17 Julie 2019

Page 1

• Bergrivier • Free • Gratis 1Swartland

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

17 Julie 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

17 Julie 2019

Vat so!

Staan vas:

In die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kampioenskappe vir klubs het Abbotsdale Saterdag koning gekraai oor Moorreesburg se Samoa. Die Lillies het met 35-30 geseëvier. Lees hierdie week se wedstrydverslag en -voorspelling binne. Foto: David Howburg

Marais oor wêreldbeker se super-stryd... Marais Erasmus (55) van Malmesbury het die naweek opgetree as skeidsregter in vanjaar se krieket-wêreld eindstryd. Hierdie bekende gesig van die Swartland was voorheen 'n onderwyser by die Laerskool Swartland, waar sy vrou, Adele, ook skoolgehou het. Dié wedstryd het op die legendariese Lords plaasgevind tussen die spanne van Engeland en Nieu-Seeland. Dié stadion word beskryf as die tuiste van wêreld-krieket. Marais is die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie eer te beurt geval het. Marais het verlede week die semi-finaal tussen Engeland en Australië be-

hartig. Hy het Donderdagaand, ná afloop van dié wedstryd gehoor dat hy een van die twee skeidsregters is wat sake van die middel van die veld moet hanteer in die eindstryd. "Dit was 'n ongelooflike groot voorreg. "Dit was ‘n dramatiese en opwindende wedstryd gevul met intriges en kontroversie,” vertel hy ná Engeland en Nieu-Seeland se krieketspelers hul aanhangers én wêreldtoeskouers op die punt van hul stoele laat sit het gedurende ‘n spanningsvolle superboulbeurt. Hierna is Engeland, wat ook gasheer vir die toernooi was, gekroon as die kampioene.

Erasmus dien sedert 2008 op die Internasionale Krieketraad se skeidsregterspaneel. Die afgelope twee jaar dra hy ook die titel van Skeidsregter van die Jaar. Marais sien sy tuisdorp deesdae min. Dié pa van twee sal aan die einde van die week vir slegs 27 uur tuis wees, voor hy weer sy tasse pak vir die volgende kragmeting.


2

17 Julie 2019

Big break for struggling artist from Riebeek Valley

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 - Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market.

NUUS • NEWS

Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

tea tasting with his San friends. Delicious homemade soup and bread will be served. Tickets R70 (R60 for friends of the Museum) For any further enquiries contact Dianne 022 492 3361/ info@darlingtourism.co.za

MAVOS Wil u graag matriek voltooi of punte verbeter. Registrasie oop vanaf 9 Julie tot 31 Augustus. Bring saam: Gesertifiseerde ID, bewys van woonadres en laaste skool uitslae. Registrasies vind plaas by Malmesbury CLC, h/v Piet Retief- en Rainierstraat, Trafalgar Sentrum Vir enige navrae kontak ons by 022 487 1085 (08:00 tot 15:30)

Jo-Dolphin 27 Julie: Jo-Dolphin hou fondsinsameling te Albaniestraat 5, Malmesbury. "Food around the world" - Koste beloop R120,00 per persoon vir 5 disse. Vanaf 10:00 tot 14:00 Vir enige navrae en kaartjie aankope skakel 022 487 1156.

Darling Museum 24 July: "A Place of Dreams". Michael Daiber of !Khwa ttu will share in an engaging story spanning 20 years of unique partnership between Swiss and San of the West Coast. This will be followed by an indigenous

Denneberg Fun Ride 24 August: Denneberg (situated on the R27 close to Yzerfontein) Load your horse and enjoy the West Coast Nature at 10:00. For any further enquiries, send an email to : greengoldfeeds@ gmail.com

A struggling artist gets a big break exhibiting alongside renown SA artists. An exciting project in the Riebeek Valley will see a talented ex-convict from a disadvantaged background exhibit his exceptional clay artworks alongside renowned artists as part of the annual Solo Studio art event. Andries Dirks grew up in an impoverished environment in Riebeek Kasteel, and discovered his love of sculpting as a child forming figures and shapes from mud while playing along the river banks of the Riebeek Valley. It was only many years later, when he was incarcerated in the Riebeek West Correctional Facility that his artistic talent was noted during skills development programs offered by the prison staff. Intermittent periods of incarceration, combined with attempting to hold down various part time jobs, have unfortunately prevented Andries from making a full time living from his exceptional skill. Now, in an exciting collaboration entitled “Clay”, Andries will be exhibiting and selling his work alongside some of the most well-known artists in South Africa, thanks to an initiative conceptualised by Li Nepgen, an award winning artist who owns the Love Art Studio in Riebeek Kasteel, from where she practices her art and conducts classes. Li first crossed paths with Andries in 2010 when he was sponsored by the Goedgedacht Trust to undergo ceramic classes with Li. He brought with him a sculpture which was produced from clay he had sourced from the local river banks. This has ultimately given rise to Li’s exciting idea which sees local Riebeek artists each being given a bucket of clay (sourced from one of the local farms in the valley) with which to produce an artwork for a group exhibition taking place during the Solo Studios event. “The resident artists enthusiastically embraced the idea, although some of them have never worked with clay in their distinguished careers, let alone understand how the product will react in the intended traditional method of pit firing!” says Klaus Piprek, who is the organiser

and overall driving force behind Solo Studios. “The result will be that Andries Dirks will share a platform at Solo Studios with acclaimed artists such as Anton Momberg, Riaan van Zyl, Jenny Parsons, Leila Fanner, Gordon Williams, Ade Kipades and Li Nepgen.” “Solo Studios is an annual event in the Riebeek Valley that has firmly made a name for itself on the events calendar. This year it will be taking place from the 8th to the 11th of August,” explains Piprek. “This bespoke art experience – now in its fourth year - provides a rare opportunity to visit acclaimed artists in their studios to view and purchase their art straight off the easel. Visitors to Solo Studios include esteemed art collectors, aficionados and interior decorators – providing a phenomenal opportunity to showcase the works of Andries Dirks and hopefully allow him to finally realize his ambition of becoming a full time artist.’


NUUS • NEWS

3

17 Julie 2019

•DRIE LEERDERS VAN WESBANK DEEL VAN SPAN

Rugbysterre op pad na Ierland Nathan Mouton, Felton Arendse en Cornel Alexander, leerders van Wesbank Sekondêr op Malmesbury, is eersdaags op pad na Ierland om daar 'n rugbytoernooi by te woon. Mouton (binne-senter), Arendse (losvoorspeler) en Alexander (regter vleuel), wat elk vir die skool se o.16 A-rugbyspan uitdraf, het in Maart vanjaar vir die eerste keer aan Hoërskool Dirkie Uys se sportdag op Moorreesburg deelgeneem en teen Hoërskool Drostdy uitgedraf. Hierna is hulle in kennis gestel dat hulle deel van die toergroep is wat op 22 September na Ierland vertrek. Hulle vorm deel van die o.16-rugbyspan wat drie wedstryde as deel van die Traveling-sportstoernooi, gedurende die tydperk van tien dae gaan speel. Hul emosies wissel van opgewonde tot senuweeagtig vir die groot uitdaging wat voorlê. Elkeen koester ‘n groot liefde vir rugby wat reeds in hul laerskooldae op onderskeidelik St. Thomas Primêr en Riebeek-Wes Primêr gekweek is. Terwyl Mouton en Arendse verlede jaar tot op Boland-vlak gevorder het, was Alexander in die o.15-wenspan gedurende die Wes-Kaapse winterspele in 2018. Volgens Arendse speel respek en dissipline ‘n groot rol in die sukses van ‘n rugbyspeler én sy span, terwyl Alexander sê dat goeie leierseienskappe in ‘n speler jou bo-aan die leer laat beland. Die senior sportafrigter van die skool, Sherman Faroa, wat dié leerders sedert hul Graad

Felton Arendse, Nathan Mouton en Cornel Alexander van Wesbank Sekondêr toer eersdaags na Ierland. 8-jaar afrig, spreek groot lof teenoor hulle uit. meer inligting gekontak word. Arendse beskryf die uitnodiging as ‘n uitsteTalle fondsinsamelings is gehou om die geleentkende geleentheid wat hul rugbyloopbaan kan heid na Ierland moontlik te maak. Daar is gebraai, kosverkope gehou en selfs bevorder, terwyl Alexander baie opgewonde is. Elkeen het groot drome vir hul rugbyloop‘n dans. Volgens Faroa, is hulle byna by hul mikbane en het ook internasionale rugby-ikone soos punt. Vir verdere donasies om die leerders se Richie McCaw, voormalige Kiwi-rugbykaptein as drome waar te maak, kan Wesbank Sekondêr vir rolmodelle.

Aandag alle Alfa Romeo aanhangers. Die Cape Alfa Romeo-klub wat sedert 1965 sy bestaan vier, is op pad na die Swartland. Die klub gaan vroeg die oggend, op 28 Julie in ‘n konvooi vanuit die noordelike voorstede vertrek na die omgewing van Malmesbury. Nie net is die klub oor die 50 jaar gelede op 25 Mei 1965 deur Freddie Farella by die Grand Hotel in Langstraat gestig nie, maar word ook as die oudste Alfa Romeo-klub in die land beskryf. Dié klub

vorm deel van ses ander klubs reg oor die land en het oor die jare tot byna 200 lede, met hul gesinne ingesluit, gegroei. Die model motor is gesog, gewild en maar tog nie ‘n bekende gesig op die pad nie. Die Alfa Romeo Tonale het onder meer met goud weggestap by vanjaar se “Readers’s Choice Design"-toekenningsgeleentheid en word gereeld in die gewilde 007-films gebruik. Die model het op 27 Junie 107 jaar oud geword.

Alfa Romea-klub maak 'n Swartland-draai

Organiseerder, Stephen Wearne, het vir vandeesmaand se voorsittersontbyt besluit om die klublede die hartjie van die Swartland te gaan wys wat een van die dae in ‘n lappieskombers van groen en goud danksy kanola en koring op die lande, omskep sal word. Aanhangers en belangstellendes kan verskillende soorte model Alfa Romeo-motors verwag, waarvan sommige antieke modelle is. Die lede sal vanaf 10:30 by Nuweplaas Padstal buite Malmesbury te sien wees. Besoeke is welkom.

Memorabilia gesoek Die Nuwe Apostoliese Kerk op Malmesbury vier op 18 September die kerkgebou se 160ste bestaansjaar. As deel hiervan word 'n week van feesvieringe beplan. Die gemeente is op soek na enige ou foto's of dokumentasie rakende die gebou se ontstaan en geskiedenis om in die feesvieringe te kan gebruik. Indien jy hieroor beskik, kontak Michael Garisch by 083 233 6440 of stuur 'n epos na mgarisch@ford.com.


4

17 Julie 2019

Be part of German student exchange plan for youth The West Coast District Municipality in partnership with KIEZ in Germany is creating opportunities for youth to exchange knowledge and experiences with the objective of capacitating them to become the leaders of tomorrow. During August 2019, fourteen youth from the West Coast region will visit Germany as part of the exchange programme while students and staff from Germany will visit the West Coast region during October 2019. The trip remains one of the most exciting parts of the exchange programme. During the weekend of 4 - 6 October 2019, German students will be hosted by West Coast families. They will have the opportunity to experience what it is like to be South African by having tra-

NUUS • NEWS

Promosie

ditional meals, socializing, visiting family members while experiencing a range of authentic experiences. The culture exchange has proven to be enriching and enhance tolerance and understanding of the differences and similarities which exist between the two countries. Families and households residing within the borders of the West Coast District are invited to be part of this very successful programme by hosting one or more German student/s for the weekend of 4 to 6 October 2018. For more information or to apply to host a student, contact Melonice Blanckenberg on 022 433 8501 or email mblanckenberg@wcdm. co.za before 31 July 2019. Alternatively you can contact Evenlencia Petersen on 022 433 8534 or email ecfolding@wcdm.co.za

Sportdag: Die

rugby-, hokkie- en netbalspanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag gasheer gespeel vir die spanne van die Strand.

Wêreldkampioenskappe:

Friedrich Claassen van Darling, het vroeër vandeesmaand goud vewerf ná hy ‘n eerste plek in sy ouderdomsgroep gedurende die Nasionale Tweekamp-kampioenskappe vir langafstand behaal het. Hy het ook daarin geslaag om ‘n algehele sesde plek in te palm. Danksy sy prestasie, was daar ‘n moontlikheid dat Claassen na die wêreld tweekamp-kampioenskappe vir langafstand genooi sou word. Dié nuus dat hy wel na die internasionale kampioenskappe uitgenooi is, is verlede week aan Claassen bekend gemaak. Terwyl die onlangse tweekamp-kampioenskappe uit ‘n afstand van 10 hardloop, 60km fietsry en ‘n verdere 10km hardloop bestaan het, strek die afstande van die internasionale kampioenskappe oor 10km hardloop, 150 fietsry en 30km van hardloop. Claassen neem op 1 September aan die kampioenskappe in Switsterland deel.

A+: Die span van A+ Educentre op Malmesbury het die afgelope week hul eerste verjaarsdag gevier. Eienaars Burnese Jooste en Arinda Janse van Rensburg tutor laer- en hoërskoolleerders in al die verskillende vakke wat hulle op skool neem.

Sakeman maak 'n plan: By Swartland Visserye is daar altyd iets om na uit

te sien. Dit was ook nou die geval toe die agterdeure van die perseel geopen is, om diegene wat die winkel besoek, die geleentheid te bied om 'n bietjie hitte teen die winterkoue te kry. Hierdie deure word slegs op Saterdag oopgemaak, sodat kliënte die winkel van voor en agter kan besoek.

Borg:

Die rugbyklub van Never Despair draf deesdae trots met hul nuwe drag, geborg deur Mavalyn Holdings, uit op die veld. Hier ontvang Daniël Bril, voorsitter van Never Despair, die span se nuwe uitrustings van Mavalyn Maarman. Foto: David Howburg


NUUS • NEWS

5

17 Julie 2019

Groot Uitdaag: Koringberg maak skoonskip

Staan vas: In die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kampioenskappe vir klubs het

Abbotsdale Saterdag koning gekraai oor Moorreesburg se Samoa. Die Lillies het met 35-30 geseëvier. Foto: David Howburg Koringberg is die afgelope Saterdag deur Piketberg besoek wat tans onder aan die punteleer struikel. Piketberg het vroeg begin aanval en 'n strafskop afgedwing om die voortou te neem. Korries se voorspelers het op hul beurt die bal met die afskop gewen, gevolg deur 'n verdoelde drie. Nog 'n strafskop is oorgeklits. Koringberg het Piketberg voorlangs begin aanvat met Robin Jagers wat oorgeduik het vir hul tweede drie. Die Rhino’s het met die afskop Koringberg goed onder druk geplaas. Met 'n goeie agterlynbeweging is daar onder die pale gaan kuier en die telling gebring na 17 – 10 in die guns van die tuisspan. Net voor rustyd het Jagers weer oorgeduik vir sy tweede en sy span se derde drie, wat onverdoeld was. Die spanne het na rustyd strafskoppe uitgeruil. Terwyl albei spanne goed aangeval het, was die lakwerk en verdediging aan albei kante baie stewig. Piketberg se voorspelers het met mening onder Korries se agttal ingeklim en 'n paar geelkaarte afgedwing. Die besoekers het die gebiedsvoordeel goed benut en hul agterlyn het Korries se verdediging aan flarde geskeur. Hulle het gaan druk vir 'n telling van 25 – 20. Rhino's het hul oorwinning begin ruik en hul heelagter het met sy dartellopies, Koringberg omtrent laat bontstaan en sodoende sy vleuel oorgestuur vir 'n drie wat Piketberg die eerste keer in die wedstryd die voortou laat neem het. Lyle Adams het die veld betree. Hy het die Rhino's heeltemal geflous en sy vleuel, Edwayne van Wyk, oor die doellyn gestuur. Piketberg het aan die einde verwoed aangeval opsoek na 'n oorwinning. Hanteerfoute het egter aan Korries die sege besorg. Hulle is steeds onoorwonne in die tweede rondte. Hulle gaan dié naweek die span van Good Hopes aandurf. Koringberg sal wel sy storie moet ken. Good Hopes sal wil opmaak vir die afgelope paar weke se flouerige vertonings en behoort weer 'n groot aanslag te loods. Good Hopes behoort Saterdag 'n naelskraapwedstryd op sy tuisveld met minder as sewe punte te wen. Wesbank het Saterdag gasheer gespeel vir Good Hopes en het die perfekte begin tot die wedstryd gehad in die eerste helfte met vier verdoelde drieë. Voorlangs het die manne mekaar behoorlik gegroet met fisiese spel. Dit was Wesbank wat in die eerste helfte beter oor die voordeellyn gekom het en genoeg ruimte geskep het vir sy agterlyn wat suksesvol oor die doellyn was. Die span van Riebeek-Wes het nie een keer opgegee nie. Hulle was by tye gevaarlik met die bal in die hand en suksesvol met 'n drie. Met rustyd was die telling 28 - 8 in die guns van Wesbank. In die tweede helfte, het almal gedink dit gaan 'n weghol-oorwinning wees vir Wesbank. Die spanne kon net nie afrond nie, maar het wel hulle verdediging opgeskerp. Albei spanne moes tevrede wees met 'n drie elk. Goodies moet krediet kry vir sy karakter in die tweede helfte wat nooit opgegee het nie. Aan die anderkant kan Wesbank teleurgesteld voel oor hul tweede helfte. Bevan Abrahams was uitstekend. Hy het met

al vyf doelskoppe pale toe geslaag. Wesbank speel Saterdag teen Never Despair in 'n derby-wedstryd wat gewoonlik baie belangstelling lok. Never Despair het hierdie seisoen by tye uitstekende rugby gespeel met veral die puntemasjien, Dugald Williams, wat goed op dreef is. Never Despair kon egter nie hulle goeie spel in oorwinnings omskep nie en sit aan die verkeerde kant van die puntestand. Wesbank se rekord teen sy buurspan is baie goed. Die span van Emgee Fredericks is ook nog sterk in die wedloop om die uitspele. Met Abbotsdale wat hierdie naweek 'n blaaskans geniet, bied die derby-wedstryd aan Wesbank die gulde geleentheid om weer die tweede plek in te neem. Never Despair sal egter soos gewoonlik vir Wesbank groot teenstand bied. Wesbank is goed op dreef na 'n paar swak naweke. Hulle behoort Saterdag die Tier se seisoen verder agteruit te sit met 'n oorwinning van meer as tien punte. Porterville het gaan kuier op Piketberg vir 'n Bergrivier-derby. Die tuisspan kon nie in die eerste rondte enige punte aanteken teen hul begeesterde besoekers op sy tuisveld nie en benodig 'n oorwinning om weer sy seisoen op dreef te kry. Porterville speel tans baie goeie rugby en behoort met 'n groot aanslag te kom. Piketberg het die afgelope paar naweke baie beter rugby opgedis en het hulle wedstryde naelskraap verloor en die span kan hulself ongelukkig ag dat hulle nie Wesbank en Koringberg geklop het nie. Piketberg sal egter baie uit die twee wedstryde neem en behoort sy toeskouers Saterdag te vergoed vir hul volgehoue ondersteuning met 'n oorwinning van meer as sewe punte. Moorreesburg het eers sy inspirerende onder-kaptein, Janeil Carolus, aan 'n besering verloor en toe die vuurvreter flank, Euwin Persens, aan 'n geel kaart. Abbotsdale het dit goed uitgebuit. Hul agsteman, Francois Rossouw, het goed op dreef voorlangs gaan druk. Rustyd was die telling op 11-12 in die besoekers se guns. Net na rustyd was Jaydon Markus weer 'n doring in Abbotsdale se vlees en hul verdediging oopgeskeur vir 'n drie onder die pale. Hannes Morris het kort hierna die telling 11 – 22 met 'n allemintige strafskop vergroot. Die Lillies het aanval op aanval geloods, maar kon nie Moorreesburg se verdediging breek nie. Die stut van Moorreesburg, Charlton King, het ook die bal verloor toe hy oorduik vir 'n drie. Abbotsdale het Moorreesburg onkant betrap met twee vinnige drieë en die voortou geneem in die wedstryd. Hannes Morris het met nog 'n strafskop geslaag. Met die telling op 30 – 25, was Moorreesburg nog in die wedstryd. Abbotsdale het egter weer gaan druk om die wedstryd van Moorreesburg te neem wat later hul bonuspunt-drie gaan druk het. Mihle Nelani het vir Moorreesburg 'n waardevolle twee punte in die sakkie verseker. Abbotsdale sal verlig wees dat hul vasgeklou het aan hul tweede plek met die naelskraap oorwinning. Die onoorwonne Darling wat die naweek maklik met Never Despair afgereken het, kuier Saterdag op Moorreesburg. Darling moet egter nie die tuisspan onderskat nie. Moorreesburg behoort Saterdag baie meer doelgerig te speel. •Abri Adonis

Mandela Day: West Coast College in collaboration with the Department of Water

and Sanitation (DWS) together with the support of the Provincial Department of Environmental Affairs along with the Swartland Municipality will be taking on the task to clean the Dieprivier for Mandela Day. This forms part of the DWS Clean Rivers Campaign and the College invites everyone who would like to help clean to contact nnonyanda@westcoastcollege. co.za or contact 022 482 1143 for more info. Above: Rhazia Hamza (Deputy Principal: Innovation and Development) with Soyisile Ntombela (Fundraising Manager) and Sonja Botha (Senior Ethics Officer) of West Coast College are ready to jump-in and clean the river.

Wat beplan jy vir Madiba-dag?

Jaarliks op 18 Julie is Suid-Afrika se inwoners in rep en roer en reik hulle uit na diegene wat die lewe 'n bietjie swaarder ervaar as hulleself. Dit is die tyd waarin daar gegee, gedeel, gelag en gesels word. Dit is die herdenking van die geboortedag van oud-president, Nelson Mandela - Suid-Afrika se eerste president na afloop van die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994. So, wat doen jy en jou onderneming vir Madiba-dag? Stuur jou foto's aan ons by izelle@hetzwartland en ons deel dit graag!

Roeline besoek vallei

Die ACVV Riebeek-Kasteel het onlangs ‘n gesellige en stylvolle Vroue Inspirasie-oggend saam met gasprekers Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Mona Hall van Poetry, en die styl-kenner Viodie Ferreira van Viodie Ferreira Styling by die plaaslike restaurant, Bay Leaf & Thyme aangebied. Foto: Inecke Photography


6

NUUS • NEWS

17 Julie 2019

Verjaar:

Mev Lizzie de Clerk, inwoner van die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury, het onlangs haar 100ste verjaarsdag saam met haar familie gevier.

Maties op Malmesbury:

‘n Groep van 22 studente van die Stellenbosch Universiteit, wat eerder bekend staan as Atlete vir Christus , het die afgelope Vrydag op Malmesbury, by die NG Swartland-Noord Gemeentesaal aangekom as deel van ‘n geldsinsamelingsprojek. Dié studente het gedurende die onlangse Junie-skoolvakansie vanaf 27 Junie tot 17 Julie van Paterson tot Bettiesbaai getoer om fondse vir Bybel Media in te samel vir die verspreiding van die Bybel in die Suid-Afrikaanse tronke. Die organisasie het vroeër vanjaar die NG Swartland-Noord gemeente genader om deel van die projek te raak deur vir hulle middagete gedurende hul toer te verskaf. Die atlete het op 12 Julie vanaf Ceres tot in Wellington gehardloop en ná die tyd op Malmesbury besoek afgelê. Die span het bestaan uit sewe sangspanlede, 11 atlete en vier persoonlike werkers, ‘n toer-pa en ‘n busbestuurder, waarvoor middagete voorsien is. Siebert Coetzee van Malmesbury het onder meer met die geleentheid gehelp. Overberg Agri is ’n gevestigde en gerespekteerde landboumaatskappy, wat deur middel van verskeie takke en afdelings, ’n noodsaaklike diens lewer. Ons beskik tans oor die onderstaande posisie en benodig ‘n vaardige, entoesiastiese en toegewyde persoon om by ons wenspan aan te sluit.

IT Tegnikus Moorreesburg

Pligte en verantwoordelikhede sluit die volgende in: Eerste en tweede lyn infrastruktuur en gebruikerondersteuning asook foutoplossing • opstel, installering en foutoplossing van werkstasies en IP-toestelle • installering en instandhouding van sagteware en hardeware • foutoplossing van telekommunikasie asook die rapportering van foute aan verskaffers • verantwoordelik vir die netwerkkabeling/-koppeling van nuwe en bestaande infrastruktuur • bystanddiens na-ure op ’n rotasie-basis. Die ideale kandidaat beskik oor die volgende: 1 tot 4 Jaar toepaslike ondervinding in ‘n IT afdeling, spesifiek in ‘n Windows Operating stelsel • algemene probleemidentifisering en -oplossingsvaardighede • goeie interpersoonlike vaardighede met ingesteldheid op netheid en veiligheid • goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels (skriftelik en mondelings) • vermoë om onder druk te funksioneer • fisies in staat om items van tot 20 kg op te tel en te dra • vermoë om basiese kraggereedskap te gebruik • vermoë om onafhanklik en in ‘n span te funksioneer • bereid om oortyd te werk wanneer nodig • geldige Kode B-rybewys is verpligtend. Minimum kwalifikasie: Toepaslike 1+ jaar IT-kwalifikasie, A+ Sertifikaat en N+ Sertifikaat. ITILkwalifikasie sal tot voordeel strek. Sluitingsdatum: 26 Julie 2019

Navrae en aansoeke kan gerig word aan Lita Groenewald by e-pos recruitments@overbergagri.co.za, faks 086 599 6606 of aansoeke kan by die Overberg Agri hoofkantoor, Donkinstraat, Caledon ingehandig word. Aansoeke moet asseblief vergesel wees van geldige afskrifte van die kandidaat se identiteitsdokument, hoogste kwalifikasies en die besonderhede van minstens TWEE kontakbare werksreferente. Dui asseblief duidelik aan vir watter pos u aansoek doen deur kode I070001 in aansoek te meld. Ingevolge die maatskappy se Gelyke Indiensnemings plan sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. Indien geen terugvoering binne 6 weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aangeneem word dat die aansoek onsuksesvol was. www.ayandambanga.co.za 137198

www.thecandocompany.co.za

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4722

-------------------------------DIENSTE SERVICES GRATIS/FREE – Personalised room make over IDEAS / IDEES and Scrapbooking. Contact: Sarina 074 960 1382

----Happy birthday. God bless you. From Maarman family -------------------------------COLE VAN NEEL. 23 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Baie seëninge en lekker verjaar. Liefde – Ouma, Mammie, sussie, AmyLee en Nikiwe --------------------------------

#4734

-------------------------------GESOEK WANTED Soek motors en bakkies te koop. Doen dadelik kontant asook bankaflosse. Skakel: 079 379 2898 #4736

-------------------------------TE HUUR TO LET Malmesbury - 1slpk woonstel te huur @ R3600 – eie koopkrag meter, water ingesluit. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 082 3667309 #4735

----Batchelor apartment. Malmesbury, central location. R3000 per month plus Deposit. Prepaid power. Call: 022 482 1072 #4724

----Malmesbury: Ouer 3 Slpkamer huis. Sitkamer, eetkamer, badkamer, kombuis, waskamer, kantoor. Naaldwerk-kamer. Motorhuis met buitekamer. Naby Swartland Hoërskool. Beskikbaar 1 September 2019. R9000,00 per maand. Freddie - 082 343 3372

MARTHA MEYER. 23 Julie. 60 Jaar. Baie gelukkige en geseënde verjaardag. Dankie vir wat jy vir ons beteken. Liefde – jou Man, kinders en kleinkinders --------------------------------

19 Julie. “Happy birthday” JAZZLIN met jou sewende verjaardag. Mammie, Pappie, Boetie is baie lief vir jou. Lekker verjaar --------------------------------

Gelukkige 18de verjaardag STEFAN op 23 Julie. Ek is baie lief vir jou. Van: jou suster, Anja Swarts --------------------------------

#4736

----Malmesbury Flat. Full DSTV included. 1 Bedroom. Own yard and parking. Retirement friendly. Individual or couple 55 years up. R5 500,00. Call: 076 829 4000 #4738

-------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

15 Julie. Baie geluk CARLA en CADEE met jul vierde verjaarsdag. Mag Liewe Jesus julle nog vele jare spaar. Baie liefde - Tannie Adilene, Oom Shaulin, Tannie Shireen, Cleo, Leigh, Lassie, Jr en Logan ----Vandag is dit julle vierde verjaarsdag. Mag Liewe Jesus julle nog vele mooi jare spaar. Met baie liefde - De, Mamma, Nannie, Oom Markum en Mamma Margi. --------------------------------

16 Julie. Baie geluk SHAULIN met jou verjaarsdag. Alle mooi seënwense op die pad vorentoe. Baie Liefde van Adilene, Mammie, Doza, Lernita, Cleo, Leigh, Jr en Logan ----Baie geluk Boet met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele geseënde jare spaar. Met baie liefde – Van: De, Mammie, Chanique en mamma Margi --------------------------------

15 Julie. Gelukkige verjaardag BINTA. Mag die Here jou nog baie jare spaar. Lief vir jou. Van: jou Nana Benoline --------------------------------

17 Julie 2019

18 Julie. Kyk wie vier haar verjaardag met Mandela. Veels geluk kleinkind GERALDA DAMON. Geniet jou dag. Liefde - ouma Fia --------------------------------

16 Julie. JAY KEYDINE DAMON. Mag God jou nog baie jare spaar en alles wat mooi is my kleinkind. Van: Ouma Fia en Thomas familie --------------------------------

Baie geluk met jou eerste verjaarsdag ALEAH. Baie lief vir jou. Van: Ma, Pa, Ouma en MJ --------------------------------

Happy 50th birthday Mom. Love you Rowena, Lucille, Lance, Keanon, Conray and grandkids - Rushaan and Conray ----Met arms vol liefde. Geluk met Mamma se 50ste lewensjaar. Van: kinders en Pappa ----SURITA MARAIS. 18 July. A big 50! Happy birthday cousin. God Bless you with tons of love. From your, Fresia Street family!! --------------------------------

18 July 2019. SHARNELLE MAARMAN. Happy birthday. Love - Stippie

Geluk met jou verjaarsdag DILLEN ISAACS. Jy moet jou dag geniet. Met liefde - Jou Ma, Shayla en familie --------------------------------

JAY-CEE PIETERSEN. 19 Julie. "Happy birthday". Lekker verjaar. Liefde - ma Ruby en ouma Dinah --------------------------------

BARBARA. 15 Julie. Veels geluk met jou 60ste verjaardag. Alle seëninge op jou pad vorentoe. Van: jou niggie Rina, ma Bokkie, susters, broers en kinders --------------------------------

Kyk wie word een op 20 Julie. JASMOROY. Baie geluk my liefie. Van: Cupido en Diedericks familie --------------------------------

18 Julie. SHAUNA-LEE DIEDERICKS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is en seenwense. Ouma is baie lief vir jou. Van: Ouma Soes -------------------------------60 op 19 Julie! FRANCIS (Miems) CLEOPHAS. Baie geluk Mammie met u verjaardag. Hoop u gaan 'n geseënde dag hê. Lekker verjaar - kinders ---Baie geluk Ouma. Mag onse almagtige Vader Ouma vandag seën en nog baie jare

spaar. Baie liefde - jou kleinkinders --60 jaar jonk! Geluk met die mylpaal Mammie. Hoop Mammie geniet die dag. Lekker verjaar Dannelie -------------------------------18 Julie. Baie geluk HENZINO met jou verjaardag. Geniet jou dag. Liefde - Ma, suster, brief, Jayden en Jowaan -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

familie

-----Die leemte in ons harte word gevul met die mooiste herinneringe. Mis jou. Liefde - Adams familie --------------------------------

ADAM WILLEM VAN NEEL. 22 Julie. Ons mis jou elke dag. Koester ons mooi herinneringe saam. Baie liefde – jou vrou, Mina, kinders en kleinkinders --------------------------------

PAULINA JONKERS. 21 Julie. Ma se eerste verjaarsdag in die hemel. Huis is baie stil. Mis Ma baie. Liefde – Hillary, Kenneth, Rencia, Rodney, Olivia, Gaven en kleinkinders en agterkleinkinders --------------------------------

EUNICE MELLICENT VERONICA BOLTNEY. 17 July. Your first year in heaven. We treasure the beautiful memories. Love Abraham, Lee-Ann, Leandri, Lorenzo, Gershom, Frank, Natasha and Connor ----You'll always be in our hearts. Love Tashrique, Ava, Megan, Aysha, Christiano, Neno and Euline --------------------------------

22 Julie. FIANO ADAMS. Een jaar langs jou Maker. Jy sal altyd onthou word en plek in ons harte he. Liefde - Henkeman en Perils

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

17 Julie 2019

SPORT 17 Julie 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

Engelse toergroep meet kragte op Wesbank-dag

DUIWE

Omega Klub - 13 Julie - Victoria Wes 1 1 Shane Arendse 13.36.37; 2 Hok Edas & Pienaar 13.43.20; 3 Manuel Lofts 13.43.02; 4 Shane Arendse 13.45.43; 5 Kasu & Sons 13.45.53; 6 Jannie Morris 13.46.04; 7 Hok Edas & Pienaar 13.47.11; 8 Shane Arendse 13.47.49; 9 Leukes Lofts 13.46.14; 10 Kasu & Sons 13.48.23

Wesbank Sekondêr op Malmesbury het die afgelope naweek gasheer gespeel vir 'n toernooi waarin talle plaaslike en omliggende skole deelgeneem het aan rugby- en netbalwedstryde. Die toernooi het ook besoek ontvang van 'n Engelse toerspan wat kragte gemeet het teen Wesbank. Foto's: David Howburg

RIEBEEK WES - Victoria Wes 1 Mentoor Hokke 13.29.37; 2 Mentoor Hokke 13.31.07; 3 Persens Hokke 13.38.32; 4 Daniels Hokke 13.38.52; 5 Mentoor Hokke 13.40.10; 6 Boltney Hokke 13.45.05; 7 Persens Hokke 13.46.10; 8 Adams Hokke 13.45.51; 9 Adams Hokke 13.46.16; 10 Mentoor Hokke 13.48.35 MALMESBURY Leeu Gamka 2 JO 1 Cross Border Lofts 1398.0296; 2 Cross Border Lofts 1397.7166; 3 Kotze Familie Hokke 1396.7419; 4 Bordeaux A 1384.6724; 5 Marais Hokke (Ksd) 1383.9634; 6 Cross Border Lofts 1383.4700; 7 Cross Border Lofts 1383.3678; 8 Cross Border Lofts 1381.5312; 9 G Horn 1360.2383; 10 Cross Border Lofts 1359.5703;

Brand new canoe marathon in Swartland With the dust settling after a successful Berg River Canoe Marathon, attention is shifting to a brand new race being organised on the Berg River that runs through Paarl and the Swartland from 9-11 August. Called the Bamboo Warehouse Push and Pull Paddle, the three-day event is being organised by two Stellenbosch University students keen to offer canoeists a Berg race experience that is designed to appeal to paddlers on a number of different levels. “This is a lifestyle sporting event and offers a total package that has three days of paddling, all meals, accommodation in a tented race village at every overnight stop and lots of fun entertainment and activities,” said co-organiser Alan Houston. “With the support of Bamboo Warehouse we have gone to a lot of trouble to make sure that it is very good value for money, as we recognise that everyone is looking for value-for-money right now,” he added.

The 16 kilometre first stage will start at the Val de Vie Estate and finish at the Berg River Brewery in Paarl, where up-marketed tents and hot showers will be available before paddlers enjoying craft beer and wine tasting, hot dinner and live music. Day Two will take the paddlers 35 kilometres downstream to the overnight at Blou Porselein Guest Farm where another tented race village with a local craft market and entertainment from DJ's and live bands will be laid on for the Saturday night. The final stage is deliberately short, covering 15 kilometres to Delsma, where prize giving and lunch will conclude the event. “We understand that everyone has families to get back to and other responsibilities, so we hope to be finished with the prize giving at lunch-time,” Houston added. “The event is open to K1 and K2 paddlers, as we believe it is perfectly paddleable in a K2,” he added. “Anyone keen to enter a K3 is very welcome

as well!” The race has a strict cap of 200 participants as their capacity is defined by the tented village they have organised. “We also want to make sure that we don’t compromise on the quality of the experience of every single entrant,” Houston added. The organisers have been surprised by the take-up of their premium entry that secured an individual tent with fresh linen and personalised craft beer and wine tasting at the overnight stops. “We want to make the most of the fact that we are in a really special part of the country and to create opportunities to experience what the Drakenstein and Swartland areas have to offer,” he said. Day One will feature a Paarl Web Design hotspot prize at the portage around the weir below Market Street Bridge in Paarl, while just after the start of Day Two a fun hotspot at the Dal Josaphat weir will offer the first paddler in each batch a Gara paddle.

Leeu Gamka 2 Ope 1 Cross Border Lofts 1369.1105; 2 Cross Border Lofts 1368.0105; 3 Kotze Familie Hokke 1364.0256; 4 Marais Hokke (Ksd) 1346.9808; 5 J Steenkamp 1345.6090; 6 G Horn 1344.5135; 7 G Horn 1343.7417; 8 LF Van Dalen 1343.2273; 9 G Horn 1343.1633; 10 J Steenkamp 1340.5066; MOORREESBURG Leeu Gamka JO 1. Singleton Hokke 1356.0226; 2. Frikkie Bester 1350.9362; 3. Henna & Melt Smit 1349.9265; 4. Frikkie Bester 1337.0597; 5. Frans Jooste 1335.9429; 6. Frans Jooste 1320.5677; 7. Frans Jooste 1319.3567; 8. Frans Jooste 1317.5907; 9. CJ Lofts 1315.0407; 10. Singleton Hokke 1313.4539 Leeu Gamka OPE 1. Henna & Melt Smit 1361.2045; 2. Henna & Melt Smit 1339.6954; 3. Henna & Melt Smit 1333.4980; 4. Henna & Melt Smit 1333.2133; 5. Singleton Hokke 1327.0301; 6. Van der Vyfer Hokke 1316.3067; 7. Saunders Familie 1315.9337; 8. Franco 1314.1358; 9. Frans Jooste 1312.9660; 10. Frans Jooste 1312.6895


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.