Diecourant 26 junie11

Page 3

3

NUUS•News 26 Junie 2013

Bloubloed honde en hul eienaars op Malmesbury

Hondsalon..... Shih Tzu Danny van Boksburg is reg vir die laaste afronding in die mobiele hondsalon Saterdag by die Swartland Kennel Klub se hondeskou op Malmesbury. Eienaar Riekie Erwee van Midnightdream Shih Tzu vertel dat hulle normaalweg vlieg na die hondeskoue toe, maar hierdie keer afgery het. Danny het al ‘n lang lys pryse agter sy naam.

•forum gereeld byeen

Wet reguleer handel in tweedehandse goedere - Nilsson Die Wet op Tweedehandse Goedere vereis dat handelaars in tweedehandse artikels ‘n lisensie moet hê en dat alle produkte in ‘n register aangeteken moet word. Volgens kol. Niels Nilsson, bevelvoerder van die polisie op Malmesbury, moet ‘n tweedehandse handelaar enige artikel wat hy ingeneem het, eers vir sewe dae in die oorspronklike vorm hou, voordat hy dit te koop mag aanbied. Dit bied aan die polisie die geleentheid om dit gereeld na te gaan. Die polisie doen gereeld inspeksies by tweedehandse handelaars om na te gaan of die onderneming volgens die voorskrifte van die wet bedryf word. Daar word veral nagegaan of goedere wat ingeneem is, nie dalk gesteelde goedere is nie en of registers bygehou word. Op hierdie wyse word gesteelde goedere soms teruggevind. Heelwat vrae het die afgelope tyd oor die onderwerp ontstaan nadat die polisie ‘n tweedehandse skrootmetaalhandelaar en sakeman van Malmesbury, Juan Liedeman (37), as verdagte betrek het by die moord in Mei vanjaar op dr. Louis Heyns, ‘n pediater van Kaapstad. Daar is tans ‘n paar skrootmetaalhandelaars

op Malmesbury, asook tweedehandse handelaars in voertuie, selfone, huistoerusting, plaastoerusting en goud. Malmesbury het dan ook ‘n Tweedehandse Handelaarsforum wat maandeliks by die polisiekantoor vergader. Dwelmverslaafdes wat desperaat vir kontant is, word gereeld by tweedehandse skrootmetaalondernemings met stukke metaal opgemerk. Nilsson se raad is dat eienaars artikels wat gesteel kan word deeglik merk, sodat dit later uitgeken kan word. ‘’Dit is veral noodsaaklik ten einde sukses­ volle vervolging in ‘n hof deur te voer. Dis nie altyd so maklik om eienaarskap van ‘n gesteelde item in ‘n hof te bewys nie.’’ Aansoeke om as tweedehandse handelaar te registreer, moet aan die polisiekantoor gerig word. ‘’Die polisie het meestal goeie samewerking van tweedehandse handelaars op Malmesbury.’’ Tweedehandse handelaars kan net inhandi­ gings wettig aanvaar as die aanbieder ‘n ID-boek toon en sy adres vermeld. ‘n Leemte in die wet is tans dat mense nie die woonadres wat vermeld word, hoef te bewys nie, volgens Nilsson.

Pretrit op veldfietse: Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg bied op Saterdag 13 Julie ‘n pretrit aan vir mense op rygoed soos vierwielfietse en veldmotorfietse. Die pretrit strek oor 60 km en begin om 10:00 op die plaas Klein Swartfontein, nagenoeg 4 km vanaf die N7 by die Moorreesburg-afrit. In plaas van links afdraai vanaf die N7, draai ‘n mens net

regs af op die pad na die wegspringplek. Die roete strek oor verskeie plase. Dis ‘n dag vir die hele gesin. Daar sal heerlike eetgoed en drinkgoed te koop wees, soos pannekoek, hotdogs en hamburgers. Die dag beloof vol pret te wees en almal is welkom. Navraag kan gerig word aan 082 326 7134 of 022-433 2712 of by tershan@pcnetmail.co.za

Riana du Plessis vertoon haar Irish Wolfhound wat deur Greg Eva beoordeel word.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.