Seringboom 21 - 5 - 2023

Page 1

DIE SERINGBOOM

Gereformeerde Kerk Rustenburg

JAARGANG:35

NO: 1682

SONDAG 21 Mei 2023

21 Mei – 9:00 Griffel van Wyk

Die uitkoms van dissipel-wees

Skrifgedeelte: Matteus 28:16-20

Oorsig: Elke vak of kursus of seminaar het ‘n “uitkoms”. Dit waarby jy gaan kom as jy klaar is met die kursus. Dit bring jou tot ‘n sekere punt en dan sal jy daarna ‘n sekere vaardigheid hê om verder te gebruik. Waarby bring Jesus se opleiding jou? Waar gaan jy kom, as jy die prys betaal en Jesus volg?

Gaan dit jou laat ontsnap van die probleme van die lewe?

Gaan dit jou ‘n super Christen maak, beter as die mense om jou?

KOM EREDIENS TOE

Galasiërs 6:2 “Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.

LIEF EN LEED

Laat weet asb. vir Heilie du Plessis (076 331 3738) van die kerkkantoor van siektes, swaarkry,asook vanvreugdes.

Estie Wepener het die afgelope week geval en haar enkel gebreek. Na ‘n operasie is sy ontslaan en sterk tuis aan. Baie sterkte Estie!

Armand en Sonika Coetzee doop vandag vir klein Anrich. Baie geluk. Armand is op die oomblik vir ‘n lang tyd in die VSA vir werk en sal deur ‘n Video oproep inskakel. VERJAARSDAE

Spesiale verjaarsdae: =1-18; =21 =70+ =80+ =90 + 22/05 Anneke du Plessis 23/05 Renske Botha 24/05 Marietjie Bester 25/05 Geraldine Botha 26/05 Christene de Beer 26/05 Riana Venter 27/05 WP Andersen

Sondag 28 Mei 2023

Almal word genooi om Sondag

28 Mei na Nagmaal lekker in die saal te kom kuier. Bring asb ‘n bordjie soet of sout

vingerhappies (geen groot koeke of terte nie asb, dit skep moeilik op.) Eetgoed kan voor die erediens in die saal afgegee word. Hoop om lekker saam met jou te kan kuier!

Groete, Die Gasvryheids-diensgroep.

WANDELMARK 27 Mei 2023

Die Wandelmark waar mens kuier-kuier kan lekker eet & koop, vind op Saterdag 27 Mei 2023 plaas. Almal word uitgenooi om weereens as kerklidmate saam te kom werk. Hulp word benodig by koek en nagereg tafel, kerrie en rys tafel, worsbroodjie tafel en koeldrank stalletjie. Enige voorstelle word waardeer.

Buite persone kan eie produkte, met ‘n lekker Winter-tema, ten toon stel en verkoop. Slegs kuns-, hand- of tuisgemaakte produkte sal te koop aangebied word.

Onkoste vir uitstallers is slegs die stalletjiespasie @R250 per stalletjie

Gemeente Nagmaal Kuier

LIEFDESGAWES HIERDIE WEEK

Onder die erediens: Barmhartigheid

BARMHARTIGHEIDSWERK

Ons ondersteun op verskillende maniere gemiddeld 9 gesinne per maand.

Baie dankie vir die opoffering van soveel lidmate wat bydraes maak aan die diakonie. Dit stel ons in staat om mekaar op ‘n tasbare wyse met die Here se liefde te ondersteun. Geref

KERKLIKE BYDRAE

Die Here roep ons in die Ou en Nuwe Testament om uit gawes wat Hy vir ons gee, ‘n eerste deel vir Hom en sy werk te gee. Dra asb by tot ons gemeente se uitgawes met vreugde en soos wat die Here dit vir jou moontlik maakGeref Kerk Rustenburg -

Absa Tjek rek: 1220 340 100100

Tjek rek:1220
825
Kerk Diakonie - Absa
280

DIENSBEURTE SONDAG:

OUDERLING AAN DIENS

Frikkie Coetzee

MUSIEKBEGELEIDING

Nelia Joubert

KOSTER

Maryna Kotze

REKENAAR EN KLANK

Zandre Klopper/Nicki Pieterse

VERVOER

Geen

KONTAK ONS

Kerkkantoor: Heilie du Plessis

Tel 076 331 3738 gkrtb@mweb.co.za

Ma- Vry 07:00 - 15:00

Predikant: Griffel van Wyk.

Sel: 082 354 3726 griffel.gkr@gmail.com

Kantoorbestuurder: Riana Heystek

Sel: 076 194 3445 gkrtbfinansies@gmail.com

Koster: Maryna Kotze

Sel: 079 184 3479 gkrtb2@mweb.co.za

Ma, Woens, Vry 07:00 - 15:00

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.