11 September 2019

Page 1

Swartland • Bergrivier Free 1 • Gratis

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

11 September 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

11 September 2019

Die Swartland-skou, wat eersdaags op Moorreesburg se skougronde plaasvind, se skoukoningin vir vanjaar is Anlea Carstens (heel regs) van Koringberg. Die wenners van die plattelandse skoonheidskompetisie, is die afgelope Vrydagaand op Moorreesburg aangekondig, tydens die gewilde skoudans. Die deelnemer wat die titel van die 1ste prinses dra, is Delane Kotze van Moorreesburg. Cara Kruger van Durbanville, het as 2de prinses uitgeblink. Die skoonhede sal daagliks vanaf 11 September tot 14 September op die skouterrein te sien wees. Foto: Daniela Louw van Daniela Louw Photography.

Skou se mooistes gekroon Stand van die damme

Dietotalevlakvandiewatervoorsieningsnetwerk in die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.3% gedaal vanaf 81.9 tot 81.6%. Die Bergrivierdam se vlak het gedaal vanaf 99.3% verlede week tot 98.8% op Maandag. Die dam se vlak was verlede jaar dieselfde tyd op die 98.2% merk. Die Laer-Steenbras het vanaf 102.1% tot 99.7% gedaal. Verlede jaar dieselfde tyd het hierdie dam se vlak op 89.5% gestaan. Die Theewaterskloofdam het onveranderd op 72.2% gebly, in vergelyking met verlede jaar se 51.1%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water se vlak het ook onveranderd op 87.9% gebly. Verlede jaar het die damvlak op 79.7% gestaan. Die Wemmershoekdam het met 0.8% gedaal vanaf 90% tot 89.2% in vergelyking met verlede jaar se 89.7%.

Plaaslike kunstenaar skitter in kompetisie

pg 3

Malmesbury-netbal wen liga

bl 8


2

11 September 2019

NUUS • NEWS

Darling reg vir blomskou

Graad R:

Die graad R-netbalspan van die Laerskool Swartland op Malmesbury het verlede week hul seisoen afgesluit met 'n wedstryd teen die spanne van Curro Langebaan.

Biddag: Die plaaslike gemeenskap het Donderdag op Malmesbury se Bloues-rugbyveld saamgetrek en 'n biddag vir vrede en teen die geweld teen vroue en kinders gehou. Bo lei pastoor Piet Smit die gebedsgroep.

VA C A N C Y BULLETIN

Die kleurryke prentjie van massas veldblomme bring van 20 tot 22 September weer vreugde aan Darlinginwoners en besoekers tydens die 2019 Darlingveldblommeskou. Die skou vind plaas wanneer die streek se veldblomme vol in die blom staan, en die tema, “ʼn Karnaval van Veldblomme”, verleen Die inwoners van Darling is in reg vir vanjaar se Darling-veldblomskou. juis die optimistiese, Foto: Daniela Photography karnavalagtige atmosfeer ‘n Heen-en-weer diens vanaf die skougronde wat die dorp en streek dan vul. Plaaslike kunstenaar Nicolaas Maritz is die na plaaslike interessanthede in Darling Veilige parkering skou se ontwerper, en mik om die reënboogkleure Die meer as 100 kos- en kunsvlytstalletjies van die seisoen in al sy aspekte uit te beeld. gaan beslis jou smaakkliere en lus vir inkopies Maritz is gekonfyt in die skep van interessante landskapontwerpe, en het voorheen al met groot prikkel! Vir die jongspan wag ʼn naweek vol pret sukses as ontwerper en bestuurder van vele in die speelparkarea, met alles van gesigverf tot pretritte op die agenda. Volwassenes kan ontspan plaaslike veldblommeskoue opgetree. “Ek het besluit om vanjaar die kleurryke in die mini-wynroete tent. Die skou vier ʼn belangrike deel van die Kaapse blommerangskikkings te beklemtoon, maar Fynboskoninkryk, wat bestaan uit renosterveld, met ʼn kontemporêre kinkel,” sê Maritz. “Ek is passievol oor die bewaring van die plaaslike rietveld, sandveld en strandveld, waar altesaam renosterveldhabitat, en glo dat dié saak ten beste meer as 1200 verskillende blomspesies gevind bevorder word deur die publiek se positiewe kan word. Jou toegangsgeld tot die Darlingreaksie op aantrelike én insiggewende uitstallings veldblommeskou maak dit vir ons moontlik om ons bedreigde blommekoninkryk vir die toekoms by die veldblommeskou.” Besoekers aan die skou moet uitkyk vir te bewaar, so kom kuier saam met ons by die verskeie interessante verrassings, soos die mitiese Darling-veldblommeskou en maak ʼn belangrike Florasaurus: ʼn dinosaurus met ʼn voorliefde vir bydrae! Skoudatums: 20-22 September 2019 plante wat wegkruipertjie speel in een van die Tye: Vrydag tot Sondag van 09:00 tot 17:00 veldblommeskou se landskappe. Plek: Darling-sportklub, Jakarandastraat, Die Darling-veldblommeskou bied ʼn Darling verskeidenheid van aktiwiteite vir jonk en oud Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za aan. Kaartjies sluit in: Groepafslag op aansoek. Toegang tot die landskapsaal waar Koste: Volwassenes: R70; Pensioenarisse: veldblomme uit die streek in hulle natuurlike R50; Leerders 7 tot 18 jaar: R50; Kinders 0 tot 6 habitat uitgebeeld word jaar: gratis. ʼn Kunsvlyt & gourmet-kosmark Vir meer inligting, kontak 084 916 1111 of ʼn Uitstalling van veteraantrekkers en -motors ʼn Vermaaktent met musiek deur plaaslike stuur 'n epos aan info@darlingwildflowers.co.za of besoek www.darlingwildflowers.co.za. kunstenaars

EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF AGRICULTURE

FARM AID: FARM SERVICES LANGGEWENS RESEARCH FARM: MOORREESBURG Salary: R102 534 per annum (Salary level 2) Enquiries: Mr S Laubscher at 022 433 8931 Reference Number: AGR 2019-45 Job purpose: The Department of Agriculture, Western Cape Government has an exciting opportunity for a competent individual to perform routine manual farming activities. This post is based at Langgewens Research Farm, Moorreesburg. Requirements: Basic literacy and numeracy (ABET Level 2 or higher). Recommendations: A valid Code B driving licence. Key performance areas: Perform the following tasks: Routine activities in respect of crop production and livestock • General routine farm activities in respect of infrastructure. Competencies: A good understanding of the following: Activities regarding small grain production • Handling of livestock (e.g. sheep, cattle and ostriches) • Handling of machinery and power tools regarding maintenance of infrastructure • Communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape • Ability to work independently, as well as part of a team. NB: Applicants from relevant local communities will receive preference. The selection process will be guided by the EE targets of the employing department. To apply, please complete an application form (Z83) and current CV (5 pages maximum) together with certified copies of ID, academic qualifications and proof of other requirements as indicated in the advertisement. The post being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form. You may use 1 of the 3 options available to submit your application: (1) Hand Deliveries (Between 08:00 to 17:00): Affirmative Portfolios, Unit 14, 1st Floor, 3 Canal Edge, Tyger Waterfront, Carl Cronje Drive, Bellville 7530, (2) Postal: You may post it to the following postal address: PO Box 5496, Tyger Valley Centre Parking Area, Bellville 7536. (3) e-mail address: adresponsecpt@affirm.co.za You may use only one application platform as only one application will be accepted. Applications not submitted on or before the closing date as well as faxed will not be considered.

The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated. Closing date: 30 September 2019 www.ayandambanga.co.za

137679 HZ www.thecandocompany.co.za

Basaar:

Die NG Kerk op Riebeek-Kasteel het die naweek hul jaarlikse Lentefees gehou met 'n geslaagde en suksesvolle basaar wat in die plaaslike kerksaal aangebied is. Daar is soos oudergewoonte talle lekkernye, pannekoek, snuisterye en tuisgebak verkoop.


NUUS • NEWS

11 September 2019

Adams se kunswerk 'n wenner

Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury spog vandeesmaand met een van hul visuele kunsleerlinge se kunswerk in die Suid-Afrikaanse kunstydskrif, Art Times. Migeal Adams, ‘n Graad-12 leerling, het sy visuele kunswerk saam met talle ander leerlinge van reg oor die land se kunswerke vir vandeesmaand se New Blood-kompetisie ingeskryf en as die wenner uitgeblink. Die kompetisie wat maandeliks ‘n wenner aankondig, skep juis ‘n platform vir jong kunstenaars. Deur kunswerk in te skryf, gee al klaar blootstelling aan die wêreld van kunstenaars.

Down to the final in rally

Lewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) lived up to expectations by dominating the CPMCC Swartland Rally, winning all eight stages enroute to an emphatic victory in their CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza STi WRX 2.0 Turbo AWD. Four consecutive victories have pulled them right back into contention for the 2019 Western Cape Rally Championship despite having missed the opening round. Shaun Jones (Durbanville) and Jason Thorpe finally managed to get their Advanced Asphalt 424 CPMCC S5 Subaru Impreza STi WRX 2.0 AWD to last a rally distance to makes history and finish second overall with a calculated drive, holding second position from the start. Paul-Hendrik Franken (Gansbaai) and MattJason Köhler (Heathfield) might have hoped for second rather than third in the now final 2020 specification Vivo GT Cup 125 WPMC S5 VW Polo Vivo GT 1.0 Turbo but the amazing little car certainly did not disappoint in third overall. Early concerns about overheating thought to be related to the new five speed gearbox certainly did not slow them much and against all odds they now find themselves (unofficially) leading the points challenge going into the final event on 5 October 2019. For championship contenders, Ismaeel Davids (Rondebosch) and Yusuf Ganief (Surrey Estate),

the event turned into a disaster and the ID Paving 431 CCMCC S5 Toyota Run X 2.0 4x4 was forced to retire after special stage seven having tripped over the same rock as Giniel de Villiers a few years earlier. Dropping to third on points, but still very much in the hunt going into the final event this championship is really going down to the final Parc Fermé. Andy Haigh-Smith (Philadelphia) and Tania Vermaak (Strand) looked set for a most encouraging result in the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT 1600 but on SS7 electrical problems saw the gutsy combination grind to a halt. Trevor Hodges (Ottery) and Ian Thebus (Edgemead) even less fortunate with CV problems on the final stage in the 421 CCMCC S4 VW Golf MkIII GTi 2.0 16v. It was great to note large numbers of spectators present on the various spectator points and credit to local media such as the Het Zwartlander newspaper supporting sport in their area. Moving into the next generation of rallyists obvious with the reunion of many old hands at these spectator points, but also encouraging to see that the enthusiasm is still alive and well. Thank you to all who kept the spectator areas litter free and honoured the requests of the marshals. The final round of the 2019 Western Cape Rally Championship is scheduled for Saturday 5

October 2019 in the Riebeek Kasteel district. The CPMCC Swartland Rally have certainly set the scene for a brilliant season finale and it is anticipated that the CCMCC Riebeek Kasteel Rally will be attracting a bumper entry. Clerk of the Course, Robert Marle, once again ably supported by Billy Thorpe and the many other hands required to run a rally. The Swartland always a testing experience for marshals who have to brave the heat, dust and infamous gnats. Thank you to Imperial Toyota Cape Gate, A&A Powder Coaters, K&H Freight, Polyplastix, Amandla Construction, CEJ Plant Hire, Tiptrans Bottelfontein and Nuweplaas Farmstall. Follow-up suffered engine problems and Team 424 sportingly trailered their rally car home and then returned to collect the stricken official vehicle. And in between they still contested the oval meeting in Worcester too! Compliments from various competitors with respect to the route marking much appreciated. Roll on Riebeek-Kasteel! Patrick Vermaak

3


4

11 September 2019

NUUS • NEWS

Darling Vleismark vier 26 jaar van gehalte en diens

Die slaghuis op Darling, Darling Vleismark (Darling Meat Market), is seker een van dié gewildste eenstop slaghuise vir inwoners of besoekers aan die Weskus vir al hul gunsteling vleisprodukte. Dié handelsnaam is alombekend en is ekwivalent aan kwaliteit, varsheid, top-diens en netheid. ’n Besoek aan Darling Vleismark is so ‘n besonderse ervaring dat dit ‘n volgende besoek aan dié slaghuis waarborg. En vanjaar vier die span agter die naam, al 26 jaar se bestaan vol sukses en hoogtepunte. Met eienaars wat uit generasies van slagters spruit, kan dit mos nie anders nie. Toewyding word wel hoog op die prys gestel vir hul byna drie dekades lange bestaan. Parker Kriel (81), wat uit ‘n familie van slagters kom, het besluit om in 1993 ‘n slaghuis op Darling te koop. Dit was deel van sy aftreeplan. “Dit was ‘n baie klein slaghuis toe my pa in 1982 na Darling toe gekom het om af te tree,” vertel sy oudste seun, Stephen Kriel. Parker het voorheen ‘n groot slaghuis op Bonnievale besit. In pleks daarvan om af te tree, het hy kort voor lank aflewerings met sy motor op Woensdae in die Kaap begin doen. “Om ‘n slagter te wees is in sy bloed.” Parker se pa en Stephen-hulle se oupa, James Kriel, was boonop een van sewe broers wat almal slagters was. “Ons is nou die vierde generasie,” spog Stephen op hul webblad. Vandag is die patriarg van die besigheid steeds betrokke en is naweke

op sy pos, gereed om getroue kliënte met hul gunsteling produkte te bedien. Dít nadat Stephen 22 jaar gelede dié bekende slaghuis by sy pa oorgeneem het. Kevin, sy jonger broer, het later by hom aangesluit. Vandag is dit ‘n volwaardige én trotse familiebesigheid wat vir die afgelope 26 jaar steeds van krag tot krag gaan. Stephen se vrou Susan, het die boekhouding by haar skoonma oorgeneem, terwyl Kevin grootliks alles hanteer waar rekenaars betrokke is, asook by die baie belangrike element van die winkel, hul speserye. Die reeks produkte te koop, het oor die jare aansienklik uitgebrei, hoewel die ou gunstelinge steeds beskikbaar is, soos die tuisgemaakte biltong, hoenderhappies en boerewors wat kliënte van reg oor die platteland na Darling Vleismark laat stroom én laat terugkeer. Daar is ook ‘n reeks sosaties, wors, uitstekende ham en vars lamsnitte, asook skilpadjies wat op die perseel voorberei word, hier beskikbaar. Die verskeidenheid produkte is eindeloos en uniek. Darling Vleismark word daarom bestempel as die perfekte besoek om vrieskaste met die beste kwaliteit produkte op te vul wat waarde vir jou geld waarborg. Darling Vleismark mag dalk beskou word as ‘n doodgewone slaghuis van buite in die Hoofstraat, maar as jy die perseel betree, is dit 'n heel ander prentjie. Agter die skerms wag ‘n uitsonderlike vleisprosseseringsoperasie op ‘n groter skaal as wat daar vir so ‘n klein dorpie verwag word. Oor


NUUS • NEWS

11 September 2019

Bo: Aan die stuur van sake is die gedugte span van Stephen, Parker en Kevin Kriel. Links: Die span van Darling Vleismark staan altyd reg om van hulp en diens te wees. die dertig personeellede sal in die fabriekafdeling van die slaghuis gevind word, besig om vleis te bewerk wat weekliks aan onder meer sowat 100 Spar-winkels tot so ver soos Upington afgelewer word. Dan sluit dit nie eens al die tuisaflewerings in nie. “’n Vragmotor lewer vier dae per week produkte af wat tot teen die dak gepak is,” voeg Stephen by. Darling Vleismark se gerookte varkprodukte is ook baie gewild langs die Weskus, soos gammon, eisbein en vark filette, nek- en ribbetjies. So ook die gerookte wors, waarvan Stephen se oupa die meesterbrein van was. Ander gewilde en besonderse produkte is die “Kalahari Kreef” (kudu of springbokvleis wat in die vorm van ‘n sosatie met spek toegedraai is), die “Kalahari Garnaal” (hoender in spek) en die “Kalahari Rollmops” (lende beesvleis in spek). “Die produkte is vier jaar gelede deur ‘n blokman gemaak wat voorheen vir ons gewerk het. Nou maak almal dit,” vertel hy. Hulle erken dat die beste verkoper, Darling Vleismark se eie boerewors is “Ons maak sowat vyf ton wors per maand. Die geheim is vars vleis. Volgens die span, speel toeweiding ook ‘n groot rol in die afgelope 26 jaar se sukses, of dit nou hul worsresep of gerookte produkte is. Binne seisoen, is die Krielbroers maklik daagliks vanaf soggens 05:00 reeds aan diens en stap selde voor 20:00 of 21:00 daar uit.

Stephen onthou hoe hy reeds as ‘n sesjarige op ‘n boks gestaan en vleis gewerk het waarvan die letsels van jare se ondervinding kan getuig. Hy verduidelik dat hoewel daar meer bloed as netjies verpakte vleissnitte agtergebly het, is hy vandag dankbaar vir die nuutste tegnologie wat hulle daagliks in die slaghuis gebruik om onder meer vleis te sny of te verpak. Hulle spog met ‘n verskeidenheid produkte om van te kies en keur, soos onder meer gekookte of gerookte produkte, gerookte en gedroogte produkte, vars wors en burgers, lam -en skaapvleis, produkte met toegevoegde waarde, hoenderprodukte, varkvleis, beesvleis en vele meer. Besoek vandag nog vir Darling Vleismark op Darling of gaan loer na hul webblad by www. darlingmeat.co.za vir meer inligting.

Free entry to CapeNature reserves in September

5

CapeNature has made this decision – to make access free – in order to celebrate the significance of our tourism and heritage. September is both Tourism Month and Heritage Month in South Africa. Anton Bredell, the Minister of Environmental Affairs, Development Planning and Local Government says “Tourism makes and enormous contribution to our economy in the Western Cape and is a job creator of note. In addition we are very proud of the beauty of our natural heritage. Whether you’re heading to the Garden Route, the Overberg, the Winelands, the Karoo or the West Coast, you’ll now be able once again, to visit a CapeNature reserve and experience our natural heritage, at no cost.” The Western Cape Province is home to a number of World Heritage Sites, so named because they meet the United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) requirements for containing fauna and flora of outstanding universal value. The Cape Floral Region (one of six floral kingdoms in the world) has the highest concentration of plant species in the world. It contains an estimated 9 500 species of which 70% do not grow anywhere else in the world. CapeNature CEO, Dr Razeena Omar says: “There are so many reasons to be proud of our rich natural beauty. "One of our strategic goals is to ensure better access to our province’s natural and cultural heritage for all. Tourism Month being celebrated during September, is the perfect time to take advantage of the free access week offer. This allows all citizens of the Western Cape the opportunity to experience the rich history and beauty of the outdoors.” This year’s theme for World Tourism Day is ‘History and Tourism - a symbiotic relationship’, and with that in mind, CapeNature reminds visitors of the Gamkaberg Heritage Trail. Unveiled in 2018 in collaboration with the local Zoar community. The trail encompasses a stretch of protected land which is now open to the public for the first time. Further afield in the heart of the Swartberg nature reserve is Gamkaskloof valley, or “Die Hel,” - a small settlement was established there in 1830 by farmers of European origin. Entirely self-sufficient, the community of Gamkaskloof lived in isolation for over a century. The first road into Die Hel, as it is known, was only built in 1962. A variety of walking and hiking trails are available in this reserve, including the Ou Tol, Platberg and De Hoek trails. During Access Week free day access will only apply at the reserve gate and will not be granted when booking through our call centre. The waiver of the access fee pertains to general access (the conservation fee), day hiking and all other day activities, including mountain biking (with your own bike) or picnicking. Normal conservation fees apply for accommodation and camping bookings, while fees are not discounted on concessions that are run by outside suppliers on our reserves. The following terms and conditions apply: The conservation fee will be waived for visitors to any CapeNature reserve that is open to the public between 23 and 29 September 2019. • Free day access will only apply at the reserve gate. No free access fee will apply when booking through the call centre/online bookings and excludes accommodation bookings (normal rates and access fees apply with any accommodation booking). • Free access fee will pertain to general access (conservation fee) and hiking, mountain biking and picnicking. The waiver will NOT apply to the Whale Trail or concessions (including canopy tours, bouldering, horse riding etc.) • Zero (R0) rated permits need to be given to everyone accessing the reserve during this time, as per usual standard procedure to ensure that all access numbers and activity numbers are recorded. • Access to Protected Areas during the CapeNature Access Week will be conducted during regular reserve hours and applies to entries at CapeNature reserve gates.


6

11 September 2019

NUUS • NEWS

Skenking: Anton Greeff, voorsitter

Die gewilde Swartland Skou, wat jaarliks duisende besoekers na Moorreesburg lok, vind vanaf vandag op dié Swartlandse dorp plaas. Links is 'n volledige terreinuitleg. Vir meer inligting, besoek die skou se webtuiste by www.swartlandskou.co.za.

Malmesbury-skou beloof volop vermaak Malmesbury-skou, een van die grootste geleenthede op die plaaslike agenda, is om die draai. Die landbouskou wat vanjaar vanaf 24 tot 26 Oktober by die plaaslike landbougronde plaasvind, skud reeds hul litte los, reg om besoekers te ontvang. Die skou skop op 23 Oktober af met ‘n geleentheid eksklusief vir die skoner geslag, wat oor die jare heen as ‘n gunsteling geleentheid onder die vroue bestempel word. Hoewel die geleentheid nog al die jare in die vorm van ‘n damesoggend plaagevind het, het hulle verlede jaar ‘n kinkel in die kabel gegooi deur ‘n Damesaand aan te bied. Vanjaar se geleentheid beloof hope pret en plesier te wees met Mike McCully en The Harmonix as gaskunstenaars wat ‘n huldeblyk aan die musiekgroep, ABBA gaan doen. Die jaarlikse jeugskou, aangebied deur die Wes-Kaapse Jeugskoustigting, raak elke jaar net groter en groter. Kom kyk hoe die jeug hulle beste voet voorsit wanneer hulle plaasdiere op 24 Oktober om 13:00 gaan hanteer. Die geleentheid sluit in die hantering van diere, asook diereversorging. Kinders wat deelneem, word verder getoets oor dieresiektes, terwyl hul verhouding met die dier beoordeel sal word. Die kategorieë bestaan uit skape, beeste, hoenders en bokke. Die ouers wat ook die landbouskou gaan bywoon, hoef nie hulself te bekommer oor om hul kinders te vermaak nie, want daar is genoeg. Kinders kan uitsien na die kindertent wat op sy pos sal wees. Sien daarna uit om prentjies in te kleur, op ‘n ponie te gaan ry, jou gesig te laat werf en ander plaasdiere te gaan besoek en aan te vat. Daar sal natuurlik ook ‘n springkasteel wee swat hul ure gaan besig hou. Die beste van alles, daar sal betroubare toesig wees vir die kleinspan.\ ’n Nuutjie wat deur klein, maar so ook groot geniet sal word, is die poppekas, aangebied deur Ymke van der Heijden. Die vertoning van Jan en die Boontjierank, vind op 26 Oktober om 11:00 plaas, terwyl Rooikappie en die wolf om 14:00 wag om almal te vermaak. Die Wes-Kaapse Boerboelklub bied op 26 Oktober ‘n boerboelskou aan wat jy nie wil mis nie. Die bielie van ‘n hond, sal daardie dag sy beste poot voorsit vir die beoordeellaars, asook besoekers. En besoekers sal bly wees om te hoor dat die perde daagliks daar sal wees as deel van die perdeskou. Besoek die Malmesbury-skou se Facebookblad vir meer inligting en die perdeprogram.

van Yzerfontein se sport -en rekreasieklub, het verlede week twee plaaslike, niewinsgewende organisasies op die dorp bedank vir hul onbaatsigtige heldedade wat daagliks ongesiens verby gaan. Greeff het ‘n geldelike skenking aan die Yzerfontein Buurtwag én die plaaslike ACVV-organisasie gemaak met Koos Liebenberg aan die stuur van die dorp se veiligheid en nagpatrollies, terwyl Sr Hilda van Schalkwyk van die ACVV as die plaaslike Moeder Theresa van die dorp beskou word. Die ACVV bied boonop tuisversorging én wegneemetes aan. Haar regterhand is Alette Dreyer. Van regs staan Sr Hilda van Schalkwyk, Anton Greeff en Koos Liebenberg met Alette Dreyer voor.


NUUS • NEWS TE HUUR TO LET MALMESBURY : 3 vertrek Batchelor woonstel vir enkelpersoon. Beskikbaar vanaf 1 Oktober 2019. Vir verdere inligting kontak - 082 923 8433 #4759

-----------------------------GELUKWENSING CONGRATULATION

10 Sept – SKILLIE, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Lief vir jou - jou vriendin Landie ------------------------------

Lekker verjaar LUTHER op 14 September. Baie liefde – Oupa, Mamma, Pa en Morris familie ------------------------------

13 September. MIRIAM APRIL. Baie geluk. Mag jou paaie gesaai wees met liefde, geluk, hoop, vreugde en vrede. Liefde – Klasie, Xavier, Fon en Letha ----Bly die liefdevolle en dierbare vriendin. Alles wat mooi is hierdie spesiale dag. Geniet terdeë. Liefde – Brendon, Vlokkies, Dirkie en almal wat jou ken ------------------------------

Kyk wie word 50 op 14 September. Baie geluk en mag dit jou mooiste en beste lewensjaar ooit wees. Baie liefde – Vroulief, kinders en kleinkinders ------------------------------

JOHANNES LE ROUX – 70 op 9 September. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar met baie liefde, geluk en vreugde. Geniet!!! – Vroulief en Carney’s Educare personeel ------------------------------

FRANCOIS “Sterretjie” THERON. 11 September. Ek het nie vergeet van jou, het ek ooit? Geniet jou dag – dis jou dag. Van: “Me, myself and I” ------------------------------

11 September 2019 MEMORIUMS IN MEMORIAM

ROSINA BOLTNEY (néé Arendse) 9 September. Sewe jaar in die hemel. Ons praat nog elke dag van Ma, maar gun u die rus. Nooit sal ons u vergeet. Van: u seun Wilfred en dogter Liana ----Ouma se mooiste herinneringe sal ons altyd bybly. Mis u. Liefde – kleinkinders: Marizelle, Levern, Nikita en agterkleinseun Vincenzo ------------------------------

DINA FORTUIN. 14 September is dit Mammie se eerste verjaardag in die hemel. Mis jou altyd en onthou jou elke dag. Lief vir jou – Jou man, kinders, skoonseuns en kleinkinders ------------------------------

ISAACS JAKOBUS (Koos). 15 September – ‘n Jaar vol verlange en hartseer is verby. Ons mis jou menswees elke dag. Dankie vir wonderlike herinneringe. Ons is, en was baie lief vir jou - Broer James, Elocinda en kinders -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY

LEON PEDRO DREYER. Troosdiens: Maandag – Donderdag, 9 tot 12 September te Mimosalaan 25, Malmesbury. Begrafnis: Sondag, 15 September om 09:00 te Schoonspruit Skoolsaal ------------------------------

RACHEL (Rykie) JOHNSON - Darling: 1948-2019 Met liefdevolle mooi herinneringe neem ons afskeid van ons geliefde moeder. Diep betreur deur haar kinders - Vanessa, Joanne, Suretha, Leon en kleinkinders ----Ons dank ons Hemelse vader vir ‘n wonderlike tante. U is veilig by Jesus en verlos van alle pyn en lyding. Van Elocinda, James, kinders en breë Johnson familie. ------------------------------

MARIA (Ria) CUPIDO: 1959-2019. So skielik van ons weggeneem. Ons kan nie murmureer. Ons koester mooi herinneringe. Van neef, James, Elocinda en kinders ------------------------------

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.


8

NUUS • NEWS

11 September 2019

SPORT 11 September 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

DUIWE

DARLING - Springfontein (7 September) 1. Willemburg Loft - 17:59:08; 2. Willemburg Loft - 18:45:12; 3. Isaacs Family Loft - 06:46:54; 4. Baron & Sons - 06:48:52; 5. Baron & Sons - 07:58:07; 6. Baron & Sons - 08:05:45; 7. Beziek Loft - 08:13:25; 8. Willemburg Loft 08:31:35; 9. Isaacs Family Loft - 08:40:17; 10. Beziek Loft - 08:55:21; 11. Baron & Sons - 08:55:57; 12. Isaacs Family Loft 09:07:07; 13. Warren & Family - 09:19:01; 14. Warren & Family - 09:19:01; 15. Willemburg Loft - 09:21:03

Langasems: Die NG Kerk op Riebeek-Kasteel het die afgelope naweek hul jaarlikse Lentefees aangebied met talle aktiwiteite. Die halfmarathon en pretdraf was deel hiervan en die lede van die Swartland-atletiekklub het hul slag gewys op die uitdagende roete. Links bo is Johannes le Roux, Anri, Mariska en Gerrit Joubert.

Malmesbury wen liga

Bo: Lindia le Roux soek 'n spanmaat na wie sy die bal kan uitgee.

Die Malmesbury-netbalklub seëvier in vanjaar se Weskus-ligatoernooi en sorg vir groot opwinding ná ‘n strawwe wedstryd teen Citrusdal, met die kwik wat die afgelope Saterdag by 35°C op Moorreesburg gedraai het. Malmesbury Netbalklub se A-span, met Mariska van Zyl as hul afrigter vir die afgelope drie jaar, het die Weskus A1-liga-kampioenskappe met ‘n telling van 47-37 gewen. Die oorwinning het ook nie so maklik gekom nie aangesien spelers sonsteek opgedoen het weens die hitte. Die span se reserwe, Lola Louwrens, op haar pos en gereed om in te staan. Teen halftyd, was Malmesbury se A-span met slegs een punt agter hul teenstanders. Hoewel die warm weer die netbalspelers laat les opsê het, het die span se fiksheid ‘n groot rol in hul oorwinning gespeel. Volgens Mekayla Barnard, wat V speel, was hulle op ‘n stadium met tien punte agter. Hulle kon gelukkig daarin slaag om die telling gedurende die tweede helfte in te haal. Die spelers was verder ook Martie Olivier (HD), Janine Heynse (D), Geraldine April (S), Adelle Van Jaarsveld(VV), Lindia van Zyl (HV en kaptein), Mekayla Barnard(V) en Danielle Sheldon(AV). Malmesbury het die beker in 2017 huistoe gebring en verlede jaar tweede gekom. Die B-span het vanjaar op hul beurt tweede in die B1-liga geëindig, ná hulle teen Langebaan gespeel het. Die eerstespan neem op 12 Oktober aan die Wes-Kaapse Interprovinsiale netbaltoernooi deel waar hulle teen die verskillende ligawenners te staan sal kom.

OMEGA – - Theunissen (30 Augustus) 1 S Zimri 08.51.03; 2 S Zimri 09.04.20; 3 S Zimri 09.09.10; 4 S Zimri 09.09.13; 5 Leukes Lofts 09.30.16; 6 Shane Arendse 09.45.25; 7 Sheldon Bros 09.46.09; 8 Jannie Morris 09.48.37; 9 Shane Arendse 09.51.53; 10 Kasu & Sons 09.52.13 Springfontein (7 September) 1 Sheldon Bros 16.46.25; 2 Manuel Lofts 16.53.35; 3 Shane Arendse 16.54.50; 4 D Daniels & Son 17.06.17; 5 Kasu & Sons 17.10.13; 6 Kasu & Sons 17.53.51; 7 Hok Edas & Pienaar 17.55.52; 8 Shane Arendse 18.09.35; 9 S Zimri 18.18.00; 10 S Zimri 18.19.00 RIEBEEK WES - Springfontein (7 September) 1 Mentoor Hokke 16.14.08; 2 Adams Hokke 16.17.26; 3 Alex Fam 17.20.44; 4 Alex Fam 17.24.37; 5 Kuiler Hokke 17.23.21; 6 Adams Hokke 17.54.08; 7 Persens Hokke 18.06.32; 8 Kuiler Hokke 18.14.30; 9 Adams Hokke 18.20.33; 10 Daniels Hokke 18.32.43 MALMESBURY - Hopetown OPE 1 1 Cross Border Lofts 1516.1680; 2 G Williams 1511.2768; 3 LF van Dalen 1463.0006; 4 Cross Border Lofts 1460.6631; 5 Kotze Familie Hokke 1406.2927; 6 G Horn 1404.0956; 7 G Williams 1385.2801; 8 G Horn 1376.0953; 9 Bordeaux A 1367.8721; 10 G HORN 1330.4354; Hopetown Ope 2 1 G Williams 1465.8516; 2 Cross Border Lofts 1465.4522; 3 Kotze Familie Hokke 1458.0609; 4 G Williams 1449.0911; 5 Bordeaux A 1440.4160; 6 Kotze Familie Hokke 1440.0217; 7 G Horn 1422.4043; 8 J Steenkamp 1413.6915; 9 G Horn 1409.3140; 10 Kotze Familie Hokke 1380.5889


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.