Seringboom 7 - 5 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

7 Mei – 9:00 Griffel

JAARGANG:35

NO: 1680

SONDAG 7 Mei 2023

Wie mag dissipels wees?

Skrifgedeelte: Matteus 4:12-5:12

Oorsig: Die Nuwe Testament praat 3 keer van “Christen” , maar meer as 250 keer van dissipels. Is jy ‘n dissipel? Dis weer tyd om ons dissipelskap af te stof. Vandag ontdek ons wie dissipels mag wees. Ons vra die vraag of dit nie ‘n spesiale tipe-Christen is nie en ons begin kyk na hoe ons eie dissipeskap werk. In die volgende paar weke gaan ons ook DV kyk na wat dissipelskap jou sal kos en wat dit van jou gaan maak.

KOM EREDIENS TOE

Heb 10:25: “Moenie van die samekomste van die gemeente wegbly soos party se gewoonte is nie...” moenie jouself en die ander mense verwaarloos nie!

van Wyk

LIEF EN LEED

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331

3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry,asook vanvreugdes.

Piet Havenga is baie beter en gesels al lekker. Hy word hopelik in die volgende week na ‘n step-down in Pretoria oorgeplaas. Ons is dankbaar vir die Here se genade in sy lewe.

Tannie Taliet Steyn is in Pretoria opgeneem in die hospitaal vir behandeling vir haar been. Baie sterkte tannie, ons bid saam en weet tannie is in Sy hande.

VERJAARSDAE

Spesiale verjaarsdae: =1-18; =21 =70+ =80+ =90 + 07/05 Vonne-Lee Robbertse 07/05 Amorie Venter 08/05 Marcelle Few 13/08 Heila du Plessis

Dit is komende Dinsdag ons gemeente se jaarlikse beurt om die bejaardes by Saamspan bietjie te bederf met koffie, tee en eetgoed. Alles is gereël maar ons kort hande om die oggend te kom help van 8:00 tot ongeveer 11:30 by GK RTB-Wes. Indien jy kan kom help kontak asb vir Gretha van Wyk 076 468 8963

SILWERTEE 11 Mei 10:00

Ons nooi al ons bejaardes om weer saam met ons te kom kuier in die kerksaal op die 11de Mei om 10:00.

Gemeente Nagmaal Kuier Sondag 28 Mei 23

Almal word genooi om Sondag 28 Mei na Nagmaal lekker in die saal te kom kuier.

Bring asb ‘n bordjie soet of sout vingerhappies (geen

Mei 2023 – Hande asb!
Saamspan 9

groot koeke of terte nie asb, dit skep moeilik op.)

Eetgoed kan voor die erediens in die saal afgegee word.

Hoop om lekker saam met jou te kan kuier!

Groete, Die Gasvryheids-diensgroep.

Vetkoek en Fliek-aand

Vrydagaand 12 Mei is gemeentekuier van 17:30-20:00! ‘n Lekker aand van saamwees en bande-bou. Ons gaan smul aan vetkoek en fliek kyk in die saal op die groot skerm. Daar sal

stoele wees maar jy is welkom om kombers en kussings te bring om op te sit of lê.

Wanneer laas het jy Herby gekyk!

Almal welkom. Sit asb name en getalle op agter in die saal of by die kerkkantoor voor Woensdag 10 Mei om 13:00.

Groete, Gasvryheid-diensgroep.

Navrae: Gretha van Wyk 076 468 896

Die Winter Wandelmark waar mens kuier-kuier kan lekker eet & koop, vind op Saterdag 27 Mei 2023 plaas. Almal word uitgenooi om weereens as kerklidmate saam te kom werk. Hulp word benodig by koek en nagereg tafel, kerrie en rys tafel, worsbroodjie tafel en koeldrank stalletjie. Enige voorstelle word waardeer.

Buite persone kan eie produkte, met ‘n lekker Winter-tema, ten toon stel en verkoop. Slegs kuns-, hand- of tuisgemaakte produkte sal te koop aangebied word. Onkoste vir uitstallers is slegs die stalletjiespasie @R250 per stalletjie

WINTER WANDELMARK

Onder die erediens: Barmhartigheid

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld 9 gesinne per maand.

Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun.

Geref Kerk Diakonie - Absa Tjek rek:1220 280 825

KERKLIKE BYDRAE

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe

Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons

gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maakGeref Kerk Rustenburg -

Absa Tjek rek: 1220 340 100100

LIEFDESGAWES
HIERDIE WEEK

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Dup du Plessis

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Geen

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Eric Wepener

Sel: 071 288 5098 ericgkrtb@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.