14 Augustus 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

14 Augustus 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

Rowan is nou SA-kampioen Rowan Hermanus, oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het 'n goue medalje vir tafeltennis ontvang by die Para Tafeltennis-kampioenskap in Bloemfontein. Sien berig op bladsy 3.

14 Augustus 2019

Stand van die damme

Die gemiddelde damvlakke in die Wes-kaap het die afgelope week met nog 3.2% geklim, na 'n kouefront wat die provinsie einde verlede week getref het. Die Bergrivierdam staan tans op 101.7%, in vergelyking met verlede week se 100.5% en 88.1% in 2018. Die Bo-Steenbasdram staan op 101%, in vergelyking met verlede week se 101.9% en verlede jaar se 99.1%. Die Theewaterskloofdam se vlak lê op 70.8%. Verlede jaar dieselfde tyd het dié dam se vlak die 43.4%-merk gehaal. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water, se vlak lê nou op 83.2%, waar dit verlede week op 78.6% en verlede jaar op 62.6% gelê het. Die totale kapasiteit is op 80.6% in vergelyking met verlede week se 76.8% en verlede jaar se 58.5%.

Darling kraai koning

bl 12 Interskolekoors loop hoog in streek


2

14 Augustus 2019

NUUS • NEWS

Solo Studios - 'reuse-sukses' Solo:

Die naweek se Solo Studios-kunsgeleentheid in die Riebeekvallei het groot aftrek geniet. Hier is André van Vuuren by sy kunswerk, saam met Ilse Schutten.

Doek met 'n verskil:

Die Malmesbury-kantoor van Kansa spog met helderkleurige kopdoeke wat deel vorm van die "Pink Trees for Pauline"-projek se "Doek met 'n verskil"-veldtog. Hierdie kopdoeke kan teen R70 elk by die plaaslike Kansa-kantoor aangekoop word. Die pienk materiaal wat jou huis of tuin kan versier, beloop R30 vir 2 meter. Kontak Kansa Malmesbury by 022 482 1111 of besoek hul kantoor in Hugenotestraat 25. Bo spog die span van Kansa Malmesbury en Het Zwartland met hul kopdoeke.

Dagboek • Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 - Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed.

Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury MAVOS Wil u graag matriek voltooi of punte verbeter. Registrasie oop vanaf 9 Julie tot 31 Augustus. Bring saam: Gesertifiseerde ID, bewys van woonadres en laaste skool uitslae. Registrasies vind plaas by Malmesbury CLC, h/v Piet Retief- en Rainierstraat, Trafalgar Sentrum Vir enige navrae kontak ons by 022 487 1085 (08:00 tot 15:30) VLV 14 Augustus: Kom hou saam ons vergadering om 09:30 by Myrtledene. Mens staan verstom oor hoeveel rommel een huishouding kan weggooi in ‘n week – matriekdogter, hoofmeisie en entrepreneur, Thea Nel, van die onderneming Aard Asem, gaan ons kom vertel van haar passie vir herwinning en hoe om sin te maak uit die gemors. Daar gaan kortliks terugvoer wees oor geldsake gevolg deur ‘n interessante spinwieldemonstrasie. Elkeen het ‘n jas wat lekker pas – trek dit aan en kom drink ‘n lekker koppie sop saam met ons. Gaste welkom @ slegs R30. Kontak Mia Louw 0722297432 vir meer inligting.

“Die 2019 Solo Studios-geleentheid, was ‘n reuse-sukses.” Dít is hoe Klaus Piprek, stigter en organiseerder, vanjaar se kunsgeleentheid, wat die afgelope naweek op Riebeek-Kasteel plaasgevind het, beskryf. Volgens hom, het ‘n ongelooflike 750 amptelike besoekers wat vooraf Solo Studio-paspoorte gekoop het, die geleentheid bygewoon. Die besoekerstal het met 45% teenoor verlede jaar se bywoningsyfer gegroei. Altesaam 370 mense vanuit die 750 besoekers, het ook gedurende die naweek in die Riebeek Vallei –omgewing oornag en bygedra tot plaaslike akkommodasie wat volledig uitverkoop was. Hy sê verder dat die meeste geleenthede, soos onder meer die Jacques Pauw-gesprekke, die Mullineux Wynproegeleentheid, die Solo Kitchens-privaat etes, Ontbyt-gesprekke en meer,

was ook uitverkoop. “Die totale kunsverkope moet nog vasgestel word, terwyl daar ook nog met onderhandelinge besig is, maar dit kan wel bevestig word dat rekordverkope vanjaar plaasgevind het,” voeg hy by. Die boodskap dat belangstellendes vir volgende jaar se geleentheid, lank voor die tyd hul kaartjies en akkomoddasie moet bespreek, doen reeds die rondtes. Volgende jaar se Solo Studio-geleentheid, se datum is klaar vasgestel en sal vanaf Vrydag die 7de Augustus tot die 10de Augustus 2020 duur. Akkommodasie kan solank bespreek word by www.roomsinriebeek.co.za , terwyl kaartjies vir die geleentheid by www.solostudios.co.za of op Facebook by https://www.facebook.com/solostudiosriebeekvalley/ gekoop kan word.

Darling Motors wat twee jaar gelede hul 30ste bestaansjaar gevier het, het vroeër vanjaar besluit om hul vulstasiediens oor te skakel na die petroleummaatskappy, Quest. Die besigheid het amptelik op 20 Mei hul vulstasie, wat aanvanklik onder BP handel gedryf het, gesluit. Opknappingswerk het kort daarna afgeskop en is daar onlangs vir die eerste keer brandstof onder hul nuwe naam, Quest begin verkoop. Darling Motors vier nou 32 jaar van sukses met Thys Rentske wat vandag aan die stuur van sake

is. Hy het 13 jaar gelede dié bekende besigheid op Darling gekoop. Ene Dunckin Bright het dit in 1968 begin. Talle eienaars het daarna gewissel voordat Nico Loubser, een van die boere in die omgewing, Darling Motors oorgeneem het, voor Rentske dit op sy beurt weer by hom gekoop het. Die besigheid is eers op 1 Augustus 1987 as ‘n BK gestig, terwyl Rentske nog vir Loubser gewerk het. Destyds was daar slegs een petroljoggie en drie personeellede in die werkswinkel wat verantwoordelik is vir dienste en die herstel van voertuie, op die perseel. Die geriefliksheidwinkel het in Desember 2015 sy deure oopgemaak. Darling Motors is ‘n trotse familiebesigheid met Rentske en sy seun, Thys Rentske junior wat aktief by die werkswinkel betrokke is. Rentske se vrou, Debora, het nou reeds twee jaar gelede die leisels oorhandig aan Thys Junior se vrou, Lizel. Anita Shaw het in 2002 by die kantoor begin werk en is opgewonde oor die gedaanteverwisseling wat die vulstasie ondergaan het. Rentske se geheim tot ‘n suksesvolle besigheid wat al vir so lank inwoners en besoekers van Darling bedien, is harde werk en deeglikheid. Die opening van hul geriefswinkel in 2015, word beslis as ‘n hoogtepunt beskou. Nou kan hul nóg ‘n hoogtepunt byvoeg met die amptelike opening van die nuwe vulstasie vanjaar. Terwyl die uitbreiding van hul geriefswinkel oor meer as ‘n jaar plaasgevind het , het die verandering en opknappinsgwerk aan hul vulstasie sowat twee maande geduur. Daar is vandag 17 personeellede aan diens en op hul pos by Darling Motors.

Darling Motors spog met ‘n splinternuwe voorkoms


NUUS • NEWS

3

14 Augustus 2019

•RUGBYBESERING KRY HOM NIE ONDER NIE

Rowan nou SA se tafeltenniskampioen Rowan Hermanus (22), oud-leerling van Hoërskool Swartland, het die afgelope naweek gewys dat sport nog diep in sy are vloei, ná hy as ‘n nasionale kampioen by die onlangse Suid-Afrikaanse Para Tafeltennis-kampioenskappe in Bloemfontein, gekroon is. Rowan het as ‘n Graad. 9-leerling én opkomende rugbyster, in Augustus 2012 ‘n ernstige nekbesering tydens ‘n wedstryd opgedoen. Dít het hom van die bors af verlam en in ‘n rolstoel gelaat. Vandag is hy slegs van sy heupe af verlam, ná baie harde werk, intensiewe rehabilitasieprogramme, deursettingsvermoë en volgens hom, die ondersteuning van sy familie. Rowan is ‘n gebore sportster en het nie toegelaat dat dié besering sy lewe regeer nie. Rowan het verlede jaar begin om tafeltennis as ‘n sport te beoefen. Hy het aanvanklik eers met rolstoel-tennis begin, maar het gevind dat tafeltennis baie meer toeganklik is vir hom op die stadium. Hy het kort daarna by die Belhar-Tafeltennisklub aangesluit wat hom kon akkommo-

deer en is nog nie vir een oomblik spyt nie. Hy geniet dit om te kompeteer teen ander en put baie genot uit dié sport. Dit was kort voor lank, toe sy talent langs die tafeltennisbaan na vore gekom het. Rowan is onlangs genooi na die Kaapstadse Para Tafeltennisproewe waar hy gekwalifiseer het om aan die afgelope naweek se Suid-Afrikaanse Para Tafeltennis-kampioenskappe deel te neem. Hy het goud in die senior-afdeling vir mans (klas 3) verower. “Daar is geen rede vir jou om nie jou drome na te jaag nie,” voeg hy by. Deelnemers is vooraf van klas 1 tot klas 5 ingedeel, waartydens hul mediese rekord en graad van beserings en gestremdheid nagegaan is, sodat

Die voorlopige oppervlakteskatting van alle winter- én somergewasse, is onlangs deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel. Die oppervlakteskatting is gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname, onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise en weerspieël die situasie teen die middel van Julie 2019, sowel as insette van verteenwoordigers. Wat die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring aangeplant is, beloop landwyd, 536 950 ha, wat 6,68% of 33 600 ha meer is as die 503 350 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die beraamde oppervlakte koring aangeplant in die Wes-Kaap, is 324 000 ha, wat 6 000 ha meer is as die 318 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Vir die Swartland, word daar ‘n toename van sowat 2% aangedui, asook vir kanola wat redelik konstant lyk met verlede jaar se syfers. Volgens Izane Crows, landboukundige by Soill, is daar ongeveer 21000 ha kanola in die Swartland aangeplant. “Dis min-of-meer dieselfde as die vorige jaar,” voeg sy by. Die oppervlakte onder kanola landwyd, is 74 000 ha, wat 3,90% of 3 000 ha minder is as die 77 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Ander gewasse: Die voorlopige oppervlakskatting vir moutgars, is 120 500 ha, wat 1,26% of 1 500 ha meer is as die 119 000 ha van verlede seisoen. Na aanleiding van ’n versoek van die

bedryf, is daar besluit om hawer (ontbytgraan) in toekomstige skattings te inkorporeer. Die voorlopige oppervlakteskatting vir hawer vir die 2019-seisoen is 22 000 ha. Die hersiene oppervlakte beplant en eerste produksieskatting vir wintergewasse vir 2019, sal op 27 Augustus vanjaar vrygestel word. Alle inligting van die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”), soos gedoen deur die Nasionale Oesskattingskonsortium, sal vir die Wes-Kaap in Augustus 2019 gerapporteer word. Dit wil ook blyk dat produsente van koring en kanola in die Swartland, gedurende Junie vanjaar redelik bekommerd was oor hul aanplantings. Danksy Julie se goeie reënvalsyfers, kon die koring en kanola “opvang”, wat produsente meer gerus gestel het oor hul grane aangeplant. Die kouefronte wat tans ervaar word, is ook volgens kenners ideaal vir die grane, veral vir die feit dat die grond tans vogtig bly. Die groot vraag wat nou voorlê, is hoe die res van die jaar gaan afspeel. Volgens produsente, word September-maand, dopgehou, wat die belangrikste maand in terme van reënval is, juis omdat die koring vanjaar vroeg is. Volgens Robin-Lee Burger, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse weerdiens, is hulle steeds positief optimisties oor goeie reënvalsyfers wat dié lente verwag kan word.

Koring lyk al hoe beter

opponente met soortgelyke gestremdheid teen mekaar kon meeding. Hy het nie net sy familie nie, maar ook die Rockie-familie trots gemaak en nuwe moed vir die leerlinge van HSS ingeblaas soos hulle voorberei vir die komende interskole teen Hoërskool Hugenote die naweek. Hy mik nou vir die internasionale arena om uiteindelik in 2024 aan die Paralimpiese Spele te kan deelneem. Volgens Rowan, fokus hy vereers nou op sy bestuursgraad wat hy deur UNISA studeer en wanneer sy neus nie in die boeke is nie, oefen hy drie tot vier keer per week tafeltennis saam met sy afrigter, Lesley Bird in Atlantis.

Hoewel rehabilitasie en fisioterapie nog broodnodig is, laat die finansies dit nie altyd toe nie. Indien enigiemand ‘n bydrae wil maak en Rowan wil help om sy drome te verwesenlik, kan ‘n e-pos gestuur word aan hom, na rowan_hermanus@yahoo.com.


4

14 Augustus 2019

NUUS • NEWS

Interskole 2019:

o.19A-netbal: Ansuné Smit, Liezel van der Merwe, Inge von Wielligh, Corli de Clercq. Voor van links: Mikayla Ritter, Kelsey Ziegers, Marnic ligthart en Michaela van der Westhuizen.

o.19A-meisiehokkie: Dané Botha, Melissa Tharratt, Linica Rhoda, Marissa Cotter, Amelie van lill, Anri Malherbe, Bianca Kotzé. Voor van links: René Joubert, Leandri Agenbag, Carien van Wyk, Hassaanah Skippers, Marné van Heerden, Renaldi Carstens. Liza Eksteen en Imke Erasmus is afwesig.


NUUS • NEWS

14 Augustus 2019

Swartland reg vir aksie Saterdag op tuisveld

5

o.19A-seunshokkie: Adriaan Burger, Josh Kotzé, Timothy Richards, Albert van Zyl, Ulrich Lesch, Nicol Smit, Nico van Zyl Voor: Luke Müller, Luke Kotzé, AW Steyn, Bertus Brits, William Thompson.

Spanne soos teen druktyd.

o.19A-rugby: Declan Braaf, Christiaan Swanepoel, Reinhalt Voigt, Tiaan Huisamen, Estean Herman, Fernan Arendse, Deon Joubert en Emile Juries. Voor is Louis Zikmann, Liam O'Callaghan, Hanru Pool, Lyle Booyse Draigh Schierhout, Louis de Jager, Angelo Amos en Jaycee Kotze.


6

14 Augustus 2019

Porterville

NUUS • NEWS

Interskole 2019:

o.19A-netbal o.13A-netbal

o.19A-rugby o.13A-rugby

Spanne soos teen druktyd.


NUUS • NEWS

14 Augustus 2019

Porterville Bulle en Piketberg Zebra's in tweestryd Piketberg

Bo - o.19A-rugbyspan: Julian Smith, Zhequin Langeveldt, Joachim Mouton, Chris Smith (o/k), Meraldo Somers, Willsley Banies, Donielle Karolus, Jaco Strijdom, Anil Josephs, Nicol van den Heever (k), Jurgen Eigelaar, VanDyk Mouton, Dewaldt Lambrechts, Matthew Somers en Ashwill Februarie.

o.19A-netbal: Voor: Niketha Booys, Anné Rheeder (o/k), Elishia Engelbrecht, Uleuqe Ockhuis, John-Elize Runba. Agter: Anika Jordaan, Petro Grundlingh, Janke van Schalkwyk (k), Amber Cooper, Jo-Maree Gal.

Bo- o.13A-rugbyspan: Juan Smit, Devon Faulkner, Bradley Arendse, Wade Josephs (o/k), Juriann de Waal, JP Hanse, Ruvan van der Westhuizen, Gabrie Loubser (k), De Waal Visagie, Jasper Smit, Josh Neethling, Jandries Potgieter, Ino Xakeka, Wickus Coetzee en Jordan Vilander.

Spanne soos teen druktyd.

o.13A-netbal: Afeziwe Zimba, Faith Booys, Annika Steyn Agter: Amber-Joy Scotsman, Cassidy Daniëls, Dayle Julius Lené Nelson, Anica Smuts.

7


8

14 Augustus 2019

Moorreesburg se Tiere in interskole-stryd

Die sportspanne van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg meet Saterdag kragte teen die spanne van Jan van Riebeeck. Hier is die eerste spanne wat sal meeding. o.19A-meisiehokkie: Agter is Jumaine Greeff, Ané de Waal, Annami Gunter, Nina Louw. Middel v.l.n.r.: Renica Smit, Caithlynn Pekeur, Mia Meeding, Janke Brönn, Danelle Mentoor. Voor: Nina Hanekom, Sandri Steyn, Hein Gunter (skoolhoof), Helizé Dippenaar, juf. Lizmi Koch (afrigter), Anika Louw (kaptein), Elzaan Gast.

o.19A-seunshokkie: Agter is Ruben Duvenhage, Kyle van der Walt, Roald Langenhoven, Chris van der Westhuizen. Middel: Walter Bester, Henro du Preez, Ruben Labuschagne, Pierre van Heerden, Hanry Turner, Christiaan Bester, Christiaan Eksteen. Voor: Jáno Brand, juf. Lizmi Koch (hulp-afrigter), Johan van der Westhuizen (kaptein), Hein Gunter (skoolhoof), Louwrens Smit, Lehandi Eygelaar (hoof-afrigter) en Gerhard Bester. o.19A-netbal: Agter is Margaruete Cordon, Danika Odendaal, Tracey Swarts, Amy van der Westhuizen. Voor Elmarie Nieuwoudt, Anika Bester, Annemarie Bester (afrigter), Marchay Kalumpie (kaptein), Rumeeca Boois.

o.19A-rugby: Steven Laubscher, Ewald Stanley, Stephan Liebenberg, Lloyd April, Zac Booinzaaier. 3de ry: Justin Markus, Gino Markus, Gurschwin Smith, Herschelle Markus, Joshua van Heerden, Gavin Williams. 2de ry v.l.n.r.: Damian Frazenburg, Faizel Joubert, Liam Nel, Aubrine Solomon, CJ Frans, Lieben Prins, Eathan van Rooyen. Voor v.l.n.r.: Francois Malan, Anton Volschenk (afrigter), Derick Bester (kaptein), Hein Gunter (skoolhoof), Rezin Cleophas, mnr. Faf Joubert (afrigter), Tiaan Korkie.

Spanne soos teen druktyd.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

9

14 Augustus 2019

Hugenote se Blackies pak Swartland se Rockies o.19A-rugby: Agter v.l.n.r.: Ulrich Fuls, WP Steenkamp (onder-kaptein), David Combrinck, Jeanne Fryer, Nathan Wilson, Janu Gouws, Emile du Plessis, Franko van Zyl (kaptein). Voor v.l.n.r.: Seppie Kuilders, Anzo van Wyk, Herman Burns, Aldert Mouton, Dyllyn Williams, AJ September, Lurson-Lee Benjamin.

Onder: Die o.19A-netbalspan is agter Jesse Arendse, Jana Malan, Anelda van Rhyn, Anri Walters, Charlize Bester. Voor is Nelise Schoeman, Mincke Barnard, Louisa Lottering (kaptein), Margaux-Marice Lategan (onderkaptein), Cara Laubscher.

o.19A-seunshokkiespan: Agter v.l.n.r.: Lee Behne, Adriaan Lategan, Damian Herholdt, Otto Frielingsdorf, Ruben Loedolff, Wilhelm Broodryk, Alex Klerck, Matthew de Jager (kaptein). Voor v.l.n.r.: Shaun Swanepoel (onder-kaptein), Jahdiel Strauss, Cilliers Marais, Delano Jasper, Darren Adams, Paul Coetzee, Adriaan Griesel, Alain Coraizin.

o.19A-meisiehokkie:Agter v.l.n.r.: Mia Adendorff, Liza Koegenlenberg, Michaela Maree, Christen Hanekom, Jeanni Botha (kaptein), Maryke Koen, Michaela Hanekom. Voor v.l.n.r.: Nicole Busse, Hanlie Visser, Talitha Janse van Vuuren, Cheryldean Maritz, Lynn Carr, Zoë Keyser, Zoë Hendricks, Marlize Terblanche.

Dirigente en rosettemeisie: Mincke Barnard, Alex Klerck, Tristan Adams (hoofdirigent), Matthew de Jager, Marlize Terblanche (hoofdirigent), Louise Lottering, Bartho Visser, Kendall le Cordeur, Charlize Bester (rosette-meisie).

Spanne soos teen druktyd.


10

14 Augustus 2019

Sluiting van Edgars deel van 'omdraai-strategie' Die bekende nasionale mode-kettingwinkel, wat vir die eerste keer sy deure in September 1981 op Malmesbury vir die publiek oopgemaak het, sluit sowat ‘n maand vóór hul 38ste bestaansjaar. Edgars het, tot talle inwoners se verbasing, op 3 Augustus finaal toegemaak. Volgens ‘n woordvoerder van Edcon, Edgars se beheergroep, word die besluit om die plaaslike tak se deure toe te trek , toegeskryf aan omgewing- en markverwante veranderinge, tesame met ‘n hoogs kompeterende kleinhandelomgewing. Dié omstandighede het onder meer “taai handelstoestande vir Edcon tot gevolg gehad.” “As ‘n maatskappy, hersien ons gedurig ons besigheidsprosesse en organisasiestrukture om

seker te maak ons bly gefokus op die gewensde prestasie van ons strategiese doelwitte, terwyl ons op die pad na groei en herstel is,” sê die woordvoerder van Edcon as deel van hul terugvoering. Volgens die verklaring, is hul winkel- rasionaliseringsprogramme krities tot Edcon se omdraaistrategie. “Dit is van toepassing tot al ons winkels in die groep en nie net tot Edgars nie.” Dié omdraaistrategie van Edcon, wat al vir ‘n geruime tyd voorblaaie haal weens hul swak prestasie in die kleinhandelomgewing, word bestempel as ‘n langtermyn strategie. “Die strategie is daarop gemik om ‘n meer doeltreffende winkelportefeulje

te handhaaf wat besluite van onder meer die vermindering van spasie, die sluiting van winkels en winkelformate insluit, soos in die geval van Edgars Malmesbury. “Die besluite word in die omgewing van handelstoestande en die hernuwing van huurkontrakte geneem en is uiteindelik gemik op effektiewe handelsdigtheid.” “Die impak van die inisiatief het tot die afname van ons handelspasie gelei, asook om die verhouding van ons winkelportefeulje in plek te kry en Edcon se sleutelprodukte te herposisioneer. Dit beteken die gevolglike sluiting van ván ons winkels wat nie presteer nie. “Edgars in Voortrekkerstraat op Malmesbury,

NUUS • NEWS

was daarom geïdentifiseer om gesluit te word.” Die woordvoerder het nie op navraag oor hoekom kliënte nie voortydig daarvan in kennis gestel is nie, gereageer nie. Daar is wel met relevante belanghebendes gekonsulteer, wat voor die tyd daarvan in kennis gestel is, voeg die verklaring by. As deel van dié strategie, word bestaande winkelpersoneel in ag geneem. Volgens die verklaring het alle personeel van die Malmesbury Edgars-tak ingestem om na ander afdelings van binne die groep oorgeplaas te word. “Ons gee die versekering dat die personeel die nodige ondersteuning en bystand gedurende hierdie oorplasingsproses sal ontvang,” sluit hul woordvoerder af.

Piketberg se Boland Superspar beste winkel in Wes-Kaap

Foto: Die Piketberger

“Dis ‘n Boland-ding.” Só beskryf een van Boland Superspar se aanhangers die prestasie op hul Faceboek-blad nádat dié gewilde winkel vir die sóveelste keer gewys het hulle die beste in die weste is. Superspar Boland op Piketberg, is onlangs deur SPAR Wes-Kaap aangewys as Superspar van die Jaar 2019. Boland Superspar het ook die afgelope week op 7 Augustus teen slegs ses ander Superspar-winkels van reg oor die land tot die Nasionale Superspar van die Jaar-titel meegeding, ‘n eer wat nie elke jaar aan Superspar-winkels se deure kom klop nie. Hul slagspreuk lui nie verniet: “Deel van die gemeenskap. In diens van die gemeenskap,” nie, ‘n klinkklare bewys dat hulle reeds wenners onder hul kliënte is. Dean Jankielsohn wat Boland Superspar reeds vir die afgelope drie dekades lank besit en bestuur, se reputasie hardloop hom en sy span vooruit dat hy en sy personeel daar is vir die mense. Hy het in ‘n onlangse onderhoud met Nedbank gesê dat hy homself nie regtig in die kosbedryf bevind nie, maar eerder in die bedryf wat uit mense bestaan. “Ons sê altyd dat ons in besigheid met mense is en dis net per toeval dat ons goeie kos daarby verkoop,” verduidelik hy. Hy het verder in die onderhoud gesê dat harde werk en om altyd die klante eerste te stel, sleutelfaktore tot die sukses van sy besigheid is. Sy advies om op mense te fokus, gaan egter baie verder as dié wat hul inkopies in die winkel doen. "Ons het 'n baie sterk kultuur binne ons winkel. Ons ondersteun mekaar altyd. Ons glo ook dat kultuur belangriker is as strategie en ons leef daagliks daarby," het hy verder in dié onderhoud gesê. Hy het 'n bietjie raad met ander entrepreneurs daar buite gedeel en gesê dat selfvertroue en om te glo in jouself, krities is tot ‘n suksesvolle entrepreneur. “As ‘n entrepreneur, moet jy ‘n besluit kan neem en daarby hou. Om te glo in jouself, is baie belangrik. Jy kan nie 'n mislukking vrees nie." Dit is hul vierde keer wat hierdie gesogte toekenning deur Boland Superspar ingepalm word. Boland Superspar het die trofee twee keer in die verlede huis toe gebring toe hulle nog onder Spar handel gedryf het en was ook in 2014 aangewys as die Wes-Kaap se Superspar van die Jaar. Jankielsohn het tóé gesê dat die toekenning nie sonder hul klante, asook lojale en hardwerkende personeellede wat daagliks op die vorige dag se take probeer verbeter, moontlik sou wees nie. Die kriteria wat gebruik word om die Superspar-winkel van die jaar aan te wys, sluit onder meer sakesukses in , soos hul groei en lojaliteit teenoor Spar se distribusiesentrum, wat gekombineer word met kliëntediens.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY MJ STAALWERKE BK, benodig die dienste van 'n Algemene Sweiser wat betroubaar is en met sober gewooontes. Bring u CV na St Johnstraat 35, Malmesbury

#4748

-----Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972

11

14 Augustus 2019

14 Augustus. “Happy birthday” SHIRNAY. Mag jy ‘n geseënde dag hè. Lekker verjaar. Ons almal baie lief vir jou. Van: Brown en Arendse familie ---------------------------

13 Augustus. Baie geluk met jou 15de verjaarsdag ANZLIN. God se rykste seën. Liefde - Mamma en boeta Liam ---------------------------

DEVONTEY. Baie geluk met jou verjaardag op 14 Augustus. Veel geseënde jare vir jou. Liefde - jou Ma, Ouma, susters en broer ---------------------------

AMELIA JULIES. 13 Augustus. "Happy birthday". Alles wat mooi is vir jou en hoop jy 'n geseënde dag. Van: Andrea en Sandy ---------------------------

ACHMAD BASSON 17 Augustus. Geniet elke oomblik van jou verjaarsdag, jy verdien dit. Van: vroulief, Jadelene en Junior ---------------------------

#4722

--------------------------DIENSTE SERVICES GRATIS/FREE Personalised room make over IDEAS / IDEES and scrapbooking. Contact: Sarina 074 960 1382 #4734

--------------------------TE HUUR TO LET Titus Eiendomme, Malmesbury. WESBANK *Nuwe, 3 slp kamer huis vir R8500 p/m. *3 slaapkamer huis teen R7500 p/m *Nuut ruim 1 slp woonstel teen R4000 p/m. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 #4749 --------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

CHRISSADE FARAO. 14 Augustus. Baie geluk met jou 18de verjaardag. Seënwense en die mooiste lewensjaar ooit. Liefde Mamma, oupa Herman, Nicky en Leona ---------------------------

14 Augustus. Raai wie is een jaar oud? Net sy ouma se grootman, KAYLO, jy moet lekker verjaar. Van: jou Oumas, Mammie en Daddy ---------------------------

Geluk ANDRE met jou 10de verjaarsdag op 18 Augustus. Nou twee hande vol. Alle seën. Liefde jou ma, suster Kady, van Boom-, Verwey-, Blom-, van Rooyen-, Thompson familie en Robert ---------------------------

17 August. Happy third birthday ZAY-LEIGH McQUIRE. Mommy and Daddy loves you very much ---------------------------

14 Augustus. RAYMOND MAINS (Mousie). Hoop jou dag is gevul met alles wat jou hart gelukkig maak. Geseënde en perfekte jaar! Liefde - auntie Cathy en span ---------------------------

17 Augustus. CHARLTON ARENDSE. Veels geluk met jou verjaarsdag. 'n Vrolike wens vir n wonderlike dag, waarop jy bederf en op die hande gedra word ---Mag die nuwe lewensjaar jou inspireer en sorg vir ure vol geluk en oorloop van liefde en seëninge. Liefde: Da, Mammy, Vroulief, Ouma, Susters, Shaulin, Markham en kinders. ---------------------------

ABRAHAM DESAI. 70 op 10 Augustus. Mag die Here jou seën en nog vele jaar spaar. Geniet die dag - Jou vrou, 4 seuns en 5 kleinkinders ---------------------------

GRAND VYFER. 20 Augustus. Geluk met jou verjaardag my seun. Alle seëninge en geluk. Geniet jou dag. Van: jou moeder, vrou en kinders ---------------------------

MAITLIN JULIES. 13 Augustus. Gelukkige verjaardag Ma se blom. Alles wat mooi is. Ma is lief vir jou. Van: Mammie en Boeta ---------------------------

CEE-JAY FARAO. 15 Augustus. Baie geluk ons prinsessie. Jy is inderdaad ons sonstraal en liefie-kind. Lekker verjaar - Mamma, Oupa, Nicky en Leona ---------------------------

WAGE CLERK

Steenebrug farm, Piketberg Suiderland Plase is a leading grower, packer and exporter of fresh fruit (citrus and table grapes) in South Africa. Our production units are situated across the Western Cape, with our head office in Bellville near Cape Town. The company has a vacancy for a wage clerk at Steenebrug farm 10km outside Piketberg. The position will report to the admin manager and is available immediately. Responsibilities: • General wage administration • Upload and capturing employees and documents on Crest wage program • Daily processing of registers • Downloading readers • UIF enquiries • Any ad hoc duties in the admin/finance department that will be required of you from time to time. Minimum Requirements: • Matric with 1 – 2 years’ suitable experience • Computer literate in Excel • Strong numerical/ administrative skills with attention to detail • Knowledge of FCS and/or Crest wage program will be beneficial. NB: No housing available on farm. A market related total cost to company package is offered with pension fund benefits. If you are interested in the above position, submit your complete CV to recruitment@sland.co.za not later than 19 August 2019. For more information, please visit our website.

www.suiderlandplase.co.za The Working Earth 08-22398

SANDY VERMEULEN. 17 Augustus. Gelukkige verjaardag vriendin. Geniet jou daggie en alles wat mooi is. Van: Andrea en Amelia ---------------------------

AUSTIN, baie geluk met jou verjaardag op 17 Augustus. Mag jy vir baie jare gespaar word. Ons is baie lief vir jou - jou ma Theresa en Ben ----Lekker verjaar ons broer. Van: jou susters, broer, ooms, tannies, van Reenen en Daniels familie ----Geseënde verjaardag. Baie lief vir jou - jou peetma Abigail, Dottie en jou peetpa ----"Happy birthday" AUSTIN. Mag die Here nog vir jou baie jare spaar. Van: jou suster, Benoline en kinders ---------------------------

18 Augustus. Geluk met jou verjaarsdag. Dankie vir 'n wonderlike vrou. Van: die Vermeulen gesin. Baie lief vir jou ----Big happy birthday to MARGEREE hope you have a beautiful blessed day. Wish for many more years to come. Enjoy. Love Nadia ---------------------------

11 Augustus. GAILENE MOUTON. Baie geluk met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Van: Cherry Lane girls ---------------------------

Sweet 16!! 12Aug Baie geluk ASHLEEN. Mag God jou nog vele jare spaar. Ons is trots op jou. Liefde, Atta Rozanne, Lee-Yakim, Mamma en Pa --------------------------JASON en JUSTIN. Baie geluk met julle verjaardag op 13 Augustus. Mag julle met nog vele jare geseen word - Jou ma, tannie Chantal en kinders --------------------------MEMORIUM IN MEMORAIM

DAPHLINE ARENDSE. 7th August your first year in heaven. We treasure the beautiful memories. From: Arendse-, van Wyk-, Timotheus-, Waneburg and Adonis families ---------------------------

DANNY WILLIAMS 13:08:1957 26:05:2019 My beloved husband, your first birthday in heaven. I miss you so much. May your soul rest in peace - Your wife ---'n Pa, Oupa - jou eerste verjaarsdag in die hemel. Jy word so baie gemis, maar ons gun jou die ewige rus - Jou dogters, kleinkinders en agterkleinkind ----Oupa se eerste verjaardag weg van ons. Hartseer is nog baie groot. Oupa jubel met die engele. Liefde Williams familie ---------------------------

FARO (Antie Lottie) 17 Augustus. Mamma se verjaardag in die hemel. U word elke dag gemis en ons harte is nog baie seer. Baie liefde - Kinders en kleinkinders

---------------------------


12

NUUS • NEWS

14 Augustus 2019

SPORT 14 Augustus 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

DUIWE

Uitslae • Results

Riebeek Wes - Hanover 1 MJ Hokke 13.55.02; 2 MJ Hokke 14.05.21; 3 Alex Fam 14.13.50; 4 Mentoor Hokke 14.21.46; 5 Daniels Hokke 14.23.07; 6 Adams Hokke 14.32.06; 7 Mentoor Hokke 14.44.19; 8 Alex Fam 14.47.41; 9 Adams Hokke 14.49.35; 10 MJ Hokke 14.56.43 Omega - Hanover Board 1 Hok Edas & Pienaar 14.06.43; 2 Manuel Lofts 14.17.40; 3 Kasu & Sons 14.18.00; 4 D Daniels & Son 14.17.55; 5 Sheldon Bros 14.27.18; 6 Hok Edas & Pienaar 14.27.47; 7 D Daniels & Son 14.28.40; 8 Kasu & Sons 14.31.59; 9 Shane Arendse 14.32.53; 10 Jannie Morris 14.37.31

MUURBAL

4 de liga: Malmesbury vs Radloff Park Malmesbury wen 14 - 0 7 de liga: Malmesbury vs WPCC Malmesbury wen WPCC 14-3 Angelo Marman wen Chad Cobbledick 3-1; Bernard van Biljon wen Adam Klaasen 3-0; Frikkie Bester wen Alessandro Bonara 3-2; Johan Coetzee wen Nic Trueb 3-0 15 de liga: Malmesbury vs Paarl Malmesbury verloor teen Paarl 12-5 Johan La Grange verloor teen Hannes Burger 3-0; Gerhard Havenga verloor teen Ross Rennie 3-0; Jacques van Zyl verloor teen Zane Meyer 3-2; Jimmy Loock wen George Bruns 3-1

Kampioen:

Die Darling-rugbyklub, huidige kampioene van die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kompetisie het Saterdag met die span van Wesbank op Wesbank se tuisveld afgereken. Die span van Darling het Saterdag in pers sokkies gespeel om hul ondersteuning aan Vrouedag te wys. Foto: David Howburgh

•KAMPIOENE KLOP BESOEKERS

Darling troef Wesbank

• Abri Adonis Wesbank het Saterdag gasheer gespeel vir die nuut gekroonde Swartwes-kampioen, Darling. Wesbank was opsoek na 'n oorwinning om hul deelname aan die uitspele te verseker. Dit was egter 'n wedstryd wat altwee spanne tot die uiterste getoets het. Dit was vroeg reeds duidelik dat die spanne nie uit struktuur wil speel nie. Dit het die spel baie fisies voorlangs gemaak. Spelers soos Renfred Adams en Wildon Marsh het met hul kragspel aanval op aanval geloods om oor die voordeellyn te kom. Wesbank het egter nie terug gestaan nie, met Denver Cloete en Aswen Lawrence wat rotsvas was op verdediging. Die kragperde Johan September, Dylan Beukes en Chondre Lategan, het ook sterk bal gedra. Dissipline op die grond het egter Wesbank laat strafskoppe afstaan en McAllistair Korah het dit vir Darling in punte omskep. Wesbank se dissipline het hul verder in die steek gelaat toe 'n speler

afgestuur is vir tien minute, maar Darling kon steeds nie 'n drie druk teen die 14 spelers van Wesbank nie. Die spanne het gaan water drink met die telling op 9-9 en altwee spanne was nog in die wedloop om die wedstryd te wen. In die tweede helfte was dit duidelik dat drieë nie maklik gaan kom nie. Alhoewel die kragpaal, Chad Mcurry Mckay, Wesbank se agterlyn baie getoets het, was daar steeds geen deurkomkans met Dashton Wellman en Devon van Niekerk wat sterk gestaan het. Dit was egter die plaasvervanger, Bevan Abrahams, wat uiteindelik Darling se lyn gebreek het met sy tegniek, spoed en oog vir 'n gaping, om die enigste drie van die dag te druk. Ongelukkig vir Wesbank, het Macky Korah Darling se telbord aan die rol gehou met sy skopwerk om die wedstryd vir Darling te beklink 16-18. Wesbank is nou twee punte voor Abbotsdale, maar het sy liga-verpligtinge voltooi met Abbotsdale wat nog 'n tuis-

wedstryd teen Porterville moet speel. Alhoewel Wesbank Saterdag in 'n hoofwedstryd teen Saldanha hul tuisveld speel vir Die Boland teen die Griffons, sal sy een oog op Abbotsdale wees met die hoop vir 'n opskudding. Darling sal speel Saterdag gasheer vir Koringberg met die doelwit om die seisoen onoorwonne af te sluit. Koringberg het hierdie seisoen goed vertoon in sy eerste deelname aan die Groot Uitdaag-beker, maar het verlede week vasgeval teen Abbotsdale. Darling op sy tuiste is altyd 'n moeilike wedstryd met 'n drieëfees wat dalk Saterdag Koringberg in die gesig staar. Darling sal sy liga-verpligtinge op 'n hoogtepunt wil afsluit met 'n oorwinning van meer as tien punte. Wesbank speel Saterdag in 'n vriendskaplike wedstryd teen Saldanha op Gladiatorpark op Saldanha wat sal dien as hoofwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen die Boland en Griffons.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.