24 Julie 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier SWARTLAND • Free • Gra�s 1

Jou bron van goeie nuus

24 Julie 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

24 Julie 2019

•NOU #1-SPELER IN SUID-AFRIKA

Willem slaan kishou

Willem de Waal, ‘n leerder aan die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg, het gedurende die onlangse Junie-skoolvakansie oë laat rek met sy talent op die tennisbaan ná twee uitstekende oorwinnings in groot toernooie. Dié Bolandse tennisster het weer 'n sonderling geleentheid gekry met die beurs wat die nasionale tennisfederasie aan hom toegeken het. Die beurs behels dat hy die internasionale tennisfederasie se someropleidingskamp in Casablanca, Marokko, bywoon. Willem het reeds die afgelope naweek na dié hoëprestasie-tennissentrum vertrek en sal weer op 4 Augustus na eie bodem terugkeer. Hy gaan daar onder meer die geleentheid kry om teen top-spelers van Afrika op die tennisbaan kragte te meet en ook individuele aandag ontvang om sy vaardighede op te skerp.

Willem het aan die begin van die vakansie Tennis Suid-Afrika se Growthpoint Junior Nasionale-oefenkamp, wat o.12 tot o.18-tennisspelers gehuisves het, op Stellenbosch bygewoon. Hy het kort daarna KwaZulu-Natal se Growthpoint Super 8-seunstoernooi in Durban bygewoon, waar hy sy teenstander met ‘n telling van 6-1, 6-2 in die eindstryd geklop het. Hy het ook die o.12-�tel by Gauteng-Oos se Growthpoint Super 8-tennistoernooi in Benoni gewen met ‘n eindtelling van 6-3, 6-2. In Desember verlede jaar het Willem die plaaslike �tel in sy ouderdomsgroep ingepalm, met sy deelname aan die Growthpoint Super-8 tennistoernooi in Kaapstad. Hy beklee tans die eerste plek op die o.12-ranglys vir seuns (gekombineerde tennis) van TS. - Charlotte Lesch

Willem de Waal van Moorreesburg

SAPD vier Madibadag by Elkana As deel van verlede week se Madibadag-vieringe het 'n groepie lede van 'n spesiale eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens na die Elkana-kindersorgsentrum op Malmesbury uitgereik. Daar is geverf, geteel en nog vele meer.

•Lees binne...

Leighman 'n sepiester bl 2 PepsiCo wil Pioneer koop

bl 2

Langasems pak PPC-marathon

bl 4

Stand van die damme

Die gemiddelde vlakke van die damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met meer as 6% gestyg. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se vlak staan op 69.2% in vergelyking met verlede Maandag se 65%. Vrydag het die damvlak op 66.8% gestaan. Reën word vir vandag voorspel, met sonskynweer tot Sondag. Dit bly egter koud met temperature wat nie bo 15°C sal styg nie.


2

•VSA-REUS WIL PLAASLIK BELÊ

PepsiCo: R23mjd vir Pioneer Foods PepsiCo, die bekende Amerikaansekoeldrankreus, het die afgelope Vrydag die nuus bekend gemaak dat ‘n bedrag van $1.7 biljoen (R23 miljard) aangebied is om die plaaslike Pioneer Foods-groep uit te koop. Die Suid-Afrikaanse groep se aandele het kort ná die uitreiking van hul verklaring op SENS (effektebeurs se nuusagent), met sowat 30% teen byna R100 per aandeel gelig. Volgens PepsiCo, is die Pioneer Foods komplementerend tot hul maatskappy. Die verkryging sal ook help om PepsiCo na die sub-Sahara Afrika te laat uitbrei, wat hul vervaardigings- en verspreidingsmoontlikhede ‘n hupstoot sal gee. PepsiCo het ‘n R110 per Pioneer Foods-aandeel aangebied, het die maatskappye vroeg Vrydagoggend laat weet. “Pioneer Foods vorm deel van ‘n belangrike deel van ons strategie om nie net na Suid-Afrika uit te brei nie, maar verder tot in sub-Sahara Afrika,” sê uitvoerende hoof, Ramon Laguarta in

NUUS • NEWS

24 Julie 2019

Tertius Carstens van Pioneer Foods en Ramon Laguarta van PepsiCo. hul verklaring. Pioneer Foods, wat in 1997 ges�g is, is een van Suid-Afrika se grootste vervaardigers en verspreiders van ‘n reeks bekende voedsel- en koeldrankprodukte. Die groep, wie se handelsmerkreeks bestaan uit koeldrank tot graanprodukte soos onder meer Weet-Bix, Spekko, White Star, Sasko, Ceres en Liqui-Fruit, voer tans hul produkte uit na 80 lande. Hul uitvoerende hoof, Ter�us Carstens, sê op sy beurt dat dié aankondiging ‘n baie kenmerkende mylpaal vir Pioneer Foods is. “Om deel te kan wees van PepsiCo, beteken groter moontlikhede vir die uitbreiding van ons voorste handelsmerke, meer kapitaal om te belê in plaaslike landbou en mense, wyer toegang tot voorste globale moontlikhede, maar ook ‘n vennoot wat daartoe verbind is om ons maatskappy tot groter hoogtes te neem,” voeg hy by. Die transaksie is onder meer onderhewig aan Pioneer Foods se aandeelhouerstem op 15 Oktober vanjaar, gebruiklike kondisies en regulatoriese goedkeurings. Indien alles vlot verloop, word daar voorspel dat alles teen Februarie volgende jaar afgehandel sal wees. Pioneer Foods se grootste aandeelhouer, Zeder, wat nagenoeg 28% van die groep besit, beskryf onder andere die voorgenome verkryging as baie posi�ef met opwindende geleenthede vorentoe.

St Thomas Primêr se akteur nou ook sepiester

Leighman Marshall van Malmesbury is eersdaags te sien in Fiela se Kind en maak daarna sy buiging in 'n gewilde Suid-Afrikaanse sepie. ‘n Jong akteur van Malmesbury verskyn eers- in elke aspek van die verfilmingsproses, van die daags op die silwerdoek én slaan boonop ‘n rol in kameras tot wat ek doen.” Innes het geweet nóg ‘n vraag is op pad sodra een van die land se gewilde sepies los. Die klassieke Afrikaanse verhaal van Fiela se hy die woord, Uncle Brett, hoor, lag hy. Innes voeg Kind, gebaseer op die roman deur Dalene Mat- by dat Leighman en die ander jong akteurs, soos thee wat harte in 1988 aangegryp het met die Mateo Olivier (Tollie Komoe�e) en Luca Bornman verskyning van die eerste film, se nuutste weer- (Benjamin Komoe�e), ‘n klein bende gevorm het gawe keer eersdaags terug na teaters. Wat die op die stel en baie geheg geraak het aan mekaar. “Ek sien hom eendag as meer as net ‘n akteur, moderne weergawe nóg meer spesiaal maak, is die rol van die jong Dawid Komoe�e, vertolk deur maar ook as die regisseur. Hy was ‘n natural voor die kamera. Malmesbury se eie Leighman Marshall. Die verfilming van Fiela se Kind het op 20 AuDie plaaslike jong akteur van maar net 11 jaar gustus verlede jaar afgeskop. oud, is eersdaags te sien in teaters landwyd. Leighman is vir sowat twee weke, met toeDie lokprent van Fiela se Kind het op 13 Junie verskyn en het aanhangers behoorlik opgewonde stemming, uit die skool gehaal om sy lyf akteur te gaan hou op die spookdorp, Uniondale. Volgens gemaak. Saam met die lokprent, is foto’s van die ak- Peens, was dit bi�er koud. “Dit was ‘somer’, so hulle het nie warm klere teurs wat te sien sal wees in die film, oral op sosiale media versprei, asook dié van Leighman wat op die stel aangehad nie. Dit het tot gesneeu toe hulle daar was,” vertel die trotse ma. Leighman een van die hoofrolle vertolk. Die Graad 4-leerling van St. Thomas Primêr se het dit beskryf as ‘n ervaring van ‘n lee�yd om ma, Jolene Peens, is sowat ‘n jaar gelede aan die homself daagliks in die geselskap van groot en einde van Julie, deur die produksiespan van Fiela legendariese akteurs te vind wat hy nog net op se Kind ingelig dat haar seun die rol van Dawid die televisie gesien het. “Hy was vir twee weke uit die skool, wat sekerKomoe�e opgeraap het. Die regisseur van die film, Bre� Innes, beskryf lik vir hom die lekkerste was,” skerts sy. Leighman is ‘n opkomende ster wat moontlik Leighman as ‘n belowende jong akteur wie se loopbaan homself nog ‘n plek in die regisseur- nog baie op die kassie te sien sal wees. Hoewel sprake van ‘n nuwe kontrak met ‘n stoel sal verseker. “Ek en nog ‘n akteur het 50 kinders van skole gewilde sepie, nog onder die dekmantel moet landwyd gaan sien vir oudisies. Vir Leighman om bly, heers opgewondenheid in die lug onder dié dié rol te kon kry, beteken opsigself dat hy uitge- inwoner se loopbaan as akteur. Hy het ook onlangs in die eerste episode staan het bo die res,” vertel Innes. Volgens hom, het Leighman ‘n warm en goeie van die reeks, Die Spreeus verskyn, wat tans op kykNET te sien is. Fiela se Kind sal teaters landwyd hart. “Hy het hard gewerk op die stel en belangstel op 23 September tref.

Dagboek • Diary

Narco�cs Anonymous Addic�on? Need help? Support group mee�ngs every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike A�anklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 - Weekly, free. Star�ng point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, �med run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

MAVOS Wil u graag matriek voltooi of punte verbeter. Registrasie oop vanaf 9 Julie tot 31 Augustus. Bring saam: Geser�fiseerde ID, bewys van woonadres en laaste skool uitslae. Registrasies vind plaas by Malmesbury CLC, h/v Piet Re�ef- en Rainierstraat, Trafalgar Sentrum Vir enige navrae kontak ons by

022 487 1085 (08:00 tot 15:30)

Darling Museum 24 July: "A Place of Dreams". Michael Daiber of !Khwa �u will share in an engaging story spanning 20 years of unique partnership between Swiss and San of the West Coast. This will be followed by an indigenous tea tas�ng with his San friends. Delicious homemade soup and bread will be served. Tickets R70 (R60 for friends of the Museum) For any further enquiries contact Dianne 022 492 3361/ info@darlingtourism.co.za Jo-Dolphin 27 Julie: Jo-Dolphin hou fondsinsameling te Albaniestraat 5, Malmesbury. "Food around the world" - Koste beloop R120,00 per persoon vir 5 disse. Vanaf 10:00 tot 14:00 Vir enige navrae en kaartjie aankope skakel 022 487 1156. NGK Riebeek Kasteel 17 Augustus: Plaasopskop dans te Delsma Farm Riebeek Kasteel. (Inkomste gaan aan NGK Riebeek Kasteel) Kaartjies te koop deur die Kerkkantoor 0224481388 / ngkerkkasteel@telkomsa.net Denneberg Fun Ride 24 August: Denneberg (situated on the R27 close to Yzerfontein) Load your horse and enjoy the West Coast Nature at 10:00.


NUUS • NEWS

24 Julie 2019

•AMPTENARE KNIEDIEP IN BEKENDE BAKEN

Minister klim in en maak Dieprivier skoon •Charlo�e Lesch Inwoners, amptenare en hooggeplaastes van onder meer die Departement van Waterwese en Sanitasie, die Weskus Kollege en die plaaslike Swartland Munisipaliteit, het besluit om hul hande vuil te maak vir die volhoubaarheid van waterbronne vir toekoms�ge generasies. Weskus Kollege op Malmesbury, in samewerking met die Departement van Water en Sanitasie, ondersteun deur die provinsiale Departement van Omgewingsake en die plaaslike owerheid, het hul 67 minute op Mandeladag gebruik om die Dieprivier skoon te maak. Die rivier, wat sy oorsprong in die omgewing van Kasteelberg het en ook deur Malmesbury vloei tot in die omgewing van Tafelbaai, het verlede week op Mandeladag spesiale aandag geniet toe rommel en vullis vanuit die rivier en rivieroewers op die dorp verwyder is. Die geleentheid vorm deel van DWS se Skoon Riviere-veldtog vir die maand van Julie. Die 2019-veldtog vir Mandela-maand is “Aksie teen Armoede". Volgens DWS, is die Skoon Riviere-veldtog ‘n poging om te verseker dat die riviere skoon kom en toe te laat dat arm gemeenskappe naby riviere skoon en bruikbare water tot hul beskikking het. “So verseker ons dat die waardigheid onder die armes behoue bly of teruggesit word,” sê Pumza Buwa van die departement. Rashid Kahn, provinsiale hoof van die DWS, het gedurende die geleentheid onder meer gaste toegespreek deur ‘n kort, maar krag�ge boodskap oor te dra. Volgens Kahn sal dit nie nodig wees om

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

die riviere skoon te maak, as die riviere skoongehou word nie. “Vóór ons die riviere skoonmaak, moet ons nie die riviere bemors nie,” vra hy. Gaste teenwoordig, het ‘n geleentheid gehad om ‘n belo�e, as deel van die departement se Skoon Riviere-veldtog, te onderteken. Onder die plaaslike amptenare wat die memorandum onderteken het, was onderburgemeester, raadsvrou Maude Goliath, Michelle Morris van die uitvoerende burgemeesterskantoor, uitvoerende burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, raadslid Monde Stemele en raadslid Patricia Solomons. Die adjunkminister van DWS, David Mahlobo, het ook nie geskroom om nat te word en die rivier binne te vaar nie. Volgens Mahlobo, beteken water, lewe en het dit daarom as waardevol beskryf. “Ons moet die hulpbron bewaar vir die volgende generasie”. Mahlobo het verduidelik dat dit elkeen se veantwoordelikheid is om die land se waterhulpbronne te beskerm. “Die persoon wat rommelstrooi in die riviere, is nie lief vir homself nie, want hy benadeel eintlik net homself,” voeg hy by. Hy sê verder dat dit die mensdom is wat druk op die waterhulpbronne plaas. “Ons kan egter nie opgee nie, ons moet hierdie gedrag verander. Ons is so sterk soos ons swakste skakel." Hy het ‘n beroep gedoen op die plaaslike gemeenskap om hande te vat, saam te werk en die

riviere skoon te hou. “Neem aksie en doen die regte ding.” Die adjunk uitvoerende hoof van Weskus Kollege, het gaste aangemoedig om die omgewing op te pas. “As ons nie die omgewing oppas nie, gaan dit tot niet. Neem aksie, inspireer verandering, maak elke dag ‘n Mandeladag, dit is in jou hande om ‘n verskil te maak. Kom ons gaan maak die rivier skoon.”

3


4

24 Julie 2019

NUUS • NEWS

Langasems trotseer PPC Bergmarathon

Deelnemers aan die jaarlikse Riebeek Bergmarathon, beter bekend as die PPC Riebeek Bergmarathon, spring eersdaags op 3 Augustus op Riebeek-Wes weg. Dié marathon, geborg deur PPC Ltd, keer vir die 34ste maal terug na die Riebeekvallei met sy asemrowende tonele langs die roete. Dit is ook ‘n kwalifiserende marathon vir die Twee

Oseane-marathon wat dié geleentheid ekstra gewild onder deelnemers maak. Die gunsteling hardloopgeleentheid, wat beskryf word as een van Suid-Afrika se beste marathons, is ‘n gemeenskaps- en gesinsgedrewe geleentheid. Die hoo�org, PPC beskou dit ook as ‘n voorreg om hierby betrokke te kan wees. Die Riebeek Bergmarathon, georganiseer deur die Swartland-atel�ekklub wat voldoen aan die reëls en regulasies van Atle�ek SA en Boland Atle�ek, bied atlete en hul gesinne die ideale geleentheid om van die stad of voor die televisie af weg te breek en aan een van vier verskillende roetes deel te kom deelneem. Ervare atlete kan die 42.2km marathon aanpak, terwyl daar ook ‘n half marathon van 21.1km is. Beginners word uitgenooi om aan die 10km draf/stap deel te kom neem óf indien die afstand nog so ‘n bietjie te dik vir ‘n daalder is, kan die 5km pretdraf -of stap ook oorweeg word. Bring die hele gesin, ondersteun die deelnemers langs die pad en ervaar die rus�gheid en prag natuurlandskappe van die Riebeekvallei omgewing. Inskrywing het amptelik op 22 Julie gesluit. Vir meer inlig�ng oor die geleentheid, kan daar ‘n e-pos aan PPCrbm@ppc. co.za gestuur word. Deelnemersnommers kan by onder meer op 1 Augustus by Sportsman’s Warehouse Canal Walk vanaf 14:00 tot 20:30 opgetel word of op 2 Augustus om 16:00 tot 20:00 by PPC Riebeek-Wes en op die oggend van die marathon, om 05:30 tot 07:30 voor daar weggespring word.


NUUS • NEWS

24 Julie 2019

5

Pannekoek:

Die Lionsklub van Moorreesburg het vir Madiba-dag verlede week by die Carnegie-toerismekantoor in Kerkstraat meer as 600 pannekoeke gebak en versprei aan instansies en die gemeenskap van Moorreesburg.

Drie Susters:

Die verhoogstuk, Drie Susters, het verlede week op Malmesbury gekuier. Die regie handel oor Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en haar tweelingsusters se geskenk aan haar. 'n Bord soesji sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy is bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino's en vlymskerp tonge, word lewenskeuses bevraagteken en ou koeie opgegrawe. So hier sit hulle nou. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? Hier is Margit Meyer-Rodenbeck, Lizz Meiring, Nicole Holm, Susan Pietersen en Ronel Bodenstein.

Fondse:

Die Malmesbury Auto Society het onlangs fondse geĂŻn vir 'n jong ondersteuner wat 'n lewensbelangrike operasie moes ondergaan. Hulle het hul mikpunt van R10 000 net-net gemis, maar na nog harde werk, kon hulle hierdie mikpunt behaal. Hulle het die fondse die afgelope naweek aan die seun se ouers oorhandig. Die jong ondersteuner is verlede Donderdag geopereer.


6

Wesbank klop Spairs in Groot Uitdaag-stryd Wesbank het Saterdag hulle kanse om die top 12-uitspele lewend gehou toe hy sy buurspan, Never Despair, geklop het. Die wedstryd was baie fisies en die spanne het mekaar vroeg in die wedstryd uit die hoeke gekyk. Never Despair het die telbord geopen met 'n strafdoel, waarop Wesbank goed reageer het met ook n strafdoel. Never Desapirs het toe 'n onverdoelde drie gaan druk om weer die voortou te neem. Generaal Dashton Wellman het toe Wesbank laat voorloop met twee agtereenvolgende skepdoele wat Never Despair 'n bietjie frustreer het. Never Despair se frustrasies was egter tevergeefs, met Wesbank wat sy talente bietjie tentoongestel het verder in die eerste rondte met 3 drieë om te gaan water drink met die telling op 8 – 26 in die guns van Wesbank. Die tweede hel�e was baie kompeterend en Wellman het Wesbank se voorsprong verder vergroot met nog 'n skepskop. Never Despair het toe sy rooi en swart sokkies begin optrek en terug geslaan met twee onverdoelde drieë om hul stelselma�g terug in die wedstryd te bring. Wesbank het egter goeie karakter getoon en oorgeduik vir sy bonuspunt-drie waarop Never Despair ook geantwoord het met sy vierde drie om die eindtelling op 25 – 36 te bring, in wat beskou was as 'n goeie derby-wedstryd. Wesbank sal ongelukkig voel dat hul nie meer drieë gedruk het nie, maar weet dat die 5 punte genoeg was om weer sy tweede plek in te neem. Wesbank is tans in 'n stryd om die tweede plek met Abbotsdale gewikkel, wie die naweek 'n blaaskans geniet het. Never Despair is tans tweede laaste op die punteleer in wat beskou kan word as hul swakste seisoen nog. Die span van Malmesbury reis Saterdag na Koringberg, wie steeds onoorwonne is in die eerste rondte. Die span van Cyril Frans speel tans kookwater-rugby en beleef 'n wi�ebroodseisoen. Koringberg het Saterdag hul goeie spel voortgesit toe hulle Good Hopes van Riebeek-Wes op sy tuisveld ore aangesit het. Met die afskop het Goodies vir Koringberg vroeg onder druk geplaas en met goeie omgekeerde balbesit het Goodies se vleuel oorgeduik vir hul eerste verdoelde drie. Met die afskop het Goodies weer goed aangeval en hul vleuel het in die hoekie oorgeduik vir 'n onverdoelde drie om die telling op 12 - 0 te bring in die guns van Goodies. Dit het toe gelyk of dit 'n lang Saterdagmiddag vir Korries sal wees. Met die afskop het Korries weer omgekeerde balbesit gekry en 'n strafskop afgedwing en die heelagter Winston Lee van Wyk was in die kol met die strafskop. Korries het toe probeer om uit sy eie kwartgebied te hardloop, maar die vuurvreter nommer 6-flank van Goodies het die bal uit Korries se senter se hande gegryp en onder die pale gaan kuier vir 'n verdoelde drie om Good Hopes se voorsprong te vergroot na 19 – 03. Korries se voorspelers het toe begin momentum bou met Jandre de Wee aan die spits, wat sy span met alle mag begin lei het. Goeie aanvallende rugby het gesorg dat Korries sy eerste verdoelde drie gaan druk. Net na die afskop het Korries 'n rolmaal-beweging opgestel en sy agterlyn goed weggestuur met Edwayne wat die bal in Goodies se gebied gehou het met goeie tak�ese skoppe. Dit het gesorg dat Koringberg twee drieë gaan druk het. Die spanne het gaan rus met die telling op 19 – 22 in die guns van Korries.

NUUS • NEWS

24 Julie 2019

Die begin van die tweede hel�e was baie kompeterend, maar elke keer as Goodies die bal in die hand gehad het, het hulle aangeslaan en basiese foute gemaak wat Koringberg in punte omskep het. Korinberg het uiteindelik die wedstryd gewen en in die vierde plek ingeskuif en sal vol selfvertroue Never Despair Saterdag onthaal. Korries het gedurende die seisoen respek afgedwing in die Groot Uitdaag en Never Despair sal sy storie moet ken. Koringberg behoort Saterdag sy goeie wenstreep voort te sit, wanneer hulle Never Despair sal klop met minder as �en punte. Moorreesburg het Saterdag gasheer gespeel vir die voorloper in die liga, Darling, wat die enigste onoorwonne span is in die Swartland Groot Uitdaag-beker is. Moorreesburg het die wedstryd goed begin met veral Janeil Carolus wat die bal goed gedra het. 'n Strafskop in die middel van die veld was toe vinnig gevat deur Flippie Jacobs wat die bal aan Mihle Nelani gegee het wat 'n goeie oog vir 'n gaping het en die kaptein het toe die vlugvoe�ge Jaydon Markus in die gaping gesit om sy negende drie van die seisoen te gaan druk. Die spanne het hierna 'n paar strafskoppe uitgeruil, waarna Darling kort voor hal�yd sy vleuel weggestuur het vir 'n drie om te gaan water drink met die telling op 14 – 18 in die guns van die besoekers. In die tweede hel�e het Moorreesburg weer met alle mag begin aanval. Die skeidsregter het 'n strafskop aan Darling toegeken wat MacAllistair gemaklik deur die pale gejaag het om die telling gelyk te maak. Darling het toe weer verwoed aangeval, maar Moorreesburg was rotsvas. Nog 'n strafskop in die regterkantse hoekie vir Darling het egter gesorg dat MacAllistair, wat kwaai beseer was, die wedstryd vir Darling beklink, met Moorreesburg wat erg ongelukkig sal wees dat hulle nie vasgeklou het aan hul oorwinning nie. Darling het egter goeie karakter getoon om sy onoorwonne streep te behou en ook sodoende sy plek in die uitspele bespreek met die oorwinning. Darling speel Saterdag gasheer vir Abbotsdale. Om een of ander rede is Abbotsdale baie suksesvol op Darling se veld. Abbotsdale weet dat 'n loesing teen Darling sy aanspraak op die uitspele 'n lelike knou sal toedien, maar Darling speel tans baie goeie rugby en behoort Saterdag Abbotsdale te klop in 'n naelbytstryd met n oorwinning van minder as 7 punte. Moorreesburg reis na Wesbank, waar hulle nie 'n goeie rekord het oor die afgelope paar jaar nie. Voorlangs behoort die stryd tussen Janeil Carolus en Dylan Beukes ook �tanies te wees, met albei spelers wat tans kookwater is. Moorreesburg sal baie uit sy wedstryd teen Darling neem en behoort met 'n groot aanslag te kom. Wesbank weet dat hy nie kan bekos�g om te verloor nie, met Abbotsdale wat in sy nek blaas en ook 'n wedstryd minder as Wesbank gespeel het. Wesbank sal nie Moorreesburg onderskat nie, maar behoort steeds genoeg te doen op sy tuisveld om in 'n naelbytstryd die wedstryd met minder as sewe punte te wen. Porterville speel Saterdag gasheer vir Good Hopes, met albei spanne wat wil seker maak hulle eindig goed op die punteleer met 'n paar wedstryde oor om te speel. Porterville het verlede Saterdag 'n baie goeie wedstryd beleef om gemaklik met Piketberg af te reken en sal wil voortbou op hierdie oorwinning, wanneer hy Good Hopes sal klop met minder as �en punte. •Abri Adonis

Yzerfonteiners slaan 'n slag in misdaad-vlaag

Die gemeenskap van Yzerfontein het die afgelope ruk gebukkend gegaan onder 'n misdaad-vlaag, maar dit het alles verander ná 'n suksesvolle inhegtenisname van drie beweerde inbrekers. Die Yzerfontein-buurtwag, wat nou betrokke was by die projek, het talle boodskappe van dank, waardering en gelukwensing vanuit die gemeenskap ontvang. "Hierdie sukses is te danke aan weke se onbaatsug�ge diens van die operasionele groepe, in samewerking met die polisie, Yzerfontein Armed Response, die plaaswag en die munisipale wetstoepassers," vertel die woordvoerder. Hierdie sukses het nie maklik gekom nie en daar is ure spandeer aan die beplanning van operasies, die evaluering van die beweging en modus operandi van die verdagtes. Hul spore 'n dag na die misdaad is ook vir lang afstande gevolg. Vir die persone betrokke het hierdie ure van min slaap en koue beteken, wanneer die operasionele groepe hul planne uitgevoer het. "Ons as 'n gemeenskap kan nie genoeg dankie sê nie. Ons sal graag elkeen wat betrokke was, op die naam wil bedank, maar die lys is te lank," lui een van die gelukwense. Volgens John Roux, sekretaris van die buurtwag, is hulle baie dank verskuldig aan die lede van die plaaswag wat hul tyd en toerus�ng aangebied het gedurende die vlaag inbrake. Hulle het hul lug-kamera, o�ewel drone, ingespan om in die nag te kan observeer wat in die dorp aangaan en was ook betrokke toe die beweerde misdadigers byna binne die dorp vasgetrek is. "Hulle rol in die vastrek van die verdagtes was van onskatbare waarde. Hulle het 'n verdagte voer-

tuig geïden�fiseer en agtervolg. Hulle kennis van die terrein was van onskatbare waarde." Die buurtwag was ook baie dankbaar toe generaal-majoor Jordaan, die bevelvoerder van die Milnerton-cluster van die polisie, die buurtwag se bestuursvergadering bygewoon het op 25 Junie. "Dit was vir ons inspirerend om te kon ervaar dat die polisie op 'n hoër vlak ook bekommerd is oor die misdaad wat toegeneem het op Yzerfontein. Hul boodskap was dat die polisie, in noue samewerking met die gemeenskap, daadwerklik sal probeer om die misdadigers vas te trek. Dit was toe ook die geval." Die polisie se mannekrag is uit omliggende stasies aangevul. Padblokkades is uitgevoer, patrollie en observasies is gedoen en die polisie wat permanent beskikbaar. "Tydens Saterdag se operasie het van die beamptes hul skof vrywillig verleng om te help toe die misdadigers gesoek is. Beamptes uit Vredenbrug en reserviste van Darling was ook hier behulpsaam. "Ons kan die Yzerfontein Armed Response se personeel beskou as 'n integrale deel van die operasionele optrede. Die skakeling tussen hulle en die patrollies wat snags uitgevoer is, was deel van die prosedure. Hulle was heeltyd betrokke. Ons gee graag ook dank en erkenning aan die groot rol wat Yzerfontein Armed Response ten opsigte van ons veiligheid, bied." Die munisipale wetstoepassers, onder leiding van streekinspekteur Marius Humphreys word ook bedank vir hul bydrae en bystand gedurende die operasie.

Die NG Kerk Riebeek-Kasteel hou eersdaags groot fees. Die gemeente se jaarlikse Lentefees wat oor ‘n paar naweke in Augustus en September plaasvind, gaan sorg vir groot opwinding. Daar is 4x4-ri�e, ‘n halfmarathon, ‘n basaar wat oorloop van alles wat lekker is én ‘n gesellige opskop op die spyskaart. Die fees skop amptelik op 17 Augtus met ‘n dans af. Die Plaasopskop vind op Delsma Farm buite Riebeek-Kasteel plaas ter geldinsameling van die NGK Riebeek-Kasteel. Kaartjies vir dié geleentheid wat nie misgeloop mag word nie, kan by die kerkkantoor bekom word. Bel Nadine le Roux by 022448138 of stuur ‘n epos aan ngkerkkasteel@telkomsa.net vir besprekings en meer inlig�ng. Alle bergfiets- en hardloop/drafentoesiaste, staan nader, want op Saterdag, 24 Augustus, vind die volgende geleenthede plaas om daardie li�e los te kry. Belangstellendes kan vanjaar inskryf vir die 60km MTB, die 40km MTB, die 12km MTB of die 12km-drafroete. Vir meer inlig�ng, besoek die webblad, www.riebeekmtb.co.za of gaan na Facebook by riebeekvalleymtb. Die Lentefees skep vanjaar wéér geleentheid vir die vier by vier- en tweewielentoesiaste gedurende hul Porseleinberg 4x4 en funduro pret-familiedag op 31 Augustus. Daar is vanjaar ‘n vier by vier-roete (gradering 3) wat deur plase en op teen Porseleinberg loop. Kostes beloop R300 per voertuig wat boonop ‘n braai-geskenkbewys insluit. Die Funduro Pret se kostes is R200 per motorfiets of vierwielfiets (Quadbike) met ‘n braai-geskenkbewys daarby. Slegs die Watergat is R50 per voertuig en R20 per persoon. Die Watergat sluit ‘n hindernisbaan,

musiek, braaipakke, gebraaide wors, roosterkoek en koeldranke in wat daar te koop is. Kom braai saam en kuier lekker saam met vriende en familie. Vir meer inlig�ng oor dié vietrek-geleentheid, kan Boet Le Roux by 082 807 1224 gebel word, terwyl Frederick le Roux sal regstaan rakende die Funduro by 083 416 1644. Inskrywings beloop kontant op die dag van die geleentheid of is vooraf betaalbaar by die kerkkantoor (0224481388/ngkerkkasteel@telkomsa.net). Dit is nasaartyd op 7 September. Die Lentefees-basaar, ‘n gunsteling gedurende die fees vind vanjaar by die NGK Riebeek- Kasteel Kerksaal en terrein in Piet Re�efstraat plaas. Sien uit na egte basaar-poeding, braaivleis, potjiekos (afval en ander), roosterkoek, tuisgebak, kindertafels en vermaak, vars vrugte en groente, ‘n vars vleistafel (deli-co), ‘n gesellige teetuin en alles wat lekker is. Moet nie die geleentheid om 07:00 die oggend tot 13:00 die middag misloop nie. Die Lentefees sluit behoorlik af met ‘n drafstap. Voor jy kan gaan smul aan watertand roosterkoeke, kan die halfmarathon of pretdraf oorweeg word. Inskrywings vir dié geleentheid begin om 06:30 die oggend by die tent by NGK kerksaal in Piet Re�efstraat. Die halfmarathon van 21 km spring om 08:00 die oggend teen R100 per inskrywing weg, terwyl die 10km-afstand se wegspringtyd om 08:30 teen R60 per inskrywing is. Indien die afstand dalk nog so ‘n bietjie te ver is, kan die pretdraf oorweeg word. Die inskrywingsfooi beloop slegs R20. Kontantpryse en 50 braaipakke ter waarde van R500 elk is op die spel. Vir meer inlig�ng, kan Anneke Mouton by 082 495 3234 of by amouton@pcnetmail.co.za gekontak word.

‘n Wynveiling ten bate van Aandskemering, ‘n tehuis vir bejaardes, vind eersdaags op Malmesbury plaas. Besigheidseienaar van Sky High Events, Corné Swanepoel, stel binnekort sy geleentheidskoördineringsmaatskappy deur middel van ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir die plaaslike ouetehuis bekend. Die wynveiling vind op 16 Augustus om 19:00 in Malmesbury se landbousaal plaas met gesogte wyne op die spel. Swanepoel, ‘n bekwame dieselwerktuigkundige, het onlangs besluit om sy

passie na te streef, deur funksies te begin organiseer vir ‘n loopbaan. Hy het gedurende sy tydperk as dieselwerktuigkundige op Swellendam en later ook op Malmesbury en Kaapstad, gereeld by hul plaaslike landbouskou uitgehelp, waar hy onder meer wynveilings georganiseer het. Dit is toe dat hy besef sy werklike passie eintlik by mense lê. En hoe groter die uitdaging, hoe beter. Sky High Events dek alle geleenthede en funksies en sien daarna uit om die streek se inwoners daarmee by te staan.

Een van die groot hoogtepunte van Mandela-maand in die omgewing van die Weskus, is die Goue Spele-byeenkoms by Voorberg Gevangenis op Porterville. Die jaarlikse geleentheid wat nagenoeg 800 deelnemers huisves, vind môre plaas en word hoofsaaklik aangebied deur die Weskus Di-

striksmunisipaliteit op Moorreesburg. Altesaam 50 oortreders van Voorberg Gevangenis oor die ouderdom van 55 jaar én sowat 750 bejaardes van ses verkillende munisipaliteite, gaan vanjaar aan dié byeenkoms deelneem. Indien jy ‘n toeskouer wil wees, maak seker jy mis nie die byeenkoms nie.

'n Propvol kalender vir Kasteel se Lentefees

Wynveiling vir tehuis gehou

Goue Spele op Porterville


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4722

-------------------------------DIENSTE SERVICES GRATIS/FREE Personalised room make over IDEAS / IDEES and crapbooking. Contact: Sarina 074 960 1382 #4734

-------------------------------GESOEK WANTED Soek motors en bakkies te koop. Doen dadelik kontant asook bankaflosse. Skakel: 079 379 2898 #4736 -------------------------------TE HUUR TO LET MALMESBURY - 1 Bedroom flat. Individual/ Couple (preferably 45 and older. Full DSTV Xplora included. Near shops. Own yard and parking. Prepaid metre. R5500 per month. Contact 072 540 2075 #4741

----MALMESBURY – 3 Slpkamer huis. Sitkamer, eetkamer, badkamer, nuwe kombuis. Waskamer, Kantoor, Naaldwerkkamer, Motorhuis met buitekamer. Naby Swartland Hoerskool. Beskikbaar 1 September 2019. R8 700,00 pm. Freddie 082 343 3372 ---Malmesbury: WESBANK. R9500,00 pm. Nuwe woning in beste area met vele ekstras. Gereed om besigtig te word. 3 Slpkamer, 3 badkamers, braaikamer, TV kamer, ontspanningslokaal. Sit-, eetkamer. Moderne kombuis met oond en stoof. Spens en opwaskombuis. Graniet oppervlaktes. Dubbele motorhuis met afstandbeheerde deure en hekke asook alarmstelsel. Beskikbaar 1 Augustus 2019 Wesbank: R4000 p.m. Ruim 1 Slpkamer woonstel. Ruim leefarea met mooi kombuis. Badkamer. Parkeerarea vir motor. Nuut in goeie area. Beskikbaar 1 Augustus 2019. Kontak: 082 780 1380 #4739

-------

MALMESBURY. Ruim 4 slaapkamer met 2 badkamers. Kontak: 082 325 9330 #4740

----MALMESBURY – R7000.00 – Ruim 2 slaapkamer, sit-, eetkamer met binnebraai, ingeboude kaste en enkel motorhuis op Kleinhoewe. Plus/ minus 8min se ry op N7 rigting Kaapstad R8500.00 – 2 slaapkamer, sitkamer, eetkamer, kombuis met binnebraai, enkelmotorhuis, baie sentraal geleë R14000.00 – Baie ruim, moderne vier slaapkamer huis. 2 Vol badkamers, baie Ingeboude kaste op ruim erf Vir meer inligting – skakel Theresa 082 552 4848 of epos: theresa@ theresasproperties. co.za #4742

-------------------------------TE KOOP FOR SALE TITUS EIENDOMME: Wesbank: R980 000,00. Ruim dubbelvlak woning in goeie area. 3 Slpkamer met ingeboude kaste, 3 badkamers. Moderne kombuis met oond en stoof. Sit-, eetkamer en groot leefarea, Diewering, vibracrete en

veiligheidshekke by onderdak areas vir motors. Kontak: 082 7801380 #4739

-------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

25.07.19. “Happy birthday” DENICO. Alles wat mooi is vir jou. Geniet jou daggie Mammie se worsie. Van: Mammie, Pa en Bekie --------------------------------

NASHWILL PIETERSEN. Sewe op 20 Julie. Geluk met jou verjaardag my prins, my alles. Geniet jou dag met liefde env rede. Liefde – Ma, Jayline en Bjorn ----Baie geluk en alles wat mooi is. Van: jou twee Oumas, Oupa, JJ, Andrew, tannies, Esau- en Claasen familie --------------------------------

CRESWILL ARENDSE. 21 Julie. Baie geluk met jou verjaardag en mag die Here jou nog baie jare spaar – Ma, Pa, ouma Sofie, oupa Chris ----Lekker verjaar. Liefde Christle, Reagan, Tyron, Mariethet, Cairah, Amber en Atta --------------------------------

24 Julie 2019 jou Tannies en Ooms ----Geluk my kind. Van: jou Pa, Ma en broer. Ons is lief vir jou ---Benta, jy moet lekker verjaar. Van: jou oom Koebal. Ek is baie lief vir jou --------------------------------

BENOLIEN. Jy moet lekker verjaar op 21 Julie. Liefde – Jou Ma, Pa, suster, broers, Van Reenen- en Daniels familie --------------------------------

CLAYTON ADAMS. Kyk wie verjaar op 26 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vir jou. Geniet jou dag. Van: ma Charmaine, Carl Roy en Ashron --------------------------------

GAYLENE CROY. 28 Julie. Geluk met jou derde verjaarsdag. Baie seëninge en lekker verjaar. Liefde – ma Gaila, pa Boy en Stacey ----Geluk Gaylene met jou verjaarsdag. Jy moet lekker verjaar. Van: Ouma, Oupa en Boeta Zanco --------------------------------

JOLENE BASSON. 27 Julie. Baie geluk Engel met jou verjaardag. Mag goedheid en guns jou volg. Hoop jy het 'n wonderlike dag. Van: Manlief, Junior en Jadelene ----Baie geluk Jolene met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet jou dag. Van: Cyster, Coetzee en Basson families --------------------------------

28 Julie. DUMARIIE. Baie geluk my kind met jou verjaardag. --------------------------------

28 Julie. NICOLENE. Baie geluk Sus met jou 30ste verjaardag. Alle seëninge op jou lewenspad --------------------------------

LENISHA BOWERS, Baie geluk met jou 11de verjaardag op 27 Julie. Mag jy 'n liefdevolle en geseënde dag hê. Liefde - ouma Wange, Ma, oom Pat, broers en susters, niggies en nefies --------------------------------

JUHANE RENALDO SWARTS. 21jaar gelede was jy nog ‘n baba, daarna ‘n kleuter, 'n tiener en nou jy ‘n groot man. Lekker verjaar. Van: Mammie, susters en broer ----Geluk met jou 21ste verjaarsdag. Geniet die dag. Lief vir jou - Porshe en Juanique -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

27 Julie. HENNIE LEANDER. Geluk uncle Hennie met jou eerste verjaardag in die hemel. Van: Dotty, Zaan, Elvina en Henley ---------------------------------

27 July. Happy 2nd heaven anniversary LYNWILL JOHNSON. You left us beautiful memories, your love is our guide, although we cannot see you, you're always at our side. From: Graham, Guswill, Tercia & Brylene ----You may not be with me anymore, but my love for you will never die. Miss you alot. From: Your Mommy Rachel Johnson -------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

ANNA HENDRICKS 25 Julie. Geluk met jou derde verjaarsdag ZIAH AVERIEH BOLSEN. Mag daar nog vele jare saam jou wees. Liefde – Mammie, Daddy, Oumas en Oupas --------------------------------

Geluk met jou 18de verjaarsdag FAGAN. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: jou ma, broer, Blom-, Verwey-, Brander-, Van Boom-, Van Rooyen-familie en Robert. --------------------------------

23 Julie. KATRINA MOUTON. Geluk met Mamma se geboortedag. Mag onse Vader Mamma nog vele jare spaar en bly hou die gesindheid wat u het. Baie liefde - Paulus en Mouton Familie --------------------------------

23 Julie. LUKAS BOKS. Geluk Boeta met die verjaarsdag. Alles wat mooi is in die toekoms. Baie Liefde - Paulus, Mouton en Boks Familie --------------------------------

26 Julie. Geluk BENTA met jou verjaarsdag. Mag God jou baie jare spaar. Van: Ouma Theresa, oupa Ben, al

27 Julie. Raai wie word 55? Jy moet lekker verjaar. Van: jou vrou Tamma en al die kleinkinders in die huis --------------------------------

GERSHWIN HERRINGS. 27 Julie. Geluk met jou verjaarsdag. Baie liefde – Ma, Carlo en drie susters ----Baie geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar. Lekker verjaar. Van: tannie Doreen en Herrings familie --------------------------------

26 July. BRINAY MAARMAN. Happy birthday to you. God bless. Love - Priscilla, Courtney, Alegra, Bruce, Kezia and Mitchell ----Gelukkige verjaardag Brinay. God seën jou op hierdie dag. Ons is lief vir jou. Van: Mummy, Evan, Marsha, Melvine, Shayla en Maarman gesin --------------------------------

PIETER FARAO. 23 Julie. Dankie ons steunpilaar. Seëninge so breed soos die oseaan is ons wens aan u. Baie liefde - Breë Farao familie ---------------------------------

CHANIQUE, LEIGH en CASSEY. 26 Julie is julle verjaardae en ons hoop julle dag is van die begin af gevul met alles wat julle harte gelukkig maak. Mag dit ‘n perfekte jaar vir julle wees. Baie geluk liefde van almal wat deel van julle lewe is. Arendse, Papier familie, Mamma Margie en Markham. ---------------------------------

(Sannie). Gebore: 14 Oktober 1938. Oorlede: 17 Julie 2019. Troosdiens: Woensdag, 24 Julie om 19:00 te Tortelduifstraat 56. Begrafnisdiens: Saterdag, 27 Julie 2019 by VGK, Malmesbury. Besigting om 08:00 tot 09:00, waarna die diens 'n aanvang sal neem ----Jou voetstappe is sag en jou plekkie is leeg. Ons mis jou alreeds. Liefde - manlief Sakkie, dogter Nan, skoonseun Jacob, Jayden, Michaela en De-Lagen ---Mamma sal vir altyd in ons harte bly. Baie liefde - kinders en kleinkinders ---------------------------------

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Bestuurder: Reinigingsdienste Malmesbury

Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V24/19

• Salarisskaal: R393 732 – R511 044 p.j. (T14)

Inspekteur: Wetstoepassing Swartland Area

Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V20/19

• Salarisskaal: R222 888 – R289 284 p.j. (T10)

Senior Verkeers-/ Wetstoepassingsbeampte Swartland Area

Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V21/19

• Salarisskaal: R222 888 – R289 284 p.j. (T10)

Bibliotekaris CLEAREZE ADONIS. Kyk wie verjaar op 22 Julie. Geluk met die verjaarsdag. Alles wat mooi is. Geniet jou dag. Van Charmaine, Carl-Roy, Clayton en Ashron --------------------------------

Darling

Departement van die Direkteur: Korporatiewe Dienste • Verwysingsnommer: V23/19

• Salarisskaal: R197 952 – R256 932 p.j. (T9) Sluitingsdatum: 2 Augustus 2019 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

137239


8

NUUS • NEWS

24 Julie 2019

SPORT 24 Julie 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Besering stuit hom nie

•KLUB HOU GROOT OPSKOP

Abbotsdale se lelies blom reeds 90 jaar

Die Abbotsdale-rugbyklub, oftewel die geliefde 'Lillies', is vanjaar 'n rype 90 jaar oud. Die klub se lede het die naweek groot makietie gehou om hierdie mylpaal te vier. David Howburg het die pret op kamera vasgevang.

Uitslae • Results

DUIWE

RIEBEEK WES - Carnarvon 1 MJ Hokke 13.02.02; 2 Kuiler Hokke 13.02.28; 3 Mentoor Hokke 13.02.40; 4 Pigeon Nest 42 13.03.07; 5 Pigeon Nest 42 13.04.21; 6 Adams Hokke 13.06.28; 7 Adams Hokke 13.06.55; 8 Pigeon Nest 42 13.08.25; 9 Pigeon Nest 42 13.08.35; 10 Kuiler Hokke 13.09.10 DARLING - Carnarvon: 20 Julie 1. Willemburg Lo�s 13.23.30; 2. Baron & Sons 13.26.11; 3. Baron & Sons 13.27.44; 4. Isaacs Family Lo�s 13.28.22; 5. Isaacs Family Lo�s 13.30.49; 6. Isaacs Family Lo�s 13.32.00; 7. Isaacs Family Lo�s 13.32.00; 8. Willemburg Lo�s 13.33.33; 9. Willemburg Lo�s 13.34.40; 10. Warnick Family 13.34.51 Omega Klub - Carnavon 1 Hok Edas & Pienaar 13.08.42; 2 S Zimri 13.09.24; 3 Leukes Lo�s 13.10.53; 4 Hok Edas & Pienaar 13.13.03; 5 Hill Lo�s 13.14.13; 6 Shane Arendse 13.15.13; 7 Leukes Lo�s 13.14.21; 8 Kasu & Sons 13.16.15; 9 Hok Edas & Pienaar 13.17.02; 10 S Zimri 13.17.08

Bo: Sewe van die oorlewende voorsitters van die klub het ook die geleentheid bygewoon. Enrico Hendricks 'n Oud-Schoonie van Malmesbury, wat vanuit sy hospitaalbed sy matriekeksamen geskryf het, behaal deesdae sukses langs die rugbyveld. Enrico Hendricks, wat tans 'n onderwyser aan die Laerskool Springbok in die Noord-Kaap is, is 'n voormalige inwoner van Moorreesburg. Hy het by die afgelope junior Cravenweek-toernooi op Nelspruit die o.13 Griekwa-rugbyspan as hulpafrigter bygestaan. Hendriks het in 2007 'n erns�ge spinale nekbesering opgedoen in die jaarlikse derby-wedstryd tussen Schoonspruit en Wesbank Sekondêr. Hy het hierdie besering gebruik as 'n rig�ngwyser en het hom op afrig�ng begin toespits. "Ek was baie opgewonde toe ek aangestel is vir die toernooi. Ek was verantwoordelik vir die agterspelers. Ek moet byvoeg die aanstelling het darem nie heeltemal as 'n verrassing gekom nie. Ek is reeds vir die afgelope drie jaar betrokke by Griekwas se laerskole-rugby. Ek is ook die hoofafrigter van die o.13 Sewes spannetjie van die streek," sê die trotse seun van Moorreesburg. "Ons voorbereiding vir die toernooi het goed verloop en ek en die spelers het mekaar gou gevind. Ons het so twee oefensessies 'n dag gehou om die manne voor te berei. Gelukkig het ons geen erns�ge beserings opgedoen voor of gedurende die toernooi nie."

MALMESBURY - Hanover 1 JO 1 Bordeaux A 1348.9144; 2 G Horn 1299.2835; 3 Bordeaux A 1298.4589; 4 G Horn 1297.0776; 5 Cross Border Lo�s 1294.5095; 6 Cross Border Lo�s 1294.4162; 7 Cross Border Lo�s 1280.9736; 8 Marais Hokke (Ksd) 1279.6537; 9 Kotze Familie Hokke 1272.7373; 10 G Horn 1268.0817; Hanover 1 Ope 1 Cross Border Lo�s 1337.7869; 2 Marais Hokke (Ksd) 1303.3330; 3 LF Van Dalen 1303.0479; 4 Kotze Familie Hokke 1302.4121; 5 Bordeaux A 1300.4547; 6 Bordeaux A 1298.0419; 7 G Horn 291.8975; 8 Cross Border Lo�s 1290.8318; 9 Marais Hokke (Ksd) 1290.1325; 10 Bordeaux A 1287.4308; MOORREESBURG - Hanover JO 1 Henna & Melt Smit 14:59:47; 2 CJ Lo�s 15:04:26; 3 Singleton Hokke 15:04:48; 4 Frans Jooste 15:07:02; 5 Frikkie Bester 15:10:40; 6 Henna & Melt Smit 15:14:52; 7 Boe�e & Baron Hokke 15:34:20; 8 Van Der Vyver Hokke 15:14:46; 9 Frans Jooste 15:16:54; 10 Frikkie Bester 15:17:25 Hanover OPE 1 CJ Lo�s 15:18:41; 2 Yt & Tuis 15:21:50; 3 Boe�e & Baron Hokke 15:42:10; 4 Van Der Vyver Hokke 15:24:40; 5 Van Der Vyver Hokke 15:28:05; 6 Yt & Tuis 15:28:20; 7 Singleton Hokke 15:29:17; 8 Singleton Hokke 15:29:27; 9 Frikkie Bester 15:30:24; 10 Saunders Familie 15:31:09 8 SQUASH - 4 de liga: Malmesbury vs WPCC Malmesbury wen WPCC 11-5 Heinrich du Preez wen Francois Louw 3-0; Hyrin Leng wen Andrew Miskim 3-1; Brynmore vd Merwe wen Chris Boys 3-1; Reinhardt Leng verloor teen Durven De Grote 0-3 7 de liga: Malmesbury vs Fish Hoek Malmesbury wen Fish hoek 12-6 Angelo Marman verloor teen Dale Honeyman 1-3; Gareth de Bruin wen Nicole Gliddon 3-0; Bernard van Biljon wen David Gliddon 3-2; Frikkie Bester wen Peter Edgar 3-1 15 de liga: Malmesbury vs Eversdal Malmesbury wen Eversdal 14-2 Johan La Grange wen Anton du Bois 3-0; Jacques van Zyl wen Conrad Botha 3-2; Marius Botha wen IW vd Merwe 3-2; Alex Liedeman wen Hendrik Visagie 3-0


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.