 2019. Troosdiens vind plaas in die Anglikaanse Kerk op Donderdag, 26 September om 19:00. Begrafnisdiens in die Anglikaanse Kerk op Saterdag, 28 September. Besigtiging om 08:00 en die kerkdiens om 09:00 -----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

BRONWYN VERWEY. Baie geluk met jou 12de verjaardag op 27 September. Lekker verjaar my blom en alles wat mooi is. Liefde – Mamma en oupa Herman ------------------------------

25 September 2019

Baie geluk JOVANTE ADONIS met jou tweede verjaardag op 23 September. Mag God jou nog baie jare spaar. Geniet jou dag. Ma en Pa is baie lief vir jou asook die Adonis familie ------------------------------

“Happy 40th birthday” RONELE op 29 September. Hoop jy geniet jou dag. Van die Kekker & Kraai span ------------------------------

Ma se blom WILNAY, baie geluk met jou verjaarsdag op 25 September. Mag God jou seen en bewaar. Baie lief vir jou – jou mamma Wilmary ------------------------------

26 September. Geluk TILLA met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Psalm 23 is ons wens vir jou. Liefde: manlief Christie, seuns – Chriswill, Jacques en Jean en twee kleinkinders – Chriszaan en Dovoné ------------------------------

27 September. CHARLES ABRAHAMS. 70 Jaar. Baie geluk

met jou verjaarsdag. ‘n Mylpaal deur God moontlik gemaak. Ons deel in jou vreugde – ‘n Man, Pa en Oupa duisend. Van: Abrahams en Green families ------------------------------

27 September. ELDEEN GREEN. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alle seën op jou lewenspad. Ons deel in jou vreugde. Van: Abrahams gesin, manlief Curt, Erin en Kirsten ------------------------------

27 September. Huweliksherdenking – CURT & ELDEEN

GREEN. Vyf jaar in jul huweliksboot. Baie geluk en voorspoed met baie liefde. Jul boot vaar nou tot in Thailand. Geniet!!. Van: GAPS-familie ------------------------------

23 September. FAITH FREDERICKS. Alle seëninge op jou eerste verjaarsdag. Mag God jou toevlug wees. Van: Pa (Diff), Cathleen, Lenique, Luchinda en Fi-Janta ------------------------------

27 September. Happy 21st birthday DONNÉ. We wish you a birthday that is as beautiful, incredible

and unique as you are. From: Mommy, Daddy, Zaidell and Yardin

Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na admin@hetzwartland.co.za of izelle@hetzwartland.co.za. Besoek ons webtuiste by www. hetzwartland.co.za.


8

NUUS • NEWS

25 September 2019

SPORT 25 September 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Balle word gerol in gewilde sake-toernooi

Skoonmaak:

Yzerfontein Toerisme se jaarlikse “Beach Clean-up”-veldtog is die afgelope Saterdag met groot ywer en boonop tonne gees aangepak, ongeag die reën wat geval het.

Die gewilde Sakemanne-rolbaltoernooi wat jaarliks deur die Malmesbury-rolbalklub aangebied word, is hier. Die rolbalklub nooi alle besighede en kollegas na dié gesellige geleentheid uit wat oor sewe dae sal plaasvind. Die eerste toernooi skop Maandag, die 14de Oktober om 18:00 af en duur tot sowat 21:00 die aand. Die volgende datums sluit in die 21ste Oktober, 22 Oktober, 16 en 23 Oktober, asook 17 en 24 Oktober. Die finaal vind Woensdag, 30 Oktober plaas waartydens die twee topspanne van elke aand teen mekaar te staan sal kom. Inskrywingsfooie is slegs R350 per span van vier persone elk. Kontantkroeg en verversings is ook deurlopend beskikbaar. Vir meer inligting en om in te skryf, kan ‘n e-pos aan drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com gestuur word.

Uitslae • Results

DUIWE

MALMESBURY - Kimberley OPE 1 1 Kotze Familie Hokke 1085.2631; 2 G Horn 869.5282; 3 Cross Border Lofts 848.5113; 4 G Horn 833.5583; 5 G Horn 822.7723; 6 LF Van Dalen 822.1412; 7 Kotze Familie Hokke 821.2641; 8 G Horn 820.7005; 9 J Steenkamp 819.8162; 10 J Steenkamp 813.1459 Kimberley Ope 2 - 1 Kotze Familie Hokke 1086.5538; 2 J Steenkamp 877.0974; 3 G Horn 872.4090; 4 Cross Border Lofts 868.1750; 5 LF Van Dalen 848.8755; 6 G Horn 846.1644; 7 J Steenkamp 843.4228; 8 J Steenkamp 832.4775; 9 J Steenkamp 829.9407; 10 G Horn 828.0051 MOORREESBURG - Kimberley 1 1 Frikkie Bester 798.4245; 2 Frans Jooste 795.5429; 3 Frikkie Bester 794.2110; 4 Henna & Melt Smit 793.8032; 5 Henna & Melt Smit 789.8958; 6 Boetie & Baron 786.2320; 7 Frans Jooste 784.8807; 8 Frikkie Bester 756.6023; 9 bHenna & Melt Smit 756.4629; 10 Frans Jooste 739.3593 Kimberley 2 - 1 Henna & Melt Smit 848.9265; 2 Franco 838.0092; 3 Frikkie Bester 815.4290; 4 Frans Jooste 813.9332; 5 Frikkie Bester 807.5015; 6 Frans Jooste 807.1275; 7 Van der Vyfer Hokke 804.1882; 8 Henna & Melt Smit 800.1022; 9 Frans Jooste 795.7792; 10 Henna & Melt Smit 790.2657 OMEGA – Victoria Wes (14 Sept) 1 Hok Edas & Pienaar 13.06.53; 2 Kasu & Sons 13.06.55; 3 Hok Edas & Pienaar 13.12.36; 4 Manuel Lofts 13.12.27; 5 Shane Arendse 13.13.38; 6 S Zimri 13.14.18; 7 Jannue Morris 13.15.26; 8 Sheldon ros 13.15.34; 9 Hok Edas & Pienaar 13.18.00; 10 Manuel Lofts 13.20.39 Kimberley (21 September) 1 S Zimri 08.05.11; 2 Hok Edas & Pienaar 08.26.15; 3 Leukes Lofts 08.26.53; 4 Leukes Lofts 08.33.26; 5 Kasu & Sons 08.44.41; 6 Manuel Lofts 08.51.52; 7 Sheldon Bros 08.52.23; 8 Leukes Lofts 08.50.36; 9 S Zimri 08.56.01; 10 Shane Arendse 08.58.04


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.