10 Julie 2019

Page 1

• Bergrivier • Free • Gratis 1Swartland

Jou bron van goeie nuus

NUUS • NEWS

10 Julie 2019

Tel: 022 487 3221 • www.hetzwartland.co.za

10 Julie 2019

Pret met funduro Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die afgelope Saterdag hul jaarlikse funduro op die plaas Withoogte buite Koringberg aangebied. Die enjins het behoorlik gebrul en gedreun soos die deelnemers oor die terrein hul voertuie se krag tentoongestel het. Foto: Cor Cronje

•Lees binne...

Ras speel met Dominee wys vuurhoutjies bl 2 sy staal bl 4

'Ek is bly sy het my gekies' bl 3


2

NUUS • NEWS

10 Julie 2019

Weldoener ontferm hom oor Groeneweide-tehuis

•BOU MET VUURHOUTJIES

Van steenkoolmyne na bote vir Ras

Bo is Mario Groenewald (SSC Infrasec), Riaan Neethling, voorsitter van Groeneweide Ouetehuis se beheerraad wat die kwitansie aan Johan Paulsen van Technoswitch oorhandig, asook Miempie Thomas, bestuurder van Groeneweide. Die Groeneweide-ouetehuis op Darling, het onlangs ‘n skenking van sowat R144 000 ontvang vir die vervanging van hul brandalarm wat weens kragonderbrekings die gees gegee het. Miempie Thomas, bestuurder van die ouetehuis, sê woorde is nie genoeg om hul dankbaarheid te beskryf nie. Die maatskappy, Technoswitch, het vroeër vanjaar ‘n splinternuwe brandalarmstelsel ter waarde van R144,329.11 aan die tehuis geskenk. Dit was gedurende ‘n tydperk waar daar nie genoeg fondse vir die vervanging van die stelsel was nie. Die maatskappy, SSC Infrasec, is ook bedank vir die rol wat hulle in die skenking gespeel het. Hulle het as tussenganger opgetree en Technoswitch aan Groeneweide voorgestel vir ‘n kwotasie van ‘n nuwe brandalarmstelsel. Groeneweide is ‘n nie-winsgewende organisasie en vorm deel van Badisa. Thomas verduidelik dat alle befondsing grootliks te danke is aan intensiewe geldinsamelingsinisiatiewe deur die bestuur en personeel, huurinkomste deur sommige inwoners en subsidies vir kategorie 3-inwoners vanaf die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, asook donasies. Daarom word die

skenking as ongelooflik beskou. "Daar moet deurlopend aan alle vereistes van die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en Gesondheid voldoen word om die instansie se deure oop te hou", verduidelik sy. “Veiligheid is van kardinale belang en dit is daarom krities om ‘n betroubare brandalarmstelsel te hê, veral met verswakte bejaardes, siek inwoners of inwoners wat Alzheimer se siekte en aan demensie ly. Sommige inwoners het vuurhoutjies en kerse ter voorbereiding van beurtkrag,” vertel Thomas. Dit is maar net van die redes wat Thomas gegee waarom dié skenking so baie vir hulle beteken. “’n Donasie van dié grootte is ongewoon in die wêreld van bejaardesorg,” voeg sy by. ‘n Spesiale geleentheid is gehou waartydens die weldoeners en die bestuur van die tehuis bymekaar gekom en die 18A-kwitansie in ontvangs geneem is vir die donasie van komponente ter waarde van R 144,329.11. (Die 18A-kwitansies mag deur ‘n 'n instelling wat nie winsbejag is nie, uitgereik word om aanspraak te maak op belasting-verligting.)

Johan Ras (regs) vind ontvlugting in die bou van model skepe. Johan Ras (54) van Malmesbury het 'n stokperdjie wat maak dat hy sy vat en plak moet ken en wat hom soggens vroeg uit die vere jaag. Dit is juis dan wanneer hy sy model skepe van vuurhoutjies bou. Hoewel dié skepies nie noodwendig iewers heen vaar nie, gebruik hy die tyd om te ontspan vóór sy dag amptelik begin. Ras het in 1990 hiermee begin toe hy hierdie tegniek by sy oorlede broer aangeleer het. Ras ontwerp self sy eie modelle en het al talle interessante skepe voltooi. Hy is in die klein dorpie Ogies in Mpumalanga gebore, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Hy het ná skool op die steenkoolmyne begin werk en kon nooit regtig wortels skiet nie en het van Phalaborwa na Kathu in die Noord-Kaap verhuis. Sy omswerwinge het hom selfs na Namibië geneem waar hy op Rosh Pinah by 'n sinkmyn gewerk het. Ras is vandag steeds op die myne werksaam, waar hy vir die afgelope 27 jaar vervoerbande herstel en vervang. Weens sy werke in KwaZulu Natal, het hy ook Zulu onder die knie en praat hy hierdie taal vlot. Dié pa van drie, het sowat drie jaar gelede na die Swartland verhuis toe ‘n geleentheid na die Wes-Kaap gewink het. Hy is nog nie vir een dag spyt oor dié besluit nie en het vinnig lief vir die dorp geword. "Ek bly baie lekker hier," vertel hy. Ras, ‘n wewenaar wat sy 14-jarige laatlam grootmaak, het ook die voorreg om saam met sy oudste kind, Johan jnr, te werk wat hy sowat 10 jaar gelede in die vaardigheid opgelei het. Aangesien sy werk hom lang ure op die pad laat deurbring, is die bou van die tydlose skepe

vir hom 'n manier van ontspanning, selfs al is dit in die nag en oggendure. Ras het nie 'n klinkklare bouplan waarvandaan hy werk nie, maar visualiseer die skip wat hy graag lewe aan wil gee. Hy verduidelik dat die skepe eers uit karton gebou word. Daarná word die vorm met vuurhoutjies toegemaak. Een só ‘n model neem hom sowat ‘n maand om te voltooi. Hy gebruik sowat 80 boksies vuurhoutjies per model. Behalwe vir die draai-as (swivels), vuurhoutjies en hekelgare, maak hy self al die ander materiaal waaruit die skip uiteindelik bestaan. Die deure, die ankers en die roer word met die hand gemaak. Behalwe sy liefde vir die skepe, is hy ook 'n bo-baas kok en geniet hy dit om aandete voor te berei. “My kinders weet al wat ek in my vrye tyd doen, dis nie meer snaaks vir hulle nie,” lag hy. Daar is tans sowat vyf skeepsmodelle wat in sy huis staan. Hy het oor die jare soveel skepe gebou, dat hy naderhand ophou tel het. Sedert hy op Malmesbury woon, het hy wel al 14 gebou. Sy grootste model staan sowat 1.2m hoog. Hy maak die skepe ook nie om te verkoop nie. Hy gee dit graag weg as geskenke of wanneer hy dankie sê aan iemand wat vir hom ‘n guns bewys het. Ras geniet dit om ander modelle ook te bou, maar sy voorliefde is vir die skepe. Vir hom is die skepe wat hy bou deel van sy, sy kinders en kleinkinders se lewensreis en sal hy dit vir niks verruil nie.

Derby:

In 'n naelbytstryd om die Groot Uitdaag-beker het Abbotsdale se Lillies die span van Never Despair net-net ore aangesit met 21-17 in vanjaar se derby-stryd. Foto: David Howburgh

Wisselaar gesluit vir verkeer Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, het vroeër verlede week ‘n boodskap aan inwoners van Malmesbury en omliggende omgewing, asook motoriste wat die N7-snelweg gebruik, uitgereik oor die tydelike sluiting van die Voortrekkerstraat-wisselaar. Die afritte van die N7 na Voortrekkerstraat, is reeds sedert die afgelope Maandag tussen 21:00 die aand en 06:00 die oggend tot 20 Julie gesluit, behalwe gedurende die nag van 14 Julie. Die pad word gesluit as gevolg van nodige werk aan die teerblad. Die deel van Voortrekkerstraat wat oor die brug loop en toegang tot die Mount Royal Landgoed gee, sal slegs toegang tot inwoners

verleen. Motoriste en inwoners word aangeraai om die Bokomo/Darlingweg –wisselaar gedurende die periode te gebruik vir toegang tussen Malmesbury en die N7. Die nodige padtekens wat as aanwysings vir alternatiewe roetes dien, is reeds aangebring. “Ons moedig motoriste aan om die bestaande padtekens te volg, asook om bedag te wees vir voetgangers.” SANRAL het motoriste die versekering gegee dat die werk so spoedig moontlik afgehandel sal word en vra om verskoning vir enige ongerief wat weens die padwerke veroorsaak word, sê Randall Cable,Wes-Kaapse streeksbestuurder by SANRAL.


NUUS • NEWS

•LENA KIES CALLIE DIE "SPOORWEGMAN"

'Ek is bly sy het my gekies' •Charlotte Lesch Callie (82) en Lena Viljoen (81) van Malmesbury het verlede week hul 60ste huweliksherdenking gevier. Dié jong verliefdes van tóé onderskeidelik 22 en 21, het ses dekades gelede, op 4 Julie, ewig trou aan mekaar in die Pinkster Protestante Kerk op Lambertsbaai beloof. Ná 60 jaar saam en sakke vol sout later, is hul huwelik vandag nog net so rotsvas soos daardie dag langs die Weskus. Wat is die geheim tot dié suksesvolle huwelik: “Genade van die Here. As jy die Here ken in jou huwelik, dinge saam bespreek, daaroor bid en die Here jou Leidsman is, kan dinge mos nie verkeerd gaan nie,” verklap Lena hul resep. Callie is in Noupoort gebore, terwyl Lena in die Sandveld buite Leipoldtville grootgeword het. Min het dié twee geweet dat hulle paaie eendag sou kruis en tot 'n gelukkig huwelik sou lei. Callie het homself in 1956 op Klawer gevind toe hy dáár op die spoorweë begin werk het. Lena het weer op Vredendal by ‘n plaaslike koöperasie gewerk. Dit is egter nie vir haar wat hy eerste ontmoet het nie, maar haar suster op Lamberstbaai. “Ek het gehoor sy het ‘n sussie. Sy en my broer het my toe aan haar voorgestel,” deel hy ‘n stukkie geskiedenis. Callie en Lena het mekaar in 1957 by die kerk op Klawer ontmoet en vandaar was die koeël toe ook sommer deur die kerk. “Ek het geglo ek het die mooiste man in die wêreld gekry,” vertel Lena. Callie vertel op sy beurt, hy was so verlief dat sy knieë lam geraak het toe hy die ja-woord gevra het. Hy voeg by dat hy nooit ‘n mooier of beter vrou sou kry nie. “Ek het my skoonma se eweknie gekry. Sy het

altyd net die goeie in almal raakgesien. Dit was net lekker jare saam.” Sy loopbaan het die Viljoen-egpaar van die een dorp na die ander laat trek. Callie het uiteindelik in 1992 op Caledon afgetree. Hulle het besluit om na Malmesbury te verhuis waar hulle reeds sedert 1980 ‘n huis gehad het. Hulle spog met drie kinders en ‘n volle tien kleinkinders wat almal naby is. Hulle huis word ook beskryf as ‘n heenkome waar almal altyd welkom is. Lena bak en brou steeds, kook daagliks en is baie lief vir tuinmaak. Sy raak vandag nog opgewonde oor die vordering wat haar plante maak. “Ek kom mos van ‘n plaas af,” lag sy. “Sy moes met ‘n boer getrou het, toe vat sy vir haar ‘n spoorwegman,” skerts Callie. “Maar ek is bly sy het vir my gekies", voeg hy

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen

Memorabilia van kerk gesoek Die Nuwe Apostoliese Kerk op Malmesbury vier op 18 September die kerkgebou se 160ste bestaansjaar. As deel hiervan word 'n week van feesvieringe beplan. Die gemeente is op soek na enige ou foto's of dokumentasie rakende die gebou se ontstaan en geskiedenis om in die feesvieringe te kan gebruik. Indien jy hieroor beskik, kontak Michael Garisch by 083 233 6440 of stuur 'n epos na mgarisch@ford.com. Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na nuus@hetzwartland.co.za met jou nuuswenke.

3

10 Julie 2019

by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

Yzerfontein Toerisme 24 Julie: Alle lede word hartlik uitgenooi om Yzerfontein Toerisme se 2019 Algemene Jaarvergadering by te woon by Yzerfontein Rolbal Klubhuis om 18:00

Jo-Dolphin 27 Julie: Jo-Dolphin hou fondsinsameling te Albaniestraat 5, Malmesbury. "Food around the world" - Koste beloop R120,00 per persoon vir 5 disse. Vanaf 10:00 tot 14:00 Vir enige navrae en kaartjie aankope skakel 022 487 1156.

by. Hy is op sy beurt nog net so aktief en help daagliks by hul jongste seun, Carel, se loodgieter-onderneming op Malmesbury. Hy is ook baie nuttig met sy hande, en koester ‘n liefde vir die restourasie van motors. Wat die huwelik betref, vertel Callie dat hulle nie rusie maak nie. Gevra wat hul sukses resep is, antwoord hulle: "Deur die 60 jaar kan ons getuig dat ons nie een aand vir mekaar kwaad gaan slaap het nie.” Hulle het ook in standvastige huise grootgeword en beskryf hulself as die produk van daardie twee huise wat bymekaar uitgekom het. Callie haal 1 Korintiërs 13 aan waar daar geskryf is dat die liefde die belangrikste faktor in die lewe is. “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie…” “Daar staan in Die Bybel dat die Here die mens gemaak het en God gesien het dat hy hulp nodig het. Hy het vir die mens ‘n hulp gemaak, nie ‘n vloermatjie of ‘n stoflap nie,” vertel hy. “My pa het altyd gesê, jy moet vir jou troudag meer bid as vir jou sterfdag, want as jy ‘n perd koop en jy is nie tevrede met die perd nie, kan jy dit verkoop. As jy getroud is, kan jy nie daardie perd verkoop nie,” deel hy sy pa se wyse woorde. Hy is dit eens dat as die mens die Here nommer een in jou lewe maak, die res alles in plek sal val. Gelukwensings vir dié Viljoens het deur die loop van Donderdag op sosiale media ingestroom. Joanne Müller skryf: “Baie geluk, pragtige voorbeeld vir ons almal.” Amelia Perold skryf dat oom Callie en tannie Lena ‘n ware voorbeeld is en bedank hulle daarvoor. Volgens Debbie van Eeden, word die Viljoens as twee pragtige mense beskryf. “Ek het soveel respek vir hulle.” Elaine Smith wens die Viljoens nog baie mooi jare saam toe.

Stand van die dam

Die gemiddelde vlakke van die damme in die Wes-Kaap het die afgelope week met meer as 6% gestyg. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se vlak staan op 65.1%, in vergelyking met verlede week se 59.4% en verlede jaar se 52.2%.


4

NUUS • NEWS

10 Julie 2019

Oudit: Hersiening moontlik Die Swartland Munisipaliteit het vanjaar, anders as die sewe voorafgaande oudits, nie daarin geslaag om ‘n skoon oudit te behaal, ten opsigte van die 2017/18-boekjaar nie. Die munisipaliteit het wel ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag, gekoppel aan een wesenlike bevinding, ontvang. Gemelde bevinding hou verband met die laat indiening van die finansiële state, wat weens tegniese redes nie teen die wetlike sperdatum op 31 Augustus 2018 ingedien kon word nie, maar eers op 7 September ingedien is. Die Nasionale Tesourier het gedurende 2018 ‘n nuwe rekenkundige verslagdoeningsformaat, bekend as MSCOA (Municipal Standard Chart of Accounts) vir munisipaliteite geïmplementeer. Behalwe dat hierdie formaat tot kort voor die betrokke finansiële jaareinde by talle geleenthede eensydig gewysig is deur die Tesourie, het die integrasie van die finansiële sagtewarestelsel met

die nuwe verslagdoeningsformaat vir die munisipaliteit, geweldige uitdagings meegebring. Vyf ander munisipaliteite in die Wes-Kaap, wat van dieselfde sagteware-diensverskaffer gebruik maak, moes weens soortgelyke uitdagings ook hul state laat indien. Teen bogemelde agtergrond het die munisipaliteit die onbenydenswaardige keuse moes maak om òf wesenlik foutiewe state teen die sperdatum in te dien òf korrekte state, enkele dae na die sperdatum. Daar is ten gunste van die laaste opsie besluit, aangesien dit geen sin sou maak om foutiewe state in te dien en die risiko van talle wesenlike ouditbevindinge te loop nie. Die besluit van die Ouditeur-Generaal om nie die laat indiening te kondoneer soos wat hy ten opsigte van ander munisipale owerhede wel gedoen het nie, word tans in die Hoër Hof op hersiening geneem.

Fondse vir pasiënt: Die Malmesbury Auto Society, in samewerking met Boland

Stance Kings en die Sonic-span het onlangs 'n geleentheid aangebied om fondse vir 'n jong pasiënt wat aan Hirschsrungs-siekte ly, in te samel. Alle fondse wat op die dag geïn is, is aan JeCaydo Kocks oorhandig vir die lewensbelangrike operasie wat hy benodig. 'n Totaal van R9040 is ingesamel en oorhandig.

Promosie

Nuwe wiele:

Stephenette du Toit van Malmesbury is die maand-wenner van die Spar-groep se wen-'n-motor-kompetisie. Hier neem sy haar nuwe ryding, 'n Hyundai i10, in ontvangs by Superspar Malmesbury se mede eienaar, Des Möller. By hom is Morné Brits, bedryfsbestuurder van die streek.

Ds Claassen wys sy staal Friedrich Claassen (48), inwoner van Darling en predikant by die NG Kerk Swartland se moedergemeente op Malmesbury, wys dat elkeen tot enigiets in staat is "met God se genade". Claassen is onlangs in die CTTA - span (Cape Town Unicity Triathlon Team) ingesluit wat op 29 Junie aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp-kampioenskappe by Killarney-renbaan deelgeneem het. Dáár het hy aan die langafstanditem vir seniors in die ouderdomsgroep tussen 45 en 49 deelgeneem en goud verower. Sy prestasie het ook ‘n algehele sesde plek ingepalm. Dit was sy heel eerste Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Claassen, wat aanvanklik in 2012 besluit het om sy gesondheid eerste te stel deur oefeninge te begin doen, sou tóé nooit kon droom om ‘n eerste plek op nasionale vlak te behaal nie. “Die eerste plek is eintlik vir my net ’n bevestiging van God se liefde vir my en dat Hy vir my goed is. Soli Deo Glorie. Aan Hom al die eer. Sonder Hom en die krag wat Hy aan my gee, sou dit nie moontlik gewees het nie,” sê Claassen. Claassen het op skool én nog op universiteit aktief aan sportsoorte deelgeneem. Hy het aan onder meer marathonne deelgeneem en was tot ‘n rugbyskeidsregter in sy studentejare. “Ek het eintlik nog altyd ’n liefde vir sport gehad,” vertel hy. Volgens Claassen het dinge begin verander toe hy begin werk het. Dit was nie omdat hy nie meer tyd vir sport gehad het nie, maar eerder omdat hy nie meer tyd vir sport gemaak het nie. “Ons almal het eintlik nodig om daarvoor tyd te maak,” voeg hy by. Agt jaar gelede besluit hy om gesonder te leef en ‘n fiets te koop. Hy het vir homself ‘n doelwit gestel om in 2013 aan die destydse Argus-fietstoer, nou die Kaapstad-fietstoer, deel te neem. Hy het vanjaar sy sesde fietstoer afgelê. Sy dogter, Anke, het om verlede jaar daaraan herinner dat sy broerskind ‘n ander uitdaging aan hom gestel het. “Sy het my uitgedaag om die Ysterman-kompetisie aan te pak.” Hy het dit aanvaar en in Augustus verlede jaar begin oefen. Sy aanvanklike mikpunt was om op 2 Junie vanjaar aan die 70.3-Ysterman (halwe Ysterman) in Durban deel te neem. Hy het die uitdaging, wat bestaan uit 1.9km swem, 90km fietsry en 21.5km hardloop, in vyf ure en 31 minute voltooi. “Dit was nooit deel van my mikpunte of doelwitte om op kompeterende vlak deel te neem nie.” Tog beskryf hy homself as ‘n kompeterende persoon. Dit gaan egter nie vir hom daaroor om teen ander te kompeteer nie, maar eerder teen homself. In sy voorbereiding vir die Ysterman, het hy

by die Multisport Maniacs-klub aangesluit. Hy het kort daarna ‘n uitnodiging ontvang om vir die SA Tweekamp-kampioenskappe in te skryf en besluit om die uitdaging aan te pak. “Net voor die Ysterman in Durban, het ek gehoor dat ek vir die CTTA-span gekies is om WP te verteenwoordig,” vertel hy trots. Dié sport het egter al vroeër verlede jaar September ingetree toe hy aan sy eerste Driekamp-kompetisie, die Cape Ultra-kompetisie deelgeneem het. “Ons kon die dag nie swem nie. Dit water was te koud en die kompetisie is aangepas na ’n tweekamp.” Die element wat hy seker die meeste van die kompetisies geniet, is om te kyk waartoe hy in staat is. “Ek dink ons onderskat onsself baie keer,” verduidelik hy. Hy geniet ook die atmosfeer wat by die kompetisies heers. “Om saam met ander deel te neem en te weet almal het een doel en dit is om klaar te maak, en om elke oomblik te benut.” Dit is ook die legendes wat hom inspireer, soos die 83-jarige wat ook aan die SA-kampioenskappe deelgeneem het. Claassen is baie dankbaar teenoor sy Hemelse Vader vir die geleentheid en gesondheid wat Hy aan hom gee om op 48 aan sport deel te kan neem. “As ek dit kan doen, kan so baie ander dit ook doen,” moedig hy ander aan. Hy is daarom dankbaar dat hy weer begin tyd maak het vir sport in sy lewe. Claassen is moontlik in September vanjaar op pad na Switserland vir die Wêreld Tweekamp-kampioenskappe vir langafstand (10km hardloop, 60km fietsry en 5km hardloop).

Carli Claassen (12), leerder van Laerskool Swartland op Malmesbury, het gedurende die afgelope skoolvakansie aan die SA Skole-skaakkampioenskappe in Kimberley deelgeneem ná sy vroeër vanjaar in die o.13 Wes-Kaapse Skole-skaakspan opgeneem is. Carli het op 18 en 19 Mei aan die Wes-Kaap Skole-skaakkampioenskappe op Mosselbaai deelgeneem en nie net ‘n tweede plek behaal nie, maar ook vir haarself ‘n plek in die Wes-Kaapse Skole-skaakspan verseker. Carli het uitstekend gevaar tydens die nasionale kampioenskappe op Kimberley waar sy ‘n derde plek behaal het. Sy het vier van haar sewe wedstryde gewen en een wedstryd gelykop gespeel. As gevolg van haar goeie prestasie, kan Carli moontlik volgende jaar aan die Wêreld Skole-skaakkampioenskappe, asook die Afrika Skole-skaakkampioenskappe deelneem.


NUUS • NEWS

10 Julie 2019

5

Haigh-Smith, Edas at full speed on Killarney

Rugbytoernooi:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het verlede week hul jaarlikse wintertoernooi aangebied, waar rugbyspanne mekaar die stryd aansê. Swartland en Schoonspruit, albei van Malmesbury, het ook in die toernooi gespeel. Schoonspruit Sekondêr het op die eerste dag teen die span van Bellville met 31-24 verloor en op dag 2 het hulle teen Durbanville vasgeval met 31-5. Swartland het op dag 1 teen die span van Stonyhurst met 45-15 verloor en op dag 2 teen Labori 'n oorwinning van 29-15 ingepalm.

Defending class S3 champions, Andy Haigh-Smith (Malmesbury) and Tania Vermaak

It might be the shortest special stage distance of the 2019 Western Cape Rally Championship but the seven stages of the CPMCC Tarmac Rally will undoubtedly test each team when the fourth round of the championship takes place at the WPMC Killarney International Raceway on Saturday 13 July 2019. Asphalt rallying is something of an unique experience in South Africa and as most of the rally cars will simply feature semi-slick tyres as the main tarmac specification. Reigning in the horns to concentrate on being squeaky clean and neat without having had any time to practice asking quite a lot, and then there is the little influence of weather to consider. John and Weston Peiser delivered a brilliant performance in 2018 when they took the Speed Pro Cycling Components 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT Turbo 2.0 4x4 to an impressive overall victory, going on to win the 2018 Western Rally Championship. Many would argue that the 4x4 drivetrains do not particularly enjoy the high grip, tight cornering characteristics presented by the Killarney layout. Llewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) will have no choice but to drive for victory in their CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza STi Turbo 2.0 4x4 and though they have certainly proven their pace as the number one seeds the 2018 tarmac rally resulted in retirement. On Saturday 22 June 2019 a very interesting Toyota Corolla RXi 1.6 fitted with a Sadev sequential gearbox appeared on circuit during the Killarney track day and on Saturday 29 June 2019 it was also present at the RCG4x4 Trip Trans Rally Sprint 4 All. At Killarney the car really sounded impressive but it only managed a single time on gravel. With the numbers function due on Tuesday 9 July 2019 it now remains to be seen how reliable the new car would be. They look set to have great support from the Franken Motorsport class S4 VW Polo Vivo 2.0 20v of Paul-Hendrik Franken (Gansbaai) and Matt Köhler (Heathfield). With their unique 3 cylinder 1000cc Turbo car currently being prepared to the full Vivo GT Challenge specifications (five speed gearbox with sequential shifter) set to debut at the Algoa national rally the Franken

Motorsport team have opted not to contest the fifth round of the Burley Pro GTi Challenge during the 6 July 2019 Wingfield Motors Power Series in favour of contesting the Tarmac Rally. In the absence of the Hairpin King, the acciDent Guru 469 WBMK S3 VW Golf MkI Citi 2.0 8v of Paul van Wyk it will be up to the Time 2 Go Travel 404 WBMK S2 VW Golf MkI 1.6 of Tiaan Rabe (Somerset West) and Nico Esterhuyse (Somerset West) to irritate the more powerful cars. The Gulf Oil colour scheme not only has this neat little car look like a Porsche, it seems to be on par in pace too! Defending class S3 champions, Andy HaighSmith (Malmesbury) and Tania Vermaak (Strand), have not had the greatest of seasons and the AHS Racing 432 CPMCC and WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600 will most certainly be looking for a solid, consistent, outing. Anthoney Connelly (Kuilsrivier) and Justin Gay another combination seeking consistent results in their Connelly Engineering 429 CCMCC S4 VW Polo 2.0 16v. Faizel Davids (Ottery) and Lloyd Brady (Ottery) are back in their refreshed 422 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6 whilst the father and son combination of Theodore (Ottery) and Terry Croy (Ottery) will be making their debut in the ex-Ebrahim Levy 447 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6. Do not be surprised should Kesevan Naidoo (Kuilsrivier) return to action in his 410 CCMCC Toyota Corolla RXi 1.6i as the car of Cobus Edas (Malmesbury) will not be ready for action. Stellenbosch husband and wife, Marius and Angelique Swart, are fast becoming regular finishers in their bright orange 438 CPMCC S3 VW Golf MkI 2.0 8v whilst Derick Clift (Paarl) and Marius Rudolph (Bothasig) have quickly gelled as a new combination in the ECW Engineering 418 CPMCC S4 Toyota Hilux 2.0 LDV. Another husband and wife combination, Gareth and Gillian Vernon (Pinelands), will return in their 459 CPMCC S2 VW Golf MkI 1.4i whilst Kevin Calvert (Pinelands) and Brian Hoskins (Tableview) will be hunting a good result in their 436 WPMC S2 VW Golf MkI 1.6i. Patrick Vermaak 083 701 8116


6

NUUS • NEWS

10 Julie 2019

Inwoners se harte klop warm vir Aandskemering

Ná 48 jaar van getroue diens aan pasiënte het Suster Susan Cronje op 28 Junie amptelik haar laaste dag gewerk. Sy het haar loopbaan by die aansteeklike siekte-hospitaal op Malmesbury afgesluit. Cronjé het in 1971 haar verplegingsloopbaan in die Paarl afgeskop. Sy was ook 'n geruime tyd 'n bekende gesig by die Swartland-hospitaal, asook die Andskemering tehuis vir bejaardes. Links oorhandig Linda Sedeman, matrone van die aansteeklikse siekte hospitaal, 'n blyk van waardering aan Cronje.

Bo: Die eetsaal het 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Links onder: Die eetsaal voor die weldoeners ingegryp het. Regs onder: Maretha Walters en Brenda van der Vyver.

Take the trail at !Khwa ttu Aandskemering, die tehuis vir bejaardes op Malmesbury, ondergaan ‘n gedaanteverwisseling danksy ‘n paar inwoners se liefde, tyd en omgeeharte. Maretha Walters en Brenda van der Vyver het besluit dié tehuis se eetsaal moet opgeknap word. Die eens vaal vertrek met byna leë mure, is binne sowat ‘n maand omskep in ‘n warm en vriendelike omgewing, versier met dekór wat lyk of dit eerder in ‘n leefstyltydskrif hoort. Waar daar voorheen byna geen prente teen die mure gehang het nie, pronk dit vandag met skilderye, antieke ornamente en kabinette en kaste. Daar hang tot stylvolle kandelare vanuit die dak wat inwoners sal laat verbeel dat hulle eerder hulself in ‘n vyfster restaurant bevind.

Verskeie plaaslike besighede het by die projek betrokke geraak. Kaap Agri het onder meer die opknappers genader en met die verfmaatskappy, Duram, gereël vir die borg van verf wat vandag teen die mure pronk. Ná die opknapping van die eetsaal, is die ingangsportaal se mure stylvol oorgeverf en pragtige dekor is ook dáár aangebring. As of dit nie genoeg was nie, het hulle besluit om die sitkamer en leefarea ook nou ‘n nuwe lek verf te gee, te versier en mooi te maak. Hoewel die derde fase nog nie voltooi is nie, word verdere mooimaakwerk vir die res van die tehuis beplan. Alle borge en hande wat by die projek betrokke geraak het, word bedank. Enige donasies, is welkom.

Mark Saturday, 17 August in your diary for the West Coast Flower Trail Run happening at Khwa ttu. What better way to celebrate the arrival of spring than a run in nature? Spring is one of the best times of the year for a trail run. The West Coast Flower Trail Run at !Khwa ttu offers the most colourful trail run where flowers are blossoming and creating gorgeous landscapes. Every trail consists of a combination of jeep tracks, gravel roads and single tracks. These trails are surrounded by some of the West Coast’s most inspiring scenery featuring rolling hills covered in lush, green grass and breathtaking Atlantic ocean views. Out on a nature run nothing beats sighting wild life on a beautiful spring morning. Runners on these trails always encounter herds of eland, zebra and hundreds of springbok. No matter what distance you complete, every route is scenic and passes through pristine nature. Furthermore the routes offer a variety of thrilling surprises such as several waterholes,

REGISTER ON OUR NEW DATABASE FOR CONTRACT EMPLOYMENT OPPORTUNITIES Statistics South Africa (Stats SA) provides scientific knowledge that enables society to understand complex socio-economic phenomena. It draws its mandate from the Statistics Act, 1999 (Act No. 6 of 1999) and the POPI Act 2013 (Act No. 4 of 2013). Stats SA strives to excel in the following five competencies: ● Intellectual capability to lead the scientific work of statistics ● Technological competence for purposes of large-scale processing and for complex computations and accessibility of information to the public ● Logistical competence for deployment of (forward and reverse) logistics of large-scale field operations and for strategic choices regarding operational efficiency and cost-effectiveness ● Political competence in understanding the political environment without being political or politicised (commitment of delivery without fear of favour) ● Administrative competence: the ability to bring it all together. INVITATION: Register on our new database for contract employment opportunities NB. Due to the upgrading of the system; applicants who previously registered on the HR contract database need to re-register. Stats SA undertakes various surveys and projects, for example, Census, Community Survey, Labour Force Survey and General Household Survey, amongst others. From time to time these surveys and projects require that contract staff be employed. You are invited to register online for inclusion on the database used to identify potential candidates for these contract positions as and when required. As the projects are conducted in every area of the country, people of every racial group and from all areas are encouraged to apply. Location: Contract employment opportunities exist in different provinces and districts nationwide.

bird hides and even a replica traditional San village, not to mention a loo with a view. All this makes the West Coast flower run such a unique event. This is ideal for the special runner who wants more than just running on gravel roads and jeep tracks. Runners, walkers, young and old, all are welcome. There is a 5km, 10km and a 21km trail for the more serious runners. Dogs on a lead are welcome. The facilities for runners include built ablutions with hot showers, a restaurant, shop, West Coast food stands, coffee bar, free wifi, and secure parking - and exclusively for runners, a free game drive. A special child minder will be available where professional San guides will present child friendly activities such as story-telling and a treasure hunt. This is available for kids of 6 years and older. This event is jointly presented by I Love Yzer and !Khwa ttu. They are passionate about the West Coast and creating new events and opportunities to experience and share the beauty of the region and its people. Visit www. iloveyzer.co.za for more information.

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Hoof: Inkomste

Contract: An employment contract stipulating duration, job content, remuneration and other conditions will be provided when opportunities for such contract employment arise. Working tools: Those that will be employed and are issued with work tools and will be paid after the tools have been returned.

Malmesbury

Area of work: Opportunities for contract employment usually arise as outlined below: AREA OF WORK

DUTIES

REQUIRED SKILLS / COMPETENCIES

Fieldwork/Data collection

Going door-to-door to collect information from households

• Good communication skills • Driver’s licence will be an added advantage • Computer literacy

Data capturing

Capturing of information

• Computer literacy • Minimum typing speed of 35 wpm • 95% accuracy

Data processing

Sorting, coding and quality checking of forms or any documents

• Computer literacy

Clerical and administrative

General administrative and non-administrative duties

• Relevant administrative skills • Computer literacy

Supervisory

Supervision of any of the above categories where necessary

• Supervisory experience • Driver’s licence (if applicable)

Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verwysingsnommer: V19/19 • Salarisskaal: R393 732 – R511 044 p.j. (T14)

Applications must be done online: visit www.statssa.gov.za/hr (Applications can be done on a tablet, smartphone or computer which has Internet access).

Internskap: Finansiële Bestuur

GENERAL REQUIREMENTS: The applicant must: • have a minimum Senior Certificate (Matric) or equivalent. • be proficient in any of the 11 official languages. • be willing to work over weekends and outside of normal office hours. • be a RSA citizen with no criminal record.

Malmesbury

How to apply: • Applicants are required to upload the following document when they apply: Proof of home/residential address (e.g. Lease agreement, Affidavit, Tribal Authority letter, Municipality bill, clothing account bill or other relevant proof). • Any registration without the above-mentioned supporting document will be regarded as incomplete and the applicant will not be able to complete the registration on the database. • Applicants who are invited for training will be required to submit certified copies of ID, Matric Certificate and driver’s licence, if applicable. Documents must have been certified within 3 months before submission.

Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste

Stats SA will: • Verify an applicant’s documents and/or reference checking which will form part of the recruitment process. • Subject short-listed applicants to a competency test and/or training assessment.

• Verwysingsnommer: V20/19 • Salarisskaal: R100 000 p.j. (allesinsluitend)

Please note the following: • Statistics South Africa reserves the right to accept or reject an applicant’s registration. • Applicants in censuses and surveys will be appointed within their local communities as no transport will be provided. • An applicant must disclose if he/she is a director/shareholder of a company or conducting any business as a sole proprietor. • An applicant must disclose if his/her company is doing business with any government institution/municipality. • An applicant must give consent to Stats SA to utilise his/her personal information for any other recruitment purposes.

Sluitingsdatum: 20 Julie 2019 om 12:00

For any enquiries, please contact: Dooka Lehlohonolo, tel. 012 366 0161 / Bongobi Nontobeko, tel. 012 337 6381 / Khoza Sarah, tel. 012 310 8097

CLOSING DATE FOR HR CONTRACT DATABASE REGISTRATION IS 31 JULY 2019

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ursonline.co.za

www.thecandocompany.co.za

15x2 PROOF 2

136965


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES Boland Bouers. N.H.B.R.C geregistreer. Deskundige in bou van woonhuise. 30 jaar ondervinding. Kontak: Owa Solomons 063 144 8050

#4733

-------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

CARLO PIETERS. 10 Julie, is jou 32ste verjaarsdag. Mag die Here jou seën en vele jare spaar. Lekker verjaar Ma se oudste en sterkste seun. Van: Ma, Ouma, Kwak, Fenando, Gino en Shelton --------------------------------

SERGIO WILDSCHUT. 5 Julie. Baie geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar en geniet die dag. Baie liefde – Ma Ananza, Reginald en Jennileen --------------------------------

LATHUM LINKS. 5 Julie. Geluk my mooi en slim kind met jou verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Lekker verjaar. Van: Ma, Pa, Percy, Tino, Nikky en Lien --------------------------------

13 Julie. ENSLIN (Koos) PAPIER. Seënwense op jou 10de verjaarsdag. Baie liefies vir jou. Van: Pa (Eslin), tannie Franny en Iman --------------------------------

3 July. SHARLDENE ANDREWS. Happy sweet sixteen birthday. May God bless you for many more years. Love – Mom, Dad, brothers, Shamielah, Wildene, Wildon, Wilzay, Shawn and Duane --------------------------------

8 Julie. Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Geniet die dag JURGEN JENEIL AUSTIN-LEE. Van: jou Ouma, Oupa, Ma, tannie, Boeta, niggie en neefs --------------------------------

FREDERICK HERRINGS. Geluk met jou verjaardag op 14 Julie. Alle voorspoed vorentoe. Lief vir jou – Liza en kinders -----Baie geluk. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar. Van: susters, broers en Herrings familie -------------------------------11 Julie. MIGUEL PAPIER. Geluk met jou verjaardag. Met al ons liefde – Bettie, Nanna, Noenoe, Sally en Ayesch --------------------------------

10 Julie Julie 2019 2019 10 STERFGEVAL OBITUARY

CARL-LITO PIETERSEN. 12 Julie. Baie geluk ons peetkind. Lekker verjaar. Baie liefde Mamma, Oupa, Nicky en Nanna ---Baie geluk ons liefiekind. Hoop jy 'n wonderlike verjaardag. Liefde - Tannie, Noby, Tristan en Keagan -------------------------------

ATHAN. 7 Julie, word jy drie. Baie geluk grootste seun. Van: Mamma Francis --------------------------------

BRAD NOEL. 8 Julie. “Happy birthday” my skat. Jy moet jou dag geniet. Ons is baie lief vir jou. Van: jou vrou, Breske en Winzaylo --------------------------------

LEE-YAKIM KAMIES. 11 Julie. Baie geluk met jou tweede verjaardag Mommy se Lollie. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde Mommy & Daddy ---Geluk tannie se grootseun. Hoop jy geniet jou dag. Van: Ashleen, Marcelino, Maureezio en jou tannie ----Geluk met jou tweede verjaardag Mamma se klein baba. Lekker verjaar. Van: MaryAnne en Pa Colin --------------------------------

MONICA. 10 Julie. Baie geluk met Mammie se verjaardag. Hoop Mammie geniet ‘n geseënde dag. Van: u dogter en kleinkinders --------------------------------

Kyk wie word vyf op 11 Julie – MIA. Geluk met jou geboortedag vieringe. God seën. Liefde - Mammie --------------------------------

10 July. CARYN PIETERSEN. Happy birthday princess. God granted you one year today. We love you endless. From: daddy Oscar, mother Porthia and family ----Baie geluk Cary met jou eerste verjaardag Blom. Jy moet ‘n lekker dag hê. Van: Anine en Zia ---"Happy birthday" Carin alles wat mooi is. Van: Boeta en Lensie ----Gelukkige verjaardag Carin. Jy moet lekker verjaar. Van: oupa Hennie en tannie Fren --------------------------------

ELVIRO VAN WYK. 9 Julie. Baie geluk met jou vierde verjaarsdag. Mag Liewe Jesus jou nog baie jare spaar. Mammie is baie lief vir jou – Mammie Wouna --------------------------------

THURLO. 12 Julie. Geluk met jou verjaarsdag seun en alles wat mooi is vir jou. Mammie is baie lief vir jou. Van: Mammie Wouna --------------------------------

11 Julie. Geluk met jou vyfde verjaarsdag ALEXTIN BROWN. Ons is baie lief vir jou. Van: Ma en Pa --------------------------------

MICHLO. Baie geluk my seun met jou geboortedag op 12 Julie. Mag jy 'n liefdevolle dag hê. Mammie is baie lief vir jou - Mammie, Pappie en ouma Tilly --------------------------------

HENDRIENA. 10 Julie. Baie geluk met u verjaardag. Seëninge en voorspoed. Liefde - Charney, Jacqlyn en Betzaan --------------------------------

CHARNEY. 12 Julie. Baie geluk. Hoop die nuwe lewensjaar bring baie geluk, vreugde en seëninge. Liefde Mammie en gesin --------------------------------

BRIAN BOOIZEN. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag jou dag oorspoel word met seëninge. Mag Jesus jou nog baie jare spaar. Liefde - Geduld familie --------------------------------

MARQUIN ADONIS. 12 Julie. Baie geluk. Ten spyte van die ongeluk het God jou deurgedra. Geniet jou dag. Van: jou ma Magdalene, Moseline, Pametiethe, Pa Moos, Janicke, Janine en Allister --------------------------------

FABIAN SILWER. 12 Julie. Hartlik geluk met jou geboortedag. Dankbaar vir 'n jaar wat God by jou lewe gevoeg het. Van: Magdalene, Marquin en Moseline --------------------------------

ISAK DAMONS. 15 Julie. Baie geluk. Ons dank God vir nog 'n jaar wat Hy jou deurgedra het. Geseende dag. Van: Magdalene, kinders, Janicke, Janine en Allister -------------------------------Geluk met jule geboortedag vieringe op 11 Julie, JUSTINE en ANDREA. Mag God jule ryklik seën en mag jule 'n geseënde dag hê. Van jul niggie Josephine -------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

FRANKLIN ROMAN. 7 Julie. Tweede jaar weg van ons. Ons koester die mooi herinneringe en mis jou. Liefde – jou vrou, Ananza, seun Reginald en dogter Jennileen --------------------------------

MAGRIETA DU PASQUALLIE. 13Julie. Baie geluk op Mammie se 74ste verjaarsdag in die hemel. Ons koester die herinneringe. Liefde: Francis, Enrico & Iman --------------------------------

MIENA MENTOOR. 5 Julie is Mamma, 15 jaar nie meer saam ons nie. Die verlange nog groot, maar ons weet u is op 'n beter plek. Liefde – kinders, 11 kleinkinders en 1 agterkleinkind. --------------------------------

BERENICE COLLISON. 2 Julie. Tweede verjaarsdag weg. Ons mis jou so baie. Altyd in ons gedagtes. Liefde: Bernita, Desire, Paul en Neelsie -------------------------------GERT VAN DER MERWE. 6 Julie, jou eerste verjaardag in die hemel. Daar is ‘n groot leemte in ons harte en die hartseer en gemis is daar. Van: Magdalene en kinders --------------------------------

JACOB ROEMS (oom Daron). Gebore: 12 Januarie 1940. Oorlede: 7 Julie 2019. Troosdiens: Woensdag, 10 Julie om 19:00 by VGK, Malmesbury. Begrafnisdiens: Saterdag, 13 Julie 2019. Besigtiging om 08:00 te Zinnialaan 31, waarna die kerkdiens aanvang neem om 09:00 by VGK, Malmesbury ----Ons harte is seer, maar ons koester die mooi herinneringe. Liefde - vrou Marie, Jacob, Jaden en Johanna ----Ons mis u alreeds. U heengaan 'n groot leemte gelaat. Liefde Naomi, Amanda, Tilla en Sandra, kleinkinders en agterkleinkinders --------------------------------


8

NUUS • NEWS

10 Julie 2019

SPORT 10 Julie 2019 • www.hetzwartland.co.za • 022 487 3221 • Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitslae • Results

DUIWE

Omega Klub - 29 Junie - Prince Alfred Road 1 Shane Arendse 13.37.15; 2 Shane Arendse 13.37.18; 3 Hok Edas en Pie 13.53.23; 4 Manuel Lofts 13.55.25; 5 Manuel Lofts 13.56.18; 6 Shane Arendse 14.01.32; 7 D Daniels & Son 14.01.54; 8 D Daniels & Son 14.06.44; 9 Leukes Lofts 14.04.56; 10 S Zimri 14.07.29 6 Julie Calvinia - 1 Hok Edas & Pie 11.16.47; 2 Jannie Morris 11.19.26; 3 Manuel Lofts 11.22.19; 4 Manuel Lofts 11.23.40; 5 Shane Arendse 11.25.27; 6 D Daniels & Son 11.26.44; 7 Shane Arendse 11.30.19; 8 D Daniels & Son 11.33.26; 9 Hill Lofts 11.33.35; 10 Kasua Family 11.34.04 RIEBEEK WES - Calvinia 1 James Hokke 11.06.28; 2 MJ Hokke 11.18.48; 3 Daniels Hokke 11.18.36; 4 Kuiler Hokke 11.19.51; 5 Mentoor Hokke 11.19.04; 6 Adams Hokke 11.24.46; 7 Mentoor Hokke 11.24.53; 8 Boltney Hokke 11.29.47; 9 Daniels Hokke 11.28.59; 10 Daniels Hokke 11.29.17

Roei: Die jaarlikse Bergrivier-kanomarathon het verlede Woensdag 'n Swartlandse draai gemaak toe die roeiers onderdeur die Hermon-brug geroei het. Vanjaar se marathon is deur Hamish Lovemore en Tyron Maher gewen. Dit het Lovemore (19) die jongste wenner in die 58 jaar van die marathon gemaak. Foto: Cor Cronje

Liga lewer opwindende rugby

•Abri Adonis Die wedstryd tussen Piketberg en Wesbank in die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-beker het begin met Piketberg wat binne die eerste sewe minute die besoekers se verdediging aan flarde geskeur het. Voortreflike rugby is wel voor- en agterlangs deur die Rhinospan van Piketberg opgedis. Twee strafskoppe het gevolg, wat die tuisspan in punte omskep het. Wesbank het hul sokkies opgetrek en met mening begin speel. Die besoekers, wat tans sukkel in die derde plek, twee punte agter die tweede geplaaste Abbotsdale, het voorlangs swaargetrek. Piketberg se verdediging was rotsvas. Sir Dashton Wellman het nuwe lewe in Wesbank se agterlyn geblaas wat gelei het tot twee verdoelde drieë. Die tweede helfte was weer 'n naelbyt-affêre met albei spanne wat twee drieë gaan druk het. Die stelskoppers was ongelukkig in die winderige toestande. Wesbank het aan die einde gaan slaplê met die telling op 24-18. Met vier drieë in hul sakkie, het hulle gedink die koeël is deur die kerk. Piketberg het die aanval geloods en was uiteindelik suksesvol met 'n drie in die hoekie om die telling 24-23 te maak met die doelskop wat die oorwinning sou gee. Die poging was onsuksesvol, gevolg deur 'n sug van verligting onder die Wesbank-skare. Wesbank sal Saterdag wil beter rugby opdis, wanneer Good Hopes van Riebeek-Wes besoek aflê. Hulle het die naweek vasgeval teen 'n onoorwonne Darling op Riebeek-Wes. Wesbank bied Good Hopes met nog 'n moeilike taak. Wesbank sal dus wen met 'n bonuspuntoorwinning van

meer as tien punte. Koringberg het Porterville besoek in wat beloof het om 'n taai wedstryd te wees vir die manne in groen en geel. Korries het van die begin af besigheid beteken met die kaptein, Elzin Alexander, aan die spits. Hy het sy troepe met alle mag gelei. Hul aanvallende spel het tot 'n drie deur stut Bradley Visser gelei. Porterville het geantwoord met 'n strafskop en 'n vinnige drie deur hul skrumskakel wat Korries onkant betrap het. 'n Gemaklike drie is gedruk en die voortou is geneem. Korries het begin aanval met die senter Lucan Passen wat sy teenstander Cheslyn van Schalkwyk, die stryd aangesê het. Die goeie agterlynspel het gelei tot 'n drie deur Ashwon Frans vir Korries om weer die voortou te neem. Kort voor lank het die vlugvoetige Edwayne van Wyk gaan druk. Porterville het nie gaan lê nie en kort voor rustyd het hulle Korries se verdediging aan flarde geskeur en onder die pale gaan druk. Aan die begin van die tweede helfte het Korries weer soos in die eerste helfte, verwoed ingeklim en Porterville telkemale onder druk geplaas. Korries het na sowat 15 minute 'n aanvallende Porterville aan die slaap gevang en weer gaan druk vir 'n telling van 17 - 24 . Hul aanvalle was tevergeefs met hanteerfoute wat druk veroorsaak het. Met 'n minuut oor het Porterville se agsteman Korries se verdediging oopgevlek en met 'n pragdrie oorgeduik vir 'n telling van 22 – 24. 'n Doelskop was het nie sy doel getref nie en Korries het die oorwinning behaal. Die wenspan sal met selfvertroue na sy tuisveld terugkeer wanneer hulle Piketberg in 'n derbywedstryd aandurf. Daar word verwag dat Koringberg nog 'n oorwinning van meer as sewe

punte sal vier. Dit was weer 'n goeie naweek vir Abbotsdale op Malmesbury toe al drie sy spanne skoonskip gemaak het teen Never Despair. Met vier geel kaarte aan Abbotsdale se kant en een geel en een rooi kaart aan Spairs se kant, het die telling wipplank gery. Twee drieë deur die veteraan Alban Rooms het Lillies die voortou laat behou. Godwin Jacobs se skopvoet het gesorg dat die wedstryd nie in Spairs se gebied kom nie. Goeie verdedeging in die doodsnikke van die wedstryd het dinge bemoeilik vir Spairs. Abbotsdale het met die oorwinning vasgeklou aan sy tweede plek op die punteleer Hulle besoek die naweek Moorreesburg, wat nie 'n baie goeie rekord op Abbotsdale se veld het nie. Ashley Amon se span speel wel tans kookwater-rugby. Veral die skakelpaar van Flippie Jacobs en Hannes Morris het weer nuwe vuur in die span geblaas. Abbotsdale is tans goed op dreef, maar Moorreesburg sal wil wys dat hulle ook weg van die huis goeie hardloop-rugby kan oplewer, wanneer hulle vir Lillies sal klop met minder as tien punte. Darling speel Saterdag gasheer vir Never Despair. Almal in die liga wag vir Darling om droog te maak. Elke speler wat opgeroep word na Darling se eerste span, speel egter met die nodige vuur en die span het reeds gewys dat hulle kampioengehalte is. Darling sal Never Despair 'n verdere knou toedien hierdie naweek met nog 'n bonuspuntoorwinning van meer as tien punte.

MALMESBURY - Britstown 1 JO 1 LF van Dalen ‪1010.5954; 2 Bordeaux A ‪1007.2384; 3 J Steenkamp ‪993.5150; 4 G Horn ‪990.3340; 5 Cross Border Lofts ‪984.4949; 6 G Horn ‪968.0562; 7 Cross Border Lofts ‪967.6117; 8 G Williams ‪834.3955; 9 G Williams ‪828.4397; 10 J Steenkamp ‪799.7422; Britstown 1 Ope 1 Bordeaux A ‪1013.5925; 2 Kotze Familie Hokke ‪1011.8721; 3 D De Villiers ‪1008.1830; 4 Marais Hokke (Ksd) ‪991.1671; 5 Cross Border Lofts ‪987.7595; 6 Cross Border Lofts ‪985.4632; 7 Marais Hokke (Ksd) ‪974.5888; 8 G Horn ‪960.7211; 9 J Steenkamp ‪935.0300; 10 Cross Border Lofts ‪934.8902 MOORREESBURG - Britstown Ope 1 1 Frans Jooste 17:39:26; 2 KB En Seun 08:14:41; 3 CJ Lofts 08:32:06; 4 CJ Lofts 08:32:08; 5 Yt & Tuis 09:39:55; 6 Saunders Familie 09:43:08; 7 Saunders Familie 09:46:24; 8 Henna & Melt Smit 09:53:29; 9 Frikkie Bester 10:05:59; 10 Saunders Familie 10:07:32 Britstown JO1 - 1 CJ Lofts 08:46:05; 2 Frikkie Bester 08:56:26; 3 CJ Lofts 09:29:47; 4 CJ Lofts 09:31:39; 5 CJ Lofts 09:31:40; 6 CJ Lofts 10:10:48; 7 Singleton Hokke 10:30:09; 8 Singleton Hokke 10:36:40; 9 CJ Lofts 10:58:54; 10 Henna & Melt Smit 11:07:01 RUGBY - Saterdag: 6 Julie Young eagles van Dassenberg wen Eendekuil Eagles Corries wen Wittewater met telling van 26 teenoor 25


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.