Seringboom 14 - 5 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

JAARGANG:35

NO: 1681

SONDAG 14 Mei 2023

14 Mei – 9:00 Griffel van

Kos jou dissipelskap jou iets?

Skrifgedeelte: Lukas 14:25-33

Oorsig: Als kos iets. Baie mense wil fiks wees en goed lyk, ... maar min mense wil oefen. Baie mense wil ryk wees, maar min wil hard werk en spaar. Wat ons vandag ontdek is dat dissipelskap ook iets kos. Regte egte moeite en opoffering. Selfs die groot kerk-hervormers soos Luther en Calvyn het ontdek dat Jesus se genade gratis is, maar het agtergekom dat om Hom gehoorsaam te volg met jou lewe, duur is. Wat kos jou dissipelskap jou? Is jy ‘n volgeling wat die prys betaal, of net ‘n aanhanger wat jou niks kos nie,... en dalk niks werd is nie?

KOM EREDIENS TOE

Heb 10:25: “Moenie van die samekomste van die gemeente wegbly soos party se gewoonte is nie...” moenie jouself en die ander mense verwaarloos nie!

Wyk

LIEF EN LEED

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331 3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry,asook vanvreugdes.

Ds Koos Venter se jongste broer Gerrie is die afgelope week skielik oorlede. Die begrafnis is DV Vrydag 12 Mei in Uvongo. Baie sterkte aan Ds Koos, Riana, hulle gesin en familie.

Tannie Taliet Steyn is die afgelope week terug by die huis nadat sy in die hospitaal behandel is vir haar bene. Ons is saam dankbaar dat dit beter gaan.

VERJAARSDAE

Spesiale verjaarsdae: =1-18; =21 =70+ =80+ =90 + 14/05 Danté da Silva 14/05 Pieter de Beer 14/05 Makkie Steenekamp (81 jaar) 17/05 Mari-Ulize Graham 17/05 Magda Hitge 17/05 Sandra Smit 17/05 Alida Visser 18/05 Orrie Oosthuizen

18/05 Ampie van der Walt

20/05 Hannetjie Botha

20/05 Keiley Graham

Gemeente Nagmaal Kuier Sondag 28 Mei 23

Almal word genooi om Sondag 28 Mei na Nagmaal lekker in die saal te kom kuier. Bring asb ‘n bordjie soet of sout vingerhappies (geen groot koeke of terte nie asb, dit skep moeilik op.)

Eetgoed kan voor die erediens in die saal afgegee word.

Hoop om lekker saam met jou te kan kuier!

Groete, Die Gasvryheids-diensgroep.

HEMELVAART

GESAMENTLIKE DIENS BY GK KRUISBERG

DONDERDAG 18 MEI 18:00

Komende Donderdag vier ons Jesus se hemelvaart waar Hy opgevaar het om aan die regterhand van God te sit en vanuit die Hemel oor ons te regeer en ons deur sy Gees te lei en by te staan. Ons vier dit met ‘n gesamentlike diens by GK Kruisberg.

Die Winter Wandelmark waar mens kuier-kuier kan lekker eet & koop, vind op Saterdag 27 Mei 2023 plaas. Almal word uitgenooi om weereens as kerklidmate saam te kom werk. Hulp word benodig by koek en nagereg tafel, kerrie en rys tafel, worsbroodjie tafel en koeldrank stalletjie. Enige voorstelle word waardeer.

Buite persone kan eie produkte, met ‘n lekker Winter-tema, ten toon stel en verkoop. Slegs kuns-, hand- of tuisgemaakte produkte sal te koop aangebied word. Onkoste vir uitstallers is slegs die stalletjiespasie @R250 per stalletjie

WINTER WANDELMARK

Heidelbergse Kategismus Videos

Elektronies op selfoon, tablet of rekenaar:

https://bit.ly/3HTholb (druk op hierdie skakel)

In die videos ontsluit ds. Faan Smit die Kategismus vir oud en jonk.

Navrae: Gustav en Ina Opperman 0836502186.

WAT Sê die GOD OOR SEKSUALITEIT?

In ons samelewing kom al hoe meer idees oor seksualiteit voor wat nie strook met die Bybel nie. Hoe antwoord ons en ons kinders daarop?

‘n Handige boekie help daarmee. Dis opgestel in vraag en antwoord formaat soos die Heidelbergse Katgegismus. Volg hierdie skakel om ‘n berig daaroor te lees.

https://tabletalkmagazine.com/posts/a-catechism-on-human-sexuality/

Die boekie is in Afrikaans vertaal en daar is drie van hulle op ons boekrakke tussen die saal en konsitorie. Gaan leen gerus een of praat met Ds Griffel as jy een wil hê!

LIEFDESGAWES HIERDIE WEEK

Onder die erediens: Barmhartigheid

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld 9 gesinne per maand.

Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun.

KERKLIKE BYDRAE

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maakGeref Kerk Rustenburg -

Absa Tjek rek: 1220 340 100100

Geref Kerk Diakonie
Absa Tjek rek:1220 280 825
-

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Koos de Wet

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Heilie du Plessis

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Minnaar

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.