Nuusbrief 3 - 7 - 2016

Page 1

1

SERINGBOOM

NUUSBRIEF GEREFORMEERDE KERK RUSTENBURG JAARGANG: 28 NO. 1350 SONDAG 3 Julie 2016

Baie welkom by ons Sondag erediens. 'n Besondere woord van welkom aan Teologiese Student Riaan Andersen 9:00 EREDIENS – Teologiese Student Riaan Andersen Skriflesing: Psalm 78: 1-12. (1983 vertaling) (Preek deur Ds. Piet Venter van die Gereformeerde kerk Potchoos.) Fokusverse: Psalm 78: 5-9 Hoofgedagte: Vertel jou kind van God se wonderdade. Liedere: Psalm 111-2:1,2,3,4 (Cloete); Na die wet uit Eks. 20 - Psalm 18-2: 1,7 (Cloete)(2de Melodie); Na die diens - Psalm 128-1:1,3 (Totius). Amen - Sb 13-2 Ds. Koos besoek vanoggend ons kerkplantprojek in die Sondela Woongebied buite Rustenburg. 11:30 ENGELSE DIENS (Multi-etniese middestad uitreik) - Ds. Chun MEELEWING Tannie Meisie Jooste het Hart- en Nierversaking en is steeds in die Hoësorgeenheid van Medicare Hospitaal. Oom Sakkie Bischoff se toestand is meer stabiel maar is nog in die Hoësorgeenheid van Medicare. Tannie Georgie Reinecke van Rusoord is na 'n hartaanval in die Hoësorgeenheid van Peglerae opgeneem. Elsabe van der Sandt is uit die Hospitaal en sterk tuis aan ter voorbereiding vir die volgende operasie. Mag God almal bystaan en versterk! MEEGEVOEL Ds. Willem Vogel van Cachet Gemeente (Potchefstroom) is die afgelope week in die Hospitaal oorlede. Ons bid dat die Here sy gesin sal vertroos en versterk! LIDMATE MOET ASB INLIGTING MBT MEELEWING EN MEEGEVOEL DEUR GEE AAN DIE KERKKANTOOR

KENNISGEWINGS VERLOFREËLINGS – Ds. Koos Venter sal DV soos volg op verlof wees : 10 – 17 Julie 2016 ABBA KONINGSKINDERS - KINDERWEEK Baie dankie aan almal wat die afgelope week by ons vakansieprogramme by David Brink en by ons kerk betrokke was en ons ondersteun het. 'n Besonder woord van dank aan die "By Grace" Koreaanse Presbiteriaanse Kerk van Sandton se Jeugspan. Aan God die eer! MEDIA, INTERNET EN UITSENDINGS Ons is tans besig om ‘n ander Webblad te ontwikkel. Intussen is inligting op ons “Facebook”-blad beskikbaar (Gereformeerde Kerk Rustenburg). Ons benodig lidmate om vir Thinus de Beer en Dup du Plessis te help by ons Klank- en Visuele stelsel in die kerkgebou asook by Huis Sering. Ons beplan ook ‘n groter formaat twee jaarlikse Nuusbrief waar meer inligting en foto’s oor aktiwiteite van die gemeente geplaas kan word. Kontak asb vir Dup of die Kerkkantoor of vir Ds Koos.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.