Seringboom 28 - 5 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

JAARGANG:35

NO: 1683

SONDAG 28 Mei 2023

28 Mei – 9:00 Griffel van Wyk

Vreugde oor Vryheid!

Skrifgedeelte: Verskeie

Oorsig: Vandag vier ons saam Nagmaal? Wanneer ‘vier’ mens iets? Dis as daar ‘n fantastiese ding gebeur het, wat jy onthou en van voor af oor bly is. Ons vier bv. ‘n verjaarsdag of ‘n huweliksherdenking. Hartseer goed kan jy herdenk. Maar blywees-goed... word gevier. Amper altyd met lekker eet en drinkgoed! Dis dan treffend ook hoeveel feeste daar in die Bybel is wat gevier moet word. God hou blykbaar van feeste, met die Paasfees as hoogtepunt. Ons sien vandag ons Nagmaal is basies Paasfees – ‘n fees van vreugde oor vryheid. Vandag se vraag: Beleef jy regtig vryheid... en het jy diep vreugde daaroor!?

Ons vier vandag saam Nagmaal

KOM EREDIENS TOE

Jakobus 4:8 –“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader”

LIEF EN LEED

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331 3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry,asook vanvreugdes.

Martie McLeod se dogter is verlede week onverwags in haar slaap oorlede. Ons bid dat Martie en haar familie die Here see troos en nabyheid opnuut sal beleef in hierdie tyd.

Oom Jack Lit is hierdie week opgeneem in Pretoria vir toetse om moontlik ‘n hartklep vervanging te kry. Ons bid saam vir hom en tannie Maggie. Oom Jack word 20

Julie 90 jaar oud

VERJAARSDAE

Spesiale verjaarsdae:

=1-18; =21 =70+ =80+ =90 +

Mariaan Pretorius

Ernie Chester

Hanna de Lange

Johan Erasmus

Magda Prinsloo (86 Jaar)

28/05
30/05
31/05
03/06
03/06

28 Mei 2023

Almal word genooi om Sondag

28 Mei na Nagmaal lekker in die saal te kom kuier. Bring asb ‘n bordjie soet of sout vingerhappies (geen groot koeke of terte nie asb, dit skep moeilik op.) Eetgoed kan voor die erediens in die saal afgegee word. Hoop om lekker saam met jou te kan kuier!

Groete, Die Gasvryheids-diensgroep.

VERBLYF BENODIG VIR 3 MAANDE

Ds Martijn Heijboer van die VSA en sy gesin is oppad na Rustenburg om te kom klasgee by Mukhanyo Teologiese Kollege. Hulle is afkomstig van die Heritage Reformed Church, en is opsoek na ‘n gemeubileerde 2 – 3 slaapkamer huis om te huur. Die verwagting is dat hulle slegs vir 3 maande ‘n huis sal nodig hê, aangesien hul beplan om ‘n huis in Rustenburg te koop. Indien u kennis het van ‘n veilige, gemeubileerde blyplek vir hierdie gesin, kontak asb vir Eben by Mukhanyo: 0716255984. By voorbaat dankie!

Gemeente Nagmaal Kuier Sondag

Die Winter Wandelmark waar mens kuier-kuier kan lekker eet & koop, vind op Saterdag 27 Mei 2023 plaas. Kom stap deur en ondersteun ons gemeenskap!

WINTER WANDELMARK

LIEFDESGAWES HIERDIE WEEK

Onder die erediens: Barmhartigheid

By die deure: Onderwysfonds

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld 9 gesinne per maand.

Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun. Geref

KERKLIKE BYDRAE

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maakGeref Kerk Rustenburg -

Absa Tjek rek: 1220 340 100100

Kerk Diakonie
Absa Tjek rek:1220 280 825
-

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Johan Fourie

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Jan Hermann

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Heystek

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.