18 September 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free • Gra�s

Jou bron van goeie nuus

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

18 September 2019

LSS: 75 jaar van diens Laerskool Swartland vier 75 suksesvolle jare op Malmesbury. Die ontstaan van LSS in 1944, se geskiedenis dateer egter reeds twee eeue terug na 1743. ‘n Kerkskooltjie kom daardie jaar, in 1743 op Malmesbury in die Swartland tot stand, in opdrag van Baron van Imhoff. ‘n Eeu later in 1843, sien die eerste volle staatsbeheerde skool in die Swartland die lig. Dié skool in Kerkstraat, het intussen begin fungeer as twee skole as gevolg van die groot getal leerders, naamlik die “Public School” vir meisies met opleiding tot standerd 8 (graad 10) en die “Jongens Publieke School” vir die seuns, met opleiding tot matriek, wat in Tuinstraat gestig is. Die skool het intussen verskuif na die huidige perseel van die laerskool in 1904. Dit is weer ‘n eeu later toe die twee skole in 1944 amalgameer en omskep word in ‘n gemengde laerskool en ‘n gemengde hoërskool. Die primêre skool staan sedertdien as Laerskool Swartland bekend. Vandag gaan die skool ,met sy 1100 leerders en 48 onderwysers steeds

van krag tot krag. Ter viering van die 75ste bestaansjaar, is die tema, Liefde Wen, gebore. As deel van die feesvieringe, is daar onder meer aan die begin van die jaar ‘n Feesdiens aangebied. Leerders, onderwysers en sommige ouers, het ook by vanjaar se kermis, met Liefde Wen T-hempde gepronk. Die Feesdinee, wat talle oud-onderwysers, oud-skoolhoofde en leerlinge onthaal het, het verlede week plaasgevind. Die skool gaan ook ‘n jaarboek laat druk ter viering van die groot mylpaal. Laerskool Swartland doen daagliks hul leuse, “Ons Dien” gestand met talle hoogtepunte wat oor die jare gevier is. Laerskool Swartland en sy leerders, presteer jaarliks op akademiese, kulturele –en sportsvlak. Daar word elke jaar gespog met uitblinkers by die Suid-Afrikaanse Wiskunde Uitdaging, Amesa, waarheen leerders genooi word. Só ook by die Conquesta-uitdaging waartydens leerders se breine omtrent tot die uiterste getoets en daar ook presteer word. Die laerskool se koor spog vanjaar wéér as die streekswenners en Cum Laude of goud is jaarliks

aan die orde van die dag wanneer dit by Eisteddfod kom. Die skool het boonop vyf Cravenweekkapteine opgelewer, asook baie oud-leerders wat povinsiale spanne gehaal het. LSS spog verder met die nommer een krieketskeidsregter ter wêreld, naamlik Marais Erasmus. Van die fasiliteite wat tot vandag toe hoog op die prys gestel word, is sekerlik die Sonskynklas wat in 1999 tot stand gekom het en voorsiening vir kinders met gestremdhede maak. Die ontwikkeling van hul sportsentrum het ‘n jaar later in aanvang geneem. Bo en behalwe hierdie uitbreidings, is daar verder ook voorsiening gemaak vir graad R-leerders. Die ontstaan van die ASD-klas is ook sowat drie jaar later gevier. Daar kan verder nog uitgesien word na toekomstige uitbreidings, soos byvoorbeeld die kiosk en splinternuwe ablusiegeriewe (Sien binne tydlyn vir meer inligting). Die toekoms lyk blink. Nie net vir Laerskool Swartland self nie, maar vir elke leerder wat vandag daar is of in die toekoms met ope arms daar verwelkom sal word.


II

18 September 2019

NUUS • NEWS

Laerskool Swartland vier 75 jaar Geskiedenis van die skool

Skoolhoofde van toe tot nou

In 1843 het daar ‘n skool in die Swartland, wat onder staatsbeheer gestaan het, in Kerkstraat tot stand gekom. Die skool het met slegs 30 leerders geopen. Die getalle het vinnig gegroei tot 150 in 1885. Vanaf 1894 het die skool as twee skole gefungeer, naamlik die Meisieskool en die “Jongens Publieke School”. Die seunsskool was aanvanklik in Tuinstraat geleë, maar het in 1904 na ‘n nuwe gebou in St. Thomasstraat verskuif. In die begin van die 1940’s, was die leerlingtal van die twee skole besonder laag as gevolg van die toename in die ontstaan van skole in die

JJ Kemp Januarie 1944 tot Januarie 1953 JJ Engelbrecht Januarie 1954 tot Desember 1958 FS Roberson Januarie 1959 tot Junie 1960 DS Botha Januarie 1961 tot Desember 1963 CJ Potgieter Januarie 1964 tot Desember 1979 L Greybe Januarie 1980 tot Desember 1982 THJ Mouton Januarie 1983 tot Desember 1992 HS Weideman Oktober 1993 tot Desember 2013 KD Rautenbach Januarie 2014 tot huidig

Bo: Die seniorkoor, wat oor die jare reeds talle toekennings ingepalm het, het van hul gewildste liedere gesing. Die koor is onder leiding van Carina Zolnner.

Regs: 'n Volgepakte skoolsaal is getrakteer op die geskiedenis van die skool en het saam met oud-skoolhoofte en beheerliggaamlede die skool se 75ste bestaansjaar gevier.

omliggende dorpe. Al uitweg was toe om die twee skole te amalgameer. Die seunsskool word tóé omskep in die amptelike Hoërskool Swartland, terwyl die meisieskool die Laerskool Swartland word. Die amalgamering het in 1944 plaasgevind, wat ook die amptelike ontstaan van die Laerskool Swartland was. En 75 jaar gaan Laerskool Swartland steeds van krag tot krag. Oor die eerste twin�g jaar, is daar wynig inlig�ng beskikbaar. Wat wel bekend is, is dat die leerlingtal in 1969 reeds tot 599 gegroei het. Daar is ook vanaf 1963 aansoek gedoen om toestemming vir finansiële hulp vir uitbreidings

te kry. In 1975 betaal die skool onder meer sowat R14 000 vir vier nuwe tennisbane. Die skoolfonds in 1976 vir sub A (Graad 1) tot St. 1 (Graad 3) was maar ‘n skamele R1.50c per leerling per kwartaal. Die skoolfonds vanaf St.2 (Graad 4) tot St.5 (Graad 7), was R1 per leerling per kwartaal. Danksy destydse skoolhoof, mnr. Potgieter, asook mnr. Greybe en mev Hannetjie de Swartdt, is daar prioriteit verleen aan die behoe�e vir ‘n nuwe skoolgebou. Dié nuwe skool is op 25 Maart 1988 ingewy en word as een van die grootste hoogtepunte in die skool se bestaan beskou. Bron: Jaarblad


Swartland • Bergrivier Free 1 • Gra�s

Jou bron van goeie nuus

18 September 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

18 September 2019

De Panne, Black Mamba neem voortou

Stand van die damme Die damvlakke van die voorsieningsstelsel van die Wes-Kaap se vlakke het die afgelope week ongeveer onveranderd gebly en het met 0.1% gestyg. Die Bergrivierdam se vlak was verlede week op 98.8% en staan nou op 99.5% in vergelyking met verlede jaar se 97.7%. Die Laer-Steenbrasdam se vlak staan op die 99.8%-vlak, in vergelyking met verlede week se 99.7% en verlede jaar se 87.5%. Die Theewaterskloofdam se vlak draai by die 72.1% merk hierdie week, in vergelyking met verlede week se 72.2% en verlede jaar se 52.3%. Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week gestyg van 87.9% na 88.3% in vergelyking met verlede jaar se 83.3%.

Die span van De Panne Angus van Jannie Kotze (Moorreesburg), het vanjaar die goue beker vir hul Swart Angusbul opgeraap op die Swartlandskou se interras-kampioenskappe op Moorreesburg. Black Mamba Nelene van Jaco Smit, ook van Moorreesburg, het op haar beurt vir ‘n tweede keer die goue beker as die kampioen-koei verower. Paul Kotze en Theo Smit, seuns van Jannie Kotze en Jaco Smit, het die voorreg gehad om die bekers om hoog te hou en die goue oomblik saam met hul ouers te deel. Lee Wilson, Dawn Wilson, Wikus van der Merwe, PJ Budler en Willie de Jager het die afgelope Saterdag die interras-finaliste beoordeel. Die nasionale Angus-kampioenskappe het vanjaar by die Swartlandskou plaasgevind en was ‘n reusesukses. Foto: Hesmarie Nel van Nessa Photography

18 September 1859: Apostoliese Kerk op Malmesbury ingewy

bl 2


2

18 September 2019

•KERKGEBOU OP 18 SEPTEMBER 1859 INGEWY

NUUS • NEWS

Apostoliese Kerk kyk terug oor 160 jaar

Gemeenteleiers Vanaf 1928 – 1956 het besoekende amptes uit die Kaap gedien Pr. Hoffman 1956 tot 1962 Pr. Nagel Augustus 1966 tot Mei 1988 Distr. Oudste H. Fouche Mei 1988 tot November 1988 Evang. P. Abrahamse November 1988 tot Januarie 1990 Distr. Evang. D. Peterson Januarie 1990 tot Junie 1992 Herder J. Tischendorf Junie 1992 tot Januarie 1994 Distr. Evang. D. Peterson Januarie 1994 tot Desember 1994 Evang. G. Kotze Desember 1994 tot Augustus 2012 Pr. M. J. Garisch Augustus 2012 - huidig

Biskop Robert Gray en sy vrou Sophia

Die plaaslike Apostoliese Kerk op Malmesbury vier vandeesweek 160 jaar se bestaan. Die geskiedenis van hierdie nasionale gedenkwaardigheid kan teruggevoer word tot 1848, toe biskop Robert Gray Malmesbury besoek het om die moontlikheid van die stigting van ‘n Anglikaanse Kerk te ondersoek. Ná verskeie pogings het die Britse regering in 1858 die vergunning gemaak deur twee stukke grond vir ‘n kerk en begraafplaas af te staan. Die plan vir die kerk is geteken deur biskop Gray se vrou, Sophia. Die bouwerk is ná ‘n jaar voltooi en op 18 September 1859 het biskop Gray die inwyding van die “St Thomas Church” waargeneem. In 1944 is die gewel van die kerk waaraan die kerkklok gehang het, beskadig en is daarna nie weer na die oorspronklike vorm herstel nie. Die oorspronklike klok is bewaar en gaan eersdaags weer permanent in die kerkgebou uitgestal word. In 1974 het die Anglikaanse-gemeente verskuif, omdat die kerk verkoop is en word sedertdien deur die Nuwe Apostoliese Kerk gebruik. Vroeë Anglikaanse priesters wat in die kerk gedien het, was o.a Fathers - Reverends Charles Clulee, Frederick Edwards, Charles E. Jones, Alfred S. Allum, William S. Schierhout, Cecil R. Haywood, Richard Loffhagen, Ian Eve, Peter Wilson, Thomas Inman, Richard Hall, Bruce Schooling, Brian Bolten en Michael Phillips. Tussen die jare 1928 en 1932 het verskeie broers in Malmesbury gewerk en so gehelp om ‘n gemeente te vestig. Die aanvanklike gemeente was gehuisves in ‘n saal in Loedolfstraat wat as ‘n kerk gedien het en waar dienste daar vir 'n jaar gehou is. Met die verloop van tyd het amper al die broers en susters verhuis na ander dorpe en vir ‘n paar jaar was daar in Malmesbury geen dienste gehou nie. Die kerksaal wat in ons besit was, is toe deur Apostel Abicht verkoop, omdat dit nie in gebruik was nie. In 1948 het die familie Mostert wat nog hier was, elke Sondag ver gereis om dienste in Bellville by te woon. Na ‘n tyd is dienste hervat in Malmesbury en is dit gehou in die huis van broer Mostert. Die dienste is gelei deur die Priesters van Parow-distrik wat Sondae vir die volle dag gekom het en na die diens in die gemeenskap gaan getuig het. Saam met hulle het die Diaken

Die kerkgebou in 1859

Hoffman gewerk. Hy was later in die Priesteramp geplaas en het toe na Malmesbury verhuis waar hy die Gemeenteleier geword het. Ná die dood van Priester Hoffman was Diaken Nagel in 1966 in die Priesteramp verordeneer en deur die Apostel Johan Kitching. In daardie tyd is dienste in ‘n paar verskillende geboue gehou. Een van die geboue was deel van ‘n drankwinkel, waar dit Sondae natuurlik nie ‘n baie aangename plek was nie. Later is dienste in Priester Nagel se huis gehou en daarna is ‘n gebou gehuur by broer P. Loubser. Die Distrikapostel Gut het vir baie jare probeer om ‘n kerk hier te bou, maar die aansoek is nooit deur die dorpsbestuur goedgekeur nie. In die jaar 1973 het Priester Nagel gehoor dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat die St Thomaskerk te koop is. Distriksapostel Gut het dadelik navraag gedoen en na onderhandelinge is die gebou aangekoop. Deur die gunstige oorweging van die Distrikapostel Gut was daar ‘n paar veranderinge aangebring o.a ander ligte buite en binne die gebou, ‘n nuwe altaar is aangebring en al die banke is gerestoureer. Die ingangsportaal en toilette is aangebou en ook vele ander kleiner restourasiewerke is voltooi. In alle restourasiewerk is daar probeer om die karakter en boustyl van die gebou te behou. Die kerk is ook toegerus met ‘n klein

pyporrel wat nog meer karakter aan die gebou verleen het. Die kerkgebou is deur Distriksapostel Gut op 18 September 1975 ingewy. In 2014 is daar plaveisel aan die agterkant van die kerk aangebring deur ‘n spanpoging van die gemeentelede. Die volgende jaar, in 2015, is daar heelwat opknappingswerk aan die kerk deur die NAK-hoofkantoor gedoen. Die kerk is ook geverf en nuwe matte is gelê. In dieselfde jaar op 10 Desember 2015, hou die Distrik Apostel Patric Nkwamazi ‘n godsdiens waar die teks Johannes 15 vers 1 en 2 aangehaal is. Van die oorspronklike families wat 'n bydra gelewer het tot die ontwikkeling van die gemeente, woon steeds gereeld die dienste by. Die oudste gemeentelid is Marie Loubser wat 89 jaar oud is. Haar kinders is steeds ook getroue gemeentelede. Anelia Nagel, vrou van die oorlede Priester Nagel, is ook steeds ‘n getroue gemeentelid. Alle dankbaarheid aan al die families wat geloof behou het en voortgestry het in moeilike omstandighede om tot vandag nog die voorreg te kan hê om nog steeds in hierdie gebou, die geloof te kan beoefen en uit te leef. Lof en eer aan ons Hemelse Vader wat ons bo ons verwagtinge geseën het met ‘n kerkgebou waarop ons volkome trots kan wees en dat ons die geloof kon behou en bevorder tot in die hede.

Atkins tips hat to Sadie, Badenhorst UK Journalist Tim Atkin says South Africa is making the greatest wine in its history. The Cape is firmly established as “one of the most exci�ng wineproducing countries on the planet”, thanks to a combina�on of old vines, young winemaking talent, established names, varied terroirs and a can-do spirit, according to award-winning Bri�sh journalist and Master of Wine Tim Atkin, who has just released his seventh annual guide to South Africa. In his eagerly an�cipated 2019 report, Atkin has awarded 99 points to two wines - 2017 Boschkloof Epilogue Syrah and 2018 Sadie Family ’T Voetpad - and 95 points or more to a further 159 wines. “There was no 100-pointer this year,” he says, “but all of my top-rated wines are excep�onal, reflec�ng the diversity and excep�onal quality of the best of the Cape.” Atkin highlights a number of challenges facing the wine industry, especially climate change and the con�nued unprofitability of many wine businesses. “The dams may be fuller than they were a year ago

a�er the winter rains, but producers s�ll need to think about what and where they plant in future,” he says. “We are finally seeing the overdue emergence of a fine wine category, but too much wine is sold too cheaply for the long-term health of the industry. Winemakers need to pay more for their grapes and consumers need to recognise that South Africa cannot con�nue to be the world’s bargain basement.” This year, Atkin singles out Chardonnay, Chenin Blanc, Cinsault and Syrah for special praise, all of which are established varie�es in the Cape, but also highlights the “enormous poten�al” of Albariño, Agiorgi�ko, Assyr�ko, Furmint, Grenache Blanc, Grenache Noir, Malbec, Mourvèdre, Pe�t Verdot, Roussanne and Verdelho. “Not before �me, South Africa is expanding its pale�e of grapes,” he says. Atkin’s 2019 South Africa Special Report runs to over 281 pages and is the product of three trips to the Cape over the last year, as well as further tastings in the UK, and includes top wines of the year

(white, red, rosé, sweet, for�fied and sparkling) and many more informa�on. Atkin has also named his Overall Wines and Winemakers of the Year, which includes our local winmakers, Eben Sade and Paul Jordaan of The Sadie Family Wines. Winner of the Overall White Wine of the Year, goes to 2018 Sadie Family ’Te Voetpad, Swartland. The Red Wine Discovery of the Year, is the 2018 AA Badenhorst Ringmuur Cinsault in the Swartland. The White Wine Discovery of the Year is the 2018 Wolf and Woman Chenin Blanc, aolso from this region, where the 2012 Allesverloren Fine Old Vintage was named the Best value For�fied Wine of the Year. Tim Atkin MW’s 2019 South Africa Special Report is available to download from www.�matkin. com for £20. (Tim Atkin MW is a mul�ple-award winning wine taster, photographer and writer with 34 years’ experience. He became a Master of Wine

at the first a�empt in 2001. His website, �matkin. com won the Louis Roederer Wine Website of the Year Award in 2011 and 2013. In 2014 Atkin won the 2014 Fortnum & Mason Online Drink Writer of the Year Award and in 2015 the Louis Roederer Interna�onal Feature Writer of the Year Award. In 2018 he was named Louis Roederer Online Communicator of the Year. There will be a public tas�ng of his 95 point scoring wines in the presence of the men and women who made them, in Cape Town on 13 September. To book �ckets at a cost of R500, go to: h�p://www.winecellar.co.za/�m-atkin-tas�ng13-sept-cpt-nv.html.

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH WEST COAST TB CENTRE (STATIONED AT ID HOSPITAL)

OPERATIONAL MANAGER NURSING GRADE 1 (GENERAL) Remuneration: R444 276 per annum

For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/health-jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 04 October 2019

137766 HET ZWARTLAND ayandambanga.co.za


NUUS • NEWS

18 September 2019

3

•LANDBOUSEMINAAR BY SWARTLANDSKOU

Marktoegang landbou se LET WEL! grootste uitdaging - Dr. Purchase Ons

“Julle moet glo dat dit wat ons doen, die regte meer as $7 miljard se goedere na die VSA uitvoer. Die land is die 42ste grootste uitvoerder na ding is vir die toekoms van landbou.” Só vra Dr. John Purchase, uitvoerende hoof Amerika wat relatief laag is. Die dienste-uitvoere van Agbiz, die Sakekamer vir Landbou, aan boere na Suid-Afrika, is sowat $2.8 miljard, terwyl by die afgelope Vrydag se landbouseminaar op Moorreesburg. Purchase het die rol wat Amerika en China in die land se ekonomie speel, met landbouprodusente wat die geleentheid kom bywoon het, bespreek. Die Swartland Skou, in samewerking met Graan SA, Nedbank en Kaap Agri, nooi jaarliks onder meer sakevennote in die bedryf en produsente na die geleentheid uit waar die hoofonderwerp gewoonlik rondom landbou draai. Purchase het kortliks hul vyfjaarplan rakende toerisme en landbou aangeraak wat tans in President Cyril Ramaphosa se kantoor is om ter tafel gelê te word. Hy het produsente gevra om te glo in dit waaraan hul werk, wat volgens hom, “absoluut tot voordeel van landbou” en die land se ekonomie sal wees. Volgens hom gaan die toerisme –en landbou industrie hand aan hand met dié rol wat Amerika en China in die plaaslike ekonomie speel. Volgens hom is die grootste enkele probleem in landbou vandag, marktoegang . “Uit die 36 hoë kommoditeite wat ons produseer in Suid-Afrika, is ons netto-uitvoerders van 24 van daardie kommoditeite.” Die oplossing wat hy Dr John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, was noem, is om die land se produkte binne die die afgelope Vrydag die hoofspreker by vanjaar wêreldmark te kry, met ‘n prys gelykstaande se Landbouseminaar by die Swartlandskou op aan die internasionale mark en waar steeds Moorreesburg. Foto Daniela Louw van Daniela geld gemaak word. “Ons moet dus baie Louw Photography. effektief wees en doeltreffend wees om marktoegang te kan bewerkstellig. "Ons ding mee met die bestes en sal moet slim werk om in Suid-Afrika se dienste-uitvoere, $1.9 miljard is, die eerste plek te kan meeding met die res van wat meer positief lyk. Amerikaanse beleggings binne Suid-Afrika plat ook tot ‘n mate bietjie af,” die wêreld,” verduidelik hy. Wat handel met Amerika betref, speel goedere sê hy verder en skryf dit toe aan kommer van en dienste ‘n groot rol. Hy sê egter daar ontstaan Amerika se kant af oor hul plaaslike beleggings. ‘n handelstekort met die VSA wat goedere betref, “Die handelsituasie groei wel met uitvoere van aangesien Suid-Afrika meer uitvoer na die VSA Amerika na Suid-Afrika” Die totale handel in 1992 tussen Suid-Afrika as wat Suid-Afrika invoer. “En dit is hoofsaaklik motorvoertuie,” voeg hy by. Amerika voer en China, was maar $14 miljoen (Amerikaanse omtrent $5 miljard (Amerikaanse US Dollar)se US Dollar), terwyl dit $1.4 miljard in 1998 was, goedere uit na Suid-Afrika, terwyl Suid-Afrika waar dit vandag oor die $60.3 miljard is. “China

Johan Muller, Deon Carstens en Stephan Dippenaar het ook deel van die paneelbespreking gevorm.

WEE AARR W EE OOPPEENN 2244TTHH

SSEEPPTT 220019 19

het ‘n ongelooflike belangrike handelsvennoot geword. Hul belegging in Suid-Afrika is tans oor die $13 miljard,” vertel hy. Daar is wel ‘n negatiewe handelsbalans, omdat baie van China ingevoer word. Besprekings met die Chinese regering oor om die handelsbalans reg te trek, is daar gevra wat Suid-Afrika na die tafel kan bring wat deur China benodig word.” Daar is besprekings om die uitvoere na China aansienlik op te stoot. “China is nie meer agterwêrelds nie. As ons wil gaan meeding daar, moet ons topklasprodukte begin produseer.” Purchase noem ook dat alle transaksies via die mobiele foon gedoen word, wat China in 'n gevorderde tegnologiese klas plaas. "$9 triljoen transaksies word nou per foon gedoen.” Volgens hom behoort Suid -Afrika ook China se visie te volg en dit is om dit maklik te maak om besigheid enige plek ter wêreld te doen. “Landbouhandel tussen lande is die dryfveer van die toekoms en dit is waaraan ons baie aandag moet gee. “Daar is slegs 5% se toegang van ons produkte na China.” Daar word op sy beurt ‘n positiewe handelsbalans in landbou met Amerika sedert 2007 gehandhaaf, wat neerkom op sowat $10 miljard. Ons moet steeds ‘n groter marktoegang kry.” China speel dus ‘n toenemende en baie groot rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie, beide as handelsvennoot en as vaste kapitaal belegger. Daarom moet daar groter marktoegang na China verkry word, veral ons landbouprodukte. Daar is tans wel groot onsekerheid oor die VSA se handelsbeleid, maar Amerika moet nooit geminag word nie, aangesien hulle net te krities belangrik is wat tegnologie, kundigheid en belegging betref.” Na afloop van die hoofspreker se toespraak, was daar ‘n paneelbespreking oor die komende Rugbywêreldbeker wat eersdaags in Japan afskop. Voormalige Springbok Rugbyspelers het op die paneel gedien, naamlik Johan Muller, Deon Carstens en Swartland en Moorreessburg se eie trots Stephan Dippenaar wat vir die Springbok Sewes-span gespeel het.

MARINATED CHICKEN SOSASTIES - 4 PACK

20.00 for 4

SAVE R10

AI RABOSS B LIKE A WITH BRITO’S

WIN

AND

INSTORE COMPETITION: Purchase 2 participating products and stand a chance to win a Brito’s & St Louis Hamper to the value of R300. 26 hampers up for grabs! VISIT OUR FACEBOOK PAGE AND WEBSITE FOR ADDITIONAL COMPETITIONS

GRABOUW BOEREWORS

69.99 p/kg

SAVE R10

telefoonnommer het verander! Kontak ons voortaan op

022 487 2288.

RIB BURGERS MARINATED

69.99 p/kg

NEW PACK SIZE Pork Rashers + Beef Sosaties + Grabouw Boerewors + FREE 250ML ST LOUIS FREE STEAKHOUSE CLASSIC SAUCE

PORK FILLET

KARAN BEEF RUMP / SIRLOIN

“LET’S BRAAI” - BRAAI PACK

p/kg

each

55.99

99.99

SAVE R9

BRITO’S CHOICE

p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from 11th - 28th September 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

75.00 great deal


4

18 September 2019

NUUS • NEWS

Swartland Skou

Kampioen-slaglam: Die Kampioen-slaglamkompetisie by die Swartlandskou wat

vanjaar weer deur Wes-Kaap Lewendehawe Agentskap aangebied is, was ‘n reusesukses met Eldee Pieters van Hopefield wat as die wenner aangekondig is. Van links staan Jannie Dürr van Wes-Kaap Lewendehawe Agentskap, Pieters by die Kampioen-slaglam wat 19.8kg geweeg het, Ben Deysel, Tommy Moolman van Tomis Abattoir wat die kampioen-slaglam vir R4345 gekoop het en John Dürr (Wes-Kaap Lewendehawe Agentskap). Die wenner van vanjaar se Kampioen Groep-slaglammers, wat die afgelope Vrydag by die Swartlandskou op Moorreesburg plaasgevind het, was Stefan Conradie (eienaar: WALCON Ile De France-stoet) van Stellenbosch. By hom staan Jannie Dürr en John Dürr van Wes-Kaap Lewendehawe Agentskap.


NUUS • NEWS

18 September 2019

2019 in beeld

Die leerders van die plaaslike skole het ook aan die aktiwiteite deelgeneem.

Perde: Die perde-items op die program was weer 'n groot hoogtepunt, soos elke jaar.

Die stalletjie van Action Ford Moorreesburg het ook 'n prys vir hul kreatiwiteit ontvang.

5


6

NUUS • NEWS

18 September 2019

Forum hou talentaand Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en polisiekantoor op Moorreesburg, bied ‘n vertoning in die vorm van ‘n talentkompe�sie aan, ter bewusmaking van misdaad en die misbruik van dwelms. Moet nie die geleentheid misloop nie. Belangstellendes wat graag die beste in Moorreesburg wil kom aanskou, kan die Rosenhof-gemeenskapsaal gra�s op 5 Oktober besoek, vir ‘n onvergeetlike ervaring.

Belangstellendes wat graag wil deelneem en ‘n talent het, kan enigiets van dans, sang, komediant, die speel van ‘n instrument, kletsrym of voordrag van een of ander aard insluit. Deelnemers van tussen die ouderdom van 10 tot 23, kan inskryf. Groepopvoerings is beperk tot ‘n maksimum van �en persone. Vir meer inlig�ng, kan Gordinia Bries by 073 245 7104 gebel word, asook Susan Sindair by 064 061 4482.

Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na admin@ hetzwartland. co.za of izelle@ hetzwartland. co.za. Besoek ons webtuiste by www. hetzwartland. co.za.

Studente: Studente van CPUT, UWK en Unisa

het praktiese onderbvinding opgedoen by St.Thomas Primêr oor die afgelope paar weke. Hier is agter Melany Michaels, Shana Olivier, Jonique La Meyer, Carmen van Wiellingh, Cherichke Van Rooyen. 3de ry : Roza-Leigh Arendse, Lauren Moses, Likita Kaptein, Kaylin Arendse. 2de ry: Chelsey Cornelissen, Genevieve Skippers,Lucille Marais. Voor : Raphael Pieraga en Cecily Williams.

LET Ons WEL! telefoonnommer het verander! Kontak ons voortaan op

022 487 2288. Besoek ons webtuiste by www. hetzwartland.co.za of raak deel van ons sosiale mediagevolg en "like" ons blad op Facebook by @HetZwartland.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY GESOEK : 1 Sweiser en 1 handlanger vir staalwerke. Verwysings moet voorgelë word. Skakel : Jaco 082 78000 79 / Blackie 083 961 9009

en edel is wens ek jou toe. Baie liefde – Ouma ---------------Net die mooiste seenwense op jou verjaardag. Lekker verjaar. Baie liefde – ma Chrizaan en kinders ------------------------------

#4754

-----------------------------TE HUUR TO LET Eenkamer woonstel (bachelor) in middedorp van Malmesbury teen R2 650,00 per maand. Beskikbaar 1 Oktober 2019. Kontak Marlene by 022-4821101. #4755

-----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

MARGIE SNYDERS. Fabulous 50!! – 20 September. Happy birthday to our strong and beau�ful mom. We love you! Cereline, Cendrew and Leonie ------------------------------

Kyk wie is een op 20 September. MILAN, baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Mamma en Mammie ------------------------------

21 September. GURSHWIN VAN WIELING. Geseënde mondigwording my kind. Alles wat mooi

18 September 2019

19 September. May Your special day be surrounded with happiness, filled with laughter and brightened with fun. Happy birthday WINSTON. From: Tino ------------------------------

14 September. Gelukkige verjaardag KAYLENE. Mag die Here nog vir jou baie jare spaar en jy moet lekker verjaar. Van: Benoline ------------------------------

14 & 21 September - Ma en dogter baie geluk Tannie HANNA en beste vriendin KAYLA. Seëninge spreek ek oor julle lewens uit - Ashlyn ------------------------------

16 September. BURT APRIL (Pe�o). 50jaar!!. Baie geluk met die

mylpaal wat jy behaal het. Mag die Here jou baie jare spaar. Geniet jou dag. Van: Vrou, dogter, kleinkind, Eunithé, Arries- en Peters familie ---------------Baie geluk “uncle” met die groot vy�ig. Mag God jou vele jare spaar. Baie liefde – Gina, Stasha, Adellaide en Adonise ---------------Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Hoop u geniet die 50. Liefde – Lee-Donavan, Heinrich, Jaques en Pan ------------------------------

XAVIER MARSHALL COETZEE. 19 September. Geluk ons grootman, twee jaar se liefde, vrede, hoop het God in ons lewe gebring. Geniet jou dag – Oumas – Daddas, Rose, Oumyt – Oupas, Boeta en Wallace ---------------Ons emmertjie van vreugde. Alles wat mooi is vorentoe op jou pad. Liefde – Pa Klasie, ma Letha, Coetzee-, Syster- en Jansen familie ------------------------------

22 September. JAN LOUW. Baie geluk. Mag jou paaie gesaai wees met liefde, geluk, hoop, vreugde en vrede. Liefde – Karen, kinders en Ouma ---------------Bly die liefdevolle en dierbare vriend. Alles wat mooi is hierdie spesiale dag. Van: Salomie en Wange ------------------------------

Opportunities to join Swartland Municipality To view the full advertisements, job requirements and response details, please visit www.swartland.org.za or call Mr D. Carolus on 022 487 9400.

Manager: Solid Waste Malmesbury Department of the Director: Civil Engineering Services • Reference number: V27/19 • Salary Scale: R453 924 – R589 176 p.a. (T15)

Assistant Superintendent: Streets and Stormwater Darling Department of the Director: Civil Engineering Services • Reference number: V26/19 • Salary Scale: R263 100 – R341 520 p.a. (T11) Closing date: 27 September 2019 at 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

137711

20 September. MAURICE

ENGELBRECHT. Mag die nuwe lewensjaar net die mooiste en beste vir jou bring. Liefde – man Sameul, dogter Chaney, kleinkinders – Jade en Luchane ---------------Lekker verjaar en dankie vir die Ma wat u vir ons is. Baie liefde – seun Shane, skoondogter Andine, kleinkinders – Amorey en Chanden ------------------------------

FAZLEN CUPIDO. Nege jaar op 19 September. Baie geluk Poplap. Van: ma Helena, pa Francois, Ouma en huisgesin ------------------------------

ILSE LOUISE BARENDSE. 25 jaar op 21 September. Baie geluk. Van: Mammie en huisgesin ------------------------------

GRAEM MAARMAN. Geluk met die geboortedag vieringe op 19 September. Van: Al die familie op die plaas -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

ALICE WELKOM. 24 September. Tyd loop vinnig en reeds twee jaar. Jy word gemis. Jou herinneringe leef voort. Lekker verjaar. Liefde – jou suster, Rachel Welkom ------------------------------

GERT. 16 September, sou jou 60ste verjaardag wees. Hoe graag sou ons ‘n drukkie wou gee. Lekker fees vier met die engele. Liefde – Elizabeth, kinders, kleinkinders en skoonseuns ------------------------------

LORRAINE. Mommy se tweede verjaardag wat u saam met die engele vier. Baie geluk ons mis u verskriklik baie - Ashlyn, Tammy, Guns en kleinkind ------------------------------

20 September. JAIMEE SYSTER. Een jaar weg van ons. Mis al jou sêgoed en grappies. Liefde – an�e Rina, Myron, Warren, Tyron en Gemicha ------------------------------

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

18 September 2019

SPORT 18 September 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

RUGBY

Flying Eagles hou vergadering op Sondag, 22 September om 15:00 by die C-Veld. Bestuur en afrigters moet asb bywoon. Vir enige navrae kontak: 066 151 7339 / 079 102 5838

DUIWE DARLING - Victoria Wes (14 Sept) 1. Isaacs Family Loft – 13.31.36; 2. Warnick Family – 13.33.13; 3. Baron & Sons – 13.51.37; 4. Warren Family – 13.55.44; 5. Willemburg Family – 14.02.39; 6. Willemburg Family – 14.08.46; 7. Willemburg Family – 14.10.19; 8. Willemburg Family – 14.11.18; 9. Willemburg Family – 14.12.40; 10. Warnick Family – 14.25.30 RIEBEEK WES – Victoria Wes 2 1 Kuiler Hokke 12.58.31; 2 Adams Hokke 13.00.48; 3 Adams Hokke 13.01.57; 4 Alex Fam 13.04.02; 5 T&C Hokke 13.06.48; 6 Mentoor Hokke 13.05.42; 7 Persens Hokke 13.10.40; 8 Daniels Hokke 13.10.23; 9 Adams Hokke 13.13.09; 10 Adams Hokke 13.22.15

St Thomas vs Liebenberg: Hierdie leerders van St Thoms Primêr en Liebenberg Primêr op Malmesbury het onlangs aan die skole se derby-wedstryd deelgeneem. Liebenberg het die kragmeting met 17-7 gewen. Meer as 1000 ondersteuners het langs die veld die rugbyen netbalspelers behaal.

Afrigter:

Knortjorre:

Eudrich Huysamen, ‘n Graad 7-leerling van Laerskool Swartland, het onlangs, op 08 September aan die 9de rondte van die Zone 7-Knor Tjor Kampioenskap deelgeneem. Daar het hy ‘n algehele eersteplek in die 270cc klas. Behaal.

Martin Dyason, rugbyafrigter van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is onlangs uitgenooi na die oefenkamp van die Suid Afrikaanse Rugby-unie se o.17rugbygroep. Hy is ook vroeër vanjaar as die nuutste afrigter van die 0.18 Boland Akademiese-span aangestel. Dié span het gedurende die Junie-skoolvakansie aan die Cravenweek-rugbytoernooi deelgeneem. Martin doen sedert 2013 suksesvol aansoek vir verskeie afrigtingsposte en leef vandag sy passie uit.

MALMESBURY - Victoria Wes JO 2 1 Cross Border Lofts 1329.5779; 2 J Steenkamp 1324.2759; 3 J Steenkamp 1324.2143; 4 Cross Border Lofts 1301.9481; 5 Kotze Familie Hokke 1268.0686; 6 G Williams 1267.8813; 7 Cross Border Lofts 1267.8253; 8 Bordeaux A 1267.4918; 9 J Steenkamp 1266.7269; 10 G Horn 1261.0341 Victoria Wes Ope 2 1 Bordeaux A 1343.2025; 2 Kotze Familie Hokke 1341.5712; 3 Kotze Familie Hokke 1338.6063; 4 J Steenkamp 1330.3446; 5 G Williams 1325.0319; 6 J Steenkamp 1324.8927; 7 Kotze Familie Hokke 1324.2843; 8 J Steenkamp 1310.4293; 9 G Williams 1290.5960; 10 Cross Border Lofts 1279.4018 MOORREESBURG - Victoria Wes Jo2 1 Frikkie Bester 13:34:47; 2 Frans Jooste 13:34:43; 3 Franco 13:34:44; 4 Henna & Melt Smit 13:38:41; 5 Frans Jooste Wbu 13:40:31; 6 Boetie & Baron Hokke 14:03:38; 7 Singleton Hokke 13:52:57; 8 Henna & Melt Smit 13:57:32; 9 Henna & Melt Smit 14:01:32; 10 Boetie & Baron Hokke 14:22:11 Victoria Wes Ope 2 1 Singleton Hokke 13:58:52; 2 Henna & Melt Smit 13:59:24; 3 Yt & Tuis 14:01:23; 4 Franco 14:03:02; 5 Frikkie Bester 14:18:56; 6 Henna & Melt Smit 14:25:19; 7 Frikkie Bester 14:30:07; 8 Frans Jooste 14:29:46; 9 Frans Jooste 14:31:37; 10 Frans Jooste 14:32:14

GHOLF Woensdag, 11 September – Sundowner : Enkel Stableford Gert Agenbag 21; John Smith 21; Mornay Coetzee 19; Tony Goosen 18 Saterdag, 14 September – Saamgestelde Stableford vir pare Ian Adams & Dick Ross 75; John Smith & Gert Agenbag 73, Jacques Cilliers & Marthinus Jacobs 71; Eben Lingeveldt snr & Ralph Mehl 70; Peter Willemse & Ewald Liedeman 69; Sakkie Klasen & Billy Howburg 69


NUUS • NEWS

18 September 2019

III

Eienskappe van 'n kampioen-leerder Die belangrikste eienskappe van ‘n kampioenleerder vir LSS en leerkrag, is: ‘n Honger om te leer en te ontdek Duidelike drome en doelwi�e Selfdissipline om te volhard ‘n Gesonde ondersteuningstelsel. Alles gebou op ‘n leefstyl van geloof.

Liefde wen Skoolhoofde: Die skool se 75ste bestaansjaar is gevier met 'n gepaste koek wat deur Jimmy Mouton (oud-skoolhoof), Kallie Rautenbach (huidige skoolhoof) en Hennie Weideman (oud-skoolhoof) gesny is.

Laerskool Swartland se tema vir hul 75ste bestaansjaar, is Liefde Wen. Volgens die skool, is liefde ‘n werkwoord by Laerskool Swartland. “Die tema, Liefde Wen, gaan dus vir LSS oor liefde vir jouself en jou medemens.” Liefde Wen, gaan daaroor om jouself te aanvaar vir wie jy is, in die spieël te kyk en jouself te laat glo aan Liefde Wen, want as ons kan leer om mekaar met liefde te hanteer, kan ons die wêreld verander.”

Beheerliggaam: Oud-voorsitters van die beheerliggaam van die skool was ook teenwoordig: Pieter Malherbe, Dr Enem Kritzinger, Ds George Prinsloo, Gey Kriek, Joggie Scholtz en Gert van Staden.

Leerkragte in die Klub 30-groep Laerskool Swartland spog met ‘n klub 30, wat bestaan uit onderwysers met die langste diensjare deur die geskiedenis van hul 75ste bestaansjaar. Die onderwysers bestaan uit Stephan Bosman wat vir 38 jaar en ook die langste, vanaf 1975 tot 2012 by die skool werksaam was. Marie Louw was vir 37 jaar ‘n onderwyseres vanaf 1980 tot 2017 by die laerskool, asook Jannie

Paterson wat steeds ‘n onderwyser by LSS sedert 1983 is. Johannie Döman het twee jaar gelede LSS gegroet nadat sy vir 36, vanaf 1982 hier ‘n onderwyseres was. Dalene Slabbert tree aan die einde van vanjaar af ná 35 jaar se diens sedert 1984. Julia Isaacson het reeds in 1956 by die skool as onderwyseres aangesluit en het vir 34 jaar hier skoolgegee. Sy is reeds oorlede. Elza van der

Merwe, was op haar beurt vir 33 jaar vanaf 1980 tot 2012 ‘n sekretaresse by die laerskool. Fransie Paterson gee ook al sedert 1983, vir altesaam 32 jaar, skool by LSS. Sy was boonop ook koshuismoeder vir vyf jaar lank en is steeds ‘n geliefde onderwyseres by LSS. Elmarie Rix spog met ‘n ronde 30 jaar se diens as onderwyseres vanaf 1984 tot 2010 by LSS.


IV

18 September 2019

NUUS • NEWS

Wanneer en waar dit alles begin het - 'n tydlyn 1743: ‘n Kerkskooltjie is op versoek van Baron van Imhoff ges�g. W.Botes, wat koster en voorleser was, is aangestel as onderwyser. 1745: Die eerste skool op “Swartlandskerkplaas” is begin met Wietse Botes as die eerste onderwyser, a�oms�g van Holland. 1812: Opdrag word aan ds. Scholtz, predikant van die Swartlandskerk, gegee dat ‘n skool onder gesag van die kerk opgerig moet word. 1815: Hierdie skool is voltooi, met Hendrik Louysen as eerste onderwyser. 1843: Die eerste volle staatsbeheerde skool in die Swartland kom tot stand in Kerkstraat, met ongeveer 30 leerlinge. 1890: ‘n Gebou word ook aangekoop as skool vir behoe�ige kinders waar geen skoolfonds gehef is nie. 1894: As gevolg van die groot aantal leerlinge, begin die skool fungeer as twee skole, nl die meisies kry die “Public School” in Kerkstraat vir opleiding net tot st 8 (gr 10) en die seuns kry die “Jongens Publieke School” in Tuinstraat vir opleiding tot matriek. 1904: Die seunskool wat in Tuinstraat geleë was, verskuif na ‘n gebou in St Thomasstraat op die perseel van die huidige Laerskool. 1912: Personeel en leerlinge betrek die ‘nuwe’ (nou ou gedeelte van die) skool met mnr Malherbe as skoolhoof. 1916: Op 23 Mei is die skool as meisieskool ingewy. 1944: Die twee skole amalgameer en nog in dieselfde jaar is die twee skole omskep in ‘n gemengde hoërskool en gemengde laerskool. Die primêre skool staan bekend as Laerskool Swartland en die hoërskool staan bekend as Hoërskool Swartland. 1956: Uitbreiding van die nuwe vleuel, tans

grade 5- en 6-klasse, word geopen deur Dr. J.G Meiring. 1961: Die huidige skoolwapen word ingebruik geneem. Dit is ontwerp deur die bekende T.O. Honiball. 1985: Daar word begin bou aan die massiewe uitbreidings by Laerskool Swartland. 1988: Op 25 Maart vind die inwyding van die nuwe gedeelte van die skoolgebou plaas. Hiermee saam is die skoolvlag amptelik in ontvangs geneem. 1999: Aanvang van die Sonskynklas. 2000: Daar word op 27 Oktober begin met Fase 1 van die sportsentrum se ontwikkeling. 2003: Die kiosk by die sportsentrum word in gebruik geneem op 29 Januarie. 2008: Fase 2 van die Sportsentrum se ontwikkeling begin op 7 Februarie. Later jare is ook ‘n noodhulp- en skeidsregterskamer aangebou langs die kiosk. 2009: Eerste graad R-klas neem in Huis Basson aanvang en die Sonskynklas verskuif ook na Huis Basson. Koshuismeisies van Huis Basson word oorgeplaas na Huis Landman. 2013: Tweede graag R-klas neem in aanvang. 2016: Aanvang van die ASD-klas. 2017: Die Grondslagfase-saal word ingewy op 24 Mei. 2018: Begin met opknapping van Huis Landman, waarmee tans nog besig is, asook die derde graad R-klas wat in Huis Basson geves�g word. 2019: Begin met aanbou van ekstra Gr R-klasse by Huis Basson en sal in 2020 in gebruik geneem word. LSS spog met ‘n leerdertal van ongeveer 1 100, terwyl Huis Landman ongeveer 40 seuns en meisies huisves.

Die belangrikste aspek van ‘n uitnemende skool volgens LSS, is: • Kundige onderwysers wat passievol hoop verkoop. • Opgewonde kinders wat hul potensiaal wil ontwikkel. • Posi�ewe ouers wat wil ondersteun. • Visionêre leierskap wat die skool dien. • Geloof in God • Hoop vir die toekoms • Liefde wat alles oorwin.

Kollegas: Willie Taylor, tans die skoolhoof van die Christelike Privaatskool op Malmesbury, was ook destyds 'n leerkrag by die Laerskool Swartland. By hom is Jannie Paterson.

Langdiens: Die onderwysers, huidig en voormalig, wat met baie jare se diens aan Laerskool Swartland spog is Fransie Paterson, Elmarie Rix, Johannie Doman, Marie Louw, Elza van der Merwe, Jannie Paterson (adjunk-hoof) en Dalene Slabbert.

"Ons dien"

'n Stampvol saal het na die seniorkoor van die skool geluister met die feesvieringe Donderdagaand.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.