Seringboom 4 - 6 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

JAARGANG:35

NO: 1684

SONDAG 04 Junie 2023

4 Junie – 9:00 Griffel van Wyk

Andre de Ruyter, Jeremia, Jesus en Jy

Skriflesing: Jeremia 1:1-19

Oorsig: In die lig van Andre de Ruyter se onlangse boek met die titel “Truth to power: My three years inside Eskom” is die Bybelboek Jeremia baie relevant.

Jeremia konfronteer verkeerde goed in ‘n wêreld waar verkeerde goed openlik normaal geword het. Hy staan op teen leiers met eiendelose verdraagsaamheid vir onreg. En hy vertel die ‘slegte’ en ‘goeie’ nuus van die evangelie: God se heiligheid sal straf, maar sy genade maak bekering en hoop moontlik. Ons trek die lyne verder na Jesus Christus,... en daarna na wat dit als vir onsself beteken in Rustenburg.

KOM EREDIENS TOE

“Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, ...so is dit ook met die liggaam van Christus.” 1 Korinteirs 12:12

LIEF EN LEED

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331

3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry, asook van vreugdes.

Oom Jack Lit se prosedure aan sy hart het baie goed afgeloop. Ons is saam met hom, tannie Maggie en sy familie baie dankbaar teenoor die Here!

Oom Piet Havenga is terug in Rustenbrug en sterk aan in Huis-Sering. Hy is Vrydag weer in die hospitaal opgeneem hier plaaslik.

VERJAARSDAE Spesiale verjaarsdae: =1-18; =21 =70+ =80+ =90 + 05/06 Gawie Kotzee 06/06 Delphi Kotzee 07/06 Niki Jonker 01/06 Johan van Dyk 11/06 Jacomien de Beer 11/06 Jan Graham

VERBLYF

BENODIG VIR 3 MAANDE

Ds Martijn Heijboer van die VSA en sy gesin is oppad na Rustenburg om te kom klasgee by Mukhanyo Teologiese Kollege. Hulle is afkomstig van die Heritage Reformed Church, en is opsoek na ‘n gemeubileerde 2 – 3 slaapkamer huis om te huur. Die verwagting is dat hulle slegs vir 3 maande ‘n huis sal nodig hê, aangesien hul beplan om ‘n huis in Rustenburg te koop. Indien u kennis het van ‘n veilige, gemeubileerde blyplek vir hierdie gesin, kontak asb vir Eben by Mukhanyo: 0716255984. By voorbaat dankie!

LIEFDESGAWES HIERDIE WEEK

Onder die erediens: Barmhartigheid

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld

9 gesinne per maand.

Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun.

Geref Kerk Diakonie - Absa Tjek rek:1220 280 825

KERKLIKE BYDRAE

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maak

Geref Kerk Rustenburg - Absa Tjek rek: 1220 340 100100

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Dup du Plessis

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Heilie du Plessis

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Heystek

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

INTEKENING/HERNUWING VAN INTEKENING DIE

KERKBLAD

Geagte lidmaat, Mei 2023

Ons is dankbaar om u mee te deel dat ons die afgelope paar maande heelwat nuwe intekenare vir Die Kerkblad gekry het. Ons glo dat Die Kerkblad ook in sy gedrukte weergawe sterk op pad is na finansiële volhoubaarheid.

Ons is nog besig om ekstra intekenare te werf en daarom hierdie briefie en intekenvorm.

Ons onderneem om ‘n puik produk aan u te bied. Wat logistiek betref kan ons gladnie meer op die Poskantoor staatmaak nie. (Daar het noudie-dag een van Paulus se briewe aan die Korinthiërs by my uitgekom!). Individuele aflewering is te duur. Daarom is ons aangewese op groepsaflewering by ons kerke. Ons is met die hulp van studente besig om al die intekenare se gemeentes te identifiseer om te bepaal hoeveel eksemplare by elke gemeente afgelewer moet word.

• Die elektroniese weergawe kos R150 pj.

• Die gedrukte weergawe kos R360 per jaar vir gemeentes waarby ons ‘n reëling vir afhaal kan tref, bv. by die Admin Buro of by ‘n tiental kerkkantore in Pretoria waar naburige kerke hul uitgawes weer kan afhaal.

• Waar ons die uitgawes in ‘n bundel na ‘n gemeente koerier, kos dit R460 pj per intekenaar.

• Enkele lidmate se posdiens werk. Waar u so verkies dat dit na u gepos word @ R500 pj.

Bestaande intekenare moet ook nuwe intekening en wyse aandui en kan intekening nou hernu.

Intekenvorms is agter in die saal by die WELKOM

tafel beskikbaar.

Articles inside

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.