Diecourant 26 junie11

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 228

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

26 Junie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Piketbergers op pad na Beijing

Franke150l Geyser

R1850

excl.

32 Bokomo Road Malmesbury

Tel: 022 482 1412/4

Die blokfluit-ensemble van Piketberg Hoërskool gaan die vakansie in Beijing optree onder leiding van Komien van der Westhuizen (middel agter). Die musikante is Maria Visser, Adrianna Visser, Letjé Burger, Andreas van der Merwe, Magdaleen Grundlingh en Stephan Louw. Voor sit Alan Willemse en Timotheé Luyt. Sien berig op bl. 5.

•Vergaderings gehou oor kalksteen

Myne vir Swartland? Openbare inligtingsvergaderings oor die beoogde vestiging van kalksteenmyne in die Swartland word in die skoolvakansie gehou. Prospekteerregte is reeds deur die streekbestuurder vir mineraalregulering in die WesKaap toegeken aan die maatskappy Gondwana Exploration and Mining, wat hom nou beywer om ook mynregte te bekom op die drie terreine naby Riebeek-Wes, Moorreesburg en Piketberg. ‘’Daar is ‘n paar boere wat ongelukkig is. Almal wat belangstel in die projek en meer daaroor wil weet, is welkom by die vergaderings,’’ het Danielle Welgemoed, assistent-projekbestuur­ der van Osho Ventures in Johannesburg, aan die courant gesê. Osho Ventures fasiliteer die hui­dige proses vir Gondwana Exploration and Mining. ‘n Omgewingsimpakstudie moet nog gedoen word, volgens Welgemoed.

Donasies ná stormwind op Moorreesburg: Donasies van kos en

droë klere kan na die Rampbestuur-kantoor in Stasiestraat 17 op Moorreesburg geneem word, nadat ‘n tornado gister om 12:45 Hooikraal

Die plase waarop prospekteerregte toegeken is, is luidens inligting wat deur Osho Ventures verskaf is, Vondeling 212, Zwartfontein 414, Zwartfontein 416, Plaas 1066, Allesverloren 642, Weltevreden 497, Middelpos 696, Knolfontein 696, Plaas 640 en De Nieuwe Gift 968. Dit is egter moontlik dat van die grond onder ander plaasname in die omgang bekend is. Môre se vergadering by Piketberg word om 17:00 by Noordhoek Velddrif gehou. Navraag hieroor kan aan die Piketberg-munisipaliteit by 022 913 6093 gerig word. Op Vrydag word daar twee inligtingsvergaderings gehou. Die vergadering op Moorreesburg is om 12:00 in die stadsaal, waaroor navraag aan 022 487 9400 gerig kan word. Die laaste van die drie vergaderings begin om 17:00 op Riebeek-Wes in die stadsaal. Navraag hieroor kan aan 022 461 2324 gerig word.

Die openbare vergaderings is oop vir almal. Volgens Welgemoed sal sy en ‘n geoloog van Gondwana die publiek op die inligtingsvergade­ rings te woord staan en vrae beantwoord. Welgemoed sê minstens 40 werkgeleent­ hede sal in die Swartland geskep word indien mynregte later aan Gondwana toegeken word. ‘’Die prospekteerregte sal nie noodwendig enige plaaslike werk skep nie omdat dit hoofsaaklik ‘n rekenaarstudie oor onder meer satellietbeelde is wat deur geoloë van Gondwana gedoen sal word, asook ‘n geofisiese elektromagnetiese opname. Ons is nog baie ver vanaf mynregte. Ons moet nog bepaal of daar genoeg kalksteen is om te ontgin.’’ Die impak van kalksteenmyne op die natuur­ skoon van die Swartland, asook die moontlike gevolge op eiendomspryse tel onder vrae wat belanghebbendes nou vra.

en Rosenhof hier getref en 12 huise/strukture se dakke afgewaai het. Weldoeners kan Bertus Senekal of Maryke Kotzé by 022 433 8700 skakel. Kragtoevoer is gisteraand reeds herstel. Intussen het die munisipale bestuurder, Joggie

Scholtz, gesê dat die samewerking tussen Swartland Munisipaliteit, Weskus Distriksmunisipaliteit, Rooi-kruis, die SAPD en die gemeenskap “uitstekend is. Seile om die reën buite te hou en kospakkies is aan die 12 gesinne oorhandig.”


2

NUUS•News 26 Junie 2013

•oud-hoof kry pos

Laerskool Darling kry nou nuwe hoof Dawie de Villiers is Laerskool Darling se nuwe hoof. Na vyf aansoekrondes oor die afgelope twee jaar, is hy die afgelope Vrydag deur Johannes Mouton van die Kringkantoor op Malmesbury oor sy aanstelling ingelig is, het De Villiers aan die courant gesê. Hy is ‘n boorling van Wellington en oud-leerder van die Hoërskool Hugenote, wat hom daarna aan die destydse Wellington Onderwyskollege as onderwyser bekwaam het. De Villiers was voorheen skoolhoof by Branden-

burg Primêr naby Porterville, waarna hy die afgelope tyd verbonde was aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se Kringkantoor op Piketberg. Die aanstelling sal reeds vanaf 1 Julie geld. Paddy Attwell, direkteur kommunikasie van die WKOD, het die aanstelling aan die courant bevestig. Op die vraag hoe hy sy nuwe hoofpos benader, het hy geantwoord: ‘’Ek wil in hierdie stadium nie te veel daaroor sê nie. Ek gaan die beste lewer wat

ek kan, sonder om te veel veranderinge te maak aan die skoolopset. Ek sal dit dag vir dag vat en dit saam met die personeel en beheerliggaam hanteer. Dit moet daar uitgetrap word en so ‘n proses kan ses maande tot ‘n jaar duur. De Villiers, ‘n inwoner van Porterville, gaan daar met sy gesin aanbly. ‘’My mense werk almal hier. Ek gaan alleen op Darling woon gedurende die week, en as die geleentheid hom voordoen huis toe kom.’’ Hy wys daarop dat hoewel hy die afgelope jare

by die Kringkantoor in diens was, hy deurentyd met skole gewerk het. ‘’In hierdie onderwyskring is 25 skole plus volwasse onderrigsentrums, kos­ huise en graad R-skole.’’ De Villiers wou hom nie uitlaat oor hoekom die pogings om ‘n nuwe skoolhoof by Laerskool Darling aan te stel, nagenoeg twee jaar voortgesleep het nie. ‘’Daai vraag kan ek jou nie beantwoord nie. Ek het nie die geskiedenis van die hele proses nie. Ek het nie ‘n idee wat voorheen daar gebeur het nie.’’

Komberse @ die Koue

Die ACVV-takke se projek om saam met die courant komberse in te samel teen die winter­ koue, het ook in Porterville en Piketberg momentum gekry. Op Porterville het Anita Odendaal (maatskaplike werker), Aletta Visagie (voorsitter) en Annatjie Pereira (koördineerder van tuis­ versorgingsdiens) saam hierdie komberse ontvang. Almal wat nog donasies van komberse aan die ACVV-kantore of by die courant se kantoor op Malmesbury wil inhandig, kan steeds hierdie bydraes lewer. Onder is Annake Bester (streekkonsultant), Elmarie van Rooyen (admin) en Heide Liebenberg (maatskaplike werker) by komberse, asook ‘n klompie van die 19 handgebreide truitjies wat Joey Burger aan die Piketbergse ACVV-kantoor geskenk het.

CLF Vrouedag 2013 ten bate van die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek

31 Augustus 2013; Eensgezind; 09:00 vir 09:30 - 13:00 Koste: R260 pp Sluit in propvol geskenksakke, drie-gang maaltyd en puik vermaak. Hope pragprodukte by stalletjies te koop. Besprekings by info@clf.co.za of 021 873 0198

Gaskunstenaars: VonWest Gasspreker: Kona Brown, Mev Verenigde Nasies 2012

Only the best for the Winter Chill! BULK Stewing Beef

28.99 p/kg

Chicken Nuggets

44.99 p/kg

400g Mutton Bangers

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 26 June until Saturday 29 June 2013. While Stocks Last. E&OE

13.99

each

250g French Polony

4 14.99

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

for

Assorted Pasta

3 20.00 for


3

NUUS•News 26 Junie 2013

Bloubloed honde en hul eienaars op Malmesbury

Hondsalon..... Shih Tzu Danny van Boksburg is reg vir die laaste afronding in die mobiele hondsalon Saterdag by die Swartland Kennel Klub se hondeskou op Malmesbury. Eienaar Riekie Erwee van Midnightdream Shih Tzu vertel dat hulle normaalweg vlieg na die hondeskoue toe, maar hierdie keer afgery het. Danny het al ‘n lang lys pryse agter sy naam.

•forum gereeld byeen

Wet reguleer handel in tweedehandse goedere - Nilsson Die Wet op Tweedehandse Goedere vereis dat handelaars in tweedehandse artikels ‘n lisensie moet hê en dat alle produkte in ‘n register aangeteken moet word. Volgens kol. Niels Nilsson, bevelvoerder van die polisie op Malmesbury, moet ‘n tweedehandse handelaar enige artikel wat hy ingeneem het, eers vir sewe dae in die oorspronklike vorm hou, voordat hy dit te koop mag aanbied. Dit bied aan die polisie die geleentheid om dit gereeld na te gaan. Die polisie doen gereeld inspeksies by tweedehandse handelaars om na te gaan of die onderneming volgens die voorskrifte van die wet bedryf word. Daar word veral nagegaan of goedere wat ingeneem is, nie dalk gesteelde goedere is nie en of registers bygehou word. Op hierdie wyse word gesteelde goedere soms teruggevind. Heelwat vrae het die afgelope tyd oor die onderwerp ontstaan nadat die polisie ‘n tweedehandse skrootmetaalhandelaar en sakeman van Malmesbury, Juan Liedeman (37), as verdagte betrek het by die moord in Mei vanjaar op dr. Louis Heyns, ‘n pediater van Kaapstad. Daar is tans ‘n paar skrootmetaalhandelaars

op Malmesbury, asook tweedehandse handelaars in voertuie, selfone, huistoerusting, plaastoerusting en goud. Malmesbury het dan ook ‘n Tweedehandse Handelaarsforum wat maandeliks by die polisiekantoor vergader. Dwelmverslaafdes wat desperaat vir kontant is, word gereeld by tweedehandse skrootmetaalondernemings met stukke metaal opgemerk. Nilsson se raad is dat eienaars artikels wat gesteel kan word deeglik merk, sodat dit later uitgeken kan word. ‘’Dit is veral noodsaaklik ten einde sukses­ volle vervolging in ‘n hof deur te voer. Dis nie altyd so maklik om eienaarskap van ‘n gesteelde item in ‘n hof te bewys nie.’’ Aansoeke om as tweedehandse handelaar te registreer, moet aan die polisiekantoor gerig word. ‘’Die polisie het meestal goeie samewerking van tweedehandse handelaars op Malmesbury.’’ Tweedehandse handelaars kan net inhandi­ gings wettig aanvaar as die aanbieder ‘n ID-boek toon en sy adres vermeld. ‘n Leemte in die wet is tans dat mense nie die woonadres wat vermeld word, hoef te bewys nie, volgens Nilsson.

Pretrit op veldfietse: Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg bied op Saterdag 13 Julie ‘n pretrit aan vir mense op rygoed soos vierwielfietse en veldmotorfietse. Die pretrit strek oor 60 km en begin om 10:00 op die plaas Klein Swartfontein, nagenoeg 4 km vanaf die N7 by die Moorreesburg-afrit. In plaas van links afdraai vanaf die N7, draai ‘n mens net

regs af op die pad na die wegspringplek. Die roete strek oor verskeie plase. Dis ‘n dag vir die hele gesin. Daar sal heerlike eetgoed en drinkgoed te koop wees, soos pannekoek, hotdogs en hamburgers. Die dag beloof vol pret te wees en almal is welkom. Navraag kan gerig word aan 082 326 7134 of 022-433 2712 of by tershan@pcnetmail.co.za

Riana du Plessis vertoon haar Irish Wolfhound wat deur Greg Eva beoordeel word.


menings•opinion

courant

26 Junie 2013

die

4

Op die (myn)kantlyn help nie

Daar word kliphard gewoel om moontlik kalksteenmyne op te rig op van die persele in die Swartland - naby Piketberg, Moorreesburg en Riebeek-Wes waar daar reeds prospekteerregte bekom is. ‘n Openbare deelnameproses is tans aan die gang en daar word vandeesweek (vreemd dat dit in die skoolvakansie is wanneer baie mense weg is) inligtingsvergaderings gehou. Dit is die gulde geleentheid om uit te vind watter impak sodanige myne op die omgewing, mense en streek-ekonomie kan hê. Daarom is dit belangrik dat inwoners na die vergaderings gaan en hulle vergewis van die gevolge en of dit nodig is om daarteen te protesteer. Só dikwels staan Jan Publiek met megafone en protesteer op die kantlyn, sonder om deel te neem en die sake te help uitpluis en beredder. Om eers na die tyd oningelig te staan en kla, is werklik dom en nutteloos. Raak betrokke en probeer ‘n verskil maak terwyl jy nog kan. Dit is nou as dit nodig blyk te wees. Daar is vele voorbeelde van prosesse soos dié wat deur openbare deelname ten goede vir alle partye aangepas is om almal te akkommodeer. Verlaat die kantlyn en speel saam. Dit is in almal se belang.

Daar’s ’n hoender wat ’n eier nie kan lê: Die supermaan het Sondagaand dié silhoeët gemaak van die haan op die toring van NG Moederkerk op Malmesbury.

Ek is mal oor geskiedenis en honde-ore

It’s Good News

dr Marc Blackwell Snr.

Joyful words

Have you ever struggled with your words? Have you ever had problems with the words of others? What about “Power Words,” - so called? You know these “four letter” words, as many call them? Frustration words? “Grace” words are ‘JOYFUL’ words that give help and encouragement to others. Such words - when ‘spoken in love’ ~ are words that build-up, that edify, that are wholesome, that are kind, tender-hearted, forgiving words ... words of God’s Grace. In Paul’s Letter to the Ephesians he refers to spiritually empowering words as: “… such a word … that give(s) grace…” (4:29)“Let no unwholesome word proceed from your mouth but only such a word as is good for edification according to the need of the moment, that it may give grace to those that hear. (32) And be kind to one another, tender-hearted, forgiving each other, just as God in Christ also has forgiven you. Colossians 1:28 refers to “admonishing and teaching … with all wisdom…” Colossians 1:28 “And we proclaim Him admonishing every man and teaching every man with all wisdom, that we may present every man complete in Christ. 2:2-7 … that their hearts may be encouraged, having been knit together in love, ... the full assurance of understanding, ... that is in, Christ Himself, in whom are hidden all the treasures of wisdom and knowledge … rejoicing to see your good discipline and the stability of your faith in Christ. As you therefore have received Christ Jesus the Lord, so walk in Him, having been built-up in Him and established in your faith, just as you were instructed, and overflowing with gratitude. Gracious words reveal God’s wisdom as “pure, peaceable, gentle, reasonable, full of mercy and good fruits, unwavering, without hypocrisy.” James 3:17

Stowwerige, honde-ore geskiedenisboeke is my kos. Die reuk van daardie boeke wat ‘n ewigheid op ‘n boekrak vergeet is, wat dalk deur ‘n bekende staatsman of amptenaar vasgehou en deurgeblaai is ... Ek is nie wetenskaplik nie, dus my keuse van geskiedenis as vak bo dié van skeinat op skool en daaropvolgens my keuse van geskie­denis en antieke geskiedenis op Universiteit. Ek en my man is lief daarvoor om in die kompanjiestuine te gaan rondloop. Daar stap ek die heeltyd neus in die grond, want hier het Jan van Riebeeck dalk geloop of Simon van der Stel het dalk hier gestaan en dink aan bome... Vandag se gebeure is môre se geskiedenis. Daar gebeur elke dag goed in ons lewe wat ons maak wie ons is. Ons geskiedenis bepaal ons toekoms, nie waar nie? ‘n Stukkie geskiedenis in my lewe is die dag toe ons seun op 6 daggies opgehou asemhaal het. Op daardie dag het ek amper my geliefde seun gegroet. Daar is deurgejaag teen die spoed van wit lig Paarl Medi Clinic toe. Daar gekom is ek met keiser-

lyf en al in ‘n rolstoel geprop en ICU toe gejaag deur ‘n portier. Ek moes my kind in die hande los van ‘n pediater wat vandag nog elke jaar my kinders ondersoek. Hy ken hulle geskiedenis en kan daarom beter besluite neem oor hulle gesondheid. Daardie dag het my lot bepaal. Gemaak hoe ek vandag my kinders grootmaak, hoe beskermend ek teenoor hulle is. Al die gebeure van daardie dag is ook in sy “geheueboek” opgeskryf. Vir elke kind is daar ‘n boek. Nog nie oorgetrek nie, nog net soos ek dit gekoop het, maar daarin staan

alles. Alles hoe ek dit ervaar op sekere tye, wat hulle op spesifieke tye gedoen het, hoe vies ek vir hulle was en hoe my hart geswel het van trots op ‘n ander oomblik. Foto’s, rugbykaartjies, doopkaartjies en vele meer is deur die boeke besaai. Eendag as hulle groot is, sal ek hul boeke vir hulle gee en kan hulle ‘n blik in my hart kry en dalk hul geskiedenis beter verstaan - en sommer hul gryse moeder ook. As ek vandag als kan oppak en Egipte toe trek en in die piramiedes gaan rondkrap, sal ek dit doen. Om te leer van die geskiedenis, dit eerstehands te ervaar is asemrowend. Eendag gaan hierdie “mommy” ‘n “mummie” ontdek en al sy verbande afrol om sy storie te ontdek ... * In hierdie rubriek en repliekreeks is die idee om stories deur en oor mense uit ons streek hier te publiseer. Dus nooi ons lesers om vir ons bydraes te lewer. Bydraes van plus minus 500 woorde sal oorweeg word. Die redakteur behou hom die reg voor om bydraes te plaas.


nuus • news 26 Junie 2013

•china toe

Piketberg ensemble na jeugfees

Agt blokfluitspelers van Hoërskool Piketberg vertrek Maandag na China vir die vierjaarlikse Jeugmusiekfees, waar ongeveer 250 tieners van regoor die wêreld gaan byeenkom om saam musiek te maak. Komien van der Westhuizen, hul afrigter, sê dat dié agt leerders reeds vir anderhalf jaar geld insamel vir dié toer, wat sy beskryf as ‘n baie goed georganiseerde toer, waar die leerders klasse gaan kry by meesters in hul veld, hulle hul repertoires gaan lewer en ook deel van ‘n koor sal vorm wat op die epiese Muur van China gaan sing. “Dis die eerste keer dat die kultuurafdeling van HSP oorsee gaan – alles moontlik gemaak deur die ondersteuning van borge en die toegewyde fondsinsamelings van baie mense! Ons neem sopraan-, alt-, tenoor- en bas-blokfluite saam en ons optrede gaan die volgende insluit: ‘n Ouverture van G. Rossini - Barbier van Sevella; In the Mood - J Garland; Tears in Heavan - Eric Clapton en Canon - J Pachelbel. Van der Westhuizen sê dat die Meestersklasse van ‘n Australiese dosent ‘n hoogtepunt van die toer sal wees. Intussen is John Hiu, ‘n student van Dulwich Kollege in Beijing, besig om ‘n werkstuk spesiaal vir Piketberg se blokfluitensemble te komponeer. “Dié stuk moet nog daar aangeleer word, dus gaan die leerders (graad 10 tot 12) beslis ook hard gaan werk daar!” Die groep word vergesel deur ses ouers en keer op 12 Julie weer terug.

Garth Titus

Mnr. SA: Garth in Top 20

Garth Titus van Malmesbury is een van die eerste Swartlandse mans wat die top-20 vir die Mnr. SAkompetisie gehaal het. Garth se groot missie is nou om soveel as moontlik sms’e vir dié veldtog te werf, want dit kan verseker dat hy onder die laaste 12 deelnemers wat uiteindelik om die kroon sal meeding, eindig. Dié laaste ronde eindig 30 Junie en die finale kroning vind in Augustus plaas. “Die kompetisie is baie sterk!” sê Garth. “My familie, vriende en die gemeenskap van Malmesbury is ongelooflik ondersteunend en ek waardeer dit baie, want die spanning raak maar erg!” Om vir Garth te stem, sms MRSA6 na 47439 voor of op 30 Junie. Sms’e kos R3-50.

s c 1 6 8 1 1 _ Wh y _ s h o p _ D C

-

1

2 0 1 3 - 0 6 - 2 5 T1 5 : 2 2 : 2 7 + 0 2 : 0 0

5


6

motors• motoring

26 Junie 2013

Madiba, Wimbledon-prestige en die Mercedes C250

johan viljoen

sit voet in die hoek Terwyl miljoene mense asem ophou en deurlopend wag op nuus van oud-president Nelson Mandela, het daar vandeesweek uit Wimbledon ‘n stem van ondersteuning vir dié wêreld-ikoon opgeklink. En gepaste ondersteuning ook toe die verdedigende en sewemalige Wimbledon-kampioen, Roger Federer, Maandag na Madiba verwys het as invloedryk en ongelooflik. Hy het gesê dié leier het in iets geglo en moes ‘n groot prys daarvoor betaal. In ‘n internasionale meningspeiling verlede jaar is Federer as die nommer twee mees gerespekteerde persoonlikheid in die wêreld aangewys en ....... Mandela as nommer 1. Die jaarlikse prestige-grasbaantoernooi by die All England Tennis Club by Wimbledon het Maandag afgeskop. Om eerstehands tennis te kyk na dié prestigetennistoernooi van die wêreld, is ‘n belewenis. 1994 was die jaar toe Madiba op 10 Mei president van Suid-Afrika geword het. Op 26 Junie 1994, skaars ‘n maand later, het ons op die sypaadjie geslaap om die Wimbledon skouspel te beleef. Tóé al was dié toernooi in ‘n ander klas. Die fynere besonderhede is in plek. Daar waar daar bykans elke week van die jaar - ook elke oggend van die twee weke van die toer­ nooi - ‘n mak valk genaamd Rufus rondvlieg om duiwe van die bane weg te hou. Rufus het sy eie facebook en twitter-rekeninge. Daar waar daar elke jaar in twee weke 25 000 bottels sjampanje vloei en 6 000 pizzas gebak word. 7000 liter room (vir die aarbeie natuurlik.) 1994 was die jaar toe Martina Navratilova haar 10de titel probeer verower het. ...... maar die jong Spanjaard Conchita Martínez het ander planne gehad en Navratilova in drie stelle met 6–4, 3–6, 6–3 om die titel geklop. Die ander top-vroue was Steffi Graf, Arantxa Sánchez Vicario, Jana Novotná, Kimiko Date, Mary Pierce, Natasha Zvereva, Lindsay Davenport, Gabriela Sabatini, Mary Joe Fernández, Anke Huber,

Zina Garrison-Jackson, Suid Afrika se Amanda Coetzer (14de gekeur), Sabine Hack, Magdalena Maleeva en Helena Suková. Pete Sampras het die uwe se gunsteling (met veel meer persoonlikheid terloops), Kroaat Goran Ivanišević, met 7–6 (7–2), 7–6 (7–5), 6–0 om die manstitel verslaan. Ander top-gekeurdes was Michael Stich, Stefan Edberg, Jim Courier, Todd Martin, Boris Becker, Sergi Bruguera, Andrei Medvedev, Michael Chang, Petr Korda, Andre Agassi, Cédric Pioline, Marc Rosset en Yevgeny Kafelnikov. Die ongekeurde Wayne Ferreira van Suid-Afrika het in die kwarteindronde teen Todd Martin vasgeval nadat hy onder meer die 14de gekeurde

‘n Paar feite van belang:

Mercedes C250 CDI 4 silinder Krag: 150kW @ 4200 r/min Wringkrag: 500Nm @ 1600 -1800r/min Verplasingsinhoud: 2143cm3

Marc Rosset en Jonas Bjorkman uitgeskakel het. As jy dan praat van ‘n prestige-toernooi, is Mercedes se C-klas C250 CDI sekerlik ‘n prestigemotor. Ons het een van Malmesbury Motors gaan ry. Wat sê die mense? Eintlik so half ‘n teleurstelling as niemand oor jóu wil praat nie, maar almal wat jy teëkom eerder oor dié kar waarmee jy nou ry. En ook nie sonder rede nie. Dit is ‘n indrukwekkende produk van kant tot kant. Weelde, ruimte, ontwerp, veilige gevoel en ... ekonomies. Wat wil jy meer hê. In dié brandstofprystyd is die ‘blue efficiency’ waar (in ekonomiese modus) hy outomaties aan en af skakel as jy stilhou en wegtrek, ‘n groot plus. Die model se brandstofverbruiksyfers word

aangegee as ‘n bitter ekonomiese 5,2l/100km. Nou ja, asof die kar en al sy plusse nie klaar genoeg rede is om op die pad te wil bly nie. Sy brandstof gaan beslis nie jou sak brand nie. Maar moenie dink hy is skaam nie. As hy moet voete optel, dan doen hy dit. Huiwerig om ‘n paar eienskappe (waaronder ‘n paar opsioneel) uit te sonder soos die bedan­ kings na die eindstryd op Wimbledon. Netnou word ‘n belangrike een uitgelaat. Maar hier is ‘n paar: Daar is ‘n nuwe instrumentepaneel waar jy haas elke ding kan stel wat jy sou wou. Dit is nou nadat jy jou sitplek perfek kon stel om elke holte (in jou rug natuurlik) te ondersteun. Daar was sondak, bluetooth-telefoon en GPS.

7G-TRONIC PLUS auto-ratkas Lengte: 4.591m Breedte: 1.770m Hoogte: 1,447m Brandstoftenk 66l Standaardprys: R493 274

Outomatiese ligte, onafhanklike klimaatbeheer, ritrekenaar, pakplek en die sentrale kontrole vir gerieflike verstelling. En daar was ... en, en en...... Maar eintlik is dit die besondere ry-ervaring wat die indruk (blywende een) maak. ‘n Algehele gevoel: Hierdie C-klas is inderdaad klas met hoofletter K. Prestige. Klaargemaakte motorkar. Jy hoef nie verder te kyk as hierdie C250 nie. Cheers, Tot die (weelde)wiele weer rol.


nuus•news

7

26 Junie 2013

•DAG TEEN DWELMS

Stryd teen dwelms ‘kan gewen word’

Vandag is die Dag teen Dwelmmisbruik, soos verklaar deur die Verenigde Nasies - ‘n poging om die wêreld dwelmvry te maak. Dié begeerte om die wêreld in ‘n dwelmvrye en gesonde plek te omskep is nie so vergesog soos pessimiste vrees nie - die Verenigde Nasies werk hard daaraan om regerings, die jeug en maatskaplike organisasies ingelig en paraat te kry. “Bemagtig jouself met kennis oor alkohol en dwelms. Bid dat ons jongmense nie vasgevang word nie. Stel ‘n goeie voorbeeld. Versterk gesinsverhoudinge, skenk geld vir organisasies wat middel-afhanklikheid teenstaan en behandel, en ondersteun slagoffers sonder om hulle te verwyt,” sê Theresa Rossouw, bestuurder van ‘n Badisa-Behandelingsentrum in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering het vroeër vanjaar ‘n noukeurige studie oor dwelmmisbruik en misdaad onder graad 10 tot 12 leerders in dié provinsie voltooi. 240 Skole is by dié navorsing betrek, wat aan die lig gebring het dat tabak, alkohol en dagga steeds die vernaamste verslawende middels is.

Twee-derdes van die leerders het reeds met alkohol kennis gemaak en die helfte van hulle gebruik dit gereeld. Meer as ‘n derde het voor 13 jaar met sigarette geëksperimenteer en 13% van hulle rook meer as tien per dag. Byna ‘n kwart van die ondervraagdes het al dagga probeer (baie voor die ouderdom van 13) en 13% is gereelde gebruikers. Leerlinge wat al ‘n graad gedruip het, was meer hiertoe geneig. Die navorsers het egter ook ‘n tikkie beter nuus gehad, naamlik dat die gebruik van harde middels nie so hoog is as wat aanvanklik vermoed is nie. Na berekening loop 15% van die leerlinge oor alle grade en distrikte ‘n hoë risiko vir geestelike versteuring as gevolg van middelmisbruik. Die hooffaktore wat tot middelmisbruik lei, is chaotiese huislike omstandighede en ondoeltreffende ouerskap. Jeugdige middelmisbruikers word gereeld uitgeken aan ontoepaslike skaam of aggressiewe gedrag op skool, swak prestasie en bande met portuurs wat swak of afwykende gedrag toon.

Malmesbury Sakekamer kyk na sakelui se behoeftes Die Malmesbury Sakekamer het sy bestaansreg uitsluitlik toe te skryf aan die sake-gemeenskap se behoefte aan ‘n verteenwoordigende liggaam wat sy belange kan beskerm en bevorder. Aan die woord is voorsitter, Erik Louw. “In vandag se dinamiese en snel-verande­ rende sake-omgewing is dit belangrik om tred te hou met die veranderende behoeftes van ons lede. “Die Bestuur het gevolglik met ‘n proses begin om die struktuur en dienslewering van die Malmesbury Sakekamer te her-evalueer in ‘n poging om ons gemeenskap en lede meer sinvol te kan bedien en waarde tot ons plaaslike besighede toe te voeg. “Die eerste stap in hierdie proses is om na ons lede en sake-gemeenskap te luister. Die werklike behoeftes en bekommernisse moet effektief gekommunikeer word, en slegs dan kan

Ontwerp logo vir Yzerfontein Fees: Met die wegval van die jaarlikse snoek-

fees sal die Yzerfontein Fees voortaan deur Yzerfontein Toerisme aangebied word. Die organiseerders het besluit om ‘n kompetisie te hou vir die ontwerp van die logo en tyd om deel te neem, raak nou min.

ons daadwerklik hierdie behoeftes aanspreek en ons sakegemeenskap sinvol bedien. ‘‘Ons nooi u dus uit om ‘n kort vraelys (12 vrae) te voltooi, wat aan ons die nodige terugvoer in hierdie verband sal verskaf.’’ Hierdie vraelys kan op die volgende maniere voltooi word: Op die webtuiste by die volgende adres http://www.sakekamer.co.za/opname Of ‘n papierkopie kan aangevra word by Annabel by Bester & Vennote (022 – 482 1060 / 1), dit voltooi, en dit weer daar terugbesorg per hand of per faks 022 – 482 1062. Neem asseblief kennis dat deelname hieraan anoniem en vrywillig is. ‘‘Ons is passievol oor Malmesbury, ons gemeenskap en die potensiaal vir ekonomiese vooruitgang, en ons sien uit daarna om u te dien,’’ volgens Louw. Die vereiste tema vir die logo is ‘Meeurots’ en die volgende bewoording moet op die logo wees: YZERFONTEIN FEES FESTIVAL asook TEL: 022 451 2985 en email: yzerfontein@polka.co.za Alle kunswerk kan gestuur word na Ami Smuts at smuts@wcaccess.co.za Skakel 022 451 2985 met u navrae.


8

bou•building

26 Junie 2013


BOU • in en om die huis 26 Junie 2013

Hoe gemaak ...

9

... met snoeityd in my tuin?

‘n Vierde hyskraan word tans opgerig vir die opgadering en uitbreiding van nog graansilo’s by Sasko se R300 miljoen aanleg in Bokomoweg op Malmesbury. Dié proses vir die vierde hyskraan het gister begin.

Smaraggroen is terug!

Volgens Lee Eiseman, Uitvoerende Direkteur van Pantone, is smaraggroen uniek omdat dit “lewende” kleur aan ‘n vertrek bied, maar terselftertyd ‘n kal­merende uitwerking het. Kyk dus uit vir spatsels smarag wat jy kan inbring in jou huis in muurpapier, kussings, mure, ornamente en ander binnenshuise elemente. Smarag kan ‘n uitdaging bied vir dié van ons wat nog altyd net met “veilige” neutrale kleurkaarte rondgespeel het. Die antwoord, liewe veilige kleurgebruiker, is om dit subtiel met jou bestaande gunstelinge te kombineer. Plascon het ‘n paar goeie voorstelle wat wys hoe jy die kleur van 2013 met sukses kan inkorporeer. Jy kan ook met smarag en ander skakerings van groen eksperimenteer deur ou meubelstukke te verf of te stoffeer. Of skep ‘n groen muur deur borde, foto’s, nuwe muurpapier of skilderye in groen rame te raam.

Wanneer? Rose, vrugtebome, druiwestokke en krismisrose moet in die WINTER gesnoei word, verkieslik middel Julie tot einde Augustus. Indien jy in ‘n area woon waar dit swaar ryp, moet jy selfs nog later snoei. Waarom? Die snoei van dié plante (selfs ook die meeste ander plante) is om die plant jonk, ferm en gesond te hou. Jy verbeter ook die kwaliteit en kwantiteit van die blomme en vrugte. Verder help dit om die grootte, voorkoms en fatsoen van jou struike en bome te beheer en te verbeter. Gereedskap! Gebruik slegs kwaliteit snoeiskêre, ‘n skerp snoeisaag en ‘n paar ordentlike tuinhandskoene sal ook help. NB-NB-NB: Steriliseer jou gereedskap na élke vrugteboom of roosstruik wat jy klaar gesnoei het met kaliumpermanganaat, óf Brandspiritus, óf Dettol. Dit verhoed die verspreiding van virussiektes tussen plante. NOTA: 1 - Jong nuwe hout produseer die beste, so probeer dit behou so ver moontlik. Moenie dit verwar met waterlote of wildelote (by rose) nie. 2 - As jy te veel lote en takke op boom en struik agterlaat, sal daar wel baie blomme en vrugte wees, maar met ‘n kleiner vrug en swakker kwaliteit. 3 - Sodra klaar gesnoei, spuit dadelik met kalkswael (een deel per tien dele water) om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer. Daar is

nou ook ‘n nuwe produk op die mark, by name Kumulus. 4 - Baie belangrik: Verwyder alle snoeisels, takkies, blare en lote rondom die plante om siekteverspreiding te voorkom. Hoe knip (snoei) ek? 1 - Verwyder alle dooie lote en takke, so ook alle swak en krom takke. 2 - Oorblywende lote word uitgedun en tot plus minus een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip. 3 - Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder. 4 - NB: Maak alle snitte ongeveer 5mm bo ‘n ogie wat na buite wys. Die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom (sien skets). 5 - Snoeiwonde kan verseël word met ‘tree seal’ of ‘steriseal’. 6 - Hoogstam-rose word ook net soos ‘n bosroos gesnoei. Voorspoed met die snoeiwerk, dis is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die kwekery dat ons vir u kan wys hoe dit gedoen word.

Gratis snoei-demonstrasie: * Saterdag 13 Julie 10:00 by Moorreesburg Kwekery (022 433 3232) * Saterdag 20 Julie 10:00 Malmesbury Kwekery Tuingroete George Retief


10

NUUS•News 26 Junie 2013

Sheridan: “Hulpbronne hét ‘n einde!”

Vir Ron en Annerie Sheridan het die ‘groen’ konsep al so lank gelede tuisgekom dat dit vir hulle so vanself kom soos asemhaal. Herwinning is vanselfsprekend. Dave Pepler se groen beginsels word aangehaal soos Bybelversies. Trouens, hulle ken vir Dave Pepler persoonlik en gesels onderhoudend oor Pepler se navorsing oor die rooivalkie in en rondom Malmesbury, hul migrasiepatrone na die noorde, waarom hulle deesdae skaarser hier is as voorheen, hul habitat ... Ron se voorliefde vir speelgoed maak uit herwinbare artikels, trek elke keer die oog, en deesdae kikker hy selfs verjaardagpartytjies op wanneer seuntjies hul eie Volkswagen, Mercedes of Toyota maak uit herwinbare materiale wat Ron getrou versamel en aanry na die partytjie. Of vakansies op Yzerfontein word verkort met werkswinkels waar ‘n kind sy eie ryding kan bou. “Hierdie afdakkie is gemaak uit Telkom se verpakking vir die nuwe drade toe hulle hier voor my huis gewerk het,” verduidelik Ron. ‘n ‘Ruimteskip’ se dak is herwin toe Pick n Pay her-

stelwerk gedoen het. Soms is ‘n plastiekhouer met wiele die hele ryding en soms draai ‘n cokeblik rondom ‘n as binne-in ‘n groter plastiekbottel – genoeg om enige seuntjie van drie tot 93 se verbeelding gaande te maak. “Die beginsels vir hierdie rygoed is eenvoudig,” sê Ron: “Dit moet ‘laaitie-bestand’

Annerie (links) en Ron Sheridan van Malmesbury - veelsydig, skeppend, ‘groen’ en ingestel op herwinning.

wees en hoe eenvoudiger, hoe meer ruimte kry die kinders om hul verbeelding te gebruik. Die kinders gee self die name vir hul ‘vreemde’ nuwe speelgoed. Só sien die kind self of dit ‘n tenk, ruimteskip of grassnyer is.” Soms help Ron die verbeelding aan met stories oor die koeldrankbottels agteraan die ‘metaangas-gedrewe’ rytuig ... “Soms raak ek so meegevoer dat die ma’s dit ook begin glo!” Saam met die markte wat Ron bywoon, leer hy ook mense ken: “Ek weet nou al dat oumas, oupas en ma’s die beste kopers is, maar pa’s kyk altyd die saak só en verklaar dan dat hy dit self kan maak! En dan weet ons mos almal dat menige pa nooit daarby uitkom nie!” Ron het dié speelgoed begin maak toe hy vir Annerie, wat by die ACVV-créche werk, gehelp het om speelgoed heel te maak. Daarna het hulle verneem dat menige créche nie speelgoed het nie, en toe het Ron se verbeelding en sy her-

winbare produkte menige créche-kind se hart verbly met sy nuutskeppinge uit weggooibare artikels wat hy kunstig en verbeeldingryk skep. Die mark-verkopings het gevolg, en nou begin vindingryke ma’s hom na buurdorpe nooi vir ‘Doen dit Self’-kinderpartytjies. Terwyl Ron rolbal speel en pas gekwalifiseer het as ‘n nasionale rolbal-afrigter (“dis een van die bevredigendste dinge in my lewe!”), rig hy nou die klublede af en word hy nou ook ingetrek vir die afrigting van o.19’s op klubvlak. “Ons is tans min lede, ek wens meer mense wil kom aansluit!” Annerie is ‘n vasbyter soos min: Reeds vir 23 jaar ‘n geliefde tannie by die créche (‘ek is al op die inventaris daar! Die kinders voel later soos jou eie kinders.’); reeds vir 27 jaar ‘n Voortrekker-offisier by die plaaslike tak (‘n mens sien die kinders groei en grootword daar’); sy het vir 20 jaar Sondagskool gegee, vir 20 jaar die kinderkerk

help aanbied en is ‘n ywerige Rotariër-lid ( Ek dink vandat hulle Carney’s begin bou het) ... “As ek een van die dae by die créche uittree, het ek belowe sal ek die ACVV aktief begin help ...” Ten spyte van Annerie se beperkte sig weens oogprobleme, is sy gereeld die sekretaresse vir die organisasies waar sy dien en praat sy met gesag oor die onderwerpe wat sy moet voorberei vir die Voortrekkerlede, die skooltjie-kinders, die Boere-Oorlog, hul eie historiese huis .... Die egpaar se drie kinders leef hul lewens soos hulle grootgeraak het: Voluit en volgens hul oortuigings, met die moed om ‘anders’ te wees as dit nodig is: Rouxlene, hul oudste, is veearts op Moorreesburg – sy het eers haar M.Sc by die US verwerf en daarna veeartseny gaan studeer (dus elf jaar aaneen geswot!); Helena, wenner van die ‘Miss Rebel’-titel op hoërskool, het die moed gehad om haar werk te bedank en te begin met vryskut-webwerfbemarking vir groot maatskappye en tans is sy deel van ‘n groep van 21 kundiges wat op ‘n reuse-vlot op Spaanse riviere vaar om bewusmaking van plastiekbesoedeling in die oseane te bevorder; Louw (Boeta) is ‘n gids op die Oranje- en Doringrivier en gaan ook binnekort by Helena op dié vlotvaart aansluit. “Ek is so ‘n doodgewone, stoere ACVV-tannie, dat ek nie weet wáár kom my kinders vandaan om só hul eie koppe te volg en sulke ongewone dinge te doen nie!” sê Annerie. Hulle woon in een van die historiese huise op Malmesbury: “Die huis is tydens die Boereoorlog opgekommandeer om as hospitaal te dien vir die Britse offisiere. Die gewone Britse soldate is in die destydse stadsaal en deur die gene­sende water van Die Bron behandel en die offisiere hier. Dié huis vorm deel van die museum se historiese roete.” Hul gunsteling gesegdes? Annerie: “Ai, my Engel!” Ron: “Be brave but be careful – Helena se lewensleuse” en daardie aanhaling uit “Zorba the Greek”, wat sê daar is een sonde wat die mens nie vergewe sal word nie ... Hierdie vermorsing van deesdae is vir my dié groot sonde! Sampie Terreblanche het jare gelede al gemaan teen die ‘affluent society’ wat meen daar is nie ‘n einde aan die wêreld se hulpbronne nie – ons moet almal onthou dit hét ‘n einde!”


nuus•news 26 Junie 2013

11

Opleiding: Ongeveer 60 inwoners van Chatsworth is verlede week bemagtig deur oplei-

Vasgeval:

Die hemele het gister behoorlik oopgemaak en die water swaar op die aarde laat neerval. Hierdie vragmotor het gister naby Malmesbury se skougronde in die modder vasgeval toe hy wou draai. Dit het gister tot 22mm hier gereën.

Geen tollenaars: Met die beoogde opgradering en verbreding van die N7 en die effek wat dit op Malmesbury-inwoners sal hê wanneer ‘n verbreede N7-brug met ekstra bane wat onderdeur loop aan die westekant van die dorp gebou gaan word, het vrae begin ontstaan oor die moontlikheid dat die N7 ook met tolhekke belas kan word. By navraag het Randall Cable, waarnemende streeksbestuurder van Sanral in die Wes-Kaap, só oor die moontlikheid van Di e C o u r a n t “Ek- kan 1 bevestig 2 0 1 3dat - 0die 6 -N7 0 nié 6 T ‘n 1 verklaarde 4 : 4 5 : 5tolpad 7 + 0 is 2 nie. : 0 0Dus is daar tolhekke geantwoord: geen oogmerk om tolhekke op dié deel van die N7 aan te bring nie. Tolhekke maak ook nie deel uit van die beplande opgraderingsprojek nie.” (Skets slegs ter illustrasie.)

ding en lewensverryking. Die doel was dat meer mense in staat gestel word om hulself te ken, suksesvol vir werk aansoek te doen en korrekte optrede in die werksituasie. Die opleidingsfasiliteerder, Frank Julie, het dit aangebied in samewerking met die Swartland Munisipali­teit. Die ander departemente wat hier saamgewerk het, was die departement van Arbeid, Career Planet, Job Start en die Universiteit van Wes-Kaapland. Op die foto is van links Nicole Cloete, Cindy Lazarc (dept plaaslike regering), Dihno White, Frank Julie, Reve Mathese, Antho­ny Rossouw, Russel Groepies, Geoffrey Mathese en Senobia van Schalkwyk (SM).


12

kalender•diary

Verveelde kinders? Hier is raad! ”Wat kan ek doen, Ma?”/ “Ek’s verveeld ...” Partykeer wil ‘n mens diegene wat ‘the joys of motherhood” so besing, warm plek toe stuur! Veral as die wintervakansie nat en koud is en jy en jou kroos met Jan Tuisbly se karretjie ry. Die courant het gaan raad vra oor hoe om jou kroos sinvol besig - en gelukkig - te hou, sonder om baie te spandeer. * Kirstenbosch bied vakansieprogramme aan tot 12 Julie - gratis vir kinders van 6 tot 17. Interessante programme vir jong fotograwe, asook Kirstenbosch se 100ste verjaardag, sy staproetes ensovoorts. Poppekaste vra wel toegangsfooie. Skakel 021 799 8783 of loer by www.Kirstenbosch winter programme for children vir die volledige program. * In die Riebeek-Vallei bied die pottebakker Mike Hillier op Woensdae en Saterdae spesiale werkswinkels vir kinders van 9:00 tot 11:00 aan. Skakel 082 898 0607 om te bespreek. “Maak die beste van die wintervakansie om gehaltetyd met jou kinders te verseker,” beveel Bianca Turner van Malmesbury aan en deel haar wenke met ons: * Ek maak sommige aande teen 19:00 seker dat ek klaar gebad, tande geborsel en in die bed is. Dan nooi ek die kinders om by my in te kruip vir stories lees. Hulle is gek hieroor! * Kondig ‘n blits-uur aan waarbinne elke kind saam met musiek sy ou klere en speelgoed uitgooi. Moenie dit langer maak uitrek nie, anders verander hulle van plan en begin weer die speelding geniet! * Neem jou kind saam en oorhandig die speelgoed aan ‘n welsynsorganisasie wat met kinders werk (soos Elkana/ die nagskuiling/Sintethemba) - “Dit laat ‘n kind besef hoé bevoorreg hy/sy eintlik is!” * Laat jou kinders en hul maats speel-speel

26 Junie 2013

swartland: kalender - diary

‘n vermaaklikheidsprogram saamstel en reël dat hulle dit by ‘n tehuis gaan opvoer. Neem eetgoed saam en laat instansies soos Goue Aar, Amandelrug of ‘n ander tehuis die dansies, gedigte en liedjies geniet. LW - maak eers ‘n afspraak! * Vingerverf bly ‘n gunsteling - maak dit soos witsous op die stoof, vervang net die melk met water, laat dit afkoel en voeg voedselkleursel by. * Gee vir elke kind ‘n geleentheid om ‘n maaltyd van sy keuse te beplan en dan maak jy en dié kind dit van A tot Z saam. “Die rol van pizzadeeg is uitstekende oefening vir die polse en die kaas rasper en vleis snipper ontwikkel goeie fyn motoriese vaardighede!” Bianca en haar jongste (Irvan) het hoenderpastei gemaak, John is die malva-poeding koning en Fred se gunsteling is hierdie nat wintersweek se wen-wenk: Fred se Nutella Brownies 1. Smelt 250g botter; voeg 2 k suiker by. Meng en laat afkoel. 2. Klits vier eiers een-een en voeg by die mengsel, asook 2 teelepels vanielje. 3. Meng een gesifte k meel, driekwart k kakao, ‘n halwe t bakpoeier en ‘n knippie sout saam en meng alles in een bak saam met een derde van ‘n bottel Nutella. 4. Bak alles in ‘n gesmeerde pan by 180 grade Celsius vir 30 min. 5. Gee jou verbeelding vrye teuels met die twee derdes Nutella wat oorbly. 6. As daar iets oorbly, kan jou kind ‘n lagie Nutella oor die brownies smeer sodra dit afgekoel het. 7. Sny in blokkies en geniet dit saam met jou kinders se gunsteling drankie. * Stuur jou wenwenk vir die vakansie na sarie@diecourant.co.za

Sandy Esau Kunsuitstalling Tot 26 Julie - ‘n Uitstalling van Darling se Sandy Esau by die Darling Lodge van 14:00 tot 16:00 en Dinsdae tot Sondae van 11:00 tot 17:00. Esau is bekend vir sy skilderye van treffende tonele uit die omgewing. Skakel 076 918 5526 of esau.art@gmail.com Krieketklub hou jaarvergadering 27 Junie - Malmesbury Krieketklub hou sy jaarvergadering om 19:00 in die Wesbankbiblioteeksaal. Navraag kan aan 083 631 7896 gerig word. Elkana hou talentkonsert 28 Junie - Elkana Kindersorg op Malmesbury hou hul talentkonsert vanaf 10:00 by hul terrein in Jasmynstraat, Malmesbury. Toegang is gratis en hope pret en ligte eetgoed is gewaarborg. Skakel 022 486 5389 vir meer inligting. Bootsale / Markdag op Moorreesburg 29 Junie - Die maandelikse markdag op die museumterrein begin om 08:00 tot 12:00. Inskrywingsfooi is R30 per stalletjie Kom koop of verkoop enige items, of kom snuffel rond tussen tuisgebak, handgemaak, ou en nuwe klere, huisraad en nog vele meer. Kom kuier saam met ons in die mooi Moorreesburg met sy vriendelike mense en wonderlike atmosfeer. Skakel Annelize Cordon @ 022 433 1072 / 082 574 0357 Kerkdiens op Malmesbury 30 Junie - Die AGS Corpus Christi hou hul oggenddiens om 09:30, met geen aanddienste tydens die vakansie. Navrae: 073 447 2902 Skryfkursus in olyfboord 3 Julie - Bring jou laptop (of joernaal!) en kom skryf tussen die olyfboorde Saam met Erla-Mari Diedericks Op Woendag 3 of 10 Julie 2013 Vanaf 9:00–14:00 by De Fayebosch, tussen Malmesbury en Melkbosstrand. Die koste is R500 pp. Dit sluit in koffie/tee en biscotti op aankoms & basmati-rys, bief ragout en ‘n glasie wyn vir middagete, asook iets soets. Laat weet indien jy vegetaries is. Notaboek- & pengeskenk ingesluit. Bevestig aan 0731665996 of defayebosch@ esterhuyse.co.za per e-pos. Bergrivier-kanomarathon 10-13 Julie – Die 52ste Bergrivier-kanomarathon oor 230 km begin op 10 Julie in die Paarl en eindig met die vierde skof in Velddrif. Die roete strek deur talle Swartland plaasgemeenskappe, onder meer verby Hermon, Gouda, Moorreesburg, die Misverstanddam, Morawië en Piketberg.Die tweede skof eindig op Donderdag 11 Julie op die Bridgetown-kampterrein naby Moorreesburg. Die eerste roeiers word reeds om 11:00 verwag. ‘n Yslike groot oop tent word op die gras opgeslaan waaronder toeskouers kan ontspan en die roeiers dophou. Daar sal gebraai en gekuier word. ‘n Kafee is heeldag beskikbaar - etes, pannekoek, hotdogs, lekkers, sop, koeldrank, koffie en tee sal te koop wees. Teen 19:00 word n groot vuur aangesteek. Ansu by 022 4333279 het inligting oor die Bridgetown-verrigtinge. Die webwerf www.berg.org.za het nader inligting. Rugbytoernooi op Malmesbury 11-13 Julie - Die wedstrydbepalings by Hoërskool Swartland se rugbytoernooi op Malmesbury vir Donderdag 11 Julie is: 9:00 Piketberg t Drostdy; 10:15 Tygerberg t Charlie Hofmeyr; 11:25 Brackenfell t Despatch; 12:35 Strand t Stonyhurst; 13:45 Swellendam t Charlie Hofmeyr o.16; 14:55 Coleraine t Cradock; 16:05 Bishops t Augsburg en 17:15 Swartland t Coleraine. Die huidige wedstrydbepalings vir Saterdag 13 Julie, soos voorsien deur Hoërskool Swartland, die organiseerder, is: 8:30 Swellendam t Cradock; 9:40 Charlie Hofmeyr o.16 t Coleraine o.16; 10:50 Charlie Hofmeyr t Strand; 12:00 Despatch t Augsburg; 13:10 Coleraine t Bishops; 14:20 Swartland t Stonyhurst 15:30 Brackenfell t Drostdy en 16:45 Piketberg t Tygerberg. Toegang R10 per kop en R10 per voertuig. Netbaltoernooi op Malmesbury

11-13 Julie - Die wedstrydbepalings by Hoërskool Swartland se netbaltoernooi vir Donderdag 11 Julie is: 9:00 Swartland t Tygerberg en Charlie Hofmeyr t Swartland 0.16; 9:30 Swartland t DF Malherbe; 10:00 Piketberg t Swartland; 10:30 Swartland 2 t Charlie Hofmeyr en Piketberg t DF Malherbe; 11:00 Tygerberg t Swartland o.16; Swartland t DF Malherbe; 12:00 Piketberg t Charlie Hofmeyer en Tygerberg t Swartland en 12:30 Swartland t DF Malherbe en Swartland 2 t Swartland 0.16. Die wedstrydbepalings vir Saterdag 13 Julie: 9:00 Tygerberg t DF Malherbe en Piketberg t Augsburg; 9:30 Augsburg t Swartland; Tygergberg t Charlie Hofmeyr; 10:00 Piketberg t Swartland 2 en DF Malherbe t Augsburg; 10:30 Charlie Hofmeyr t Swartland; 11:00 Swartland 1 t Swartland o.16 en Tygerberg t Piketberg; 11:30 DF Malherbe t Charlie Hofmeyr; 12:00 Tygerberg t Augsburg en Swartland 1 t Swartland 2; 12:30 Swartland 2 t Swartland o.16; 13:00 Charlie Hofmeyr t Augsburg en Piketberg t Swartland o.16. Afsluiting. Toegang R10 per kop en R10 per voertuig. Pretrit op veld-motorfietse 13 Julie – Die Hoerskool Dirkie Uys bied ‘n pretrit aan vir mense op rygoed soos vierwielmotorfietse en veldmotorfietse oor 60 km. Dit begin om 10:00 op die plaas Klein Swartfontein, nagenoeg 4 km vanaf die N7 by die Moorreesburg-afrit. Die roete strek oor verskeie plase.Dis ‘n dag vir die hele gesin. Daar sal heerlike eetgoed en drinkgoed te koop wees, soos pannekoek, hotdogs en hamburgers. Almal is welkom. Navraag kan gerig word aan 082 326 7134 of 022-433 2712 of Hanette Groenewald by tershan@pcnetmail.co.za of per e-pos. Sandra Prinsloo op Darling 19 Julie - OSKAR en die Pienk Tannie, ‘n veelbekroonde stuk met Sandra Prinsloo, is te sien in die Darling Sportklub om 19:00 teen R100 pp. Skakel Anneline by 082 898 6835 vir meer inligting. Ma-en-dogter tee 20 Julie – Ma-en-dogter tee in Hoërskool Swartland se skoolsaal om 14:30 vir 15:00. Die gaskunstenaar is Louwtjie Rothman. Kaartjies is by die lede van die Verteenwoordigende Raad van Leerders beskikbaar. Die funksie word aangebied ten bate van “Reach for a Dream.” Kom ondersteun asseblief hierdie mooi geleentheid. Die koste is R80 per persoon. Rugbyklub hou Piekniekdans 26 Julie - Wesbank Rugbyklub hou ‘n ‘’Piekniekdans’’ om 20;00 met die orkes New Strings Dance Band in die Wesbank Gemeen­ skapsaal. Kaartjies kos R50 per persoon, kroegfasiliteite beskikbaar. Vir kaartjies kontak Teen Lategan by 0837457794 of Andre Adams by 0837972858. PPC Marathon, Halfmarathon 3 Augustus - Die PPC Marathon oor 42,2 km en Halfmarathon oor 21,1 km word in die Riebeekvallei aangebied, met 22 Julie as sluitingsdatum vir inskrywings. Besoek www.championchip.co.za vir nader inligting. House of Prayer Bible teaching on Tuesdays at 19:00 on the Book of Acts and on Thursdays at 10:00 on the Book of Genesis in the House of Prayer in Nywerheidsingel, Malmesbury. Enquiries to pastor Joshua at 0844717914 or Carmen at 0719872625. Winter Jogaklasse in Riebeek-Wes Maandae, Dinsdae en Woensdae. Skakel Claudia @ 083 4427 261 vir nader inligting. Hardloop op Moorreesburg Die Altech Autopage Swartland Atletiekklub bied elke Dinsdag en Donderdag om 17:30 ‘n tydtoets/draf/stap aan by die Gene Louw Sportgronde op Moorreesburg. Almal welkom. Kontak Albertus Myburgh by 072-383-4942 of Surina Myburgh by 071-145-2878 om ‘n navraag te rig.


nuus•news

13

26 Junie 2013

Dubbelgoud: Jenico van der Merwe (naaslinks) het onlangs met dubbele louere weg- Hulp vir Nagskuiling: Tydens ‘n kerk-uitreik op Malmesbury, het die twee NG kerke gestap by die Porterville Krieketklub se prysuitdeling. Hy is as die klub se Speler van die Jaar en Sportman van die Jaar aangewys. By die oorhandigings saam met hom was Daphedine Stassen (Porterville Spar), Hanlie Linde (munisipale bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit), burgemeester Evert Manual en klubsekretaris Ashley Swarts.

saamgespan en klere en komberse by welsyninstansies gaan uitdeel. Hier hou Matie van Heerden en George Prinsloo ‘n wakende oog tydens hul besoek by die Nagskuiling.

Bingo-aand: Die Rotariërs en Aandskemering tehuis vir bejaardes het ‘n baie geslaagde Bingo-aand op Malmesbury aangebied. Links geniet Carina en Fritz Zollner die pret. Volgens Casper Dreyer, organiseerder, was die opkoms goed en sal hulle weer so ‘n funksie aanbied. Alle fondse wat geïn is, word tot voordeel van die inwoners en personeel aangebied, het Dreyer gesê.

Tennis: Leerders van Piketberg Hoërskool het weer goed gevaar tydens die vierde been Kaptein: Janke van Schalkwyk van Piketberg Hoërskool is aangewys as die kaptein van die WP se o.12-netbalspan.

van die Boland Rox-tennistoernooie. Die top-prestasies was: o.16 Seuns: Bendert Smit (algehele wenner) & Barend Smit 4de plek o.14 Seuns: Harry Roux (foto links) 3de plek o.12 Seuns: Albert Grobler 11de plek o.13 Dogters: Suzaan Bassett 2de plek o.10 Dogters: Anelma Grobler 3de plek & Carli Bassett 4de plek


10

dienste• services 26 Junie 2013

Uitslae/Results: Malmesbury Gholfklub

Maandag: Beterbal-Stableford Tony Goosen & Johann Spangenberg 44 Jan Potgieter & Jan Potgieter jnr 41 George Prinsloo & Jan Prinsloo 40 Wayne v Tonder & Izelle van Tonder 40 Werner Schreiber & Philip Faure 36 Saterdag: Vierbal-samespel: Ziegmund Lategan, Eben Lingeveldt, Richard Adonis, Eric Februarie 111 Josef de Beer, Ronnie Shaw, Pierre Jackson, Ben Schutte 104 Koos Loubser, Piet Basson, Johan van der Merwe, Francois du Bois 103 Paul Hardcastle, Christo Koch, Adriaan Louw, Johann Ackermann 103 Laas Woensdag se ROLA Sundowner en die Vrydag Hoender Sundowner het uitgereën. Vandag is die ROLA Sundowner en Vrydag die Hoender Sundowner. Elke Woensdag is Happy Hour (17:0018:00) en Vrydae is “Happy Hour and a ‘Half” (17:00 - 18:30) by die Malmesbury Gholfklub. Almal is welkom. Saterdag is ‘n Enkel-Stableford-kompetisie by die klub en 30 Malmesbury-lede gaan teen Moorreesburg op Moorreesburg speel in ‘n beterbal-span-samespel-kompetisie. DUIWE Die Malmesbury-Posduifklub se Laings-

burg Jaaroud uitslag (met spoed in meter per minuut agterna): 1 E Kotze 1277.0565; 2 G Horn 1239.5915; 3 S Niemann 1236.7807; 4 S Niemann 1226.7885; 5 C Basson 1224.6715; 6 G Horn 1223.5984; 7 C Basson 1222.9514; 8 E Kotze 1219.4911; 9 F Meintjes en seuns 1218.6489; 10 J Steenkamp 1209.3496 Die Malmesbury-Posduifklub se Laingsburg Ope uitslag: 1 C Basson 1329.6662; 2 C Basson 1319.8766; 3 S Niemann 1311.9840; 4 G Horn 1305.7244; 5 S Niemann 1304.7970; 6 F Meintjes en seuns 1304.5558; 7 J Steenkamp 1302.8948; 8 E Kotze 1292.5130; 9 E Kotze 1291.8273; 10 C Basson 1282.2531 Laingsburg na Moorreesburg, Jaaroud 2: Frans Jooste, HMO Smit en seun, Yt & Tuis, P de la Qeurra, HMO Smit en seun, Frans Jooste, P de la Qeurra, P de la Qeurra, P de la Qeurra, P de la Qeurra. Laingsburg na Moorreesburg: Ope: Frans Jooste 4730 Frans Jooste 4193 P de la Qeurra 4125 P de la Qeurra 5144 P de la Qeurra 4116 P de la Qeurra 2749 HMO Smit en seun 5890 Frans Jooste 3035 Frans Jooste 4149 Frans Jooste 3804. Laingsburg na Omega-duiweklub op Malmesbury: E. Liedeman, J. Morris, RC Liedeman, Stan the Man, K. Edas, Sheldon Brothers, BG Lofts, Leukes family, Leukes family, Marlin & Brian.

Om die sport-uitslae te borg, skakel ons by 022 487 3221

die courant - jou goeienuus-vennoot


kleintjies•smalls 26 Junie 2013

Gesoek Wanted

AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv. breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oor­ kant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. ------------------------------

Dienste Services

Engels en Duits klasse word aangebied. English and German classes offered. Moorreesburg. R100/1,5 hours. Skakel: 078 329 0508. -----------------------------HUIS PALEIS MEUBELS - Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. -----------------------------JK SKOONMAAKDIENS. Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante, snoei van bome en struike, skoonmaak van beddings, uitleg van tuine, verkoop en lê van gras en verwydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. -----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/ kg. Droëwors @ R175 p/kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jacques 073 294 3343. Malmesbury aflewe­ rings ingesluit. -----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinyl­ vloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100. ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. 022 433 3831 of 083 651 5547 of 082 573 1589. -----------------------------NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en verkoop gister en eer­ gister se ware, veral wit linne en porselein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601.

Te Huur To Let DRINGENDE VERHURING: 3 slaapkamer huis met dubbel motorhuis. (Malmesbury). Onmid-

delllik beskikbaar @ R4500.00 + dep. Kontak 084 451 9119. ----------------------------TOP EIENDOMME1 slaapkamer woonstel, 1 motorhuis, slegs enkel persoon @ R2400.00 asook ‘n 2 slaapkamer woonstel @ R3300.00. Dadelik beskikbaar. Kontak kantoor: 022 487 3817.

Te Koop For Sale NETJIESE stewige “Double Bunks” (stapel bedjies) met matrasse. @ R800.00. Kontak 071 133 8817 (Malmesbury). -----------------------------TWEE NETJIESE heerlike warm winter jasse te koop. Belangstellendes kan my kontak by 082 818 3987. ------------------------------

Voertuie Vehicles

VOERTUIE TE KOOP AANDAG, ALLE KLIëNTE! Alleenlik kontant. Voertuie dringend gesoek. Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie en doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. -----------------------------

Sterfgevalle Obituary

Dit het die Here behaag om skielik van ons weg te neem ons geliefde ma, Carry Taljaard. Roudiens, Vrydag 11:00 SwartlandNoord. Kontak: Kobus 083 7015894 of Carine 083 262 5268.

11


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

26 Junie 2013

Robert Oosthuizen op pad na Studentespele in Kazak, Rusland Malmesbury se spiesgooier, Robert Oosthuizen, gaan vroeg in Julie na die Wêreld Studentebyeenkoms wat vanaf 5 Julie in Kazak, Rusland, gehou word. Hy sal lid wees van die SA studente­ span. Robert, met sy beste afstand vanjaar op 81,87m (in Potchefstroom), swot Landboube­

stuur by CPUT op Wellington. Sy hoofdoel op hier­die stadium is om te kwalifiseer vir die Wêreld Senior Kampioenskap wat vroeg in Augustus in Moskou gehou gaan word. Daar sal hy hom bevind in die geselskap van manne soos Vitezslav Visely van Tsjeggo

Slowakye, wat pas by Oslo se Diamantkampioenskapsbyeenkoms gewen het met ‘n afstand van 85,96m. Robert se beste afstand was in 2008 op Oudtshoorn, met 96,80m. * Hierdie 27ste Somerstudentespele maak daarop aanspraak dat dit ‘n groter byeenkoms as

die vorige studentespele sal wees, met 10,442 atlete uit 162 lande, terwyl die vorige Spele 8,078 atlete uit 152 geakkommodeer het. Vyf nuwe sportsoorte word ook vanjaar hier gesien: sewesrugby, stoei, gesinkroniseerde swem, samba en boks.

Op wenpad: Nathan Cedras (foto links) van Malmesbury fnuik ‘n verdediger van Flying Eagles in Saterdag se rugbywedstryd op die Wesbank-veld in Malmesbury. Links is Ronald September. Bloues het dié Eersteliga-wedstryd met 17-5 gewen. Eagles se tweede span het egter die bordjies met 14-10 verhang. Op die foto regs stry Frederick Swanepoel om besit, met Klaas Janse en Sipho Fex wat naderstaan ten einde te help.

•Swartlander pak marathon weer

Berg soek nuwe kampioen Die groot ding op die Berg is nie die tye nie, maar om klaar te maak.’’ Een van die voorste buitelandse roeiers wat by die wedvaart verwag word, is Ben Brown van Brittanje, voormalige wêreldkampioen in die marathon. ‘’Ek was verlede jaar met vakansie in Suid-Afrika en het die eerste dag van die wedvaart bygewoon. Ek was ja­ loers dat ek nie kon saamroei nie,’’ het Brown luidens ‘n mediaverklaring gesê. ‘’Ek weet nie veel van die wedvaart nie, behalwe dat dit lank en prestigeryk is en daar op plekke boomstompe in die pad is. En nog nooit deur ‘n Engelsman gewen is nie. Ek het nog nooit ‘n rivierwedvaart gedoen nie, maar sal graag saam met die voorste bondel wil roei.’’ Die koning van die Bergriver, Hank McGregor, wat reeds nege keer gewen het, sal nie vanjaar sy titel verdedig nie. Weens ‘n botsing met ‘n Wêreldkampioenskap in Portugal, sal hy vanjaar se wedvaart misloop. Die organiseerders het hard probeer om

McGregor te betrek. Daar is selfs met hom onderhandel oor die moontlike verskuiwing van die wedvaart se datum, maar hy sal helaas vanjaar se wedvaart misloop. Oor Brown se kans het McGregor het gesê dis vir enigeen ‘n groot uitdaging om vir die eerste keer op die rivier te roei, veral as daar reën en wind is, maar hy verwag dat Brown ‘n podiumposisie sal behaal. Graeme Solomon, ‘n voormalige wenner, meen luidens ‘n mediaverklaring Lance King is vanjaar die man wat geklop moet word. ‘’Hy raak net al sterker en is op papier die man uit die WP wat dopgehou sal moet word.’’ Dan is daar Pierre-Andre Rabie, wat twee jaar gelede die naaswenner was en tans al sy tyd aan sy voorbereiding afstaan. Volgens Solomon is daar dan ook Ivan Kruger, Dawid Mocke, Jacques Theron en die Dusikanomarathon-ikoon Thulani Mbanjwa, van wie ‘n sterk aanslag verwag word. Die webwerf www.berg.org.za het nader inligting.

PLUs EaRn PoInTs

Langebaan, malmesbury, Vredenburg & Wellington

12895

11595

J&B Rare Whisky 750ml

Klipdrift Premium Brandewyn 750ml

4495 four Cousins Soet Rosé 1.5 liter

most Reputable Retailer 2013

sit tydens die rugbywedstryd teen New Orleans .

so many Ways To

get more for your money

14999

5499

Jägermeister Liqueur 750ml

Hunter’s Extreme Non-returnable Bottles or Cans 6 x 330ml

per pack

PrICeS VALID 27 - 30 June 2013 aT PIck n Pay LIqUoR LanGEBaan, maLmEsBURy, VREDEnBURG & WELLInGTon onLy most Trusted Retailer 2012

Rugbystryd: Stiaan Louw van Swartland in be-

13799 per kas

Castle Lager Nie-inruilbare Bottels 24 x 340ml of Blikke 24 x 330ml

(noT foR saLE on sUnDays aT maLmEsBURy oR WELLInGTon LIqUoR)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

10328M_Bil

Die 52ste Bergrivier-kanomarathon oor 230 km begin op Woensdag 10 Julie in die Paarl en strek dwarsdeur die Swartland voordat dit op 13 Julie in Velddrif eindig. Die roete strek deur talle Swartlandse plaasgemeenskappe, onder meer verby Hermon, Gouda, Moorreesburg, die Misverstanddam, Morawië en Piketberg. Die tweede skof eindig op Donderdag 11 Julie op die Bridgetown-kampterrein naby Moorreesburg, waar die eerste roeiers reeds om 11:00 verwag word. Luidens ‘n mediaverklaring het die organiseerders vanjaar pogings aangewend om van die arm gemeenskappe langs die roete by die wedvaart-aktiwiteite te betrek. ‘n Swartlander, Barend Brand (22), durf vanjaar die wedvaart vir die tweede keer aan. Brand is ‘n vlieginstrukteur van Koringberg wat vir die Matie-klub roei. Hy het verlede jaar ‘n 93ste plek behaal. Sy doelwit vanjaar is: ‘’Eerstens om net klaar te maak, maar ook om ‘n posisie beter as verlede jaar te eindig.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.