18 September 2019 WELLINGTON

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

NUUS • NEWS

18 September 2019

Jou bron van goeie nuus Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

18 September 2019

bl 3

See van kleur met pretloop Kore vertel musiekstories

Ingrid Jonker-prys toegeken

bl 2

bl 3

Groot fees, name en vermaak

bl 5


2

NUUS • NEWS

18 September 2019

Plaaslike kore vertel Musiekstories

Wellingtonners kon op Sondag 15 September ‘n ongelooflike sangdiens by die Wellington-Noord gemeente gade slaan. Drie puik kore, uitstaande soliste en uitnemende musikante het vir ‘n onvergeetlike musiekervaring gesorg. Die kore van Hugenote Hoërskool, die Hoër Jongenskool Paarl en Hugo Rust Laerskool het saam met die soliste Clarina Solomon, André Terblanche en Jan Olivier en die orelliste Johann

Enslin en Marnus Greyling, sowel as Schalk Wasserman op slagwerk ware verhale en musiek wat mense laat getuig in die kerk laat opklink. Die plaaslike predikant Francois Human het as liturg opgetree. Die sangdiens se program het met heerlike voorafsang deur die gemeente afgeskop, waarna Hugenote Hoër se koor met Flight Song geopen het.

Oud-bewaarders van gevangenisse in die omgewing het op Woensdag 11 September by die Toeka Restaurant bymekaar gekom vir ‘n kuiergeleentheid en ‘n heerlike ontbyt. Hierdie geleenthede is die afgelope paar jaar reeds ‘n gereelde instelling. Talle afgetrede voormalige lede van Korrektiewe Dienste het die geleentheid bygewoon. Hulle het onder andere by die Drakenstein Gevangenis, Allendale Gevangenis en die Malmesbury Gevangenis diens gedoen. Volgens die Wellingtonner Nico Swiegers, wat 40 jaar diens by Korrektiewe Dienste gedoen het, kom die groep gereeld bymekaar. “Ons wil die groep selfs nog groter maak. Dit is altyd lekker om mekaar te sien, te gesels en saam te kuier,” het hy gesê. Volgens hom beplan hulle reeds aan hul volgende byeenkoms, wat ‘n uitstappie na Gansbaai en ‘n ete by Baardskeerdersbos sal behels. Die doel van hierdie geleenthede is om oudlede van Korrektiewe Dienste bymekaar te kry en die bande en gedeelde herinneringe van hul jare in dien van hierdie instansie te versterk en in stand te hou. Volgens Johan Erasmus, een van die oud-lede wat die geleentheid bygewoon het, is hierdie byeenkomste veel meer as net ‘n saamkuiergeleentheid.

“Ons gesels en ruil stories uit, maar ons maak ook voorstelle, bemagtig mekaar, kuier en ondersteun mekaar. Ons het al mense gekry wat met ons oor aftrede, beleggings, polisse, belasting en veiligheid kom praat het. Hierdie kundigheid help ons almal in ons daaglikse lewe en bemagtig ons. As afgetredenes het ons almal met dieselfde vrae en uitdagings te doen en as een ou van iemand weet wat ons almal met ‘n sekere ding kan help, ondersteun ons mekaar op hierdie manier,” het hy gesê. Volgens hom deel al hierdie oud-lede van Korrektiewe Dienste nie net herinneringe nie, maar ook ervarings. “Kyk, daar is seker nie ‘n meer negatiewe plek as ‘n tronk nie. Tog het ons almal jare se diens op ons kerstok en deel ons al die dinge wat ons deur die jare ervaar en beleef het. Ons verstaan mekaar en ons weet hoe sterk ons is. Ten spyte van moeilike dinge, is ons almal nog positief en vol energie,” het hy gesê. Die groep beplan om vroeg in 2020 na Robbeneiland te gaan. “Dit sal nie net ‘n lekker uitstappie wees nie, maar baie van ons het ook daar gewoon en gewerk,” het Nico gesê. Hulle wil baie graag kontak maak met enige afgetrede lede van Korrektiewe Dienste en nooi enigeen uit om by die groep aan te sluit. Belangstellendes kan Nico Swiegers by 082 7117 409 vir meer inligting kontak.

Verskillende temas, waaronder genade, vergifnis, lof, vrede, moed en hoop is deur die voorlesings, koorsang en gemeentesang aangespreek. André Terblanche het die voorlesings gedoen en die items is met hartlike gemeentesang afgewissel. Buiten André se weergawe van “Over the Rainbow”, het Clarina Solomon en Jan Olivier ook

as soliste saam met die koor van Hugenote Hoër opgetree. Die ongelooflike koorsang, verskeidenheid liedere, gepaste tekste en deelname van die gemeente het vir ‘n natuurlike vloei en ‘n onvergeetlike program gesorg. Die oggend is met Hugenote Hoërskool se vertolking van Baba Yetu, met Jan Olivier as solis, op ‘n hoogtepunt afgesluit.

Oud-bewaarders van gevangenisse kuier saam


NUUS • NEWS

3

18 September 2019

Groot pret by Reënboogpretloop

Ingrid Jonker-prys op Wellington toegeken

Bo: Simone en Pieter na die oorhandiging. Onder: Professor Ronel Foster, voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee, verduidelik die agtergrond van die toekenning.

Wellingtonners het op Saterdag 14 September ‘n prettige, kleurvolle dag beleef toe honderde mense aan die “Colour Splash” pretloop op Linton Park deelgeneem het. Dit was ‘n bont skouspel met hope pret en talle heerlike aktiwiteite en interessanthede wat vir ‘n dag vol vermaak, onspanning en pret te gesorg het. Die geleentheid is deur Hugenote Laerskool georganiseer. Reënboogpretlope het die afgelope tyd wêreldwyd gewild geword omdat dit nie net ‘n gesonde leefstyl en pret kombineer nie, maar veral omdat dit gemeenskappe bymekaar bring. Die skool wou, met hierdie doelwitte in gedagte, ‘n dag van oefening, pret en aktiwiteite vir oud en jonk reël - iets wat hulle beslis reggekry het. Deelnemers het in effekleurige klere aan die verskillende afstande deelgeneem. Langs die roete van die pretloop is deelnemers met gekleurde poeier gegooi. Nie een van die deelnemers het so eentonig as wat hul weggespring het, oor die wenstreep gegaan nie. Die wenstreep was ‘n feestelike plek waar die voltooiing van die pretloop onder laggende, kleurvolle deelnemers gevier is. Almal het foto’s geneem van hul transformasie langs die roete. Deelnemers aan die geleentheid kon die verskillende afstande stap, draf of selfs dans. Kinderstootwaentjies is ook op die roetes toegelaat. Daar was 2,5km, 5km en 10km

roetes waartussen deelnemers kon kies en die verskillende registrasie- en wegspringtye vir die verskillende afstande het gesorg dat daar die hele dag lank ‘n kleure-skouspel was. Omdat die klem op pret geval het, was daar nie tydsbeperkings op die voltooiing van die roetes nie en daar is ook nie pryse aan die eerste persone oor die wenstreep toegeken nie. Tydens die prysuitdeling wat na afloop van die pretloop plaasgevind het, het deelnemers wel talle wonderlike pryse tydens gelukkig trekkings gewen. Nadat deelnemers die kleurvolle pretlope voltooi het, is die feestelikheid op Linton Park se terrein voortgesit. ‘n Verskeidenheid kosstalletjies, plaaslike “craft” bier, Linton Park se wyne, gesigverf, klerestalletjies, ponieritte en ‘n “photo booth” was maar ‘n paar van die heerlikhede waaraan deelnemers meegedoen het. Die nuwe Mnr. Suid-Afrika, Heinrich Gabler, het boonop as seremoniemeester by die geleentheid opgetree. “Ek verstaan nou waarom kinders soveel pret het wanneer hulle op hul vuilste is. Hierdie is nou die meeste fun wat ek die afgelope jaar gehad het. Ek is sommer lus om met my bont hare te gaan werk Maandag!” het een van die deelnemers na afloop van die 5km wedloop gelag.

Wellington was vanjaar vir die tweede keer geëerd om die plek te wees waar die oorhandiging van die Ingrid Jonker Literêre Prys kon plaasvind. Hierdie prys, wat jaarliks beurtelings aan ‘n skrywer van ‘n debuutbundel in Afrikaans en Engels, die twee tale waarin Jonker geskryf het, toegeken word, is tydens die afgelope Tuin van Digters oorhandig. Pieter Odendaal het die prys vir sy bundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, ontvang. Professor Ronel Foster, voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee, die programleier Kabous Meiring, Theuns Eloff van die Dagbreek Trust en Simone Garcia Marques, Ingrid Jonker se dogter, het die toekenning waargeneem. Die prysgeld is deur die Dagbreek Trust geskenk. Professor Foster het die agtergrond van die Toekenning geskets en die doel daarvan verduidelik. “Die Ingrid Jonker Literêre Prys is vir die eerste keer in 1965, net na haar dood, ingestel. Dit was ‘n inisiatief van ‘n klomp van haar skrywersvriende en uitgewers waarmee hulle haar nalatenskap wou gedenk,” het sy gesê. “Die pryskomitee wat die beoordeling vir die toekenning doen, bestaan almal uit digters. Hierdie jaar was dit Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Ronelda Kamfer,” het sy verder verduidelik. Theuns Eloff van die Dagbreek Trust het hul organisasie se verbintenis met hierdie toekenning as ‘n eer bestempel. “Hierdie plek en hierdie geleentheid is ‘n ideale plek om hierdie toekenning te oorhandig. Nie allees is die Breytenbach Sentrum, nou ‘n kultuursentrum, Breyten Breytenbach se grootwordhuis nie, maar Breyten se 80ste

verjaardag word ook nou met die Tuin van Digters gevier. Dit maak die toekenning van hierdie prys by hierdie geleentheid soveel meer spesiaal,” het hy gesê. Theuns het ook oor die stand van Afrikaans in die hedendaagse samelewing gepraat. “Die vrees dat Afrikaans besig is om te krimp, is nie ongegrond nie. Die tendense wat ons rondom ons raaksien, wys dat alles nie reg is nie. Die tydsgees waarin ons is, is moontlik die oorsaak hiervan. Ons Afrikaanssprekendes, ons leiers en ons jeug se ouers is ook aandadig aan ons taal se krimping. Daarom beywer die Dagbreek Trust hom daarvoor om Afrikaans in skole, van pre-primêr tot op tersiêre vlak, te ondersteun en bevorder. Ons bydrae tot hierdie prys lê in lyn met hierdie doelstellings van ons Trust en ons voel geëerd om hiervan deel te wees,” het hy gesê. Professor Foster het Pieter Odendaal met die toekenning gelukgewens en uit die verslae van die beoordelaars, wat hom as wenner gemotiveer het, voorgelees. “Dit is ‘n op-weg-wees-bundel met aktuele tematiek,” het van die verslae gelui. Simone, Ingrid Jonker se dogter, het die trofee, ‘n kunswerk deur Nanette Ranger, en die prysgeld aan Pieter oorhandig. “Hierdie is ‘n wonderlike manier waarop ons my ma se nalatenskap en haar digkuns kan eer. Dit is ‘n voorreg om hierdie prys te oorhandig,” het sy gesê. Pieter het, nadat hy die prys in ontvangs geneem het, van sy gedigte voorgelees en ook sy eie verwerkings met klavierbegeleiding van sy gedigte gedoen. “Hierdie is vir my ‘n baie groot eer en ek is baie dankbaar,” het hy gesê.


4

18 September 2019

NUUS • NEWS

Hugo Rust en Linton Park span saam vir renosterbewaring Hugo Rust Laerskool en Linton Park Wynlandgoed het hierdie jaar weer saamgespan om Internasionale Renosterdag met ruim bydraes te vier. Renosterdag, wat elke jaar op 22 September gevier word, het hierdie jaar ‘n stewige hupstoot uit die wonderlike inisiatiewe van hierdie twee plaaslike instansies gekry. Hugo Rust, wat in die verlede jaar ook ‘n groot inisiatief vir hierdie verdienstelike doel gehad het, het hierdie jaar op skool se skenking van vorige jare probeer verbeter. Hul ondersteuning vir hierdie waardige saak strek reeds oor die afgelope paar maande. Hulle het vier speelgoed-renosters, wat deur Linton Park verskaf is, “aangeneem”. Hierdie renosters het saam met die seuns, dogters en onderwysers op ‘n kompetisie-basis, met bewusmaking as doel, as deel van die skool se foto’s op hul sosiale netwerk-platforms verskyn. Die seun, dogter en onderwyser wat die mees oorspronklike foto saam met een van die renosters geneem het, het uiteidelik ‘n prys ontvang. Hugo Rust het hul inisiatief verder gevoer deur ‘n fondsinsameling vir renosterbewaring te hou. Elke leerder het ‘n blikkie gekry wat vir renosterbewaring met geld gevul kon word. Die geld wat hulle vanjaar met hierdie inisiatief ingesamel het, het alle verwagtinge oortref. Die reuse-bedrag van R40 079, 45 wat met die kleingeld in die kinders se blikkies ingesamel is, is op Vrydag 13 September tydens ‘n spesiale geleentheid aan die Rhinos without Borders organisasie in Hugo Rust se skoolsaal oorhandig. ‘n Spesiale oorhandigingsgeleentheid, waar Linton Park ook hul bydrae tot die projek aan Rhinos without Borders oorhandig het, het op Saterdag 14 September tydens ‘n uithalergeleentheid by die V&A Waterfront plaasgevind. Les Carlisle, die Groep-bewaringsbestuurder van die AndBeyond Groep en projekbestuurder van Rhinos without Borders (RWB), het op Vrydag 13 September spesiaal na Wellington gereis om Hugo Rust se bydrae tydens die oorhandigingsgeleentheid in hul skoolsaal te ontvang. Hy was oorstelp oor die groot hoeveelheid geld wat ‘n kleinerige skool op ‘n plattelandse dorp, te midde van baie ekonomiese uitdagings, vir hierdie verdienstelike saak ingesamel het. “Dit is wonderlik om te sien hoe ‘n skool in ‘n klein dorp so ‘n groot verskil kan maak. Hugo Rust is ‘n skool wat ‘n verskil maak, net soos Rhinos without Borders ‘n organisasie is wat ‘n verskil probeer maak,” het hy gesê. Les het die program in die skoolsaal met ‘n informatiewe praatjie oor renosterbewaring afgeskop. Hy het meer rondom renosterbewaring vertel en die proses waarmee Rhinos without Borders renosters vanaf Suid-Afrika na Botswana verskuif, vertel. Hy het ook ‘n skyfievertoning en kort video wat hul werk uitbeeld, vertoon. “Van die oorspronklike 100 renosters wat ons na Botswana wil verskuif, het ons reeds 87 geskuif. En julle het ons gehelp om dit te doen. Daar is ook al 30 klein renostertjies gebore uit die renosters wat reeds verskuif is. Julle het

dus gehelp om aan al hierdie renosters ‘n nuwe toekoms te gee,” het Les gesê. Die praatjie en skyfievertoning is met ‘n vasvra-kompetisie onder die leerders opgevolg. Ronél Saayman, ‘n onderwysers by Hugo Rust wat die inisiatief gedryf het, het aan elke graad ‘n vraag rondom renostebewaring gevra. Die leerders kon renoster-verwante pryse met hul antwoorde wen. ‘n Skyfievertoning van al die oulike foto’s wat die skool se leerders, ouers en onderwysers saam met die speelgoedrenosters op sosiale media geplaas het, is ook gewys. Die wenners van die beste foto’s is onder luide toejuiging aangewys. Linton Park het op hul beurt ‘n allemintige R140 000 vir renosterbewaring in Suid- en Suidelike Afrika geskenk. Saam met die skenking van Hugo Rust, het Rhinos without Borders dus meer as R180 000 uit Wellington se gemeenskap ontvang - iets waaroor hul baie dankbaar is. Volgens Herman le Roux, Linton Park se Kommersiële Direkteur, het die wynlandgoed ‘n spesiale verbintenis met bewaringsgedrewe inisiatiewe. “By Linton Park onderskryf ons die Camellia Groep, wat die landgoed besit, se globale filosofie van omgewings- en natuurbewaring waar ons ookal kan. In die lig van die feit dat ons ‘n sensitiewe en bedreigde ekosisteem, naamlik Renosterveld, op die landgoed het, het ons besluit om onsself tot bewaring op ‘n groter skaal, en veral ten opsigte van renosters, as deel van Suid-Afrika se unieke kulturele erfenis, te verbind,” het hy verduidelik. Hy het bygevoeg dat die landgoed R1 per bottel van verkope uit hul Rhino-wynreeks vir hierdie doel skenk. Op hierdie wyse kon hulle die afgelope jaar altesaam R140 000 bymekaar maak. ‘n Projek van so ‘n groot omvang kan natuurlik nie sonder baie moeite en hope energie aangedurf word nie. Die honderde blikkies waarin die kinders van Hugo Rust geld bymekaar gemaak het, moes leeggemaak word, die geld moes gesorteer word en alles moes getel word. “Ons het altesaam 1 897 banksakkies vol geld gesorteer, getel en gaan inbetaal,” het Ronél laggend gesê. “Die kinders het dit alles self gedoen,” het sy bygevoeg. Buiten die geld wat die skool ingesamel het en die bewusmaking op sosiale media het hulle ook ander projekte rondom die renoster-inisiatief geïnisieer. ‘n Groot draad-renoster is vol plastiekdoppie gemaak - ‘n herwinningsprojek wat hand-aan-hand met die bewaringstema loop. Talle kunswerke van renosters, prente en selfs drie-dimensionele renosters van papier mache het ook in die skool se klaskamers die lig gesien. “Ek kan nog steeds nie glo dat ‘n laerskool so ‘n groot projek kan aanpak en soveel geld uit ‘n klein gemeenskap kan insamel nie. Wat hulle hier doen, is iets wat in die groter prentjie en die ewigheid ‘n verskil maak - en dít is beter as enige nalatenskap,” het Les na die oorhandiging van die skool se tjek gesê.

Bo: Die hoofleiers van Hugo Rust het die reuse-bedrag wat die skool ingesamel het aan Les Carlisle van Rhinos without Borders oorhandig.

Bo: Les Carlisle van Rhinos without Borders het 'n praatjie oor renosterbewaring gegee en 'n skyfie- en videovertoning oor die onderwerp gewys.

Wellington se VLV skop lente op flukse noot af

Die plaaslike VLV-tak het die lente op Donderdag 12 September op ‘n flukse, kreatiewe, inspirerende noot afgeskop. Hierdie eerste lentebyeenkoms in die saal van die Noord-gemeente, met ‘n skoonmaak-tema, het vir talle glimlagte, interessante praatjies en hope inspirasie gesorg. Buiten die gebruiklike marktafel wat onder die vars en handgemaakte produkte gekreun het, het die trekking van ‘n lootjie en spesiale verjaardagwense aan lede die oggend ingekleur. Die nuwe bestuur van die VLV is bekendgemaak en lede wat pryse by die onlangse nasionale VLVKongres gewen het, is vereer. Susan Laubscher se skryfstuk, wat ‘n derde plek by die Kongres behaal het, is ook voorgelees. Die skoonmaak-tema is nie net deur die bestuurslede wat die byeenkoms gereël het se kleredrag, sowel as die prys wat met die lootjie gewen kon word uitgebeeld nie, maar is ook deur die geleentheidspreker in haar praatjie onder die loep geneem. Ronelle Hoffeldt van die Paarl het oor ‘n nuwe soort tegnologie, wat met kwantum-fisika werk en die liggaam kan “skoonmaak” en weer in balans bring, gepraat. Volgens Ronelle werk die tegnologie wat hulle in hul praktyk gebruik holisties. “Dit kyk na die liggaam, siel en gees en alles word aangespreek. Die masjien wat ons het kan trauma in jou liggaam gaan soek en opspoor.

Alles werk met energie en waar die frekwensie uitgestel word, veroorsaak dit stresse, wat tot simptome in die liggaam lei. Ons help kliënte om die frekwensie te herstel. Die masjien meet olie, water en PH in die liggaam en kan ‘n betrokke probleem sonder newe-effekte balanseer,” het sy verduidelik. Juanite Loubser, voorsitter van die plaaslike VLV-tak, het ook tydens die byeenkoms verslag gelewer oor die onlangse inter-tak byeenkoms in Malmesbury en meer inligting oor die VLV se Sirkeldag op 10 Oktober gegee. Sy het die lede ook uitgenooi om hierdie geleentheid by Slot van die Paarl by te woon. “Die bekende Wilco van Wyk sal daar optree, daar sal ‘n modeparade en ‘n marktafel wees. Almal is welkom en julle kan ook vriendinne saambring,” het sy gesê. Sy het ook meer oor die VLV se “Boks vir ‘n Boervrou”-projek vertel. Met hierdie projek wil die plaaslike VLV-tak skoenbokse met bederfitems vul en aan boervroue in die droogtegeteisterde Karoo skenk. Karen Barnard het meer oor die afgelope Kongres se Vieringsaand vertel en Gerda Smit het verslag gelewer oor die Landbou-portefeulje se seminaar oor verpakking wat sy by die Kongres bygewoon het. Die oggend is met ‘n heerlike kuier rondom tee en smaaklike eetgoed afgesluit.

Die bestuurslede wat die byeenkoms georganiseer het saam met die spreker, Ronelle Hoffeldt, en Susan Laubscher en Dalene Buckle wat pryse by die VLV se nasionale Kongres gewen het.


NUUS • NEWS

18 September 2019

Groot name, fees, vermaak by Tuin van Digters Wellington het die afgelope naweek ‘n behoorlike kultuurinspuiting met die Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum beleef. Dit was ‘n viering van ons kultuur, herkoms, taal, diversiteit en eendersheid. Dit was boonop ‘n viering van Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag op 16 September en dié bekende oud-Wellingtonner en sy vrou, Yolande, het die fees bygewoon. Met die tema, “(aan)dadig”, het die fokus van die fees vanjaar geval op hoe elkeen uit verskillende gemeenskappe op uiteenlopende maniere nie skuldig moet wees om uitdagend en skeppend te wees nie, maar juis aandadig, en uiteindelik dadig, daaraan te wees. Kunstenaars van regoor die land het deur middel van eie gedigte, musiek, kunswerke, in openbare ruimtes, in vertalings in en uit Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans aan die wonder van woorde gestalte gegee. Almal was (aan)dadig. Besoekers kon tydens die fees binne ‘n gemoedelike atmosfeer met talle plaaslike en internasionale ikone skouers skuur. Diskoerse oor poësie en gesprekke oor Breyten se werk is met vertonings van ‘n verskeidenheid kunstenaars afgewissel. Die Tuin van Digters het op Vrydag 13 September met die opening van die (Aan)dadige Kunsuitstalling afgeskop. Die openingspreker was Ashraf Jamal, ‘n kulturele analis by die Fakulteit van Ontwerp en Informatika aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, skrywer van “Predicaments of Culture in South Africa” en medeskrywer van “Art in South Africa: the Furture-Present”. Sowat 20 genooide kunstenaars het aan hierdie uitstalling deelgeneem en het gepoog om aktief met hul kuns (aan)dadig te wees aan die bou van ‘n beter en mooier leefplek vir almal. Ashraf het tydens sy openingstoespraak na die tema van die fees verwys. “Wie is die ‘ons’ wat nie skuldig nie, maar aandadig moet wees?” het hy gevra en die identiteit en paradoks van Afrikanerskap bespreek. “Kuns lê instrumenteel in die oorkoming van skuld. Dit bring die hunkering na iets beter bymekaar,” het hy gesê. Tydens Vrydag se program kon besoekers hul in ‘n verskeidenheid praatjies en vertonings deur uiteenlopende kunstenaars verlustig. Plaaslike musikante en woordkunstenaars het almal laat welkom voel. Danie du Toit, voorsanger en skrywer van Spoegwolf het oor sy digkuns en sy musiek gepraat en van sy bekendste liedjies gesing. Andries Bezuidenhout, professor Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent en Ampie Coetzee het hulde gebring aan Breyten Breytenbach en die bundel “Rooborsduif”, ‘n oorsig van Breyten se gedigte van die jare sestig tot vandag, is bekendgestel en bespreek. Laurinda Hofmeyer en Schalk Joubert het ook toonsettings van Breyten se gedigte uitgevoer. ‘n Paar verrassingsitems deur onder andere Gert Vlok Nel en Jan Blohm het vir ‘n heerlike afskopaand by die fees gesorg. Breyten het

emosioneel na al die gesprekke en vertonings gesit en kyk en self sommer, impromptu, op die verhoog van sy gedigte voorgelees. Saterdag se vertonings het met ‘n vertoning deur die plaaslike leerders van Weltevrede Sekondêr wat hul eie gedigte rymklets,lees en sing, afgeskop. Alma Nel se dramastudente by die Breytenbach Sentrum het hul produksie, “’n Fyn, fyn lyn…tussen ‘n fairy tail en ‘n joke” opgevoer en Chrisalis, ‘n nuwe digbundel, is bekendgestel. ‘n Nuwe huldigingsbundel, Woordenaar Woordnar, oor Breyten is ook bekendgestel. Die gesprekke en paneelbesprekings is met vertonings deur die plaaslike Mengelmoesdigters, Frazer Barry, Churchill Naude en vier ander bekroonde kreatiewe woordkunstenaars afgewissel. Tydens die bekendstelling van die nuwe “Ons Klyntji” digbundel het bydraers, waaronder ‘n paar Wellingtonners, van hul gedigte voorgelees. Louis en Engela Duvenage, sowel as Anouk Cronje, ‘n graad 11-leerder aan Hugenote Hoërskool, het hul gedigte wat in die bundel opgeneem is, voorgelees. Willemien/Philomène het met haar toonsettings van Afrikaanse en Franse gedigte betower en die bekende Elsabé Daneel het treffend en roerend voorlesings van Afrikaanse gedigte gedoen. Buiten die toekenning van die Ingrid Jonker Literêre Prys, is gaste met ‘n voorlesing waar Breyten sy eie gedigte saam met Schalk Joubert op baskitaar gelees het, bederf. Die Nederlandse Lieke Joosen het die gehoor met haar Afrikaanse liedjies op ‘n musikale soektog geneem, waarna die aand op ‘n hoogtepunt afgesluit is toe die bittereinders saam met die kunstenaars, skrywers en digters op die aansteeklike ritmes van Riku Lätti se Wasgoedlyn kon voete skuif. Die Tuin van Digters, wat elke jaar rondom Breyten Breytenbach se verjaardag plaasvind, het hierdie jaar met die “(aan)dadige” tema gestalte gegee aan dít wat Breyten vir die Sentrum gewens het: “Want hierdie is nie ‘n plek van opgee of afgee of weggee nie; dit gaan oor aangee. Nie om verdeel of opdeel nie, maar om deelname en deelwórd.” ‘n Groot bonus was Breyten en Yolande se teenwoordigheid by al die aktiwiteite. Hul innemende meelewing met alles wat tydens die fees plaasgevind het, die nederige dankbaarheid, droë humorsin, skerp intellek en emosionele reaksie op wat die Tuin van Digters vanjaar gebied het, was nie net ‘n viering van Breyten se bydrae as Afrikaanse ikoon nie, maar ook ‘n menslike bevestiging daarvan. Soveel kultuur, soveel variëteite van Afrikaans, soveel uiteenlopende kunstenaars en menings, soveel hoop, soveel woorde, soveel variasies op dieselfde tema, soveel verskille en soveel ooreenkomste. “Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig”. Dit is Breyten se woorde. Dit het vanjaar in die Tuin van Digters gestalte gekry. Dit sal in die toekoms na ons terugkaats.

Die plaaslike Mengelmoesdigters lees van hul gedigte.

Die vriende Breyten Breytenbach en prof. Ampie Coetzee, wat beide vanjaar 80 geword het, gesels tydens die fees.

Frazer Barry tydens die Woorde op Akkoorde vertoning.

Elsabe Daneel het treffende, roerende gedigte voorgelees.

Ashraf Jamal en Anne-Ghrett Erasmus tydens die opening van die feesuitstalling.

5


6

18 September 2019

Opleidingsentrum hou diplomaplegtigheid

NUUS • NEWS

Links bo: Majika Luleka is as die student van die kwartaal aangewys. Links: Shaniel Swarts is as die student wat die beste vordering getoon het, aangewys. Bo: Die groep studente wat die Verfrissingskursus in Tuisversorging voltooi het saam met Joa van Kuijk, wat die kursus ontwikkel en aangebied het.

Die studente wat die kursus in Tuisversorging voltooi het saam met Joyce Meyer, hul fassiliteerder.

Die studente wat die kursus in Kindersorg voltooi het saam met hul fassiliteerder, Cara Smit. Die Wamakersvallei Opleidingsentrum het op Donderdag 12 September hul studente tydens ‘n diplomaplegtigheid vereer. Hierdie sentrum, wat reeds in 1998 hul deure geopen het, fokus veral op die opleiding van persone om die gemeenskap te dien. Hul benadering is aksie-georiënteerd en holisties – iets wat die behoeftes in die gemeenskap aanspreek en deur leierskap in die gemeenskap gedryf word. Die Opleidingsentrum het hierdie jaar verskeie kursusse in o.a. Kindersorg, Tuisversorging en opleiding as Salonassistente aangebied. Studente kon ook ‘n nuwe kursus, wat ‘n opvolg- en verfrissingskursus vir die Tuisversorgingskursus is, doen. Talle studente het met die hulp van die bekwame fassiliteerders die geakkrediteerde kursusse suksesvol voltooi. Die Moederkerk se kerksaal was stampvol met gaste, eregaste, personeel, studente, ouers, bestuurslede en raadslede wat die geleentheid

bygewoon het. Volgens Elsabé Lintvelt, die sentrumbestuurder, is dit elke jaar ‘n besondere geleentheid om hierdie studente te vereer. “Al ons ondersteuners, ons studente, ons personeel en ons borge voel al soos familie en dit is altyd spesiaal om met ‘n diplomaplegtigheid al die bekende gesigte te sien,” het sy gesê. Ulrich Lottering van Networking for Christ SA het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Hy het oor sy organisasie se werk onder gevangenis gepraat en ook na dit wat die Bybel oor bekommernisse sê, verwys. “By ons organisasie doen ons tronkbediening, help met herintegrasie, mentorskap en nasorg. Ons probeer ook om die gemeenskap se persepsies van oortreders te verander en die stigma rondom oortreders af te skud. In die Bybel staan dat ons ons nie oor dinge moet bekommer nie. Dit gaan oor vertroue. Hierdie waarheid is nie net van toepassing op gevangenis nie, maar

ook op elke student wat hier ‘n diploma ontvang. Jou pogings is genoeg. Wees geduldig - die regte ding sal op die regte tyd na jou toe kom ,” het hy gesê. Die gasspreker by die geleentheid was die onlangse mede-wenner van die Winnie Rust Toekenning, Danelene Ruiters. Sy het, ten spyte van haar grootwordjare as die kind van plaaswerkers, groot suksesse in die lewe behaal en het ‘n groot passie vir haar wortels. Sy het haar eie ondervinding, die lesse wat sy geleer het en die trots op haar herkoms met die studente gedeel. “Weet wie jy is en wees trots op vaarvandaan jy kom, op jou wortels. Weet ook waarheen jy op pad is. Daar is groot dinge in store vir elkeen van ons. You are not the product of your circumstances; you are the product of your choices,” het sy gesê. Tydens die diplomaplegtigheid is die studente

wat kursusse in Kindersorg, Tuisversorging, as Salonassistente en die Verfrissingskursus vir Tuisversorging voltooi het, vereer. Die diplomas is deur die verskillende fassiliteerders aan die studente oorhandig en die tuisversorgingstudente het ook ‘n eed, waarmee hul hulself tot etiese dienslewering in die mediese veld verbind, afgelê. Daar is ook verslag gelewer oor die positiewe terugvoer wat die Sentrum van instansies waar die studente hul prakties gedoen het, ontvang het. ‘n Studente-verteenwoordiger uit elke klasgroep het namens die groep ‘n bedanking gedoen. Shaniel Swarts is as die student wat die beste gevorder het aangewys. Die sentrum het ook hul top-student vir die kwartaal, Majika Luleka, met ‘n spesiale toekenning vereer. Belangstellendes kan die Wamakersvallei Opleidingsentrum by 021-873 5942 of elsabe@ wamakerstraining.org.za kontak.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.