21 Augustus 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

21 Augustus 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

21 Augustus 2019

Jongwyne gekroon

By die onlangse jongwynskou was Wilhelm Borman (Groote Post), Bertrum Titus, Henry van Reenen, Maggie Immelman (almal van Darling Cellars), Thembile Ntloko, Alecia Boshoff, Jacques Theron, Charl Uren (almal van Riebeek Valley Wine Co.) , Danielle Malan (Allesverloren) Eric Mnyango, Themba Msitho (almal van Riebeek Valley Wine Co.) en Stephan Basson (Babylon’s Peak Privaat Kelder). Voor: Reon Rigter, Anthony Medunaa, Pieter-Niel Rossouw (almal van Darling Cellars), Dewald Huisamen, Raniel Koegelenberg en Francois Duckitt (Pulpit Rock Winery). Sien berig op bladsy 2.

Stand van die damme

Die gemiddelde damvlakke van die grootste damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met 1.2% gestyg. Die Bergrivierdam se vlak staan nou op 100.2% in vergelyking met verlede week se 101.1% en verlede jaar se 89.6%. Die Bo-Steenbras se vlak het gestyg van 98.9% tot 100.9%. Die dam se vlak het verlede jaar op 65.6% gestaan. Die Bo-Steenbras het die afgelope week vanaf 1015 tot 99.5% gedaal. Verlede jaar dié tyd het die dam op 101% gestaan. Die Theewaterskloofdam se vlak het gestyg van 70.8% verlede week, na 72% hierdie week. Verlede jaar dieselfde tyd het die damvlak op 43.8% gestaan. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se vlak het met 2% gestyg vanaf 83.2% tot 85.9%. Verlede jaar het die vlak op 64.3% gestaan. Wemmershoekdam het ook met ongeveer 2% geklim vanaf 85.1% verlede week tot 87.3% hierdie week, in vergelyking met verlede jaar se 83.3%. Die totale gemiddeld van die damme is 81.7% in vergelyking met verlede week se 80.5% en verlede jaar se 59.6%.

Hartoperasie kry Eugene nie onder

bl 3

Interskole in beeld

bl 6 en 8


2

21 Augustus 2019

NUUS • NEWS

Streek se beste jongwyne gekroon

BVSA Malmesbury: Finansiële dienste-kantoor bekendstelling

BVSA Malmesbury se Geoktrooieerde Rekenmeesters asook Finansiële dienste-kantoor het twee aande saam gekuier by Bill&Co. Swartland Street Market. Guillaume Oberholzer, finansiële adviseur van BVSA, het ‘n ekonomiese oorsig gegee van SA en die buiteland. Louis Jonker, adviseur by BVSA, het die gehoor meer vertel van die Finansiële dienste-afdeling en die span aan almal voorgestel. Dit was ‘n baie suksesvolle aand!

Die Swartland se 2019 jongwyne is die afgelope Vrydag by die San Erfenissentrum buite Yzerfontein, !Khwa ttu, vereer. Nege kelders in die omgewing vanuit Darling en Swartland Wyn van Oorsprong-areas het vanjaar aan die Swartland Jongwynskou deelgeneem. Dié deelnemers het ook daarin geslaag om te beïndruk met ‘n allemintige 17 goue, 69 silwer en 39 brons toekennings. Daarbewenens is ‘n groot totaal van 38 klaswenners vanuit die goue en silwer toekennings aangewys. Hierdie besonderse wyne staan as toonbeeld in hul kategorieë en het in aanmerking gekom vir die onderskeie streekstrofeë, buiten die ABSA Groot Kampioen-trofee waarvoor slegs wyne met goue toekennings verkiesbaar gestel is. Die streekskompetisie word deur die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete gekoördineer en vorm deel van die plaaslike aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou, waarvan die uitslae dié Saterdag, 24 Augustus vrygestel sal word tydens ‘n glansgeleentheid by die Angorastoetplaas buite Robertson. Die jongwynskou word beskou as ‘n tegniese kompetisie wat aan wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen die van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets, verduidelik Jolene Janse van Rensburg, bestuurder by die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete. In die Swartland-streek kom wyne met silwer- en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Vanjaar se plaaslike trofeëwenners was Allesverloren wat as die wenner van die SAIL Kampioen Versterkte Wyn (Rooi Muskadel Jerepigo, Klas 89:10) aangewys is. Babylon’s Peak was die wenner van die Kotzé/ Steyn Kampioen Shiraz Trofee (Shiraz – gehout, Klas 75:28). Darling Cellars het op sy beurt die meeste trofees ingeryg wat insluit, die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee (Chenin Blanc –gehout, Klas 9:58), die SAIL Kampioen Ander Witwynkultivar (Sémillon – gehout, Klas 17:5), Malmesbury

Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee (Sauvignon Blanc/ Grenache Noir, Klas 5:1), asook die Vinochem Trofee vir die 5 Beste Inskrywings. Groote Post se jongwyn het beïndruk as wenner van die WPK/ Kaap Agri Kampioen Natuurlike Soetwyn (Sauvignon Blanc, Klas 33:2). Pulpit Rock Wines se inskrywings was ook 'n groot gunsteling wat as die wenners van die Kobus Basson kampioen Pinotage Trofee (Pinotage-gehout, Klas 70:28), die Séan Nieuwoudt Cinsaut Trofee (Cinsaut - gehout, Klas 59:5) én die Citrusdal Cellars Kampioen Ander Rooiwynkultivar (Petit Verdot, Klas 66:1) aangewys was. Riebeek Valley Wine Co het die trofee, as wenner van die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn (Shiraz/ Mourvédre, Klas 49:12) ingepalm, maar het verras toe hulle as die ABSA Groot Kampioen (Shiraz/ Mourvédre, Klas 49:12) aangewys is. Volgens Janse van Rensburg, was veral Darling Cellars, Pulpit Rock Wines en Riebeek Valley Wine Co. as die groot gunstelinge wat vir dié gesogte trofee aangewys sou word. Alecia Boshoff, voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging, sê die resultate van die 2019-oesjaar is ‘n aanduiding dat die streek se wynmakers wat hul kennis en ervaring kan gebruik om die regte besluite te neem onder uitdagende omstandighede. “Ten spyte daarvan dat 2019 ‘n besonderse koel parsseisoen vir die Swartland-streek was, was die effek van die droogte nog duidelik sigbaar. Nie net was die trosse aansienlik minder nie, maar onegaligheid tydens rypwording het wynmakers laat kopkrap oor wanneer die optimale tyd is om te pars en ervaring het ‘n groot rol gespeel. Weereens het die Swartland-streek goed gevaar by die jaarlikse Nasionale Jongwynskou-kompetisie en by die streekskou het ‘n Shiraz/ mourvedre versnitwyn as wenner van die ABSA Groot Kampioen uitgeblink. Dit beklemtoon maar weereens die feit dat Shiraz en ook die Rhône-kultivars goed aangepas is vir ons streek, veral onder moeilike omstandighede.”


NUUS • NEWS

3

21 Augustus 2019

•SWARTLAND SE BESTE SKUT

Eugene se hart klop warm vir skiet Eugene Vermaak, ‘n leerder van Hoërskool Swartland op Malmesbury, is verlede week Woensdagaand aangewys as die Swartlandtak van die Suid-Afrikaanse Jagters -en Wildbewaringsvereniging se skut van die jaar. Eugene (13) het amptelik op 12-jarige ouderdom aan skietkompetisies begin deelneem. Hy het egter al van ‘n baie jonger ouderdom met wapens kennis gemaak en wapens begin hanteer wanneer hy dikwels sy pa na die jagveld en die skietbane vergesel het, vertel Louis Vermaak. Niks het intussen verander nie. “Ons deel saam ‘n passie vir die sport,” voeg Vermaak by, wat net soveel genot daaruit put as Eugene. Sy talent vir dié sport kan moontlik ook toegeskryf word aan ‘n ernstige operasie. Eugene moes as ‘n kleuter op die skamele ouderdom van maar slegs twee, ‘n opehart-operasie ondergaan. As gevolg daarvan, mag Eugene vandag aan geen kontaksport-aktiwiteite deelneem nie. Louis het besluit om Eugene aan ‘n sport wat op ‘n ander soort veld as dié van ‘n rugbyveld beoefen word, bekend te stel. Die passie en belangstelling vir dié sport, het wel al op ‘n baie jonger ouderdom begin deurskemer. Hy het as ‘n klein seuntjie aangehardloop gekom en gevra of hy die wapen kan “vashou” sodra hy die kluis se deur hoor oopgaan het, vertel sy pa. Sy ma, Wiida vertel weer dat Eugene en sy pa byna elke Saterdag dié sport beoefen en byeenkomste bywoon. Louis het sowat 15 jaar gelede lid van dié vereniging geword, terwyl Eugene verlede jaar as lid aangesluit het. Hy het ook op 12-jarige ouderdom sy eerste bok met sy pa se .30-06 jaggeweer geskiet. Die kriteria om as Skut van die Jaar aangewys te word, behels ‘n formule wat uitgewerk word

Veiling:

rakende faktore soos onder meer bywoning en veelsydigheid. Eugene ken alle wapens en het ook al met ‘n verskeidenheid wapens geskiet, hanteer en skoongemaak. Hy is ook ‘n ware ambassadeur van veiligheid wanneer daar geskiet word. Volgens Louis is Eugene ontsettend ingestel op die veiligheid van wapens en die reëls wat daarmee gepaard gaan. Eugene maan vinnig wanneer die reëls nie gevolg word nie of wanneer dit ‘n kwessie van nalatigheid is. Die Swartland-tak wat oor ‘n wye area strek, het vandag sowat 177 lede wat aan die vereniging behoort.

Die Wes-Kaapse Dormer-veiling, wat verlede week Vrydag plaasgevind het, was baie suksesvol met Nuweland Dormers buite Malmesbury wat die duurste ram aan Barend Uys van Mosselbaai vir R36 000 verkoop het. Die duurste ooi van Erika Hanekom van Rhenosterbosrug Dormerstoet, is op haar beurt vir R10 000 aan Le Roc Boerdery, Tweespruit verkoop. Daar was 47 ramme vir ‘n gemiddelde bedrag van R14 936 verkoop, 42 stoet-ooie vir ‘n gemiddeld van R5 557 verkoop én 114 kudde ooie vir ‘n gemiddeld van R2 615 verkoop.

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

B E ST

BRITO’S

BU Y

CHOICE

BEAT THE COLD AND SAVE!

COOLEST COMBO BACON & EGG 750G + RUSSIAN LOAF 750G + COOKED SALAMI 350G

50

.00

p/combo

PORK BANGER 400G

15

.99 each

r10

CHICKEN FREEZER BAG- 5KG ONLY R35 P/KG

175.00 each

LOIW CE

NEW

saving

I & J CRUMBED FISH MINCED PORTIONS - 2KG

145

.00 each

PR

CHEESE VIENNAS

FROM THE DELI

Prices valid at all Brito’s stores from 14th - 28th August 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

3.49

p/100g


4

NUUS • NEWS

21 Augustus 2019

Abrahams is Weskus se nuwe toerismebeampte Gurshell Abrahams, newly appointed Tourism Manager at WCDM.

TENDERKENNISGEWING: T11/19/20

AANKOOP VAN VERLENGDE KAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET ’N KAP Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van een (1) verlengde kajuit ligte afleweringsvoertuig, soos in die amptelike tenderdokumentasie gespesifiseer. Dokumente kan gedurende normale kantoorure van Jo-Maré van der Westhuizen by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ’n Nie-verhaalbare kontantfooi van R110,00 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van hardekopieë van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T11/19/20 – AANKOOP VAN EEN (1) VERLENGDE KAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET ’N KAP” moet voor 12:00 op Vrydag, 30 Augustus 2019 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word, waarna die tenders oopgemaak sal word. Geen kwotasies sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die spesifikasies wat saam met die tenderdokument uitgereik sal word. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Tenderaars wat vir die voordele van die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) wil kwalifiseer, moet Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Hierdie tenders is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigersgeondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees. Tegniese navrae rakende hierdie tenders kan aan mnr. Roman Steyn by tel 022 487 9400 gerig word. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ’n gedeelte van ’n tender of ’n tender in geheel te aanvaar nie.

Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 20 Augustus 2019

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

www.thecandocompany.co.za 137505

www.ayandambanga.co.za

15X4 PROOF 1

Gurshell Abrahams has been appointed as the new tourism manager at West Coast District Municipality, taking over the portfolio from Kiewiet Van Rooyen who retired at the end of July 2019. Gurshell’s career spans over fourteen years in the tourism sector and his nine year journey with West Coast DM started in 2010, where he was appointed as tourism marketing official. Working closely with the local tourism organisations in the district he obtained a wealth of knowledge and experience and he is excited to add value to the management of tourism in the region. Previous manager Kiewiet van Rooyen is confi-

dent that Gurshell will add immense value to the sector. “I am confident that he will lead the West Coast District Municipality’s tourism department with integrity and loyalty. "The experience which he has gained in the tourism sphere, has equipped him with excellent interpersonal and communication skills, a strong vision and vast industry knowledge, which will all stand him in good stead” said Kiewiet. The executive management at West Coast District Municipality thanked Kiewiet for her immense contribution to tourism over the years and wished her well for her retirement.

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL

HOUSEHOLD AID (3 POSTS)

Nuwe Spar:

REMUNERATION: R102 534 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy skills. Inherent requirements of the job: Ability to lift/move heavy equipment and supplies • Must be willing to render a shift service on weekends, public holidays, day and night and duties and rotate in different departments according to operational needs and requirements. Competencies (knowledge/skills): Good communication skills (read, speak and write) in at least two of the three official languages of the Western Cape • Ability to operate machinery and equipment. Duties (key result areas/outputs): Render effective, efficient and safe hygiene and domestic services in a nursing component • Render support services to Household Supervisor • Contribute to effective management of domestic responsibilities • Contribute to effective utilisation and functioning of apparatus and equipment • Adhere to loyal service ethics.

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Ms S van der Westhuizen, tel. 022 487 9346 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MR E SASS, TO THE DISTRICT DIRECTOR: WEST COAST DISTRICT OFFICE, PRIVATE BAG X15, MALMESBURY 7299.

INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov. za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the

Senior Inspekteur: Wetstoepassing (Honde-eenheid)

Vastetermynaanstelling gekoppel aan die toekenning van ‘n toelaag deur die Provinsiale Regering

aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement.

Swartland Area

No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date,

Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V25/19

time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard will be

Closing Date: 13 September 2019

137518 HET ZWARTLAND www.thecandocompany.co.za

By die nuwe beplande Yzerfontein Spar op dié kusdorp is grondverskuiwing reeds besig om plaas te vind. Die nuwe winkel behoort, as alles volgens plan verloop, later vanjaar sy deure te open. Dié nuwe ligging is oorkant die bestaande winkel. Dit sluit 'n Tops-drankwinkel en BeanTree-koffiewinkel in.

• Salarisskaal: R263 100 – R341 520 p.j. (T11) Sluitingsdatum: 30 Augustus 2019 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

15x2 PROOF 1

137508

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


NUUS • NEWS

21 Augustus 2019

HSS-koor in finaal van Sing in Harmonie-kompetisie Nie net het Hoërskool Swartland die afgelope naweek koning gekraai by hul jaarlikse interskole sportdag teen Hoërskool Hugenote nie, maar só by die finale rondte van die landwye koorkompetisie, Sing in Harmonie. HSS se koor het Sondagaand in die laaste rondte van die "Sing in Harmonie"-kompetisie deelgeneem, wat by die Hugo Lambrechts-sentrum in Parow plaasgevind het. Hulle is dáár as wenner van die nie-Afrikaanse lied aangewys en is ook met ‘n trofee vereer om dié goue oomblik te onthou.

Die volgende groot hoogtepunt van die aand was die algehele derde plek in die Mikro-afdeling van die koorkompetisie wat hulle behaal het. As gevolg van dié prestasie, is die koorlede ook gekies om saam met sangsensasie, Nadine Blom, in 'n Kerskonsert opgeneem te word, wat op die kassie sal verskyn. Bianca Turner en Renette Symington, personeellede van die skool, help en vergesel die koor na optredes, terwyl Anna-Maré van Staden die koorleidster is en Santa-Mari Walters die begeleidster is.

Nasionale kampioenskap by Swartlandskou gehou Miller Wilson Angus, naamlik Lee en Dawn Wilson wat die beoordeling sal behartig.

Die Angus Nasionale Kampioenskapskou vind vanjaar sy tuiste by die Swartlandskou. Dié nasionale kampioenskappe word elke tweede jaar aangebied en soos in die verlede, hoop die Angus genootskap, wat die geleentheid in samewerking met die skou bring, om diere van hoogstaande gehalte daar te sien. Inskrywings van Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat en die Wes-Kaap is ontvang. Daar sal na verwagting tussen 150 en 180 Angusbeeste aan die skou deelneem. Beoordeling van die Rooi Angusbeeste vind op Donderdag, 12 September plaas, terwyl die Swart Angusbeeste die volgende dag op 13de September beoordeel word. Die beoordelaars is die bekende Amerikaanse egpaar van Miller Wilson Angus, naamlik Lee en Dawn Wilson. Platinumborge vir die geleentheid is Woolworths, BKB, Voermol, Taurus Evolution en ABSA. Die borge- en verwelkomingsfunsie is Woensdagaand, die 11de September. Op Donderdagaand bied die Wes-Kaapse Angusklub, in samewerking met Swartlandskou ‘n

“novelty” veiling aan. Fondse wat hier ingesamel word, word aangewend om die vertoners te help met reisgeld. Hierdie geleentheid belowe om propvol verrassings en opwinding te wees. Die Nasionale Kampioenskapskou word afgesluit met ‘n gesogte gala-funksie wat die Vrydagaand plaasvind. Gedurende hierdie funksie word die trofees uitgedeel. Die teler van kampioene (Rooi en Swart) sal dan aangekondig word. Om as Teler van Kampioene aangewys te word, is ‘n groot eer, en die kompetisie belowe om, soos in die verlede, baie straf te wees. Die hoogtepunt van die galafunksie is die veiling van kampioene. Slegs kampioene en reserwe kampioene kwalifiseer om op die veiling te koop aangebied te word. In 2017 is daar boonop ‘n rekordprys vir ‘n rooi Angusbul op die veiling van kampioene behaal. Die kampioene kan gedurende die twee dae se skou besigtig word en belangstellendes kan met Danie Dames (082 306 9358) skakel vir meer inligting.

5


6

NUUS • NEWS

21 Augustus 2019

Calling on entrepreneurs

The Western Cape Government calls out to all entrepreneurs to enter the Western Cape Entrepreneurship Recognition Awards 2019 (WCERA). This opportunity is the second edition of a competition that recognizes the achievements and potential of some of this province’s most exciting entrepreneurs. And entries are now open and this phase runs from 12 August to 30 August 2019. Enter now and stand the chance to win up to R25 000 for your business. Entrepreneurs in the green, creative, digital, tourism, oil and gas, and agri-processing sectors are encouraged to enter. You can enter via the online form at https://www.wcentrepreneurshipawards.co.za/ or using one of the printed paper entry forms available from Seda branches, The Business Place

Die Wes-Kaapse Dormer Veiling , wat verlede week Vrydag plaasgevind het, was baie sukses met Nuweland Dormers buite Malmesbury wat die duurste ram aan Barend Uys van Mosselbaai vir R36 000 verkoop het. Die duurste ooi van Erika Hanekom van Rhenosterbosrug Dormerstoet (links), is op haar beurt vir R10 000 aan Le Roc Boerdery, Tweespruit verkoop. Daar was 47 ramme vir ‘n gemiddelde bedrag van R14 936 verkoop, 42 stoet ooie vir ‘n gemiddeld van R5 557 verkoop én 114 kudde ooie vir ‘n gemiddeld van R2 615 verkoop.

branches and the Western Cape Provincial Government’s Department of Economic Development & Tourism (a full list is available on request). More information on the award categories and entry criteria, will also be found on the website. The categories include emerging business, most innovative business, social enterprise, woman-owned business, township business and youth owned business. A panel of experienced and independent judges will evaluate all entries using a standard scoring system. Scan the completed entry form and email it to entries@wcentrepreneurshipawards.co.za or mail one to PO Box 4468 GeorgeEast 6539. The WCERA 2019 Awards Gala evening will take place in November 2019

HDU seëvier

Hoërskool Dirkie Uys het 'n baie suksesvolle interskole teen Hoërskool Jan van Riebeeck gehad. Eerste rugbyspan wen JvR 20 - 12 . (O.19B, O.16A, O.15A wen ook hul wedstryde) 1e meisie- en 1e seunshokkiespanne wen vir JvR onderskeidelik 1 - 0 en 3 - 0 O.19A netbal verloor 23 - 24. Nege van die elf netbalspanne het hul wedstryde teen JvR gewen. Tennis en vasvra is ook deur Dirkie Uys gewen.


NUUS NUUS •• NEWS NEWS TE HUUR TO LET Eenkamer woonstel (bachelor) in middedorp van Malmesbury teen R2 500,00 per maand. Beskikbaar 1 November 2019. Kontak Marlene by 022-4821101 #4750 ------Titus Eiendomme, Malmesbury. WESBANK *1 x 3 slp kamer teen R7500 p/m. *1 x 2 slaapkamer woonstel teen R5500 p/m *1 x 1 slp kamer teen R4000 p/m. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 #4751 ---------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

21 Augustus. Kyk wie word 'n groot vyf. Geseënde geboortedag onse engel. CHLOE-AVA MCKAY. Baie liefde Mammie en Dattie ----------------------------------

TYRONE ROEMS. 23 Augustus. Gelukkige een jaar wording. Lekker verjaar en ons is baie lief vir jou – Mammie Elmarie, oupa Danie, ouma Amanda, tannie Fredeline en nefie Gilermo ----------------------------------

SOFIE ARENDSE. 24 Augustus. Baie geluk met Mamma se verjaardag. Alle seëninge op u lewenspad. Dankie vir die wonderlike Ma. Van: Christolene, skoonseun Kinnewer en Mamma se drie kleinkinders. Psalm 23 ----------------------------------

KEVIN RINKWEST. 23 Augustus. Geluk met jou verjaardag. Voorspoed vorentoe. Lief vir jou – Ouma Anthea, Michele en Kristin ----Gelukkige verjaardag. Beste wense vergesel jou – ouma Doreen, Gino en Jay-deen -----Lekker verjaar en mooi seënwense – Gino, Ricardo, Haynen, Eugene en Francois ----------------------------------

jou geboortedag vieringe en alles wat mooi is vorentoe. Van: Edwina, Chriswin, Kaylim, E-Jay en Cinda ----Lekker verjaar. Van Herrings familie, Fanie en Lolly ----------------------------------

LIZA-ANN HENDRICKS. 27 Augustus. Jy moet lekker verjaar en alles wat mooi is vorentoe. Van: jou verloofde – Giffie ----Gelukkige verjaardag en baie seëninge – Rayzeem, Ricardo en Edwin ----Baie geluk en mag hierdie die mooiste lewensjaar ooit wees. Liefde – Herrings familie ----------------------------------

25 Augustus. EJAY BOUWERS. Baie geluk met jou vierde verjaardag. Mag jy jou daggie geniet ons groot seun. Van: Mammie en Dadda ----------------------------------

FLORA TOONTJIES. 21 Augustus. Raai wie word 50? Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Van: jou sussie, Bettie, Felecia, Zhauntay en Alicia ----------------------------------

FIELA OWIES. 22 Augustus. My lewensmaat, vriendin en alles. God se seëninge op jou my liefde. Lekker verjaar. Baie liefde – Manlief Hendrik, gesin en ander familie ----Atta, baie geluk met u verjaardag. Seënwense en die mooiste lewensjaar ooit. Baie liefde – u suster, Denise en huisgesin ----------------------------------

26 Augustus MAXZEEN. Baie geluk met jou verjaardag. God se rykste seën oor jou lewe. Geniet jou dag. Van: jou ma, broers, susters, Chloe, Cline, Jayden en Jowaan ----------------------------------

GERTRUIDA LEANDER. Baie geluk met ouma se verjaarsdag. Mag God ouma ryklik seën, baie liefde. Van: Monique en agterkleinkinders ----------------------------------

21 Augustus Baie geluk ETON, LUHAN en MIJANCA met jule verjaarsdae. Dit is vir Ma 'n groot eer om jul 3 op eendag kan gelukwens. Baie liefde - Marlene en familie ----------------------------------

CHRISTOPHER VLOTMAN. 24 Augustus. Geluk met

MELNIQ HERMANUS. Baie geluk met jou negende verjaardag op 24 Augustus. Baie liefde - Bettie, Nanna, Naulene, Afreen en Ayesha ----------------------------------

21 21 Augustus Augustus 2019 2019 geseënde dag hê. Van: Mercia, Daphne en Achmad ----------------------------------

24 August. Happy birthday KEAGAN. Love you lots. God bless sweetie. Love - Mammie, Ouma and Tay ----------------------------------

18 op 26 Augustus. Baie geluk my kind met jou verjaardag en alles wat mooi is. Bly die lieflike mens met die mooi persoonlikheid. Van: mammie Elvona, Elrishia, Melgrain, Elviro, Ashwin en boeta Garth ----------------------------------

24 Augustus. Baie geluk ons prinsessie met jou eerste verjaardag. Ons is geseënd om jou in ons lewe te hê. Met baie liefde - Daddy, Mammie en Ouma Nonna ----Geluk LOGAN. Ons is onsettend baie lief vir jou ons peetkind. Baie liefde - oom Shaulin, tannie Adilene, tannie Shireen en kinders ----------------------------------

25 Augustus. Baie geluk TASHA met jou verjaardag. Mag God jou nog vir baie jare spaar. Liefde - jou man, kinders, mammie Nonna, Liam, Shaulin, Milla, Adilene en Logan ----------------------------------

JOSEPHINE BARENDSE. 17 Augustus. Geluk met jou verjaardag vieringe wat verby is. Glo en vertrou op Jesus. Van: Mammie en huisgesin ----------------------------------

PAUL BARENDSE. 21 Augustus. Geluk met jou geboortedag vieringe. Geniet die dag. Vam: Mammie, Logan en huisgesin ----------------------------------

20 Augustus. LITA BOWERS. Baie geluk met jou verjaarsdag my dogter. Alle seëninge en geluk. Geniet jou dag. Van: jou Ma ----------------------------------

24 Augustus. MARISKA BOWERS. Baie geluk met jou verjaarsdag my dogter. Alle seëninge en geluk. Geniet jou dag. Van: jou Ma ----------------------------------

SERGIO PRINS. 21 Augustus. Baie geluk vriend met jou verjaarsdag. Mag jy 'n

Raai wie is 30 op 20 Augustus? Niemand anders as NICKLENDT VAN DER WESTHUIZEN. Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy nog vele hê. Van: Ma en sus Nicole ----------------------------------

COROL WELKOM. 22 Augustus. Geluk met jou verjaardag. Psalm 23 - alles wat mooi is. Liefde - Man, kinders en kleinkinders ---------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

PHILA ADONIS. 23 Augustus. Twee jaar van ons weggeneem. In ons harte leef die herinneringe voort. Ons sal Mammie nooit vergeet nie. Mis jou elke dag. Liefde – Kinders en familie ----------------------------------

KALINA OWIES. 21 Augustus. Vandag, vyf jaar wat u nie meer saam ons is nie. Verlange is daar. Vir altyd in ons harte. Koester die mooi herinneringe. Van: u kinders, Maria, Louisa, Kalina, Johanna en Isak, 7 kleinkinders en 5 agterkleinkinders ---------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

ALSJAHN (Shaun) MIGGEL. Gebore: 1983-02-13. Oorlede: 2019-08-11. Troosdiens: Woensdag, 21 Augustus om 19:00 by VGK Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag, 24 Augustus. Huisdiens te Violalaan 13 om 09:30 en die kerkdiens neem aanvang om 10:30 by VGK, Malmesbury ----Met liefdevolle herinneringe geliefde neem ons afskeid van ons geliefde seun, broer en boeta. Word diep betreur deur die Miggel familie ----------------------------------

JOHANNES JURIES (Hansie). Oorlede: 14 Augustus 2019. Troosdiens: Donderdag, 22 Augustus om 19:30 te Jakkalsfontein Kerksaal. Begrafnisdiens: Saterdag, 24 Augustus. Bus vanaf 7:00 by die Rooiwinkel (Alfastraat). Besigtiging om 08:30 by sy woning en die diens neem aanvang om 10:00 by Jakkalsfontein Skoolsaal. ----Rus in vrede Pappa. Ons gaan jou baie mis - jou kinders, Christelle, Jerome, Justin en kleinkinders ---Dadda, boeta Hansie, ons mis jou alreeds en ons is baie lief vir jou. Van: Juries en ander familie -----

Hansie, die huis voel koud sonder jou. Ek sal jou nooit vergeet. Ek is baie lief vir jou. Van: jou liefde, Ennie ----------------------------------

77


8

NUUS • NEWS

21 Augustus 2019

SPORT 21 Augustus 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

•RUGBY, NETBAL SEËVIER IN INTERSKOLESTRYD

Rockies klop Blackies

Die spanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury en die Hugenote Hoërskool op Wellington het Saterdag in die jaarlikse interskolestryd mekaar op Swartland se velde aangedurf. Die Rockies se eerste netbalspan, asook die eerste rugbyspan het in hul kragmetings as die oorwinnaars uit die stryd getree. Die eerste hokkiespanne het egter vasgeval. Die o.19A-rugbyspan het met 8-6 gewen, terwyl die eerste netbalspanwedstryd 'n telling van 28-22 opgelewer het. Foto's: Cor Cronje

Uitslae • Results

DUIWE

Riebeek Wes - Hanover 1 MJ Hokke 13.55.02; 2 MJ Hokke 14.05.21; 3 Alex Fam 14.13.50; 4 Mentoor Hokke 14.21.46; 5 Daniels Hokke 14.23.07; 6 Adams Hokke 14.32.06; 7 Mentoor Hokke 14.44.19; 8 Alex Fam 14.47.41; 9 Adams Hokke 14.49.35; 10 MJ Hokke 14.56.43 Omega - Hanover Board 1 Hok Edas & Pienaar 14.06.43; 2 Manuel Lofts 14.17.40; 3 Kasu & Sons 14.18.00; 4 D Daniels & Son 14.17.55; 5 Sheldon Bros 14.27.18; 6 Hok Edas & Pienaar 14.27.47; 7 D Daniels & Son 14.28.40; 8 Kasu & Sons 14.31.59; 9 Shane Arendse 14.32.53; 10 Jannie Morris 14.37.31

MUURBAL

4 de liga: Malmesbury vs Radloff Park Malmesbury wen 14 - 0 7 de liga: Malmesbury vs WPCC Malmesbury wen WPCC 14-3 Angelo Marman wen Chad Cobbledick 3-1; Bernard van Biljon wen Adam Klaasen 3-0; Frikkie Bester wen Alessandro Bonara 3-2; Johan Coetzee wen Nic Trueb 3-0 15 de liga: Malmesbury vs Paarl Malmesbury verloor teen Paarl 12-5 Johan La Grange verloor teen Hannes Burger 3-0; Gerhard Havenga verloor teen Ross Rennie 3-0; Jacques van Zyl verloor teen Zane Meyer 3-2; Jimmy Loock wen George Bruns 3-1

ANY PIECE OF CHICKEN FOR NEW HOT & CRISPY T’S & C’S APPLY: AVAILABLE AT KFC PIKETBERG. VALID UNTIL 21 OCTOBER 2019.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.