Seringboom 11 - 6 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

JAARGANG:35

NO: 1685

SONDAG 011 Junie 2023

11 Junie – 9:00 Griffel van Wyk

My sonde en my valse vertroue

Skrifgedeelte: Jeremia 7:1-34

Oorsig: Was jy al by ’n vergadering of redenaars of sportdag waar almal stilgemaak word omdat hulle net eers die geleentheid op die regte manier wil open, met Skriflesing en gebed, en daarna, vir die res van die gebeure, maak die regte manier ...glad nie meer saak nie? Met ‘n valse vertroue word God net die suikerlagie bo-oor vir die mooi, sodat ons kan aangaan soos ons wil met wat eintlik vir ons belangrik is. Ons leer daarom uit Jeremia 7 oor sonde en ‘n valse vetroue in genade.

KOM EREDIENS TOE

“As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien”

-1 Petrus 4:10-

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331

3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry, asook van vreugdes.

Johan Fourie kry Vrydag 9 Junie ‘n knie-vervanging. Ons bid saam dat dit goed sal afloop.

Maryna Ludeke, en Chanel en Johnny Koekermoer sê baie dankie vir almal se voorbidding en ondersteuning. Dit gaan met hulle baie beter.

Hendrik Smit se vording is baie goed na sy rugoperasie. Die dokters is baie teverede en sy beweeglikheid baie verbeter die afgelope week. Ons is saam dankbaar!

Oom Piet Havenga is beter nadat hy verlede week in die hospitaal opgeneem is en ontvang behandeling.

VERJAARSDAE

LIEF EN LEED
Spesiale verjaarsdae: =1-18; =21 =70+ =80+ =90 + 11/06 Jan Graham 11/06 Jacomien de Beer 13/06 Linda Koekemoer

13/06 Adri van Zyl

13/06 Koos Venter

15/06 Ilze Lit

16/06 Jan Hermann

DIAKONIE VERGADERING

Die diakonie vergader Sondag 11 Junie na die erediens.

GEEN SILWERTEE IN JUNIE / JULIE

Ons sal nie in Junie en Julie Silwertee hê nie. ‘n Groot klompie van ons bejaardse is siek en sku vir die koue. Ons sien uit om Augustus weer lekker saam te kuier!

LIEFDESGAWES HIERDIE WEEK

Onder die erediens: Barmhartigheid

By die deure: Emeritaatsfonds

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld

9 gesinne per maand. Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun.

Geref Kerk Diakonie - Absa Tjek rek:1220 280 825

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe

Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik

maak

Geref Kerk Rustenburg - Absa Tjek rek: 1220 340 100100

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Koos de Wet

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Geen

KERKLIKE
BYDRAE

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738

gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Heystek

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.